Swak gesondheid of besering (ongeskiktheid). Indien ’n kerkraad of die betrokke ring oordeel dat ’n predikant/diensleraar weens swak gesondheid of besering nie meer die vereiste diensverpligtinge kan nakom nie, word die xxxx op die agenda van die kerkraad geplaas vir hantering aan die hand van die volgende prosedure, met verslag aan die ring: 2.2.1 Die kerkraad wys ʼn gevolmagtigde ondersoekliggaam aan wat saamgestel is uit drie lede van die kerkraad, waarin verkieslik die kommissie/taakspan/diensgroep wat die diensverhoudinge hanteer, verteenwoordig is, ten minste een lid deur die ring se gevolmagtigde aangewys, en ten minste een lid deur die sinode se gevolmagtigde aangewys. 2.2.2 Die bewering van swak gesondheid of besering wat daartoe lei dat die persoon nie meer aan die vereiste diensverpligtinge kan voldoen nie, moet skriftelik onder die aandag van die predikant/ diensleraar gebring word. 2.2.3 Wanneer alternatiewe ondersoek word, word daar gekyk na die aard van die diensverpligtinge, die duur van die afwesigheid, die erns van die siekte of besering, die moontlikheid van herstel of rehabilitasie en die moontlikheid van plaasvervangende diens. 2.2.4 In die geval van permanente ongeskiktheid, word die moontlikheid van veranderde diensverpligtinge, en/of veranderde werksomstandighede, en/of die beskikbaarheid van enige geskikte alternatiewe werk ondersoek, ten einde die predikant/diensleraar se ongeskiktheid te akkommodeer. 2.2.5 Die ondersoek na die ongeskiktheid van die predikant/diensleraar weens swak gesondheid of beserings word in oorleg met die sinodale pensioenfonds en/of ’n ander soortgelyke toepaslike liggaam gedoen. 2.2.6 Tydens die ondersoek kry die predikant/diensleraar die geleentheid om sy/xxxx xxxx van die xxxx xx stel en voorstelle xx xxxx. Die predikant/diensleraar xxx xxxx ’n NG Kerklidmaat bygestaan word. 2.2.7 Indien die predikant/diensleraar tydens die uitvoering van ’n diensverpligting ernstig beseer of xxxx word, rus daar ’n swaarder plig op die gemeente/kerkverband om die ongeskiktheid van die predikant/diensleraar te akkommodeer. 2.2.8 Die kerkraad kan, nadat alle moontlike alternatiewe ondersoek is, op xxxxxxx xxxxxx, in oorleg met die sinodale pensioenfonds of ander soortgelyke toepaslike liggaam, besluit om ’n predikant/ diensleraar weens swak gesondheid of besering uit diens van die gemeente te ontslaan. Diensbeëindiging weens mediese ongeskiktheid geskied met behoud van die bevoegdheid van die predikant/diensleraar en die uitreiking van die Akte xxx Xxxxxxxx. 2.2.9 In...