SAOU
SAOU
DIENSVOORWAARDES EN AANVERWANTE AANGELEENTHEDE REGISTRASIEVEREISTES
Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO):
Insluitend Beheerliggaam-aanstellings en opvoeders by privaatskole.
Registrasie vir alle opvoeders by XXXX is verpligtend, hetsy hulle oor professionele kwalifikasies beskik of nie. Geen opvoeder mag praktiseer tensy hy/sy by SARO geregistreer is en moet hom/haar neerlê by die gedragskode van hierdie liggaam. Dit sluit ook opvoeders wat deur beheerliggame aangestel en besoldig word in.
TIPE AANSTELLINGS
Tydelik
‘n Aanstelling in ‘n tydelike hoedanigheid vir ‘n vasgestelde tydperk, hetsy in ‘n voltydse, deeltydse, of gedeelde hoedanigheid.
Permanent
‘n Aanstelling in ‘n permanente hoedanigheid in ‘n vakante pos waarvan die tydperk onbeperk is, onderhewig aan ‘n proeftydperk van minstens een jaar.
Deeltyds
‘n Opvoeder wat vir minder as 35 uur per week aangestel is, word op ‘n pro rata-basis vergoed.
‘n Opvoeder wat reeds in ‘n voltydse hoedanigheid diens doen en wat addisionele ure bo en behalwe sy normale roosterdag onderrig gee, word deeltyds aangestel en word ook op hierdie wyse vergoed.
Deeltydse opvoeders moet maandelikse eise indien vir vergoeding.
Sekondering
Indien dit in die belang van die onderwys is, kan die Departement na konsultasie, ‘n opvoeder wat in ‘n permanente hoedanigheid aangestel is, na enige ander pos in ‘n ander departement sekondeer vir solank as wat dit nodig geag word.
Oorplasing
Opvoeders wat in ‘n permanente hoedanigheid aangestel is, kan as gevolg van rasionalisasie, herorganisasie, hergradering, afskaffing van ‘n pos as gevolg van vermindering van leerdergetalle, opheffing van inrigtings en verandering van vakrigtings, addisioneel tot die diensstaat oorgeplaas word. Na oorlegpleging kan ‘n opvoeder in ‘n permanente hoedanigheid na ‘n ander pos, in xxx met nasionaal ooreengekome kollektiewe ooreenkomste en bepaalde wetgewing, oorgeplaas word.
VEREISTES VIR AANSTELLING IN ‘N PERMANENTE HOEDANIGHEID
Bewyse van die neergelegde minimum kwalifikasies, registrasie by SARO, en/of toepaslike onderwyservaring moet verskaf word. Voorskrifte ten opsigte van benodigde dokumentasie verskyn telkens in die provinsiale vakaturelyste.
ADVERTERING VAN VAKATURES
Vakante permanente poste word deur die betrokke provinsiale onderwysdepartement in vakaturelyste geadverteer, en gevul in terme van voorskrifte vervat in wetgewing en beleid.
BEVORDERINGSGELEENTHEDE
Vereistes vir elke bevorderingspos is gekoppel aan minimum kwalifikasies en onderwyservaring. Die opvoederkorps xxxxx volgens die poste wat hulle beklee, diens op 6 posvlakke waarvan posvlakke 5 en 6 hoofsaaklik hoofkantoor- en hulpdiens gekoppelde poste is.
Vir verdere besonderhede kan met die naaste Provinsiale kantoor van die SAOU geskakel word.
VERGOEDING
Salaris
Met die ondertekening van Kollektiewe ooreenkoms 1 van 2008 wat die beroepspesifieke bedeling vir opvoeders in xxxxxxx gestel het, het die salarisstrukture verander.
Kontak u provinsiale SAOU-kantoor en/of gaan na die SAOU se webtuiste, xxx.xxxx.xx.xx – Salarisskale.
Diensbonus
‘n Diensbonus of pro rata-diensbonus gelykstaande aan 100% van een maand xx xxxxxxx is betaalbaar aan ‘n opvoeder/amptenaar by verstryking van ‘n tydperk van 12 maande of ‘n gedeelte daarvan eindigende op die laaste dag van die maand waarin die opvoeder/amptenaar verjaar.
Geen pro rata-diensbonus word by bedanking aan ‘n opvoeder betaal nie.
Enige onbetaalde verlof, asook kontinuïteitsverlof wat gedurende die 12 maande wat die betaaldatum voorafgegaan het, toegestaan is, word by die bepaling van die bedrag van die diensbonus in berekening gebring.
BEHUISINGSKEMA
Staatswaarborgskema
Hierdie skema stel persone wat nie oor die nodige fondse ter betaling van die verpligte deposito beskik nie, in Staat om eiendom te bekom.
Om vir die minimumvereistes te kwalifiseer, moet ‘n opvoeder minstens 21 jaar oud wees, een jaar aaneenlopende bevredigende diens hê, en tot die Staatsdienspensioenfonds bydra.
Die werknemer se jaarlikse salariskerf bepaal die grootte van die 100%-lening wat toegestaan kan word. Navrae in hierdie verband kan aan die naaste kantoor van die SAOU xxxxx word.
Behuisingstoelaag
Behuisingstoelae word betaal vir persone wat huur of loseer, ‘n geregistreerde eiendom afbetaal of reeds ‘n geregistreerde afbetaalde eiendom besit, volgens bepaalde riglyne.
Hierdie skema funksioneer onafhanklik van die 100% behuisingsleningskema en is van toepassing op persone wat permanent of tydelik voltyds aangestel is en tot die pensioenfonds bydra. In beide
Gevalle moet aansoekers ‘n verbandlening by ‘n erkende finansiële instelling bekom, die woning self bewoon en aan die voorgeskrewe vereistes ten opsigte van registrasie van eienaarskap voldoen.
Eiendom wat geregistreer is in die naam van ‘n maatskappy geslote korporasies en of ‘n trust, is uitgesluit by die bepalings vir behuisingstoelae. Behuisingstoelaes word ook betaal in gevalle van okkupasiehuur; ‘n huurooreenkoms vir ‘n woning aangegaan - met ‘n agent of familie; of ‘n woning betrek met toestemming van ‘n tradisionele xxxxx. Tans word toelaes van R900 per maand betaal vir bogemelde bewoning. Riglyne en aansoekvorms is beskikbaar by xxx.xxxx.xxx.xx.
