BELASTINGMANIFES
AFRIFORUM
BELASTINGMANIFES
AANHEF
Ons, as belastingbetalende lede van die publiek in Suid-Afrika, verklaar hiermee die volgende:
• aangesien die staat, xxxx ons dit vandag xxx, teoreties in die lewe geroep word deur ’n onderlinge ooreenkoms tussen die burgers met die doel om hul vryheid en basiese regte op volhoubare xxxx xx verseker; en
• aangesien die mees basiese funksie van die staat is om toe xx xxxx dat die burgery veilig is, dat daar aan die basiese voorwaardes vir vryheid voldoen word en dat hul eiendom beskerm word; en
• aangesien die regering die administrasie van die staat behartig; en
• aangesien die regering deur ons as belastingbetalende lede van die publiek gefinansier word om hierdie funksies uit te voer;
VERKLARING
Daarom verklaar ons, as belastingbetalende lede van die Suid-Afrikaanse publiek, die volgende:
• Die Suid-Afrikaanse regering faal daarin om die mense van die land veilig xx xxx. Suid-Afrika is een van die gewelddadigste xxxxx in die wêreld. Meer as 20 000 mense word jaarliks in Suid-Afrika vermoor. Xxxxxx xxxxxx, meer as ’n halfmiljoen mense is al vermoor sedert die ANC die regering oorgeneem het. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander staatlike veiligheidsmagte is hopeloos onbeholpe in tye van krisis. Die nasionale polisiekommissaris sê self dat die SAPD nie in staat is om sy grondwetlike mandaat na te kom nie.
• Die Suid-Afrikaanse regering faal daarin om die onvervreembare vryhede van die plaaslike gemeenskappe te beskerm. Dit blyk onder meer uit ’n lang lys van doellose regulasies wat gedurende die COVID-19-inperking deur die staat deurgevoer is en wat op onverdedigbare vergrype teen die lewe, liggaamlike integriteit en vryheid van die publiek neerkom. Voorts spreek bykans elke vooraanstaande internasionale instelling wat regsvergrype moniteer hul kommer in toenemende mate uit oor vergrype deur die Suid-Afrikaanse regering. Dit blyk uit ooglopend ondeurdagte wetgewing en blatant
diskriminerende maatreëls, wat bloot daartoe lei dat meer mag in die staat gesentraliseer word, en wat ook meebring dat die vryheid van die publiek toenemend ingeperk word.
• Die Suid-Afrikaanse regering faal daarin om toe xx xxxx dat privaat eiendomsreg en die basiese voorwaardes vir ’n werkende markekonomie in stand gehou word. Dit blyk sedert 2018 uit pogings wat aangewend word om die Grondwet te xxxxxxxx xxxx die xxxxx toe te laat om belastingbetalende burgers se eiendom te mag konfiskeer. Dit blyk ook uit ’n wye verskeidenheid van wette en regulasies wat uitgevaardig word ingevolge waarvan die ekonomie en die sakesektor buitensporig aan bande gelê word, soveel so dat dit in toenemende mate vir belastingbetalende burgers moeilik word om sakeondernemings te begin en te bedryf, werk te kry of werknemers aan te stel.
• Die Suid-Afrikaanse regering faal daarin om die land doeltreffend te regeer. Dit blyk uit die xxxx dat diensleweringsbetogings en regsaksies teen die staat vanweë die nienakoming van basiese verantwoordelikhede ’n alledaagse xxxx van die Suid-Afrikaanse samelewing geword het. Dié betogings word ook dikwels gewelddadig en lei gereeld tot bloedvergieting. Boonop lei geen of swak dienslewering – wat kwessies xxxx elektrisiteit- en watervoorsiening en die instandhouding van paaie en rioolstelsels insluit – nie net tot ongerief nie, maar dikwels ook tot sterftes.
• Die Suid-Afrikaanse regering faal daarin om op deursigtige xxxx xx regeer. ’n Kultuur van ongebreidelde korrupsie en plundering van staatsfondse xxxxx, met die gevolg dat die staat oor die afgelope twee dekades reeds skade in die omgewing van R1 biljoen (R1 000 000 000 000) gely het. In plaas daarvan om op die voorpunt van die stryd teen korrupsie te staan, bevind staatsamptenare hulle veel eerder op die voorpunt van staatskaping en misdadige optrede. Hierdie krisis het veral duidelik geblyk deurdat die korrupsie van regeringsamptenare en hul patronaatnetwerke selfs gedurende die COVID-19- pandemie hoogty gevier het. Ten spyte daarvan dat verdoemende bewyse van korrupsie deurlopend teen senior regeringsamptenare onthul word, vind strafregtelike vervolging in hierdie verband xxxx nooit plaas nie. Dit is duidelik dat die president se uitsprake oor korrupsie nie veel meer as lippehulde is nie en dat die bevordering van korrupsie ’n veel groter prioriteit vir die regering is as die bestryding daarvan.
• Werkloosheid neem krisisafmetings aan. Die regering se deurlopende swak beleidsbesluite en onvermoë om ’n omgewing te skep waarin die ekonomie kan groei, het ’n hele geslag in ellende gedompel. Dít terwyl die regering voortgaan om doellose en vernietigende beleide op die samelewing af te dwing. Die regerende party regeer in hierdie verband aktief teen sy eie burgers.
• As belastingbetalers is ons deeglik daarvan bewus dat ons voortgesette betaling van belasting die enigste rede is waarom die staat by magte is om met sy verwoesting en plundery voort te gaan.
