Contract
X.N&A
TYDSKRIF VIR NEDERLANDS EN AFRIKAANS
22STE JAARGANG (2015) 2DE UITGAWE
T.N&A is ’n geakkrediteerde tydskrif en word uitgegee deur die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek, met finansiële steun van die Nederlandse Taalunie. X.X&X wil die studie van die Nederlandse taal-, letterkunde en kultuur bevorder, ook in sy verhouding tot die Afrikaanse taal- en letterkunde. Daarbenewens wil die tydskrif die Afrikaanse taal- en letterkunde in Nederlandstalige gebiede bevorder. Die tydskrif verskyn twee keer per jaar.
Alhoewel die redaksie kopieregkwessies kontroleer, lê die verantwoordelikheid en aanspreeklikheid in hierdie verband by die outeur(s).
Redaksie: Prof. X.X. xxx Xxxxxxxxx
Uitleg: Xxxxxxx xxx Xxx
Gedruk en gebind deur: V&R Drukkery, Pretoria, Tel: x00 (0)00 000 0000
Redaksie-sekretariaat: Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus, Privaatsak X6001, Potchefstroom 2520, Suid-Afrika. Tel.: x00 (0)00 000 0000; e-pos: Xxxx.XxxXxxxxxxxx@xxx.xx.xx
Inskrywings en betalings:
Die ledegeld bedra:
• R150 per jaar vir binnelandse lede; en
• R200 per jaar vir buitelandse lede
Betaal u ledegeld elektronies in die bank of oor die internet in,
• xxxxxxx op die volgende rekening: Banknaam: ABSA Bankrekeningnommer: 1190 154 676
Taknaam: Xxx Xxxxxxxxxxx, Wonderboom-Suid
Takkode: 632005 (nie nodig vir elektroniese betalings nie) Verwysingsnommer: U van en voorletters (baie belangrik)
• E-pos of pos daarna die bewys van u betaling saam met die vorm van lidmaatskap aan die SAVN se penningmeester, xx. Xxxxxxxx Xxxxxx, by die onderstaande adres: E-posadres: carnetr@ xxxxx.xx.xx of xxxxx.xxxxxxxx@xxxxx.xxx Posadres: Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, UNISA, 0003, Pretoria
Of betaal u ledegeld oor die pos:
• Maak ’n tjek of posorder uit aan Die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek.
• Pos die tjek of posorder saam met die vorm van lidmaatskap aan die SAVN se penningmeester, xx. Xxxxxxxx Xxxxxx, by die onderstaande adres:
Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, UNISA, Posbus 392, 0003, Pretoria
Redaksieraad:
W.A.M. Xxxxxxxx (Noordwes-Universiteit)
X. Xxxxxx (University of California)
M.E. Xxxxxx Xxxxx (Universiteit Utrecht)
H.J.G. du Plooy (Noordwes-Universiteit)
H. Xxxxx (Radboud Universiteit Nijmegen)
X. Xxxxxx (Vrije Universiteit en Universiteit van Amsterdam)
X.X. Xxxxxxx (University of California)
X. Xxxx (Xxxx Xxxxxxxxxx Universiteit)
X.X. Xxxxxxxxx (Universiteit Leiden)
P. Swanepoel (Universiteit van Suid-Afrika)
Y. T’Sjoen (Universiteit Gent)
X.X. xxx Xxxxxx (Universiteit van die Oranje-Vrystaat)
X. xxx xxx Xxxx (Noordwes-Universiteit)
A.T. Zuiderent (Vrije Universiteit Amsterdam)
ISSN 1022-6966
Redaksioneel
Xxxx xxx Xxxxxxxxx
Hierdie nommer van Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans word ingelui met ’n tweeluik xxxx Xxxxxxx Xxxxxxxx waarin die nawerking van die poësie xxx Xxxx xxx Xxxxxxxx onder die vergrootglas geplaas word. Die eerste, getiteld “Naklanke xxx Xxxx xxx Xxxxxxxx se avant-gardistiese digkuns (-beskouings) in Afrikaans”, is ’n breë ondersoek na die invloed van Xxx Xxxxxxxx se poësiebeskouings en
-praktyk in die Afrikaanse poësiesisteem. In die tweede xxxx, “‘Poësie as spel’: Xxxxxx Xxxxxxxx oor die naklanke xxx Xxxx xxx Xxxxxxxx se avant-gardistiese poësie in sy eie digkuns”, word ingegaan op die besonderhede van die neerslag van Xxx Xxxxxxxx se literêre vaderskap spesifiek in Xxxxxx Xxxxxxxx se digterskap.
In “Moord en muitery: Die verhaal van ’n slaweskip in twee jeugromans” stel Xxxxxxx van Wyk ondersoek in na hoe die historiese gebeure op die Leusden en Meermin, twee slaweskepe, deur middel van ’n aantal literêre procédés vertel word in Tutuba – het meisje van het slavenschip Leusden deur Xxxxxx XxXxxx en in Xxxxx en Xxxxxx Xxxxxx se De gestrande Meermin of de opstand op een slavenschip van de VOC, en hoe die onderwerp van slawerny in hierdie twee werke aangebied word, veral aan jong lesers wat as geïntendeerde lesers beskou kan word.
Xxxx xx Xxxxxxx se “Afrikaans, gekry of gemaak?” is ’n bespiegelende verdere besinning oor die hipotese dat Afrikaans nie evolusionisties uit Nederlands ontwikkel het nie, maar binne ’n aangepaste teoretiese raamwerk van die intertaalteorie as aanleerdersvariëteit beskryf kan word.
Xxxxxxxx dank aan die keurders en aan Xxxxxxx van Zyl vir die grafiese ontwerp.
Noordwes-Universiteit
TYDSKRIF VIR NEDERLANDS & AFRIKAANS: 22STE JAARGANG (2015) 2DE UITGAWE
Naklanke xxx Xxxx xxx Xxxxxxxx se avant-gardistiese digkuns(-beskouings) in Afrikaans (xxxx 1)*
Xxxxxxx Xxxxxxxx
Echoes of Xxxx xxx Xxxxxxxx’x avantgardistic poetry and poetics in Afrikaans (part 1)
Xxxx xxx Xxxxxxxx (1896-1928), who did not receive due recognition for his contribution as an avantgardistic poet and theorist in his own lifetime, has grown to be an important ‘literary father’ (Bloom, 1973) in both the Dutch and Afrikaans literary systems. The first echoes in Afrikaans of his poetic thinking and practice were heard in the work of the Poets of the Sixties and their immediate forerunners. Their work was characterised by, among other tendencies, the poetic usage of colloquial language forms, a leaning towards the playful and the witty, and formal, typographic and stylistic experimentation in the full spirit of modernism (Xxx Xxxxxx, 1999). Such tendencies enhanced receptiveness for Xxx Xxxxxxxx’x views on ‘zuivere lyriek’ (pure poetry). It becomes apparent, therefore, that Xxx Xxxxxxxx’x literary legacy is largely to be detected in the work of Afrikaans poets who are often deemed to have made an innovatory contribution to Afrikaans literature.
1. Inleiding: Xxx Xxxxxxxx: xxx xxxx, onerkende avant-gardis tot literêre vader
Tydens xx xxxx (1896–1928) was Xxxx xxx Xxxxxxxx wel ’n omstrede figuur,1 maar nog grootliks onerkend vir die belangrike en veelsydige wyse waarop hy die Vlaamse literatuursisteem die internasionale era van die avant-gardisme en modernisme binnegelei het.
Nie lank na xx xxxx nie is egter sowel sy kritiese prosa (vanaf 1929 tot 1931) as sy gedigte (in 1935) versameld uitgegee. Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog, sowat vyf-en-twintig jaar na xx xxxx, het die situasie sodanig verander dat die bevrugtende uitwerking van sy literêre prestasies in Vlaandere én elders in die kollig gekom het – sodanig dat iemand xxxx Xxxxxxxxx (2004: 5) hom, naas Xxxxx Xxxxxxx en Xxxxx xxx xx Xxxxxxxxx, uiteindelik sou uitsonder as reus van die Vlaamse digkuns in die geheel.
In 1952 het Xxxxxx Xxxxxxx die eerste xxxx van Xxx Xxxxxxxx se Verzameld werk die lig laat sien. By die voltooiing van dié wetenskaplik geredigeerde samestelling vier jaar later was dit duidelik dat die gety beslissend gedraai het. Die omvang van die belangstelling in xx xxxx en skrywerskap sedertdien blyk byvoorbeeld uit die lys van publikasies oor Xxx Xxxxxxxx wat Xxxxxxx (in 1996 – nou ook al 20 jaar gelede) oor nege bladsye vermeld in xx Xxxx xxx Xxxxxxxx. Een documentatie.
TYDSKRIF VIR NEDERLANDS & AFRIKAANS: 22STE JAARGANG (2015) 2DE UITGAWE
Selfs belangriker as die akademiese belangstelling in xx xxxx is die getuienis van verskuldigdheid aan sy kreatiewe voorbeeld deur opvolgende geslagte vernuwende skrywers – en via hom aan Xxxxx Xxxxxxx, wie xx xxxx hy self as sy belangrikste rigsnoer uit die Vlaamse tradisie aangedui het (Vancrevel, 1989: 8; Xxx Xxxxx & Xxxxxxxxx, 2006: 70). Onder dié erkennings tel die van die Vlaamse Tijd en Mens-generasie (skrywers xxxx Xxxx Xxxxx, Xxxxx Xxxx Xxxx en Xxx Xxxxxxxxx), die Nederlandse Vyftigers en enkele neo-realiste uit die 1960’s (Xxxxxxxxx, 1988: 9-10; Xxxxx & Zuiderent, 1992: 14-15, 19; Xxxxxxxxx,
2004: 6; Xxxxxxxxxxxx, 2009: 538). Kommentators het ook gewys op ander woordkunsstromings waarvoor Xxx Xxxxxxxx se werk as baanbrekend van aard beskou kan word, waaronder die surrealisme (Antonissen, 1979: 105; Vancrevel, 1989: 8, 13 en 192; Xxx Xxxxx & Xxxxxxxxx, 2006: 183), die postmodernisme (Vaessens, 2013: 356) en die eksperimente met ‘konkrete’ poësie in die laaste kwart van die twintigste eeu (Cloete, 1977: 202; Xxx xxx Xxxx, 1992: 231).
Beulens (2001) toon in ’n omvangryke studie die ingrypende nawerking van Xxx Xxxxxxxx se nalatenskap in spesifiek die Vlaamse poësiesisteem aan, sodat dié studie al bestempel is as “een alternatieve geschiedenis van de moderne Vlaamse poëzie” (Spinoy, 2002: 264), dit wil sê as regstelling van vorige perspektiewe daarop tot aan die einde van die twintigste eeu. Xxxx uit bostaande blyk, is sy invloed egter ook in die xxxxx Nederlandstalige literatuursisteem van veral die tweede helfte van die twintigste eeu gevoel.
Xxxxxxxx xxx Xxx (2009: 121) is onlangs nog die mening toegedaan dat “die avant-garde en Xxx Xxxxxxxx se organiese ekspressionisme, hoewel nie heeltemal onbekend in Suid-Afrika nie,2 geen groot rol gespeel het in die Afrikaanse literêre sisteem nie”, onder meer vanweë die xxxx dat “xxxxx digtersfigure xxxx die Louw- broers3 [...] nog lank die literêre toneel bepaal het” in Afrikaans (waaroor later meer). Met die onderhawige artikel hoop ek om aan te toon dat die eggo’s van sy nalatenskap in die Afrikaanse digkuns wél noemenswaardig is.
Wat onmiskenbaar blyk, is dat Xxx Xxxxxxxx die afgelope eeu, in minstens die Vlaamse, Nederlandse en Afrikaanse poësiesisteme, gegroei het tot ‘significant other’ (’n term gemunt deur Anheier en Xxxxxxxx, 1991) of tot dominante ‘literêre vader’ (’n noemer bekend geword uit die The anxiety of influence van Xxxxxx Xxxxx, 1973). Hy het dus ’n invloedryke digter geword wat xxxx xx voorbeeld as tradisievernuwer die weg (kon) baan vir nuwe ontwikkelings in die vermelde digkunste.
2. Manifestasies van literêre erfgenaamskap – enkele begrippe en vrae
Xxxx Xxxxxx Xxxxxxx (2014: 243-270) aandui, blyk die invloed van so ’n literêre
vader uit “verskillende poëtiese reaksies” by opvolgende geslagte digters. Dit sluit reaksies xxxx die volgende in:
• doelbewuste ontlening uit ’n enkele of ’n meervoud van gedigte van die literêre vader;
• epigonies, slaafse navolging of nabootsing van tematiese en/of stilistiese en/ of vormlike aspekte van die werk van ’n bepaalde skrywer;
• vereenselwiging met die digterspersoonlikheid en/of poëtika van die “rolmodel en prototipe” (Xxxxxx Xxxxxxx, 2014: 253);
• aan die xxxxx xxxx: satiriese, speelse en parodiërende reaksies op laasgenoemde;
• herskrywings na aanleiding van herskrywings deur ’n jonger ‘significant other’ van werke xxxx xxxxx (ouer) ‘significant others’; en, xxxxxxxx,
• siterings uit die werk van die literêre vader.
In die beskrywing van manifestasies van literêre vader- en erfgenaamskap lyk die volgende vrae wat Xxxxx Xxxxxx (2012: 51-52) onderskei as invalshoeke ter verrekening van literêre intertekstualiteit en parodiëring, ook van nut:
• Waaraan kan die ‘ikoniese status’ van die literêre vader se werk en die besondere nawerking daarvan toegeskryf word?
• Op xxxxx wyses xxx die navolgende digters telkens ’n eie invulling aan die oorspronklike gegewe?
• Hoe verskil die agtergrondgeskiedenisse en bundelkontekste van die verskillende herskrywings?
• Het die digters enige poëtikale uitsprake in byvoorbeeld onderhoude of artikels oor die nawerking van die literêre vader se werk in hul eie gemaak?
Van hierdie begrippe en vrae xxx in die res van hierdie artikel ingespan word om die aard en funksies van die naklanke van Xxx Xxxxxxxx se digterskap (hoofsaaklik na die voorbeeld van ’n beperkte aantal van sy gedigte) in die Afrikaanse digkuns na te speur en te beskryf, naamlik telkens xxxx dit, breedweg, chronologies gemanifesteer het.
Die laasgenoemde van die vrae oor intertekstualiteitsoorte wat Xxxxxx onderskei het, is in die besonder van toepassing op die digterskap van Xxxxxx Xxxxxxxx (xxxx verderaan xxx blyk). Dié Afrikaanse digter het, in ’n (nooit gepubliseerde) lesing voor die Bloemfonteinse tak van die Genootskap Nederland – Suid- Afrika in 1999, uitgewei oor die verwantskappe tussen sý digwerk en die van (onder andere) Xxxx xxx Xxxxxxxx. Ek xxx in ’n afsonderlike artikel aandag aan die besonderhede van sodanige verwantskappe gee.
3. Xxxxxxxx as ’n vroeë reageerder op aspekte van Xxx Xxxxxxxx se verskuns
In ’n artikel waarin Xxxx xxx Xxx (2000: 57) die loep hou oor stilistiese ooreenkomste tussen die poësie van die Nederlandse Vyftigers (ook bekend as die Eksperimentele digters) en die van die Afrikaanse digter Xxxxxxxx (ps. X.X. xxx xxx Xxxxx), bring dié artikelouteur ook die neerslag van Xxx Xxxxxxxx se poëtikale beskouings in die werk van Xxxxxxxx ter sprake, naamlik xxxx bemiddel deur die verspraktyke van die Vyftigers.
Op die invloed wat van Xxx Xxxxxxxx as literêre vader op die Vyftigers uitgegaan het, is reeds gewys. Xxxx xxx Xxx bevestig die bestaan van dié erfgenaamskap as hy in die woordklankspel wat tot assosiatiewe beeldgebruik4 aanleiding gee by die Vyftigers, ’n ‘kunsgreep’ bemerk in die benutting waarvan ’n mens Xxx Xxxxxxxx se literêre vaderskap herken. “Sonoriteit” was die woord waarmee Xxx Xxxxxxxx hierdie assosiatiewe samespel van woordklank en -betekenis beskryf het (kyk Xxxxxxx, 1996: 827). Dié term slaan “op ’n sekere formele samehang in die gedig, die saamtril van dinge, xxx xxxxx en sin en van woorde onderling” (Cloete, 1977: 196 – sy beklemtoning).
Hierdie einste ‘kunsgreep’ xxx Xxxx van Xxx (2000: 57) xxx op ten aansien van Boerneef se digkuns. Xx xxxx die voorbeeld van die samestelling “rondaweldoeliedollie” uit die gedig “Die swartes loop en pronk” in Boerneef (1958: 30) se debuutdigbundel, Xxxxxx:
Die swartes loop en pronk die vosse die ene xxxx Katrinahardestang ag nee
xx xxxx in morriesburg se tronk
maar Xxxxx vuurbek met die latjiesbeen josopjollie josopjollie
losklosskollie ligvoetskollie
spoeg met ’n xxxx aksenawel en xxxx
teen die nok van die rooi rondaweldoeliedollie[.]
Enersyds kom die samestelling van die slotwoord van die xxxxx xxxxx uit die klank- en woordspel wat ook die res van die gedig kenmerk. Op semantiese vlak, so meen Wium van Zyl (2000: 57), word die besonderse samestelling egter ook voorberei deur die woord “aksenawel” (akkuraat). Daardeur, wanneer die “losklosskollie” na die nok van die geronde, lat-deurkruisde rondaweldak spoeg, word die xxxxxx of ‘xxxx’ in byvoorbeeld skyfskiet en veerpyltjiegooi op assosiatiewe wyse opgeroep. ’n ‘Xxxxxx’ is die dobber wat hengelaars gebruik en
wat, volgens Xxxx xxx Xxx, “inderdaad na die bokant van ’n rondawel lyk”. Klank en betekenis funksioneer as’t ware in assosiatiewe simbiose.
Laasgenoemde is ’n kenmerk van ’n hele paar van Xxx Xxxxxxxx se later gedigte, byvoorbeeld “Woord-Jazz op Russies gegeven”, “Berceuse nr. 2” en “Boere- charleston” – hoewel nie direk aantoonbaar is dat Boerneef wel een of meer van hierdie gedigte as voorbeelde in hierdie verband gebruik het nie. Vergelyk egter hoe die (skaars nog rasioneel voorstelbare) beelde en die verkleiningsvorme in die wiegeliedjie “Berceuse nr. 2”, omdat hulle deurgaans suggestief is van vertedering, die skep van die xxxxx amelioratiewe samestelling “zoetekoeksdozeke” op sowel klankmatige as assosiatief-semantiese wyses voorberei:
Slaap als een reus slaap als een xxxx
slaap als een reus van een xxxx reuzeke
rozeke zoetekoeksdozeke
doe xx xxxx dicht van de doos Ik slaap[.]
Blaai ’n mens deur die Versamelde poësie (1977) van Boerneef, word dit duidelik dat ‘sonoriteit’ (in die betekenis wat Van Ostaijen daaraan gekoppel het)5 ’n ‘kunsgreep’ is wat Boerneef talle kere benut het. Dit bevorder trouens ’n volkse, dikwels liedagtige aanslag in xx xxxx, ’n kenmerk van xx xxxx wat Wium van Zyl (1975) in ’n M.A.-verhandeling uitvoerig bespreek.6 Die sangerig-volkskunsagtige is iets wat ook van vroeg in Xxx Xxxxxxxx se digtersloopbaan gemanifesteer het (Xxxxxxxxx, 2004: 32), en wat bydraend was tot die “ontindividualiseerde” effek (Xxxxxxxxx, 1998: 609) wat hy in sý verskuns nagestreef het.
’n Mens kan die reaksie van Boerneef op Xxx Xxxxxxxx se digterlike voorbeeld derhalwe (in bepaalde opsigte) as ’n vorm van poëtikale vereenselwiging beskou.
4. Enkele waargenome raakpunte tussen Xxx Xxxxxxxx se digkuns en die verskuns van enkele Sestigerse
Soortgelyk aan die van Boerneef is die vereenselwigende reaksies op Xxx Xxxxxxxx se werk (of die skep van werk wat opvallende verwantskappe met Xxx Xxxxxxxx s’n vertoon) deur enkele Afrikaanse Sestigerdigters.
Trouens, die vermelde volkse en liedagtige toonaard van veel van Xxxxxxxx se werk is, tesame met dié van byvoorbeeld Xxx Xxxxxxxx, meermale gesien as wegbereidend van die literêre vernuwing – die volle neerslag van die modernisme
(Xx Xxxxx, 1990: 90-92; Xxx Xxxxxx, 1999: 249) – wat die sogenaamde Sestiger- digters in Afrikaans bewerkstellig het.
Xxxxxxx Xxxxxxxxxxx, uiteindelik die mees toonaangewende digter van sy generasie (Xxxxxxxx, 1990; Xxx Xxxxxx, 2006: 287; Xxxxxx Xxxxxxx, 2014: 269-270) en Xxxxxx Xxxxxxxx word spesifiek in hierdie verband vermeld (Xxxxxxxxxx, 1983: 477; Xxx xxx Xxxx, 1988: 460; Xxx Xxxxxx & Odendaal, 1999: 774; Viviers,
2008: 96; Xxxxxx Xxxxxxx, 2014: 265-266). In die vermelde lesing xxx Xxxxxxxx (1999: 2-3) bestempel hy xxx ook sy kennismaking met die “speelse hantering van taal en ritme” in die Vlaming se werk as “deurslaggewend” vir die ontwikkeling van sy eie xxxx, xxxxx wat betref die benutting van musikaliteit en vormlike spel, asook folklore en streekstaal as uitstaande kenmerke in belangrike dele daarvan. “Xxx Xxxxxxxx het grense vir my versit” in hierdie verband, skryf Xxxxxxxx (1999: 2). In xxxxx opsigte laasgenoemde in Xxxxxxxx xx verse gemanifesteer het, xxx in die reeds vermelde afsonderlike artikel ondersoek word.
Voordat oorgegaan word tot die aantoon van eggo’s van spesifieke Xxx Xxxxxxxx- gedigte in die werk xxx Xxxxxxxxxxx en ander Afrikaanse digters xx xxx, is daar ook op ’n raakpunt, hoewel met (deels) uiteenlopende doeleindes, tussen Breytenbach en Xxx Xxxxxxxx se digwerk xx xxx waar dit, xxxx by mede-Sestiger Xxxxxxxx, spesifiek die benutting van volkstaal- en folklore-elemente betref. Die Afrikaans van Breytenbach se kinderjare, xxxx uit die volksmond7 gehoor, is reeds vanaf die begin van sy digterskap, en algaande steeds gereelder, deur hom ingespan. Volksliedjies, spreekwoorde, name en plekname, frases en verhale uit die Xxxxx, die Gesange en Hallelujaliedere weerklínk nie net in sy digkuns nie, maar “word ontbind en hersaamgestel, uit hulle kategorieë gehaal, waardeur hulle ’n nuwe, meerdimensionele seggingskrag kry. Sodoende word die tradisionele Afrikaanse wêreldbeeld egter ook gedebunk en gekritiseer” (Xxxx Xxxxxxx, 1998: 290). Identifikasie én disidentifikasie met Afrikaansheid vind sodoende taalvergestalting in Breytenbach se werk.
Ook by Xxx Xxxxxxxx het die benutting van Vlaamse folklore en volkstaalelemente in diens van identiteitskwessies gestaan, veral in sy vroeër digkuns – hoewel op andersoortige wyse as by Breytenbach. Enersyds was sulke elemente by Xxx Xxxxxxxx ’n literêre uiting van sy Vlaamsgesindheid in ’n politieke bestel wat deur die Franssprekende elite oorheers is (Xxxxxxxxx, 2004: 8-9); andersyds ’n stilistiese vergestalting van sy literêre opstelling téén die burgerlike individualisme van ’n vorige geslag Vlaamse woordkunstenaars, dit wil sê teen die impressionisme, simbolisme en dekadentisme van, veral, “de zogeheten tweede generatie van Xxx Xx en Straks, waarvan Xxxxx xxx xx Xxxxxxxxx nog altijd het boegbeeld was” (Xxxxxxxxx, 2004: 7). Die gemeenskap, en daarmee saam “een idealistische, etisch hooggestemde gemeenschapskunst” (Xxxxxxxxx, 2004: 8), word deur hom en sy literêre tydgenote (waaronder Xxxx Xxxxx, Xxxxxx Xxxxxxxx en Xxxxxx Xxxxxx getel het; xxx Xxx Xxxxx & Xxxxxxxxx, 2006: 177) as waarde in die middelpunt
gestel. Literêr vind hierdie ‘nuwe’ ideaal uiting in die sogenaamde humanitêre ekspressionisme, waarvan veral Xxx Xxxxxxxx se tweede digbundel, Het sienjaal (1918), ’n vergestalting was.
5. ’n Meervoud Afrikaanse reaksies op die ikoniese Van Ostaijen- gedig “Xxxx xxxxx ’s mogens de dingen”
Een van Xxx Xxxxxxxx se allerbekendste gedigte is “Xxxx xxxxx’x morgens de dingen”. Xxxxxx (2008: 42) bestempel dit byvoorbeeld as “een van de bekendste kindergedichten uit de Nederlandse literatuurgeschiedenis. In Nederland en Vlaanderen is het op veel scholen een vast onderdeel van de literatuurlessen en wordt de tekst gebruikt om kinderen uit te nodigen zelf poëzie te maken.”
Ook in Afrikaans het dié gedig tot impuls vir nuwe digwerk gedien, of xxxxx dit op as (waarskynlik) een van die stimuli vir die skryf en/of vormgewing van bepaalde Afrikaanse gedigte.8 Xxxxxx Xxxxxxx (2014: 265-266) toon ’n voorbeeld van herhaalde herskrywing aan die hand daarvan in die Afrikaanse poësiegeskiedenis aan.9 Xx xxx eers op hoe die refreinagtig herhaalde oggendgroet in die gedig (“Dag ventje met de fiets op de vaas [...] / xxx xxxxx naast xx xxxxx / [...] / xxx xxxxxxxx-vis met de pijp”, ensovoorts), maar ook die ritmies-inkanterende struktuur daarvan, weerklink in Xxxxxxx Xxxxxxxxxxx (1969: 14-15) se “oggendlied” uit die bundel Kouevuur. Xxxxxxxxxxx dra xx xxxxx aan xxxxx Xxxx xxx Xxxxxxxx as Xxx Xxxxx (xxxx Boerneef óók ’n Sestiger-voorganger)10 op, want ook elemente van ’n gedig van laasgenoemde, naamlik “Dagbreek” uit Krige se 1935-debuutbundel Kentering,11 weerklink in Breytenbach se vers.
Die ekstase van die ontwaking tot die “stralende dinge” (Xxxxxx Xxxxxxx, 2014: 265), ook van die stralende ontwaking van die dinge self, staan oorheersend verwoord in sowel Xxx Xxxxxxxx as Krige en Breytenbach se gedigte. In die twee Afrikaanse verse is daar egter telkens ook ’n erkenning dat pynlike elemente (xxxx die verganklikheidsbesef) in die subjek se bewussyn sáám met die ekstase opvlam. Derhalwe lui die twee slotstrofes van Xxxxxxxxxxx xx “Oggendlied” xxxx volg:
Môre son en xxxxx ver agter senuwees agter visioene van silwer bloed –
hoe gaan dit anderkant die wêreld? jy ook al op, pitpyn?
Môresê mens, jy wat dit alles skep as xx xxxx
en ervaar in kleur, lang skredes oor die vaste aarde xxx xx klapbeen xx xxxxx
:en vernietig tuimel as dié wete uit jou vaar.
Sowat twintig jaar ná die verskyning xxx Xxxxxxxxxxx xx xxxxx, publiseer Xxxxx Xxxxxx, oftewel Xxxx Xxxxxxx, die vers “Môresê” in Die geel kafee (bundel oorspronklik in 1985 gepubliseer, maar in 2003 heruitgegee). Kombuis se werk is al, saam met dié van iemand xxxx Xxxx Xxxx Xxx, beskryf (deur Xxxxxxxx, 2004: 8; Xxxxxxxxxx, 2005: 649; Hambidge, 2012) as sou dit ’n neerslag in Afrikaans verteenwoordig12 van die vernuwende soort “road-poësie” wat die Amerikaanse “Beat”-generasie opgelewer het (Xxxxxxxxx, 1997: 5).
Kombuis se “Môresê” is eweneens opgedra aan Xxxxx en Xxx Xxxxxxxx, maar nou ook met die naam Xxx Xxxx daarby, laasgenoemde synde ’n pseudoniem wat herhaaldelik deur Xxxxxxxxxxx xxxxx is in sy oeuvre. Die refreinagtig herhaalde oggendgroet is weer aanwesig, maar waar Xxxxxxxxxxx xx xxxxx nog ’n hoofsaaklik optimistiese herskrywing van “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen” verteenwoordig, is Xxxxxxx s’n “’n wrang parodie” (Xxxxxx Xxxxxxx, 2014: 266) xxx Xxxxxxxxxxx en Xxx Xxxxxxxx se gedigte. Dit is geskryf in die tyd van die hoogbloei van die “struggle” teen die onderdrukkende apartheidsisteem; Kombuis het daaraan deelgeneem as lid van die destyds omstrede “Voëlvry”- beweging van Afrikaanse musiekkunstenaars (Fourie, 2011). “Môresê” sou onder andere gesien kon word as ekspressie van die beswaardheid en xxxxxx wat met hierdie verset gepaard gegaan het. Die eerste twee strofes lui:
Môre asyn môre gordyn
môre as die son oor die bebloede vensterbank skyn môre piet môre xxxxxx
môre as die bruid se rok ragfyn sleep
oor die heilige drumpel van ’n nuwe terrein.
môre dag koebaai nag
môre wit son wat so lekker lag môre opstaan môre ag-gesug
môre maan wat xxxx ’n pap vadoek hang
in die waansinnige lug, terwyl die nag wyk[.]
Ewe wrang-parodiërend as Kombuis s’n is die (deelse) herskrywings van “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen” deur Xxxxxx Xxxx (2006a: 75) en Xxxxxxx Xxxxxxxx (2007: 18-19).
Xxxx skep xxxx parodie as (doelbewus onvoltooid gelate) onderdeel van die gedigreeks “Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg” uit haar bundel Verweerskrif. In die gedigreeks worstel Xxxx xxxxx “met die idee xxx xxxx eie sterflikheid” (Xxxxxx Xxxxxxx, 2009: 191). Die kontras met die speelse verwondering wat uit die literêre vader xx xxxxx spreek, funksioneer in háár vers (in dagboekinskrywingformaat
aangebied) beklemtonend van die kennelike xxxxxxx00 wat die spreker voel (op ’n onheilspellende Vrydag die dertiende, luidens die ‘inskrywing’-datum). Dié onbehae spruit uit die waarneming dat Tafelberg (Seinheuwel, Leeukop en Duiwelspiek bygereken) ’n aangetaste, besoedelde en verkommersialiseerde natuurskat geword het. ’n Mens hoor trouens aan die slot van die ‘inskrywing’ iets opklink (in die xxxxx “toeris / hier’s jy ook”) van die “pitpyn”-aanspreking uit die tweede laaste strofe xxx Xxxxxxxxxxx xx xxxxx (hierbo aangehaal). Die titelwoord van Kombuis xx xxxxx word ook daar deur Xxxx ingevleg: “môre / sê”.
vrydag 13 mei
xxx xxxx. xxx
xxxx maaltand-kouend aan die herfsreën se eerste xxxx- snysels. dag harige plaak, ou kliptandvleis –
xxxx ontsteek met kabel-
kar-kanker
dagsê klip-emalje – moeg jy van heelnag se lig
xxxx die stad snorkend oopmond slaap en xxxxx
xxxxx die ontblote
tandnekke
passeer. dag julle ou twee verslete snytande
wat al hoe meer na weerskante toe stink. hoe
onaangeraak kan mens
xxx, xxxxxx
duisendes knus en kneus aan die knaters plak? dag vrat dag etterende swam. môre sê toeris –
hier’s jy ook, kyk hoe melk[.]14
Die titel van die Van Ostaijen-xxxxx xxxx as motto by Odendaal xx xxxxx, waar laasgenoemde die titel “sluipmoord” dra. Laasgenoemde xxxxxx op die eerste
betekenisvlak na die gebeure op die vroegmiddag van 6 September 1966 in die Suid-Afrikaanse parlement toe die xxxx Xxxxxxxxx Xxxxxxxxx die destydse eerste minister, xx. X.X. Xxxxxxxx, met ’n mes om die lewe gebring het.
