Aftrekkings en ander handelinge betreffende besoldiging. Artikels 34 en 34A 4.6.1 'n Werkgewer mag nie geld van 'n werknemer se besoldiging aftrek nie, tensy – (a) die werknemer skriftelik instem tot die aftrekking van 'n spesifieke skuld; (b) die aftrekking ingevolge 'n kollektiewe ooreenkoms, wet, hofbevel of arbitrasietoekenning gedoen word. 4.6.2 'n Aftrekking ten opsigte van skade of verlies wat deur die werknemer veroorsaak is, mag slegs gedoen word met die instemming van die werknemer en nadat die werkgewer 'n regverdige prosedure gevolg het. 4.6.3 Werkgewers moet aftrekkings en werkgewerbydraes vir bystandsfondse binne sewe dae na die fonds oorbetaal. 4.7
Appears in 5 contracts
Samples: Wet Op Basiese Diensvoorwaardes, nhka.org, Wet Op Basiese Diensvoorwaardes