Die vergoeding wat ons gee Voorbeeld Klousules

Die vergoeding wat ons gee. Ons kies hoe om u te vergoed 3.7.1. Indien u ’n geldige eis het, kan ons u op een of meer van die volgende maniere vergoed: 3.7.1.1 betaal vir herstelwerk deur ’n hersteller van ons keuse; 3.7.1.2 vervang die item deur ’n verskaffer van ons keuse; 3.7.1.3 of kontantbetaling. 3.7.2. Die besluit oor hoe ons vergoed, berus by ons alleen. Maak asseblief seker van die bepalings, voorwaardes en uitsluitings vir vergoeding in elke afdeling. Maak seker dat u nie onderverseker is nie 3.7.3. Dit is u plig om al u items vir hul vervangingswaarde te verseker. Die vervangingswaarde is wat dit u xxx xxx om die items met soortgelyke items te vervang ten tye van die verlies of skade. Indien u eis, bepaal ons die vervangingswaarde waarteen u u items xxxx verseker het. Indien dit meer is as die vergoedingsperk aangedui in die skedule, beteken dit dat u onderverseker is. Ons vergoed u slegs vir die persentasie van versekering wat u gekoop het. U is verantwoordelik vir die verskil. Voorbeeld: Die vervangingswaarde van u item is R100 000. U het dit egter verseker vir R75 000 (dws, daar is ’n vergoedingsperk van R75 000). U het dit vir slegs 75% van die item se waarde verseker. Daar is R50 000 skade aan die item. Ons vergoed u vir 75% van die skade minus die bybetaling (R37 500 min die bybetaling). U is verantwoordelik vir die verskil. 3.7.4. Onderversekering is nie op Persoonlike Ongevalle, Alle Xxxxxx’x, Persoonlike Rekenaars, Ontvallingsonkoste, Motor, Persoonlike Aanspreeklikheid, Regskoste, Uitgebreide Persoonlike Aanspreeklikheid en Meganiese en Elektriese Onklaarraking van toepassing nie. Geen rente 3.7.5. U is nie verantwoordelik vir die betaling van rente op premies nie. Ons is nie verantwoordelik vir die betaling van rente op enige vergoeding nie. Indien u ander korttermynversekering vir dieselfde item het 3.7.6. Indien enige item wat ons ooreenkomstig hierdie polis verseker, ook deur ’n ander korttermynversekeringspolis verseker is, vergoed ons u slegs vir ons xxxx van die eis. Voorbeeld: U motor is onder hierdie polis vir R80 000 verseker en ooreenkomstig ’n ander maatskappy se versekeringspolis vir R100 000. Dit beteken die xxxx waarvoor u motor by ons verseker is, is: 80 000 wat gelyk is aan 44% 180 000 U motor word gesteel en ons aanvaar u eis. Maar, omdat u ’n ander versekeringspolis het, betaal ons slegs ons xxxx van die eis, naamlik 44%. 3.7.7. Ander korttermynversekering is nie op Persoonlike Ongevalle en Ontvallingsonkoste van toepassing nie. 3.7.8. U mag vi...