Breë Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Sample Contracts

Omskrewe gebeurtenisse
Breë Gemeenregtelike Aanspreeklikheid • September 14th, 2011

Besering, skade of verlies soos hierna bepaal in die gekose versekeringsonderafdelings en uitbreidings waarvoor die versekerde regtens aanspreeklik word ooreenkomstig die wette van enige land, maar nie ten opsigte van enige vonnis, toekenning, betaling of skikking aangegaan in lande wat aan die wette van die Verenigde State van Amerika of Kanada onderworpe is of enige bevel wat op enige plek in die wêreld gegee word om sodanige vonnis, toekenning of skikking gedeeltelik of ten volle ten uitvoer te bring nie.