Die gemeente/kerkverband se bedryfsvereistes. Indien ’n kerkraad of die betrokke ring oordeel dat ’n gemeente om finansiële redes nie meer ’n predikant/diensleraar kan bekostig nie, word die xxxx op die agenda van die kerkraad geplaas vir hantering aan die hand van die volgende prosedure, met verslag aan die ring: 2.3.1 Die kerkraad wys ʼn ondersoekliggaam aan wat saamgestel is uit drie lede van die kerkraad waarin verkieslik die kommissie/taakspan/diensgroep wat die diensverhoudinge en fondse hanteer, verteenwoordig is, waarvan ten minste een lid deur die ring se gevolmagtigde aangewys is, en ten minste een lid (verkieslik ’n finansiële kundige) deur die sinode se gevolmagtigde aangewys is. 2.3.2 Die ondersoekliggaam bepaal die omvang van die finansiële probleem en wend daadwerklike pogings aan om oplossings te soek, byvoorbeeld voortgesette diens teen verminderde diensvoordele en -verpligtinge, deeltydse- of tentmakerbediening, aanstelling in ’n ander pos, standplaasverwisseling en kombinasie van poste. 2.3.3 Indien diensbeëindiging die enigste oplossing blyk xx xxxx, pleeg die kerkraad se ondersoekliggaam oorleg met die predikant(e)/ diensleraar(s) wat waarskynlik deur die beoogde diensbeëindiging geraak xxx word. 2.3.4 Die oorlegplegende partye poog om eenstemmigheid te bereik oor 2.3.4.1 geskikte maatreëls om die diensbeëindiging xx xxxxx, dit tot die minimum persone te beperk, en die uitvoering daarvan so te bestuur dat dit die minimum ontwrigting vir al die partye tot gevolg xxx hê en die nadelige gevolge daarvan te versag; 2.3.4.2 die metode van bepaling van die predikant(e)/diensleraar(s) wie se dienste in die geval van medeleraarskap beëindig gaan word; 2.3.4.3 voorsiening by diensbeëindiging (uittreeloon of skeidingspakket). 2.3.5 Die kerkraad se ondersoekliggaam voorsien skriftelik aan die predikant(e)/diensleraar(s) met wie oorleg gepleeg word 2.3.5.1 die redes vir die beoogde diensbeëindiging; 2.3.5.2 alternatiewe wat oorweeg is voordat diensbeëindiging voorgestel is en die redes waarom elk van die alternatiewe verwerp is; 2.3.5.3 die aantal predikante/diensleraars wat waarskynlik geraak gaan word in die geval van medeleraarskap; 2.3.5.4 die voorgestelde metode van bepaling xxx xxxxx predikant(e)/diensleraar (s) se diens beëindig moet word in die geval van medeleraarskap; 2.3.5.5 die datum waarop die diensbeëindiging waarskynlik van xxxx xxx word; 2.3.5.6 die voorgestelde voorsiening by diensbeëindiging (uittreeloon of skeidingspakket); 2.3.5.7 enige bystand wat die kerkraad beoog om aan...