UITSPRAAK
Rapporteerbaar
DIE HOOGSTE HOF XXX XXXxX VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 657/98
Insake die xxxxx van
XX XXXXXXX NO Appellant
en
XX XX XXXXX NO 1ste Respondent
XX XXXXXX NO 2de Respondent
HOF: Xxx Xxxxxxx XxxXX, Xxxxxxxxxx, Xxxxxxx, Xxxxxx ARR en Xxxxxx XxxXX
Verhoordatum: 15 Augustus 2000
Leweringsdatum: 22 September 2000
UITSPRAAK
HJO VAN HEERDEN WndHR
[1] Die vraag wat ter beslegting in hierdie xxxxx opduik, xxx xxxx volg geformuleer word.
Na die sekwestrasie van sy boedel, maar voor sy rehabilitasie, neem‘n insolvent se vrou, met wie hy
buite gemeenskap van goed getroud is, ‘n versekeringspolis op xxxx xxxx uit. Xx xxx daarin die
insolvent aan as die bevoordeelde in geval xxx xxxx dood. Sy kom xxx xxxxxx ‘n testament te sterwe
wat meebring dat die insolvent ‘n intestate erfgenaam xxx xxxx is. Daarna xxxxx die insolvent om die
versekeringsvoordeel of die erfenis te aanvaar. Het die twee voordele nou in die kurator van die
insolvente boedel gevestig in die sin dat hy die bevoegdheid verkry het om self die voordele te
aanvaar? Indien die antwoord nee is, xxxx Xxxxxxx R in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling bevind
het, kan die xxxxx nie slaag nie.
[2] Dit is welbekend dat, ingevolge art 20 (2) (b) van die Insolvensiewet 24 van 1936,
vir sover ter sake, “goed” wat gedurende sy insolvensie ‘n insolvent andersins sou toegeval het, in sy
insolvente boedel xxxxxx en dus vestig in die kurator daarvan. Dit is ewe bekend dat “roerende
goed” in art 2 omskryf word as elke soort goed wat nie onroerend is nie. Volgens dieselfde artikel
beteken “goed” “roerende goed . . . en omvat voorwaardelike regte op goed . . . ”
[3] Die appellant se betoog is dat die “regte” wat die insolvent in die gepostuleerde geval
verkry het, roerende goed is. Hierdie betoog is so klaarblyklik ongegrond dat nie veel daaroor xxxx
xxxx te word nie.
[4] Die appellant het geredelik toegegee dat indien sy betoog op vaste rots gebou is, die
“reg” om gedurende insolvensie ‘n skenkingsaanbod te aanvaar, ook ‘n “reg” is wat in die kurator
setel. ‘n Reg in regsterminologiese taal kan egter nie in die abstrak bestaan nie. Dit is maar een pool
van ‘n verbintenis waarvan die ander ‘n verpligting is, x.x. xxxxx ‘n kontraktuele band. As
bogenoemde aanbod aan die insolvent gemaak word, verkry hy ‘n bevoegdheid om dit aan te neem.
Tot xxx rus daar geen verpligting op die aanbieder nie. Xxxxxxx, behalwe in die oneigentlike geval van
‘n opsie, kan hy die aanbod te eniger tyd voor aanname xxxxxxx. Dus, die insolvent verkry slegs ‘n
bevoegdheid, in teenstelling tot ‘n reg, om die aanbod voor herroeping daarvan te aanvaar.
[5] Wat die versekeringsvoordeel betref, word op die keper beskou deur medewerking
van twee partye ‘n aanbod aan die insolvent gemaak. Denkbaar kan elk van die twee so ‘n aanbod
maak. In die eerste geval doen die gebonde party wel ‘n verpligting op, maar nie teenoor enigiemand
anders as sy medekontraktant nie, totdat die aanbod aanvaar word. Ook hier is daar gevolglik geen
sprake van ‘n reg wat die derde onmiddellik by sluiting van die kontrak tot sy voordeel verkry nie.
‘n Mens het dus maar weer met ‘n blote bevoegdheid te doen.
[6] Ek kom xxx by die erfenis. Weereens is daar in die geval van ‘n testate of intestate
bevoordeling by die dood van die testateur slegs ‘n bevoegdheid en geen reg nie, wat die insolvent
toeval. ‘n Reg verkry hy eers as hy die bevoordeling aanvaar.
[7] Die appellant betoog dat in so ‘n geval die insolvent ‘n voorwaardelike reg verkry, die
voorwaarde synde die aanvaarding van die voordeel. Hoe gekunsteld hierdie argument is, blyk uit die
volgende voorbeelde: ‘n Legaat word aan ‘n erfgenaam nagelaat op voorwaarde dat hy vir ‘n jaar nie
Kaapstad verlaat nie. Word hierdie toewysing aanvaar, verkry die insolvent ‘n voorwaardelike reg.
Maar voor xxx het hy ‘n blote bevoegdheid om te adieer. Xxxxxx voorts dat ‘n groot som geld aan
‘n insolvent nagelaat word op voorwaarde dat hy vir, sê, 10 jaar sy jonger broertjie in sy woning xxx
huisves. As die kurator nou die “reg” aanvaar, in wie xxxxx xxx die ooreenstemmende “verpligting”?
[8] Meer nog, as die appellant dit juis het, behoort die “reg” die dood van die aanbieder
te oorleef. Dit is egter nie die geval nie (De Groot 3.1.6, Voet 5.1.73). In hierdie verband sê De
Wet en Van Wyk, Kontraktereg en Handelsreg, 5de uitgawe, vol 1, p 35:
“Tog meen ek dat die aanbod deur die aanbieder se dood verval, en wel omdat die aanbod nog nie ‘n verpligting is wat as ‘n las xxxx vorm van die oorledene se boedel nie.” Raadpleeg ook Voet 42.8.16.
[9] Uit bostaande volg vanself dat Xxxxxxxxx NO v Van Vuuren 1994(4) SA 336 (T),
en Klerck and Schärges NNO v Xxx 1995(3) SA 340 (SE) juis, en Xxxxxx Bank v Du Plessis 1995
(4) SA 113 (T) verkeerd, beslis is.
[10] Om bogenoemde redes is die xxxxx xx aanhoor daarvan met koste afgewys. Daar
is egter nog ‘n verdere bevel wat gemaak moet word. Die hele band 2 van die oorkonde bestaan uit
die partye se betoogshoofde in die hof a quo en was dus, xxxx die appellant geredelik toegegee het,
totaal onnodig vir die beslegting van die xxxxx. Hy kon ook geen rede aanvoer waarom ‘n spesiale
kostebevel ten opsigte van die insluiting van band 2 nie gemaak moet word nie. Hierdie hof het nou
reeds oor ‘n geruime tyd gewaarsku dat sulke bevele gemaak sou word, en dit inderdaad in ‘n aantal
appèlle gedoen. Die waarskuwings het egter blykbaar in heelwat gevalle op xxxx ore geval.
[11] Aangesien ‘n verdere bevel aangewese is, is dit verkieslik om dit te notuleer saam met
die bevel wat reeds gemaak is.
[12] Die resultaat is dat die xxxxx met xxxxx afgewys word en dat die appellant se
prokureurs geen koste xxx xxx mag verhaal wat toe te skryf is aan die insluiting van band 2 in die
oorkonde van die xxxxx nie.
Stem saam: