Gedragskode vir Vervaardigers
Gedragskode vir Vervaardigers
By The Xxxx Disney Company is ons verbind tot:
• 'n standaard van uitnemendheid in elke aspek van ons bedryf tot in alle uithoeke van die wêreld;
• etiese en verantwoordelike optrede in al ons ondernemings;
• eerbied vir die regte van alle individue; en
• eerbied vir die omgewing.
Ons verwag dat hierdie verpligtinge eweneens gehuldig xxx word xxxx alle vervaardigers van Disney koopware. Op sy minste
vereis ons dat alle vervaardigers van Disney koopware moet voldoen aan die volgende standaarde:
Kinderarbeid Vervaardigers mag nie van kinderarbeid gebruik maak nie.
Die term “kind” xxxxxx xx 'n xxxxxxx xxxxxx as 15 jaar oud (of 14 waar toelaatbaar kragtens die plaaslike wet) of, indien ouer, die wettige minimum ouderdom plaaslik vir indiensneming, of die ouderdom waarop verpligte skoolonderrig voltooi word.
Vervaardigers wat jeugdiges in diens neem wat nie ressorteer onder die definisie vir “kinders” nie, moet ook enige wette en regulasies wat op sulke persone van toepassing is, nakom.
Onvrywillige Arbeid Vervaardigers mag nie gebruik maak van enige dwang- of onvrywillige arbeid
nie, hetsy tronk, onder verband, kontrak of andersins.
Dwang en Teistering Vervaardigers moet elke werknemer met waardigheid en respek behandel, en
mag nie lyfstraf, dreiging met geweld of ander vorms van teistering of mishandeling, hetsy fisies, seksueel, sielkundig of mondeling, aanwend nie.
Verbod op Diskriminasie Vervaardigers mag nie in huur- en indiensnemingspraktyke diskrimineer nie,
insluitend salaris, voordele, bevordering, dissiplinering, afdanking of aftrede, op grond van ras, godsdiens, ouderdom, nasionaliteit, sosiale of etniese oorsprong, seksuele oriëntasie, geslag, politieke standpunt of ongeskiktheid.
Assosiasie Vervaardigers moet die reg van werknemers eerbiedig om hulle te assosieer, te organiseer en gesamentlik te beding op 'n wettige en vreedsame wyse, sonder straf of inmenging.
Gesondheid en Veiligheid Vervaardigers moet werknemers van 'n veilige en heilsame werkplek voorsien
ingevolge alle toepaslike wette en regulasies, terwyl daar op sy minste redelike toegang tot drinkbare water en sanitêre fasiliteite, beskerming teen brand, en voldoende beligting en ventilasie verseker word. Vervaardigers moet ook waarborg dat dieselfde gesondheid- en veiligheidstandaarde toegepas word op enige behuising wat hulle aan werknemers verskaf.
Vergoeding Ons verwag dat vervaardigers xxx xxxxx dat lone noodsaaklik is om in die basiese behoeftes van werknemers te voorsien. Vervaardigers moet, op sy minste, alle loon- en uurwette en -regulasies wat van toepassing is, nakom, insluitend dié wat betref minimum lone, oortyd, maksimum ure, loonskale vir stukwerk en ander aspekte van vergoeding, en moet verpligte voordele kragtens die wet voorsien. Met die uitsondering van buitengewone besigheidsomstandighede, mag vervaardigers nie van werknemers vereis xx xxxxxx xx xxxx nie as die minste van
(a) 48 uur per week en 12 uur oortyd, of (b) die maksimum gereelde en oortydure toelaatbaar kragtens die plaaslike wet, of, waar werksure nie deur die plaaslike wet beperk word nie, die gewone werksweek in daardie land plus 12 uur oortyd. Daarby, met die uitsondering van buitengewone besigheidsomstandighede, moet werknemers geregtig wees op ten minste een dag vry in elke sewedaagse tydperk.
Vervaardigers xxx werknemers vergoed vir oortydure teen die premietarief wat xxxxxx vereis word of, indien daar nie ’n xxxxxx voorgeskrewe premietarief is nie, moet vervaardigers ten minste die gereelde uurlikse vergoedingstarief betaal.
Waar industriële standaarde plaaslik hoër is as die wetlike vereistes wat van toepassing is, verwag ons van vervaardigers om te voldoen aan die hoër standaarde.
Beskerming van die Omgewing Vervaardigers moet alle omgewingswette en -regulasies wat van toepassing is,
nakom.
Ander Wette Vervaardigers moet alle wette en regulasies wat van toepassing is, nakom, insluitend dié betreffende die vervaardiging, prysvastelling, verkoop en verspreiding van koopware. Alle verwysings na “wette en regulasies wat van toepassing is” in hierdie Gedragskode sluit in plaaslike en nasionale kodes, reëls en regulasies, asook verdrae en vrywillige industriële standaarde wat van toepassing is.
Onder-kontraktering Vervaardigers mag nie van onderkontrakteurs gebruik maak vir die
vervaardiging van Disney koopware of komponente daarvan nie tensy die uitdruklik geskrewe verlof van Disney verkry is, en slegs nadat die onderkontrakteur 'n geskrewe verpligting met Disney aangegaan het om hierdie Gedragskode na te kom.
Kontrole en Nakoming Vervaardigers moet Xxxxxx en sy aangewese agente (insluitend derde partye)
magtiging xxx xx kontrolebedrywighede te onderneem om nakoming van hierdie Gedragskode te bevestig, insluitend onaangekondigde inspeksies ter plaatse van vervaardigingsaanlegte en behuising verskaf deur die werknemer; die nagaan xxx xxxxx en rekords betreffende indiensnemingsake; en private onderhoude met werknemers. Vervaardigers moet ter plaatse alle dokumentasie in stand hou wat benodig kan word om nakoming van hierdie Gedragskode aan te toon.
Bekendmaking Vervaardigers moet behoorlike stappe doen om te verseker dat die bepalings van
hierdie Gedragskode aan werknemers bekend gestel word, insluitend dat 'n afskrif van hierdie Gedragskode algemeen opmerklik aangebring word, in die plaaslike taal en op 'n plek wat te alle tye maklik toeganklik is vir werknemers.
* * * * *