Die spontaneïteit en verwondering wat in die Van Ostaijen-gedig gepaard gaan met die kinderlike Xxxx-figuur15 se belewing van die huisdinge in die oggend, xxxx weerspieël in sy speelse verwoording16 van daardie belewing, eggo nog in die eerste vyf strofes van Odendaal xx xxxxx. Soortgelyk aan die situasie in die Van Ostaijen-gedig vind die genot aan die belewing van ’n oggend vol spel met xxxxx kameraadjies op die plaas (werkerskinders, xxxx algaande uit die gedig blyk) neerslag in onder meer die xxxxx taalspelelement en die personifiëring van die dinge. Vergelyk die volgende fragmente uit die Xxxxxxxx-xxxxx:
oral in die opstal bodeure wat staan en dagsê het
hulle oop gevrete herinner ek my goed! op die kombuistafel
in die krummelpap-met-warmmelk was daar ’n mmm vir my
[...]
en ons is verby populiere alte poplusierig in die xxxxx met xxxxx
wat kwinke-
leertjies in die takke
skuiwe17
[...]
Ook die gegroet wat die Van Ostaijen-gedig kenmerk, is in Odendaal s’n terug xx xxxx.
Die Van Ostaijen-gedig verteenwoordig ’n poging om te geraak tot wat Xxx Xxxxxxxx self beskryf het as “het uitzeggen van het vervuld-zijn-door- het-onzegbare” (kyk Cloete, 1977: 196). “Marc” se verwondering oor die wêreld kan nie werklik uitgespel word nie. Daarom is die verteller in die Van Ostaijen-gedig anoniem; het hy eintlik verdwyn. Net die woorde van die Marc-personasie self is te hoor; slegs xxxx xx speelse aanspreking van die dinge self, xxxx xx identifikasie met die nie-lewende dinge, word sy verwonderde, xxxx raaksien van die werklikheid (en die kunstige voorstellings daarvan)
gesuggereer. Hieruit blyk die mistieke inslag wat reeds in Xxx Xxxxxxxx se vroeë verse aanwesig was, en wat in sy later werk (waarvan “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen” ’n goeie voorbeeld is) ’n “woordmystiek” (Evenepoel, 1988: 21) geword het – ’n xxxx surrealistiese proses waardeur woorde en beelde as ’t ware assosiatief en outonoom opwel uit die digterlike onderbewussyn (Xxx Xxxxx & Xxxxxxxxx, 2006: 183; Xxxxxxxxxxxx, 2009: 537).
Dat die gegroet in die openingsreëls van die Xxxxxxxx-xxxxx aangedui word as teenoorgesteld xxxxx (ná die subjek toe) aan wat deurgaans geld in die Van Ostaijen-gedig (na “de dingen” toe), kan al gesien word as xxxxxx dat die vereenselwigingsproses dié xxxx xxxxxx gaan uitval. Versterkend van dergelike implikasie is die beeld van bodeure wat oopstaan, “wat staan en dagsê”; dit kan op dubbelsinnige wyse sowel kommervryheid as kwesbaarheid suggereer.
Op oordragtelike vlak verteenwoordig die sluipmoord waaroor dit in Odendaal xx xxxxx gaan, die vernietigende uitwerking wat die radio-noodberig oor die moord op die premier van die apartheidstaat het op die (oënskynlik) intieme, vereenselwigende omgang tussen mens en mens, en tussen mens en omgewing op die plaas – dit wil xx xxxx xxxx die “ek” in die gedig beleef. Die wending na ’n veranderende belewenis toe word in die vyfde strofe van die gedig verwoord. Hierin word ook, simbolieserwys, ’n oorgang van ’n ontmoetingsgroet (“haai”) tot ’n afskeidgroet (“koebaai”) gevind:
en:
haai, braaikuikens in die slaghok! het ek nog geroep
en: koebaai!
toe die draadloos huis-in toeter van paniek oor xx Xxxxxxxx[.]
Xxxxxx as in Xxx Xxxxxxxx xx xxxxx word die subjektiwiteit van die “ek” se belewenis, die persoonlike (outobiografiese)18 aard van die groei in sosiopolitieke begrip, nie verhul nie. Vroeg in die gedig word die subjek xxxx xx speelmaats “van ver” (implikasie: die swart kinders is verbied of te beskroomd om tot teenaan die xxxxxx opstal te kom) in Sesotho aangespreek as hulle hom roep, naamlik met vermelding van die bynaam (“Namane” = kalfie) wat hulle aan hom gegee het. Aanvanklik xxxx wit seun en xxxxx werkerskinders xxx in die pret van die voëlkykery en die swemmery in die plaasdam. Later die dag, wanneer die “ek” weens tekens dat ’n reënbui aan die opsteek is, terug na die opstal beweeg, durf sy speelmaats hom nie vergesel nie en bevind die subjek xxx xxxxxx, “agterweë in ’n floute kanferfoelie”. Hierop volg die “draadloos” se vermelde getoeter om die noodberig oor die sluipmoordvoorval in die Suid-Afrikaanse parlement aan xx xxxxxx.
Dis naamlik in die tienjarige subjek (sy ouderdom, “amper elf ”, word in die gedig vermeld) se gemoed dat die besef die eerste keer daag dat rassespanninge die xxxxx Suid-Afrikaanse samelewing kenmerk – en dat daardie spanninge ook op die plaas waar hy grootword, voelbaar (vir hom) geword het. Die utopiese belewing blyk, luidens die slotstrofes van die gedig, ’n naïewe hersenskim te gewees het:
Pa en Ma snikkend pákkend onweer buite
stróóis toe al die swartmense
toe ’t ’n wilde bevlieging al wat bodeur was toe laat klap miljoene blink dolke xxxx laat xxxx
weggestorm met die simpel vreugdes van die jeug[.]
In T.T. Cloete se self-, lewens- en kunsbeskoulike geskrif Die ander een is ek (2013) het die verwysing na – en die volledige aanhaling van – “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen” ’n teenoorgestelde xxxxxxx as die geval van die toespelings in Xxxx en Odendaal se bespreekte verse. Poëtikale vereenselwiging met wat in Van Ostaijen xx xxxxx uitgedruk staan, spreek duidelik uit die passasie uit die Cloete-geskrif. Dit gebeur naamlik in xxxx 20 van Xxxxxx (2013: 218-239) se boek, waar hy dit het oor die mens (waaronder die kunstenaar) se “[s]elftransendering in diere, plant en grond”. Die aanspreek van of praat met die dinge, xxxx in Van Ostaijen xx xxxxx, is syns insiens (Cloete, 2013: 221) “’n beginpunt van selftransendering”.19
’n Soortgelyke strekking, dié keer met betrekking tot die kunsbeskoulike in die breë, spreek uit die gedig “credo uit die ‘skildersmis’” [met as ondertitel: “(by The Painter deur Xxxxxxx Xxxxx)”] in Xxxxxxx xxx Xxxxxxx (2013: 196-201) se ewe onlangse digbundel, Kaar. In die Xxx Xxxxxxx-xxxxx eggo slegs binne ’n enkele reël (Xxx Xxxxxxx, 2013:198) iets klinkklaars uit die onderhawige Van Ostaijen- gedig. Nadat oor ’n goeie dosyn-en-’n-half strofes lig (en kleur) gewerp is op aspekte van die spanning in xxxx tussen werklikheidsverhulling (“verbloem” / “versier”) en -onthulling (“van aangesig tot aangesig my nuuskierigheid”), en waartydens meer as een “vis”-verwysing opduik, volg die volgende strofe:
hoe lighoofdig is die oggend van my geheim
dag vis dag skulp
dis te gou om julle vaarwel te wuif
my arms is nog xxx van die inspanning[.]
Die uiteindelike voorkeur vir die onthullingsfunksie – die kennelike kunstenaarsvereenselwiging met die werklikheidsdinge (“ek is een van julle”, heet dit enkele reëls vroeër; Van Xxxxxxx, 0013: 200) – blyk uit veral die slotstrofe van die gedig. Daarin kom die vis-motief naamlik xxxx volg ter sprake (Van Xxxxxxx, 0013: 201):
waaroor die ontsteltenis?
in my vingertoppe die gravure van ’n rooi rivier
’n xxxxx blou vis glip uit my vuis xx xxxx xxx voor hy wegplons in die woes en leeg
druk tussen my duim en xxxxxxx xx laaste asem in my neus
en berou niks gebied niks raak myself nie aan nie ek het gespeel
met die lewende en die dode agter my verrys die fresko van ’n onkeerbare kosmos[.]
6. Weerklanke van Van Xxxxxxxx xx “Melopee” in ’n Afrikaanse digbundel
Nog een van Van Xxxxxxxx xx bekendste20 gedigte uit sy Nagelaten gedichten is “Melopee”. Met die oog op die hiernavolgende bespreking van ’n bundel waarin die nalatenskap van Van Xxxxxxxx xxx hierdie gedig in die Afrikaanse poësiesisteem onmiskenbaar21 is, word sy vers hier in die geheel aangehaal:
Melopee
Voor Xxxxxx Xxxxxxxx
Xxxxx xx xxxx schuift xx xxxxx rivier
Xxxxx xx xxxxx rivier schuift xxxxx de maan
Onder de maan op xx xxxxx rivier schuift de kano naar zee
Langs het hoogriet langs de laagwei
schuift de kano naar zee
Schuift met de schuivende maan de kano naar zee
Zo zijn ze gezellen naar zee de kano de maan en de man
Waarom schuiven de maan en de man getweeën gedwee naar de zee[.]
In Xxxxx Xxxxxxxxxxx xx wat die water onthou (2010) is vorme van vloeiende water (sy dit riviere, seestrome of xxxxx), asook van drywing op water (in byvoorbeeld bote of vlotte) of ín die water (dit wil sê swemmend of verdronke) deurlopende motiewe. Die twee slotreëls van “Melopee” dien as een van die motto’s van Esterhuizen se bundel – waardeur die teenwoordigheid van bogenoemde motiewe in die bundel bykomend gemotiveer word.
In minstens vyf van die gedigte22 in Esterhuizen se bundel is toespelings op die sentrale beeld in hierdie Van Ostaijen-vers, naamlik dié van langsame, maar onverbiddelike meesleuring op ’n waterstroom, opmerklik. Die duidelikste spreek die toespelings uit “dat daar êrens in jou slaap” (Esterhuizen, 2010: 48) en uit die bundelslotgedig, “melopee” (laasgenoemde getiteld na die voorbeeld van Van Xxxxxxxx x’n – Esterhuizen, 2010: 71). Die inleidende strofes van eersgenoemde gedig van Esterhuizen lui:
dat daar êrens in jou slaap
altyd ’n rivier is, altyd die gevoel dat jy stroomaf dryf
met herinnering xx xxxx xxx xxxxx xx konka, die volgehoue wag
op iets om te gebeur, iets waarvoor
die gedagte of woord nog nie gevorm is nie, en xxx, onverwags die besef dat jy iewers hang
dat dit die bome en stofdeurdrenkte xxxxx is wat by jóú verbyskuif
en stroomop verdwyn[.]
Die gevoel van noodlottige meegesleurdheid by die mens word wel, op die xxxxx van wat in Van Ostaijen xx xxxxx uitgedruk word, deur Esterhuizen aan die bod gestel. In die laaste twee van die aangehaalde strofes uit xx xxxxx word kennelik ook die verganklikheidservaring – meer presies: die besef van die onagterhaalbaarheid van beleefde ervarings – xx xxxxx gebring.
Doelxxxxxxx xxxlening uit die werk van Van Xxxxxxxx xx literêre vader blyk in Esterhuizen se bundel die duidelikste uit die twee slotstrofes van die vermelde bundelslotgedig. Die (voorlopige) onvoldongenheid van die (onafwendbare) menslike lewensafloop, versinnebeeld in die verdwynende roeierfiguur, word beklemtoon deur die aandagstreep aan die einde van die gedig (dus ook aan die bundelslot):
die enkele roeier wat verby kreukel, vir ’n oomblik
die watervlak steur: afdraand, alles, alles, om gedwee xxxxx xxxx xx lê en buite sig te verdwyn met die water
as enigste verloop –
7. Enkele reaksies op ander Van Ostaijen-gedigte in die Afrikaanse poësiesisteem
Andex Xxx Xxxxxxxx-xxxigte wat telkens ’n enkele reaksie – by wyse van ontlening – in Afrikaanse digters se werk ontlok, sluit “Noceur”, “Berceuse presque nègre” en ’n verskeidenheid van die bekende dans- en musiekgedigte uit sy laaste drie bundels in. Xxxxxxx Xxxxxxxx (0007: 83-84) benut ’n beeld uit “Noceur” (uit Van Xxxxxxxx xx debuutbundel, Music Hall, 191623) by die gedig “Die beiaards” uit sy reeds vermelde bundel Onbedoelde land. Die Van Ostaijen-xxxxx “’n Klok werpt zilver uit een toren” word, in kombinasie met ’n Xxxxx-aanhaling (“[die Xxxxx xx] voorkoms was so blink xxxx weerlig”, uit Matteus 28:2), as gedigmotto benut. Die twee aanhalings dien kennelik as inspirasie xx xxxx xxxxxx xxx xxxxx-, ritme- en glansverwysingspel in die gedig ’n poëtiese vergestalting daar te stel van hoe die (onvermelde, geïmpliseerd Suid-Afrikaanse) subjek die geklink van kariljons in die katedraaltorings van Vlaamse xxxxx xxxx Brugge, Mechelen, Brussel en Leuven ervaar. Dit “spat” aanvanklik “uit die torings in emmersvol / brons of gedruppelde xxxx”, maar “xxxxx” en “xxxxxxx” in die verbeelding steeds verder
uit, totdat dit “die uiteindes van Afrika” bereik,
[...] waar ook velddiertjies xxxxxx, xxxxx en paddas, asof klepeltjies
blydskap van oudsher begin te rinkink in hul kele.
Aan ’n ander bekende nagelate gedig van Van Xxxxxxxx, “Berceuse presque nègre”,24 ontleen Johax xxx Xxx (0076: 13), in xx xxxxx met die nie- objekverwysende titel “II” uit die bundel Deur die oog van die luiperd, ’n drietal uiteenlopende fasette: die primaatverwysing, die herhaling-met-variasie- element, asook iets van die eksperimentele benutting van tipografie. Neem ’n mens in ag dat Van Xxxxxxxx xxxs self sulke nie-objekverwysende titels gebruik het in sy later werk (byvoorbeeld “Vers 1” tot “Vers 6” uit De feesten van angst en pijn), en dat Van Wyk xx xxxxx xxxx uitmaak van ’n tweeluik waarvan die eerste xxxx (Van Wyk, 1976: 11-12) xxxxx xxxxx (doelbewus geradbraakte) Nederlandse uitdrukkings as verwysings na die deur Van Xxxxxxxx xxxeerde literêre vader Xxxxx Xxxxxxx xxxat,25 lyk dit geregverdig om aan te voel dat Van Xxxxxxxx xx xxxxx wel as stramien vir Van Xxx x’n gedien het. Só lui die twee vergelykte gedigte:
Berceuse presque nègre
De sjimpansee doet niet mee Waarom doet de sjimpansee niet mee
De sjimpansee
is ziek van de zee
Er gaat zoveel water in de zee meent de sjimpanzee
II
sy slaap die bye snork
sy slaap die jakkalse gaap
sy slaap die maan staan naak wat doen die aap wat doen die aap sy slaap naak
Van Xxxxxx (0099: 261) is die mening toegedaan dat Van Xxx, xxvoorbeeld in hierdie debuutbundel xxx xxx, xxxx streef om die xxxx xx laat dien as ’n vorm van weerstand teen die waansin en absurditeit van die bestaan (xxxx beleef onder die apartheidsbewind in die Suid-Afrika van die 1970’s). Uitings van sodanige weerstand het in Van Wyk se werk eers geskied deur (surrealistiese en dadaïstiese) uitdagings van tradisionele sienings (ietwat in die gees van Van Xxxxxxxx xxx), en deur “[p]astiche en parodie van klassieke modelle”; daarna, in byvoorbeeld sy tweede bundel (Heldedade kom nie dikwels voor nie, 1978), deur ’n voorkeur vir die lewe en vir werklikheidsbetrokkenheid te openbaar (Van Xxxxxx, 0099: 261). In hierdie opsigte herken ’n mens in Van Wyk se digterskapgroei opvallende kenmerke van die “twee bewegings” (stilistiese en vormlike eksperimentering gevolg deur opvallende sosiopolitieke betrokkenheid – Kannxxxxxx, 0005: 268-
269) wat in die literatuurproduksie van Sestig onderskei kan word.
Xxxx Xxxxxxx xx 2003-digbundel holtrom en groot kabaal26 sluit met ’n afdeling gedigte getiteld “van lager land”. Hierin word belewenisse en
oordenkings aangaande byvoorbeeld identiteit en die problematiek van subjektiewe waarneming teen die agtergrond van ’n Laelandse verblyf vertolk. Literêre en kunsteoretiese ontlenings en verwysings deurspek dié slotafdelinggedigte, met kniebuigings en klappe na ook die Nederlandstalige literatuurskatte en -wêrelde. Oor die nawerking van die Van Xxxxxxxx- xxlatenskap op sy eie werk, beklemtoon Hein Viljoen (2015) dat dit eerder “’n algemene invloed” (’n geboeidheid met Van Xxxxxxxx xx poëtikale beskouings) behels as stimulasie wat van spesifieke Van Ostaijen-gedigte op syne uitgegaan het (hoewel hy die voorheen aangehaalde “Berceuse nr 2” as voorbeeldgedig uit die Vlaming se oeuvre in hierdie verband vermeld). Hy (Xxxx Xxxxxxx, 0015) vervolg: “Wat vir my belangriker is [...] is [Van Xxxxxxxx xx] idees oor die absolute gedig27 – die stel en ontwikkeling van ’n tema, die stel en ontwikkeling van ’n teentema en die terugkeer van die eerste tema[.]”
Hierdie strukteringswyse – as ’t ware na die aard van die sonatevorm28 – blyk inderdaad onderliggend xx xxxx aan die gedig uit holtrom en groot kabaal wat ek in verband met Van Xxxxxxxx xx nalatenskap ter bespreking xxx xxxx. “Swingin’ Groningen” (Xxxx Xxxxxxx, 0003: 77) is, volgens Xxxx Xxxxxxx (0015) self, op persoonlike ervaringsvlak geïnspireer xxxx xx bywoning, tydens die xxxxx xxx xx vermelde Laelandse verblyf, van die gelyknamige (en jaarliks georganiseerde) jazzfees in die stad Groningen in die noorde van Nederland. In die gedig weerklink egter nie net die (Afro-)Amerikaanse musiekstyle swing en jazz en die talle kulturele uitlopers dáárvan nie, maar ook bepaalde Nederlandstalige literêre werke. Die humoristies-ironiese jukstaponering van Amerikaanse populêre kultuur en die triestig reënerige stad word geëggo in die wyse waarop die leser sowel die misère van byvoorbeeld X.X. Xxxxx se bekende “November”29 as ’n verskeidenheid van Van Xxxxxxxx xx dans- en musiekgedigte uit dié se laaste drie bundels in die herinnering geroep kry. Wat Van Xxxxxxxx xx poësie betref, dink ’n mens aan die assosiatiewe, ritmies-musikale woord- en klankspel in “Barbaarse dans”, “METAFISIESE JAZZ”, “Vers 3” en “Vers 4” uit De feesten van angst en pijn, dele van “Music Hall” en “De aftocht” uit Bezette stad, en dalk ook “Woord- jazz op russies gegeven” en “Boere-charleston” uit Nagelaten gedichten. Met betrekking tot die genoemde ritmiese klank- en betekenisspel-elemente, waardeur ’n “ontindividualiseerde” effek (Xxxxxxxxx, 0098: 609) in die hand gewerk word, en met motiewe wat op sonate-agtige wyse rondom hoofsaaklik die tematiese paar musiek en reën aangekondig en afwisselend ontwikkel word, vertoon Xxxx Xxxxxxx (0003: 77) xx xxxxx myns insiens xxxxx xx vermoede verwantskappe met die vermelde Van Xxxxxxxx-xxxigte. Só xxxxx xxxx xxx Xxxx Xxxxxxx xx xxxxx:
Swingin’ Groningen
dit xxxx xxxx xxxx xxxx
doebie dabie doebie doebie doebie da [...]
knik jou kop xx xxx xx xxx knikknik kop ja
water loop langs jou rug af rug af so-o langs jou rug xx xxxxx jou rug af
af af rug af-af-af af af
diebie xxxxx xxxxx diebie dobie do plus die basvio-ool pluk-pluk bo-o
druk draai hom pluk hom dit ree-e-ree-e-ree-ën langs jou rug af wind waai-a-aai-a-aai
[...]
boude wikkel skoene tokkel sluk aan jou gla-a-xxxx xxxx a
bierre xxxxxx xxxxx barre barre bier ritme in jou rugmurg murg [...] [...]
ons xxxx xx-azz dja-dja ja-azz dja in gro-o in xxxxx xxx-o in xxxxx
xxx xxxxxxxx-x-xomde gro-o-o-ningen
swingin’ gro-o-o-ningen swingin’ swing-swing so[.]
8. Gevolgtrekkings
Uit die in hierdie artikel bespreekte voorbeelde30 van literêre erfgenaamskap is dit duidelik dat dit veral die latere, avant-gardistiese Van Xxxxxxxx, xxe digter van die “organiese expressionisme” en die “zuivere lyriek”31 (Xxxxxxxxx, 2004: 29) is wie se nalatenskap aktief in sowel die Nederlandstalige as die Afrikaanse digkuns voortleef.
Wat die Afrikaanse poësie betref, manifesteer dié literêre vaderskap eers in die era ná die afloop van wat al as die “Derde Beweging” (Kannemeyer, 2005: 120) in die Afrikaanse kultuurstrewe bestempel is. Laasgenoemde ‘beweging’ het die twee dekades sedert ongeveer 1935 beslaan, en is gekenmerk deur ’n ambisie om internasionale “gelykwaardigheid en volwassenheid” te bereik sover dit byvoorbeeld literêre prestasie betref (Kannemeyer, 2005: 120-121).
N.P. xxx Xxx Xxxx xxx die mees vooraanstaande vertolker van hierdie literêre strewe. Hiervolgens xxxx die volledige menslikheid, xxxx xxxx die Afrikaanse
mens beleef (Louw, 1971: 49), met “volmaakte tegniek” (Louw, 1971: 15) onder woorde kom; die skep van poësie is as “’n hoë en dwingende taak” gesien (Louw, 1971:49-50).
In hierdie opsig het Xxxxxxxx xxx Xxx (0009: 121), wie se argument in verband met Van Xxxxxxxx xx (minder geagte) rol in die Afrikaanse letterkundesisteem in die inleiding vermeld is, wel reg: Sy poëtikale sienings oor die outonome, vry-assosiatiewe taalspel in die ‘zuivere lyriek’ hét vreemd gestaan aan die ekspressiewe drang wat met die Dertigers en hulle onmiddellike opvolgers se ‘hoë’ erns gepaardgegaan het.
Die “(her)ontdekking van die Suid-Afrikaanse werklikheid” (Xxxx, s.a.: 3) in die Afrikaanse poësie, waaronder van die aards-landelike en van aktualiteite xxxx die polities-maatskaplike posisie en leefwêreld van die ‘Bruinmens’ (Xxxxxxxx, 1974: 116–117) sedert ongeveer 1955, het egter gepaardgegaan met stilistiese verskuiwings waardeur die Sestigerdigters ontvankliker jeens Van Xxxxxxxx xx later werk te staan gebring is. Wegbereiders vir die digkuns van Sestig, waarvan die hierbo bespreekte Boerxxxx ’n belangrike eksponent was, se voorkeure het begin uitgaan na groter spreektaligheid, na die volksaardige, maar ook die speelse en geestige toe. Dié spreektaligheidstendens, onder andere gemanifesteer in die groeiende benutting van Afrikaanse omgangsvariëteite, is een wat sedert Sestig selfs sterker neerslag sou vind in die Afrikaanse poësie (Odendaal, 2015).
Die verstegniese en tipografiese eksperimentering (Xxxxxx, 2000: 3; Kannxxxxxx, 0005: 275), in die volle gees van die modernisme (Van Xxxxxx , 0999: 249), waardeur veral die eerste van die voorheen vermelde “twee bewegings” (Kannemeyer, 2005: 268-269) van die breë Sestigervernuwing in Afrikaans aangevuur is,32 het die openheid vir invloede xxxx dié van Van Ostaijen verder bevorder. Gedigte xxx xxx met xxxx “ikoniese status” (Xxxxxx, 0012: 51) – “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen”, “Melopee”, “Berceuse presque nègre” en ander bekende dans- en musiekgedigte uit sy laaste drie bundels – se nawerking is in die besonder in hierdie verband te vermeld.
Soms strek die nawerking kwalik verder as impulsaanduidende sitering (byvoorbeeld in mottovorm). Tematiese en/of stilistiese en/of vormlike naskrywings kom egter ook voor. Wat verder opval is dat, xxxx dit die geval in die Vlaamse en Nederlandse literatuursisteme was en is, die naklanke van Van Xxxxxxxx xx xxxxx-gardistiese digwerk meestal juis by Afrikaanse digters te hore is waarvan die digwerk – op verskillende maniere, xxxx grootliks aangetoon – as vernuwend van aard binne die Afrikaanse sisteem ervaar word: Boerneef (as Sestiger-oorgangsfiguur), Breytenbach en Xxxxxxxx (as volbloed-Sestigers), Johax xxx Xxx xx Xxxxx Letoit/Xxxx Xxxxxxx (xx eksponente van ‘betrokke’ poësie van die 1970’s en 1980’s), Xxxxxx Xxxx (’n digter wat sedert haar debuut in 1970 herhaaldelik met ‘normdeurbrekende tendense’ vorendag kom; kyk
Van Xxxxxx, 0099: 270) en Xxxxxxx xxx Xxxxxxx (xxt volgens ’n resensent xxxx Bezuxxxxxxxx, 0013, met haar bundel Kaar “die Afrikaanse digkuns op ’n nuwe trajek” plaas).
Vereenselwiging met, maar soms ook ironiese opstellings teen aspekte van die poëtika van die latere Van Xxxxxxxx, xxsinjaleer deur die doelbewuste ontlenings uit, naskrywings van of parodiërings op xx xxxx, speel in sulke gevalle ’n rol. Die herhaalde, betekenisimplikasiegewys uiteenlopende herskrywings van “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen” in die afgelope 50 jaar se Afrikaanse poësiegeskiedenis, meermale xxxx xxxx van die vernuwende digters in bostaande paragraaf vermeld, dien as uitstaande heenwyser in hierdie verband. Slegs Xxxxxx Xxxxxxxx (xx die vermelde lesing uit 1999), T.T. Cloete en Hein Viljoen (xxxx hierbo aangetoon) het egter na my wete pertinente poëtikale uitsprake in hierdie verband gemaak.
Xxxx genoem, word beoog om in ’n opvolgartikel Xxxxxxxx xx redelik uitvoerige uitsprake hieroor, vergesel van illustrasies uit sy en Van Xxxxxxxx xx oeuvres, ter diskussie te stel. Sekere uitsprake deur Xxxxxxxx (0099: 2) is egter wel hier relevant. Dit betref die blootstelling wat hy op belangrike stadia in die ontwikkeling van sy digterskap aan die Nederlandstalige digkuns gekry het – volgens hom al op hoërskool-, maar veral later op universiteitsvlak. Die feite dat, sedert Afrikaans in 1918 as universiteitsvak erkenning gekry het, Nederlandse (en Vlaamse) taal- en letterkunde naas Afrikaanse taal- en letterkunde aan talle tersiêre instellings in Suid-Afrika en Namibië (voorheen Suidwes-Afrika) onderrig is,33 en dat ’n aansienlike omvang van (institusionele en interpersoonlike) interaksie op hierdie wyse tussen die Afrikaanse en Nederlandstalige literêre sisteme ontstaan het en steeds bestaan,34 is belangrike gegewens ter verklaring van die literêre vaderskapsrol wat Van Xxxxxxxx xx digter in die Afrikaanse literêre sisteem kon/kan speel.
Sover vasgestel kon word, het amper al die Afrikaanse digters waarvan werke in hierdie ondersoek betrek is, tersiêre studie in Afrikaans (en Nederlands) op minstens voorgraadse vlak onderneem, waardeur hulle hoogs waarskynlik met Van Xxxxxxxx xx xxxx xxx xxxxxx gemaak het – die uitsondering xxxxx Xxxxx Letoit/Xxxx Xxxxxxx, wat wel aan die Universiteit van Pretoria begin studeer het, maar nooit sy graadstudies voltooi het nie (Anoniem, 2015). Trouxxx, Xxerxxxx, Xxxxxx Xxxxxxxx, X.T. Cloexx, Xxxxxx Xxxx, Xxxxxxx xxx Xxxxxxx, Xxxxxxx Xxxxxxxx, Xxhax xxx Xxx xx Xxxx Xxxxxxx xxx op een of ander stadium van xxx xxxxxx ook as dosente op die terrein van die Afrikaanse en Nederlandse taal- of letterkunde werksaam wees.
Noordwes-Universiteit
Bronnelys
Xxxxx, X.X. & Xan Xxxxx, X.C. 1994. Domweg gelukkig, in de Dapperstraat. De bekendste gedichten uit de Nederlandse literatuur. Amsterdam: Ooievaar Pockethouse.
Xxxxxxx, Xxxxxx X. & Xxxxxxxx, Xxxxxx. 0091. The achknowledgement of literary influence: A structural analysis of German literary influence. Sciological Forum 6(1): 137-156.
Anoniem. 2015. Xxxx Xxxxxxx. Wikipedia. The Free Encyclopedia. Aanlyn beskikbaar: xxxxx://xx.xxxxxxxxx.xxx/xxxx/Xxxx_Xxxxxxx. Geraadpleeg, 8 Desember 2015.
Xxxxxxxxxx, Xxx. 0009. De bijzondere betekenis van de Vlaamse letterkunde voor de Zuidafrikaan. In: Verkenning en kritiek. Studies en referate [van Xxx Xxxxxxxxxx], xngelei xxxx X.X. Xxxckheere. Pretoria: HAUM. p. 94-107.
Beulxxx, Xxxxx. 0001. Van Xxxxxxxx xxx heden. Zijn invloed op de Vlaamse poëzie.
Nijmegen: Uitgeverij Vantilt.
Beulxxx, Xxxxx. 0012. Broeders en zusters, neven en nichten. Verbanden tussen de Vlaamse, Nederlandse en Afrikaanse literaturen. In: T’Xxxxx, Xxxx & Xxxxxx, Xxxxx (xxds.). Toenadering. Literair grensverkeer tussen Afrikaans en Nederlands. Leuven / Den Xxxx: Acco. p. 27-44.
Xxxxxxxxxxxx, Xxxxxx. 2013. Resensie: Kaar (Xxrlxxxx xxx Xxxxxxx).
Versindaba. ’n Kollektiewe webblog vir die Afrikaanse digkuns. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxxxxxxxxx.xx.xx/0000/00/00/xxxxxxxx-xxxx-xxxxxxx-xxx-xxxxxxx. Geraadpleeg, 8 Desember 2015.
Xxxxx, Xxxxxx. 0073. The Anxiety of Influence: A Theory of Poetry. New York: Oxford University Press.
Boerneef (ps. I.W. xxx xxx Xxxxx). 0958. Xxxxxx. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
Xxxxxx, Xxx. 0008. Marc xx de dingen. Literatuur zonder leeftijd 22: 42-46.
Xxxxxxx, Xxxxxx. 0096. Xxxx xxx Xxxxxxxx. Xxn documentatie (twee delen). Amsterdam: Uitgeverij Xxxx Xxxxxx.
Xxxxxx, Xxxxxxx. 0003. Het Afrikaanse rock iets vir die Afrikaanse poësie te sing? Stilet 15(1): 101–121.
Xxxxx, Xxxx & Zuidxxxxx, Xx. 1992. Hedendaagse Nederlandstalige dichters.
Rekkem: Stichting Ons Erfdeel vzw.
Xxxxxxxxxxx, Xxxxxxx. 1964. Die ysterkoei moet sweet. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
Xxxxxxxxxxx, Xxxxxxx. 1969. Kouevuur. Kaapstad: Buren-Uitgewers.
Cloexx, X.X. 0007. Xxxx xxx Xxxxxxxx (0096-1928). In: Xxxxxx, X. & Xloexx, X.T. (samests.). 1977. Uit die skat van die Nederlandse liriek, xxxx 4. Xxx Xxxxxxx tot Xxxxxxxxxx (met inleiding en aantekeninge deur T.T. Cloete). Pretoria: X.X. xxx Xxxxxx Xxxerk. p. 193-202.
Cloexx, X.X. 0003. Die ander een is ek. Plettenbergbaai: Pooka.
Xxxxxx, Xxxxxx. 0071. Uit die Skat van die Nederlandse liriek III: Van Bilderdijk tot Xxxxxx. Pretoria: X.X. xxx Xxxxxx Xxxerk.
Du Xxxxx, X. 0000. Stroxxxxx, xxsiokodes en representasies. Literator 11(3): 70-94.
Xxxxxxxxxxx, Xxxxx. 0010. [W]at die water onthou. Pretoria: Protea Boekhuis.