Let wel: Tydelike Xxxxxxxxx aangestel vir ‘n tydperk korter as 6 maande, of aangestel as ‘n plaasvervanger, kwalifiseer vir ‘n nie-pensioendraende toelaag wat gelyk aan 37% van die basiese salaris xxx xxxx, ten einde te kompenseer vir die verlies aan diensbonus, mediese subsidie, behuisingstoelaag en lidmaatskap van die pensioenfonds.
BETALING VAN VERBLYF-, XXXX- EN HERVESTIGINGSKOSTE
Verblyftoelae
Die doel hiervan is om ‘n opvoeder vir sy verblyfkoste te vergoed, terwyl hy van sy hoofkwartier in amptelike diens afwesig is.
Reistoelae
Reistoelae word aan ‘n opvoeder betaal van wie dit vereis word dat hy in die uitvoering van sy amptelike pligte weg van sy hoofkwartier moet xxxx.
Hervestigingskoste
Die uitgawe verbonde aan die hervestiging van ‘n huishouding word in die volgende gevalle aan ‘n opvoeder wat in ‘n permanente hoedanigheid aangestel word, betaal onderhewig aan departementele bepalings:
• Indien hy oortollig raak en permanent in ‘n ander onderwyspos oorgeplaas word.
• Indien xx xxxx die Departement permanent oorgeplaas word.
• By aanstelling in ‘n bevorderingspos in ‘n hoër posvlak.
Verhuisingskoste (Oorplasing van meubels en voertuie) word betaal:
• Indien ‘n persoon met pensioen uit die diens tree na minstens 10 jaar aaneenlopende diens.
• Indien die xxxxxxx xx sterwe kom na voltooiing van minstens 10 jaar aaneenlopende diens aan die afhanklikes wat na ‘n ander woonplek verhuis.
VERLOFMAATREëLS VIR OPVOEDERS
Die verlofvoordele van ‘n opvoeder word deur Hoofstuk J van die Personeeladministrasiemaatreëls (XXX) gereël en xxx xxxx volg opgesom word. (In die gewysigde XXX wat eersdaags gepubliseer word is dit Hoofstuk H .)
Gesinsverantwoordelikheid en verlof vir dringende privaatsake
Daar word aan ‘n opvoeder 3 werksdae per jaarlikse verlofsiklus toegestaan in gevalle van siekte van ‘n opvoeder se kind of eggenote of waar die eggenote geboorte aan ‘n kind skenk, en 5 werksdae in gevalle waar die opvoeder se kind, eggenote of naaste familielede te sterwe kom. Die totaal hiervan mag egter nie 5 werksdae oorskry nie. ‘n Opvoeder mag bo en behalwe hierdie toekennings, jaarlikse verlof vir dringende privaatsake neem. Die totale aantal dae verlof wat in hierdie breë kategorie geneem mag word, is maksimum 14 werksdae per jaar. Hierdie verlof word altyd met volle besoldiging toegeken. Alle ongebruikte dae verval aan die einde van die kalenderjaar. Bewyse moet aangeheg word.
Spesiale verlof vir professionele en persoonlike ontwikkeling en vir godsdienstige geleenthede
Spesiale verlof met volle betaling kan toegestaan word aan opvoeders in gevalle waar die aktiwiteite sy/haar professioneel xxx ontwikkel, of waar dit oor persoonlike ontwikkeling handel wat ook in belang van die werkgewer is, of vir godsdiensbeoefening. ‘n Maksimum van 3 werksdae per jaar kan vir hierdie doel toegestaan word. (Kantoorgebaseerde opvoeders kwalifiseer nie vir hierdie verlof nie)
Siekteverlof
• 36 werksdae word in ‘n siklus van drie jaar toegeken. Die nuwe siekteverlofsiklus neem ‘n aanvang op 1 Januarie 2013.
• Alle ongebruikte dae verval aan die einde van die siekteverlofsiklus.
• Vir siekteverlof van drie dae en meer word ‘n mediese sertifikaat vereis.
• ‘n Toesighouer mag egter ‘n mediese sertifikaat van ‘n opvoeder vereis indien ‘n opvoeder vir ‘n derde xxx xxxxx ‘n agt weke siklus afwesig is as gevolg van siekte; of indien ‘n vasgestelde patroon vir die neem van siekteverlof voorkom.
Verlof vir tydelike ongeskiktheid
Wanneer ‘n Opvoeder se normale siekteverlof in ‘n bepaalde siekteverlof-siklus uitgeput is en sy mediese praktisyn/tandarts is van mening dat die Opvoeder tydelik ongeskik is weens siekte, mag addisionele siekteverlof toegestaan word op voorwaarde dat:
• die Opvoeder se toesighouer bewus is van die siektetoestand.
• die betrokke mediese praktisyn/tandarts sertifiseer dat die ongeskiktheid tydelik van aard is.
• vorms volgens die PILIR-xxxxxxx voltooi word.
• Dien volledig gemotiveerde verslae saam met vorms in.
Ongeskiktheidsverlof word vir bestuursdoeleindes in twee kategorieë ingedeel, en die vorms waarop aansoek gedoen word verskil:
Korttermyn ongeskiktheid
Dit is wanneer die ongeskiktheidsverlof 29 dae of minder is.
Langtermyn ongeskiktheid
Dit is wanneer die tydperk vir ongeskiktheidsverlof 30 dae of xxxxxx is.
Permanente ongeskiktheid
• Indien ‘n Opvoeder se graad van ongeskiktheid, permanent van aard is, kan die opvoeder aftree op mediese gronde.
• Indien die Opvoeder, sowel as die werkgewer oortuig is dat die Opvoeder geensins in staat is om enige verdere werk of pligte uit te voer nie, kan die Opvoeder voortgaan om aansoek te doen vir vervroegde aftrede as gevolg van voortdurende swak gesondheid.
• Vorms moet volgens die PILIR-xxxxxxx voltooi word.
• Dien volledig gemotiveerde verslae saam met vorms in.
Xxxxxx op beroepsongelukke of –siektes
‘n Opvoeder wat weens ‘n besering aan diens afwesig is, ontvang spesiale siekteverlof ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, 1993, mits die besering volgens die bepalings van die Wet aanhangig gemaak is. Let asseblief daarop dat dit verpligtend is om ‘n besering aan diens te rapporteer. Versuim om ‘n besering aan te meld, is strafbaar.
