Contract
1. Inleiding
Doel met hierdie koshuisreëls:
Die oorkoepelende doel met hierdie stel Koshuisreëls is om die koshuisomgewing en -inwoning vir alle inwoners en andere so aangenaam moontlik xx xxxx. Dit is saamgestel in samewerking met, en met insette van almal betrokke in hierdie omgewings. Maties koshuise en koshuislewe is uniek. Dit xxxxx 'n geweldige groot bydrae tot die trotse tradisie en herinneringe van Matie- studente. Die Universiteit van Stellenbosch maak staat op alle koshuisinwoners se positiewe samewerking en bou aan hierdie trotse tradisie.
1.1 Hierdie reëls is op alle inwoners van koshuise van die Universiteit van Stellenbosch van toepassing en vorm as sodanig hoofstuk 3 van die Studentereglement van die Universiteit van Stellenbosch xxxx vervat in xxxx 1 van die Jaarboek: Algemeen. Inkorporasie deur verwysing word as voldoende aanvaar vir die doeleindes van die interpretasie en toepassing van die Studentereglement.
1.2 Verdere huishoudelike reëls en voorskrifte wat op individuele koshuise betrekking het, kan in die huishoudelike reglemente van xxxx xxxxxxx vervat word, maar xxx ondergeskik aan hierdie koshuisreëls. Individuele koshuise moet jaarliks voor of op 31 Oktober 'n kopie van hul nuutste huishoudelike reglemente aan die kantoor van die Hoofdirekteur: Studentesake besorg.
1.3 Hierdie koshuisreëls kan slegs met die aanbeveling van die Koshuisadvieskomitee en die Rektor, en met die goedkeuring van die US Raad gewysig word.
1.4 Die handhawing van die koshuisreëls en die huishoudelike reëls berus by die betrokke Inwonende Hoof, Primarius en Huiskomitee van 'n koshuis. Alle inwonende studente aanvaar ook kollektiewe verantwoordelikheid daarvoor.
1.5 Afwyking of nie-nakoming van hierdie reëls kan lei tot dissiplinêre optrede teen die koshuis of teen individuele inwoners van die koshuis.
1.6 Dissiplinêre optrede, dissiplinêrebevoegdheid en samestelling van Dissiplinêrekomitees in koshuise is onderhewig aan die bepalings neergelê in paragraaf 2.3 van die Studentereglement.
2. VERKIESING, AANSTELLING EN AMPBEëINDIGING VAN KOSHUISBESTURE
2.1 HUISKOMITEELEDE
2.1.1 Inwonende Hoofde moet aan die begin van die derde kwartaal die name en studentenommers van alle genomineerde Huiskomitee-kandidate onmiddellik na hul benoeming op die voorgeskrewe nominasievorm aan die Hoofdirekteur: Studentesake voorlê vir akademiese keuring. Slegs kandidate wat kwalifiseer vir hertoelating tot die koshuise en akademies gekeur is deur die Universiteit, mag staan vir die Huiskomiteeverkiesing. Kandidate moet reeds ten minste drie semesters in die koshuis wees.
2.1.2 Die Inwonende Hoof moet ook die Hoofdirekteur: Studentesake in xxxxxx xxxx indien enige van die kandidate reeds voorheen deur 'n Dissiplinêrekomitee van die US skuldig bevind is aan wangedrag. Die Universiteit behou in sy uitsluitlike diskresie die reg voor om, na gelang van die ernstigheidsgraad van die wangedrag en die straf opgelê, xx xxxxx dat enige van die genomineerde kandidate vir verkiesing staan.
2.1.3 Elke benoemde Huiskomiteelid moet 'n ondernemingsvorm (Bylae J ) onderteken dat hy/sy die pligte as Huiskomiteelid aanvaar en dat hy/sy die Universiteit se reëls in die koshuis xxx handhaaf. Sodanige aanvaarding xxx geensins 'n diensverhouding tussen die Universiteit en die Huiskomiteelid daarstel nie.
2.1.4 Die uittredende Huiskomitee xxx aan die einde van die diensjaar verslag doen van hul werksaamhede. Die jaarverslag en die finansiële verslag moet na ondertekening deur die Inwonende Hoof by onderskeidelik die Hoof van Mans- of Vrouekoshuise ingehandig word. Slegs xxx xxx uitbetaling van die laaste kwartaal se vergoeding geskied.
2.1.5 Huiskomiteelede se verkiesing, aanstelling en ampbeëindiging geskied in terme van die Studentereglement.
2.2 RAADGEWERS
2.2.1 Raadgewers word gedurende Oktober van die voorafgaande jaar, deur die Inwonende Hoof in oorleg met die Hoofdirekteur: Studentesake aangewys en mag nie huiskomiteelede insluit nie. Vir hierdie aanwysing moet die Raadgewer-aansoekvorm (Bylae I) ten opsigte van elke kandidaat voltooi word en aan die Hoofdirekteur: Studentesake voorgelê word.
2.2.2 Raadgewers word aangestel op grond van akademiese prestasie, leierseienskappe en goeie gedrag en elke benoemde Raadgewer moet 'n ondernemingsvorm (Bylae J) onderteken dat hy/sy die pligte as Raadgewer aanvaar.
2.2.3 Raadgewers is aan die Inwonende Hoof verantwoordelik vir die uitvoering van hulle pligte.
2.2.4 Raadgewers xxx verantwoordelik wees vir akademiese en algemene raadgewing aan 'n groep van 12 tot 15 eerstejaarstudente.
2.2.5 Raadgewers moet 'n aanvanklike oriënteringskursus en verdere opleidingsessies xxxx xxxx die Hoofdirekteur: Studentesake bepaal, bywoon.
2.2.6 Raadgewers vergader minstens tweeweekliks onder voorsitterskap van die Inwonende Xxxx om verslag te doen aangaande die vordering van akademiese en sosiale betrokkenheid, probleme en versoeke van eerstejaarstudente.
2.2.7 Raadgewers word aangestel vanaf die begin van 'n akademiese jaar tot aan die einde van die eerste twee weke ná afloop van die Xxxxx-vakansie.
2.2.8 Raadgewers se aanwysing, funksionering en ampbeëindiging geskied in terme van die Studentereglement.
3. PLIGTESTATE VAN KOSHUISBESTURE
3.1 DIE INWONENDE HOOF:
Die Inwonende Xxxx is aan die Hoofdirekteur: Studentesake, en deur hom/haar aan die Universiteitsraad, vir die algemene bestuur van die koshuis verantwoordelik.
3.1.1 Algemeen
3.1.1.1 Die Inwonende Hoof is, in samewerking met die Prim, verantwoordelik vir die toepassing van die koshuisreëls van die Raad, direk of by xxxx xxx xxxxxxxxxx aan die Huiskomitee.
3.1.1.2 Die Inwonende Hoof moet die koshuisbelange bevorder deur bemiddeling van die akademiese personeel, universiteitsadministrasie en ander betrokke instansies.
3.1.1.3 Die inwonende hoof moet na plasing van studente deur die Afdeling Toelating in die betrokke koshuis,
3.1.1.4 direk betrokke wees by die kamerplasing, inskakeling en retensie van veral nuwe, maar ook bestaande studente in die koshuis.
3.1.1.5 Die Inwonende Xxxx verwittig die Universiteit (Hoofdirekteur: Studentesake) van sy/haar afwesigheid van die kampus by geleentheid en tref reëlings vir die voortsetting van sy/haar werk (waar toepaslik) in hierdie periode.
3.1.2 Losiesaangeleenthede
3.1.2.1 Plaas studente in die koshuis in oorleg met die Afdeling: Toelating en Losies.
3.1.2.2 Hanteer kamerindeling van eerstejaarstudente.
3.1.2.3 Kontroleer die kamerindeling van senior studente deur die Huiskomitee.
3.1.3 Studente-aangeleenthede
3.1.3.1 Voorsien inligting aan ouers en voornemende inwoners.
3.1.3.2 Kontroleer en keur verwelkomingsprogramme vir nuwelinge goed en besorg goedgekeurde programme op die voorgeskrewe tyd aan die Hoof van Mans- of Vrouekoshuise onderskeidelik.
3.1.3.3 Hou toesig oor die uitvoer van bogenoemde programme met onmiddellike verslag van enige onreëlmatighede aan die Hoofde van Mans- en Vrouekoshuise en die Hoofdirekteur: Studentesake.
3.1.3.4 Wys Raadgewers aan en tree as voorsitter op tydens vergaderings van Raadgewers, wat minstens elke 14 dae moet plaasvind.
3.1.3.5 Kontroleer Raadgewers se skakeling met ouers.
3.1.3.6 Skakel met alle voorligtings- en hulpdienste van die Universiteit (bv. Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling, Studentegesondheidsdiens, Afdeling Beurse en Lenings, akademiese departemente) met die oog op verwysing van studente vir die nodige hulp.
3.1.3.7 Xxxx xxxx Huiskomiteevergadering by xxxx met die betrokke Huiskomitee ooreengekom.
3.1.3.8 Woon Dissiplinêrekomiteevergaderings as volwaardige lid by.
3.1.3.9 Kontroleer die prosedure, xxxx voorgeskryf deur die Universiteit en die betrokke koshuisgrondwet en -reglement, voor, tydens en na die verkiesing van die Huiskomitee.
3.1.3.10 Meld, in oorleg met die Huiskomitee, die behoeftes van studente ten opsigte van toerusting, verbeteringe en fasiliteite by die toepaslike universiteitsafdelings aan.
3.1.3.11 Versend goedgekeurde en getekende finansiële state van die Huiskomitee aan die einde van die HK-termyn aan die Hoof van Mans- of Vrouekoshuise onderskeidelik.
3.1.3.12 Is uiteindelik verantwoordelik en aanspreeklik vir die toepassing en bestuur van die alkoholbeleid van die US, xxxx van toepassing op sy/haar betrokke omgewing.
3.1.4. Administratiewe Aangeleenthede
3.1.4.1 Kontroleer, in samewerking met die Prim, die werk van die Huiskomiteelede wat verantwoordelik is vir opdragte deur die Raad voorgeskryf.
3.1.4.2 Moet, in samewerking met die Prim, toesien dat die Huiskomiteelede daagliks en na-ure en minstens een derde oor naweke beskikbaar is vir algemene toesig en ander dienste xxxx xxxx die Inwonende Hoof, Prim, algemene koshuisreëls en/of die betrokke koshuis se grondwet en reglemente voorgeskryf word. Tydens die Desember-eksamen kan die Inwonende Xxxx in oorleg met die Prim die aantal Huiskomiteelede aan diens verminder met dien verstande dat daar 'n minimum van twee HK-lede aan diens xxx xxxx. Hierdie reëling geld ook vir spesiale langnaweke xxxx Paasnaweek.
3.1.4.3 Meld behoeftes ten opsigte van geboue, tuine en parkeergebiede by die betrokke diensafdelings of by die Afdeling Koshuisadministrasie aan.
3.1.4.4 Kontroleer kamerinventarisse jaarliks met die oog op die verhaling van breekskade ten opsigte van die herstel of vervanging van universiteitseiendom.
3.1.4.5 Kontroleer die volledige koshuisinventaris jaarliks in samewerking met die koshuisdiensbeampte.
3.1.4.6 Gee minstens kwartaalliks terugvoer aan die Huiskomitee in verband met breekskade wat deur individue en groepe studente betaal moet word.
3.1.4.7 Skakel met die Bestuurder:Koshuisdienste oor behoeftes, versoeke en probleme ten opsigte van voedsel en/of skoonmaakdienste.