Evenxxxxx, Xxefaan. 1988. Ten geleide. In: Van Xxxxxxxx, Xxxx. 0088. Xxxxxxx van uw eenzaamheid. Een keuze uit de poëzie van Paul xxx Xxxxxxxx, xxgeleid en samengesteld door Stefaan Evenepoel. Leuven: Davisfonds. p. 9-22.
Xxxxxx, Xxxxx. 0000. Beelde van die Afrikaanse poësie sedert 1960. Referaat gelewer by die simposium van die Letterkunde-Ondersteuningskomitee van die Universiteit van Stellenbosch, 25 Februarie 2000; aangepas vir deelnemers aan die poësiewerkswinkels van die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch. LitNet PoësieNet. Aanlyn beskikbaar: xxx.xxxxxxxx.xx.xx/xxxxxx/00xxxxxx.xxx. Geraadpleeg, 16 Mei 2011.
Xxxxxx, Xxxxx. 0012. Afrikaanse herskrywings van Xxxxxxxx Xxxxxxx xx ikoniese gedig “Impasse”. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 19(1): 51-68.
Fourxx, Xxxxxxxxx. 0011. Biografie van ’n bende. Die xxxxxx van Fokofpolisiekar (Xxxxx Xxxxxxx). XitNet Akademies-resensie-essay. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxx.xxxxxx.xx.xx/Xxxxxxx/xxxxxxxxx-xxx-x-xxxxx-xxx-xxxxxx-xxx- fokofpolisiekar. Geraadpleeg,16 Maart 2013.
Xxxxxxxx, Xxxxxxx. 0090. Xxxxxxx Xxxxxxxxxxx xx openbare figuur. Pretoria: HAUM- Literêr.
Xxxxxxxxxxxx, Xxxx. 2009. Between Two World Wars: 1916-1940. In: Xxxxxxx, Xxxx. (xx.). A Literary History of the Low Countries. New York: Camden House. p. 532-571.
Grovx, X.P. (samest.). 1974. X.X. Xxxxxxxx – dolosgooier van die woord. Saamgestel [...] by geleentheid van die digter se sestigste verjaardag op 29 September 1974. Kaapstad: Tafelberg.
Grovx, X.X. & Xxxxxx, X.X. 1968. Digters uit die Xxx Xxxxx. Pietermaritzburg: Natalse Universiteitspers.
Xxxxxxxxx, Xxxx. 0098. Eind oktober 1918: Xxxx xxx Xxxxxxxx xxxkt uit naar Berlijn – Doorbraak van de avant-garde in Vlaanderen. In: Schexxxxxxx-xxx xxx Xxxxxx, X.A. (hoofred.). 1998 (eerste uitgawe 1993). Nederlandse Literatuur, een geschiedenis. Amsterdam & Groningen: Uitgeverij Contact. p. 602-609.
Xxxxxxxx, Xxxx. 0012. Xxxxxx Xxxxxxxxx (0049–2012). LitNet. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxxxxx.xx.xx/Xxxxxxx/xxxxxx-xxxxxxxxx-00000000. Geraadpleeg, 25 Februarie 2012.
Human, Koos. 1992. Die A tot Z van klassieke musiek. Kaapstad en Johannesburg: Human & Xxxxxxxx.
Xxxx, Xxxxxx. 0009. Die tydskrif Wurm (1966-1970) en die Afrikaanse literatuurgeskiedskrywing. LitNet Akademies 6(2): 46-61. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxx.xxxxxx.xx.xx/xxx-xxxxxxxx-xxxx-0000-0000-xx-xxx-xxxxxxxxxx- literatuurgeskiedskrywing. Geraadpleeg, 8 Desember 2015.
Xxxx, Xxxxxx. 0010. D.P.M. Botex, Xxxxxx Xxxxxxx, xxe Europese avant-garde en ’n literêre definisie van plagiaat. Tydskrif vir Letterkunde 47(2): 48-58.
Xxxx, Xxxxxx. X.a. Afrikaanse poësie IV: Die Sestigerjare. Aanlyn beskikbaar:
xxxxxxx.xx.xx/xxxxxxxxx/x/Xxxxxxxxxx_xxxxxx_XX/Xxx_Xxxxxxxxxxxx. Geraadpleeg, 16 Junie 2011.
Kamfxx, Xxxxxxx X. 0001. Grond/Santekraam. Kaapstad: Kwela Xxxxx.
Xxxxxxxxxx, X.X. 0006. X.X. Xxxxxxxx. ’n Biografie. Kaapstad en Pretoria: Human & Xxxxxxxx.
Xxxxxxxxxx, X.X. 0008. Xxx Xxxxx: Xxe buitestander onder die Dertigers. In: Xxxxxxxxxx, X.X. (xxd.). Die veelsydige Krige. Vyf studies oor die skrywer en die mens. Kaapstad: Human & Xxxxxxxx. p. 32–46.
Xxxxxxxxxx, X.X. 0005. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Kaapstad: Human & Xxxxxxxx.
Xxxxx, Xxxx & Xaraxx, Xxxxxx Xxxxxxx. 0010. Wopkx Xxxxxx xx die soeke na ’n nuwe (Suid-) Afrikaanse identiteit. Tydskrif vir Letterkunde 47(1): 5-24.
Xxxxxxx, X. 0009. Die opkoms van Afrikaanse rock en die literêre status van lirieke, met spesifieke verwysing na Fokofpolisiekar. (Ongepubliseerde MLitt-verhandeling.) Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch.
Xxxxxxx, Xxxx. 2003 (derde druk; eerste druk 1985 onder die digtersnaam Xxxxx Xxxxxx). Xie geel kafee. Pretoria: Protea Boekhuis (eerste druk deur Perskor).
Xxxxx, Xxx. 1961. Gedigte 1927-1940. Pretoria: X.X. xxx Xxxxxx Xxxerk.
Xxxx, Xxxxxx. 0006a. Verweerskrif. Roggebaai: Umuzi.
Xxxx, Xxxxxx. 0006b. Body bereft. Roggebaai: Umuzi.
Louw, X.X. xxx Xxx. 0001 (eerste uitgawe 1939). Berigte xx xxxxx. Opstelle oor die idee van ’n Afrikaanse nasionale letterkunde. Kaapstad: Tafelberg.
Xxxxxxxx, X.J.M. & Xxxxxxxx-Luitxxxx, X. S.a. Moderne Nederlandse gedigte.
Kaapstad, Bloemfontein en Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.
Xxxxxxxx, Xxxxxxx. 0004. Ironie en humor kenmerk steeds Pretxxxxx xx digkuns. Volksblad, 26 Januarie: 8.
Xxxxxxxx, Xxxxxxx. 0007. Onbedoelde land. Kaapstad: Tafelberg.
Xxxxxxxx, Xxxxxxx. 0011. (Resensie van) Gronx/Xxxtekraam (digbundel xxxx Xxxxxxx X. Xxxfer. Versindaba. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxxxxxxxxx.xx.xx/xxx/ bernard-odendaal-resensies. Geraadpleeg, 20 Januarie 2016.
Xxxxxxxx, Xxxxxxx. 0015. Omgangsvariëteite van Afrikaans in die digkuns sedert Sestig. Stilet 27(2): 32-62.
Xxxxxxx, Xxxxxx. 0094. Aantekeninge by die “Barokke gedichten” van Paul xxx Xxxxxxxx. Xxdskrif vir Nederlands en Afrikaans 1(1): 13-26.
Xxxxxxxx, X.X. 1964. Xxxx-mis [1947-64]. Kaapstad en Pretoria: Human & Xxxxxxxx.
Xxxxxxxx, X.X. 1974. Naaldekoker. Kaapstad: Tafelberg.
Xxxxxxxxx, Xxxx. 0004 (1989). Geenzijds der zinnekim. In: Xxxxxxxxx, Xxxx (xxmest.). Bloemlezing uit de poëzie van Paul xxx Xxxxxxxx (Xxchters van nu 8). Gent: Poëziecentrum. p. 5-41.
Xxxxxxx, Xxxx. 0054. Nieuwe griffels schone leien. Den Xxxx: Xxxx Xxxxxx / Xaamen N.V.
Xxxxxxx, Xxxxx (xxd.). 1974. Woord en wederwoord. Bundel aangebied aan X.X. Xxxxxxxx by geleentheid van sy sestigste verjaardag 29 September 1974. Pretoria en Kaapstad: Human & Xxxxxxxx.
Spinxx, Xxxx. 0002. Van Ostaijen tot Beulens. Ons Erfdeel 45: 264-266.
Xxxxxxxx, Xxxxxx. 0013. Geschiedenis van de moderne Nederlandse literatuur.
Nijmegen: Uitgeverij Vantilt.
Xxx Xxxxx, Xxxxx & Xempxxxxx, Xxxx. 0006. Literatuur van de moderne tijd.
Nederlandse en Vlaamse letterkunde in de 19e en 20e eeuw. Bussum: Uitgeverij Xxxxxxxx.
Xxx Xxxxxx, Xxxxxx & Xxxxxxxx, Xxxxxxx. 0009. Die verhouding tussen die Afrikaanse en Nederlandse literêre sisteme. ’n Chronologiese oorsig. In: Xxxxxx, Xxxxx; X’Xxxxx, Xxxx & Xxxxxxxx, Xxxxxx (xxds.). Over grenzen. Een vergelijkend studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poëzie. Leuven / Den Xxxx: Acco. p. 19-46.
Vancxxxxx, Xxxxxxx. (xxmest.) 1989. Spiegel van de surrealistische poëzie in het Nederlands. Amsterdam: Meulenhoff Nederland bv.
Van xxx Xxxx, X. 0008. Poësie in die tydperk rondom die Eerste Wêreldoorlog. In: Van xxx Xxxx, X.; Xxlhxxx, X.H.F. & Xxxxxxx, X.X. (reds.). Momente in die Nederlandse letterkunde. Kaapstad & Pretoria: Academica. p. 435-461.
Van xxx Xxxx, X. 0002. Konkrete poësie. In: Cloexx, X.X. (xxd.). Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr. p. 230-233.
Van der Merwe, C.N. 1981. Tromboniusdagboekenkaart: ’n Boerneef-boek. Kaapstad: Tafelberg.
Van Xxxxxxx, Xxxxxxx. 0013. Kaar. Kaapstad: Human & Xxxxxxxx.
Van Xxxxxxxx, Xxxx. 0004 (1989). Bloemlezing uit de poëzie van Paul xxx Xxxxxxxx
(xaamgestel deur Xxxx Xxxxxxxxx). Xent: Poëziecentrum.
Van Xxxxxx, Xxlize. 1999. Perspektief op die moderne Afrikaanse poësie (1960–1997). In: Xxx Xxxxxx, X.P. (red.). Perspektief en profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis, Xxxx 2. Pretoria: X.X. xxx Xxxxxx Xxxdemies. p. 244-304.
Van Xxxxxx, Xxlize. 2006. Tussen “Grense” en “Groot ode”. ’n Xxxxx essay oor
die poësie van N.P. xxx Xxx Xxxx (0006–1970). Tydskrif vir Geesteswetenskappe
46(3): 279-290.
Van Xxx, Xxxxx. 0076. Deur die oog van die luiperd. Kaapstad en Pretoria: Human & Xxxxxxxx.
Van Xxx, Xxxxxxxx. 0009. Grensoorskrydende passie in die poësie van Xxxxxx Xxxx xx Xxxx Xxxxxxx. Xxouxxxxxxxxxxx, xxnvensie of vernuwing? In: Xxxxxx, Xxxxx; X’Xxxxx, Xxxx & Xxxxxxxx, Xxxxxx (xxds.). Over grenzen. Een vergelijkend studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poëzie. Leuven / Den Xxxx: Acco. p. 109-127.
Van Xxx, Xxxx. 0075. Die Afrikaanse volkspoësie, met spesiale toespitsing op Boerneef se poësie. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch.
Van Xxx, Xxxx. 0000. ’n Vyftiger uit die Koue Bokkeveld? Tydskrif vir letterkunde
38(1/2): 51-62.
Viljxxx, Xxxx. 0098. Xxxxxxx Xxxxxxxxxxx (0039–) alias Xxxxx, xxias Don Xxxxxxxxx, Xxiax Xxxxxx Xxxx, xxias Kamixxxxx. Xx: Xxx Xxxxxx, X.P. (red.). Perspektief en profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis, Xxxx 1. Pretoria: X.X. xxx Xxxxxx Xxxdemies. p. 274–293.
Viljxxx, Xxxx. 0003. [H]oltrom en groot kabaal. Pretoria: Protea Boekhuis.
Viljxxx, Xxxx. 0015. Persoonlike e-posskrywe aan die artikelouteur, gededateer 2015/12/11.
Xxxxxxx, Xxxxxx. 0009. Ons ongehoorde soort. Beskouings oor die werk van Xxxxxx Xxxx.
Xtellenbosch: SUN Press.
Xxxxxxx, Xxxxxx. 0014. Afrikaanse digters in gesprek met Xxxxxxxxxxx xx digterskap. In: Xxxxxxx, Xxxxxx. Xxe mond vol vuur. Beskouings oor die werk van Xxxxxxx Xxxxxxxxxxx. Xxellenbosch: SUN MeDia. p. 241-270.
Xxxxxxxxx, Xxxxxx. 0097. Sy woorde sing xxxx wind xxxx xxxxxx se kragdrade (onderhoud met Xxxx Xxxx Xxx). Xeeld, 18 April: 5.
Xxxxxxxx, Xxxxxx. 0099. Poësie as spel: Van Xxxxxxxx, Xxerneef, ’n paar ander
– en ek. [Ongepubliseerde] [v]oorlesing gehou voor die Genootskap Nederland
– Suid-Afrika, Tak Bloemfontein, 17 Mei.
Xxxxxxx, Xxx. X.a. (Bespreking van) Melopee. Meander Klassiekers. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxxxxxxxxxxxxxxxxx.xxx/xxxxx.xxx?xxx0. Geraadpleeg, 20 Januarie 2016.
Note
* Finansiële bystand van die NRF word hiermee erken. Menings uitgespreek en gevolgtrekkings waartoe geraak is, is dié van die outeur en moet nie noodwendig aan die NRF toegeskryf word nie.
1. ’n Onverdrote ywer om erkenning te verwerf (Xxxxxxxxx, 2004: 12-13), en ’n xxxxx vernuwingsdrang voortspruitend uit ’n dinamiese, nie-konformerende, avant-gardistiese ingesteldheid (Xxxxxxx, 1996: 39, 46-47; Vaessens, 2013: 237, 258-259, 262), het byvoorbeeld sy intense literêre bemoeienis gekenmerk. Voorts was hy, as flamingant, aktivisties betrokke by sosiopolitieke aangeleenthede xxxx die Vlaamse taalstryd (Van xxx Xxxx, 0088: 453; Hadermann, 1998: 603-604). Uit vrees vir vervolging ná die beëindiging van die Duitse besetting van België tydens die Eerste Wêreldoorlog, wyk hy byvoorbeeld uit na Berlyn in die geselskap van sy minnares Xxxxxx Xxxxxxx – wat, xxxx xx, bande met die Duitse besetters gehad het (Xxxxxxx, 1996:185).
2. Naas aantekeninge oor die uitstaande kenmerke van Van Xxxxxxxx xx literêre bydraes in enkele histories-oorsigtelike bloemlesings wat in Suid-Afrika uitgegee is (almal vir onderrigdoeleindes
– Xxxxxxxx & Xxxxxxxx-Luitingh, s.a.; Grovx & Xxxxxx, 1968; Cloexx, 0077) of in die enigste bestaande geskiedenis van die Nederlandstalige literatuur in Afrikaans (Van xxx Xxxx, 0088), is ek bewus van slegs een diepgaande ondersoek in Afrikaans oor ’n onderdeel van sy oeuvre, naamlik ’n vaktydskrifartikel deur Xxxxxx Xxxxxxx (0094) aangaande sy “Barokke gedichten”.
3. Van Xxx (0009: 121) het die gebroeders W.E.G. Louw en N.P. xxx Xxx Xxxx xx gedagte, twee van die toonaangewende figure onder die Afrikaanse ‘Dertigers’, wie se werk “aanvanklik op die intieme binnelewe van die xx xxxxx en selfanalities en belydend van aard” was (Kannxxxxxx, 0005: 127).
4. ’n Stilistiese handgreep wat “de verzelfstandiging van het beeld” ingehou het, deurdat die konvensioneel oordragtelike verband in die beeldingsproses prysgegee word, xxxx xxxx die Vyftiger Xxxx Xxxxxxx (1954: 10-11) verduidelik.
5. Die begrip ‘sensibiliteit’ was nog een wat Van Ostaijen met die sonoriteitseienskap van die woordkunswerk in verband gesien het. Deur die klank- en betekenisspel word die taal “gevoelig gemaak deur die verhouding van die woorde tot mekaar – dus, weer ’n xxxx van eenheid” (Cloete, 1977: 197). Dit gaan hier om ’n soort gedig waarvan die ontstaansbegin sonder onderwerp is, en waarvan die “inhoud [...] pas ontstaan tijdens het proces van vormgeving. Het is een ogenschijnlijk niet-geïntendeerde inhoud die in zekere zin losstaat van de controle van het subject” (Vaessens, 2013: 352). Xxx xxx Xxxxx (1981: 29) raak ’n soortgelyke kwaliteit van heelparty van Xxxxxxxx se gedigte aan as hy na aanleiding van ’n bespreking van die bundeltitel Palissandryne, ’n neologistiese titelwoord wat Xxxxxxxx self geskep het, die volgende skryf: “[D] ie andersoortigheid [van sy verse] maak ’n eie naam noodsaaklik. [...] Die klank is vir hom belangrik, xxxx ook getoon word wanneer hy in die [openingsgedig van die bundel] die woord ‘palissander’ gebruik om sy fluitspel te karakteriseer – die woord beteken niks, maar dit xxxxx so lekker. Die beskrywing van sy digkuns met ’n onverstaanbare woord berei ook voor op die slotreël met xx xxxxxxxx dat ‘niemand palissandertaal verstaan’.”
6. Ook X.X. xxx xxx Xxxxx (1981: 27) maak gewag van Xxxxxxxx se gebruik van “frases, sinne en versreëls wat in die volksmond leef, bv. in die spreekwoord, lied en raaisel”, en bestempel hom as “volksdigter in meer as een sin van die woord”. Hy is eerstens ’n “digter van die xxxx”, omdat hy bestaande rympies, liedere, ensovoorts direk óf aangepas in sy bundels opneem; tweedens
“digter vir die xxxx omdat sy poësie deur ’n groot xxxx van die bevolking geniet kan word” (Xxx xxx Xxxxx, 1981: 40).
7. Vir hom is die volksmond die “fontein van sêmaarso”, luidens die gedig “Skrywende nou van agter tot voor” uit sy debuutbundel, Die ysterkoei moet sweet (1964).
8. Dit is verleidelik om die slotwoord, “Daaa-ag!”, in X.X. Xxxxxxxx xx xxxxx “Konsertina- Poskaart”, uit dié digter se 1964-bundel Xxxx-mis, as ’n eggo xx xxxx van die groetwoord “Dag” (op een plek ook met uitrekking van die vokaal gespel: “Da-aag [vis]”) uit die onderhawige gedig van Xxx Xxxxxxxx. Xxxxxxxx (1964: 48) xx xxxxx is geskryf “as afskeid van Nederland” op 14 Mei 1957 (Kannemeyer, 1986: 281), en wel teen die einde van ’n sesmaandelange reisbesoek aan die Europese vasteland. Dit het, volgens Xxxxxxxxxx (1986: 282), xx Xxxx xxx Xxxxxxx tot stand gekom op die vooraand xxx Xxxxxxxx en xx xxxx se oortog oor die Engelse Kanaal, onderweg na Londen, vanwaar hulle uiteindelik sowat ’n maand en ’n half later sou terugkeer na Suid-Afrika. In die Xxxxxxxx-xxxxx word die vermelding van Laelandse plekname (Amsterdam, Den Xxxx, Scheveningen, Delft) en kenmerkend Laelandse verskynsels en landmerke (die Westertoring, ophaalbûe, vissersklompe, koeie, windmeulens, die “Noordermis”, en dergelike) enumeratief opgestapel as mededelings aan ’n ongeïdentifiseerde aangesprokene. Dit dien kennelik as deernisvolle oproeping van herinneringe aan die voorafgaande maande se nabye belewing van die genoemde plekke en verskynsels. In die slotreël van die gedig vind egter ’n perspektiwiese verskuiwing plaas en word die vermelde plekke en verskynsels self aangespreek, naamlik by wyse van die genoemde Nederlandse afskeidsgroetwoord “Daaa-ag!” – so met die a-vokaal uitgerek geskryf om ooreen te kom met hoe Nederlandstaliges dit dikwels by ontmoeting of afskeidname gebruik. In Xxx Xxxxxxxx se “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen” word die oggenddinge (vanuit tweedepersoonsperspektief) ook aangespreek, maar reeds van die begin van die xxxxx xx en met benutting van die woord “dag” as begoetingswoord. Die “Daaa-ag” in die Xxxxxxxx-vers kan dus moeilik as weerklinking van spesifiek Xxx Xxxxxxxx se gebruik van die groetwoord gesien word. Wat wel bydra tot die aanvanklike vermoede van ’n weerklank, is dat daar ook enkele ander gedigte in Xxxxxxxx xx bundel voorkom wat die xxxxx as moontlike kniebuigings in die rigting van Xxx Xxxxxxxx se digwerk of poësiebeskouings sou kon interpreteer. ’n Mens dink hier eerstens aan die spel met die tipografiese kontoer in “Safari” (Xxxxxxxx, 1964: 9) om op visuele wyse bykomend iets te kommunikeer aangaande die lewenswerftog waaroor die digter dit in daardie gedig het (alles in die “wêreld” wat onderweg is “na die gaatjie in die grond º”, xxxx dit in die gedigslot lui); daarby kan die verstrooiing van lettertekens en ’n enkele uitroepteken oor die bladsy, sonder kennelike woord- of sinsverbande, in die vers “Korste gedigte in die wêreld” (Xxxxxxxx, 1964: 10) gereken word. Sou die vormgewing van hierdie gedigte geïnspireer kon gewees het deur die tipografiese spel in die nihilisties-dadaïstiese verse (Hadermann, 1998: 605- 606), dit wil sê gedigte wat soms eerder “kykervarings” as leeservarings wou wees (Xxx xxx Xxxx, 1988: 457), wat Xxx Xxxxxxxx tydens die sogenaamde Berlynse fase van sy digterskap begin skep het? En staan “Paars poëtica” – die gedig wat laasgenoemde twee in Xxxx-mis onmiddellik voorafgaan, en wat lui dat ’n gedig as ’t ware outonoom tot stand kom xxxx xx “xxxx [..] binne homself / [te] ontdek”, met die digter slegs as “tussenganger” of “handlanger” betrokke by
die proses – nie klaarblyklik in die teken van die opvattings oor “zuivere lyriek” (vergelyk Evenepoel, 1988:19, en Xxxxxxxxx, 2004:30) wat na aanleiding van Xxx Xxxxxxxx se Berlynse verblyf by hom sou ontwikkel nie? Helaas is geen getuienis ter stawing van sulke vermoedens op xx xxxxx nie. In geen van die bestaande Afrikaanse literatuurgeskiedenisse, nóg in Kannemeyer (1986) se biografie oor Xxxxxxxx, nóg in opstelbundels oor Xxxxxxxx xx werk xxxx Xxxxx en wederwoord (Xxxxxxx, 1974) en X.X. Xxxxxxxx – dolosgooier van die woord (Grové, 1974), kon enige verwysings na sodanige intertekstuele verbande of verwantskappe opgespoor word nie. Selfs wanneer Xxxxxxxx, in ’n gepubliseerde lesing xxx xxx (Xxxxxxxx, 1974: 87-101) gehou tydens ’n kunstefees te Stellenbosch in September 1961, oor “moderne poësie” praat, en Xxx Xxxxxxxx se naam saam met dié van ander ekperimenterende Nederlandstalige digters xxxx Xxxxxxx, Xxxxxx en Xxxxxxxx xx xxxxx bring en xxxx direk hierop xx xxxxx “Safari” aanhaal, is dit nie Xxx Xxxxxxxx wat hy as literêre vader by sy eie tipografies-eksperimenterende digwerk betrek nie, maar die Italiaanse en Russiese futurisme (Xxxxxxxx, 1974: 94-95). Gevolgtrekking? Die waarneming van die genoemde moontlike verwantskappe tussen Van Ostaijen en Xxxxxxxx xx werk moet vermoedens xxx.
9. Xxxxxx Xxxxxxx bespreek die herskrywings van “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen” in gedigte van Xxxxxxx Xxxxxxxxxxx en Xxxxx Xxxxxx / Xxxx Xxxxxxx – verse wat hierna saam met dié van enkele ander digters ter sprake kom.
10. Op grond van die voorbeeld wat Xxx Xxxxx gestel het met betrekking tot die funksionele benutting xxx xxxxxx gebonde versbou, asook van sy gerigtheid op en vertaalwerk uit die Mediterreens-Franse en -Spaanse en die Spaans-Amerikaanse kulturele en literêre erfgoed, is hy al as die “literêre peetvader” van Sestig bestempel (Kannemeyer, 1988: 46).
11. Xxxxx se debuut is later herpubliseer in die 1961-keur uit sy eerste twee bundels, Gedigte 1927- 1940.
12. Konvensie-uitdagende benutting van omgangstaal (sogenaamde Loslitafrikaans) in meestal toeganklike gedigte, dikwels met versifikasie wat aan die aard van liedtekste herinner, maak duidelik dat Kombuis en Nel se verskuns dikwels as performatiewe woordkuns gekonsipieer is. Beide digters is ewe bekend, indien nie méér so nie, as liedmakers. ’n Merkbare groei in die wisselwerking tussen die Afrikaanse poësie- en musieksisteme het ’n tendens in die Afrikaanse letterkunde ná die apartheidsera geword (Xxxxxx, 2003: 106; Klopper, 2009), en die werk van Xxxxxxx en Nel het in hierdie verband baanbrekend gefunksioneer.
13. Die onbehae van die subjek jeens die xxxx gaan, gesien die tematiese konteks van die reeksgeheel, nie sonder vereenselwiging daarmee gepaard nie. Onder meer die openingsreëls van die “woensdag 13 mei”-inskrywing in die gedigreeks maak laasgenoemde eksplisiet: “[...] ek slaan / my oë op na die xxxx / waar xxx my lyf vandaan / kom? my lyf is van die xxxx”.
14. Die gedigdeel of bepaalde inskrywing eindig in onbeslistheid, in sintaktiese onvoltooidheid, aangesien die xxxxx onseker is of die woord “melk” in sy selfstandigenaamwoord- of werkwoordfunksie benut word. Meermale in die gedigreeks gebeur dit dat die slot van die een gedigdeel sintakties voltooi word in die eerste reël van die daaropvolgende een – so ook in die geval van die “vrydag 15 mei”-inskrywing se slot en die aanvangsreël van die daaropvolgende
inskrywing (“saterdag 16 mei): “hier’s jy ook, kyk hoe melk [[...]] jy.” Die weergawe van die sintaktiese ‘oorloop’ tussen die twee inskrywings in die Engelse vertaling van die bundel (Body bereft, Xxxx, 2006b; die vertaling van die onderhawige reeks, “Four seasonal observations of Table Mountain”, is deur Xxxxxxx Xxxxxxx waargeneem), maak die xxxx dat die slotreël van die eersgenoemde inskrywing in die beginreël van laasgenoemde inskrywing sy sinsvoltooiing vind, selfs duideliker: “you’re here too. see how you [[...]] milk us.”
15. In werklikheid die jong xxxx xxx Xxxxxx Xxxxxxx, ’n skilder met wie Xxx Xxxxxxxx goed bevriend was (Xxxxxx, 2008: 42). Volgens Xxxxxx (2008:43) was dié seun se verwondering oor die wêreld xx xxxx aan skilderye xxx xxx in xx xxxxx se huis.
16. Die volledige gedig lui xxxx volg:
Dag ventje met de fiets op de vaas met de bloem
ploem ploem
xxx xxxxx naast de xxxxx xxx brood op de xxxxx
xxx xxxxxxxx-vis met de pijp
en
xxx xxxxxxxx-vis met de pet pet en pijp
van het visserke-vis goeiendag
Daa-ag vis dag lieve vis
xxx xxxxx visselijn mijn
17. Die inkepings in die laaste vier aangehaalde versreëls dien in die eerste plek ter visuele én ritmiese verikonisering van die skuifbewegings waarvan daar sprake is. In die tweede plek word hier ’n digterlike kniebuiging gemaak, nie net in die rigting van Xxx Xxxxxxxx wat baie dikwels gebruik gemaak het van tipografies-visuele effekte in sy verse nie (xxxx ook gesien kan word in “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen” in die vorige nota), maar ook verderaf in die rigting van die deur Xxx Xxxxxxxx bewonderde Vlaamse voorganger Xxxxx Xxxxxxx. Spesifiek relevant vir Odendaal xx xxxxx, is die ritmiese en visuele effekte wat Gezelle bewerkstellig in die uitbeelding van die spelende mossies in “Het meezennestje”:
[...]
ze zitten in den boom te spelen,
tak-op, tak-af, tak-uit, tak-in, tak-om, met velen [...]
(Dekker, 1971: 240-241)
18. Die bundelafdeling waarin die gedig “sluipmoord” voorkom (die openingsafdeling van die bundel), dra die opskrif “Harmonie, distrik Bloemfontein”. Ook in die openingsgedig (Odendaal, 2007: 13) van die betrokke afdeling word dié plaasadres vermeld. Dit is een van heelparty merkers in die bundel wat die indruk (wil) vestig dat die bundel-‘gebeure’ (ook) as
outobiografies van aard gelees kan word.
19. In die betrokke xxxx van xx xxxx haal Xxxxxx ’n verskeidenheid gedigte uit sy eie oeuvre aan waarin die menslike ‘selftransendering’ in die dinge onder woorde gebring word, hoewel nie een van die sitate – of enige xxxxx xxxxx uit sy oeuvre, sover ek kon vasstel – stilisties of struktureel aan “Xxxx xxxxx ’s morgens de dingen” herinner nie.
20. “Melopee” is byvoorbeeld opgeneem in Aarts en Van Etten (1994: 137) se samestelling Domweg gelukkig, in de Dapperstraat. De bekendste gedichten uit de Nedelandse literatuur en word deur Xxx Xxxxxxx (s.a.) op die webwerf Meander Klassiekers as ’n “klassieke” gedig van die Nederlandse taalgebied bespreek.
21. In ’n resensie (Odendaal, 2011) oor Xxxxxxx X. Kamfer (2011) se grond/Santekraam het ek die opmerking gemaak dat Xxxxxx xx xxxxx “onderblijven” bepaalde eggo’s van – oftewel: xxxxx-, vorm- en tema-ontlenings aan – Xxx Xxxxxxxx xx xxxxx vertoon. Een van die sentrale temas in die tematies vervlegte grond/Santekraam is dié van verganklikheid, spesifiek xxxx dit in die gedigreeks “gaan i -iii” (Kamfer, 2011: 9, 13 en 15, onderskeidelik) tot uitdrukking kom. Die huiwering tussen “gaan” en “terughou” (laasgenoemde ’n woord uit die eerste gedig in die reeks) is kennelik ’n spanning wat Kamfer se gedigte met die onderhawige van Xxx Xxxxxxxx gemeen het. Dieselfde spanning staan byvoorbeeld uitgedruk in die vraagtekenlose vraag in die slotreël van die Van Ostaijen-gedig. In “onderblijven” (Xxxxxx, 2011: 54) is xxxx’x van dié tematiese materiaal terug xx xxxx: die spanning tussen ondergang (versonkenheid van skepe) en voortgang (seevaart); en tussen vasgevangenheid in vergetelheid (“onder die see blijft die skip”). Ander fasette wat as raakpunte tussen die Van Ostaijen- en Kamfer-tekste gesien sou kon word, is die watervaartuig-motief (“kano” teenoor “skip”), die herhaalde benutting van die anaforiese konstruksie “[o]nder de/die”, enumerasies (“de kano de man en de maan” en “die see die skip die onder”, ensovoorts) en die benutting van Nederlandse woordeskat (uiteraard konsekwent in die Van Ostaijen-gedig; deels in Kamfer s’n, waardeur sy op die koloniale erfenis van Suid-Afrika wou toespeel). Aan die xxxxx xxxx: Vormlik is die twee gedigte van heel uiteenlopende aard; en nêrens kon getuienis opgespoor word dat Xxx Xxxxxxxx xx xxxxx vir Kamfer tot inspirasie gedien het by die skryf van “onderblijven” nie. Gedagtes oor ’n literêre vader/erfgenaam-verband kan in hierdie geval kwalik meer as bespiegelend van aard wees.
22. Dié gedigte synde “dat herakleitos reeds aan die begin”, “deur die landskap van jou jeug”, “skarniere”, “dat daar êrens in jou slaap” en “Melopee” (Esterhuizen, 2010: 12, 13, 46, 48 en 71, onderskeidelik).
