KENNISGEWING VAN DIE OORDRAG VAN BESIGHEID VAN NEDGROUP STRUCTURED LIFE LIMITED NA OLD MUTUAL ALTERNATIVE RISK TRANSFER LIMITED OOREENKOMSTIG ARTIKEL 38 VAN DIE LANGTERMYN VERSEKERINGSWET NO 52 van 1998Business Transfer Agreement • October 29th, 2015
Contract Type FiledOctober 29th, 2015Nedgroup Structured Life Limited (Registrasienommer: 1937/009328/06) (“Nedgroup”) en Old Mutual Alternative Risk Transfer Limited (Registrasienommer: 1997/008994/06) (“OMART”) gee hiermee kennis van hulle voorneme om, ooreenkomstig artikel 38 (1) (a) (ii) van die Langtermyn Versekeringswet, No. 52 van 1998 (hierna “die Wet” genoem) die besigheid van Nedgroup ten opsigte van die beleggingsgekoppelde lewensannuïteit polisse bekend as die “Nedgroup Perpetual Annuity” polisse, oor te dra na OMART ooreenkomstig Deel V van die Wet (hierna “die Voorgenome Transaksie” genoem). Die Voorgenome Transaksie sal slegs bates en laste met betrekking tot die polis insluit, met geen uitsonderings, soos ooreengekom tussen die partye.