3.1.4.8 Stel aan die einde van die termyn 'n jaarverslag op waarin belangrike gebeure ten opsigte van verantwoordelikheidsareas vervat word. Hierdie verslag word aan die Hoofde vir Mans- en Vrouekoshuise deurgegee en is ook ter insae beskikbaar by die laaste huisvergadering van die termyn.
3.1.5. Dissipline
3.1.5.1 Bevorder 'n positiewe gesindheid oor dissipline by studente.
3.1.5.2 Hanteer interne dissiplinêregevalle volgens universiteits- en koshuisreglemente en xxxxx skriftelike verslag van alle dissiplinêregevalle aan die Hoofdirekteur: Studentesake.
3.1.5.3 Rapporteer oortredings van inwoners van die koshuis wat buite die koshuis plaasvind, en oortredings van inwoners van twee of meer koshuise, of van individue of groepe wat nie studente van die Universiteit van Stellenbosch is nie en gevolglik nie deur die koshuisDissiplinêrekomitee hanteer mag word nie, aan die Hoofdirekteur: Studentesake.
3.1.6 Risikobestuur
3.1.6.1 Pas die bepalings en voorskrifte van die betrokke wetgewing en die Rektor se beleid oor Risikobestuur in die koshuis toe.
3.1.6.2 Kontroleer die voorgeskrewe funksies van Huiskomiteelede ten opsigte van Risikobestuur.
3.1.6.3 Verseker, in samewerking met die Prim en Huiskomitee, die nakoming van veiligheidsreëls in die koshuis.
3.2 DIE PRIMARIUS EN PRIMARIA
3.2.1 Beheer studente-aangeleenthede in die koshuis en dien as koördinerende skakel tussen die Huis en die Inwonende Hoof/Besoekende Hoof en dienste wat aan studente voorsien word. Primarius en Primaria xxx geensins in sodanige hoedanighede kwalifiseer om as werknemers van die Universiteit beskou te word nie.
3.2.2 Is, as uitvoerende studente-amptenaar in die koshuis, verantwoordelik vir die bestuur van studente van 'n bepaalde koshuis in terme van die Studentereglement en algemene Raadsbeleid en artikels van die Grondwet en Reglement van die koshuis.
3.2.3 Moet, in samewerking met die Inwonende/Besoekende Hoof, toesien dat HK-lede hul pligte uitvoer en dat die Huiskomiteelede daagliks en na-ure en minstens een derde oor naweke, beskikbaar is vir algemene toesig en ander dienste xxxx xxxx die Inwonende Hoof, Prim, algemene koshuisreëls en/of die betrokke koshuis se Grondwet en Reglemente voorgeskryf word.
3.2.4 Is voorsitter van die Huiskomitee en die Huisvergadering; is lid van die koshuis se Dissiplinêrekomitee en verteenwoordig die Huis op die Primkomitee.
3.2.5 Moet toesien dat volledige en behoorlike notules van Huiskomitee- en huisvergaderings gehou word.
3.2.6 Koördineer openbare betrekkinge met ander koshuise, die Studenteraad en tydens ander studente-aangeleenthede xxxx karnaval, ens.
3.2.7 Behartig voorstelle in verband met die bestuur van die koshuis as kostesentrum.
3.2.8 Gee alle amptelike universiteitsinligting aan die Huis deur deur middel van amptelike afkondigings by etes, Huisvergaderings, op kennisgewingborde, ens.
3.2.9 Is saam met die Huiskomitee verantwoordelik vir die formulering en uitvoering van die verwelkomingsprogram vir nuwelinge aan die begin van die jaar. 'n Kopie van die verwelkomingsprogram moet aan die einde van Oktober aan die Inwonende- /Besoekende Hoof beskikbaar gestel word vir voorlegging aan die Hoof van Mans- en Vrouekoshuise onderskeidelik.
3.2.10 Stel aan die einde van die termyn 'n jaarverslag op en aanvaar die verantwoordelikheid dat 'n finansiële verslag deur die tesourier opgestel word. Die verslae word op 'n huisvergadering aan die Huis vir goedkeuring voorgelê. Na goedkeuring deur die Huis word die getekende verslae aan die Inwonende- /Besoekende Hoof oorhandig wat 'n verkorte weergawe deur die Primarius/ Primaria aan die Hoofde van Mans- en Vrouekoshuise onderskeidelik besorg.
3.2.11 Kontroleer alle kamerplasings van seniors in die koshuis.
3.2.12 Xxx verantwoordelik vir die uitvoering van pligte tot aan die einde van die derde kwartaal.
3.2.13 Is oorhoofs persoonlik aanspreeklik om te verseker dat die Universiteit se Risikobestuursbeleid xxxxxx toegepas word en veiligheidsmaatreëls afgedwing word.
3.2.14 Is verantwoordelik vir die behoorlike bestuur van parkering by sy/haar koshuis xxxx xx verseker dat alle voertuie wat op parkeerplekke wat aan die koshuis toegesê is parkeer, by US Beskermingsdienste geregistreer is. 'n Afskrif van die lys van voertuigeienaars en registrasienommers van voertuie moet binne een week na aanvang van die akademiese jaar by USBD ingedien word. Hierdie lys moet deeglik bygehou word en besonderhede van bykomende voertuie moet deurlopend aan USBD verstrek word.
3.2.15 Is uiteindelik, in samewerking met die Inwonende Hoof mede-verantwoordelik en - aanspreeklik vir die toepassing en bestuur van die alkoholbeleid van die US, xxxx van toepassing op sy/haar betrokke omgewing.
3.2.16 In koshuise wat met elektroniese toegangsdeure toegerus is, moet spesifiek verantwoordelikheid toegedeel word om te verseker dat daardie toegangsdeure te alle tye in bedryf is.
3.3 DIE ONDERPRIMARIUS EN -PRIMARIA:
3.3.1 Is verantwoordelik vir die bestuur van die koshuis in afwesigheid van die Prim, en xxx ook geensins in hierdie hoedanigheid kwalifiseer om as werknemers van die Universiteit beskou te word nie.
3.3.2 Behartig portefeuljes xxxx toegedeel.
3.3.3 Is verantwoordelik vir die toepassing van die studentereglement in 'n bepaalde seksie.
3.3.4 Koördineer die koshuis se Risikobestuursprogram deur die volgende te doen:
3.3.4.1 Tree op as sekretaris van die koshuis se Risikobeheer/ Gesondheids- en Veiligheidskomitee.
3.3.4.2 Administreer die program volgens xxxxxxx xxxx xxxx die afdeling Risikobestuur bepaal.
3.3.4.3 Tree op as hoof Noodplankoördineerder en bestuur die koshuis se noodplan.
3.3.5 Is lid van die koshuis se Dissiplinêrekomitee.
3.3.6 Verrig die pligte en verantwoordelikhede xxxx van toepassing op Huiskomiteelede asook spesiale take deur die huisvergadering, Prim en/of Huiskomitee aan hom/haar opgedra.
3.3.7 Is uiteindelik, in samewerking met die Inwonende Hoof en primarius/primaria mede- verantwoordelik en -aanspreeklik vir die toepassing en bestuur van die alkoholbeleid van die US, xxxx van toepassing op sy/haar betrokke omgewing.
3.4 HUISKOMITEELID:
3.4.1 Is verantwoordelik vir die toepassing van die studentereglement, koshuisreëls en koshuisgrondwet in die algemeen, en die spesifieke groep studente en/of seksie aan hom/haar toegewys in die besonder. Huiskomiteelede xxx geensins in hierdie hoedanigheid kwalifiseer om as werknemers van die Universiteit beskou te word nie.
3.4.2 Verrig take en pligte ooreenkomstig die koshuisreglement, grondwet van die koshuis asook besluite van die huisvergadering en die Huiskomitee.
3.4.3 Dien as skakel tussen 'n seksie en/of groep studente aan hom/haar toegewys en die Inwonende Hoof en Prim.
3.4.4 Hanteer portefeuljes xxxx xxxx die Prim toegewys.
3.4.5 Hanteer administratiewe verpligtinge xxxx xxxx die Universiteit bepaal.
3.4.6 Stel aan die begin van 'n dienstermyn 'n begroting op vir portefeuljes toegewys vir voorlegging aan die Huiskomitee.
3.4.7 Stel aan die einde van 'n dienstermyn 'n verslag saam oor die funksionering van elke portefeulje vir voorlegging aan die Prim.
3.4.8 Oorhandig enige gelde wat ingevorder word onmiddellik aan die Tesourier vir veilige bewaring en deponering.
3.4.9 Voltooi inventarisvorms ten opsigte van xxxx xxxxxxxxxxxx binne die eerste week van die akademiese jaar.
3.4.10 Doen gereelde kamerinspeksie en rapporteer enige klagtes,breekskade en reparasies aan die toepaslike instansies of persone.
3.4.11 Hanteer openbare betrekkinge ten opsigte van 'n bepaalde seksie/groep deur skakeling met die Prim en Huiskomitee.
3.4.12 Xxxxxx akademiese probleme van studente in sy/haar seksie of groep na die Inwonende Hoof.
3.4.13 Rapporteer siekte of hospitalisasie van studente onmiddellik aan die Prim en Inwonende Hoof.
3.4.14 Rapporteer gevalle waar 'n summiere boete aan 'n student opgelê is, aan die Huiskomitee vir notulering op 'n Huiskomiteevergadering.
3.4.15 Is daagliks na-ure en oor naweke beskikbaar vir algemene toesig en ander dienste xxxx xxxx die Inwonende Hoof, Prim, algemene koshuisreëls en/of die betrokke koshuis se grondwet voorgeskryf.
3.4.16 Stel die Prim en Inwonende Hoof in kennis van afwesigheid van 'n dag of xxxxxx in die week of oor naweke tydens die dienstermyn.
3.4.17 Verrig tot aan die einde van die derde kwartaal diens as Huiskomiteelid.
3.4.18 Is in persoonlike hoedanigheid aanspreeklik om toe xx xxxx dat die Universiteit se Risikobestuursbeleid toegepas word en veiligheidsmaatreëls afgedwing word in daardie gedeelte van die koshuis wat as sy/haar verantwoordelikheidsgebied geïdentifiseer is.
3.4.19 Is uiteindelik, in samewerking met die Inwonende Hoof, primarius/primaria en onder primarius/primaria mede-verantwoordelik en -aanspreeklik vir die toepassing en bestuur van die alkoholbeleid van die US, xxxx van toepassing op sy/haar betrokke omgewing.
3.5 DIE TESOURIER:
3.5.1 Administreer fondse van die koshuis volgens die voorskrifte van die koshuisreëls, die grondwet van die koshuis en in oorleg met die Hoofdirekteur: Finansies en Dienste van die Universiteit. Tesouriers xxx geensins in hierdie hoedanigheid kwalifiseer om as werknemers van die Universiteit beskou te word nie.
3.5.2 Moet jaarliks, aan die begin van sy/haar ampstermyn, en in oorleg met die Huiskomitee, 'n finansiële begroting vir die volgende jaar opstel.
3.5.3 Is verantwoordelik vir die ontvangs en veilige bewaring van alle gelde wat namens die Huiskomitee van individue en/of groepe inwoners van die koshuis ingesamel word vir funksies, uitrustings, boetes, breekskade of ander koshuisverwante aktiwiteite.
3.5.4 Beheer en administreer die kleinkasrekening in ooreenstemming met die voorskrifte van die Universiteit en die Huiskomitee.
3.5.5 Voorsien die Inwonende Hoof en Huiskomitee gereeld, maar minstens kwartaalliks, van 'n inkomstestaat van die koshuis.
3.5.6 Is daarvoor verantwoordelik dat alle uitgawes aangegaan, xxxx betaling van rekenings, kleinkasuitgawes ens, weekliks vir goedkeuring en notulering aan die Huiskomiteevergadering voorgelê word.