23. “Noceur” is opgeneem in onder meer die keur (Van Ostaijen, 2004: 56) wat Xxxxxxxxx uit die Vlaming se digoeuvre saamstel.
24. Ongeveer te vertaal as “amperse Neger-wiegelied” of “Negeragtige wiegelied”.
25. Vergelyk: “Ic ben schreeuwen / omdat daar monsters sijn”; “Ons pilot in den xxxxx. / Pilot ben ons aasvoël”, “Ic skrijf zoo / doelbewus”, ensovoorts. Alles glo aangesien die “ic” ’n etmaal tevore “een hollandsboek / gelezen heb”, en sedertdien nadink oor “de surrealisme en Gezelle”, oor “de belijdenis / poësie, tachtiger stijl”, oor “politicussen / se oogen” wat skijn als de oogen van de kaffers / van kenia wanneer God / se flitslig in hen oogen val” en dergelike.
26. Dié bundel verskyn ’n volle 21 jaar xx Xxxxxxx se debuut as digter, naamlik met Waterkristal
(1982).
27. Xxxxxxxx (1998: 605-606), ’n kritikus wie se werk Xxxx Xxxxxxx (2015) in hierdie verband vermeld, skryf oor die belangrikheid van Xxx Xxxxxxxx se Berlynse verblyf (1919-1921) in dié se digterlike ontwikkeling. Hy meen Xxx Xxxxxxxx het aldaar geestelik in ’n kragveld tussen twee pole, naamlik “het nihilistisch Dadaïsme” en die konstruktief gerigte estetiek van die ‘formele’ vleuel onder die ekspressioniste, verkeer. Laasgenoemde groepering het ’n “zuivere, autonome ‘Wortkunst’” voorgestaan. Soms het die “schertsende venielingsdrang en de nieuwe vormgeving” hand aan hand in hulle werk gegaan. Die vormgerigte, “ontindividualiseerde” (Xxxxxxxxx, 1998: 609) benadering sou, xxxx voorheen genoem, die oorheersende estetiese beginsel word van Xxx Xxxxxxxx xx xxxxx en werk ná die Berlynse fase.
28. Human (1992:236) verduidelik die sonate as vorm xxxx volg: “Die basiese sonatevorm bestaan uit ’n Uiteensetting met ’n hooftema in die hooftoonsoort, gevolg deur ’n oorgangspassasie en tweede tema in die dominant; die Ontwikkeling waarin die twee temas vrylik uitgewerk word, dikwels met die toevoeging van nuwe motiewe, en die Rekapitulasie, waarin die twee temas herhaal word, met die tweede nou in die hooftoonsoort” (sy kursivering – BO).
29. Bloem se “November” verskyn byvoorbeeld in X.X. Xxxxx en X.X. xxx Xxxxx xx 1994-samestelling Domweg gelukkig, in de Dapperstraat. De bekendste gedichten uit de Nederlandse literatuur. Die gedig begin met die woorde “[h]et regent” en sluit met die reëls: “Altijd november, altijd regen, / altijd dit lege xxxx, altijd”. Dit is myns insiens moontlik dat Xxxxxxx ’n gedig xxxx dié in gedagte gehad het as hy sy eie open met die nadruklik herhalende versreël “dit xxxx xxxx xxxx xxxx”.
30. 30. Die groep Afrikaanse digters (Xx Xxxx Xxxxxx, D.P.M. Botes, Xxxxx Xxxxxxxx, Xxxxxx Xxxxxxx, Xxxxxx Xxxxxxxxx, Xxxxxxx Xxxxxx, Xxxx xx Xxxxxxx, Xxxxx Xxxxxx en Xxxxx Xxxxxxxxxxxx) wat rondom ’n ‘little magazine’ xxxx Xxxx versamel en debuteer in die laat 1960’s en vroeë 1970’s, is volgens Xxxxxxxxxx (2005: 459-463), Xxxx (2009 en 2010) en Xxxxx & Marais (2010) wel beïnvloed deur Europese avant-garde bewegings xxxx die dadaïsme en surrealisme, met eksperimente in konkrete poësie as een vormlike manifestasie van dié nawerking. Xxxxx Xxxxxx, ’n gebore Suid-Afrikaner wie se vader ’n Friese immigrant was (Xxxxx & Marais, 2010: 9), se “vertrouwdheid met de Europese avant-garde” (waaronder met die werk van Xxx Xxxxxxxx – Beulens, 2012: 37) word vermeld as inspirasiebron vir die eksperimentele werk wat die Wurm-digters aangepak het. Geen spesifieke gedigte van Xxx Xxxxxxxx of van die genoemde Wurm-digters is egter ter xxxxxx xx bring nie – vandaar dat húlle werk, xxxx die van
X.X. Xxxxxxxx en Xxxxxxx Xxxxxx vroeër, nie op ’n xxxxx xxxx as hierdie nota aan die bod kom in dié artikel nie.
31. Xxxxxxxxxx (1979: 105) , in sy intreerede van 1969 as buitelandse erelid van die Koninklijke Vlaamsche Academie, omskryf die “zuivere lyriek” as “loutere woordkunst”, tot stand gekom “volgens de irrationele logika xxx xxxx eigen premissen, gesatureerd met idee maar zonder gedachtelijkheid, vervuld van menslijk ervaren maar zonder belijdenis”. Hoewel Xxxxxxxxxx (1979: 104) digwerk xxxx dié van Xxx Xxxxxxxx as ’n potensiële “revelatie” van “het Europese ‘modernisme’” vir Suid-Afrikaanse literêr-geïnteresseerdes van die era voor die 1970’s
bestempel, wys hy in xx xxxx nie op spesifieke gevalle waarin die neerslae van Xxx Xxxxxxxx se literêre vaderskap in die Afrikaanse digkuns raakgesien kan word nie.
32. Tydens sy tweede ‘beweging’, xxxx xxxxx in die 1970’s prominent geword het, het Sestig sosiopolitieke betrokkenheid algaande sterker op die voorgrond begin stel, met sowel tematiese as stilistiese implikasies vir hul werk (Xxxxxxxxxx, 2005: 269).
33. Agter sodanige situasie xxxxx xxxxx departemente Afrikaans (en Nederlands) aan tersiêre instellings in Suider-Afrika gaan die opvattings skuil dat Afrikaans en Nederlands min of meer as susterstale gereken moet word, met ’n gemeenskaplike taal- en literatuurgeskiedenis wat terugstrek tot in die Middeleeue (Antonissen, 1979; Xxx Xxxxxx & Odendaal, 2009: 20).
34. Xxx Xxxxxx & Odendaal (2009) verskaf ’n chronologiese oorsig van die verhouding en interaksie tussen die Afrikaanse en Nederlandstalige literêre sisteme.
“Poësie as spel”: Xxxxxx Xxxxxxxx oor die naklanke van Paul van Ostaijen se avant-gardistiese poësie in sy eie digkuns (deel 2)*
Bernard Odendaal
“Poetry as play”: George Weideman on the echoes of Paul van Ostaijen’s avant-garde poetry in his own work (part 2)
Paul van Ostaijen has grown to be an important ‘literary father’ (Viljoen, 2014; Bloom, 1973) in both the Dutch and Afrikaans literary systems. The Afrikaans poet George Weideman, in a paper read before the Bloemfontein branch of The Netherlands – South Africa Society in 1999, expatiated on the legacy of Van Ostaijen’s poetical views for his own poetry. Identification with aspects of Van Ostaijen’s personality and poetics, consequently repetition (with variation) of facets of Van Ostaijen’s poetic practices, characterise the echoes of Van Ostaijen’s work in Weideman’s. It includes experimentation with typography and poetic form, but also the use of colloquial language forms as instruments of revolt against hegemonic (sociopolitical as well as literary) tendencies. The avant-gardistic ‘word mystics’ approach of Van Ostaijen’s towards poetry creation – whereby words and images are viewed to be welling up associatively in the poet’s mind (Evenepoel, 1988) – has had the most sustained influence on Weideman’s poetry oeuvre, resulting in an ever growing presence of the ‘magical’ kind of poem (Weideman, 1999) in it.
1. Inleiding: Vanwaar die onderwerp van hierdie artikel?
Wat hier volg, is oorspronklik geïnspireer deur ’n voorlesing deur wyle George Weideman (1947-2008), gelewer op 17 Mei 1999 voor ’n vergadering van die Bloemfonteinse tak van die Genootskap Nederland – Suid-Afrika. Hy het die manuskrip van sy voordrag, per tikmasjien geskrewe en “Poësie as spel: Van Ostaijen, Boerneef, ’n paar ander – en ek” getiteld, na afloop van die geleentheid aan die outeur van hierdie artikel geskenk – om daarmee te maak “soos jy goeddink”.
Uit die titel van Weideman se voorlesing is die fokus op eie poësiebeskouings en op die verbande dáárvan met die van poësiebeskoulik min of meer gelykgesinde (en dikwels ouer) digters, uit sowel die nasionale as die internasionale kontekste, duidelik. Die Afrikaanse werk van die digters C. Louis Leipoldt, A.G. Visser, Boerneef, N.P. van Wyk Louw (met sy “Klipwerk” uit die 1954-bundel Nuwe verse), Peter Blum, Ingrid Jonker, R.K. Belcher, Adam Small en Breyten Breytenbach, asook die van die Vlaminge Guido Gezelle en Paul van Ostaijen en die Nederlander Lucebert, word vermeld as voorbeelde wat stimulerend en rigtinggewend vir sy eie digterskap was. ’n Kniebuiging word voorts gemaak (Weideman, 1999: 5) in die rigting van die Ier Louis MacNeice, lid van die sogenaamde “[W.H.] Auden generation” (Goldie, 2003: 40) van Britse digters uit die 1930’s (McDonald,
TYDSKRIF VIR NEDERLANDS & AFRIKAANS: 22STE JAARGANG (2015) 2DE UITGAWE
2003: 491). MacNeice kom naamlik ter sprake wanneer Weideman besin oor die ontstaan van sy eie gedig “Simfonie vir Boereorkes met viool, saag, okarina, ens.” (Weideman, 1997: 63-66) uit sy voorlaaste bundel, ’n Staning onder sterre.
Die grootste deel van die genoemde voorlesing word egter gewy aan die wyse waarop kennismaking met die digkuns en digkunsdenke van Van Ostaijen die “grense” van Weideman se eie digterlike ideale “versit” het (Weideman, 1999: 2) – vandaar die aangehaalde hoofopskrif “Poësie as spel” (’n toespeling op Van Ostaijen se bekende uitspraak dat die digkuns “eenvoudig een in het metafysische geankerd spel met woorden” is – Van Ostaijen, 1970; Reynebeau, 2004: 30) by sowel die Weideman-voorlesing as die onderhawige artikel.
’n Verdere rede vir die skryf van hierdie artikel is die feit dat dit dien as voortsetting en afsluiting van ’n ondersoek na die naklanke van Van Ostaijen se poësiebeskouings en -praktyk in die Afrikaanse poësiesisteem – ’n breër ondersoekveld waaroor, in ’n voorganger-artikel van die onderhawige, getiteld “Naklanke van Paul van Ostaijen se avant-gardistiese digkuns (-beskouings) in Afrikaans”, verslag gelewer is. Daarin word vooruitgewys na hoe die besonderhede van die neerslag van Van Ostaijen se literêre vaderskap in George Weideman se digterskap hier onder die vergrootglas gebring sou word, dit wil sê by wyse van verrekening van Weideman se eie insigte in hierdie verband.
2. Kortliks oor literêre ‘beïnvloeding’
Van Coller (2014: 23-26) belig onlangs, in ’n tweeluik van artikels waarin juis oor die “ontwikkeling van en die verbande tussen die Nederlandstalige en die Afrikaanse letterkunde[s]” besin word (Van Coller, 2014; Van Coller, 2015), die kompleksiteit en die problematiek van die konsepte ‘oorspronklikheid’ en ‘beïnvloeding’, asook van die verhouding tussen ‘tradisie’ en ‘evolusie’ in literêr-sistemiese ontwikkeling. Op die besonderhede van hierdie aangeleenthede hoef nie hier ingegaan te word nie, maar aspekte van die “[t]ipologie van literêre ‘beïnvloeding’” waarby Van Coller (2015: 35-39) ten slotte uitkom in sy artikel-tweeluik, is wel relevant vir die onderhawige ondersoek. Hiervolgens kan literêre ‘beïnvloeding’ strek
• vanaf letterlike navolging van die oorspronklike in die later ontstane werk(e) (imitatio);
• óór toevoeging (adiectio) van bepaalde elemente tot,
• of weglating/redusering (detractio) en/of
• herrangskikking/permutasie (transmutatio) van komponente van die oorspronklike in die nastrewende teks(te);
• óór bevraagtekening (interrogatio) van die oorspronklike, of
• herhaling-met-transformasie (repetitio) daarvan, waarby ’n herhaalde element
uit die oorspronklike teks ’n ander betekenis kry binne die konteks van die nuwe een; tot by
• parafrasering/uitleg/verklaring/beoordeling (interpretatio) van die oorspronklike deur middel van die nuutontstane teks(te).
Die verskeidenheid moontlike “poëtiese reaksies” op ’n literêre vader wat Viljoen (2014: 243-270) by opvolgende geslagte digters onderskeibaar vind – doelbewuste ontlening; epigoniese navolging of nabootsing; persoonlike of poëtikale vereenselwiging; satirisering of parodiëring; herskrywing; sitering – lyk voorts nuttig om bostaande beïnvloedingsmanifestasies te nuanseer.
Soos hierna sal blyk, is dit veral vereenselwiging met bepaalde aspekte van (onder meer) Van Ostaijen se persoonlikheid en poësiebeskouings wat ’n deurslaggewende rol gespeel het in die ontwikkeling van Weideman se digterskap. Dat die digterlike erfgenaam self, by wyse van die vermelde voorlesing, van sy skatpligtigheid jeens die literêre vader getuig het, dien as belangrike indikator (kyk Foster, 2012: 51-52, in verband met dusdanige indikators) dat Van Ostaijen dus wel tot “rolmodel en prototipe” (Viljoen, 2014: 253) vir Weideman gedien het. Selfs al word die konteks waarbinne Weideman sy toespraak gelewer het,1 in ag geneem – een bevorderlik vir die verbandlegging of viering van bande tussen die Nederlandstalige en Afrikaanse kulture – spreek Weideman se getuienis die (andersins geldige) bedenking teë dat literêre oorerwing dikwels “onbewus kan geskied óf dat daar selfs nie eers van invloed sprake mag wees nie, maar eerder van gelykgestemdheid, byvoorbeeld wat die poëtikale denkbeelde betref ” (Van Coller, 2014: 23).
3. Weideman oor sy vroeë kennismakings met die digkuns van Van Ostaijen
Volgens Weideman (1999: 1-2) het hy in 1963-64, as senior skolier aan die Hoërskool Namakwaland op Springbok, die eerste keer enkele gedigte van Guido Gezelle en Van Ostaijen onder oë gekry. Hy het, deur die bemiddeling van ’n begeesterde onderwyser, “onmiddellik ’n ‘band’” tussen hom en dié twee Vlaamse meesters aangevoel. Hy verduidelik dat sekere hoërskole in die toenmalige Kaapland-provinsie van Suid-Afrika tot laat in die 1970’s nog naas Afrikaans ook Afrikaanse en Nederlandse letterkunde as afsonderlike vak aangebied het. Laasgenoemde is ’n klinkende bewys van die “moederkultuur”- rol (Van Coller & Odendaal, 2009: 32) wat die Nederlandstalige literatuursisteem die grootste deel van die twintigste eeu steeds in die Afrikaanse sisteem bly speel het.2 Weideman (1999: 2) skryf soos volg:
In die letterkundeklas het mnr. Ivan du Toit [...] ons laat kennis maak met [Van Ostaijen se]
“Melopee”, “Boere-charleston” en “Rijke armoede van de trekharmonika”. Die Vlaming se speelse hantering van taal en ritme moes ’n groot indruk op my gemaak het, want ek herinner my dat ek vroeg in my eerste jaar [op universiteit] die Merensky-biblioteek by [die Universiteit van Pretoria] ingevaar het op soek na Van Ostaijen se versamelde gedigte.
[...]
Van Ostaijen het grense vir my versit. Sy collage-tegniek, die invloed van dada [sic], die soort konkrete verse wat hy geskryf het, sy vrye avant-garde-gees, sy opstand teen die “gevestigde” literêre norme van sy tyd – dit het op my ’n groot indruk gemaak.
Hy is veral deur die kennismaking met Van Ostaijen se werk op skool, dit wil sê reeds op vyftien- of sestienjarige leeftyd (Weideman, 1999: 2), aangemoedig om sy ontluikende digtershand te waag aan ’n tipografies-eksperimentele gedig soos “Botterboom ry” (Weideman, 1998: 10-11). Hy wou met dié gedig poog “om in sowel die taal as die vorm iets van dié kattekwaad weer te gee”; die woord “tsarabee” in die gedig is van die inheemse Nama-taal van daardie geweste afkomstig en “[stel] die aksie van die botterboomryer [voor]” (Weideman, 1999: 2).
Botterboom ry
Ai, botterboomry op Voëlklip is tog te lekker só:
so s r-s r wegtrek eers, l e l e
i g i g
n n
dan afgly van daar bo! So – tsarabee ... skuiwend die s
k u i
n s
t
e af
en woeps!
tot
onder af
en
af ...
Estruisnek se botterbome is die warejakobsoort
vir botterboomry teen Voëlklip af
– botterboomry soos dit hoort!
En r e i s i e s jaag teen die klipbank af? So glyk-glyk wegtrek eers, s e i l – en af ... so brrrrulbandry met jou botterboom;
so sonder saal en sonder toom?
Dis tog lekker om te lewe so vér van die grootstad af: So – tsarabee ...
seilend die s
k u i
n s
t
e af
en woeps! tot onder
af
en
af ...
Dié verikoniserende benutting van versvorm en tipografie deur Weideman in enkele gedigte – om beide klank en beweging in spel binne ’n landelike omgewing te help suggereer – is egter nie vergelykbaar met die omvangryke en implikasieryke wyse waarop Van Ostaijen met sulke effekte geëksperimenteer het in veral sy twee ‘Berlynse’ bundels nie – die nooit as sodanig gepubliseerde De feesten van angst en pijn, asook Bezette stad (1921 – kyk Van Ostaijen, 2004). Woorde en woordgroepe tuimel, in die eersgenoemde bundel van hom, deur mekaar en oor die bladspieël, in alle rigtings en in wisselende kleure en lettergroottes. Die “agressieve wanorde” van die skriftekens op die papier (Hadermann, 1998: 606) word verikoniserend van die (innerlike) chaos waarin die subjek verkeer het in daardie jare ná die Eerste Wêreldoorlog.
Die tipografiese spel benadruk voorts die dinamiek van die avant-gardisme wat Van Ostaijen tot uitdrukking wou bring. Na die voorbeeld van die Duitse ekspressionis August Stramm word lid-, voeg- en bywoorde meermale weggelaat; van leestekengebruik is skaars nog sprake. Van hulle konvensionele verbande bevry, moet geïsoleerde woorde hulle “gebalde” (Hadermann, 1998: 606) betekenisse begin kry. Enersyds weerspieël dié woordgerigtheid Van Ostaijen se oortuiging dat die integrasie van die (fisiese en maatskaplike) werklikheid tot mislukking gedoem is, en dat die “horisontale” waardes van woorde prysgegee moet word om die bevryding van die “vertikale” waardes daarvan te bewerkstellig
– ’n demonstrasie van sy vertroue in “woordmystiek” (Evenepoel, 1988: 18). Andersyds is hierdie soort gedig in De feesten van angst en pijn al as die inleiding tot die “nihilistisch-dadaïstische periode” in sy werk bestempel (Van Boven & Kemperink, 2006: 182). Hoe ook al, dié stilistiese en vormlike aanslag dien tot uitdrukking van sy strewe na “zelfonthechting” (Evenepoel, 1988: 18) of van sy “nihilistische zelfvernietigingsdrang” (Hadermann, 1998: 608).
Ná die “afrekening” in De feesten van angst en pijn, word Bezette stad die “oefenterrein” (Hadermann, 1998: 608) vir die verontindividualiseerde digkuns. Die prosodiese en ritmies-tipografiese eksperimente kom selfs vreemder en meer chaoties voor, en neem die letterlike aanskyn van “NIHIL in alle talen” (“DE AFTOCHT”) aan, onder meer via montage-spel en die inkorporering van gevonde tekste van allerlei aard. Sodoende word die effekte van krampagtigheid, konflik, verbrokkeling en verval, op sowel geestelike as materiële vlak, visueel – maar dan dikwels met klankwaardes as effek (Reynebeau, 2004: 26) – onderskraag. ’n Indruk van gedigte wat telkens ’n eie “innerlike noodwendigheid” besit (Van der Elst, 1988: 457) en wat verteenwoordigend is van die mengelmoes van afsonderlike, botsende of verwante stemme in die metropool, word gewek. Daar is ’n strewe na “directe expressie” of die regstreekse teenwoordigstelling van dinge (Reynebeau, 2004: 26).
4. Die “reddende korrektief ” van “landskap en taalgebied” op vormlike en tipografiese eksperimentering in Weideman se digkuns
Die aantreklikheid wat van Van Ostaijen se werk op Weideman se ontluikende digterskap uitgegaan het, is versterk deur laasgenoemde se kennismaking, gedurende sy universiteitsjare, met die “vrye omgang met taal, versbou, beeld en assosiasie” in die digkuns van veral Breyten Breytenbach en Lucebert.
Die ysterkoei moet sweet en Katastrofes [Breytenbach se poësie- en prosasketsdebute, beide in 1964 gepubliseer – BO] het toe pas verskyn, Atonaal [die in 1952-verskene bekendstelling-by-
wyse-van-bloemlesing van die digwerk van die groep Nederlandstalige digters wat later as die “Eksperimentelen” of “Vijftigers” bekend sou staan – BO] al ’n rukkie vantevore, en dit het die literêre wêreld geskud. (Weideman, 1999: 3)
Wat Weideman (1999: 3) jare later, ten tye van die lewering van bovermelde voorlesing, egter interesseer aangaande Breytenbach en Lucebert se werk, is die feit dat dit Van Ostaijen se “siening van taal” is wat “veral deurslaggewend was vir die ontwikkeling van hul kuns”3. Hy verwys na die benutting van taal, spesifiek die volkstaal, as instrument van weerstand, en wel “tegen die leidinggevende bourgeoisie die [...] de [Vlaamse – BO] landstaal negeerde of onderdrukte” (soos ervaar tydens Van Ostaijen se vroeë volwassenheid, die jare voorafgaande aan die Eerste Wêreldoorlog – Weisgerber et al, 1996: 10-11). Weideman (1999: 3) vervolg dan sy relaas deur te wys op die sterk eksperimentele aard van die werk wat Van Ostaijen algaande in hierdie omstandighede geskep het; op hoe dít aanleiding sou gee tot beskuldigings dat Van Ostaijen “die poësieleser vervreem” en dus “onverstaanbare kuns” voortgebring het (Weideman, 1999: 3). Klaarblyklik wil Weideman op hierdie wyse verbande lê tussen Van Ostaijen se taalaktivisme en die eksperimentele aard van dié digter se kuns (as “uiting van die ekspressionisme”).
Presieser gesien, is die taal- en vormeksperimente in Van Ostaijen se gedigte ’n uiting van sy doelbewuste opstelling teen die dominansie van die impressionisme, simbolisme en dekadentisme in die Vlaamse literatuurtradisie. Hy het dit, volgens Reynebeau (2004: 7) veral gehad teen die werk van “de zogeheten tweede generatie van Van Nu en Straks, waarvan Karel van de Woestijne nog altijd het boegbeeld was”. Hy gaan soek literêre inspirasie eerder elders: by Rabindranath Tagore, Emile Verhaeren, Walt Whitman, die Franse unanimiste en veral die Duitse ekspressioniste. Saam met ander jong Vlaamse skrywers, waaronder Wies Moens, Gaston Burssens en Marnix Gijsen (Van Boven & Kemperink, 2006: 177), neem hy ’n standpunt in teen die burgerlike individualisme van die vorige geslag. Die gemeenskap, en daarmee saam “een idealistische, etisch hooggestemde gemeenschapskunst” (Reynebeau, 2004: 8), word deur hulle as waarde in die middelpunt gestel. Literêr vind hierdie ‘nuwe’ ideaal uiting in die sogenaamde humanitêre ekspressionisme, waarvan veral Van Ostaijen se tweede digbundel, Het sienjaal (1918), ’n vergestalting is, met slegs enkele duidings in hierdie rigting in sy debuutbundel Music-hall (1916). Die jong geslag is aktivisties in hulle strewe, wil in alle opsigte ’n nuwe en beter bestel help daarstel. Vandaar die verset teen “de overheersende Franstaligheid, het culturele kenmerk van de gehate burgerij” (Reynebeau, 2004: 8-9).
Die opvallende volks- en streekstaligheid as stilistiese kenmerk van Weideman se eie digkuns kan, in ’n mate, in hierdie verband as ’n (vorm van die) Van Ostaijen-
nalatenskap gesien word. Daar spreek ’n “fassinasie met die speels-skeppende spraak wat [...] in die volksmond leef ” in die “kontrei wat hy as sy heimat kies (Namakwaland, Boesmanland, die Richtersveld)” uit sy werk (Van Coller & Odendaal, 1999: 767). Dít val veral op by die lees van sy vroeë bundels Hondegaloppie en As die son kliplangs spring (1969). Weideman (1999: 2) vertel self dat hy as ontluikende digter vasberade was om “die ryk ekologiese subsisteem” van hierdie heimat van hom te “berym”. Vandaar dat hy in sy jeugjare reeds meer aanklank gevind het “by die ruwe, kinderlik-eerlike segging van die Namakwalanders” as by “die ‘afgeronde’ AB4-Afrikaans van die onderwysers en predikante van daardie tyd”. As student aan die Universiteit van Pretoria het hy hom derhalwe meermale “vererg vir ’n ongevoelige draakstekery met Namakwalandse Afrikaans”, veral vanweë “die snobistiese en neerhalende houding van mense wat in hierdie tyd (en lank daarna nog) ’n soort mitiese standaard-Afrikaans verafgood het” (Weideman, 1999: 2). Hy vervolg:
Dis juis nóú [in 1999 – BO] deel van ons “taalpolitieke” stryd: om Afrikaans te bevry van die “standaard-harnas”; om die wonderlike, wye verskeidenheid van die taal as uitdrukkingsmiddel ten volle te erken. Die redding van Afrikaans, as u my ’n sydelingse stukkie taalpolitiek sal verskoon, lê onder meer in ’n totale houdingsverandering van Afrikaanssprekendes teenoor hul mede-Afrikaanses, in die erkenning van die taal se status as ’n dinamiese, ryke, onafhanklike spruit van Nederlands [...] en ’n uitreik na mekaar toe via taalgemeenskaplikhede [...]. [M]y opvattings oor literatuur en taal (wat tog nie geskei kan word nie) is onlosmaaklik verbonde aan my en ander variantsprekers se gedeelde lot, en ons besef dat daar gans te lank gans te bekrompe oor taal gedink is. Taal is spel, taal is deel-met-ander.
Op hierdie trant verwoord Weideman ’n houdingsverandering wat veral ná die demokratisering van die Suid-Afrikaanse sosiopolitieke bestel in opvallende tendense in die Afrikaanse (taal- en) literatuursisteem sou manifesteer: ’n vergrote agting vir die status van omgangsvariëteite (sosio- en geolekte) van Afrikaans, gepaardgaande met die bevoorgronding van die tematiek van stemgewing aan voorheen gemarginaliseerdes (Foster, 2000: 5; Odendaal, 2015: 40).
Dit is egter die sterk sintuiglike, aardse ingesteldheid by hom en sy hartstogtelike liefde vir die genoemde kontreie wat hy as sy heimat kies, wat as die primêre dryfvere van sy digterlike taalvoorkeure dien. Wat die verwysingsveld en beelding in sy verse betref, keer hy heel dikwels terug na die landskappe, bedrywighede en folklore van daardie streke. Onder meer die beskrywende en klinkende plekname van daardie geweste is vir hom ’n openbaring van die speels-skeppende spraak wat daar in die volksmond leef. Vergelyk in hierdie verband die volgende gedig (Weideman, 1998: 12):
Langs die Bitterputs
Volstuis het ’n stertveer gevloor
op die blinkvlak deurkant Ortmannsboom
– die reënvoël sit joel al heeldag langs Homrivier in ’n dabbieboom.
Oor Kambreek lê ’n blou kombers en die ooswind storie van reën
– die reënvoël sit skuil al heeldag
in ’n noenieboomstomp by Kliphakskeen.
Ou Leeurivier se maanhaar rys
en hy brul uit die sand by Soverby
– die reënvoël sit al heeldag kroes en vloek op die son by Brabisvlei.
Net op Lekkerdrink kom sous dit nooit, net hier kom roep die reënvoël nooit.
Weideman (1999: 3) vermeld in die genoemde voorlesing die deurslaggewende kennismaking wat hy vroeg in sy digtersloopbaan in hierdie verband gehad het met die werk in volkstaalstyl van die laat-negentiende-eeuse Vlaamse digter Guido Gezelle en die vroeg-twintigste-eeuse Afrikaanse digter C. Louis Leipoldt (kyk ook Weideman, 1998: 114). Hul werk het trouens as “’n reddende korrektief ” (Weideman, 1999: 3) gedien op die invloede wat die avant-gardistiese werk van Van Ostaijen op hom uitgeoefen het – “reddend” in die opsig dat hy op die spoor van Leipoldt en Gezelle “’n middeweg” kon inslaan tussen, aan die een kant, die vormlike en stilistiese eksperimentering (geprojekteer teen ’n getraumatiseerde metropolitaanse milieu) in Van Ostaijen se digkuns en, aan die ander kant, die volks- en streeksaardige onderwerpsmateriaal wat Weideman (1999: 3) uit eerstehandse ervaring geken het.
Wat die onderwerpskeuse betref, het landskap en taalgebied my primêr aangespreek, en dit het in spel (speel-met-taal) gekulmineer. Spel het in hierdie tyd grotendeels die vrye assosiasietegniek [wat so kenmerkend van Van Ostaijen se poësiebeskouings en -praktyk was – BO] uitgesluit, maar dit het wel ingespeel op “wysies in my kop”, d.w.s. melodieë wat ek op die trekklavier geïmproviseer het. Verder was daar die genoemde sterk invloed van volkse elemente: folklore uit die wêreld weerskante van Grootrivier, boeredae, saamtrekke, dansliedjies – die soort elementêre dinge wat Van Wyk Louw (volgens sy belydenis in Rondom eie werk) ook daartoe gelei het om “Klipwerk” te skryf.
Die volgende gedig (Weideman, 1998: 21), nog meer bekend geword deur die toonsetting daarvan deur Louis van Rensburg (op die album Katvoet, 1981), is kenmerkend hiervan:
Soverby se lam (“Bella Boklam”)
Bella is ’n bielie van ’n boklam, sy’t Grootrivier se bloed in haar. Soms is sy stil, soms is sy kwaai.
Boeta, speel haar tog sag met jou ghitaar.
Bella is ’n bielie van ’n boklam, sy is bobaaslam op Soverby.
Jou storie moet jy ken, sowaar, Boeta, as jy saam met haar wil wei.
Bella is ’n bielie van ’n boklam, sy’s kort van lyf en kort van draad. Moenie vra nie, Boeta – vát, anders word Bella-lam kwaad.
Bella is ’n bielie van ’n boklam, sy’s uit goeie hout gesny:
haar pa was ’n rammetjie-uitnek, haar ma het tog te lekker gevry.
Bella is ’n bielie van ’n boklam,
sy’s mooi gespeen, sy’s slank van skeen. Sy sal melk hê, broer, glo vir my
– sy die mooiste lam op Soverby.
Die liries-ritmiese inslag van veel van Weideman se werk is nog ’n kenmerk daarvan wat bepaalde ooreenkomste met Van Ostaijen s’n vertoon. Byvoorbeeld: Die titel van die in 1925 deur Van Ostaijen saamgestelde bundel, Het eerste boek van Schmoll, maar wat uiteindelik eers as onderdeel van sy Nagelaten gedichten (1928) verskyn het, speel toe op die oefenboekies wat deur ’n negentiende- eeuse klavierpedagoog, ene Schmoll, saamgestel is (Borgers, 1996: 593). Soos aangetoon deur Evenepoel (1988: 20), was daar aspekte van ’n poëtiese program in die titelkeuse Het eerste boek van Schmoll vervat. Die woord “eerste” sinspeel op ’n nuwe (poëtiese) begin. Voorts word daardeur ’n verband gelê met
musiekbeoefening. Musiek en dans, naas piktorale verwysings na byvoorbeeld landskappe, is opvallende motiewe in Van Ostaijen se nagelate verse – motiewe wat ook opmerklik in Weideman se werk voorkom.