Bevallingsverlof
• ‘n Opvoeder is geregtig op 4 kalender maande aaneenlopende betaalde bevallingsverlof vir elke swangerskap. (Dit sluit naweke en skoolvakansies in.)
• ‘n Opvoeder se bevallingsverlof moet ten minste 14 dae voor die verwagte bevallingsdatum, maar nie later nie as die datum van bevalling (in gevalle van vroeë geboorte) ‘n aanvang neem.
• ‘n Opvoeder wat ‘n miskraam het, wie se kind dood is by geboorte of wie se swangerskap beëindig word, is geregtig op ses weke betaalde bevallingsverlof na die miskraam of doodgeboorte, mits die Opvoeder ten tyde van die miskraam of doodgeboorte reeds met betaalde bevallingsverlof was.
• Indien ‘n opvoeder wat reeds op bevallingsverlof is se baba as gevolg van ‘n premature geboorte of ‘n siektetoestand vir xxxxxx as ‘n maand gehospitaliseer word, kan so ‘n opvoeder die werkgewer versoek xx xxxx bevallingsverlof te onderbreek en tydelik terugkeer xx xxxx werkplek.
• Geen opvoeder xxx xxxxx toegelaat word xx xxxx normale pligte op te neem voordat ten minste ses weke na die geboorte van die baba verloop het nie, of ‘n geregistreerde mediese praktisyn gesertifiseer het dat die opvoeder mag terugkeer xx xxxx normale pligte te vervul.
Pre-xxxxxx verlof
Vanaf 1 Januarie 2013 xxx xxxx gebruik kan maak van die 8 werksdae pre-xxxxxx verlof tot hul beskikking, per swangerskap. Hierdie verlof xxx in die tydperk van swangerskap vir doktersondersoeke en –toetse tot u beskikking wees. Bewyse van hierdie ondersoeke en toetse xxx ingehandig moet word. Lede kan hierdie verlof as vol dae of gedeeltes van ‘n dag gebruik. Let wel: die bepaling dat afwesighede as gevolg van mediese komplikasies gedurende die swangerskap as siekverlof geneem moet word, xxx onveranderd.
Verlof vir aanneming van ‘n kind
• Indien ‘n Opvoeder ‘n kind onder die ouderdom van 2 jaar aanneem, kwalifiseer hy/sy vir 45 werksdae aannemingsverlof.
• Indien beide die ouers in diens van die Staat is, kan beide vir aannemingsverlof kwalifiseer, mits beide se aantal dae verlof gesamentlik nie die totaal van 45 dae oorskry nie.
Spesiale verlof
Spesiale verlof met volle salaris kan in sekere omstandighede toegestaan word:
Spesiale verlof vir studie
Spesiale verlof mag aan ’n opvoeder toegestaan word vir ‘n goedgekeurde studierigting en wel op voorwaardes xxxx goedgekeur deur die werkgewer. Studieverlof kan met of sonder of teen gedeeltelike besoldiging toegestaan word.
Spesiale verlof vir eksamendoeleindes
Vir elke dag eksamen wat afgelê word in ‘n goedgekeurde toepaslike studierigting, word ‘n addisionele skooldag as eksamenverlof met volle besoldiging toegestaan. Indien eksamen op ‘n Maandag geskryf word ,word die Vrydag voor die eksamen geneem.
Spesiale verlof vir deelname aan sport/kulturele en ander aktiwiteite
Met die goedkeuring van die Hoof van die Provinsiale Onderwysdepartement kan verlof met of xxxxxx xxxxx besoldiging aan ‘n opvoeder toegestaan word om aan sport, kulturele of ander soortgelyke aktiwiteite xxxx xx neem. Dit sluit onder andere in:
• xx xxxx te neem aan sportbyeenkomste;
• om op te tree as beampte/skeidsregter;
• om op te tree as aanbieder of groepsleier van ‘n kursus;
• bywoning van kursusse, vergaderings of ander byeenkomste xxxx goedgekeur deur die werkgewer.
Verlof vir verkose ampsdraers en vakbondverteenwoordigers
Ampsdraers of vakbondverteenwoordigers kan tot ‘n maksimum van 12 dae betaalde verlof per jaar ontvang vir aktiwiteite wat verband hou met sy vakbond of sy posisie wat hy in sy vakbond beklee. Gewone lede kwalifiseer vir 8 ure per jaar.
Verlofgratifikasie
Die gekontroleerde verlof xxx na ouditering uitbetaal word teen die eindsalaris wanneer die opvoeder aftree (voortydig, met mediese redes, by uitdiensstelling), of sterfte. By bedanking of die keuse van aktuariële waarde word geen verlofgratifikasie uitbetaal nie. Die e verlofgratifikasie is belasbaar.
MEDIESE BYSTAND
Mediese bystand word deur die Staat gesubsidieer vir persone in permanente poste en tydelike poste vir ten minste 6 maande. Maksimum bedrag ter sprake, wat van tyd tot tyd hersien word. Navrae hieroor kan aan die naaste kantoor van die SAOU xxxxx word.
By aftrede word die mediese bystand voortgesit indien die opvoeder hooflid was vir ten minste 1 jaar voor aftrede en ten minste 15 jaar diens in die Staat (nie noodwendig aaneenlopend) verrig het. In geval van mediese ontslag moet die lid minstens 10 jaar diens gelewer het.
WERKSURE
Die voorskrifte met betrekking tot die werksure van ‘n opvoeder bepaal onder meer xxxx volg:
• ‘n Opvoeder moet minstens 7 uur per dag by sy werkplek wees.
• ‘n Opvoeder moet verantwoording vir minstens 1800 werksure per jaar kan doen.
• Die werkgewer is onder bepaalde voorwaardes geregtig om tot ‘n maksimum van 80 uur per jaar buite die formele skooldag of gedurende skoolvakansies vir professionele ontwikkeling van ‘n opvoeder te vereis.
‘n Opvoeder kan nie aanspraak maak op addisionele besoldiging vir enige diens of werk wat xx xxxx ‘n bevoegde gesag aangesê word om te verrig nie. Hy mag voorts nie met of sonder besoldiging buite die onderwysinrigting werk verrig sonder vooraf goedkeuring van die werkgewer nie.
