DIE PRIMARIUS EN PRIMARIA. 3.2.1 Beheer studente-aangeleenthede in die koshuis en dien as koördinerende skakel tussen die Huis en die Inwonende Hoof/Besoekende Hoof en dienste wat aan studente voorsien word. Primarius en Primaria xxx geensins in sodanige hoedanighede kwalifiseer om as werknemers van die Universiteit beskou te word nie. 3.2.2 Is, as uitvoerende studente-amptenaar in die koshuis, verantwoordelik vir die bestuur van studente van 'n bepaalde koshuis in terme van die Studentereglement en algemene Raadsbeleid en artikels van die Grondwet en Reglement van die koshuis. 3.2.3 Moet, in samewerking met die Inwonende/Besoekende Hoof, toesien dat HK-lede hul pligte uitvoer en dat die Huiskomiteelede daagliks en na-ure en minstens een derde oor naweke, beskikbaar is vir algemene toesig en ander dienste xxxx xxxx die Inwonende Hoof, Prim, algemene koshuisreëls en/of die betrokke koshuis se Grondwet en Reglemente voorgeskryf word. 3.2.4 Is voorsitter van die Huiskomitee en die Huisvergadering; is lid van die koshuis se Dissiplinêrekomitee en verteenwoordig die Huis op die Primkomitee. 3.2.5 Moet toesien dat volledige en behoorlike notules van Huiskomitee- en huisvergaderings gehou word. 3.2.6 Koördineer openbare betrekkinge met ander koshuise, die Studenteraad en tydens ander studente-aangeleenthede xxxx karnaval, ens. 3.2.7 Behartig voorstelle in verband met die bestuur van die koshuis as kostesentrum. 3.2.8 Gee alle amptelike universiteitsinligting aan die Huis deur deur middel van amptelike afkondigings by etes, Huisvergaderings, op kennisgewingborde, ens. 3.2.9 Is saam met die Huiskomitee verantwoordelik vir die formulering en uitvoering van die verwelkomingsprogram vir nuwelinge aan die begin van die jaar. 'n Kopie van die verwelkomingsprogram moet aan die einde van Oktober aan die Inwonende- /Besoekende Hoof beskikbaar gestel word vir voorlegging aan die Hoof van Mans- en Vrouekoshuise onderskeidelik. 3.2.10 Stel aan die einde van die termyn 'n jaarverslag op en aanvaar die verantwoordelikheid dat 'n finansiële verslag deur die tesourier opgestel word. Die verslae word op 'n huisvergadering aan die Huis vir goedkeuring voorgelê. Na goedkeuring deur die Huis word die getekende verslae aan die Inwonende- /Besoekende Hoof oorhandig wat 'n verkorte weergawe deur die Primarius/ Primaria aan die Hoofde van Mans- en Vrouekoshuise onderskeidelik besorg. 3.2.11 Kontroleer alle kamerplasings van seniors in die koshuis. 3.2.12 Xxx verantwoordelik vir die uitvoering van pligte tot aan di...