3.5.7 Moet aan die einde van sy/haar ampstermyn volledige en geouditeerde finansiële state aan die Huiskomitee voorsien met die oog op voorlegging van en goedkeuring deur die Algemene Huisvergadering.
3.5.8 Verrig die pligte en verantwoordelikhede xxxx van toepassing op Huiskomiteelede asook spesiale take deur die Huisvergadering, Prim en/of Huiskomitee aan hom/haar opgedra.
3.5.9 Bywoning van die opleidingsessie xxxx aangebied deur die Afdeling Finansies van die US, is verpligtend vir alle koshuistesouriers. Die Afdeling Finansies xxx vroegtydig xxxxxx xxx van die datum, tyd en plek van sodanige opleiding.
3.5.10 Die "Kitsgids: Finansiële Riglyne", xxxx beskikbaar gestel deur die Afdeling Finansies, moet deur alle studente geraadpleeg word vir die gebruik van die US se rekenaarstelsel vir finansies. Afwyking van hierdie riglyne kan vertraging of afwysing van versoeke en/of opdragte tot gevolg hê.
3.5.11 Alle tesouriers is verplig om die US se rekenaarstelsel vir alle bestellings, aanvragings en verkryging van finansiële inligting en state te gebruik.
3.5.12 Geen student of personeellid wat nie spesifiek deur die US gemagtig is, mag enige kontrak met 'n buiteparty vir of namens die US of enige onderafdeling van die US vir die lewering van enige diens of produk sluit nie. Slegs enkele amptenare van die Afdeling Finansies en Dienste mag sodanige kontrakte teken.
3.5.13 Geen bestelling vir enige diens of goedere mag geplaas word sonder dat daar vooraf 'n bestelnommer deur middel van die rekenaarstelsel toegeken is nie. Geen faktuur xxx betaal word sonder dat daar so 'n magtigingsnommer bestaan nie.
3.5.14 Alle rekwisisies moet via die rekenaarstelsel gelaai word.
3.5.15 Voorskotte xxx alleenlik deur die Afdeling Finansies oorweeg word ná voorlegging van 'n begroting wat die aard en omvang van die behoeftes uiteensit. Brondokumente, fakture en/of kwitansies met betrekking tot die toegestane voorskot moet binne 'n redelike tydperk, xxxx ooreengekom, by die Afdeling Finansies ingedien wees voordat enige verdere voorskotte of betalings oorweeg xxx word.
3.5.16 Alle tjekrekwisisies moet volledig ingevul wees om oorweeg te kan word.
3.5.17 Geen persoon mag die uitbetaling van gelde of 'n tjek op sy/haar eie naam aanvra nie.
3.5.18 Daar moet minstens twee persone met tekenmagte xxxxx xxxx omgewing geïdentifiseer word. Die besonderhede van hierdie persone moet skriftelik aan die Afdeling Finansies verskaf word voordat enige transaksies oorweeg xxx word.
3.5.19 Xxxx xxxxxxx, projek en/of aktiwiteit van die koshuis (bv. huisdanse, toere, aankope van toerusting, ens.) moet per afsonderlike begroting beplan word. Hierdie begroting moet per handtekening deur die primarius/(a) namens die huiskomitee, goedgekeur word en, waar van toepassing, ook die inwonende hoof .
3.5.20 Die transaksiebesonderhede volgens voorgaande projekbegrotings moet binne die betrokke kostepunt gekoppel word aan die toepaslike rekeninge en projekte. Tesouriere wat hierdie prosedure noukeurig volg is in staat om volledige besonderhede tot op datum per kostepunt, rekening en projek vanaf die rekenaarstelsel te trek.
3.5.21 Die huiskastoekenning per koshuis word twee keer per jaar deur die Afdeling Finansies na die betrokke kostepunt oorbetaal. Die eerste betaling xxx teen einde Februarie beskikbaar gestel word en die tweede betaling teen einde Xxxxxxxx xxx xxxx jaar.
3.6 PLIGTE VAN RAADGEWERS
3.6.1 Moet eerstejaarstudente van tersaaklike inligting voorsien oor akademiese en studente- aangeleenthede asook sosiale gebruike.
3.6.2 Moet die akademiese en/of persoonlike probleme van eerstejaarstudente hanteer sover dit binne sy/haar vermoë is.
3.6.3 Moet persoonlike gegewens wat van eerstejaarstudente ingewin word deur persoonlike onderhoude óf van die Inwonende Hoof óf ouers verkry word, as xxxxxx vertroulik beskou en hanteer.
3.6.4 Moet 'n rekordkaart van elke studente voltooi en op datum hou betreffende uitslae van toetse en eksamens, individuele onderhoude, briewe aan en kontak met ouers, verwysing na akademiese of administratiewe personeel en ondersteuningsdienste.
3.6.5 Moet toesien dat eerstejaarstudente stiltetye vir studiegeleenthede handhaaf en benut en dat probleme wat in hierdie verband ontstaan onmiddellik aan Huiskomiteelede gerapporteer word met die oog op dissiplinêreoptrede.
3.6.6 Moet, in geval van ernstige siekte, besering of oortreding van of deur 'n eerstejaarstudent, dit aan die Inwonende Hoof rapporteer met die oog op kontak met die ouers van die betrokke student.
3.6.7 Moet, indien hy/sy nie oor die kennis en vermoë beskik om 'n probleem van 'n eerstejaarstudent op te los nie, dit onverwyld na die Inwonende Hoof xxxxxx vir verdere optrede.
3.6.8 Raadgewers moet eerstejaarstudente gereeld individueel en gesamentlik ontmoet om sodoende hulle vertroue te wen.
3.6.9 Raadgewers moet skriftelik op die volgende tye met ouers of voogde van eerstejaarstudente in verbinding tree:
• Binne ses weke na die aanvang van die akademiese jaar ten einde oor die welstand en aanpassing van die student te rapporteer.
• Gedurende die eerste twee xxxx xxx Xxx ten einde hulle in te lig oor die eerstejaar se vordering, prestasies, aanpassing en dat Junie-eksamen en vorderingspunte aan hulle gestuur xxx word.
• Gedurende die eerste twee weke van die tweede semester, om gelukwense met prestasiepunte oor te dra en ander inligting wat, volgens die Inwonende Hoof belangrik is, mee xx xxxx.
• By geleenthede, byvoorbeeld siekte van die student, oorlye van een van xx xxxxx, ens.
3.6.10 Raadgewers moet korrespondensie xxxx in 4.6.9 vermeld aan die Inwonende Hoof voorlê vir kontrolering ten opsigte van taalversorging, styl, korrektheid en xxxxx.
3.6.11 Raadgewers moet enige korrespondensie wat ten opsigte van eerstejaarstudente ontvang word, onder die aandag van die Inwonende Hoof bring.
4. KOSHUISFINANSIES
4.1 HUISGELDE
4.1.1 Die bedrag van die huisgelde word jaarliks, nadat voorstelle van die nuwe Primkomitee na hul eerste vergadering ontvang is, deur die Koshuisadvieskomitee bepaal. Die gelde word deur die Afdeling Studentegelde teen studente se rekeninge gevorder en aan die betrokke koshuise se huiskas oorbetaal.
4.1.2 Onderworpe aan 2.3.3 mag GEEN addisionele invorderings bo en behalwe goedgekeurde huisgelde van eerstejaarstudente of ander studente geëis of " verwag" word nie.
4.1.3 Die tesourier van 'n bepaalde koshuis administreer die koshuis xx xxxxxx (xxxxxx ook die pligtestaat van die tesourier) volgens die voorskrifte van die koshuisreglement, die grondwet van die koshuis en volgens die opdrag van die Hoofdirekteur: Finansies en Dienste van die Universiteit.
4.1.4 Alle besluite rakende finansies word tydens amptelike Huiskomiteevergaderings geneem en genotuleer.
4.1.5 Die Huiskomitee moet vir enige uitgawe wat R1000-00 oorskry, vooraf goedkeuring op 'n huisvergadering verkry.
4.1.6 Die tesourier moet op elke huisvergadering verslag doen van die finansies en ook 'n volledige verslag na afloop van die huiskomitee-termyn voorlê.
4.1.7 Die uitbetaling van die Huiskomitee se vergoeding vir die laaste kwartaal van hul termyn mag eers deur Die Inwonende Hoof goedgekeur word nadat die finansiële verslag deur die Huis goedgekeur is.
4.1.8 Enige dispuut rakende die finansiële verslag van 'n koshuis word vir uitsluitsel na die Hoofdirekteur: Finansies en Dienste xxxxxx, xxx xx besluit in hierdie verband finaal en bindend xxx xxxx.
4.2 KOSHUISDEPOSITO'S
4.2.1 Alle koshuisinwoners moet, indien hulle vir die daaropvolgende jaar toelating in Universiteitsbehuising gekry het maar nie in die koshuis wil aanbly nie, die toegekende plek voor die einde van September kanselleer. Indien hulle nie kanselleer nie, xxx xxxxx hul deposito verbeur.
4.2.2 'n Student xxx versoek word om sy/haar deposito tot die voorgeskrewe bedrag aan te vul sodra die deposito, as gevolg van aftrekkings tot minder as die bedrag vasgestel deur die Universiteit, gedaal het.
4.2.3 Die restant van die student se deposito word vroeg in die daaropvolgende jaar aan die student terugbetaal nadat die Universiteit bepaal het watter bedrag al xxx xxx van die student se deposito verhaal moet word in terme van paragraaf 2.3 hieronder indien die student die koshuis verlaat.
4.3 FINANSIëLE AANSPREEKLIKHEID
4.3.1 Inwoners word finansieel aanspreeklik gehou vir alle skade wat hulle in die koshuis aanrig. Elkeen dra die verantwoordelikheid vir die toestand van die xxxxx wat hy/sy bewoon en van die meubels en toerusting daarin, en is individueel en kollektief aanspreeklik vir skade wat deur hom/haar of deur andere, of van apparaat wat deur hom/haar of deur andere gebruik word, veroorsaak word.
4.3.2 Alle gelde betaalbaar vir skade wat deur 'n student/-e in 'n Universiteitskoshuis aangerig is, kan teen sy/haar studenterekening gehef word of van sy/haar koshuisdeposito verhaal word, in 'n enkelbedrag of in paaiemente, xxxx xxxx die Hoofdirekteur: Finansies & Dienste in oorleg met die Huiskomitee/student bepaal.
4.3.3 Enige skade wat nie aan 'n spesifieke student/-e toegedeel kan word nie, (ongeïdentifiseerde skade) xxx van die koshuis se huiskas verhaal word.
4.3.4 Die Universiteitsraad en Universiteitspersoneel is nie vir die verlies of beskadiging van die persoonlike eiendom van koshuisinwoners aanspreeklik nie. Inwoners moet self toesien dat hul eiendom voldoende verseker is.
4.3.5 'n Plek in 'n koshuis word slegs vir 'n volle akademiese jaar toegeken en indien die student die koshuis voor jaareinde verlaat en die student of die Universiteit nie 'n geskikte plaasvervanger kan voorsien nie, sal die student of sy/haar ouer of voog aanspreeklik gehou word vir die volle gedeelte van die jaar se losiesgeld.
4.4 VERGOEDING VAN HUISKOMITEES EN RAADGEWERS
Die Honoraria-gids waarin die vergoeding omskryf word, is by die Afdeling Studentesake.
5. KOSHUISFUNKSIES EN AKTIWITEITE
5.1 ALGEMEEN
5.1.1 'n Koshuisfunksie word vir hierdie doeleindes gedefinieer as 'n geleentheid wat vir die Inwoners en genooide gaste van die betrokke koshuis gereël word.