BEëINDIGING VAN DIENS
‘n Opvoeder wat in ‘n permanente of tydelike hoedanigheid diens doen, moet 90 dae xxxxxx xxx van sy voorneme om te bedank/af te tree. Die werkgewer mag egter goedkeur dat ‘n bedanking/aftrede met korter kennisgewing aanvaar word.
Die werkgewer kan die diens van ‘n opvoeder beëindig:
• weens voortdurende swak gesondheid;
• weens die afskaffing van die opvoeder se pos of ‘n vermindering of reorganisasie of herreëling van die diensstate van departemente, skole, inrigtings, kantore of sentrums;
• indien, om ander redes as die opvoeder se eie ongeskiktheid of onvermoë, die opvoeder se ontslag doeltreffendheid of besuiniging xxx bevorder in die departement, skool, inrigting, kantoor of sentrum waarin die opvoeder in diens is, of andersins in belang van die Staat xxx xxxx;
• xxxxx ongeskiktheid vir die pligte wat aan die opvoeder se pos verbonde is of onvermoë om daardie pligte op bekwame wyse uit te voer;
• weens wangedrag;
• indien die opvoeder in die betrokke pos aangestel is op grond van ‘n wanvoorstelling wat die opvoeder met betrekking tot die een of ander voorwaarde vir aanstelling gemaak het; (word as wangedrag geag) en
• indien, in die geval van ‘n opvoeder wat op proef aangestel is, die opvoeder se aanstelling nie bekragtig word nie.
PENSIOENAANGELEENTHEDE RAKENDE PERMANENTE PERSONEEL
Pensioenbydraes
Opvoeders wat tot die pensioenfonds toegelaat word, dra 7,5% van xxx xxxxxxx tot die Regeringsdienspensioenfonds by.
Uitdienstreding op mediese gronde
In ‘n geval van langdurige siekte kan die Onderwyshoof bepaal dat ‘n opvoeder met pensioen uit die diens tree of die opvoeder kan dit op die voorgeskrewe wyse self versoek. Sy pensioenvoordele word volgens die formules wat later verskaf word, bereken. Die Onderwyshoof handel op aanbeveling van die aangewese Gesondheidsrisiko Bestuurder.
Pensioenuitbetalings uit die Regeringsdienspensioenfonds
Vir die doel van die berekening van alle formules word “eindsalaris” gedefinieer as die gemiddelde salariskerf bereken oor die laaste 24 maande van die lid se diens.
Werknemers wat op die gestruktureerde salarispakkette is se eindsalaris word bepaal op die pensioengewende gedeelte 75% of 70%.
Uitdiensstelling (minder as 10 jaar pensioengewende diens)
Indien ‘n lid met minder as 10 jaar pensioengewende diens om die volgende redes uit diens gestel word:
• gesondheidsredes nie deur eie toedoen;
• afskaffing of herorganisasie van die pos;
• indien indiensstelling effektiwiteit, ensovoorts vir die Departement xxx meebring;
• onbevoegdheid om take effektief uit te voer, uitgesluit sake van wangedrag; of
• ‘n besering of swak gesondheid nie deur eie toedoen veroorsaak ten tye van, of as gevolg van ‘n lid se diens, word ‘n gratifikasie uitbetaal wat xxxx volg bereken word:
15,5 x eindsalaris x pensioengewende diensjare 100
Hierdie bedrag word met ‘n derde vermeerder, behalwe in die geval van onbevoegdheid om take effektief uit te voer.
Uitdiensstelling (10 jaar en meer pensioengewende diens)
Indien ‘n lid met 10 jaar en meer pensioengewende diens om die redes bedoel in uitdiensstelling (minder as 10 jaar pensioengewende diens) uit die diens gestel word, word die volgende aan hom uitbetaal:
• ‘n Gratifikasie xxxx volg bereken:
6,72 x eindsalaris x pensioengewende diensjare 100
• Jaargeld xxxx volg bereken:
1 x eindsalaris x pensioengewende diensjare 55 + R360
Vir die doel van die redes xxxx hierbo genoem onder, “Uitdiensstelling (minder as 10 jaar pensioengewende diens)” en behalwe onbevoegdheid, word een derde van die tydperk van pensioengewende diens tot ‘n maksimum van 5 jaar, of die verskil tussen die persoon se ouderdom en die ouderdom van 60 jaar, wat ookal die kleinste is, gevoeg.
Aftrede (minder as 10 jaar pensioengewende diens)
Indien ‘n lid met minder as 10 jaar pensioengewende diens aftree:
• op of na sy aftree-ouderdom;
• voor sy aftree-ouderdom in terme van die Wet wat sy diensvoorwaardes reguleer; of
• as gevolg van die verstryking van die dienskontrak,
• word ‘n gratifikasie uitbetaal gelykstaande aan die aktuariële waarde van die lid se pensioen.
Aftrede (10 jaar en meer pensioengewende diens)
Indien ‘n lid met meer as 10 jaar pensioengewende diens aftree om ‘n rede xxxx hierbo genoem, word die volgende aan hom/haar uitbetaal:
• ‘n Gratifikasie xxxx volg bereken:
6,72 x eindsalaris x pensioengewende 100 diensjare
• Jaargeld xxxx volg bereken:
1 x eindsalaris x pensioengewende
55 diensjare +R360
Indien ‘n lid die ouderdom van 50 bereik het, maar nog nie die ouderdom van 60 nie, word bogemelde voordele verminder met ,33% vir elke maand tussen die lid se werklike ouderdom en 60 jaar.
Xxxx se aandag word daarop gevestig dat slegs opvoeders wat voor 1 Mei 1996 aangestel is en meer as 10 jaar pensioengewende diens het tussen die ouderdom 50 en 55 kan aftree. (Bg. Verminderde voordele geld steeds)
Bedanking
‘n Bedankingsvoordeel word volgens die volgende formule bereken:
Aantal pensioengewende diensjare x eindsalaris x 7,5%.
Sedert April 2012 geld die volgende met bedanking: Nasionale Tesourie bereken beide die bedankingsvoordeel en die aktuariële waarde. Opvoeders het xxx die keuse om die hoogste/grootste bedrag of direk te laat uitbetaal of in totaliteit te laat oordra in ‘n goedgekeurde annuïteitsfonds of bewaringsfonds.
