Gebrekkige bedieningsvaardigheid of dienslewering (ongeskiktheid) en disfunksionele interpersoonlike verhoudings. Indien die kerkraad of die ring oordeel dat ’n predikant/diensleraar se moontlike gebrekkige bekwaamheid/geskiktheid vir die pos waarin hy/sy staan of sy/haar disfunksionele verhoudings in die gemeente, ’n disfunksionele of nadelige invloed op die funksionering van die gemeente (werkkring) het, word die xxxx op die agenda van die kerkraad geplaas vir ’n formele ondersoek aan die hand van die volgende prosedure, met ’n verslag aan die ring: 2.1.1 Die kerkraad wys ʼn ondersoekliggaam aan wat saamgestel is uit drie lede van die kerkraad, waarin verkieslik die kommissie/taakspan/diensgroep wat die diensverhoudinge hanteer, verteenwoordig is, ten minste een lid deur die ring se gevolmagtigde aangewys, en ten minste een lid deur die sinode se gevolmagtigde aangewys. 2.1.2 Die ondersoekliggaam ondersoek die bekwaamheid, geskiktheid of disfunksionele verhoudings van die predikant/diensleraar. Die vereistes vir ’n formele ondersoek is dieselfde as die vereistes vir ’n tugondersoek (vergelyk Reglement 22 vir Tug en Vermaning), aangepas vir die ondersoek na bekwaamheid, geskiktheid of disfunksionele verhoudings. 2.1.3 Die besware oor ongeskiktheid, onbekwaamheid, of disfunksionele verhoudings wat formeel ondersoek gaan word, moet skriftelik onder die aandag van die predikant/diensleraar gebring word. 2.1.4 Indien bevind word dat die predikant/diensleraar onbevredigende diens xxxxx, moet die aard van die onbevredigende diens en die vereistes waaraan die persoon moet voldoen, skriftelik onder die betrokkene se aandag gebring word, met verslag aan die kerkraad. 2.1.5 Die kerkraad, in oorleg met die ondersoekliggaam doen alles in sy vermoë xx xxxx toepaslike evaluering, toerusting, begeleiding (xxxxxxx en advies), berading en mediasie die betrokke predikant/ diensleraar te help om bevredigende diens aan die gemeente xx xxxxx en/of die disfunksionele verhoudings te herstel. 2.1.6 ’n Redelike tyd word toegelaat vir die predikant/diensleraar om dienste te verbeter en te voldoen aan die vereistes wat die kerkraad aan die persoon gestel het, waarna die predikant/ diensleraar se dienslewering weer geëvalueer word. 2.1.7 Die kerkraad oorweeg eerstens ander wyses buiten diensbeëindiging om die aangeleentheid reg te stel. 2.1.8 Indien die ondersoekliggaam tot die gevolgtrekking kom dat die onbekwaamheid of ongeskiktheid of disfunksionele verhoudings nie uit die weg te ruim is nie, kan die kerkraad, op skriftelike aanbeveling van die ondersoekliggaam, die predikant/ diensleraar ui...