5.1.2 Slegs amptelike koshuisfunksies mag in die betrokke koshuise aangebied word mits die fasiliteite van die koshuis voldoende is en beheer oor die betrokkenes moontlik is.
5.1.3 Die organiseerders van 'n funksie binne 'n koshuis moet toesien dat die Inwonende Hoof en die Huiskomitee akkoord gaan dat so 'n funksie gereël word.
5.1.4 'n Koshuis is geregtig om een maal per kwartaal 'n koshuisfunksie in die week xx xxx wat nie later nie as 24:00 eindig, mits dit in oorleg met die Inwonende Hoof en Huiskomitee geskied. Die Hoofdirekteur: Studentesake moet ten minste sewe dae voor die funksie skriftelik daarvan in xxxxxx xxxxxx word.
5.1.5 Geen koshuisfunksie mag gedurende die twee weke voor die Junie-eksamen en twee weke voor die November-eksamen gehou word nie.
5.2 DANSE
5.2.1 Danse sluit in formele huisdanse, danse tydens 'n funksie en danse tydens 'n huisdinee of huisfondsfunksie.
5.2.2 Universiteitskoshuise wat geskikte lokale het, word toegelaat om met die goedkeuring van die Inwonende Hoof koshuisdanse in die koshuis aan xx xxxx, op voorwaarde dat die dans xxx geskied binne die reëls van die Universiteit insake funksies in koshuise.
5.2.3 Kontrole moet uitgeoefen word oor wie die funksie bywoon en xxxxxx kontrole moet uitgeoefen word oor die gebruik van alkoholiese drank xxxx toegestem deur die Inwonende Hoof.
5.2.4 Danse moet om 01:00 op 'n Vrydagaand en om 00:00 op 'n Saterdagaand eindig.
5.2.5 Studente word toegelaat om informele danse op Vrydag- en Saterdagaande in die koshuis xx xxx op voorwaarde dat dit deur die Inwonende Hoof en Huiskomitee goedgekeur word.
5.2.6 Die Inwonende Hoof en die Huiskomitee aanvaar volle verantwoordelikheid vir 'n informele dans, behou die reg van toegang voor en oefen kontrole uit oor die gebruik van alkoholiese drank
.
5.2.7 Die Inwonende Xxxx xxx kontroleer dat daar nie meer as 6 (ses) informele danse per jaar in die koshuis aangebied word nie.
5.2.8 Geen dans word toegelaat in die naweek wat die Junie-eksamen en die twee naweke wat die November-eksamen voorafgaan nie.
5.2.9 Danse word toegelaat op die aande voor die sluiting van die Universiteit vir die April- en Septembervakansies tot om 23:30.
5.2.10 In die geval van enige onreëlmatighede, kan die koshuis se dansgeleenthede vir die res van die jaar of xxxxxx opgeskort word.
5.3 SOKKIES
5.3.1 Sokkies mag elke Woensdagaand tussen 21:00 en 22:00 in 'n koshuis gehou word, op voorwaarde dat daar stiptelik by die tydsduur gehou word. In die twee weke voor die Junie- eksamen en twee weke voor die November-eksamen mag daar nie sokkies in 'n koshuis gehou word nie.
5.3.2 Sokkies mag gehou word op die Vrydagaand tydens vlotbou, maar nie later as 01:30 nie.
5.3.3 Die Inwonende Hoof het die reg om 'n sokkie wat op 'n ongeleë tyd gereël word, te verbied.
5.3.4 Geen alkoholiese drank mag tydens sokkies voorsien of verbruik word nie.
5.4 XXXX- EN HENNEDINEES
5.4.1 Alle xxxx- en hennedinees word gehou op die tweede laaste Donderdagaand voor die November-eksamens begin.
5.4.2 Xxxx- en hennedinees behoort 'n formele funksie xx xxxx.
5.4.3 Die aanvangstyd van die dinee word vasgestel deur die Afdeling Koshuisadministrasie in oorleg met die Afdeling Studentesake en alle koshuise moet hulle xxxxxx daarby hou. Die koshuis word gedurende die dinee gesluit, maar maak weer oop na afloop van die dinee.
5.4.4 Geen sokkies word na afloop van die dinees toegelaat nie.
5.4.5 Binne twee dae na afloop van die xxxx-/hennedinee moet 'n kort afsonderlike verslag deur die Inwonende Hoof, die Koshuisdiensbeampte en die Voedseldiensbeampte by die Hoofdirekteur: Studentesake ingedien word.
5.4.6 Enige wangedrag van studente tydens 'n dinee kan daartoe lei dat die koshuis vir 'n onbepaalde tyd nie weer so 'n dinee mag aanbied nie.
5.5 OPE KOSHUISFUNKSIE
5.5.1 'n Ope koshuisfunksie verskil van ander koshuisfunksies deurdat dit bygewoon word deur ongenooide persone, die publiek of enige persoon wat reageer op die reklame wat gemaak is vir die funksie.
5.5.2 Enige koshuis wat so 'n funksie wil aanbied moet ten minste veertien dae voor die funksie skriftelike goedkeuring van die Hoofdirekteur: Studentesake verkry. Die volledige program vir die funksie moet voorgelê word vir goedkeuring. Die aansoekvorm is xxxx in bylae B.
5.5.3 Geen reëlings moet getref word of besprekings gedoen word voordat die program nie ooreenkomstig 5.5.2 goedgekeur is nie.
5.5.4 Die Huiskomitee moet self die nodige reëlings met US Risiko- en Beskermingsdienste en ander betrokke partye tref.
5.5.5 Ope funksies mag nie tydens akademiese tye aangebied word nie.
5.6 SERENADES
5.6.1 Koshuise se amptelike "groot" serenadegroepe mag slegs op die voorgeskrewe serenadetye, nadat die skriftelike toestemming van die Afdeling Studentesake verkry is, 'n serenade hou. Die aansoek moet ten minste vyf werksdae voor die serenade by die Afdeling Studentesake ingegee word. Sien Bylae A vir 'n voorbeeld van die aansoekvorm.
5.6.2 'n Koshuis mag slegs twee aande per semester 'n serenade hou.
5.6.3 Slegs twee mansgroepe en twee vrouegroepe mag op dieselfde aand 'n serenade hou.
5.6.4 Serenades mag op weeksaande tot 01:00 plaasvind.
5.6.5 Geen serenades mag tydens die twee weke voor die middeljaareksamens of die twee weke voor die jaareindeksamens gehou word nie.
5.6.6 'n Huiskomiteelid van 'n betrokke koshuis moet die serenadegroep vergesel.
5.6.7 "Xxxxx" serenadegroepe het nie amptelike goedkeuring nodig nie, maar mag steeds slegs binne die voorgeskrewe tye 'n serenade hou.
5.6.8 Die ordelike verloop van die serenade is die verantwoordelikheid van die organiseerder.
5.7 SJAMPANJE-ONTBYTE
5.7.1 Sjampanje-ontbyte mag slegs op 'n naweeksoggend en op openbare vakansiedae aangebied word.
5.8 KOSHUIS-REüNIES
5.8.1 Voordat 'n koshuis enige reëlings vir 'n reünie finaliseer, moet die volledige program van die aktiwiteite eers aan die Hoofdirekteur: Studentesake voorgelê word.
5.8.2 Reünies xxx slegs gehou word met die bereiking van spesiale mylpale.
5.8.3 Koshuis-reünies mag slegs gehou word in die kort Universiteitsvakansies of oor 'n naweek wanneer akademiese tyd nie ter sprake is nie.
5.8.4 Indien die koshuis gebruik word vir die verblyf van oud-inwoners, moet die nodige reëlings vroegtydig met die Hoof van die Afdeling Koshuisadministrasie getref word, aangesien koshuise ook vir buitegroepe gebruik word tydens die kort vakansies.
6 ALKOHOLIESE DRANK IN KOSHUISE
6.1 ALGEMEEN
6.1.1 Ten einde alle koshuise jaarliks die geleentheid xx xxx om te besluit of hulle die vergunnings vir die gebruik van alkohol in die koshuis wil benut, moet die prosedure hierna gevolg word.
6.1.2 Alle koshuise moet jaarliks, tydens die eerste Huisvergadering na die verkiesing van die nuwe HK's, met 'n volstrekte meerderheid besluit of hulle vir die komende termyn, die ooreenkoms met die Universiteit, xxxx in die voorgeskrewe onderneming uiteengesit, vir die gebruik van alkohol in die koshuis, wil benut. Indien sodanige besluit nie geneem word nie, is daardie betrokke koshuis van sodanige reg tot alkoholgebruik binne die koshuis uitgesluit tot tyd en wyl anders besluit word.
6.1.3 Om 'n koshuis wat wel die keuse uitoefen om drank te mag gebruik, se voorneme ten opsigte van die kontrole en beheer oor verantwoordelike alkoholgebruik te bevestig, moet die Inwonende Hoof en die Huiskomitee jaarliks met die aanvang van die Huiskomitee xx xxxxxx, hulle skriftelik verbind tot die Alkoholbeleid van die US xxxx goedgekeur deur die Raad van die US op 9 Desember 1998. (Alkoholbeleid - Bylae C aangeheg)
6.1.4 Indien daar nie ooreenstemming tussen die Inwonende Hoof en die Huiskomitee bereik kan word ten opsigte van die verbintenis in 6.1.3 nie, moet die aangeleentheid vir arbitrasie aan die Hoofdirekteur Studentesake voorgelê word.
6.1.5 Hierdie verbintenis moet op die voorgeskrewe dokument verkrygbaar by die Afdeling Studentesake (kyk Bylae D), gedoen word om voorgaande vierledige besluit te bevestig, nl die:
• Xxxxxxx se verbintenis tot die alkoholbeleid van die US,
• Aansoek om 'n klub binne die koshuis te mag bedryf
• Xxxxxxx se wens om drank binne die koshuiskamers te mag aanhou/ verbruik
• Die onderneming om jaarliks ooreenkomstig die versoek van 'n minderheid in die koshuis, maar die meerderheid in 'n bepaalde xxxxx, seksie, gang of vloer van die koshuis, tot 'n drankvrye area te verklaar en te respekteer
6.1.6 Dit is die Primarius/Primaria se verantwoordelikheid om toe xx xxxx dat die oorspronklike dokument/aansoek op 'n prominente plek in die koshuis vertoon word.
6.1.7 Die oorspronklike dokument moet, met skriftelike ontvangserkenning, by Studentesake ingehandig word. Die Hoofdirekteur Studentesake xxx die koshuis skriftelik inlig of hul onderneming aanvaar word, waarna dit in xxxxxxx tree.
6.2 FUNKSIES
6.2.1 Alkoholiese drank kan by studentefunksies in 'n koshuis nl. huisdanse, dinees, eerstejaar-, tweedejaar- en seniordanse, en ander spesiale geleenthede xxxx xxxx die Inwonende Hoof goedgekeur word, verskaf en bedien word.
6.2.2 Verlof om alkohol by enige funksie in die koshuis te gebruik, moet deur die Inwonende Hoof in oorleg met die Huiskomitee xxxxxxx word.
6.2.3 Alkoholiese drank mag slegs in koshuislokale, in oorleg en met die goedkeuring van die Inwonende Hoof bedien of gebruik word.
6.2.4 Geen alkoholiese drank mag tydens enige koshuisfunksie verkoop word nie.
6.2.5 Indien 'n funksie op 'n ander perseel as Universiteitseiendom deur 'n koshuis aangebied word en aansoek om 'n tydelike dranklisensie gedoen word, moet dit geskied met die aanbeveling van die Hoofdirekteur: Studentesake. Die aansoekvorm is by die Afdeling: Regsdienste van die Universiteit beskikbaar, en aansoek moet ten minste 3 (drie) weke voor die plaasvind van die funksie gedoen word.
