Samevatting en gevolgtrekking Voorbeeld Klousules

Samevatting en gevolgtrekking. [132] Uit die voorgaande blyk dit dus dat – 1. die respondent op ‘n wyse opgetree het wat nie versoenbaar is met die hoë eise van integriteit en eerlikheid wat aan die advokatuur gestel word nie deurdat hy – 1.1 beëdigde verklarings geskik het wat onwaar beweringe bevat terwyl hy vermoed het dat die beweringe nie waar is nie en desnieteenstaande toegelaat het dat die bewerings gemaak word sonder inagneming van die waarheid; 1.1 vals verklarings in notariëel verlyde dokumente gemaak het, en 1.2 in ‘n beëdigde verklaring wanvoorstellings aan die Direkteur van Openbare Vervolgings gemaak het. 2. die respondent hom skuldig gemaak het aan oortreding van die gedragsreëls van die advokatuur deurdat hy -- 2.l buitensporige fooie gehef het in stryd met Eenvormige Reël 7.1.1; 2.2 fooie nie deur middel van ‘n prokureur ontvang het in stryd met Eenvormige Reël 7.9.1; 3. die respondent opdragte ontvang het sonder die tussenkoms van ‘n prokureur, en gelde van ‘n kliënt ontvang het, en onderneem het om geld van ‘n kliënt te ontvang alhoewel hy oor geen trustrekening beskik nie; 4. die respondent in verband met ‘n mandaat wat hy aanvaar het, opgetree het op ‘n wyse wat die aansien van die advokatuur in die gedrang gebring het deurdat hy -- 4.1 deur valse verklarings in notariële aktes xx xxxx, homself xxxx van ‘n bedrieglike skema gemaak het, en 4.2 opgetree het op ‘n wyse waardeur hy sy professionele onafhanklikheid en sy vermoë om behoorlik om xx xxxx na die xxxxxxx xxx xx kliënt, in die gedrang gebring het. [133] In die geheel gesproke, het die respondent dus opgetree op ‘n wyse wat ‘n advokaat nie betaam nie. Hy is derhalwe nie ‘n persoon wat geskik is om as advokaat te praktiseer nie. [134] Die Hof moet in die uitoefening van sy diskresie ‘n gepaste straf oplê. By die uitoefening van daardie diskresie, moet die Hof al die omstandighede van die xxxx in ag neem. Die Hof moet ag slaan op die belange van die regspleging, die belange van die regsprofessie en die openbare belang. Die aard van die wangedrag waaraan die respondent hom skuldig gemaak het, moet in die skaal geplaas word. Die uitwerking op die respondent van die bevinding van die Hof moet ook nie uit die oog verloor word nie – die blote bevinding dat xx xxx xxxxx het op ‘n wyse wat ‘n advokaat nie betaam nie, is reeds ‘n klad op sy naam. [135] Daar is bevind dat die respondent oor ‘n periode van verskeie jare op verskillende maniere opgetree het wat strydig is met die gedragsreëls van die advokatuur en op ‘n wy...