‘n Lid verloor die volgende voordele met bedanking, naamlik verlofkrediet, pro rata-diensbonus, mediese subsidie en begrafnisvoordele.
Voordele met die afsterwe van ‘n lid
Lede met minder as 10 jaar pensioengewende diens: ‘n Gratifikasie is betaalbaar gelykstaande aan die grootste van die lid se aktuariële waarde en sy eindsalaris.
Lede met meer as 10 jaar pensioengewende diens, die volgende is betaalbaar:
• ‘n Gratifikasie xxxx volg bereken:
6,72 x eindsalaris x pensioengewende jare 100
Xxx maal die jaargeld wat hy sou ontvang het indien hy/sy sou aftree, bereken xxxx volg:
5 x 1 x eindsalaris x pensioengewende 55 diensjare +R360
Vir die doel van die berekening van bogemelde twee gratifikasies word een derde van die tydperk van pensioengewende diens tot ‘n maksimum van 5 jaar of die verskil tussen die persoon se ouderdom en die ouderdom van 60 jaar, wat ookal die kleinste is, by sy diensjare gevoeg.
Xxxx/Lewensmaat pensioen
Indien ‘n lid oorleef word deur ‘n xxxx/lewensmaat, word ‘n xxxx/lewensmaat pensioen betaal wat gelykstaande is aan die helfte van die jaargeld wat die lid sou ontvang indien hy sou aftree op ouderdom 60 jaar.
Voordele met die afsterwe van pensioentrekkers
Indien ‘n pensioentrekker te sterwe kom binne 5 jaar na aftrede, word ‘n voordeel aan die xxxx/lewensmaat of afhanklikes betaal, gelykstaande aan die som van die jaargeld wat aan hom/haar betaalbaar is, xxxx bereken vanaf die eerste dag van die maand wat volg op sy/haar dood
tot en met die laaste dag van die maand waarin die gemelde tydperk van 5 jaar verstryk. Die formule is xxxx volg:
1 x eindsalaris x pensioengewende diensjare x 55 12
onverstrykte maande van 5 jaar
Gratifikasie
Indien ‘n pensioentrekker oorleef word deur ‘n xxxx, word ‘n gadepensioen betaal gelykstaande aan die helfte van die maandgeld wat die pensionaris ontvang het ten xxx xxx xx xxxx xxxxx die pensioentrekker tydens aftrede ‘n keuse gemaak het vir ‘n verminderde maandgeld. In laasgenoemde twee gevalle (verminderde maandgeld of verminderde gratifikasie) word 75% van die maandelikse pensioen as gadepensioen betaal.
Belasting op Pensioenvoordele
Pensioengratifikasies (Bedankingsvoordeel ingesluit)
Belasting op pensioengratifikasie (enkelbedrae) word met ingang van 1 Maart 1998 ingefaseer en word op voltooide diensjare bereken. Daar is egter vryskeldingsbedrae betrokke by die verskillende wyses van uittrede.
Maandelikse Pensioen
Maandelikse pensioenvoordele word volgens die normale belastingskale belas.
Betaling van Begrafnisvoordele
Met ingang van 1 Desember 2002 kwalifiseer die volgende lede vir die uitbetaling van ‘n enkelbedrag begrafnisvoordeel by die afsterwe van:
• ‘n dienende, bydraende lid van die RWPF (R7 500);
• ‘n pensioenarisse wat uit diens getree het (R7 500);
• ‘n xxxx/lewensmaat van 1 of 2 hierbo (R7 500); en
• ‘n afhanklike benoembare kind van 1 of 2 hierbo (R3 000).
• Stilgeboorte op voorwaarde dat die xxxxxx ten minste 26 weke of xxxxxx xxxxxxx was.
Vir verdere besonderhede kan met die naaste Provinsiale kantoor van die SAOU geskakel word.
TERUGDATERING VAN PENSIOENGEWENDE DIENS/TERUGKOOP VAN PENSIOEN
Lede kan hul pensioengewende diens laat xxxxxxxxxx deur terugdatering daarvan tot hul agtiende verjaardag, of deur enige ander tydperk na die agtiende verjaardag. Die terugkoopbedrag is baie xxxx. Vorm Z215 word vir die doel gebruik.
Vorige pensioengewende diens na bedanking, kan teen ‘n gunstige tarief teruggekoop word, mits die opvoeder binne 36 maande na diensverlating weer tot die Fonds toegelaat word, en die aansoek vir terugkoop binne 12 maande na hertoelating gedoen word.
WERKLOOSHEIDSVERSEKERINGSFONDS
Die amptelike bepaling is dat ‘n persoon wat tot die pensioenfonds bydra nie ook tot die werkloosheidsversekeringsfonds mag bydra nie. Persone wat wel bydra, moet navrae ten opsigte van prosedure en voorstelle aan die naaste kantoor van die Departement Arbeid rig.
Departementele koshuise
Waar departementele koshuise aan skole verbonde is, kan die werkgewer vereis dat onderwyspersoneel in sodanige koshuise inwoon en toesigdiens verrig.
Toesigdiens het hoofsaaklik te doen met die opvoedkundige program wat deur kosgangers gevolg word. Aan toesighoudende personeel word, volgens die goedgekeurde diensstaat vir koshuise, ‘n nie-pensioendraende toelae betaal as vergoeding vir die bykomende pligte wat koshuisdiens meebring.
Toesighoudende personeel wat van koshuisakkommodasie gebruik maak, betaal die vasgestelde tarief vir losies en inwoning.
LANGDIENSERKENNING
Erkenning vir bevredigende ononderbroke diens word vanaf 1 Augustus 2012 in die volgende gevalle xxxxxxx:
• Xxxx jaar ononderbroke diens
‘n Sertifikaat
• Twintig jaar ononderbroke diens:
‘n Sertifikaat, asook ‘n bedrag van R8 371 miv 1 April 2014
• Dertig jaar ononderbroke diens:
‘n Sertifikaat, asook ‘n bedrag van R16 743 miv 1 April 2014
• Veertig jaar ononderbroke diens:
‘n Sertifikaat, asook ‘n bedrag van R22 324 miv 1 April 2014
Aansoeke vir bogemelde moet per brief/voorgeskrewe vorm aan die Departement xxxxx word.