6.2.6 'n Student mag hom/haar nie in die koshuis of tydens 'n koshuisfunksie aan drankmisbruik skuldig maak nie. Geen alkoholiese drank mag aan enige persoon onder die ouderdom van 18 jaar beskikbaar gestel of verkoop word nie.
6.2.7 Die Inwonende Hoof en die Huiskomitee aanvaar volle verantwoordelikheid vir die ordelike verloop van die funksie, asook vir toesig oor die verhaling van enige verlies of skade wat uit sodanige funksie voortspruit.
6.2.8 Drank vir 'n koshuisfunksie moet deur die Huiskomitee met die medewete van die Inwonende Hoof gekontroleer word.
6.2.9 Drank vir koshuisfunksies moet op 'n veilige plek geberg word. Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid hoegenaamd vir die verlies of skade aan enige drankvoorraad in die koshuis of die kamers nie.
6.3 KLUBS IN KOSHUISE
Die volgende reëlings geld vir die bedryf van 'n klub in 'n koshuis..
6.3.1 DOEL:
6.3.1.1 Die doel met hierdie reëling is om die verantwoordelike gebruik van drank in klubs op 'n positiewe xxxx xx bestuur.
6.3.1.2 Die ordelik bestuur van 'n klub is noodsaaklik om te verseker dat die gebruik van die klub vir al die bona fide-lede moontlik gemaak word en dat drank ooreenkomstig die gestelde regulasies en wetgewing vir drankverskaffing en -verbruik, geskied.
6.3.1.3 Die bedryf van 'n klub xxx ondergeskik aan die spesifieke bepalings van die Koshuisreëls en alle bepalings van die Studentereglement.
6.3.2 Aansoekprosedure:
6.3.2.1 Die Inwonende Hoof en Primarius moet jaarliks na die verkiesing van die nuwe HK, 'n aansoek vir die bedryf van 'n klub ooreenkomstig 6.1 hierbo, indien.
6.3.2.2 Goedkeuring xxx slegs vir een jaar geld en kan hernu word..
6.3.3 Klublidmaatskap:
6.3.3.1 Slegs Inwoners van die koshuis kwalifiseer as lede van die klub, mag die klub besoek en drank op die perseel verbruik.
6.3.3.2 Ledegeld vir 'n klub mag jaarliks deur die Huiskomitee en Inwonende Hoof hersien word.
6.3.3.3 'n Oud-Inwoner van die koshuis en enige ander gas mag slegs met die goedkeuring van die Inwonende Hoof en Primarius, in die klub onthaal word. Geen ander persone mag in die klub toegelaat word nie.
6.3.4 Opskorting:
6.3.4.1 Enige oortreding van die ooreengekome reëlings en die Alkoholbeleid of nie- nakoming van die onderneming, kan tot gevolg hê dat die klub vir 'n minimum tydperk van drie maande deur die Inwonende Hoof of die Hoofdirekteur: Studentesake gesluit word. Hierna moet weer aansoek vir die bedryf van die klub gedoen word.
6.3.4.2 In die geval van ongerymdhede, moet daar ook deur die Inwonende Hoof en die Huiskomitee teen individuele klublede of inwoners van die koshuis opgetree word.
6.3.5 Aanspreeklikheid:
6.3.5.1 Die Inwonende Hoof, Primarius en Huiskomitee aanvaar gesamentlik en afsonderlik aanspreeklikheid vir die ordelike bestuur en bedryf van die klub.
6.3.5.2 Die klub kan aan 'n spesifieke HK-portefeulje toegewys word.
6.3.5.3 'n Ander klublid of klublede mag betrokke wees by die bedryf van die klub, maar die persone in 6.3.5.1 hierbo genoem xxx steeds die aanspreeklike partye.
6.3.5.4 Geen klub, xxxx of funksie van 'n klub mag aan ander klublede of enige xxxxx xxxxxxx uitgekontrakteer of toegewys word vir die bedryf vir die party/e se rekening nie.
6.3.6. Funksionering:
6.3.6.1 Die klub word bedryf ooreenkomstig die dae en ure xxxx in 6.3.7 omskryf.
6.3.6.2 Slegs wyn en bier en alkoholiese vrugtedranke mag verbruik word. Enige spiritualië is uitgesluit.
6.3.6.3 Alle verbruik moet in 'n register aangeteken word teenoor die verbruiker se naam.
6.3.6.4 GEEN DRANK MAG VERKOOP WORD, HETSY VIR KONTANT OF OP KREDIET NIE.
6.3.6.5 Die klub mag slegs bedryf word in die toegewysde lokaal en mag nie gebruik word vir funksies wat elders in of om die koshuis aangebied word nie, tensy skriftelike goedkeuring vooraf van die Inwonende Hoof verkry is nie.
6.3.6.6 Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verliese of skade nie.
6.3.6.7 Lede se klubdrankvoorraad moet in die klub geberg word en nie in koshuiskamers nie.
6.3.6.8 Lede moet hulle geld aan 'n persoon deur die huiskomitee gemagtig xxx xx hulle xxxx, xxx en alkoholiese vrugtedranke vir klubgebruik aan te koop.
6.3.6.9 Vir kontroledoeleindes moet elke lid se drankvoorraad en -gebruik gereeld in 'n formele register aangeteken word en moet lede die register weekliks bevestig en onderteken indien drank aan hulle uitgereik is.
6.3.7 Dae en ure vir die bedryf van klubs en koshuise
6.3.7.1 Klubs mag Maandag- tot Donderdagaand 'n maksimum van een en 'n half uur per aand oop wees en wel tussen 18:00 en 19:30.
6.3.7.2 Klubs mag Vrydag-aande 'n maksimum van drie ure oop wees en wel tussen 18:30 en 21:30.
6.3.7.3 Klubs mag Saterdae 'n maksimum van vier ure oop wees en mag nie later as 21:30 sluit nie.
6.3.7.4 Geen klubaande tydens die twee weke voor die middeljaar eksamen en die jaareindeksamen nie, sowel as tydens die genoemde twee eksamens nie.
6.3.7.5 Klubs mag te enige tyd vir ander doeleindes xxx vir die gebruik van drank, aangewend word.
6.3.7.6 Die aangewese verantwoordelike HK-lid of 'n ander genomineerde HK-lid moet ten alle tye teenwoordig wees wanneer daar drank in die klub gebruik word
6.3.7.7 Die toesig oor en verantwoordelikheid vir klubs mag nie buite die HK gedelegeer word nie.
7. BESOEKERS IN KOSHUISE
7.1 ReëLS VIR BESOEKERS IN VROUEKOSHUISE
7.1.1 Inwoners mag gedurende die volgende tye in hul kamers besoek van nie-inwonende vroue ontvang:
Maandae tot Donderdae 09:00 - 23:00
Vrydae 09:00 - 00:00
Saterdae 09:00 - 00:00
Sondae 09:00 - 23:00
Mansbesoeke in vrouekamers
Elke vrouekoshuis moet aan die begin van die vierde kwartaal by 'n volle huisvergadering stem of die praktyk van mansbesoeke in vrouekamers ook op Saterdagaande moet geld.
7.1.2 Mans mag van Maandag- tot Donderdagaande tot 23:30, Vrydae tot 00:45 en Saterdag- aande tot 23:30 in goedgekeurde sitkamers by vrouekoshuise wees.
7.1.3 Besoektye van mans in vrouekamers strek vanaf 19:00 tot 23:15 op Saterdagaande en Sondagaande en is onderhewig aan die volgende reëls:
7.1.3.1 Aanmelding en kontrole
• vroue wat mans na hul kamers neem, xxx xxxx die dienskamer d.m.v. die interkom geroep word.
• Daar mag slegs twee (2) mansbesoekers per inwoner per geleentheid op kamerbesoek wees.
• Die betrokke inwoner moet self afkom en die mansbesoeker by die voordeur ontvang en vergesel xx xxxx xxxxx.
• GEEN ONBEGELEIDE BEWEGING VAN EN NA DIE KAMERS, OF IN DIE KOSHUIS XXX TE ENIGE TYD TOEGELAAT WORD NIE.
• Alle mans moet om 23:30 reeds uit die koshuis wees.
• Aan die einde van die besoektyd, om 23:15 xxx die dienskamer 'n "all call" maak en alle besoekers moet na die portaal en voordeur beweeg.
• 'n Deurwag xxx by die deur teenwoordig wees vanaf 19:00 tot 23:30. (Huidige reëlings t.o.v. deurwagte bv. dat die HK-lid hom 19:00 ontvang ens. xxx xxxxxx geld.) Die deurwag vervang nie die HK-lid se dienstydperk nie, maar is bykomend ingeval daar probleme mag opduik.
• Indien daar geen deurwag opdaag by 'n koshuis op 'n Saterdag- of Sondagaand nie, xxx xxxx geen mansbesoek aan vrouekamers toegelaat word nie.
Aanvullend geld die volgende reëls ook vir Saterdagaande
• Nadat die inwoner die besoeker geïdentifiseer het, moet laasgenoemde fisies in 'n besoekersboek, in die teenwoordigheid van die HK-lid op diens, inteken en ook sy studentekaart of ID dokument daar laat, om per paraaf afgehaal te word wanneer hy weer die koshuis verlaat.
• Geen besoeker xxx xxxxxx die gevraagde identifikasiedokument tot besoek in die koshuis toegelaat word nie.
• Die besoekersboek moet minstens die volgende inligting weerspieël:
• Naam en van van die besoeker
• Naam en kamernommer van inwoner wat besoek word
• Aanduiding dat studentekaart of ID dokument ingelewer is
• Aantekening van tyd wanneer besoeker die koshuis verlaat
• Erkenning per handtekening van die besoeker dat voorgaande dokument terugontvang is
7.1.3.2 Verantwoordelikheid
• Indien persone buite die reëls optree, xxx dit die HK-lid se verantwoordelikheid wees om die dissiplinêre stappe toe te pas.
• Al die HK-lede word versoek om 23:15 in hul seksies teenwoordig xx xxxx om kontrole uit te oefen. Dit behels die sekere wete dat alle mansbesoekers die kamers verlaat het. In gevalle waar HK-lede onseker is, kan 'n inwoner xx xxxxx met vooraf toestemming deurgekyk word. (Verkieslik met hoë uitsondering.).
• Indien 'n HK-lid nie self teenwoordig kan wees op 'n Saterdagaand of Sondagaand nie, moet sy 'n ander HK-lid vra om die tydelike toesig oor haar
seksie waar te neem. Sodanige reëling moet skriftelik aan die Inwonende Hoof deurgegee word.
7.1.3.3 Toiletgeriewe
Elke vrouekoshuis is toegerus met 'n gastetoilet en besoekers xxx hiervan gebruik maak. Die inwoner van die vrouekoshuis xxx xxx tot by die deur van die kleedkamer en terug vergesel, sodat geen onbegeleide beweging in koshuisgange plaasvind nie.
7.1.3.4 Dissiplinêre stappe
• Indien 'n persoon (persone) buite die reëls optree xxx 'n boete van R300 aan die inwoner van die vrouekoshuis opgelê word.
• Die gewone dissiplinêre stappe binne 'n koshuis xxx gevolg word en moet skriftelik aan die Hoofdirekteur: Studentesake gerapporteer word.
7.1.3.5 Algemeen
Vroue wat mansbesoekers in hul kamers ontvang, moet vooraf oorleg pleeg met hul kamermaats en mede-seksielede, ten opsigte van moontlike inbreuk op hul privaatheid.