Waarskynlik vandaar dat soms meer as een filmiese voorstelling of getoonsette uitvoering van Van Ostaijen-gedigte soos “Huldegedicht aan Singer”, “Boere- Charleston”, “Melopee” en “Marc groet ’s morgens de dingen” op YouTube te beluister en te bekyk is. En met betrekking tot Weideman se verse, verskyn daar in 2008 ’n hele CD, getiteld Doepa!, wat sowel uitgevoerde toonsettings (deur Helena Conradie, Annelise Wiid en Francois le Roux) as voorlesings van sy gedigte (deur homself) bevat.
5. Weideman oor die nawerking in sy eie digkuns van Van Ostaijen se avant-gardistiese kunsbeskouings en digpraktyk
Ten spyte van die “reddende korrektief ” wat die volkse en streekselemente volgens Weideman in die verwysingsraamwerk en die styl van sy digkuns bewerkstellig het, dring hy (Weideman, 1999: 3-4) tog aan daarop dat dit Van Ostaijen se avant- gardistiese kunsbeskouings was wat vir hom as poëtikale rigsnoer gedien het.
Van Ostaijen het hom naamlik gerig teen die “geperverteerde literatuuropvatting” (’n bestempeling wat Weideman by Reynebeau, 2004/1989, leen) wat in die eerste twee dekades van die twintigste eeu in België gangbaar was. Hiervolgens is literatuur die “dwangbuis van ethische bekommernissen” en die voogdyskap “van de moraal en de moraalridders” opgelê (Van Ostaijen, 1993: 7).
Op dergelike wyse, vertel Weideman (1999: 4), het hy hom as Afrikaanse digter
verset teen die kunsbeskouing wat in die jare rondom Republiekwording en net ná Sharpeville eintlik in ons kele afgedruk is. Soos wat Van Ostaijen (1993: 15) die Vlaamse taalkwessie in sy tyd as ’n sosiale probleem gesien het, met die klem op die verband tussen taal- en klasseteenstellings (die elite praat Frans, die werkers Vlaams), so het ek algaande bewus geword van die kloof tussen “AB-Afrikaans” en die taal van die gewone mense. Die literatuurbeskouing was net so eng; daarom het ek my tuis gevoel in die vryer uitdrukking van wat ek as essensieel in landskap en in die klein-menslike gesien het: die klein, bedreigde dinge, die wonder dáárvan, die kleinvolkse
– nie die soort kultuurgoed wat as “volksbesit” aan ons voorgehou is, soos “Die Vlakte” en veral die nasionalistiese verse van Celliers nie. Dalk wou ek die kleinmenslike opstel as ’n soort ideaal téénoor die kleinburgerlike en die wettiese. Die vitalistiese eerder as die moralistiese – vandaar die keuse van die [debuut-] bundeltitel Hondegaloppie5 na aanleiding van die titelgedig!
Sy keuse vir die volksaardige en -talige, vir die “kleinmenslike”, as avant- gardistiese opstelling in ’n era waarin die moralistiese en nasionalistiese voorop
gestel is, stel Weideman (1999:3) verder parallel aan die soort kunsbeskoulike keuse wat Van Ostaijen uitgeoefen het binne die konteks van die verstedeliking en gepaardgaande sosiale en tegnologiese verskuiwings wat die laat-negentiende en vroeg-twintigste eeue in Noord-Europa gekenmerk het.
Van Ostaijen se opvattings oor die “zuivere lyriek” soos hy dit in Nagelaten gedichten beoefen het, het hy in opstelle soos Gebruiksaanwijzing der lyriek, Nogmaals poëzie en Wies Moens en ik verwoord. Syns insiens kon poësie nié (langer) dien as ’n oordragmedium van politieke of morele boodskappe, of as verwoording van persoonlike ontboesemings nie. Dit was ook nie ’n instrument om die werklikheid mee te vertolk of in te weerspieël nie, aangesien die werklikheid (en ons werklikheidsbelewing) versplinterd en onvatbaar is. Dit was digkuns as suiwer taal wat hy daar wou stel, “los van haar maker en de niet-talige wereld” (Evenepoel, 1988: 19) – as ’t ware ’n sigself (om-)vormende organisme van taal en poësietegniek. Enkele uitsprake deur Van Ostaijen in hierdie verband, onder meer aangehaal deur Reynebeau (2004: 30), lui : “Een gedicht der zuivere lyriek draagt [...] de kausaliteiten van zijn ontwikkeling in zich en uitsluitend in zich”; de poëzie “is eenvoudig een in het metafysische geankerd spel met woorden”.
“Aseïteit” (“[s]elfstandigheid, absoluutheid”, ’n “skolasties-dogmatiese uitdrukking om die volstrekte onafhanklikheid van God aan te dui” – Schoonees et al, 1970: 274) is ’n begrip wat Van Ostaijen benut het om na hierdie geldend making van die outonomiteit van die gedig te verwys. Die “kapitale waarde van techniese problemen” (soos Van Ostaijen deur Reynebeau, 2004: 11, aangehaal word) en liriese spontaneïteit wat improvisasie, eksperimentering en woordspel bevorder, staan op die voorgrond. “[A]bsoluut on-serieuze lyriek” ontstaan aldus, soos dit in Gebruiksaanwijzing der lyriek gestel word; ’n woordkuns wat wegsku van die “hoë erns” van die konfessionele poësie soos deur byvoorbeeld die Nederlandse Tagtigers beoefen (Cloete, 1977: 194-195).
Weideman (1999: 4) wei dan soos volg uit oor sý eietydse konteks:
Vandag bevind ons ons in wat ek wil beskryf as ’n inligtingswildernis, waarin (egte) gevoelsbelewenisse al hoe meer uitgeskakel word. Die kuns kan byna nie voorbly om aan die snelle veranderinge, nivelleringsdrang, sug na kits-ontvlugting (hedonisme) en ongeduld van die mens uiting te gee nie.
Dit skep m.i. in sigself moontlikhede vir die skrywer. Van Ostaijen was sy tyd in dié opsig vooruit. Soos Weisgerber (1996: 8) sê: “In werkelijkheid maakt de avant-garde tabula rasa om een nieuwe wereld op te bouwen. Daarbij streeft zij het onmogelijke na: Ze wil nl. uit het niets, ex nihilo, scheppen, m.a.w. de scheppingsdaad van God herhalen – en overtroeven.” Ook ek het grootgeword in ’n huis waar die skeppingsdrang – by uitstek gekoppel aan die lewenspreuk “iets uit niets” – soms rasend uitgeleef is. Maar die motivering was wel anders: niks is vir die naskepper te nietig om weer tot iets te omskep nie.
By die reddende krag van die skeppingsdrang reken Weideman ’n bevrydende humorsin – iets wat uit (veral die latere) Van Ostaijen se werk spreek, net soos uit sommige gedigte uit veral die laaste twee bundels van homself (’n Staning onder sterre, 1997; en Verskombuis. ’n Kookboek met gedigte, 2006). “Ek glo dat humor, die burleske, die groteske en dikwels absurde van die samelewing waarin ons leef, ons die kans bied om ’n slag asem te haal te midde van die genoemde verstikkende inligtingswildernis, ” skryf hy (Weideman, 1999: 4). Die kritiek uitgespreek teen die verstarrende, verstikkende verknogtheid aan die rekenaarskerm deur mense in ons tyd in die gedig “Virtual reality” in ’n Staning onder sterre (Weideman, 1997: 43), staan derhalwe in skrynende kontras met byvoorbeeld die volgende uit Verskombuis (Weideman, 2006: 58):
By ’n stillewe met groente
God is vol streke, as jy my wat vra: heerlik geiterig soos ’n skilder wars
van konvensies. Vat nou ertappels en patats: nie een lyk soos ’n ander nie, die een abba ’n kleintjie, nes ma-bojaan;
die ander ’n boggel van ’n knoets.
Soms vurk geelwortel só, dit lyk of hy ’n poets gebak is. Pampoen is glads briekwa
soos ’n karnallie van ’n boerbok. En raap? Ou wit-ût met sy rooipers pensie,
plaks langs slanke juffie seldery. Tamatie, aan die ander kant,
wil uit haar nate bars van skaamte.
O, die Heer moes van lekkerkry gelag het
toe lensie, ertjie, boontjie uit hul doppe kruip.
Kyk by die stil groentestapel verby, herken die Vabond
wat vere voel vir eendersheid – skorsies en uie kom al naby daaraan – wat hou van die vratte
van agurkie en marankie, van beet vars uit die grond onder die kraan afgespoel; dié Tuinier
manipuleer niks.
In terme van die spektrum van reaksies op literêre vaders wat vroeër in hierdie artikel onderskei is, sou ’n mens derhalwe weer kon konkludeer dat ’n vereenselwiging met veral aspekte van die poëtika van iemand soos Van Ostaijen uit Weideman se uitsprake én (dele van) sy verskuns spreek. Dit impliseer nie noodwendig (volle) lewensbeskoulike vereenselwiging nie – soos getuig word deur die religieuse beskouingsverskille waarop Weideman aan die einde van die laaste aanhaling sinspeel, en wat uit die gedig hierbo blyk. Hy wys self (Weideman, 1999: 4) op ’n verdere verskil tussen hulle digterskappe:
Natuurlik is daar ook wesenlike verskille tussen my skryfwêreld en dié van Paul van Ostaijen. Om één [verdere] saak te noem: Hy was volledig stadsmens – ek het íéts van die stad (Kimberley, 1957-1960) leer ken; later ook as student en onderwyser. Ek kon my wel vereenselwig met Boerneef se onwennigheid. Stadmens [sic] teen wil en dank.
Met wat hy beskryf het as “’n soort streeksnasionalisme” by Van Ostaijen, een wat met die ontdekking gepaard gaan “dat egte kuns verwant is aan die primitiewe, aan kinderliedjies, aan volksverse”, kon Weideman (1999: 4) hom wel meer onvoorwaardelik vereenselwig. Hy haal Reynebeau (in Van Ostaijen, 1993: 28) aan om die “zuivere lyriek” van die latere Van Ostaijen te tipeer as digwerk “waarin het vermogen tot verwondering nog niet gekorrumpeerd is, waarin de verrukking (‘het uitsluitende thema der zuivere lyriek’) nog in een oerstaat aanwezig is”. Weideman (1999: 4) vermeld Van Ostaijen se “Marc groet ’s morgens de dingen” as uitstaande voorbeeld in hierdie verband.
Vandaar dat Weideman (1999: 4) ook nog “die rol van die magiese” as element in die soort digkuns wat hom aanstaan, vermeld: “gedigte waarin daar iets van die geheimsinnige, die ‘primitiewe’, die ‘oergegewe’ bly nasweef – nie die waarin dinge ‘uitgeredeneer’ word of ‘uitredeneerbaar’ (of self voorspelbaar, ‘geblik’) is nie”.
Hierdie uitspraak van Weideman wil-wil herinner aan ’n effek van die “zuivere lyriek” wat as “woordmystiek” in Van Ostaijen se Nagelaten gedichten bekend geword het (Evenepoel, 1988: 21) – ’n haas surrealistiese proses waardeur woorde en beelde as ’t ware assosiatief opwel uit die digterlike onderbewussyn (Van Boven en Kemperink, 2006: 183; Goedegebuure, 2009: 537). Van Ostaijen noem dié woordmistiek in sy Gebruiksaanwijzing der lyriek “de laagste trap van de extase”, aangesien dit om iets veel meer beskeie as religieuse eenheidsverrukking gaan; dit gaan naamlik om “het vervuld-zijn door het in het transcendente boren van het woord”. Sowel die klank- as die betekenisvlak van woorde is hierby betrokke – die “sonoriteit” van die samehang van hierdie elemente in die verskuns waarvan, soos reeds vermeld, Van Ostaijen gewag gemaak het.
Die “magiese” soort gedig, meen Weideman (1999: 4), figureer ál sterker in
sy eie oeuvre. Hy noem ter illustrasie die gedigte “Die wispelturige uur” en “Unvollendet” uit ’n Staning onder sterre. Aan die slot van eersgenoemde gedig van hom, die openingsgedig van die bundel (Weideman, 1997: 1), lui dit dat dit gaan om
[...] die uur anderkant die etmaal en buite die ratwerk van die tyd.
In dié domein is jy die werklikheid, goddank, saam met al jou varkies kwyt.
Weideman sou egter nog heelparty ánder verse uit dié bundel ter illustrasie kon noem. Dit is gedigte waarby ’n mens dikwels nie net die werk van Norman MacCaig hoor deurklink nie (’n hele handvol van die gedigte in die afdeling “Plaaswerf ” word deur Weideman erken as naskrywings van MacCaig- gedigte), maar ook die ekspressie van die ongryp- en onsegbaarheid van die dinge wat ’n mens in talle van die postuum gepubliseerde gedigte van Van Ostaijen verneem. Uit die onderstaande twee gedigte (Van Ostaijen, 2004: 244; Weideman, 1997: 23) is sowel iets van die ooreenkomste van die twee digters se werk in hierdie verband af te lees, as van die verskil met betrekking tot die tipiese omgewing waarbinne hul vertolkte belewenisse geplaas is (dorp/ stad teenoor platteland):
Souvenir
Schoon d’avond valt en tussen de beide grijze gevelrijen het donker zwaar hangt als een klos en overdadig ontsteekt geen hand het licht aan de lantaarnen
Zo wentelt plots aan d’ogen u het wonder van een vreemde stad de grijze huizen van u dees’ anders zo bekende stede
De zonnenstralen sloegen hard aan d’aarde over dag
en uit het vuur van ’t rosse loof persten zij de geur der aarde daarop ons dulle zinnen de herrefst toewaarts matelik glijden
Dees’ overdaad van zinnelike wondren van lichten en van geuren is zó lauw en vol dat gij niet kunt begrijpen waarom
aan ’t eind van deze dag
geen lach zich legt over uw breede mond
zoals een ree languit en lui zich aan een rotswand legt[.]
Koeikamp
vir die Leeuwners van Mariasdal
Grootoog kom hulle jou tegemoet, die stoere stoet, swart-en-wit gesmok.
Skud bosluisvoëls soos vlokke kapok
van hul af, staan en kou kalmpies en begroet
jou met hul wye oë waarin die kalwerhok weerkaats, sien die hond en stampvoet
bot – ’n oomblik van waansin of waagmoed en die plaas wankel op die randjie van amok.
Dan jaag ’n tarentaal die jong japsnoet se aandag eenkant toe, die melktrok
skud die wêreld bymekaar; Witlies en Bontrok kyk dwarsdeur jou en blaas hul soet
groenment-asems oor die heg en oor die planeet. Rimpel effens. Waai vlieë weg. Gaan voort met eet.
Iets van literêre beïnvloeding in die vorm van herhaling-met-transformasie (repetitio) van elemente is ter sprake, dit wil sê waarby ’n herhaalde element uit die oorspronklike teks (sekere gedigte van Van Ostaijen) ’n ander betekenis kry binne die konteks van die nuwe een (’n gedig van Weideman soos bostaande).
Nog so ’n repetitio-element, een waarop al heelwat lig in die onderhawige artikel gewerp is, is die taalspel-element – ’n kenmerk van veel van Weideman se werk wat homself “die sterkste aan [...] Van Ostaijen bind” (soos ook aan die Afrikaanse Boerneef – Weideman, 1999: 5; kyk ook Weideman, 1998: 113). In hierdie verband fokus Weideman (1999: 5) in sy gelewerde praatjie op die gedig “Simfonie vir Boereorkes met viool, saag, okarina, ens.” (met ’n “verontskuldiging aan Paul van Ostaijen & Louis MacNeice & Boerneef ” as subtitel) uit ’n Staning onder sterre (Weideman, 1997: 63-66). Dis ’n gedig wat 119 versreëls beslaan; slegs enkele strofes daaruit word hier ter illustrasie aangehaal.
alla gitana
jy sal sê ek lieg
maar dié kan ek jou sê
op grootvloer is gedans van voorjaar tot najaar
dis praatjie vir die vaak dis hoeka volksvermaak
en dwarsdeur die jaar
jy sal sê ek dwaal
dis net ’n ou verhaal
maar dié sweer ek jou voor
dis hier waar saar van schoor
en haar bulgaar
haar husaar
haar magjaar
haar tartaar
gedans-dans-dans het van voorjaar tot najaar
wie weet watter tollenaar
en dwarsdeur die jaar
[...]
sie so die orkes:
waar lê die geheim?
by okker en sy mokkels by okker die rampokker
by karel die kapater by basjan met die blik basjan met die tjiktjiktjuktjuktjiktjik blik
by toua met die pouk of by nicol met die piccolo tarien se mandolien of con se konsertina
dalk lê die vraag by sarel en sy saag
by stoffel se geroffel of by kolie se viool miskien tog wel by okker van meerkotter
miskien tog wel by okker okarina
[...]
hoe later hoe kwater sê karel kapater hy kwint sy kitaar
hy verstel hier en daar hy striem en hy string en hy stryk elke snaar
en hy dink aan die moesie en hy dink aan saar
en hy speel sy party speel ’n barshou boccherini
eers doller dan delikater soos ’n kat oor water [...]
wat maak die gaste?
die gaste swaai hul kwaste
dobber en dobbel en dans desperaat
en gaffel met die kop
hoe later hoe kwater en al hoe desperater skoffel en skuif
hoe kordater hoe parater
die vastrap die riel die langarmdans
iemand sê die wyn smaak nes ou skoene smaak hoe moet ek weet hoe ou skoene smaak?
nes wywater sê die ander
waar’s die witblits dan? dis waar
na ’n ruk pure kasater bring die witblits ou klits
kyk daar sê ’n snaar saar is uitgespaar
saar met haar moesie en haar snoeperige laggie
beleefde hoesie
vang haar in jou kardoesie sê die man met die hoesie [...].
Weideman (1999: 5) skryf dat die “verontskuldiging” in die subtitel nie soseer slaan op tematiese verwantskappe tussen “Simfonie vir Boereorkes” en Van Ostaijen se “Boere-charleston” (en die eweneens vermelde “Bagpipe music” van Louis MacNeice en onvermelde werke van Boerneef) nie. “Die ooreenkoms
setel wel in die primitiewe, vrye klank, taalspel en ritme,” meen hy.
Só lui Van Ostaijen (2004: 241) se welbekende gedig (en wat, myns insiens, soos Weideman se gedig, boeredans-tonele uit die skildery-oeuvre van Pieter Brueghel die Ouere in die herinnering roep):
Boere-charleston
Tulpebollen bolle tulpen tulpetuilen rozetuilen
boererozen boerewangen boerelongen boerelongen ballen wangen
wangen ballen bekkens ballen bolle bekkens bugel en basson – o hop!
wie heeft er de kleine bugel gezien wie heeft er de grote bugel gezien
en wie Gaston met zijnen basson Marie-Katelijne Marie-Katerien
want dit is geen pavane of geen sarabande meer dat is geen gigue of geen allemande meer
en geen wals
dat is ’nen charleston ’nen boerecharleston
van Gaston op zijnen basson En wie heeft er de kleine bugel gezien
en wie heeft er de grote bugel gezien en wie Gaston met zijnen basson De kleine bugel zit in ’nen rozetuil bij Rozalie
bij Melanie
de grote bugel zit in de sjees
Marie-Katelijne Marie-Katerien En Gaston
die zit “In de Ton” ik vraag u pardon Bolle wangen ballen bekkens
bugel en basson [.]
Weideman (1999: 5) wys op uiteenlopende menings oor hierdie Van Ostaijen- gedig:
• dat die “razernij” en lewensuitbundigheid van boeredanspartye uitgebeeld
word (Coster, aangehaal deur De Jong, 1982: 127);
• dat dit vae voorstellings en droomgedagtes oproep (Westerlinck, aangehaal deur De Jong, 1982: 127);
• dat die “sin” van die gedig juis in die sinlose of irrasionele maar bewegingryke woorde lê (Greshoff, aangehaal deur De Jong, 1982: 127);
• De Jong (1982:127 e.v.) self toon weer aan dat daar wel heelwat betekenisvolheid in die oënskynlik sinlose gedig skuil.
Weideman (1999: 5) wei, naas beklemtoning van die polities-satiriese implikasies van MacNeice se genoemde gedig, dan self uit oor aspekte van “Boere-charleston” en sy eie gedig (sý kursiverings en afkortings):
Eerstens moet ons daarop let dat die charleston ’n erotiese gedig [hy bedoel kennelik “musiekvorm” – BO] van Neger-oorsprong is, veral baie populêr in 1928. Hier is dit ’n Boere- charleston – met ander woorde, dis die plattelander se vertolking van die charleston. In my vers “Simfonie ...” – wat natuurlik glad nie ’n simfonie is nie! – tree ’n Boereorkes op, en die instrumente wat hulle gebruik, is beslis ongewoon, so ook die name. Die mate van oordrywing is deel van die vrye spel in albei gedigte.
Van Ostaijen skryf nie oor ’n Boere-charleston nie; hy wil wel die inset daarvan suggereer – vandaar die spel met ritme, alliterasie, assonans, klankverskuiwing en woordbetekenis.
[...]
Agter die spel is daar egter ook erns – en dan nie net ten opsigte van die “betekenis” van die teks nie. Speelse poësie is die digter se woordgimnasium. Dit bied die moontlikheid vir die inoefening van gesonde humor, ’n bevraagtekening van valse waardes, ’n aanvoeling vir die absurde in die alledaagse en ’n vars, kinderlike perspektief.
Dit kom waarskynlik uit ’n besonderse innerlike noodwendigheid voort [...]. Al die digters [genoem in Weideman se praatjie – BJO] is – ten opsigte van die aangeduide voorbeelde – mense wat bevry is van die sg. “kleiner mites” wat ons bestaan beheers; bevry van daardie gevaarlike “outeurs” wat elke mens van heel vroeg af vorm (of misvorm).
Die Van Ostaijeniaanse “spel met ritme, alliterasie, assonans, klankverskuiwing en woordbetekenis”, asook die “aanvoeling vir die absurde in die alledaagse” en die “vars, kinderlike perspektief ” waarvan Weideman in bostaande aanhaling gewag maak, is ook duidelik af te lees uit die gedig “Plaasensemble” (ondertitel: “Simfonie vir blasers, honkietonk en mezzosopraan”). Dit maak saam met “Simfonie vir Boere-orkes...” die bundelafdeling “Plaaswysies” in ’n Staning onder sterre uit. Nadat op dikwels klanknabootsende wyse uitgewei is oor die gedrag van plaasdiere soos ganse, makoue, boerbokke, skaapramme, Jerseykoeie en dergelike, sluit “Plaasensemble” (Weideman, 1997: 61-62) met die volgende veelseggende verwysing na ’n twintigste-eeuse avant-gardistiese komponis:
Sweer Stockhausen het saans stoppels kaf uit sy hare geskud.
Naas die hierbo aangehaalde “By ’n stillewe met groente”, val gedigte soos “Digter en hoenderboer”, “Aardrykskundeles”, “Voorspel met kalbaspampoen”, “Vlieënde pierings op my stoof ”, “Deli”, “Patatta”, “Groente met ’n klankie”, “Turksvye”, “Granate en kwepers: ’n stillewe”, “Ui” en “Narre van die winkelrak” uit Weideman se “[k]ookboek met gedigte” uit 2006, Verskombuis, ook in hierdie kader – hoewel eerder die visuele as die klankmatige spel in hierdie kosgedigte voorop staan.
Weideman se insig rondom die bevrydende werking van verbeelding en speelsheid – by name die spel-met-taal in die poësie – is geen nuwe nie. Nel (2015: 188-204), in ’n artikel oor “fasette van spel in enkele gedigte van T.T. Cloete”, wys op die vryheid, die moontlikhede van grensoorskryding, wat die aard van spel in die hand werk. Dit behels naamlik ’n “handeling, die [...] buiten de sfeer van materieele nuttigheid of noodzakelijkheid” (Huizinga, 1952: 134) plaasvind. As kultuurverskynsel is dit egter “van meet af aan erns en ’n voorstelling van die lewe” (Nel, 2015: 192); dit kan dus besweringsmoontlikhede inhou wat selfs gerig kan wees op iets soos “die tydelike opheffing van die mens se eksistensiële lewens- en doodsangs” (Nel, 2015: 203).
Soos Weideman (1997: 21) aan die slot van die gedig “’n Doodgewone dag” – luidens die ondertitel ’n vrye omwerking van Norman MacCraig se “An Ordinary Day” – aangaande die nuutmakende effek van verbeeldingspel getuig:
en my verbeelding het aan my gesê, of ék aan haar, hoe gewoon buitengewone dinge is, of
hoe buitengewoon gewone
dinge – soos die aard van die mens se gees en die mens se manier van kyk.
6. Samevattende opmerkings
Vereenselwiging met bepaalde aspekte van Paul van Ostaijen se persoonlikheid en van sy poësiebeskouings, derhalwe ’n repetitio (herhaling-met-variasie) van fasette van Van Ostaijen se digpraktyk, kenmerk die literêre erflating van Van Ostaijen soos dit náklink in Weideman se digkuns.
Dié naklinking betref die (matige) eksperimentering met tipografie en versvorm, asook die benutting van die volkstaal (streekstaal) en (streeks-)folklore
as instrumente van verset teen hegemoniese kragte op sowel sosiopolitieke, linguistiese as literêre vlak. Laasgenoemde is in Weideman se geval egter eerder geïnspireer deur sy sterk sintuiglike, aardse ingesteldheid en sy diepe geneentheid jeens die swaarkrywêreld van die droë, noordwestelike kontreie van Suid-Afrika wat hy tot heimat gekies het – iets wat volgens hom as ’n “reddende korrektief ” gedien het op die vorm- en styleksperimentering van sy vroegste bundels. Die liriese, ritmies-musikale spontaneïteit wat bevorderlik was vir die improvisasie, eksperimentering en woordspel in Van Ostaijen se digkuns – die voorbeeld van avant-gardistiese, byna surrealistiese “woordmystiek” waardeur woorde en beelde as ’t ware assosiatief opwel uit die digterlike onderbewussyn – het egter blywend nagewerk in Weideman se digterskap. Dié “magiese” soort gedig (Weideman, 1999: 4) figureer trouens algaande al sterker in sy oeuvre.
Van Ostaijen se poësie-nalatenskap leef kennelik aktief voort, in sowel die elitêre as die populêre literatuursmaak, in Europese sowel as (Suid-) Afrikaanse verband. Hy het iets van ’n “allemansvriend” (Reynebeau, 2004: 6) geword. ’n Bepaalde toeganklikheid staan met frisse uniekheid in sy verskuns versoen, sodat sy beste gedigte iets tydloos besit.
Dít het ook ’n kenmerk van George Weideman se digkuns geword (Weideman is ook ’n veelbekroonde prosaïs en dramaturg). Die vermenging van volkse en unieke idiolektiese elemente werk waarskynlik mee om die kenmerkende toeganklikheid van sý verse te waarborg. Daarby moet sy besondere – ánders as by Van Ostaijen: kennelik religieus-eties gegronde – deernis vir die misdeeldes en gemarginaliseerdes van die wêreld gereken word. Sodanige deernis het sy wortel in Weideman se koestering van die mense en omgewingsdinge wat in sy gekose heimat ’n bestaan moet voer. ’n Milde humoristiese aanslag gee groter reikwydte aan die empatieverwoording.
Bronnelys
Noordwes-Universiteit
Bloom, Harold. 1973. The anxiety of influence: A theory of poetry. New York: Oxford University Press.
Borgers, Gerrit. 1996. Paul van Ostaijen. Een documentatie (twee delen).
Amsterdam: Uitgeverij Bert Bakker.
Brems, Hugo en Zuiderent, Ad. 1992. Hedendaagse Nederlandstalige dichters.
Rekkem: Stichting Ons Erfdeel vzw.
Cloete, T.T. 1977. Paul van Ostaijen (1896-1928). In: Dekker, G. & Cloete, T.T. (samests.). 1977. Uit die skat van die Nederlandse liriek, deel 4. Van Leopold tot Achterberg (met inleiding en aantekeninge deur T.T. Cloete). Pretoria: J.L. van Schaik
Beperk. p. 193-202.
De Jong, Martien J.G. 1982. “Kijken wat er staat. Over ‘Boere-charleston’ van Paul van Ostaijen.” In Over gedichten gesproken (byeengebring deur T. van Deel,
R.L.K. Fokkema en J. Hoogteijling). Groningen: Walters Noordhoff. 127 e.v.
Evenepoel, Stefaan. 1988. Ten geleide. In: Van Ostaijen, Paul. 1988. Spiegel van uw eenzaamheid. Een keuze uit de poëzie van Paul van Ostaijen, ingeleid en samengesteld door Stefaan Evenepoel. Leuven: Davisfonds. P. 9-22.
Foster, Ronel. 2000. Beelde van die Afrikaanse poësie sedert 1960. Referaat gelewer by die simposium van die Letterkunde-Ondersteuningskomitee van die Universiteit van Stellenbosch, 25 Februarie 2000; aangepas vir deelnemers aan die poësiewerkswinkels van die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch. LitNet PoësieNet. Aanlyn beskikbaar: xxx.xxxxxxxx.xx.xx/xxxxxx/00xxxxxx.xxx. Datum geraadpleeg, 16 Mei 2011.
Foster, Ronel. 2012. Afrikaanse herskrywings van Martinus Nijhoff se ikoniese gedig “Impasse”. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 19(1): 51-68.
Goedegebuure, Jaap. 2009. Between Two World Wars: 1916-1940. In: Hermans,
T. (ed.). A Literary History of the Low Countries. New York: Camden House. p. 532-571.
Goldie, David. 2003. Tne Non-modernist Modern. In: Roberts, Neil. (ed.) 2003 (2001). A Companion to Twentieth-Century Poetry. Oxford: Blackwell Publishing. p. 37-50.
Hadermann, Paul. 1998. Eind oktober 1918: Paul van Ostaijen wijkt uit naar Berlijn – Doorbraak van de avant-garde in Vlaanderen. In: Schenkeveld-van der Dussen, M.A. (hoofred.). 1998 (eerste uitgawe 1993). Nederlandse Literatuur, een geschiedenis. Amsterdam & Groningen: Uitgeverij Contact. p. 602-609.
Huizenga, Johan. 1952 (vierde druk). Homo Ludens: proeve eener bepaling van het spel-elelemnt der cultuur. Haarlem: H.D. Tjeenk.
Kannemeyer, J.C. 1983. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur, deel II. Pretoria, Kaapstad en Johannesburg: Academica.
McDonald, Peter. 2003. Louis MacNeice: The Burning Perch. In: Roberts, Neil. (ed.) 2003 (2001). A Companion to Twentieth-Century Poetry. Oxford: Blackwell Publishing. p. 491-499.
Nel, Adéle. 2015. “Die gedig as spel” – fasette van spel in enkele gedigte van T.T. Cloete. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 55(2), Junie: 188-204.
Odendaal, Bernard. 2015. Omgangsvariëteite van Afrikaans in die digkuns sedert Sestig. Stilet 27(2): 32-62.
Reynebeau, Marc. 2004 (1989). Geenzijds der zinnekim. In: Reynebeau, Marc (samest.). Bloemlezing uit de poëzie van Paul van Ostaijen (Dichters van nu 8). Gent: Poëziecentrum. p. 5-41.
Schoonees, P.C., et al. 1970. Woordeboek van die Afrikaanse taal, eerste deel A-C.
Pretoria: Die Staatsdrukker.
Van Boven, Erica. en Kemperink, Mary. 2006. Literatuur van de moderne tijd. Nederlandse en Vlaamse letterkunde in de 19e en 20e eeuw. Bussum: Uitgeverij Coutinho.
Van Coller, H.P. 2014. Die ontwikkeling van en die verbande tussen die Nederlandstalige en die Afrikaanse letterkunde (deel 1). Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 21(2): 22-41.
Van Coller, H.P. 2015. Die ontwikkeling van en die verbande tussen die Nederlandstalige en die Afrikaanse letterkunde (deel 2). Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 22(1): 23-42.
Van Coller, H.P. & Odendaal, B.J. 1999. George Weideman (1947-). In: Van Coller, H.P. (red.). 1999. Perspektief en profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis, deel 2. Pretoria: J.L. van Schaik. p. 764-785.
Van Coller, Hennie en Odendaal, Bernard. 2009. Die verhouding tussen die Afrikaanse en Nederlandse literêre sisteme. ’n Chronologiese oorsig. In: Foster, Ronel; T’Sjoen, Yves; en Vaessens, Thomas (reds.). Over grenzen. Een vergelijkend studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poëzie. Leuven / Den Haag: Acco. p. 19-46.
Van der Elst, J. 1988. Poësie in die tydperk rondom die Eerste Wêreldoorlog. In: Van der Elst, J., Ohlhoff, C.H.F. & Schutte, H.J. (reds.). Momente in die Nederlandse letterkunde. Kaapstad & Pretoria: Academica. p. 435-461.
Van Ostaijen, Paul. 1970. Music-hall: een programma vol charlstons, grotesken, plolonaises en dressuurnummers van Paul van Ostaijen. Den Haag: Bert Bakker.
