US verskafferslys Voorbeeld Klousules

US verskafferslys. Alle voornemende verskaffers moet die amptelike aansoekvorm voltooi en na die Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste stuur tesame met alle dokumentasie xxxx versoek in die aansoekvorm. Die betrokke aankoper xxx die inligting kontroleer en beoordeel aan die hand van die US se evalueringskriteria en aan die Direkteur: Aankope en Voorsieningsdienste voorlê vir goedkeuring indien die aankoper van mening is dat die verskaffer op die US se verskafferlys geplaas moet word. Die aansoekvorm (insluitende alle dokumentasie versoek in die vorm), KreditInform-verslag en die evalueringsverslag (goedgekeur deur die Direkteur: Aankope en Voorsieningsdienste en die betrokke aankoper) word gestuur aan Afdeling Finansiële Dienste. Die US is onder geen verpligting om enige verskaffer op die US se lys xx xxxxx nie. Alle buitelandse rekwisisies/verskaffers moet deur die Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste goedgekeur word. Enige departement/afdeling of persoon in die diens van die US wat nie hou by hierdie prosedures en beleid nie, sal onderwerp word aan dissiplinêre aksie ingevolge die Dissiplinêre Kode van die US. Opdateer 2012/10/10