Gedurende blok- en eksamentyd xxx xxxx geen kamerbesoek plaasvind nie.
7.2 ReëLS VIR BESOEKERS IN MANSKOSHUISE
7.2.1 Mansstudente mag slegs gedurende die volgende tye besoek van vroue in hul kamers ontvang:
Maandag tot Donderdag 09:00 tot 23:00
Vrydag en Saterdae 09:00 tot 24:00
Sondae 09:00 tot 23:00
7.2.2 Dit staan individuele manskoshuise vry om besoektye van vroue aan mans binne die grense in para. 7.2.1 hierbo genoem, verder te beperk.
7.2.3 Die goedgekeurde besoektye aan mans in hulle kamers moet by xxxx van 'n duidelike leesbare kennisgewing by xxxx xxxxxxxxxxx se ingang vertoon word.
7.2.4 Die lede van die Huiskomitee moet toesien dat die reëls in 7.2.1 tot 7.2.3 hierbo nagekom word.
7.2.5 'n Oortreding van die reëls in para. 7.2.1 tot 7.2.3 hierbo xxx xxx tot die instel van dissiplinêre stappe teen die betrokke mans- sowel as vrouestudent.
7.2.6 Ernstige oortredings xxx xxx xxxx die betrokke koshuis se dissiplinêre komitee hanteer word nie, maar deur die Sentrale Dissiplinêre komitee.
7.2.7 Indien die Huiskomitee van 'n manskoshuis versuim om die betrokke reëls behoorlik toe te pas, kan dissiplinêre stappe by die Sentrale Dissiplinêre komitee teen die betrokke koshuis ingestel word, en kan die vergunning van besoeke deur vroue aan die betrokke koshuis as straf ingetrek word.
8 GEDRAGSAANGELEENTHEDE
8.1 STROOPTOGTE ("RAIDS") EN AANVALLE TUSSEN KOSHUISE
8.1.1 Strooptogte en aanvalle xxxx hierna omskryf, deur studente by enige koshuis is verbode
8.1.2 Indien die perseel van 'n koshuis in die loop van 'n ongemagtigde strooptog of aanval deur nie-inwoners van daardie koshuis betree word, moet die aangeleentheid direk by die Universiteit se Sentrale Dissiplinêre komitee aanhangig gemaak word.
8.1.3 Die skade wat aangerig word tydens 'n strooptog, kan ten volle van die koshuis en studente wat die strooptog uitgevoer het, verhaal word.
8.1.4 Studente, veral inwoners van koshuise, moet hulle weerhou van enige vorm van ongemagtigde wedywering, uitdaging, koggel of die toesnou van onwelvoeglikhede, beledigings of swak taalgebruik teenoor ander studente of koshuise negatiewe of vergeldende teenreaksie kan uitlok.
8.1.5 Geen voorwerp van enige aard mag na enige koshuis of inwoners van enige koshuis geslinger, gegooi of geskiet word met die doel om skade aan te rig, aandag te trek of 'n vete aan die gang te sit of te vergeld nie.
8.2 AKADEMIESE STILTETYE
8.2.1 Studente moet ten alle tye so optree dat dit vir enige van die inwoners in 'n koshuis moontlik xxx xxxx om ongehinderd te studeer.
8.2.2 Stilte moet gedurende die volgende tye gehandhaaf word: Maandag tot Donderdag:
08:00 tot 12:30, 14:00 tot 16:30 ,19:30 tot 21:00 en 21:30 tot die volgende oggend
Vrydae:
08:00 tot 12:30, 14:00 tot 16:30, 23:30 tot die volgende oggend
Saterdae en Sondae:
13:30 tot 15:30, 23:30 tot die volgende oggend
8.2.3 Tydens eksamentye en middelsemester-toetsreekse mag individuele Huiskomitees strenger akademiese stiltetye toepas.
8.2.4 Op Sondae moet 'n rustige atmosfeer in die koshuis gehandhaaf word.
8.2.5 Dit is die Huiskomitee se plig om akademiese stiltetye in 'n koshuis te handhaaf en xxxxxx op te tree indien afgewyk word van die stiltetye.
8.2.6 Dit is elke inwoner se plig xx xxxx xx xxxx sodat akademiese stiltetye moontlik is in 'n koshuis.
8.3 DISSIPLINêRE OPTREDE IN KOSHUISE
8.3.1 Die aspek is vervat in Xxxx Een van die Universiteit se jaarboek onder die Studentereglement en wel as 2.3 van hoofstuk 2.
8.3.2 Elke koshuis moet binne een week na aanstelling van die nuwe huiskomitee, die name van die nuwe dissiplinêre komitee aan die Afdeling Studentesake deurgee.
8.3.3 Enige wysiging van die Koshuisdissiplinêrereglemente moet onverwyld skriftelik aan die Hoofdirekteur: Studentesake deurgegee word.
8.4 SEKSUELE TEISTERING
8.4.1 Sien die aangehegte Bylae F vir die Universiteit se beleid ten opsigte van die hantering van seksuele teistering.
9. VERWELKOMING VAN NUWELINGE EN ALGEMENE GROEPSAKTIWITEITE VAN ALLE STUDENTE EN KOSHUIS EN PSO-WYKE
9.1 Algemeen
9.1.1 Alle bepalings in hierdie afdeling moet in die lig van die Universiteit se bedoeling om verwelkoming en bekendstelling 'n positiewe ervaring vir alle nuwelingstudente xx xxxx en om te voorkom dat die basiese regte van studente tenagekom word, geïnterpreteer word.
9.1.2 Alle studente of groepe studente is onderhewig aan die voorskrifte en reglemente van die Universiteit. Hierdie Afdeling xxxxxx spesifiek na die reëls wat geld vir die verwelkoming van nuwelinge asook vir die verwelkoming, "inlywing", oriëntering of instelling van enige ander student deur mede-studente aan die Universiteit van Stellnbosch.
9.1.3 Geen student mag vrywilliglik, hetsy skriftelik, mondeling of xxxx xx/xxxx handeling of op enige xxxxx xxxx afstand doen van enige reg wat in terme van die Handves van Regte neergelê word nie.
9.1.4 Geen huiskomiteelid of enige ander student wat betrokke is by die organisering, deurvoer of onderneming van enige aktiwiteit waarby enige ander student betrek word, WAT STRYDIG IS MET HIERDIE REGLEMENT OF ANDER REËLS VAN DIE UNIVERSITEIT, xxx xxx of xxxx daarop beroep dat die deelnemende party vrywilliglik daartoe ingestem het en op sy/haar eie risiko aan die betrokke aktiwiteit of aktiwiteite deelgeneem het nie.
9.1.5 Die "ontgroening" of "doop" of "inlywing" of enige ander aktiwiteit wat daarmee in verband staan, van nuweling- en ander studente aan die Universiteit word ten strengste deur die Raad van die Universiteit van Stellenbosch verbied. Hierdie verbod geld ook vir ander ontoelaatbare aktwiteite tydens die vier van verjaardae, verkiesing as huiskomiteelede, verlowings of vir enige prestasie, gebeurtenis of aangeleentheid waar die miskenning van basiese menseregte xxxx hierbo xxxxxx, ter xxxxxx kom.
9.2 Die verwelkoming van nuwelingstudente binne koshuis en PSO verband
9.2.1 Verwelkoming van nuwe eerstejaarstudente is die verantwoordelikheid van die Inwonende Hoof en die Huiskomitee van die betrokke koshuis/PSO-wyk.
9.2.2 Primarii/Primariae en Huiskomitees van xxxx xxxxxxx/PSO-wyk moet voor 31 Oktober van elke jaar 'n volledige verwelkomingsprogram, onderteken deur die Primarii/Primariae en
Inwonende Hoof/Besoekende Hoof aan die Hoof van Manskoshuise/Vrouekoshuise voorlê vir oorweging.
9.2.3 Die Verwelkomings en Bekendstellikngskomitee (VBK) moet die finale verwelkomingsprogamme vir koshuise en PSO wyke goedkeur. Goedgekeurde programme word na die Hoofdirekteur: Studentesake deurgestuur vir kontroledoeleindes.
9.2.4 By die opstel van 'n verwelkomingsprogram moet die volgende in ag geneem word:
9.2.4.1 Die betrokke verwelkomingsprogram moet nuwelingstudente op 'n vriendelike, gasvrye en menswaardige wyse, inlig te rakende die:
• Koshuis-, PSO en universiteitslewe
• Ondersteunende infrastruktuur ter bevordering van akademiese aktiwiteite
• Positiewe en opbouende tradisies en gebruike van die omgewing
• Xxxxxxxxxxx vir die ontwikkeling van individualiteit en eie denke
• Aard en wese van die waardes, etos, xxxxxx en doelstellings van die Universiteit van Stellenbosch
9.2.4.2 Ter xxxxx van goeie orde in 'n koshuis, moet koshuisreëls en -gebruike duidelik oorgedra word met beklemtoning van die amptelike doel met verwelkoming, die inhoud en gees van die etos van die betrokke koshuis en die algemene waardes van die Universiteit.
9.2.4.3 Die volgende prosedures en aktiwiteite word ten strengste verbied:
• enige vorm van fisieke kontak of ongerief, xxxx sweetsessies, die dra van baadjies en xxxxx, of geforseerde agteruitlopery
• enige vorm van persoonlike diens aan senior studente
• die oortrek van slope of sakke oor studente xx xxxxx
• enige vorm van modderbad of iets soortgelyks
• die ingee of toedien van alkohol of enige xxxxx xxxxxx, insluitende water
• die doelbewuste weerhouding van voedsel
• die aansmeer van enige middel aan studente se liggame
• die steur van studente in hulle nagrus tussen 23:00 en 06:00
• die wegvoer of uitneem van nuwelinge gedurende die dag of nag
• enige vorm van geestelike leed of vernedering, xxxx die aantrek van bespotlike kleredrag, intimidasie, beledigende opmerkings of geskree op nuwelinge
• die ontneem van enige voorregte waarop studente normaalweg geregtig sou wees, xxxx die gebruik van items of geriewe xxxx telefone, selfone, wasmasjiene en die geleentheid om te was of te stort
• gedwonge deelname aan groepsaktiwiteite
• die neem van enige eed van geheimhouding wat op verwelkoming betrekking mag hê, hoe indirek ook al.
9.2.4.4 Groepsaktiwiteite, bv. serenades of konserte wat 'n groep moontlik buite die koshuis neem, moet duidelik in die program aangetoon word.
9.2.4.5 Ten opsigte van koshuise en PSO-wyke op Stellenbosch, mag geen sodanige aktiwiteite normaalweg buite die dorpsgrense aangebied word nie. Alle versoeke om aktiwiteite tydens die Saterdag of Xxxxxx van die verwelkomingsweek , buite die dorpsgrense aan te xxxx xxx op 'n ad hoc basis deur die VBK oorweeg word. Sodanige versoeke in die verwelkomingsprogram moet vergesel wees van 'n volledige motivering
en 'n spesifieke aanduiding van watter maatreëls daar getref is om die veiligheid van die studente te verseker.
9.2.4.6 Ten opsigte van koshuise en PSO-wyke op die Tygerbergkampus is sodanige aktiwiteite normaalweg beperk tot die grense van die Tygerbergkampus, behalwe vir daardie geleenthede wat ooreenkommstig die amptelike verwelkomingsprogram ook op Stellenbosch mag plaasvind. Alle versoeke van koshuise om aktiwiteite tydens die Saterdag of die Xxxxxx van die verwelkomingsweek , buite die grense van die Tygerberg-kampus aan te xxxx xxx op 'n ad hoc basis deur die VBK oorweeg word. Sodanige aansoeke moet vergesel wees van 'n volledige motivering en 'n spesifieke aanduiding van watter maatreëls daar getref is om die veiligheid van die studente te verseker.