Van Ostaijen, Paul. 1993 (1989). Witte hoeven achter de zoom (bloemlesing saamgestel en ingelei deur Marc Reynebeau). Gent: Poëziecentrum.
Van Ostaijen, Paul. 2004 (1989). Bloemlezing uit de poëzie van Paul van Ostaijen
(saamgestel deur Marc Reynebeau). Gent: Poëziecentrum.
Van Zyl, Wium. 2000. ’n Vyftiger uit die Koue Bokkeveld? Tydskrif vir letterkunde
38(1/2): 51-62.
Viljoen, Louise. 2014. Afrikaanse digters in gesprek met Breytenbach se digterskap. In: Viljoen, Louise. Die mond vol vuur. Beskouings oor die werk van Breyten Breytenbach. Stellenbosch: SUN MeDia. Bladsye 241-270.
Weideman, George. 1997. ’n Staning onder sterre. Kaapstad: Tafelberg.
Weideman, George. 1998. Pella lê ’n kruistog vêr. ’n Keuse uit sy poësie 1966-1987.
Kaapstad: Tafelberg.
Weideman, George. 1999. Poësie as spel: Van Ostaijen, Boerneef, ’n paar ander
– en ek. [Ongepubliseerde] [v]oorlesing gehou voor die Genootskap Nederland
– Suid-Afrika, Tak Bloemfontein, 17 Mei.
Weideman, George. 2006. Verskombuis. ’n Kookboek met gedigte. Pretoria: Protea Boekhuis.
Weideman, George. 2008. Doepa! Gedigte van George Weideman: woorde wat vra om gehoor en gesing te word (CD met Helena Conradie, Annalise Wiid en die Ha!- man, Francois le Roux). HC CD006.
Weisgerber, Jean; Hadermann, Paul & Janssens, Marcel. 1996. Herdenking Paul van Ostaijen. Oordruk uit “Verslagen en Mededelingen” van die Koninklike Akademie vir Nederlandse Taal en Letterkunde jg 1996, a fl 1.
Note
* Finansiële bystand van die NRF word hiermee erken. Menings uitgespreek en gevolgtrekkings waartoe geraak is, is dié van die outeur en moet nie noodwendig aan die NRF toegeskryf word nie.
1. Weideman het sy voorlesing gelewer voor ’n tak-vergadering van ’n vereniging wat, as teenvoeter vir die kulturele boikot wat deur Nederland gedurende die 1980’s teen die Suid-Afrikaanse politieke bestel van destyds ingestel is, ten doel gehad het “om die kulturele betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika te verstewig en uit te brei” (doelstelling luidens die “Reglement van die Genootskap Nederland – Suid-Afrika”, soos by stigting op 1 April 1982 geformuleer). Die Bloemfonteinse was teen 1999, nadat politieke en kulturele verkeer tussen die Nederlande en Suid-Afrika in die vroeë 1990’s hervat is, een van die laaste aktiewe takke van die Genootskap Nederland – Suid-Afrika. Na wat vasgestel kon word, het die laaste vergadering van die Bloemfonteinse tak in Mei 2010 plaasgevind, naamlik met ’n vertoning van die 1976-verfilming van Multatuli se Max Havelaar (luidens ’n vergaderingkennisgewing in my besit – BO).
2. Dit wil sê tot voor die “fase van [...] diepgaande verwydering (1955-1989)” wat die Nederlandse beleid van “isolasie van Suid-Afrika en van die heersende Afrikaners” in die hand gewerk het (Van Coller & Odendaal, 2009: 32-33).
3. Weideman steun sy bewering met ’n aanhaling van Weisgerber et al (1996: 10-11). Kyk ook bronne soos Evenepoel (1988: 9-10), Brems en Zuiderent (1992: 14-15, 19), Kannemeyer (1983: 477), Van der Elst (1988: 460) en Van Zyl (2000: 57) oor die verwantskappe tussen die werk van Van Ostaijen en ’n Nederlandse Vyftiger soos Lucebert enersyds, en via die Vyftigers tussen Van Ostaijen en die Afrikaanse Sestigers en laasgenoemde se digterlike wegbereiders andersyds.
4. Afkorting vir “algemeen-beskaafd” – ’n term wat dekades lank in die Afrikaanse kultuurkonteks benut is om te verwys na die gestandaardiseerde register van Afrikaans, oftewel Standaardafrikaans.
5. “Hondegaloppie” is “’n Namakwalandse woord vir ’n sterk mengeldrankie van brandewyn, bier en wyn” (Kannemeyer, 1983: 494).
Moord en muitery: Die verhaal van ’n slaweskip in twee jeugromans
Steward van Wyk
Murder and mutiny: The narrative of a slave ship in two youth novels
This article recounts the historical events on two slave ships, the Leusden and Meermin in the 18th century and how these events are recreated in two youth novels. Both ships were on route to colonies in the Dutch empire with a substantial cargo of slaves when a series of tragic events occurred. The Leusden ran aground near the coast of Surinam and the bulk of the slaves were trapped in the hold where they drowned. The slaves on board the Meermin staged a mutiny in which several of them and a few of the crew members were murdered and the rest re-captured and sold. The article explores how these events are structured in a narrative suited to the young mind and the strategies that are used to raise the awareness of learners on issues pertaining to slavery.
1. Inleiding
Die ontdekking van dele van die gestrande Portugese slaweskip, die São José- Paquete de Africa, in 2015, het die aandag opnuut gevestig op die lot van slawe op die slaweroetes oor die Atlantiese en Indiese oseane. Die São José het in Desember 1794 vanaf Mosambiek vertrek met ongeveer 500 slawe op pad na die suikerplantasies van Maranhão in Brasilië. Die skip sou die Kaap aandoen vir verversings, maar het op 29 Desember in onstuimige weer naby wat vandag die gewilde toeristebestemmings van Kampsbaai en Clifton is, in die moeilikheid geraak. Die bemanning en 212 slawe is gered, maar meer as die helfte van die slawe het omgekom. Die wat gered kon word, is enkele dae daarna op ’n vendusie in Kaapstad verkoop (Cooper, 2015).
Die lotgevalle van die São José en sy vrag swart goud is nie uniek nie en herinner aan die gebeure op twee ander slaweskepe: die Leusden en Meermin. Die Leusden, ’n slaweskip van die Wes-Indiese Kompanje (WIC) het op 19 November 1737 vanaf Elmina aan die Goudkus (tans Ghana) vertrek met 700 slawe en ’n bemanning onder aanvoering van kaptein Lodewijk Lodewijksz op weg na Paramaribo in Suriname. Na ongeveer 44 dae bereik hulle die kus van Suriname maar in die mistige weer sien hulle die monding van die Marowijnerivier vir die Surinamerivier aan en gevolglik loop die skip op die sandbanke. Die kaptein beveel die bemanning om die slawe in die ruim toe te sluit en die luike dig te maak. Weens skade aan die romp neem die skip water in
TYDSKRIF VIR NEDERLANDS & AFRIKAANS: 22STE JAARGANG (2015) 2DE UITGAWE
en 664 slawe verdrink. Slegs 16 slawe wat op die bo-dek was, oorleef die ramp en word op 14 Januarie 1737 verkoop.
Die VOC hoeker Meermin het op 20 Januarie 1766 vanaf Tulear aan die suidweskus van Madagaskar teruggekeer na die Kaap met ’n bemanning van 56 onder aanvoering van kaptein Gerrit Muller en 140 slawe van verskillende ouderdomme en geslag. Die eerste deel van die oortog het sonder voorval verloop, maar op 18 Februarie 1766 breek ’n gewelddadige opstand uit wat tot die dood van 24 bemanningslede, 31 slawe en die vernietiging van die skip sou lei (Sleigh & Westra, 2012: 138).
Om tienuur op die betrokke oggend het die kaptein opdrag gegee dat ’n aantal gebuite assegaaie en swaarde na die bo-dek gebring word om deur die slawe skoongemaak te word. Die ontspanne atmosfeer asook ’n aantal klugtige gebeure het daartoe gelei dat die gesagsituasie op die bodek verslap het (Sleigh & Westra, 2012: 66). Die bemanningslid Krause het byvoorbeeld ’n spies in die lug gehou en die Malagassiese woord “Bensjokke” uitgeroep wat beteken “Ek is koning” (Sleigh & Westra, 2012: 66). Die uiteinde was dat meer as die helfte van die bemanning koelbloedig doodgesteek of lewend oorboord gegooi is en die res gevange gehou is.
Onder aanvoering van hul leiers Massavana en Koesaaij het die slawe daarna beheer oor die skip oorgeneem. Hulle het egter nie kennis van seevaart gehad nie en vir dae het die skip op die oseaan rondgedryf. Uit die briewe van gevange bemanningslede wat die kus in bottels bereik het, kon die boere agterkom wat die ware toedrag van sake was. Hiervan het die brief van koopman Leij behoue gebly. Uiteindelik is ’n ooreenkoms met die bemanning bereik om hulle terug te neem na Madagaskar. Die bemanning het hulle om die bos gelei deur hulle te laat verstaan dat hulle die kus van Madagaskar bereik het, terwyl hulle eintlik in die omgewing van Struisbaai was. Die plaaslike landdros en boere het onraad bemerk. ’n Groep wat vooruit gestuur is om die land te verken, is gevange geneem en die oorblywendes is na die strand gelok met vure. Uiteindelik was al die slawe weer in aanhouding en is deur ’n militêre raad verhoor.
Die gebeure rondom die Leusden en Meermin is nie alleenlik deeglik gedokumenteer in twee studies nie, maar is ook die stof vir twee gefiksionaliseerde tekste. Ek verwys hier na dr. Leo Balai, kenner van die Amsterdamse slawehandel, se boek Slavenschip Leusden: Moord aan de monding van de Marowijnerivier wat in 2012 verskyn het. Dié werk vorm die grondslag vir die Surinaamse skrywer Cyntia McLeod se novelle Tutuba – het meisje van het slavenschip Leusden wat in 2013 by Uitgewerij Conserve verskyn. In haar voorwoord bedank McLeod vir Leo Balai en dra die boek aan hom op. Balai (2013:158) beskryf die gebeure op die Leusden as die grootste moordparty in die geskiedenis van die Trans- Atlantiese slawehandel.
Die geskiedenis van die Meermin is breedvoerig gedokumenteer in Dan Sleigh en Piet Westra se studie Die aanslag op die slaweskip Meermin 1766 uitgegee in 2012 in Kaapstad. Oor dié geskiedenis sê Sleigh en Westra (2012: 9): “Dit is ’n dramatiese verhaal van dapperheid, bloedvergieting, uithouvermoë en dood, asook oorreding, bedrog en verraad wat vele aspekte belig van die destydse sosiale stelsel, plaaslike regering en slawerny as wêreldwye verskynsel”.
Hierdie geskiedenis word verhaal in die jeugroman De gestrande Meermin of de opstand op een slavenschip van de VOC deur die pa en dogter André en Nienke Nuyens, uitgegee in 2009 deur Christofoor in Zeist. Sleigh en Westra se studie verskyn dus na die roman van die Nuyens’se. ’n Kopie van Sleigh se breedvoerige aantekeninge is in die Skeepwrakmuseum in Bredasdorp. In hul “verantwoording” (201) bedank die outeurs Rolf Bos vir sy artikel oor die Meermin wat in De Volkskrant van 6 Maart 2006 verskyn het asook vir ander bronne wat hy tot hul beskikking gestel het. Die artikel van Bos was dus die hoofbron vir die roman oor die Meermin.
In hierdie artikel word ondersoek hoe die historiese gebeure op die twee slaweskepe deur middel van ’n aantal literêre procédés vertel word in die twee tekste en hoe die onderwerp van slawerny aangebied word, veral aan jong lesers wat as geïntendeerde lesers beskou kan word (Sien Xxxxxxxxxx.xxx). Albei tekste sou beskryf kon word as jeugromans alhoewel McLeod haar verhaal aanbied as ’n historiese novelle en die Nuyens’se geen sodanige tipering gee nie. Soos die analise hieronder uitwys, kan die strukturering van die verhaalgegewe, die gebruik van kinders as vertellers en fokalisators en die wyse waarop die tema van slawerny beslag kry, dien as motivering om die tekste as jeugromans te tipeer.
2. Tutuba – het meisje van het slavenschip Leusden
Cynthia McLeod is bekend vir haar historiese romans oor die geskiedenis van Suriname onder andere De vrije negerin Elisabeth en Hoe duur was de suiker? waarvan ’n filmweergawe in 2012 in die omgewing van Franschhoek in die Wes-Kaap gemaak is. Die verhaal word aangebied as ’n historiese novelle wat die verhaal vertel van die vyftienjarige jongmeisie Tutuba – sy word 3 dae voor haar huwelik gevang deur menserowers en aan die kus van Elmina verkoop aan Nederlandse slawehandelaars vanwaar hulle na Suriname verskeep word.
Tutuba word saam met ’n paar ander vroue op die bo-dek aangehou waar hulle beurtelings deur die bemanning verkrag word. Na 41 dae bereik hulle die kus van wat vermoedelik die Suriname-rivier is, maar in werklikheid is dit die Marowijne-rivier waar die skip op die sandbanke loop en ’n gat in sy romp kry en gevaar loop om te sink. 655 van die slawe word in die ruim gedwing en die
luike toegespyker waar hulle uiteindelik verdrink. Tutuba en die ander asook die volle bemanning verlaat die skip op twee bote en bereik uiteindelik Paramaribo. Enkele dae daarna word sy verkoop aan die eienares van ’n suikerplantasie te Breukelerwaard waar sy as slavin werk en die naam Minerva kry. Sy sterf op die ouderdom van 43 (De Kater, 2014).
Die verhaal word deur ’n derdepersoonsverteller beurtelings vanuit die fokalisasie van Tutuba en Kaptein Outjes aangebied. Dit is ’n betekenisvolle procédé waarin die onskuldige perspektief van die kind tenoor die perspektief van die volwassene afgespeel word.
Tutuba se fokalisasie begin met ’n beskrywing van die ongerepte en idilliese dorp en omgewing waarin mense in geluk en harmonie bestaan. Sy ontwaak op die betrokke oggend met die gewaarwording: “Wat een heerlijke ochtend, vogeltjes kwetterden alsof ze ook blij waren met het mooie frisse ochtendgloren” (7). In die aanvangspassasies word beskryf hoe sy vrolik na ’n dorpbewoner uitroep, die begeerte voel om te huppel (8) en tot die gewaarwording kom dat sy baie gelukkig is om met een van die sterkste en dapperste jongmanne in die dorp te trou (9). Die novelle sluit aan by die algemene opvatting oor kinders as onskuldig en die kinderjare as ’n idille (Reynolds, 2005: 29).
Tutuba se onskuld blyk verder uit haar gebrek aan bevooroordeeldheid ten opsigte van fisieke voorkoms, soos blyk uit haar waarneming van haar tante Sanu se geskende gesig: “Tutuba vond haar niet lelijk, ach wat was lelijk”. Dit verander dramaties wanneer sy deur menserowers gevange geneem word en verkoop word aan wit slawehandelaars. Haar waarneming wanneer sy die eerste keer witmense sien, is sprekend:
De witte man! Hoewel ze nog nooit eentje had gezien, begreep ze onmiddellijk dat dat die vreselijke witte man moest zijn. Er waren er twee! Echt wit waren ze niet, eerder lelijk rossig en gelig, net gevilde bosvarkens ... Ze brulden bevelen in een rare taal en toen een van hen dicht bij Tutuba was, rook ze ook zijn vreemde geur. Zo, dit waren de witte mannen en wat gingen die nu met hen doen? Zouden ze hen slachten en opeten? (19)
Die idille van die aanvang kontrasteer skerp met die mensonterende omstandighede wat Tutuba en haar mede-gevangenes op die skip beleef:
Tutuba en Sanu stonden met ander vrouwen op een vloer en zagen alleen maar witte mannen, die door elkaar liepen en tegen elkaar schreeuwden. Dat lawaai werd overstemd door menselijk gehuil en geschreeuw, gevloek, gegil en vooral gerammel van kettingen. Ze liepen langs een geopend luik waaruit een afschuwelijke stank kwam en toen Tutuba daarbinnen keek, zag se mannen liggen naast elkaar en in etages boven elkaar. Hier kwam dat lawaai, dat vreselijke gebrul en gerammel van kettingen vandaan. (22)
Die vertelling is daarop afgestem om afgryse, maar ook besinning by die jong leser te wek. Die intensiteit van aggressie en geweld asook die haglike omstandighede word afgewissel met terugflitse na die gelukkige tye tussen haar mense in die dorp.
Hierdie ingesteldheid is betekenisvol in Tutuba se waarneming van die mans. Waar sy in die aanvang die trotsheid van die manlike figure in haar stam besing het, is sy nou intens bewus van die vernietiging van manlikheid onder slawerny:
Zoveel mannen had Tutuba nog nooit bij elkaar gezien. Overal naakte zwarte mannen dicht op elkaar. Er waren hier meer mannen dan er mensen in haar dorp waren. Naakte mannen met afhangende schouders en neergeslagen ogen. Wat waren dit voor mannen? Wie waren deze mannen? Tutuba was eraan gewend dat alle mannen altijd stoer en heldhaftig deden... Maar dat bestond niet meer bij deze mannen. Ze stonden op elkaar geperst als een hoop ellendige, treurige wezens, een grote hoop vernederde wezens. Ze waren geroofd, murw geslagen, mishandeld en bovenal vernederd. Alles was ze ontnomen, mannelijkheid, stoerheid, waardigheid. Ze waren ontmenselijkt. (24)
Meermale fokus Tutuba op die mans om die uitwerking van slawerny op hul menswees uit te wys. Na 3 weke op see maak Tutuba die volgende opmerking as sy die mans tydens hul geroetineneerde daaglikse verskyning op die bo-dek sien: “Ze zaten of stonden, met gebogen hoofd, naakt, grijs en grauw van uiterlijk. Dat was wat het meest opviel! Het was alsof niemand nog zwart was, de glanzende zwarte huid was verdwenen en iedereen had een vale grijze kleur” (40). Hierdie uitbeeldings stem ooreen met Pinsent (2002:195) se gevolgtrekking: “slavery is thus seen as something emasculating, recalling Douglass’s allegation that over- submissive slaves lacked manhood”.
Dit is opmerklik dat vroue die sterk figure in die verhaal is, onder andere Sanu wat haar op die oortog beskerm, Sa-sa die creoro mama wat haar op die plantasie touwys maak en Ngdongo wat op die landerye haar lot help verlig. Wanneer Sa- sa haar wonde verpleeg, merk die verteller op: “Tutuba kreeg tranen in de ogen; eindelijk iemand die met haar meeleefde, die lief voor haar was. Ze had zo ’n behoefte aan liefde aan menselijke warmte. Wat miste ze haar huis, haar familie, haar dorp. Een schrale troost, dat er tenminste een Sa-sa was die zich over haar ontfermde” (94).
Teenoor die lotgevalle en perspektief van Tutuba en die vroue staan die skeepsbemanning wie se perspektief vanuit die fokalisasie van kaptein Outjes vertel word. Opmerklik in sy waarneming is die kil opgaaf van gebeure vanaf die inskeping van die slawe, die oortog, skipbreuk, verdrinking van die slawe, redding van die bemanning en verantwoording aan die bewindhebbers in Paramaribo. Dit spreek van ’n kliniese opweeg van voor- en nadele, die berekening van die minste
kosteverlies en is afgestem op winsbejag. So byvoorbeeld weeg hy die dood van die slawe op teen die moontlikheid dat hulle die bemanning kon vermoor, na die kus swem en in die bosse vlug. Uiteindelik oortuig hy homself dat die WIC die verlore vrag van hul versekering kan terugeis. Rutgers (2015) wys op die navrante teenstelling in die moeite wat kaptein Outjes doen om die kissie goud uit die gestrande skip te red, terwyl hy geen kommer oor die slawe toon nie. Hierdie uitbeelding het den doel om ’n onsimpatieke reaksie van die jong leser te ontlok.
Tipies aan die jeugroman dek die vertelling insidente in die grootwordproses van die jongmeisie, onder andere Tutuba se eerste menstruasie en kennismaking met seksuele omgang. Tutuba se ervaring kontrasteer met hoe ’n hedendaagse jongmeisie hierdie gebeure in haar lewenssiklus sal beleef. Wanneer sy op die skip menstrueer, is daar geen wasgeriewe of doeke nie en beleef sy haar maanstonde met weersin. Die beskrywing daarvan ontlok ’n grillerige reaksie by die leser. Tutuba se eerste seksuele ervaring is wanneer sy verkrag word en dit ontlok eweneens weersin in haar:
Ruw drukte hij haar benen uit elkaar en drong bij haar naar binnen. Ze vochte, ze spuugde, ze huilde. Dit wilde ze niet ... Het duurde niet lang, na een paar keer bonzen, ging er een siddering door de man, hij liet zich van haar rollen ... Tutuba ging huilend in een hoekje tegen de muur zitten. Ze had een schrijnende pijn in haar schaamstreek, maar de pijn in haar binnenste was veel erger. Ze wist heus wel wat zich afspeelde tussen mannen en vrouwen; ze had geweten dat dit zou gebeuren als ze een man had, maar hoe anders had ze zich dit voorgesteld. (47)
Ook hierdie beskrywing uit die perspektief van Tutuba kan nie anders as om ’n negatiewe reaksie by die jong leser te ontlok nie. Identifisering met die lotgevalle van die jong slagoffer is ’n outomatiese uitkoms en lei die leser vervolgens om Tutuba se opmerkings oor slawerny oor te neem. Die verhaal eindig in ’n somber stemming wanneer Tutuba op die plantasie gebrandmerk word en op ’n gewelddadige manier deur die misi herdoop word tot Minerva. Tutuba se protestering lei tot ’n afranseling deur die basya. Sy kom tot die gevolgtrekking:
Ze pakken onze naam af, ze hebben ons lichaam al want met ons lichaam moeten we voor ze werken. Maar zo, met dat nederig gedoe willen ze ook onze ziel! Waarom moeten ze onze siel ook hebben; is het lichaam niet genoeg? ... komt er ooit een einde aan? Hoe lang nog? Hoe lang (112).
Sa-sa se antwoord is ’n uitsiglose en distopiese visie: “Nog lang, mi gudu nog lang. Alleen de dood kan ons bevrijden” (112).
Een van die kontensieuse gebeure is die aborsie van die kind wat Tutuba na haar
verkragting verwag. Wanneer sy die ontdekking van haar swangerskap maak, is daar by Tutuba geen twyfel dat sy die kind nie wil hê nie. Sy skreeu dit uit: “Ik wil niet, ik wil geen kind. Het is een kind van die beesten, die witten, die vervloekten ... Ik zal nooit van dit kind kunnen houden. Ik zal het haten; ik haat het nu al met alles wat in me is” (95-96).
In die ouderdomsgroep waarop die novelle gemik is, kan aborsie ’n gevoelige kwessie wees wat met omsigtigheid hanteer moet word. Godsdienstige en moreel- etiese opvattings oor die onskendbaarheid van menslike lewe moet opgeweeg word teen die adolessent se groei na verantwoordelikheid en reg op vryheid van keuse.
Jeugfiksie het ’n belangrike funksie om jong lesers op hierdie tog te begelei. Lathey (2005) se opmerkings oor oorlogsjeugfiksie en die hantering van trauma is relevant vir hierdie novelle oor slawerny. In ’n retoriese vraagstelling oor waarom volwassenes vir kinders oor oorlog skryf, reageer sy: “Surely we should protect children from the inhumanity of war for as long as possible? Such questions and answers arise in western cultures seeking to exploit a sanitized construct of childhood, one that cocoons children from the realities of the political world. Yet throughout history children have been the unwilling victims” (Lathey, 2005: 59). Anne Provoost maak ’n soortgelyke opmerking:
Geruststelling bij tijd en wijle is noodzakelijk, zonder gevoel van veiligheid kan een kind immers niet wortelen ... Maar als we alleen maar geruststellen, dan wordt sussen een gewoonte. Sommige waarheden zijn nu eenmaal verontrustend ... We zijn geneigd kinderen te beschermen. We vergeten dat ze blootstellen aan de chaos ook een vorm van beschermen is (Provoost, 2003).
Uit die perspektief van die jong leser beaam die webwerf Xxxxxxxxxx.xxx dat die novelle geslaagd is en ’n belangrike boodskap van respek en verdraagsaamheid oordra: “dat je elkaar moet respecteren. Ik denk dat de schrijver ... probeert te vertellen dat iedereen gelijk is en dat je niemand moet discrimineren”. In ’n oorsig oor die hantering van slawerny in historiese romans vir kinders, voer Pinsent (2002: 193) aan dat die intensie van baie van hierdie skrywers is “either to inform white children of the shameful aspects of white slave-owning history, or to assist black children to a pride in their roots”. Met die manier waarop McLeod die storie van Tutuba aanbied, kan albei oorwegings ter sake wees én vir kinders van alle kulture.
3. De gestrande Meermin
Hierdie jeugroman is gestruktureer as ’n raamvertelling – die verhaal begin met die twee maats Tom en Asiphe woonagtig op die dorp Waanhuiskrans (sic), naby die mees suidelike punt van Afrika. Die twee neem elke dag die bus na Bredasdorp
waar hulle skoolgaan en smiddags in die skeepswrakmuseum rondsnuffel vir stories oor skeepswrakke en soms die metaalverklikker van die kurator leen om op die strand te soek vir ou munte en waardevolle artikels. Tydens so ’n tog word hulle byna oorval deur ’n reënstorm en kry veilige onderdak in die huis van die ou visserman Mike Jeroms. Terwyl hulle wag vir die storm om verby te trek, vertel Jeroms vir hulle die storie van die Meermin.
Binne hierdie raamvertelling – ’n funksionele procédé om aan die jong Nederlandse leser bondige inligting oor die geografie, klimaat, geskiedenis en mense oor te dra – neem die verhaal van die Meermin ’n aanvang wanneer koopman Olof Leij hoor dat hy vir die VOC moet gaan slawe haal in Madagaskar. In opvolgende episodes word vertel van die inskeping van voorraad in die Tafelbaaihawe, die vaart via Simonstad na Madagaskar, die ekspedisie na die binneland waar hulle met die hulp van ’n plaaslike stamhoof Ravalo twee dorpe oorval en honderd en vyftig slawe buit. Die twee hoofkarakters is die tienerseun Jeronimus wat die geleentheid aangryp om uit die haglike omstandighede in die weeshuis in die Kaap te ontsnap en die meisie Xiomara wat die koelbloedige moord op haar ma aanskou terwyl sy gevange geneem word.
Lesersimpatie word vroeg reeds gewek wanneer vertel word hoe Jeronimus deur die onbeskofte en gevoellose booswig Voordewindt afgeknou word. Hy moet byvoorbeeld meer kere die galjoen skoonmaak wat die smerigste werk aan boord is. Hy toon emosie en gewete wat by die ander seemanne afwesig is. Die verteller merk byvoorbeeld op: “Jeronimus begrijpt niet waarom er zoveel geweld en wreedheid aan te pas moet komen. Hij walgt van zichzelf dat hij deel uitmaakt van de groep slavenjagers” (44).
Op die terugtog ontferm Jeronimus hom oor Xiomara deur onder andere haar wonde te verpleeg en haar ’n ekstra skeppie rys te gee. Later bring dit hom in vertwyfeling wanneer hy besef dat hy so meehelp dat sy vet gevoer word om uiteindelik ’n beter prys te haal (143).
Xiomara vang die oog van die jongeling en besef dat hy anders as die ander is. Die toegeneentheid tussen Jeronimus en Xiomara ontwikkel verder en wanneer die groep slawe op ’n nabygeleë plaas gevange gehou word, help Jeronimus Xiomara om te ontsnap. Hulle slaag daarin om ’n soekgeselskap te ontduik en vlug na die binneland waar hulle by die wynboer Matthijssen werk en ’n heenkome kry. Jeronimus bewys homself as ’n harde werker met sy vriendin wat hom bystaan en gaandeweg ook op hom verlief raak. Daar bly iets harper aan Xiomara en wanneer Jeronimus haar daaroor vra, beken sy dat sy terug na die see wil gaan om die verbinding met haar geboorteland te behou. Op haar vraag, “Als ik daar mijn vingers in het zeewater steek, is dat dan hetzelfde water dat ook langs de kust van Madagaskar is gespoeld?”, antwoord hy bevestigend. Hulle vestig hulle in die omgewing van Witsand en waar hulle gou weer werk kry by ’n varkboer.
Na ’n ruk stel Jeronimus voor dat hulle na die wrak van die Meermin moet soek. Na twee dae se stap sien hulle in die vlak water ’n stuk hout bo die golwe uitsteek. Dit is een van die maste van die skip. Jeronimus duik in en bevry die plank waarop Xiomara afbeeldinge van haar ouers uitgekerf het asook die boegbeeld van die skip. Dit is vir albei kosbare items. Die boegbeeld kry ’n metaforiese betekenis wanneer Jeronimus dit as versiering ophang en aan Xiomara sê: “Weet je waarom ik het boegbeeld zo graag wil ophangen? ... Omdat jij dat bent. Jij bent mijn gestrande meermin” (179).
Die roman kry ’n verdere kinkel wanneer die raamvertelling hervat word. Nadat hulle met verwondering na die verhaal geluister het, besluit Tom en Asiphe om wrakstukke te gaan soek. Hulle vind weldra die mas en ander artikels soos spykers en ’n vingerhoed wat hulle aan die Iziko Museums in Kaapstad besorg. Tydens die opening van ’n uitstalling oor die Meermin word Tom, Asiphe en Mike vereer en bring Mike die kaptein se logboek, koopman Leij se brief asook die boegbeeld van die skip te voorskyn. Op die verbaasde vrae van die direkteur van die museum onthul Mike dat hy die agter-, agter-, agterkleinkind van Jeronimus en Xiomara is. Sy naam Jeroms is deur die eeue verhaspel en die storie van sy voorouers van geslag tot geslag oorvertel.
In hierdie roman word ’n veelheid van historiese en feitelike inligting verweef in ’n boeiende verhaal wat jeugdige lesers sal aangryp. Kyk byvoorbeeld die menings wat van verskeie lesers op xxxx://xxx.xxxxxxxxxxx.xx/xx-xxxxxxxxx- meermin.php. Die geslaagdheid van die roman is myns insiens dat dit voldoen aan die kriteria wat Miep Diekman stel (Rutgers, 1984: 10):
In de jeugdroman moet je ook een strakke compositie aanhouden, waardoor je de lezer het lezen makkelijker maakt, zodat hij al zijn energie overhoudt om zich in de gestelde problematiek te kunnen verdiepen.
Kinderliteratuur schrijven onderscheidt zich in feite in niets van het schrijven van een “volwassen” literaire roman. Je moet dezelfde eisen stellen op het gebied van compositie, psychologische uitdieping, schetsen van de karakters. Het enige is – je moet het aanpassen aan de leeftijd van de kinderen, aanpassen aan hun belangstellingssfeer.
4. Slot
Die twee jeugromans oor gebeure op ’n slaweskip is ’n belangrike stem oor ’n tragiese geskiedenis. Ten spyte van die gruwel van slawerny wat ontstellend vir die jong leser kan wees, is dit egter iets waaraan hulle herinner moet word. In hierdie verband is die opmerking van Sarah Jordan (2004:202) oor Hollocaust- jeugliteratuur van belang: “Initially it is important to shield them from what is often a disturbing truth, but eventually children do need to be educated about
what happened so that they can prevent its happening again”.
Wat die outeurs reggekry het, is om ’n stuk geskiedenis van slawerny op aangrypende wyse vir die jong gemoed voor die geestesoog te roep. Deur die gebruik van die fokalisasie van die kind, die subtiele teenoormekaarplasing van die perspektiewe van die kind teenoor dié van die volwassene en die skep van opposisie tussen positiewe en negatiewe eienskappe word die jong leser bewus gemaak van die gruwels van slawerny. Sodoende vervul die tekste ’n belangrike didaktiese rol.
Die stories van die tienduisende kinders wat tans aan moderne slawerny uitgelewer is en die slagoffers van mensehandel is, moet nog vertel word. Dit is ’n gegewe wat jeugliteratuur vir ons kan ontsluit.
Bronnelys
Universiteit van Wes-Kaapland
Balai, Leo. 2013. Slavenschip Leusden: moord aan de monding van de Marowijnerivier.
Zutphen: Walburg Pers.
Cooper, Helene. 2015. Grim history traced in sunken slave ship found off South Africa. New York Times, 31 Mei 2015. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxx. xxxxxxx.xxx/0000/00/00/xxxxx/xxxxxx/xxxxxxxx-xxxxxxx-xxxxxx-xx-xxxxxx- slave-ship-found-off-south-africa.html. Geraadpleeg, 3 Julie 2015.
De Kater, Jan. 2014. Resensie oor Tutuba – het meisje van het slavenschip Leusden. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxx.xxxxxxxxxxxxxxxxx.xx/xxxxxx-xxx-xxxxxx-xxx- het-slavenschip-leusden-cynthia-mc-leod/. Geraadpleeg, 21 November 2016.