WAARNEMINGSTOELAE
(XXXX-Resolusie 8 van 2001 xxxx vervat in die XXX)
Die waarnemingstoelae xxx betaal word in gevalle waar ‘n persoon in ‘n vakante pos waarneem wat 1 posvlak hoër is as die persoon se huidige posisie. Uitsonderings mag egter deur provinsiale onderwysowerhede gemaak word.
Die werkgewer moet ‘n persoon skriftelik in xxxxxx xxxx om waar te neem na aanbeveling deur die beheerliggaam van die skool alvorens die waarnemingstoelae betaalbaar is. Die beheerliggaam moet binne 14 dae na kennisgewing vanaf die werkgewer so ‘n aanbeveling doen. Die toelae xxx slegs betaal word indien die aanstelling xxxxxx as 6 weke is en xxx vir ‘n maksimum tydperk van 12 maande betaal word.
Xxxxxxxx xxx terugwerkend wees tot die datum waarop die opvoeder begin het om in die pos waar te neem.
Die bedrag betaalbaar is die verskil tussen die persoon se huidige salaris (sonder voordele) en die aanvangskerf van die hoër pos (sonder voordele). Indien die persoon reeds op of bokant die aanvangskerf is, kry hy ses kerwe by.
Waarnemingstoelae (XXXX-Resolusie 8 van 2002 xxxx vervat in die XXX)
Met ingang van 1 April 2003 word ‘n waarnemingstoelaag ook betaal as die bekleër van die pos vir xxxxxx as 12 weke maar beperk tot ‘n maksimum van 12 maande afwesig is as gevolg van:
• bevallingsverlof
• siekteverlof
• studieverlof
• skorsing
• sekondering
BESERING AAN DIENS
Alle opdragte wat ‘n opvoeder uitvoer as xxxx van die binne-, sowel as buite-kurrikulêre program van die betrokke inrigting, word as amptelike pligte geag. Beserings van watter aard ookal, ook in die geval van dood, wat ‘n opvoeder opdoen in die uitvoering van hierdie pligte, moet dadelik deur die opvoeder aan die hoof van die inrigting gerapporteer word. In so ‘n geval word vorm W.CL.2(E) voltooi. Indien ‘n opvoeder in die uitvoering van sy pligte te sterwe kom, moet die afsterwe onmiddellik xxxx xx direkte hoof gerapporteer word.
SKOOLBEHEERLIGGAAMAANSTELLINGS
Werkgewer
Die Beheerliggaam van die betrokke skool is die werkgewer.
Die Onderlinge Werkgewer-Werknemersverhouding
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Arbeidsverhoudinge reguleer die verhouding tussen die werknemer en die werkgewer.
Die dienskontrak vorm die basis van die Werkgewer-Werknemerverhouding.
Dit is noodsaaklik om te besef dat die diensverhouding en die dienskontrak nie gebaseer is op ‘n gelyke magsbasis nie – die werkgewer is in ‘n sterker posisie om te beding. Die werkgewer moet finansiële en ander hulpbronne in ag neem en dikteer dus grootliks die bepalings xxxx vervat in die dienskontrak.
Dienskontrak
‘n Voorvereiste vir die sluiting van ‘n dienskontrak is wilsooreenstemming tussen beide partye. Dit is dus ’n vrywillige ooreenkoms tussen twee partye, waar die een party (die werknemer) sy/haar arbeidspotensiaal tot die beskikking en beheer stel van die ander party (die werkgewer) in ruil vir vergoeding deur die werkgewer.
Alhoewel die Wet op Indiensneming van Xxxxxxxxx slegs van toepassing is op opvoeders in diens van die Staat, behoort die bepalings xxxx omskryf in die Wet met betrekking tot die diensvoorwaardes, diensvoordele, posbeskrywing en pligstaat van die werknemer tydens die sluiting van ‘n dienskontrak met die opvoeder in ag geneem te word.
Die bepalings en diensvoorwaardes, xxxx ooreengekom tussen die werkgewer en Werknemer, kan nie eensydig deur een party gewysig word nie.
Dienskontrak: Bepalings en Diensvoorwaardes Minimum Diensvoordele
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes stel die minimum diensvoorwaardes en –voordele waaraan die werkgewer moet voldoen, om sodoende alle werknemers te beskerm. Die werkgewer is verplig om aan die vereistes van die Wet te voldoen.
Werkloosheidsversekeringfonds (WVF)
Die werkgewer (BL) sowel as die werknemer (opvoeder) is verplig om elk 1% van die vergoeding van die opvoeder tot die fonds by te dra. Die verpligting rus op die werkgewer om die totale bedrag van die bydrae (2% van die salaris van die opvoeder) aan die WVF te betaal.
VERLOF
Siekteverlof
• ‘n Siekteverlofsiklus is ‘n tydperk van 36 maande by dieselfde werkgewer. Gedurende elke siekteverlofsiklus is ‘n werknemer geregtig op 6 weke betaalde siekverlof.
• Gedurende die eerste 6 maande is ‘n werknemer geregtig op 1 dag siekteverlof vir elke 26 dae gewerk.
• Dienskontrakte vir beheerliggaamaanstellings word normaalweg jaarliks onderhandel. In die praktyk impliseer dit 10 dae siekteverlof per jaar.
• Die werkgewer is nie verplig om ’n werknemer te betaal indien die werknemer:
• meer as twee opeenvolgende dae afwesig is; of
• meer as twee keer in ‘n agt weke periode afwesig van werk is en nie ‘n mediese sertifikaat indien as bewys dat die werknemer nie geskik was om xx xxxx nie.
Bevallingsverlof
‘n Werknemer is geregtig op minstens vier aaneenlopende maande bevallingsverlof. Neem kennis dat die Wet op Basiese Diensvoorwaardes slegs voorsiening maak vir bevallingvoordele (vergoeding) xxxx bepaal deur die Werkloosheidsversekeringwet. Die Wet op Arbeidsverhoudinge ag dit as outomatiese onbillike ontslag indien ’n xxxxxxx werknemer ontslaan word as gevolg van:
• haar swangerskap.
• haar beoogde swangerskap.
• enige rede verwant aan haar swangerskap.
