Weideman oor sy vroeë kennismakings met die digkuns van Van Ostaijen Voorbeeld Klousules

Weideman oor sy vroeë kennismakings met die digkuns van Van Ostaijen. Volgens Weideman (1999: 1-2) het hy in 1963-64, as senior skolier aan die Hoërskool Namakwaland op Springbok, die eerste keer enkele gedigte van Guido Gezelle en Van Ostaijen onder oë gekry. Hy het, deur die bemiddeling van ’n begeesterde onderwyser, “onmiddellik ’n ‘band’” tussen hom en dié twee Vlaamse meesters aangevoel. Hy verduidelik dat sekere hoërskole in die toenmalige Kaapland-provinsie van Suid-Afrika tot laat in die 1970’s nog naas Afrikaans ook Afrikaanse en Nederlandse letterkunde as afsonderlike vak aangebied het. Laasgenoemde is ’n klinkende bewys van die “moederkultuur”- rol (Van Coller & Odendaal, 2009: 32) wat die Nederlandstalige literatuursisteem die grootste deel van die twintigste eeu steeds in die Afrikaanse sisteem bly speel het.2 Weideman (1999: 2) skryf soos volg: In die letterkundeklas het mnr. Ivan du Toit [...] ons laat kennis maak met [Van Ostaijen se] “Melopee”, “Boere-charleston” en “Rijke armoede van de trekharmonika”. Die Vlaming se speelse hantering van taal en ritme moes ’n groot indruk op my gemaak het, want ek herinner my dat ek vroeg in my eerste jaar [op universiteit] die Merensky-biblioteek by [die Universiteit van Pretoria] ingevaar het op soek na Van Ostaijen se versamelde gedigte. [...] Van Ostaijen het grense vir my versit. Sy collage-tegniek, die invloed van dada [sic], die soort konkrete verse wat hy geskryf het, sy vrye avant-garde-gees, sy opstand teen die “gevestigde” literêre norme van sy tyd – dit het op my ’n groot indruk gemaak. Hy is veral deur die kennismaking met Van Ostaijen se werk op skool, dit wil sê reeds op vyftien- of sestienjarige leeftyd (Weideman, 1999: 2), aangemoedig om sy ontluikende digtershand te waag aan ’n tipografies-eksperimentele gedig soos “Botterboom ry” (Weideman, 1998: 10-11). Hy wou met dié gedig poog “om in sowel die taal as die vorm iets van dié kattekwaad weer te gee”; die woord “tsarabee” in die gedig is van die inheemse Nama-taal van daardie geweste afkomstig en “[stel] die aksie van die botterboomryer [voor]” (Weideman, 1999: 2). Botterboom ry Ai, botterboomry op Voëlklip is tog te lekker só: so s r-s r wegtrek eers, l e l e i g i g n n dan afgly van daar bo! So – tsarabee ... skuiwend die s k u i n s t e af en woeps! tot onder af en af ... Estruisnek se botterbome is die warejakobsoort vir botterboomry teen Voëlklip af – botterboomry soos dit hoort! En r e i s i e s jaag teen die klipbank af? So glyk-glyk wegtrek eers, s e i l – en af ... so brrrrulbandry met jou botte...