Kategorie A. Xxxxxxxxxxx waar ontslag by ’n eerste skuldigbevinding ’n gepaste optrede xxx xxxx: 2.1.1 doelbewuste afwesigheid sonder verlof of sonder ’n geldige rede vir drie opeenvolgende dae; 2.1.2 weiering of versuim om wettige en redelike bevele na te kom, versuim om xx xxxx of te begin werk of voort te gaan met werk, versuim om reëls en prosedures met betrekking tot veiligheid na te kom; 2.1.3 intimidasie; 2.1.4 viktimisasie; 2.1.5 aansporing, aanmoediging of oorreding van ander plaaswerkers om nie wettige en redelike bevele na te kom, te begin werk of werk voort te sit of om nie reëls en prosedures met betrekking tot veiligheid na te kom nie; 2.1.6 aanhitsing, aanmoediging of veroorsaking van die gebruik van geweld teen enige persoon of eiendom; 2.1.7 aanranding of poging tot aanranding met die bedoeling om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak; 2.1.8 ernstige weerspannigheid of minagting; 2.1.9 bedrog, diefstal, ongemagtigde besit van die werkgewer se eiendom of van enige eiendom waarvoor die plaaswerker nie ’n bevredigende verduideliking xxx xxx nie; wederregtelike toeëiening van geld, goedere of eiendom of diefstal of enige ander oortreding waarvan oneerlikheid ’n element is; 2.1.10 omkopery; 2.1.11 vervalsing van dokumente; 2.1.12 die gee van valse inligting of die doelbewuste weglating van inligting by sy aansoek vir werk of ’n mediese ondersoek; 2.1.13 growwe nalatigheid; 2.1.14 kontrakbreuk wat volgens die gemenereg xxxxxxxx ontslag regverdig; 2.1.15 besit van ’n gevaarlike wapen by die werkplek sonder skriftelike toestemming van die werkgewer; 2.1.16 opsetlike beskadiging van eiendom; 2.1.17 werk vir iemand anders of die bedryf van ’n besigheid; 2.1.18 die verskaffing van inligting wat nadelig kan wees vir die belange van die werkgewer, behalwe waar dit in die normale verrigting van xx xxxx is of waar hy regtens daartoe verplig is; 2.1.19 ernstige onbekwaamheid waar die plaaswerker die werkgewer mislei het oor sy vermoë om die werk te doen. 2.2