Jordan, Sarah D. 2004. Educating without overwhelming: authorial strategies in Children’s Holocaust literature. Children’s Literature in Education 35 (3): 199- 218.
Lathey, Gillian. 2005. Autobiography and history: literature of war. In: Reynolds, Kimberley (red.). Modern Children’s Literature: An Introduction. New York: Pagrave Macmillan. p. 58-73.
McLeod, Cynthia. 2013. Tutuba – het meisje van het slavenschip Leusden. Schoorl: Uitgeverij Conserve.
Nuyens, André & Nienke. 2009. De gestrande Meermin of de opstand op een slavenschip van de VOC. Zeist: Christofoor.
Pinsent, Pat. 2002. “Bone and blood a slave”: the construct of the slave and slavery in historical novels for children. New Review of Children’s Literature and Librarianship, 8 (1): 189-202.
Provoost, Anne. 2003. En dan nu het slechte nieuws. Het kind als antagonist.
Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxxxxxxxxxxx.xx/xx/xxxxxx.xxx/Xxxxxx/Xxxxxxxxxx. Geraadpleeg, 23 Julie 2015.
Rutgers, Wim. 1984. De Caraïbische jeugdboeken van Miep Diekman.
Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxx.xxxx.xxx/xxxxx/xxxx000xxxx00_00/xxxx000xxxx 01_01_0001.php. Geraadpleeg, 20 Julie 2015.
Rutgers, Wim. 2015. Cynthia McLeod: Tutuba – Het meisje van het slavenschip Leusden. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx.xx/xxxxxxx- mcleod-tutuba-het-meisje-van-het-slavenschip-leusden/. Geraadpleeg, 23
Julie 2015.
Sleigh, Dan & Piet Westra. 2012. Die Aanslag op die Slaweskip Meermin 1766.
Kaapstad: Africana Uitgewers.
Afrikaans, gekry of gemaak?1
Hans du Plessis
Afrikaans, received or made?
The issue raised in this article is whether Afrikaans has spontaneously developed from Dutch or whether Afrikaans is the result of non-Dutch speakers trying to master Dutch as target language. The article accepts the contact hypothesis and interprets the implications of accepting this view. Why are North-American Dutch speakers and Dutch speakers still able to understand each other after centuries, whereas Afrikaans and Dutch speakers prefer to speak English to each other? Is Afrikaans then more unrelated to Dutch than is generally accepted? Most traditional views on the development of Afrikaans from 17th century Dutch accept that modern Afrikaans evolved from Dutch. On the other hand, since the rise of sociolinguistics in the 1960s, research on the development of Afrikaans had put more emphasis on the interpretation of the existence of Afrikaans with reference to its varieties. This resulted in the three-dialect theory of the 1980s and the recent theory of, for example, Christo van Rensburg, which focuses on the differences between Afrikaans and Dutch rather than the similarities between the two. This article contrasts the traditional relational hypothesis with the contact hypothesis and concludes by speculating that the outpost (inland border zone) of the Cape Colony in the 18th century was the true cradle of Afrikaans. It is argued that the establishment of Afrikaans should be viewed in terms of interlanguage theory. By contrast, the supporters of the relational hypothesis see Afrikaans as the result of a spontaneous evolutionary development from 17th century Dutch. The deliberate process, at the beginning to the 20th century, of aligning the Afrikaans writing tradition with Dutch had given more credence to the development theory than it deserves. Favouring written language can be misleading because Standard Afrikaans is largely an abstraction, while colloquial Afrikaans is the more credible version of modern Afrikaans.
1. Inleiding
Die vraag wat in hierdie artikel gevra word, is letterlik: Hoe Nederlands is Afrikaans? Met verwysing na die intertaalteorie, soos hier onder verder bespreek, kan die vraag meer wetenskaplik geformuleer word, naamlik: Is Nederlands histories die brontaal vir Afrikaans of was dit die teikentaal in die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans? In meer populêre terme: Is Afrikaans aangebore Nederlands of is dit aangeleerde Nederlands?
Die gesprek oor die herkoms van Afrikaans verdiep sedert die vroeë 1980’s (vgl. die bespreking en verwysings verder aan in hierdie artikel) met die opkoms van die wetenskaplike belangstelling in die variëteite van Afrikaans, veral binne die
TYDSKRIF VIR NEDERLANDS & AFRIKAANS: 22STE JAARGANG (2015) 2DE UITGAWE
raamwerk van die sosiolinguistiek. Aan die een kant is daar die meer tradisionele siening dat Afrikaans die spontane ontwikkeling van 17de-eeuse Nederlands is teenoor die ander uiterste, naamlik dat Afrikaans gebore is uit verskillende skakerings binne ’n breë taalgemeenskap se pogings om Nederlands as teikentaal te bemeester.
Christo van Rensburg (2015b: 1) argumenteer dat Afrikaanssprekendes en Nederlandssprekendes in Nederland en België mekaar nie maklik verstaan nie: Afrikaanssprekendes “sukkel om Nederlands te verstaan, en meermale neem hulle hulle toevlug tot Engels”. In vergelyking met die Nederlands wat ná 300 jaar nog in voormalige Nederlandse koloniale gebiede, byvoorbeeld Noord-Amerika, in gebruik is, is Afrikaans minder toeganklik vir moderne Nederlandssprekendes, redeneer Van Rensburg verder in die artikel op dieselfde bladsy.
Daar bestaan na die beste van my wete nie enige omvattende, gepubliseerde empiriese navorsing oor die onderlinge verstaanbaarheid tussen Nederlands en Afrikaans nie. Selfs ’n voorstander van die hegte band tussen Afrikaans en Nederlands soos Petrus van Eeden (1998: 125) merk op: “Die Afrikaner verstaan selfs vandag Nederlands, sonder skoling daarin ...”. Hy (1989: voetnoot 35) voeg egter daaraan toe dat dit eers “na ’n blootstellingsperiode van ongeveer twee weke” is. Van Eeden gee ongelukkig nie verdere besonderhede van die aard van hierdie blootstelling nie. Hy skryf (1998: 144) verder oor die opstel van norme vir Afrikaans: “Indien opdrag gegee sou gewees het aan voorstaanders van die Patriotspelling, sou Afrikaans vandag heel anders gelyk het, en ook onleesbaar vir die Nederlandstalige gewees het”. (vgl. verder die bespreking van die vernederlandsing van Afrikaans in afdeling 4 hier onder.)
Teen hierdie agtergrond kan dit my vergewe word as ek in hierdie verband uit eie ervaring meld dat Vlaamssprekende studente wat ’n lesingreeks oor die Afrikaanse taalkunde in 2015 aan die Universiteit van Antwerpen gevolg het, my versoek het om liewer die kursus in Engels aan te bied, aangesien hulle nie my Afrikaans verstaan nie. Eers hier teen die agste lesing van twaalf kon ons gemakliker met mekaar in Nederlands en Afrikaans kommunikeer.
Kan ’n mens hieruit aflei dat Afrikaans se geskiedenis daarop dui dat die taal met verloop van tyd nie noodwendig spontaan ontwikkel het nie en dat Afrikaans en Nederlands nie bloedfamilie is nie? Die punt is dat ons mekaar nie sonder meer verstaan nie. Hoekom dan nie?
Hierdie artikel sluit aan by Van Rensburg (2012, 2015a, 2015b en 2016) se hipotese dat Afrikaans nie evolusionisties uit Nederlands ontwikkel het nie, maar eerder ’n aanleerdersvariëteit is, wat selfs vóór die koms van Jan van Riebeeck al as intertaal aan die Kaap gebruik is, en die moedertaal van nie net die Khoi-sprekende Kapenaars verplaas het nie. Dit is nie die primêre doel van
hierdie artikel om die ontstaan van hierdie aanleerdervariëteit te beredeneer of te beskryf nie, maar om dié denkrigting verder te interpreteer. Met verwysing na die klassifikasie van opstelle op skool, moet hierdie artikel nie net as feiteopstel gelees word nie, maar eerder as ’n bespiegelende opstel.
Dit is die doel van hierdie artikel om die vestiging en verspreiding van Afrikaans as aanleerdersvariëteit te probeer interpreteer en dit is daarom spekulatief en polemies van aard. Ten einde hierdie doel te kan bereik, word daar slegs oorsigtelik aandag geskenk aan twee benaderings tot die ontstaan van Afrikaans, sonder om voor te gee dat dit die enigste geldige benaderings is. Op grond hiervan kan daar ten slotte bespiegel word oor die herkoms en vestiging van moderne Afrikaans.
Die uitgangspunt van hierdie artikel isdat ’n vroeë vorm van Aanleerdersafrikaans ontstaan het, wat ek Voorposafrikaans sal noem (vgl. afdeling 3 hier onder), en wat deur ’n verskeidenheid Afrikaanssprekende groepe in die grensgebiede gevestig is en verder noord van die Oranjerivier versprei is deur groepe Afrikaanssprekendes, soos Khoi, trekboere, Oorlams, Basters en veeboere. My interpretasie dui daarop dat hierdie Afrikaans die kern vorm van die taal wat ons vandag Afrikaans noem (vgl. Du Plessis, 2013 en Penn, 1995).
Dit moet reg van die begin af duidelik gestel word dat hierdie artikel nie daarop uit is om die aanvanklike rol van Nederlands as teikentaal vir die oorspronklike Afrikaanssprekendes te ontken nie, en dat moderne Afrikaans binne ’n aangepaste teoretiese raamwerk van die intertaalteorie as aanleerdersvariëteit beskryf kan word.
Ter wille van duidelikheid kan daar onderskei word tussen moedertaalsprekers van ’n bepaalde taal en sprekers van dieselfde taal wat dit later as bykomend tot hulle eie moedertaal aanleer. ’n Moedertaalspreker is iemand wat die taal as baba op natuurlike wyse verwerf, teenoor ’n aanleerder wat dieselfde taal naas sy of haar eie moedertaal op enige latere stadium aanleer. Die aanleerder se poging om die doeltaal te beheers, vertoon uiteraard nog kenmerke van sy of haar moedertaal, wat as die brontaal beskou word. Moedertaal kan daarom as ’n aangebore taal beskou word teenoor ’n aangeleerde taal.
Teen hierdie agtergrond kan daar onderskei word tussen moedertaal en aanleerderstaal. By die aanleer van ’n tweede of vreemde taal vorm “(e)lke ontwikkelingstadium ... ’n tussengeleë taalsisteem (’n grammatika en leksikon) as deelversameling van ’n reeks sisteme wat ’n intertaalkontinuum vorm tussen die moedertaal (T1) en die doeltaal”, argumenteer Van Jaarsveld (2001: 1148- 1149). Binne hierdie kontinuum word daar twee vlakke tussen die brontaal en die doeltaal (ook bekend as teikentaal) onderskei, naamlik tussentale wat moedertale word, byvoorbeeld kreools, en gebroke tale, byvoorbeeld gebroke en stabiele pidgin. Hierdie tussentale word ook aanleerdersvariëteite genoem.
Die intertaalteorie aanvaar die onderskeid tussen moedertaal en aanleerdertaal. Barbara Bosch (1989: 14-15) wys daarop dat insigte oor die konsep intertaal hoofsaaklik op taalgebruiksdata gegrond word “en die uitgangspunt is dat indien moedertaalsprekers van taal A daarna streef om ’n nuwe doeltaal aan te leer, ’n aanleerdersvariëteit wat as ’n intertaalstadium beskou kan word, ontstaan”. Die spreker van die aanleerderstaal streef daarna om die teikentaal te bemeester en die variëteit van die aanleerder op enige stadium op pad na die intertaal toe, word dan die intertaalvariëteit van die aanleerder genoem omdat die taal van die aanleerder noodwendig verskil van die taalgebruik van die moedertaalspreker van
die teikentaal.
By die interpretasie van Afrikaans as aanleerdersvariëteit word daar verder in hierdie artikel uitgegaan van die standpunt dat die studie van variasie nie net die diachroniese studie van ’n taal stimuleer nie, maar ook die geskiedenis daarvan kan verhelder (vgl. Du Plessis, 1995: 144 en Van Rensburg, 2016). Dit vind aansluiting by die siening van taalkundiges soos Janda en Joseph (2003) wat Bailey aanhaal. Die strekking hiervan is dat die geskiedenis van ’n taal, die geskiedenis van sy omgangsvariëteite is, eerder as die geskiedenis van die standaardvariëteit:
[T]he history of […] language is the history of vernaculars rather than standard languages. Present-day vernaculars evolved from earlier ones that differed remarkably from present day textbook[-varieties] […]. These earlier vernaculars, rather than the standard, clearly must be [...] the focus of research into the history of [...] [languages]. (Janda & Joseph, 2003: 8)
Judith Nobels (2013:123) argumenteer dat tradisionele taalgeskiedenisse van baie Europese tale gebaseer word op die taalgebruik van die hoër klas. In die meeste gevalle was die meerderheid van die sprekers nie uit die hoë klas nie. Sy wys daarop dat die klem op die studie van die ontwikkeling van ’n uniforme standaard gelei het tot beperkte taalgeskiedskrywing. Dat daar verskeie geldige redes bestaan vir sodanige benadering, is te verstane, maar: “Wat ook moge hebben meegespeeld, deze situatie betekende in alle gevallen een vertekening van de gevarieerde taalwerkelijkheid uit het verleden”.
Ook in die geval van die studie van die Afrikaanse taalgeskiedenis dien die Nederlands van die hoër klas van die sewentiende- en agtiende-eeuse amptenary dikwels as basis vir die beskrywing van die ontwikkeling van Afrikaans tot talige eenvormigheid (vgl. onder andere Raidt, s.j. en De Villiers, s.j.). In afdeling 4 hier onder word daar geargumenteer dat selfs die taalgebruik van die hoër segment aan die einde van die negentiende eeu die basis word waarop die taalgeskiedskrywing van die twintigste eeu gegrond word. Dit impliseer dat Afrikaanse taalvariasie, wat vóór die formalisering van die Afrikaanse skryftaal
bestaan het, nie die beskrywing van die geskiedenis van Afrikaans aanvul nie.
Hierdie siening veronderstel die verskuiwing van die fokus wanneer daar oor die ontstaan en die geskiedenis van ’n taal besin word. Dit sal verder aan in hierdie artikel duidelik word dat die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans eerder vanuit die geskiedenis van die variëteite van Afrikaans beskryf kan word. Veral omdat dit wat ons vandag as Standaardafrikaans beskou, nie sonder meer die betroubaarste weerspieëling van vroeë Afrikaans is nie (vgl. afdeling 4 hieronder). Dit kan selfs misleidend wees as die ontstaan van Afrikaans net vanuit ’n fokus op hedendaagse Standaardafrikaans onderneem word.
In die 1970’s sou so ’n benadering sonder meer verwerp word, omdat dit aansluit by iets soos kreolisering. Kreools was toe nie ’n algemeen aanvaarbare term wanneer daar oor die ontstaan van Afrikaans gepraat is nie. Hoe fel die reaksie was as iemand dit sou waag om Afrikaans ’n kreoolse taal te noem, spreek byvoorbeeld uit H.J.J.M. van der Merwe (1972: 34-38) se reaksie op Marius Valkhoff (1966) se stelling, soos verwoord deur Van der Merwe, dat die rol van Maleis-Portugees as ’n bron vir die ontstaan van Afrikaans verreken moet word.
Valkhoff verwys na die Hollandse swemspan wat Suid-Afrika in 1963 besoek het, en sê dat hulle en Afrikaners mekaar nie kon verstaan nie. Dit, sê Van der Merwe (1972: 35), is
doelbewuste onsin om te probeer bewys dat Afrikaans sy ontstaan in Kreools-Portugees het en nie in Hollands nie, waardeur hy dan wil bewys dat ons albosentriste voortdurend wys op die groot ooreenkoms tussen Afrikaans en Nederlands omdat ons nie nieblanke invloed wil erken nie.
In sekere politieke kringe is kreools volgens my waarneming selfs vandag nog ’n taboewoord wanneer dit met verwysing na die ontstaan van Afrikaans gebruik word, al is dit as taalkundige term neutraal.
Miskien sou ’n vereenvoudigde opsomming (ter wille van ’n meer verstaanbare verloop van die kernargument van hierdie artikel) van die huidige taalkundige gesprek oor die ontstaan van Afrikaans juis iets wees in die orde van Afrikaans is Nederlands met kreoolse kenmerke teenoor Afrikaans is Kreools met Nederlandse kenmerke. Kom ons noem, ter wille van die gesprek, eersgenoemde die verwantskapshipotese en laasgenoemde die kontakhipotese. Die verwantskapshipotese fokus op moderne Afrikaans as die evolusionêre produk van die ontwikkeling uit 17de-eeuse Nederlands, terwyl die kontakhipotese Afrikaans as ’n aanleerdersvariëteit van 17de-eeuse Nederlands benader. Teen hierdie agtergrond kan die ontstaansgesprek verder gevoer en geïnterpreteer word.
2. Drie teorieë
Byna as oorgang tussen bogenoemde twee hipoteses staan die teorie wat Afrikaans se geskiedenis terugvoer na drie basiese dialekte. Tereg sal die ingeligte leser onmiddellik vra hoekom net hierdie teorieë? Daar is immers nog vele ander beskouinge oor die ontstaan van Afrikaans – vgl. byvoorbeeld Ponelis (1993: 69 e.v.) se uiteensetting daarvan. Die antwoord is dat verwantskapshipotese en kontakhipotese gerieflike sambreelterme is wat die twee pole van die huidige gesprek oor die ontstaan van Afrikaans tipeer en dat die drie-dialek-teorie die ontwikkeling van idees oor die ontstaan van Afrikaans kan verduidelik.
2.1. Die verwantskapshipotese
Meyer de Villiers (s.j.: 4) argumenteer dat daar twee redes is hoekom ons mag aanneem dat daar ’n “eng verband” tussen Afrikaans en Nederlands is, die een van taalkundige aard en die ander histories van aard. De Villiers voer dan as taalkundige argument aan dat Nederlandssprekendes en Afrikaanssprekendes mekaar verstaan, terwyl Duits- en Engelssprekendes nie Afrikaans verstaan nie. Hierdie standpunt bots met Van Rensburg en met Valkhoff se waarnemings, soos hier bo bespreek.
De Villiers (s.j.: 8 e.v.) wys in Hoofstuk 2 ook op die “duidelike sisteem” wat daar bestaan in die verskil tussen Afrikaans en Nederlands. Dit gaan met ander woorde in die spontane beskouing om die beskrywing van sistematiese verandering in die ontwikkeling van Afrikaans uit Nederlands. Dit veronderstel ’n natuurlike of dan spontane proses van reëlmatige ontwikkeling van moderne Afrikaans uit ou Nederlands.
Edith Raidt, as ’n belangrike eksponent van die verwantskapshipotese, verklaar met groot stelligheid: “Ons weet dat Afrikaans uit 17de-eeuse Nederlands ontwikkel het.” (Raidt s.j.: 171) Die ontwikkeling wat hier ter sprake is, is die gevolg van “normale taalverandering,” meen sy (Raidt s.j.: 173). Sy (s.j.: 93) wys wel daarop dat die kontak tussen Nederlands en Khoi reeds van die landing van Van Riebeeck af bestaan het en dat daar ’n “werkgewer-werknemer-situasie” was. Raidt aanvaar verder in dieselfde paragraaf dat die amptenary wye handelskontakte met die Khoi gehad het. Teen 1679 word die eerste plase anderkant die Kaapse Vlakte aan vryburgers toegeken en taalkontak word in daardie tyd ook algemeen met ander Europese immigrante aan die Kaap.
Ofskoon van die literatuur oor die Kaapse samelewing van daardie tyd (vgl. byvoorbeeld Giliomee, 2003: 2-3) die skaal van hierdie soort kontak met die Khoi betwyfel, het taalkontak reeds van 1595 af tussen Khoi en Nederlands bestaan (vgl. Nienaber, 1963: 6 e.v. en Van Rensburg, 2016: 1). Raidt verkies om die
taalkontaksituasie te onderspeel en sy (s.j.: 176) gaan selfs uit haar pad uit om te beklemtoon dat die ‘opgevoede’ Nederlanders aan die Kaap moeite doen om hulle Nederlands versorg te gebruik en goeie Nederlands in stand te hou.
’n Mens wonder egter wat die invloed van hierdie groep sprekers op die taal van die Kaap was as die klein getalle van hierdie groepie in ag geneem word. Volgens Ponelis (1993: 2) was daar in 1661 105 sogenaamde vryliede en 120 VOC- amptenare. VOC-amptenare sluit egter soldate en matrose in, wat beteken dat die “opgevoede Nederlanders” inderdaad, soos wat die Nederlandse historikus Bart de Graaff (2015: 30) dit stel, “het kleine aantal Compagniesdienaren” was.
Dit is uit die literatuur duidelik dat die verwantskapshipotese oor die ontstaan van Afrikaans hoegenaamd nie die taalkontaksituasie aan die vroeë Kaap ontken nie, al pas dit nie in by die teorie nie. Die evolusionêre ontwikkeling of dan ‘normale verandering’ van Nederlands aan die Kaap word egter oorbeklemtoon. Myns insiens onderskat die voorstanders van die verwantskapshipotese die belangrike rol wat die taalkontak van Afrikaanssprekendes in die grensgebiede gespeel het, en konsentreer hulle te veel en te eensydig op die inwoners van die Kaapse Skiereiland en die onmiddellike omgewing.
Volgens Van Rensburg (1997: 2) het die Nederlandse amptenare van die VOC aan die Kaap “’n formele soort sewentiende-eeuse Nederlands gepraat”. Streng gesproke is die term “Nederlands aan die Kaap” in die sewentiende eeu weinig meer as ’n metafoor, want dit is bloot ’n gerieflikheidsterm vir ’n moeilik definieerbare taalvorm. In die eerste plek was die seelui, en selfs die kompanjie-amptenare, nie almal gebore Nederlanders nie, en dus nie almal moedertaalsprekers van Nederlands nie. Tweedens was daar van ’n gestandaardiseerde Nederlands in die sewentiende eeu nog nie werklik sprake nie. Raidt (s.j.: 104) wys daarop dat selfs die Nederlanders aan die Kaap nie almal dieselfde vorm van Nederlands gebruik het nie: “Uit die aard van die saak was hulle Nederlands nie ’n volledige refleksie van Europese Nederlands van die 17e eeu nie.”
Hulle het jarelange kontak met Nederlandse seemans- en handelstaal gehad. Onder Nederlands aan die Kaap moet ’n mens daarom nie ’n homogene taalvorm verstaan nie. Dit impliseer myns insiens ook dat veral die inheemse Kapenaars, seelui, soldate, die vryburgers en die slawe hulle meer geredelik tot ’n aanleerdersvariëteit van Nederlands as onderlinge omgangstaal sou wend. Die aandeel van die Khoi in die ontstaan van hierdie vroeë variëteit, en die feit dat dit reeds vóór die koms van Van Riebeeck ontstaan (vgl. Nienaber, 1994: 139 en afdeling 2.3 hieronder), lei daartoe dat dit verder in hierdie artikel Khoi-Afrikaans, en nie Khoi-Nederlands nie, genoem word.
As toonaangewende eksponent van die kontakhipotese voer Van Rensburg aan dat: “[...] Afrikaans se geskiedenis nie aanduidings gee dat tale met verloop van tyd vanself verander nie”. Hy argumenteer:
Die opvallendste verskille tussen Afrikaans en Nederlands, is al meermale beskryf as prosesse wat verband hou met weglatings, opheffings, en vereenvoudigings (Raidt 1976:186 e. v.), of uitstoting, verlies, en verdwyning (Van der Merwe 1972:53, 59–61), en kan in dié terme geïllustreer word aan:
(i) tussenvokaliese konsonantweglating (schouder/skouer; hebben/hê),
(ii) die opheffing van die tweeklassesisteem by selfstandige naamwoorde (de/het-naamwoorde), en
(iii) die vereenvoudiging van die Afrikaanse werkwoordstelsel, ten opsigte van persoon en getal (hij werkt/zij werken); en tydsaanduiding, waar nie van imperfektumvorme gebruik gemaak word nie (loop/liep; zit/zat). (Van Rensburg, 2015a: 1)
Die verwantskapshipotese aanvaar dit wat Van der Merwe (1972: 17) aanhaal: “Afrikaans stoelt op het Nederlands,” en, voeg hy onthuts by, dat daar “diegene is wat sowaar die spontane ontwikkeling van Afrikaans uit Nederlands ontken”.
Dit is nie die doel van hierdie artikel om in besonderhede in te gaan op die verskillende tradisionele argumente ten gunste van die verwantskapshipotese nie. Dit gaan hier bloot om aan te dui dat dit oor die algemeen beskouings oor die spontane ontwikkeling van Afrikaans uit Nederlands behels, terwyl die meer onlangse teorieë, veral sedert die 1980’s en die sosiolinguistiese belangstelling in die studie van die variëteite van Afrikaans, ’n ander benadering tot die geskiedenis van Afrikaans voorstel.
2.2. Die drie-dialek-hipotese
Die drie-dialek-benadering tot die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans is in ’n sekere sin ’n oorgang tussen die ontwikkelings- en die kontakhipotese. Nêrens in die literatuur van die voorstanders van hierdie benadering word dit eksplisiet so gestel nie, maar dit sal uit die bespreking wat hier onder volg, duidelik word dat Oosgrens- of Transvaalse Afrikaans ’n meer spontane ontwikkeling uit 17de- eeuse Nederlands kan veronderstel, terwyl Khoi-Afrikaans en Slawe-Afrikaans duidelik aanleerdersvariëteite is wat die moedertale van die Khoi en van die slawe onderskeidelik verplaas het. Daarom is die drie-dialek-hipotese myns insiens byna ’n hibridiese hipotese tussen die verwantskapshipotese en die kontakhipotese.
Teen die agtergrond van die intertaalteorie word geargumenteer dat sodra een of meer tale met mekaar in kontak kom, sodanige tale mekaar op verskillende maniere beïnvloed. In ’n koloniale situasie, soos in die Kaapse samelewing van die middel van die 17de eeu, word die taal van die koloniseerder die teikentaal van die gekoloniseerde. In die geval van die Kaap net ná die koms van Van Riebeeck in 1652 het Nederlands toenemend die teikentaal vir die Khoi-sprekende inwoners van die suidpunt van Afrika geword. Die Khoi streef dus daarna om Nederlands te praat, maar bereik nie die teikentaal nie. Die Khoi verwerf dus ’n intertaalvorm
van Nederlands, Khoi-Afrikaas, naas hulle moedertaal Khoi (vgl. Du Plessis, 1994 en Van Rensburg, 1994).
Volgens Schoeman (2012: 120) kry Van Riebeeck dit in 1658 reg om die eerste slawe in die Kaap te kry en op 28 Maart, skaars ses jaar ná die koms van die VOC, kom die eerste 82 slawe in die Kaap aan. Hierna word slawe uit Afrika en verskillende dele van die Ooste na die Kaap ingevoer. Al het baie van die slawe Oosterse tale gepraat, impliseer die uiteenlopende herkoms van die Kaapse slawe dat hulle selfs met mekaar moes kommunikeer in ’n taal anders as hulle moedertaal. Hiervoor word die eienaars se tale, wat Nederlands insluit, as teikentaal gebruik en in die strewe na die beheersing van die teikentaal ontstaan ’n verdere intertaalvorm met ’n sterker Oosterse inslag en ’n ander sosiale reikwydte.
Aanleerders bereik egter byna nooit volkome die teikentaal nie, en verskillende variëteite van die intertaal is die gevolg hiervan. Hierdie intertaalvariëteite word dan op ’n glyskaal van vaardigheid in die teikentaal benoem as pidgin, kreools en so meer. Daar word ook na hierdie vorme as aanleerdersvariëteite verwys.
Die derde variasie op Nederlands wat aan die Kaap vorm aanneem, is die Nederlands van die Nederlandssprekendes aan die vroeë Kaap, ’n Nederlands wat al gou en al meer van die Nederlands in Nederland verskil, omdat kontak daarmee al minder word, en omdat die VOC nie net Nederlanders as skeepslui, soldate en amptenare gewerf het nie.
Teen hierdie agtergrond onderskei aanhangers van dié siening, soos Van Rensburg (1997) en Du Plessis (1994 en 1995) die vroeë aanleerdersvariëteite van die Khoi en die slawe, reeds voor die einde van die 17de eeu as Afrikaanse variëteite. Daar word binne hierdie teoretiese raamwerk onderskei tussen die aanleerdersvariëteit van die Khoi-sprekendes as Khoi-Afrikaans en die variëteit van die slawe as Slawe-Afrikaans. Die taalkundige Achmat Davids (1992) skryf insiggewend oor laasgenoemde aanleerdersvariëteit van Afrikaans. Die derde variëteit staan algemeen as Kaapshollands bekend. Waar daardie sprekers se taal nie meer volledig Nederlands was nie, was dit al Afrikaans, ofskoon dit nie as ’n aanleerdersvariëteit beskryf kan word nie.
In die laat 1970’s word die belangstelling van Afrikaanse taalkundiges in die sosiolinguistiese variasie in Afrikaans gestimuleer deur die opkoms van die sosiolinguistiek, soos veral beskryf deur die Amerikaanse sosiolinguiste William Labov en Joshua Fishman. Variasiestudies onder meer onder die Griekwas en die Kaapse Maleiers lei tot ’n nuwe siening van taalvariasie in Afrikaans (vgl. die bespreking van die ontwikkeling van die Afrikaanse variasietaalkunde in Du Plessis, 2001: 69 e.v.).
Op grond van variasiestudies in die 1980’s word die drie variëteite wat in die bostaande paragrawe onderskei is, verbind aan drie hoofvariëteite wat
vandag in Afrikaans onderskei kan word (vgl. Van Rensburg, 1997 en Du Plessis, 1994). Van Rensburg (1997:7) wys daarop dat hierdie drie historiese variëteite verbind kan word met Kaapse Afrikaans, wat hoofsaaklik deur die slawe gepraat is, Oranjerivierafrikaans, waarin Khoi-Afrikaans neerslag gevind het, en Oosgrensafrikaans as die variëteit van die latere Oosgrensboere.
Van Rensburg (2015a en 2015b) hersien egter self dié siening van die ontstaan van Afrikaans uit die drie historiese variëteite en op grond van sy navorsing kom hy tot die gevolgtrekking dat daar reeds vóór die koms van Van Riebeeck onder die Khoi ’n Nederlandse aanleerdersvariëteit ontstaan het wat as die begin van Afrikaans beskou moet word en dat die Khoi-aandeel in die ontstaan van Afrikaans nog sterker beklemtoon kan word.
Die drie-dialek-benadering gaan uit van die standpunt dat daar reeds teen die einde van die 17de eeu drie variëteite van Nederlands (of dan van vroeë Afrikaans) bestaan het, waarvan twee aanleerdersvariëteite was, naamlik ’n Khoi-variëteit, vandag bekend as Oranjerivierafrikaans, en die variëteit wat deur die slawe gebruik is en nou bekend staan as Kaapse Afrikaans. Khoi-Afrikaans het veral teen die Weskus op beweeg, terwyl die slawevorm min of meer tot die onmiddellike omgewing van Kaapstad beperk gebly het. Die Nederlandse variëteit (Kaaps- Hollands) versprei aanvanklik ooswaarts tot aan die oosgrens van die Kolonie en later verder noordwaarts, en word aanvanklik Oosgrens-, en later Transvaalse Afrikaans genoem.
2.3. Die kontakhipotese
Daar is reeds vroeër in hierdie artikel gewys op die klemverskuiwing in taalkundiges se beskouing van die ontstaan van Afrikaans. “In ’n soeke na die wortels van Afrikaans het vroeë taalkundiges op die raakpunte tussen Afrikaans en Nederlands gefokus. Die invloed van die nie-Europese tale het min aandag gekry. Gaandeweg is ’n rigtingverandering in hierdie studies opgemerk,” merk Van Rensburg (2013: 1) reeds in die opsomming van ’n artikel oor Khoi- Afrikaans op.
Die siening oor die dialektiese ontstaan van Afrikaans wat in die voorafgaande afdeling uiteengesit is, is ’n sprekende voorbeeld van sodanige klemverskuiwing waaroor taalkundiges, soos Den Besten (1989) en Ponelis (1995), naas die variasiekundiges, hulle uitlaat. Van Rensburg (2015 en 2016) se meer onlangse siening plaas die invloed van Khoi op die ontstaan van Afrikaans nie net meer sentraal nie, maar dui ook op die bestaan van ’n Afrikaanse intertaalvariëteit nog voor die koms van Jan van Riebeeck. Hierdie dialektiese vorm van Afrikaans word later na die binnelandse grensgebiede versprei deur verskillende groepe sprekers. Van Rensburg meen op dieselfde plek selfs dit “kon moontlik die belangrikste
fase in die geskiedenis van Afrikaans gewees het, waartydens die manier waarop dit gepraat is, indringend gewysig is”.
