Volle verhoudinge. (vergelyk 4.7.1 hieronder) 4.3.1.1 Volle verhouding met ’n ander kerk behels die volgende: • die stuur van afgevaardigdes na mekaar se sinodes; • die toelaat van leraars op mekaar se kansels; • die toelaat van mekaar se lidmate tot die nagmaalstafel; • gesamentlike optrede op terreine van gemeenskaplike verantwoordelikheid; • kommunikasie met mekaar oor sake van gemeenskaplike belang en kommer; • wedersydse opsig oor en xxxx vir mekaar as kerke ten einde die eenheid van die kerk te bevorder; • die pastorale versorging van mekaar se lidmate wanneer hulle binne die grense van mekaar se kerke vestig; en • die wedersydse erkenning van mekaar se teologiese opleiding en gevolglike oor-en-weer beroepbaarheid van leraars met inagneming van spesifieke vereistes wat ’n kerk kan stel. 4.3.1.2 Die Algemene Sinode se gevolmagtigde wat die ekumeniese verhoudinge hanteer, sien toe dat die bepalings rakende die volle verhouding met die ander kerk in ’n ooreenkoms beslag vind en nagekom word. 4.3.1.3 Die Algemene Sinode se gevolmagtigde wat die ekumeniese verhoudinge hanteer, xxx op hoogte van ontwikkelinge in dié kerke met wie die NG Xxxx xxxxx verhoudinge het en lig die Algemene Sinode gereeld daaroor in. 4.3.1.4 Die Algemene Sinode se gevolmagtigde wat die ekumeniese verhoudinge hanteer, adviseer die Algemene Sinode oor die kerke met wie volle verhoudinge aangegaan en volgehou kan word. 4.3.1.5 Indien alle aspekte van ’n volle kerklike verhouding vanweë praktiese omstandighede nie kan gerealiseer nie, xxx xxxxx verhoudinge ten opsigte van sommige aspekte aangegaan word. Die doel moet steeds volle verhoudinge ten opsigte van alle fasette wees. 4.3.2