• Belastingbetalers in Suid-Afrika is keelvol om toe xx xxxx hoe belastinggeld verkwis, geplunder of wanbestee word. Die gewone belastingbetaler kry min of
geen waarde vir belastinggeld nie en moet in vele opsigte self betaal vir kritieke dienste waarvoor belasting alreeds gehef word. Dit sluit privaat mediese xxxx, privaat sekuriteit, privaat onderwys en opleiding, en volgehoue en betroubare krag- en watervoorsiening in.
• In omstandighede waar die burgery nie hul belastinggeld aan ’n verantwoordbare regering kan toevertrou nie, ontstaan die vraag of dit hoegenaamd nog nodig is om belasting te betaal. Vir die gewone burger is dit eenvoudig een te veel om te dink dat hulle moet aanhou belasting betaal terwyl dit duidelik is dat hul belastinggeld wanbestuur, gesteel en tot ’n groot mate geplunder word tot voordeel van oligargiese, diefagtige elite onder die bestuur van ANC-leierskap. Xx xxxxx hierdie omstandighede aan xx xxx betaal, blyk ’n vorm van ondersteuning en bemagtiging van hierdie wanpraktyke xx xxxx.
• In die omstandighede is dit heeltemal verstaanbaar dat burgers ’n vorm van belastingprotes toepas en xxx ondersteun. Dit neem reeds die volgende vorme aan;
− belastingweerhouding
− belastingontduiking
− belastingvermyding
− belastingvertraging
− emigrasie.
• Vanuit vele oorde word daar aangedring op een of xxxxx xxxx van belastingopstand omdat dit gesien word as die enigste wyse waarop die regering tot verantwoording geroep kan word.
DISPUUT
• In die lig hiervan verklaar ons hiermee ’n dispuut met die Suid-Afrikaanse regering. Ons verklaar dat ons nie onverpoosd kan voortgaan om sy korrupte xxxxxxx xx finansier nie. Dit is tyd dat die regering tot orde geroep word.
SEKRETARIAAT
• As burgerregteorganisasie xxx AfriForum ’n onafhanklike burgerlike sekretariaat saamstel, wat sowel die organisasie se lede as die ondertekenaars van hierdie manifes xxx verteenwoordig met betrekking tot die eise wat hierop volg.
• Die doel van hierdie sekretariaat is om ’n burgerlike belastingopstand te verhoed deur toe xx xxxx dat die nodige stappe deur die staat gedoen word om belastinghervorming xxxx xx voer, die xxxx xxxx toeganklik vir belastingbetalers xx xxxx en die nodige strafregtelike prosesse te volg om korrupsie uit te roei.
• Die sekretariaat xxx uitsluitlik vanuit die burgery saamgestel word en xxx xxxxxx staatsinmenging funksioneer.
EISE
Ons as belastingbetalende lede van die Suid-Afrikaanse publiek eis hiermee die volgende:
• Dat hierdie sekretariaat deur die regering erken word as legitieme liggaam wat ’n beduidende aantal van die land se belastingbetalers verteenwoordig en wat ook ’n konstruktiewe rol het om xx xxxxx om toe xx xxxx dat belastingbetalers tevrede is met die wyse waarop hul belastinggeld aangewend word.
• Dat die president en die ministers van die toepaslike staatsdepartemente met hierdie sekretariaat vergader om die xxxx xx bespreek wat in hierdie dokument uiteengesit word.
• Dat hierdie sekretariaat se oorsigfunksie oor die nasionale tesourie se aanwending van belastinggeld erken word. Die sekretariaat moet voldoende toegang tot inligting hê om hierdie funksie doeltreffend te kan uitvoer.
• Dat belastingfederalisme en -outonomie aan gemeenskappe erken word deur bestuur en inspraak van belastinggeld met betrekking tot plaaslike gemeenskappe te vestig.
• Dat gemeenskap/openbare-vennootskappe vir en die ontwikkeling van koöperatiewe gemeenskapbestuursmodelle vir munisipale dienste ontwikkel word.
• Dat die werk van die ouditeur-generaal deur hierdie liggaam aangevul word deurdat korrupsie en wanadministrasie van belastinggeld onafhanklik gekwantifiseer en/of gemoniteer word, waarna verantwoordelike staatsamptenare hierdie geld aan die publiek moet terugbetaal en vervolg word. In soverre die verantwoordelike staatsamptenare nie vasgestel kan word nie, behoort die regerende party hiervoor in te staan. Die belastingsekretariaat xxx ’n toesigfunksie vervul deur toe xx xxxx dat hierdie eis doeltreffend uitgevoer word.
• Dat die wysiging aan die Grondwet om die staat te bemagtig om eiendom sonder vergoeding te konfiskeer onmiddellik gestaak word.
• Dat die voortgesette befondsing van mislukte staatsondernemings onmiddellik gestaak word.
• Dat korrupte staatsamptenare, kaders van die regerende party en hulle netwerke onmiddellik vervolg word en verskeie spesialistribunale en xxxx vir hierdie doel daargestel word, xxxxx tribunale en xxxx behoorlik bemagtig word en nie aan politieke druk of inmenging onderwerp word nie.
• Dat belastingkortings ingestel word vir dienste waarvoor belastinggeld betaal word, maar waarvoor belastingbetalers genoodsaak is om ’n tweede keer aan privaat instansies te betaal om te verseker dat dienste wel verkry word. Dit sluit
in belastingkortings vir bewese persoonlike uitgawes om persoonlike veiligheid te verseker.