Verstaan u polis Voorbeeld Klousules

Verstaan u polis. Lees u skedule 3.3.1 Die skedule bied belangrike inligting oor u polis, insluitende vergoedingsperke. Dit is u plig om ons so gou moontlik in xxxxxx xx stel indien enige besonderhede verkeerd is. 3.3.2 U is nie verseker vir ’n Versekerde Gebeurtenis of ingevolge ’n versekeringsafdeling nie, indien: • die vergoedingsperk nie ingevul is nie, daar geen bedrag langs dit verskyn nie of indien ’nul’, ’nie van toepassing nie’, of ’nie verseker nie’, aangedui is; • daar geen inligting onder die opskrif verskyn nie. 3.3.3 Indien daar enige teenstrydigheid is tussen die skedule en die res van die polis, is die skedule van toepassing. Verstaan die bybetaling 3.3.4 U moet ‘n bybetaling vir sommige versekerde items betaal wanneer u eis. Die betrokke bybetaling verskyn langs die items in die skedule. Die bybetaling moet betaal word voordat ons u vergoed vir die eis en kan afgetrek word van die vergoeding wat ons gee. Verstaan die Randbedrae 3.3.5 Alle bedrae in die skedule (insluitende vergoedingsperke, premies en bybetalings) sluit BTW in. Alle bedrae is in Suid-Afrikaanse Rand, insluitend premies en die bedrae wat ons as vergoeding aan u gee. Lees die algemene bepalings, voorwaardes, u itsluitings en afdelings 3.3.6 Die Algemene Bepalings, Voorwaardes en Uitsluitings geld vir die hele polis. Die spesifieke afdelings is afsonderlik en staan alleen. Een afdeling kan nie gebruik word om ‘n ander afdeling te interpreteer nie. Kyk in die polis wat ons nie verseker nie 3.3.7 Maak seker u verstaan wat ons nie verseker nie in beide die algemene en die spesifieke afdelings wat van toepassing is op hierdie versekering. 3.4