INSKRYWING (deelname aan evaluering) Voorbeeld Klousules

INSKRYWING (deelname aan evaluering). 3.4.1.Slegs volopbetaalde lede mag met die toon van hulle ledekaarte, aan die SAJWV se jaarlikse proses van trofeëmeting en -registrasie deelneem. 3.4.1.1. ʼn Junior is enige opbetaalde lid van die Vereniging wat in die kalenderjaar van indiening van ’n trofee vir evaluering, 18 jaar oud word (of jonger as 18 jaar oud is), met dien verstande dat die lid ten minste tien jaar oud was, of tien jaar oud sou word gedurende die kalenderjaar, xx xxxx van die jag van die betrokke trofee. 3.4.2.Alleenlik trofeë wat persoonlik deur ’n lid gejag is (of opgetel is), mag deur hom/haar ingeskryf word vir evaluering. 3.4.3.Trofeë wat vir evaluering aangebied word, hoef nie ’n drogingsperiode te ondergaan nie, en kan dus op enige stadium nadat die xxxx gejag of die trofee opgetel is, gemeet word. 3.4.4.Trofeë kan in ʼn rou, onverwerkte toestand ingeskryf word, of in ʼn verwerkte of klaar gemonteerde vorm, met dien verstande dat dit nie stipulasies van 3.4.11 oorbodig maak nie. 3.4.5.Trofeë wat vir evaluering aangebied word moet vry wees van insekte en/of onaangename reuke. 3.4.6.Taktrofeemeetbeamptes het die reg om enige trofeë wat oud voorkom en enigsins die twyfel wek dat dit nie gedurende die jaar xxxx uiteengesit in 3.1.2.1 tot 3.1.2.2 hierbo, gejag is nie, te diskwalifiseer van evaluering vir daardie jaar, sonder om verdere redes te verstrek (xxx wel geregistreer word indien dit kwalifiseer). Lede moet dus nie trofeë wat hulle beoog om in te skryf vir erkenning buite hang en aan wind en weer blootstel nie. 3.4.7.Alle nuwe trofeë wat vir evaluering aangebied word, moet vergesel wees van dokumentasie met volledige inligting om te bewys waar en wanneer die xxxxxx xxxxxx gejag is, hierdie is nie van toepassing vir die registrasie van ou of optel trofeë nie, maar dit vrywaar nie die eienaar van die wetlike vereistes om in bestit van so ‘n trofee te mag wees nie. 3.4.8.Trofeë van wild wat binne die grense van die RSA gejag is, moet vergesel wees van: 3.4.8.1. ʼn Jaglisensie van die provinsie waar die jag plaasgevind het, en/of; 3.4.8.2. In die geval van ʼn plaas wat vrystelling van die ordonnansie het, ʼn brief van die eienaar of sy verteenwoordiger waarop die vrystellingsnommer van die jagplaas aangebring is, en wat deur die eienaar of sy gevolmagtigde asook deur die jagter onderteken is en/of; 3.4.8.3. ʼn CITES-permit en/of ʼn TOPS-permit in die geval van wild wat op CITES en/of NEMBA se skedules vir skaars, bedreigde of beskermde spesies voorkom, of xxxx xxxx nasionale natuurbe...