Gesinsverantwoordelikheidsverlof
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat ‘n werknemer geregtig is op drie dae gesinsverantwoordelikheidsverlof per jaar teen volle betaling. ‘n Werknemer is geregtig om hierdie verlof te neem, tydens:
• die geboorte, siekte of afsterwe van ’n kind; en
• die afsterwe van ‘n xxxx of lewensmaat, ouer of ander direkte familielede.
Die werknemer moet - waar xxxxxxxx - met die werkgewer onderhandel vir diensvoordele in ooreenstemming met die voordele van opvoeders in diens van die Staat xxxx vervat in die Wet op Indiensneming van Opvoeders. Die werknemer moet egter besef dat onderhandeling binne ‘n beperkte raamwerk plaasvind en verwagtinge moet realisties wees.
Verlof (skoolvakansies uitgesluit)
Onderhandel vir ooreenstemmende verlofmaatreëls xxxx van toepassing vir departementele aanstellings. Xxxxxx spesifiek na:
• Gesinsverantwoordelikheidsverlof (daar is wesenlike verskille in die bepalings);
• spesiale verlof vir dringende privaatsake;
• bevallingsverlof teen volle betaling. (Beheerliggaam betaal salaris minus WVF-betaling).
Vergoeding Salaris
Die werknemer (opvoeder) moet hom/haar vergewis van die salariskerf. Indien die werkgewer bereid is om ‘n salaris ooreenstemmend met die van die onderwysdepartement te betaal, rus die onus op die werknemer om bewyse te kan verskaf ter vasstelling van die salariskerf. Beheerliggame is in die algemeen bereid om salarisse (ander monetêre vergoeding uitgesluit) ooreenstemmend met die van die onderwysdepartement te betaal.
Vergoeding addisioneel tot die ooreengekome maandelikse salaris
Onderhandel (waar haalbaar) vir individuele voordele byvoorbeeld diensbonus, en toelaes vir pensioen, medies en behuising.
Beëindiging van die Dienskontrak
Die kontrak word outomaties beëindig sodra die ooreengekome tydperk verstryk. Indien die werkgewer nie die vastetermynkontrak hernu nie en die werknemer ‘n ‘redelike’ verwagting gekoester het dat die kontrak hernu xxx word, rus die bewyslas op die werknemer om te bewys dat die verwagting van ‘n verlengde kontrak redelik was. Die werkgewer xxxx die indruk geskep het dat
sodanige verwagting geregverdig is. Hoe meer keer die kontrak hernu is, hoe groter is die gewig wat geheg xxx word aan die ‘redelike’ verwagting.
Dienssertifikaat
(Noodsaaklik vir erkenning van ervaring by toetrede of hertoetrede tot openbare onderwys).
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat ‘n werknemer na diensbeëindiging geregtig is op ‘n dienssertifikaat wat verskeie diensbesonderhede aantoon. Dit toon onder andere die naam van die werknemer, die naam van die werkgewer, die datum van diensaanvaarding en diensbeëindiging, die werknemer se posbenaming en die werknemer se vergoeding op datum van diensbeëindiging aan. Op versoek van die werknemer kan die rede vir diensbeëindiging ook gemeld word.
Erkenning van Ervaring
Werklike onderwysondervinding:
Die ondervinding behels werklike ondervinding wat ’n opvoeder opgedoen het in ’n onderwys pos binne en buite die openbare onderwyssektor.
Toepaslike ondervinding
Die ondervinding xxxxxx xx werkservaring wat volgens die oordeel van die werkgewer die kandidaat direk en toepaslik ontwikkel het vir ’n onderwyspos.
Die omvang van erkenning:
• Werklike onderwys ondervinding – volle erkenning.
• Toepaslike ondervinding – volle erkenning.
DIENSVOORWAARDES EN AANVERWANTE AANGELEENTHEDE VIR ADMINISTRATIEWE PERSONEEL
Vergoeding Salaris
Aanpassings word jaarliks onderhandel in die XXXX xxxx die betrokke rolspelers, nuwe jaarlikse salariskerwe xxx aan lede gekommunikeer word sodra ‘n kollektiewe ooreenkoms bereik is.
Verlofmaatreëls vir administratiewe personeel
Vakansieverlof vir administratiewe personeel by skole en opleidingsentrums, ingesluit werknemers. Werknemers kwalifiseer vir 27 werksdae vakansieverlof gedurende die verlofsiklus van 12 maande wat strek vanaf 1 Januarie van die betrokke jaar.
Werknemers met meer as 10 jaar diens, kwalifiseer vir 30 werksdae in ‘n verlofsiklus. 25 Dae moet gedurende die skoolvakansies geneem word, die ander 5 dae mag in skooltyd geneem word.
Ten minste 22 van die 27 werksdae moet in skoolvakansies geneem word, die ander 5 dae mag in skooltyd geneem word. ‘n Werknemer kan behalwe sy 27 dae verlof ook tyd vry kry gedurende
skoolvakansies, behalwe in buitengewone omstandighede waar dit die dienslewering van die instansie kan beïnvloed.
Vakansieverlof vir alle ander administratiewe personeel en kantoor-gebaseerde opvoeders
Werknemers met minder as 10 jaar diens, kwalifiseer vir 22 werksdae. Werknemers met meer as 10 jaar diens, kwalifiseer vir 30 werksdae in ’n verlofsiklus. Indien ’n werknemer aangestel word gedurende ’n verlofsiklus kwalifiseer sy of hy vir ’n pro rata gedeelte. Daar word van die werknemer verwag om ten minste by een aansoek om verlof 10 werksdae as aaneenlopend te neem gedurende die verlofsiklus. Die verlofsiklus is ‘n 12 maande periode.
Werknemers is geregtig op vakansieverlof met vol salaris vir elke 12 maande periode wat op 1 Januarie elke jaar ‘n aanvang neem. (Hierna verlofsiklus genoem).
Werknemers met minder as 10 jaar diens kwalifiseer vir 22 werksdae in ‘n verlofsiklus. Werknemers met meer as 10 jaar diens kwalifiseer vir 30 werksdae in ‘n verlofsiklus.
Indien ‘n werknemer aangestel word gedurende ‘n verlofsiklus kwalifiseer hy of sy vir ‘n pro rata- gedeelte. Werknemers wat voor 1 Xxxxx 1966 aangestel is, kwalifiseer vir 30 werksdae.