9.2.5 Verwelkomingsprogramme word opgestel vir die periode wat begin op die dag wanneer nuwelinge arriveer tot 23:00 van die dag voordat die eerste senior studente ooreenkommstig die amptelike program van die Universiteit arriveer. Geen verwelkomingsprogramme of aktiwiteite mag na hierdie periode aangebied of gereël word nie.
9.2.6 Verwelkomingsaktiwiteite in koshuise/PSO-wyke mag nie bots met aktiwiteite wat op die Universiteit se verwelkomingsprogram verskyn nie en mag slegs beplan word vir die tydgleuwe wat in laasgenoemde program daarvoor voorsiening maak.
9.2.7 Twee bekendstellingsgeleenthede van een uur elk moet in die koshuis gereël word vir die bekendstelling van nuwelingstudente en seniors aan mekaar. Hierdie geleenthede vind plaas op die Woensdagaand nadat die verwelkomingsprogramme in die koshuise reeds afgehandel is en moet voor 23h00 eindig en tydens middagete die volgende dag (Donderdag). Die inwonende hoof en huiskomitee moet tydens hierdie bekendstellingsgeleenthede die heeltyd teenwoordig wees.
9.2.8 Oortredings van die bepalings en voorskrifte ten opsigte van die verwelkoming van nuwelinge moet onmiddellik aan die Inwonende Hoof en daarna aan die Hoofdirekteur: Studentesake gerapporteer word vir verdere optrede.
9.3 Inlywing en ander groepsaktiwiteite van studente
9.3.1 Die goedgekeurde reglement van elke koshuis en PSO wyk moet die aard en omvang van alle tradisies en gebruike binne daardie omgewings duidelik omskryf.
9.3.2 Volledige besonderhede moet in die koshuisreglement verstrek word van enige aktiwiteite wat geïnterpreteer sou kon word as synde "inlywing", "verwelkoming", oriëntering, erkenning of aanvaarding van enige lid in die huis of die wyk of die aanvaarding van enige amp of plig in die strukture van die koshuis of PSO-wyk.
9.3.3 By die uiteensetting en uitvoering van aktiwiteite wat verband hou met die tradisies en gebruike xxxx hierbo omskryf moet die volgende in ag geneem word.
9.3.3.1 Ter xxxxx van goeie orde in 'n koshuis, moet koshuisreëls en -gebruike duidelik oorgedra word met beklemtoning van die inhoud en gees van die etos van die betrokke omgewing en die algemene waardes van die Universiteit.
9.3.3.2 Ten opsigte van enige koshuis en PSO gebruike, aktiwiteite en tradisies word die volgende uitdruklik verbied:
• enige vorm van fisieke kontak of ongerief, xxxx sweetsessies, die dra van baadjies en xxxxx, of geforseerde agteruitlopery
• enige vorm van persoonlike diens aan ander studente
• die oortrek van slope of sakke oor studente xx xxxxx
• enige vorm van modderbad of iets soortgelyks
• die ingee of toedien van enige middel, insluitende water en alkohol
• die doelbewuste weerhouding van voedsel
• die aansmeer van enige middel aan studente se liggaam
• die steur van studente in hulle nagrus tussen 23:00 en 06:00
• die wegvoer of uitneem van studente gedurende die dag of nag
• enige vorm van geestelike leed of vernedering, xxxx die aantrek van bespotlike kleredrag, intimidasie, beledigende opmerkings of geskree op studente
• die ontneem van enige voorregte waarop studente normaalweg geregtig sou wees, xxxx die gebruik van items of geriewe xxxx telefone, selfone, wasmasjiene en die geleentheid om te was of te stort
• gedwonge deelname aan groepsaktiwiteite
• die neem van enige eed van geheimhouding wat op of inlywing betrekking mag hê, hoe indirek ook al.
9.3.4 Die aard van groepsaktiwiteite xxxx byvoorbeeld serenades of konserte wat 'n groep gereeld buite die koshuis neem, moet duidelik in die reglement aangetoon word.
9.3.5 Geen groepsaktwiteite xxxx hierbo omskryf mag sonder die skriftelike toestemming van die Inwonende of besoekende hoof, buite die Stellenbosch-dorpsgebied, of die Tygerbergkampus, xxxx van toepassing, plaasvind nie.
9.3.6 Geen aktiwiteite van voorgaande aard wat nie in die reglement aangedui is, mag normaalweg aangebied word nie. Enige uitsondering mag alleenlik met die skriftelike toestemming van die inwonende of besoekende hoof plaasvind.
9.3.7 Oortredings van die bepalings en voorskrifte ten opsigte van die verwelkoming van nuwelinge asook enige afwykings van die koshuis of PSO reglement moet onmiddellik aan die Inwonende Hoof en daarna aan die Hoofdirekteur: Studentesake gerapporteer word vir oorweging..
10. KOSHUISBEDRYFSASPEKTE
10.1 ETES IN KOSHUISE
10.1.1 Die onderstaande persone wat nie inwoners van die koshuis is nie, kan by die koshuis eet op die voorwaardes xxxx hieronder uiteengesit.
10.1.2 Die Huiskomitee kan in oorleg met die Inwonende Hoof, tot 'n maksimum van 15 gaste per semester wat amptelik in die eetsaal verwelkom word, vir die koshuis se rekening uitnooi. Enige verdere etes moet deur die huis betaal word.
10.1.3 Gaste van inwoners kan slegs met kennisgewing en na betaling etes geniet. Sodanige besoek moet 48 uur vooraf met die Voedseldiensbestuurder gereël word.
10.1.4 Geen voedsel mag in koshuiskamers, op stoepe, in xxxxx of op balkonne voorberei word nie.
10.1.5 Mikrogolfoonde, warmplate, braaipanne of soortgelyke apparaat mag nie in koshuiskamers gebruik word nie, maar slegs in areas wat deur die afdeling Risikobestuur goedgekeur is.
10.1.6 Etes word twee dae voor die tyd op 'n rekenaarterminaal bespreek. Indien 'n student nie bespreek het nie kan hy/sy, nadat die bespreekte etes reeds afgehaal is, teen dubbeltarief 'n ete nuttig indien daar nog kos beskikbaar is.
10.1.7 In geval van siekte kan 'n inwoner deur middel van 'n ander student, in oorleg met die Huiskomiteelid, met die Voedseldiensbestuurder reël dat kos aan hom/haar in die xxxxx verskaf word. Die betrokke huiskomiteelid moet reël dat die eetgerei direk daarna na die kombuis teruggestuur word.
10.2 MEUBELS EN TOERUSTING
10.2.1 Geen meubels of toerusting mag nie sonder toestemming van die Inwonende Hoof uit kamers of enige ander vertrek van die koshuis verwyder word nie.
10.2.2 Geen veranderings mag deur inwoners aan enige meubels, toerusting of bedrading van die koshuis aangebring word nie.
10.2.3 Enige skade wat veroorsaak word of toerusting wat foutief is, moet so gou moontlik aan die Huiskomitee en/of die Koshuisdienstebeampte gerapporteer word en aan die Inwonende Hoof voorgelê word.
10.2.4 Geen herstelwerk mag deur inwoners self onderneem word nie, behalwe waar oorleg gepleeg is met die Universiteit se Afdeling Instandhouding.
10.2.5 Inwoners moet aan die skoonmaakpersoneel die geleentheid bied om die kamers op ooreengekome tye skoon xx xxxx.
10.3 OPRIGTING VAN HEMELBEDDENS
10.3.1 Slegs senior studente in koshuise waar op 31 Desember 1997 reeds beginselgoedkeuring xxxxxxx is, xxx toegelaat word om hemelbeddens met die skriftelike goedkeuring van die Inwonende Hoof te installeer.
10.3.2 Elke senior inwoner wat 'n hemelbed wil installeer, moet jaarliks skriftelik aansoek doen by die betrokke Huiskomitee wat 'n aanbeveling vir sy skriftelike goedkeuring aan die betrokke Inwonende Hoof moet maak. 'n Rekord van al die goegekeurde aansoeke moet deur die Inwonende Hoof gehou word. Die Inwonende Hoof se goedkeuring moet in alle gevalle onderhewig wees aan die voorlegging van 'n kewervrye sertifikaat (kyk 10.3.5 hieronder).
10.3.3 Geen strukturele veranderings mag aan enige bed, ander meubelstuk, muur of enige struktuur in 'n xxxxx aangebring word nie. Geen gate mag in enige muur, kas of bed geboor of andersins gemaak word nie.
10.3.4 Enige verandering aan elektriese bedrading moet deur die Instandshoudingsafdeling vir die koste van die betrokke student in opdrag van die Inwonende Hoof en die HK geskied. Die bedrading xxx aan die einde van die jaar deur die Instandhoudingsafdeling vir die rekening van die betrokke student, weer in die oorspronklike posisie geplaas word.
10.3.5 Goedkeuring vir die oprigting van 'n hemelbed is onderhewig aan die voorlegging van 'n kewervrye sertifikaat. Onmiddellik na oprigting van die voorwaardelik goedgekeurde hemelbed
moet die betrokke student 'n sertifikaat van 'n erkende bevoegde plaagbeheeronderneming aan die Inwonende Hoof oorhandig waarin gesertifiseer word dat, waar toepaslik, die materiaal wat vir die struktuur gebruik is vry is van en behandel is teen skadelike kewers of ander skadelike organismes. Hierdie sertifikaat moet deur die Inwonende Xxxx saam met die rekord van goedgekeurde beddens bewaar word. Enige hemelbed waarvoor daar nie so 'n sertifikaat beskikbaar is nie xxx xxxxxxx xxxx die Universiteit op koste van die student afgebreek word en die materiaal xxx as verbeurd beskou word en die Universiteit xxx die reg hê om na goeddunke daaroor te beskik.
Afvalmateriaal moet onmiddellik na konstruksie van die perseel verwyder word.
10.3.6 Xxxx xxxxxxx moet 'n interne reëling tref vir stoorplek vir die bestaande bed/beddens, ander meubels en/of boumateriaal. Die bou van hemelbeddens is onderhewig aan die beskikbaarheid van geskikte stoorruimte in die bepaalde koshuis.
10.3.7 'n Hemelbed mag nie die Universiteit verhoed om die betrokke xxxxx aan buitegroepe of vakansiegangers te verhuur of om instandhoudingswerk in die xxxxx xx verrig nie.
10.3.8 Die betrokke bed moet aan die einde van die jaar afgebreek en verwyder word of xxxx versoek, indien dit benodig word vir doeleindes xxxx in punt 7 hierbo uiteengesit. Die bou en afbreektyd moet in oorleg met die Huiskomitee en die Inwonende Hoof bepaal word.
10.3.9 Indien 'n versoek vir die afbreek en verwydering van 'n hemelbed nie stiptelik uitgevoer word nie, of indien die bed nie aan die einde van die jaar afgebreek is xxxx in 8 hierbo bedoel nie, sal dit deur die Universiteit onderneem word vir die student se onkoste en xxx die student nie weer toegelaat word om 'n hemelbed op te rig nie. Materiaal van beddens wat deur die Universiteit afgebreek word, xxx as verbeurd beskou word en die Universiteit xxx die reg hê om na goeddunke daaroor te beskik.
10.3.10 Die inwoner(s) van 'n koshuiskamer xxx verantwoordelik gehou word vir enige herstelwerk wat aan die xxxxx gedoen moet word, voortspruitend uit die inrig (of verwydering) van 'n hemelbed.