Dat daar in die geskiedenis van Afrikaans al van so vroeg af as 1595 taalkontak tussen Khoi en Nederlands was, is natuurlik nie ’n nuwe insig nie, want G.S. Nienaber (1963: 6 e.v.) toon dit al meer as 50 jaar gelede aan. Van Rensburg (2016: 1) argumenteer dat Khoi-Afrikaans heel moontlik met die besoek van De Houtman se vloot aan die Kaap in 1595 begin het as die Aanleerdersnederlands van die Khoi-sprekers wat Nederlands probeer praat het. Dit impliseer dat Khoi-sprekendes Nederlands as teikentaal gesien het. Dit was aanvanklik vir die Skiereilandse Khoi nodig om Nederlands aan te leer vir handelsdoeleindes omdat ruilhandel met die skeepslui voordelig gelyk het. Die skepe was naamlik aangewese op die inheemse inwoners vir produkte soos vars water en vleis.
Mettertyd was die kontak nouer en van die Khoi moes Nederlands ook aanleer vir die uitvoer van beperkte administratiewe pligte. Daar was ook sprake van nouer skakeling met die ander Nederlands-vreemde sprekers aan die Kaap. Hierdie sprekers het volgens Van Rensburg (2016: 22) egter nie by Nederlands as doelwittaal uitgekom nie. Khoi-Afrikaans is in ’n diglossiesituasie naas Khoi gebruik, wat daarop neerkom dat Khoi-Afrikaans die prestigetaal vir sommige Khoi-sprekers geword het en dat dit hulle moedertaal teen die einde van die 17de eeu verplaas het. Uit hierdie kontak tussen Khoi en Nederlands ontstaan ’n vorm van vroeë Afrikaans van aanvanklike Khoi-sprekers wat al merkbaar nie meer Nederlands is nie.
Hierdie variëteit van vroeë Afrikaans word ná die vestiging van vryburgers sedert 1657 verder as die Kaapse Vlakte versprei omdat heelwat Khoi en vryboere as veeboere en veeherders oor die berge uit die skiereiland trek en al dieper die grensgebiede (waarna verder in hierdie artikel verwys sal word as die Voorpos, soos gemotiveer in die volgende afdeling) inbeweeg.
Die gevolg van hierdie ooswaartse beweging van Afrikaanssprekendes was dat Khoi-Afrikaans en die vroeë ‘Afrikaans’ van die vryburgers (wat nie meer Nederlands was nie) vir die hele 18de eeu die twee hooftale in die binnelandse Voorposgebied, tussen die Hottentots-Hollandberge en die Gariep, word. Op die Voorpos het hulle mekaar oor en weer toenemend beïnvloed (vgl. Van Rensburg, 2015b: 7). Dit is immers te verstane dat mense wat met mekaar in een of ander verband saamleef, met die veeboerdery in hierdie geval as bindende faktor, mekaar ook op taalvlak moet beïnvloed.
Die omgangsvariëteite van ’n taal is gewoonlik moeiliker verstaanbaar vir vreemdtaliges as die geskrewe standaardvorm van dieselfde taal. Die Afrikaanse variëteite wat daarom op die Voorpos gebruik is, moes toe al vir Nederlandse moedertaalsprekendes betreklik vreemd geklink het. Hoe dit ook al sy, die omgangstaal van die agtiende-eeuse Voorpos moes al in hoë mate ’n
aanleerdersvariëteit gewees het wat vandag nie maklik volledig gerekonstrueer kan word nie, hoofsaaklik omdat dit nie ’n skryftaal was nie, maar tog in die monde van ’n verskeidenheid Afrikaanssprekendes geleef het en van die een geslag na die ander oorgedra is.
Die vraag wat hieruit voortvloei, is of hedendaagse omgangsvariëteite, soos Transvaalse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans, nie eerder op die Voorposvariëteit van die 18de eeu geskoei is nie? Dit impliseer dat die moedertale van die Voorposmense deur hierdie aanleerdersvariëteit nog verder verplaas is, en nie spontaan uit 17de-eeuse Nederlands ontwikkel het nie. Dit kan verklaar hoekom moderne Afrikaans- en Nederlandssprekendes mekaar moeilik verstaan. Wat het op die Voorpos gebeur dat Afrikaans hier ’n selfstandige taal word
3. Voorposafrikaans
!Gaise !Gû re
As die leser van hierdie artikel op grond van bostaande Khoi-sinnetjie opstaan en loop, dui dit miskien daarop dat die Afrikaans wat in die 18de eeu op die Voorpos gepraat is ’n intertaalvariëteit met Khoi as doeltaal was. Indien die leser egter bly sit, het hy of sy nie verstaan dat die sin totsiens sê nie. Letterlik groet: mooi loop moet!
Verder is dit so dat die veeboere op die Voorpos nie beduidend baie slawe gehad het nie (vgl. Schoeman, 2012: 741 e.v.). Slawe-Afrikaans se reikwydte het nooit veel verder as die Kaapstad-omgewing gestrek nie, en kon daarom nie die basis vir Voorposafrikaans wees nie.
Nou wat is dié Voorpos, en wat word met Voorposafrikaans bedoel, veral as dit nie net Khoi-, Slawe-Afrikaans of Nederlands is nie?
Ek verwys na die totale binnelandse grensgebied van die 18de-eeuse Kaapkolonie as die Voorpos. Die term wat tradisioneel vir die gebied tussen die Hottentots-Hollandberge en die Gariep gebruik word, is die Oosgrens, maar ek bedoel met die Voorpos hierdie hele streek en sluit daarby ook die totale gebied tussen die wes- en ooskus van die Kaap in. Soos wat die Oosgrens of binnelandse grensgebied tradisioneel gebruik word, verwys dit na ’n geografiese gebied. Die Voorpos dui vir my ook op die totale gebied suid van die Gariep, maar met uitsluiting van die vroeë buitedistrikte, wat wes van die Hottentots- Hollandberge gestrek het. Verder sluit dit ook nie die Boland en die Kaapse Skiereiland in nie.
Hoekom Voorpos? Omdat dit op sowel ’n mentaliteit as ’n geografiese gebied dui.
In 1893 lewer die Amerikaanse historikus, Frederick Jackson Turner, volgens
Nigel Penn (1995: 3) ’n lesing voor die American Historical Association in Chicago: “The significance of the frontier in American history”. Turner se basiese stelling was dat die Frontier vir Amerikaners en hulle geskiedenis ’n onderskeidende kenmerk gegee het. Die Frontier was nie net ’n plek nie, maar ’n toestand of ’n proses waar die ongevestigdes die gevestigdes geword het deur fisieke beweging van trekkers die land in. Die Frontier was die voorpos van die beskawing, soos wat die Westerlinge beskawing gedefinieer het. Soos die Kaapse binnelandse grensgebiede was die Amerikaanse voorpos ’n gebied in konstante transformasie. Amerikaanse instellings en die Amerikaanse persoonlikheid spruit volgens Turner uit hierdie evolusie op die voorpos (vgl. Du Plessis, 2014 vir ’n vollediger bespreking hiervan).
Dit is ook van toepassing op die grensgebied van die Kaapkolonie waar verskillende gemeenskappe mekaar in die 18de eeu intiem ontmoet en op mekaar aangewese is vir oorlewing, ook linguistiese oorlewing. Die omgewing, die aard van die veebedryf en die gemeenskaplike gebruik van meer as een vroeë variëteit van Afrikaans bind die Voorpos se mense saam in ’n transformerende, nuwe gemeenskap.
Daarom die term Voorpos. Ek meen dit is wat Van Rensburg (2015a: 7) impliseer as hy aanvoer dat dit die bakermat van Afrikaans is.
Hiermee word Nederlands as aanvanklike teikentaal van die Afrikaanse dialeksprekers op die Voorpos nie ontken nie, en dit is hoegenaamd nie wat die kontakhipotese doen nie. Die verskil tussen die voorstanders van die ontwikkelingsbenadering van Afrikaans uit Nederlands, byvoorbeeld Raidt, en die aanhangers van Afrikaans as aanleerdersvariëteit, byvoorbeeld Van Rensburg, lê daarin dat die verwantskapshipotese fokus op die ooreenkomste tussen Afrikaans en Nederlands, terwyl die aanhangers van die kontakhipotese op die verskille konsentreer en ander voedingsbronne sonder bestaande taalverbande rekonstrueer.
Verder wil dit uit Van Rensburg (2013, 2015 en 2016) se meer onlangse publikasies voorkom asof hy in sy weergawe van die kontakhipotese net vir slegs die Khoi-variëteit voorsiening maak en nie vir drie nie, maar dit is omdat hy hierin konsentreer op die Khoi-aandeel in vroeë Afrikaans. Dit is egter duidelik dat Van Rensburg steeds met drie vroeë dialekte rekening hou, want hy verwys in sy artikels oor hierdie onderwerp steeds na Slawe-Afrikaans, Khoi- Afrikaans en Veeboerafrikaans. Van die skakerings van Kaaps het immers saam met die Afrikaanse uitbreiding van die 18de eeu neerslag in elk van Afrikaans se variëteite gevind. Veeboerafrikaans is niks anders nie as dit wat hy in sy vroeëre navorsing Oosgrensafrikaans of Transvaalse Afrikaans noem.
Sewentiende-eeuse Europese Nederlands was ’n vreemdeling op die Voorpos, en soos reeds vroeër in hierdie artikel aanvaar is, hoef daar nie met
iets soos Amptenaarnederlands rekening gehou te word nie. Die getalle van Nederlandse administratiewe amptenare in die laat 17de en die 18de eeu in die Kaap, en veral op die Voorpos, is weglaatbaar klein.
Van Rensburg (2012: 43-46) gee heelwat toeligtende voorbeelde van die aard van Veeboerafrikaans. Hy (2012: 47 e.v.) skenk ook aandag aan die aard en plek van Khoi-Afrikaans en meen dat hierdie vorm van Afrikaans reeds baie van die Khoi se taal was toe hulle uit die Wes-Kaap getrek het en dat dit teen die agtiende eeu al baie van hulle se moedertaal was. Van Rensburg (2012: 47) aanvaar dat “(n)á ’n eeu was daar baie min verskille tussen Khoi-Grensafrikaans en Veeboer- Grensafrikaans”.
Dit is hierdie Grensafrikaans wat ek Voorposafrikaans noem; die vorm van vroeë Afrikaans wat in die binnelandse grensgebied gepraat is. Dit vorm die basis van moderne Afrikaans. Dit ondersteun die stelling dat die Voorpos die bakermat van moderne Afrikaans is. Teen hierdie agtergrond is dit myns insiens ’n baie belangrike stelling wat verdere bespreking verdien.
Die punt is dat die bewoners van die Voorpos in die 18de eeu byna deur die bank Afrikaanssprekend was, maar dit moet beklemtoon word dat hierdie primêre taalgemeenskap nie etnies homogeen was nie en volgens verskillende oorwegings taalkundig gedifferensieer was. Dit was nie ’n homogene wit gemeenskap nie, al skenk min navorsers in besonderhede aandag aan die Boesmans, Khoi, Oorlams, Basters en trekboere op die Voorpos van die 18de eeu (vgl. Penn, 1995).
Daar was inderdaad meer groepe wat deel vorm van die Afrikaanssprekende Kaapse Voorpos, naamlik die Boesmans, Khoi, Oorlams, Basters, Trekboere, Europese veeboere en ’n beperkte aantal slawe. ’n Mens moet jou ook nie laat lei deur ’n eenvoudige digotomie soos Christen teenoor heiden in hierdie groter gemeenskap nie. Dit was veel komplekser as dit.
’n Voorpos is net soseer die skepper van nuwe identiteit as wat dit die verwoester van ou identiteite is, redeneer Du Plessis (2014) na aanleiding van die werk van Penn en die insig van Turner. Dit lyk vir my al meer na die skepper van die identiteit van moderne Omgangsafrikaans, veral as ’n mens die uitspraak van Giliomee en Mbenga (2007: 68) saamlees met die kontakhipotese: “Die gemeenskap is deur die gesproke woord saamgesnoer.”
Dit is verder belangrik om daarop te wys dat die Afrikaanssprekende Voorposgemeenskap moeilik in etniese groepe verdeel kan word, want die grense tussen mense mag sosio-ekonomies gewees het, maar dit was nie volgens rasselyne getrek nie (vgl. Du Plessis, 2014).
Teen hierdie agtergrond maak Van Rensburg se siening veel sin: die taal van die Voorpos was Afrikaans.
Daar kan egter nie uit voorgaande bespreking van die mense van die Voorpos in die 18de eeu afgelei word dat Voorposafrikaans linguisties homogeen was
nie, want soos in enige taalgemeenskap moes daar sprake van sosiolinguistiese variasie gewees het, al is daar geen konkrete skriftelike bewys dat daar verskillende dialekte van Afrikaans gebruik is nie. Die veldwagterbriewe, die spotdigte en namaak van Khoi-Afrikaans, en briewe van sendingstasies bevestig hierdie stelling. Die variëteite van die Voorpos leef vandag nog voort in die omgangsvariëteite van Afrikaans en in die moderne Afrikaanse kontreiliteratuur. Die demografie van die Voorpos en die latere beweging van sprekers uit die Voorpos dieper die binneland in, veral met die Groot Trek, kon daarom kwalik in ’n ander taal as Afrikaans gewees het. Dit impliseer natuurlik ook dat die eerste intieme kontak tussen die swart inwoners van suider-Afrika en dié van Wes-Europa in Afrikaans geskied het. Afrika en Europa ontmoet mekaar in
Afrikaans byna twee eeue voor die sogenaamde ‘scramble for Africa’.
Die Voorpos is die bakermat van Afrikaans en Voorposafrikaans is die basis van moderne Afrikaans, maar is dit noodwendig dan moderne Standaardafrikaans?
4. Interpretasie
Hoe Nederlands is Afrikaans as ons sukkel om mekaar te verstaan?
Die kwessie oor Afrikaans of Nederlands is nie nuut nie. J.C. Steyn (2014: 28) verwys na die Nederlandse letterkundige, Siegfried Huigen, se uitspraak dat Afrikaans geen “tussentaal” is nie, maar “goeie negentiende-eeuse Nederlands, met hier en daar (Suid-) Afrikaanse woorde en uitdrukkings”. Die benaming Afrikaans teenoor Hollands is ook niks nuut nie (vgl. Steyn, 2014: 19). Teen die einde van die 19de eeu is na Afrikaans verwys as Hollands. Dié benaming is tot in die 19de eeu selfs in Nederland as benaming vir Nederlands gebruik en was tot in die 1930’s die algemene naam in Suid-Afrika.
Die weerstand teen Afrikaans aan die einde van die 19de eeu weerspieël iets van die houding teenoor Afrikaans, in teenstelling met Nederlands. ’n Rede vir die teenstand teen die Genootskap van Regte Afrikaners (die GRA) is ’n uitspraak in die eerste nommer van hulle lyfblad, Di Patriot, naamlik: “Die ou’e Patriotte hou vas, en klou vas, an die Hollans taal” (Steyn, 2014: 20). Die GRA daarenteen wou juis nie Hollands wees nie. Hulle wou die plattelandse Afrikaans van die tyd weergee, en daarom het hulle geskryf soos wat hulle gepraat het. Die grootste deel van hierdie platteland moes die Voorpos gewees het. Steyn (2014: 20) voer verder aan dat ’n groot rede vir die teenstand teen die GRA geleë was in die
houding van die statusbewuste koloniale Afrikaners in die stede en dorpe: Hulle wou volgens Giliomee graag aanvaar word deur die toonaangewende Engelssprekendes, wat Afrikaans beskou het as ’n onwaardige openbare taal. Vir hulle was Afrikaans ’n verleentheid.
Die Afrikaans wat die GRA gebruik het, was inderdaad die omgangstaal van die tyd, die aanleerdersvariëteit van die Voorpos.
Hierdie teenstand was na my mening tekenend van die houding teenoor “die kombuistaal”, ’n teenstand wat saamloop met die opkoms van Afrikanernasionalisme. Dit verduidelik in ’n sekere sin vir my die hele proses van doelbewuste vernederlandsing van Afrikaans aan die begin van die 20ste eeu (vgl. die bespreking hier onder).
Afrikaans as spontane ontwikkeling uit Nederlands het beter ingepas by die poging om Afrikaans as “witmenstaal” op te eis.
Dit kan die verloop van die geskiedenis van Afrikaans, en veral die doelbewuste vernederlandsing van Afrikaans aan die begin van die 20ste eeu help verklaar. Sowel Van Rensburg (2015b) as Steyn (2014) gaan in besonderhede hierop in. My afleiding is dat dit die vernederlandste vorm van Afrikaans is wat in hoë mate hedendaagse Standaardafrikaans word. Dit het die filosofie van Afrikanernasionalismegepasomdievariëteitevan Afrikaansuitdiestandaardvorm te definieer. Blatant gestel: Hoe nader Standaardafrikaans aan Nederlands is, hoe minder Afrika is daar in die taal. Dit word “suiwerder” Germaans. Meer Europees. Dit word op skrif makliker deur Nederlandssprekendes verstaan. Hierteenoor is Omgangsafrikaans moeiliker om te verstaan. Dit bevat immers meer elemente van die oorspronklike aanleerdersdialekte. Daarom is selfs moderne gesproke Afrikaans nie so heeltemal Nederlands as wat baie van ons
dit graag sou wou hê nie.
Hoekom sukkel Nederlandssprekendes en Afrikaanssprekendes vandag nog om mekaar te verstaan? Die antwoord moet daarin geleë wees dat moderne Afrikaans in ’n hoë mate uit Voorposafrikaans saamgestel is, en nie uit 17de- eeuse Nederlands ontwikkel het nie. Die vraag is dan eintlik in watter mate is moderne Afrikaans nog Voorposafrikaans?
My ervaring is dat Nederlandssprekendes geskrewe Afrikaans makliker volg as wat hulle gesproke Afrikaans verstaan, en omgekeerd. Is dit moontlik dat moderne geskrewe Afrikaans nader aan Nederlands is as gesproke Afrikaans? Indien wel, dan is moderne gesproke Afrikaans in al sy skakerings nader aan Voorposafrikaans as moderne Standaardafrikaans. Is dit moontlik?
Daar is myns insiens in alle tale ’n verskil tussen die abstrakte standaardvorm van die taal en die gesproke omgangstaal. Myns insiens is ’n standaardtaal in ’n sekere sin ’n blote abstraksie. Dit is ’n variëteit van die taal wat die meeste, maar veral die ingeligte en geletterde sprekers kan gebruik en weet hoe dit gebruik behoort te word. Maar niemand gebruik dit werklik as omgangstaal nie. Eintlik is dit net ’n geskrewe vorm van die taal of ’n formele register wat in sommige formele of hoëfunksiesituasies gebruik word.
In die geval van Standaardafrikaans is dit nog meer ’n abstraksie omdat
Standaardafrikaans doelbewus ’n nabootsing van Nederlands as sogenaamde stamtaal is. Dit spruit uit ’n houding dat daar in die aanvanklike standaardisering van veral die skryftaal rekening gehou moes word met Nederlands as die stamtaal (vgl. Steyn, 2014: 159-161.) Hy wys daarop dat taalpraktisyns en gewone gebruikers van die skryftaal aan die begin van die 20ste eeu moeilik van die Nederlandse skryftradisie kon loskom. Volgens Van Rensburg (2015b: 6) is die skryftradisie van die GRA op die Afrikaans van die Voorpos gebaseer, maar juis om hierdie rede nie maklik deur dié wat Afrikaans wou skryf, aanvaar nie. Hieruit spruit ’n doelbewuste vernederlandsing van Afrikaans aan die begin van die vorige eeu: “Vernederlandste Afrikaans is die resultaat van ingrypende veranderings wat in die eerste dekades van die twintigste eeu aan die Afrikaans
van dialeksprekers aangebring is” (Van Rensburg, 2015b: 5).
Taalmakers het gesproke Voorposafrikaans “verbeter” deur dit met vernederlandste Afrikaans te vervang. Dit was daarom nie die spontane ontwikkeling van Afrikaans uit Nederlands nie. Daar was weinig “Nederlandse reste uit ’n vroeëre stadium wat later herdoop is tot Afrikaans,” sê Van Rensburg (2015b: 6).
Teen die agtergrond van die betoog in hierdie artikel is die gevolgtrekking dat Afrikaans nie die resultaat van die spontane ontwikkeling uit Nederlands nie. Ofskoon Nederlands die teikentaal van die 17de- en 18de-eeuse Afrikaanse taalmakers was, is moderne Afrikaans die produk van nie-wit en wit Voorpossers wat in ’n ongenaakbare landstreek op mekaar aangewese was, nie net sosio-ekonomies nie, maar juis ook linguisties. In hierdie saambestaan was Nederlands ’n veraf herinnering.
5. Slot
Taal is wat ons praat, nie wat ons skryf nie, word aksiomaties in die taalkunde aanvaar. Die Afrikaans wat ons praat, is die Afrikaans wat al voor die koms van Jan van Riebeeck in die monde van die Kaapse bevolking vorm begin aanneem het; Afrikaans is aangeleerde Nederlands, nie aangebore Nederlands nie. Afrikaans ontstaan uit Nederlands as teikentaal vir die koloniale Kaap, nie as brontaal nie.
Noordwes-Universiteit
Bronnelys
Bosch, B. 1998. Die Afrikaans van Engelssprekende universiteitstudente: intertaalperspektiewe, Literator 19(2): 13-30.
Davids, Achmat. 1993. Die Afrikaans van die Kaapse Moslems 1815-1915. ’n Sosiolinguistiese studie. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Natal.
De Graaff, Bart, Caeser Hulstaert & Corine de Maijer. 2015. Zeeuwen aan de Kaap, verhalen uit Zuid-Afrika. Vlissingen: Uitgever Den Boer.
Den Besten, H. 1989. From Khoekhoe foreigner talk via Hottentot Dutch to Afrikaans: The creation of a novel grammar. In: Pütz, M. & R. Dirven (reds.). Wheels within wheels. Papers of the Duisburg symposium on pidgin and creole languages. Frankfurt am Main: Peter Lang.
De Villiers, M. s.j. Nederlands en Afrikaans. Kaapstad: Nasou.
Du Plessis, H. 1994. Taalkontakvariasie in Afrikaans. In: Olivier, G. & A. Coetzee (reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans. Halfweghuis: Southern.
Du Plessis, H. 1995. Taalverskeidenheid in Afrikaans as spieël van sy kontakgeskiedenis. In: Ester, H. (reds). Afrikaans in een veranderend context. Amsterdam: Suid-Afrikaanse Instituut.
Du Plessis, H. 2001. Die ontwikkeling van die Afrikaanse variasietaalkunde. In: Carstens, Adelia & Heinrich Grebe (reds.). Taallandskap. Pretoria: Van Schaik.
Du Plessis, H. 2013. Die Groot Trek 175: storie of historie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 53(3): 437–51.
Giliomee, H. 2003. The Afrikaners, biography of a people. Kaapstad: Tafelberg
Giliomee, G. & B. Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Tafelberg.
Janda, R.D. & B.D. Joseph. 2003. On language, change, and language change – or, of history, linguistics, and historical linguistics. In: Joseph, B.D. & R.D. Janola (reds.). Handbook of historical linguistics. Oxford: Blackwell.
Nienaber, G.S. 1963. Hottentots. Pretoria: J.L. van Schaik.
Nienaber, G.S. 1994. Die ontstaan van Khoekhoen-Afrikaans. In: Olivier, G. &
A. Coetzee (reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans.
Halfweghuis: Southern.
Nobels, J. 2013. (Extra)Ordinary letters. A view from below on seventeenth-century Dutch. LOT: Utrecht.
Penn, N.G. 1995. The Northern Cape frontier zone, 1700–c.1815. Ongepubliseerde Ph.D.-proefskrif. Universiteit van Kaapstad.
Ponelis, F.A. 1993. The development of Afrikaans. Frankfurt am Main: Peter Lang.
Raidt, E.H. s.j. Afrikaans en sy Europese verlede. Kaapstad: Nasou.
Schoeman, K. 2012. Portrait of a slave society, the Cape of Good Hope, 1717–1795.
Pretoria: Protea Boekhuis.
Steyn, J.C. 2014. Ons gaan ’n taal maak. Pretoria: Kraal Uitgewers.
Valkhoff, M. 1966. Studies in Portuguese and creole (with special reference to South Africa). Johannesburg: Witwatersrand University Press.
Van der Merwe, H.J.J.M. 1972. (red) Afrikaans, sy aard en ontwikkeling. Pretoria:
J.L. van Schaik.
Van Eeden, Petrus. 1998. Afrikaans hoort by Nederlands. Ons Afrikaanse taalverdriet.
Brevitas: Hovik.
Van Jaarsveld, G.J. 2001. Die intertaalteorie en taalverskeidenheid. In: Carstens, Adelia & Heinrich Grebe (reds.). Taallandskap. Pretoria: Van Schaik.
Van Rensburg, C. (red.). 1997. Afrikaans in Afrika. Pretoria: J.L. Van Schaik Akademies.
Van Rensburg, C. 2012. So kry ons Afrikaans. Pretoria: Lapa Uitgewers.
Van Rensburg, C. 2013. ’n Perspektief op ’n periode van kontak tussen Khoi en Afrikaans. Literator 34(2). xxxx://xxx.xxxxxxxxx.xxx.xx/xxxxx.xxx/xxxxxxxxx/ article/view/413/1230
Van Rensburg, C. 2015a. Die onderlinge verstaanbaarheid van Nederlands en Afrikaans: ’n verhaal van drie nedersettingstale. Ongepubliseerde lesing. Internationale Vereniging voor Neerlandistiek, Universiteit van Leiden. In skrywer se argief.
Van Rensburg, C. 2015b. Oor die eerste 50 jaar se maak aan Standaardafrikaans.
Tydskrif vir Geesteswetenskappe 55(3): 319–342.
Van Rensburg, C. 2016. Toe Afrikaans begin het. Ongepubliseerde artikel. In skrywer se argief.
Note
1. Hierdie artikel is met vergunning gebaseer op ’n essay wat op LitNet verskyn het: xxxx://xxx. xxxxxx.xx.xx/xxxxxxxxx-xxxxx-xxxxxx/
Skryf- en tikriglyne
Taal
• Afrikaans of Nederlands/Vlaams. Gebruik die geldende spelling van hierdie tale.
Titel
• Titel links bo, outeur regs onder titel (vetdruk). Die outeur se affiliasie verskyn in kursief (nie vetdruk) onder die artikel, bokant die bronnelys.
Samevatting
• Vir opname in TN&A word daar ’n samevatting in Engels van maksimaal 150 woorde benodig. Dit verskyn ná die titel en outeursnaam. Daar moet nie ’n hofie “Abstract” of “Opsomming” wees nie. Vertaal asb. ook die titel van u bydrae na Engels.
• Die samevatting verskyn in kursief. Indien daar na boektitels verwys word in die samevatting, word dit nie gekursiveer nie, maar verskyn dit in gewone skrif.
Font en paragrafering
• Vir keuring: 12 punt, spasiëring 1,5.
• Vir setter: 12 punt, enkelspasiëring.
• Nie oop reëls tussen paragrawe nie, behalwe voor en na ’n blokparagraaf en voor ’n hofie.
• Die eerste paragraaf onder ’n afdelingtitel kom teenaan die kantlyn. Opvolgende paragrawe moet asseblief ingekeep word.
Afdelingnommers
• Gebruik asseblief die stelsel van 1, 1.1, 1.2, 2, 2.1, 2.2 ensovoorts.
Aanhalings
• By aanhalings word gekrulde dubbele aanhalingstekens gebruik, met gekrulde enkelaanhalingstekens vir ’n aanhaling binne ’n aanhaling. Voorbeeld:
• Hutcheon (1985: 74) skryf as volg: “Note that he said ‘temporary’ ‘suspension’ and not permanent destruction of ‘prevailing norms’.”
• By aanhalings val die leesteken slegs binne die aanhalingstekens wanneer dit deel vorm van die aanhaling. Indien slegs ’n gedeelte uit ’n sin aangehaal word, hoef daar nie ’n leesteken te kom voor die sluit-aanhalingstekens nie.
• Lang aanhalings (meer as 40 woorde) word in ’n blokparagraaf (belyn/ gejusteer) geplaas, met 1 cm aan weerskante oop. Onderskei hierdie blokparagrawe deur middel van witreëls van die res van die teks. Geen
aanhalingstekens word in sulke gevalle gebruik nie, wel waar die aanhaling deel van die ingekeepte teksblok vorm. Gebruik in so ’n geval enkelaanhalingstekens. Die paragraaf wat op ’n blokparagraaf volg, word nie ingekeep nie.
Kopiereg
• Die outeur(s) van artikels moet asb. voordat ’n bydrae vir publikasie voorgelê word, toestemming verkry vir die gebruik van (beeld)materiaal waarop kopiereg berus en die nodige erkenning in ’n einnota verskaf.
• Alhoewel die redaksie kopieregkwessies kontroleer, lê die verantwoordelikheid en aanspreeklikheid in hierdie verband by die outeur(s).
Ander riglyne
• Gebruik vierkanthakies vir “[sic]” en kursiveer “sic”.
• Gebruik vierkanthakies indien u kommentaar wil lewer, byvoorbeeld: [kursivering deur my].
• Gebruik vierkanthakies en drie stippels indien u woorde uitgelaat het uit ’n aanhaling.
• Moenie afkortings gebruik nie (skryf “onder meer” en nie “o.m.” nie).
Verwysingsmetode
• Maak gebruik van die Harvard-sisteem van titelbeskrywing en verwysing.
• Verwysings in die teks word as volg aangedui: die naam (name) van die outeur(s), komma, jaar van publikasie, spasie en bladsynommers tussen hakies.
Voorbeeld:
(Lijphart-Bezuidenhout, 1984: 40-42). Andersins: Lijphart-Bezuidenhout (1984: 40-42) beweer dat [...]. Let op: spasie na dubbelpunt.
Bronnelys
• Die bronnelys verskyn onder die artikel, onder die outeursaffiliasie en bokant die endnote.
• Die hofie “Bronnelys” kom in vetdruk, nie belyn/gejusteer (die term “Bibliografie” word nie in Afrikaans gebruik nie); “References” in Engels; Nederlandse outeurs verkies term “Bibliografie”.
• Alle publikasies waarna in die artikel verwys word, verskyn agteraan in die bronnelys.
• Bronnelys: Gebruik die outeur se van soos wat dit op die titelblad van die bron staan. Indien die voornaam daar voorkom, moet dit nie in die bronnelys afgekort word nie.
• Bronnelys: Van en naam/voorletters in vetdruk, links uitgehef (hangparagraaf, 1cm)
• Artikeltitels word nie gekursiveer nie en ook nie in die bronnelys tussen aanhalingstekens geplaas nie.
Voorbeelde:
Groeneboer, Kees. 1993. Weg tot het Westen. Het Nederlands voor Indië: een taalpolitieke geschiedenis. Leiden: KITLV.
Foster, Ronel. 2004. Poësie as herskrywing van die geskiedenis. Pirow Bekker se historiografiese metagedig “Apollo Smintheus”. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 11(2): 99-126.
• By Engelse bronne word soortname met hoofletters geskryf.
• Redaksionele kommentaar (vertaler, samesteller, ingelei deur, seisoenname in tydskrifnommers) in taal van artikel.
• Plekname in taal van artikel.
• Daar hoef nie aangedui te word welke druk/uitgawe u geraadpleeg het nie, maar dit sal waardeer word indien u die oorspronklike verskyningsdatum tussen hakies kan plaas.
Voorbeeld:
Bakhtin, Mikhail. 1988 (1940). From the Prehistory of Novelistic Discourse. In: Lodge, David (Ed.). Modern Criticism and Theory. A Reader. London & New York: Longman. P. 124-156.
Note
• Daar word van ’n stelsel van endnote gebruik gemaak; hulle verskyn onder die hofie “Note/n” onder die bronnelys. Links en regs belyn/gejusteer.
• Verwys in teks na endnote deur Arabiese syfers in boskrif: 1, 2, 3, 4.
Prof. | Dr. | Ds. | Mnr. | Mev. | Me. |
Titel:
Voorletters en van: Adres:
Kode:
Tel. (W): (H): (Sel): E-pos:
Besonderhede vir inbetaling:
Betaal u rekening elektronies in die bank of oor die internet in,
• naamlik op die volgende rekening: SAVN
Banknaam: ABSA Bankrekeningnommer: 1190 154 676
Taknaam: Ben Swartstraat, Wonderboom-Suid
Takkode: 334 645 (nie nodig vir elektroniese betalings nie) Verwysingnommer: U van en voorletters
• E-pos of pos daarna die bewys van u betaling aan die SAVN se penningmeester, Dr Terrence Carney, by die onderstaande adres:
E-posadres: carnetr@unisa.ac.za of kobie.dekamper@gmail.com
Posadres: Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, UNISA, Posbus 392, 0003, Pretoria.
Gaan ook na die SAVN webwerf, xxx.xxxx.xxx.xx, vir inligting.
Kantoorgebruik | |||
Lidnr. | Datum aangesluit | Kwitansienr. | Faktuurnr. |