Ten minste 10 werksdae verlof moet gedurende ‘n verlofsiklus geneem word. Xxxxxx moet, indien moontlik, as aaneenlopende dae geneem word, met inagneming van die dienslewering van die departement.
Enige verlof wat geweier word, moet skriftelik aan die werknemer gekommunikeer word met die redes vir die weiering, asook die reëlings vir die herskedulering van die verlof.
Oorblywende verlof, indien enige, moet nie later as 6 maande nadat die nuwe verlofsiklus begin het, geneem word, xxxxxx xxxxxx die verlof.
Menslikheidsverlof
• 5 dae per jaar vir die afsterwe van ‘n direkte familielid/lewensmaat.
• 3 dae per jaar vir siekte van ‘n direkte familielid/lewensmaat.
• Die dae genoem mag altesaam nie 5 dae oorskry in ‘n jaar nie, tensy spesiale omstandighede ontstaan en dit is xxx vir die diskresie van die onderwyshoof.
• Indien die 5 dae opgebruik is, mag die persoon van sy 27 dae vakansieverlof gebruik met die nodige goedkeuring van die onderwyshoof.
Werksure
Alle Staatsdienspersoneel wat ingevolge die Staatsdienswet, 1994 aangestel is, is verplig om ’n volle 40-uur werkweek (etenstye uitgesluit) te handhaaf.
Beëindiging van diens
Alle Staatdienspersoneel wat ingevolge die Staatsdienswet, 1994 aangestel is, moet een kalendermaand xxxxxx xxx van sy/haar voorneme om te bedank. Die werkgewer mag egter goedkeur dat ’n bedanking met korter kennisgewing aanvaar word.
Die werkgewer kan diens van ’n werknemer beëindig:
• As hy/sy aan swak gesondheid onderhewig is;
• Weens onbekwaamheid of wangedrag;
• Aan die einde van die maand waarin hy die voorgeskrewe verpligte aftree-ouderdom van 65 jaar bereik;
• Reorganisasie of herstrukturering van poste.
Pensioenvoordele
Lede van die pensioenfonds kan aansoek doen om af te tree sonder penalisasie volgens Artikel 16(6) van die Staatsdienswet 1994, xxxx gewysig deur Wet 30 van 2007, met ander woorde Artikel 16(6) bemagtig die werkgewer om aansoeke vir vervroegde pensioen (ouderdom 55 tot 60) goed xx xxxx xxxxxx enige penalisasie. Let wel: Goedkeuring van bogemelde is selde suksesvol, aangesien die werkgewer xxx verantwoordelik is vir die penalisasie verskuldig aan die pensioenfonds.
Die volgende diensvoorwaardes is dieselfde as dié vir opvoeders:
• Diensbonus
• Behuisingstoelaag
• Siekteverlof
• Verlof vir tydelike ongeskiktheid
• Xxxxxx op beroepsongelukke of –siektes
• Bevallingsverlof
• Spesiale verlof
• Verlofgratifikasie
• Mediese bystand
• Werkloosheidsversekeringfonds
SALARISSKALE
Sien SAOU webwerf xxx.xxxx.xx.xx – Salarisskale.
• Enige verwysing na “hy” is ook “sy”.
Alle inligting met betrekking tot diensvoorwaarde aangeleenthede wat verskaf is, is slegs ‘n bondige samevatting/opsomming van verskeie omvattende statutêre maatreëls xxxx teen xxx van die ter perse gaan hiervan, en die volle en heel nuutste strekking daarvan kan nie altyd hierin weergegee word nie. Die inligting moet dus slegs as breë riglyne beskou word, aangesien die heersende en oorspronklike statutêre maatreëls in alle gevalle van dispuut bepalend xxx xxxx. Indien ‘n lid onseker is oor enige van die diensvoorwaardes of die toepassing daarvan, is hy/sy welkom om met die naaste SAOU-kantoor xx xxxxxx.
Akronieme en Afkortings | |
ACE Advanced Certificate of Education ABET Adult Basic Education and Training BCEA Basic conditions of Employment Act CAPS Curriculum and Assessment Policy Statement(s) CEM Council of Education Ministers CPI Consumer Price Index CPIX Consumer Price Index excluding bond rate CTPA Cape Teachers’ Professional Association CTU Combined Trade Union COSATU Congress of SA Trade Unions DoBE Department of Basic Education DoHE Department of Higher Education DPSA Department of Public Service and Admi- nistration ECD Early Childhood Development EE Employment Equity EEA Employment of Educators Act EI Education International ELRC Education Labour Relations Council EMS Education Management Service FET Further Education and Training FETC Further Education and Training College FETCA FET Colleges Act FETCEO FET Colleges Employer Organisation GEMS Government Employees Medical Scheme GEPF Government Employees Pension Fund GET General Education and Training HEDCOM Heads of Education Committee HEI Higher Education Institution ILC Independent Labour Caucus IQMS Integrated Quality Management System ISASA Independent Schools Association of SA ITU Independent Teachers’ Union LOLT Language of Learning and Teaching LRA Labour Relations Act LTSM Learning and Teaching Support Materials | MEC Member of Executive Council NAPTOSA National Professional Teachers’ Organi- sation of SA NATU National Teachers’ Union NC(V) National Curriculum (Vocational) NCS National Curriculum Statement NEPA National Education Policy Act NSC National Senior Certificate NTA National Teaching Awards OBE Outcomes-Based Education OSD Occupation Specific Dispensation PAIA Promotion of Access to Information Act PAJA Promotion of Administrative Justice Act XXX Personnel Administration Measures PED Provincial Education Department PELRC Provincial Education Labour Relations Chamber PEU Professional Educators’ Union PFMA Public Finance Administration Act PI Post Level PMDS Performance Management and Development System PSA Public Servants Association PSCBC Public Service Co-ordinating Bargaining Council QLTC Quality Learning and Teaching Campaign REQV Relative ED Qualification Value SACE South African Council for Educators SADTU South African Democratic Teachers’ Union SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie SAQA SA Qualifications Authority SASA SA Schools Act SDA Skills Development Act SDL Skills Development Levy SGB School Governing Body SMT School Management Team TLI Teacher Laptop Initiative WSE Whole School Evaluation |