10.3.11 Die betrokke student of in geval van minderjarigheid, sy ouers, moet saam met sy aansoek om 'n hemelbed te installeer, die Universiteit vrywaar teen enige eise ten opsigte van beserings/skade wat as gevolg van die hemelbed teen die Universiteit ingestel mag word.
10.3.12. Die aansoeker se kamermaat moet die versoek skriftelik goedkeur.
Die aansoekvorm vir die oprig van 'n hemelbed is xxxx in bylae E.
10.4 VOERTUIE EN PARKERING
10.4.1 Geen voertuig wat nie by die US Beskermingsdienste geregistreer is xxxx in paragraaf 1.3 van die Studentereglement vereis word en die nodige registrasieskyfie vertoon nie, mag op die koshuisgronde toegelaat word nie.
10.4.2 Huiskomitees is verantwoordelik vir die toekenning en administrasie van beskikbare parkeerplekke op koshuisgronde volgens 'n xxxxxxx xxxx xxxx die betrokke koshuis goedgekeur. Parkeerheffings is aan die USBD betaalbaar, volgens die tarief wat deur die Universiteitsadministrasie bepaal word.
10.4.3 Bromponies of motorfietse mag nie in kamers of in xxxxx van koshuise gehou of geparkeer word nie.
10.4.4 Fietse mag slegs in kamers waar geskikte fietsrakke aangebring is, gehou word en nie in xxxxx of op xxxxxx nie.
10.5 PLASING, HERTOELATING EN VERLATING VAN XXXXXXXX
10.5.1 Die Primarius/Primaria en/of Inwonende Hoof van 'n koshuis kan voor 30 Junie 'n selfgegenereerde lys van name aan die Afdeling Toelating en Losies gee en die Afdeling xxx xxxxx moontlik, binne neergelegde riglyne, aan die versoeke probeer voldoen.
10.5.2 Die Inwonende Hoof en die Primarius/Primaria mag in samewerking met mekaar 'n maksimum van 15 studente, of 6% van die koshuiskapasiteit indien die 6% meer as 15 is, in hulle koshuis plaas. 'n Voorbehoud verbonde aan hierdie plasing is dat minstens 'n derde van die maksimumgetal studente wat deur hulle geplaas mag word, uit 'n nie-tradisionele agtergrond afkomstig moet wees. Indien genoemde derde van die plekke nie teen 30 November deur die betrokke koshuis gevul is xxx xxx dit terugval na die Afdeling Toelating en Losies en mag dit selfs daarop neerkom dat die koshuis slegs twee derdes van sy plasingsregte (naamlik die uit die tradisionele agtergrond) benut. (Voorbeeld: Indien 'n koshuis 300 inwoners het, mag hulle 18 studente plaas van wie 6 ('n derde) uit 'n nie-tradisionele agtergrond kom. Indien die koshuis slegs 2 persone uit 'n nie-tradisionele agtergrond sou plaas, mag hulle slegs 'n verdere 12 persone (uit die tradisionele agtergrond) plaas en val die orige 4 "nie-tradisionele" plekke terug na die Afdeling Toelating en Losies met die oog op plasing deur hulle van studente uit die "nie- tradisionele omgewing"
Die plekke waaroor die Inwonende Hoof en die Primarius/Primaria plasingsreg het mag, in ag genome die derde tot twee derdes verhouding, gevul word met huidige studente wat laat aansoek gedoen het, 'n maksimum van twee kruisiegevalle (ook huidige studente)( op voorwaarde dat hulle aan die einde van die jaar voldoen aan die hertoelatingsvereistes) en/of voornemende studente op voorwaarde dat hulle gemiddelde skoolpersentasie nie laer as 55% mag wees nie.
Die plasings moet voor 30 November deur die Inwonende Hoof aan die Hoof: Afdeling Toelating en Losies deurgegee word.
10.5.3 Enige student wat in 'n koshuis inwoon, moet die Inwonende Hoof in xxxxxx xxxx wanneer hy/sy gedurende die akademiese jaar besluit om die koshuis finaal te verlaat, asook 'n voorgeskrewe vorm in die verband onverwyld by die Afdeling Toelating en Losies voltooi.
10.5.4 Xxxxxx xx die Algemene Jaarboek, Xxxx 1, vir volledige reëls rakende losies.
10.6 VEILIGHEID VAN EIENDOM
10.6.1 Vir veiligheidsredes moet inwoners van koshuise al hul besittings voor hulle vertrek aan die einde van die jaar of voor enige ander vakansie, wanneer die Universiteit die koshuis benodig vir buitegroepe of instandhouding, uit hulle kamers verwyder en die kamers en xxxxx ooplaat.
10.6.2 Die Inwonende Hoof van elke koshuis xxx, waar dit prakties moontlik is, in oorleg met die Huiskomitee 'n geskikte vertrek of vertrekke aanwys vir die opberging van die besittings van studente. Alle besittings moet behoorlik ingepak wees en ook duidelik gemerk wees.
10.6.3 Alle kamersleutels (waar van toepassing) moet aan die einde van die akademiese jaar ingehandig word by die Inwonende Hoof, wat die verantwoordelikheid het om die sleutels te
kontroleer. Die Inwonende Hoof mag hierdie verantwoordelikheid aan die Koshuisdienstebeampte oordra.
10.6.4 Gedurende die kort vakansies xxx die Universiteit 'n koshuis(e) beskikbaar stel aan studente wat aansoek doen vir vakansieverblyf.
10.6.5 Die Universiteit is nie vir die verlies of beskadiging van eiendom (ook nie wanneer dit geberg word in stoorkamers of ander vertrekke wat ooreenkomstig 10.6.2 hierbo vir die doel beskikbaar gestel is nie) van koshuisinwoners aanspreeklik nie. Studente moet self xxxx dat hul eiendom verseker is.
10.6.6 Alle koshuise xxx gesluit wees vanaf die einde van die akademiese jaar tot die Xxxxxx voor die eerstejaars vir oriëntering aanmeld.
10.6.7 Gedurende die Xxxxx-vakansie xxx die koshuise vanaf die sluiting van die Universiteit tot een dag voor die hervatting daarvan, gesluit wees.
10.7 BEWONING VAN KAMERS
10.7.1 Koshuisinwoners is geregtig op die bewoning van die betrokke toegewese kamers gedurende die akademiese jaar, met uitsluiting van alle vakansies.
10.7.2 Die Universiteit behou die reg voor om die kamers in die koshuise gedurende alle vakansies vir huisvesting van ander persone te gebruik.
10.7.3 Geen nie-inwoners mag sonder toestemming van die Inwonende Hoof in 'n koshuis slaap nie.
10.8 RISIKOBESTUUR
10.8.1 Sien die aangehegte Bylae G vir die Universiteit se Risikobestuursbeleid.
10.9 TROETELDIERE
10.9.1 Geen troeteldiere word in koshuise of op enige koshuisterrein toegelaat nie.
10.10 ROOKBELEID
10.10.1 Sien die aangehegte Bylae H vir die Universiteit se beleid ten opsigte xxx xxxx.
10.11 KOSHUIS GRONDWET EN REGLEMENTE
10.11.1 Xxxx xxxxxxx en PSO wyk moet 'n grondwet, wat die volgende artikels bevat, opstel:
1) Woordverklaring of definisies
2) Naam
3) Aanhef: Grondslag, leuse, etos
4) Doelstellings en/of Doelwitte
5) Regspersoonlikheid
6) Lede: eerstejaars, juniors en seniors
7) Kwalifikasie en vereistes vir lidmaatskap: toelating, hertoelating
8) Verwelkoming en bekendstelling van nuwe lede
9) Ampsdraers (Prim, O/Prim en HK): kwalifikasies, nominasies, verkiesing, stemme nodig om verkies te word, dienstermyn, pligte, koöptering
10) Opleiding, oriëntering, verwelkoming en inlywing van nuwe ampsdraers
11) Bedanking van ampsdraers
12) Ontheffing uit ampte
13) Vakatures en wyse waarop dié gevul word
14) Finansies: hantering van inkomste en uitgawes, kleinkas, ouditering
15) Portefeuljes van ampsdraers: pligte, verantwoordelikhede, rapportering
16) Vergadering: huisvergaderings (gewone, buitengewone, jaarvergadering), huiskomiteevergaderings
17) Kworum, optrede by gebrek aan kworum
18) Vaste komitees en spesiale komitees: verkiesing of aanwysing, bevoegdheid en pligte
19) Dissiplinêre aangeleenthede: samestelling van dissiplinêre komitee, prosedure en strawwe
20) Instelling van ampsdraers, ontvangs en "inlywing" van nuwe lede
21) Beperking van uitgawes
22) Wysiging van grondwet en reglemente
10.11.2 Geen artikel of bepaling van koshuisgrondwette of reglemente mag strydig wees met enige bepaling in reglemente, reëls of voorskrifte van die Universiteit of gemagtigde funksionarisse van die Universiteit nie.
10.11.3. Bestaande, nuwe of gewysigde grondwette van koshuise en PSO-wyke tree in xxxxxxx slegs nadat skriftelike goedkeuring daarvoor van die Hoofdirekteur: Studentesake ontvang is.
11. DIVERSE AANGELEENTHEDE
11.1 KOMMERSIëLE AKTIWITEITE
11.1.1 Geen persone word toegelaat om in die koshuis enige handelsartikels te verkoop, enige produk of diens te bemark of dienste teen vergoeding aan xx xxxx nie.
11.1.2 Die Huiskomitee mag wel, met die medewete van die Inwonende Hoof, interne koshuisverkope hou ter stywing van die koshuis se huiskas.
11.1.3 Persone van buite die koshuis mag nie handelsadvertensies en of plakkate in die koshuis aanbring nie, behalwe as die betrokke koshuis se huiskomitee self goedkeuring daarvoor xxxxxxx het.
11.1.4 Persone wat vir reklamedoeleindes studente wil toespreek of demonstrasies hou, word nie in die koshuis toegelaat nie.
11.1.5 Persone word nie toegelaat om geld of ware in koshuise te kollekteer nie, behalwe kerklike instansies wat by hulle lidmate geld vorder en wat op 'n vrywillige basis geskied.
11.2 REKLAME
11.2.1 Die Huiskomitee van 'n koshuis is aanspreeklik vir alle reklame in koshuise.
11.2.2 Geen plakkate, baniere, advertensieborde of enige xxxxx xxxx van reklame mag aan die buitemure, xxxxxxx, pale of enige konstruksie buite die koshuis aangebring word nie.
11.2.3 Enige plakkate wat op advertensieborde binne die koshuis aangebring word en enige strooibiljette wat in die koshuis versprei word, moet deur die Huiskomitee goedgekeur word.
11.2.4 Geen handelsadvertensie mag in die koshuis aangebring word indien dit nie 'n spesifieke voordeel vir studente inhou nie.
11.3 POLITIEK
11.3.1 Politici of verteenwoordigers van politieke partye mag slegs met toestemming van die Huiskomitee, in oorleg met die Inwonende Hoof, toesprake maak en vrae beantwoord in 'n toegekende lokaal in die koshuis.
11.3.2 Indien die toespraak oor die etensuur in die eetsaal is, moet dit na afloop van die ete wees sodat studente nie verplig word om daarna te luister nie.
11.4 VERSOEKSKRIFTE
11.4.1 Die organisering en sirkulering van enige versoekskrif, petisie, vraelys of meningsopname in koshuise, mag slegs geskied met die skriftelike goedkeuring van die Hoofdirekteur: Studentesake.
11.4.2 Enige vraelyste van 'n akademiese aard wat deur 'n ingeskrewe student in 'n koshuis versprei word, moet vooraf deur die Registrateur goedgekeur word.