Belastingvrye Belegging Planbeskrywing
Belastingvrye Belegging Planbeskrywing
Die plan is 'n versekeringspolis xxxx beskryf onder, en gereguleer deur die Langtermynversekeringswet, 1998 en die Versekeringswet, 2017. Die plan is 'n kontrak tussen die planhouer en ons, Sanlam Lewensversekering Beperk (Sanlam Lewens).
Die kontrak bestaan uit die volgende:
• die kwotasie;
• die aansoek om die plan;
• hierdie planbeskrywing, PLE-A08-01, xxxx van tyd tot tyd bygewerk, en beskikbaar op die Sanlam webruimte by xxxx://xxx.xxxxxx.xx.xx;
• die staat, xxxx van tyd tot tyd bygewerk;
• ander dokumente, korrespondensie en inligting, indien enige, wat by implikasie xxxx van die kontrak vorm.
Ons xxx die planbeskrywing en staat bywerk om wysigings te weerspieël
• in administrasieprosedures, byvoorbeeld hoe eenheidspryse bepaal word en waar inligting oor beleggingsfondse gekry kan word;
• in heffings, insluitend die fooie wat deur die batebestuurders gehef word;
• wat deur eksterne faktore vereis word, byvoorbeeld wetgewing, of die interpretasie daarvan.
Hierdie planbeskrywing moet tesame met die staat wat die planhouer ontvang, gelees word. Alle inligting wat op 'n spesifieke plan van toepassing is, word in die staat vir daardie plan uiteengesit. As daar enige teenstrydigheid tussen die inhoud van hierdie planbeskrywing en 'n staat vir 'n plan is, xxx die voorwaardes van die staat geld.
Verduidelikings
Werksdag
Dit is enige dag van die week van Maandag tot Vrydag, openbare vakansiedae uitgesluit.
Betalings
Eenmalige betalings
Eenmalige betalings mag gemaak word, op voorwaarde dat dit nie minder is as ons minimum wat toegelaat word nie. As die transaksiedatum vir 'n betaling, xxxx in die staat aangedui, meer as een dag later as die betaaldatum is, xxx ons die betaling aanpas om voorsiening xx xxxx vir die vertraging vanaf die dag na die betaaldatum tot die transaksiedatum.
Herhalende betalings
Herhalende betalings kan gemaak word. 'n Herhalende betaling, indien van toepassing, is op dieselfde xxx xxx xxxx maand of jaar verskuldig, xxxx in die staat aangedui.
As herhalende betalings per debietorder gemaak word, en die dag wat versoek is waarop ons die betaling moet vorder, nie op 'n werksdag xxx xxx, of 'n maand nie die spesifieke dag het nie, sal ons dit op die volgende werksdag vorder.
Die transaksiedatum vir 'n herhalende betaling is die laaste van die datum waarop die betaling verskuldig is en die werklike betaaldatum. As dit nie 'n werksdag is nie, sal die transaksiedatum die eerste werksdag daarna wees. Ons xxx xxx 'n herhalende betaling wat voor die transaksiedatum gemaak word aanpas om voorsiening xx xxxx vir vroeë betaling nie.
As 'n betaling nie ten xxxxx xxxxx 'n respyttydperk van 30 dae gemaak word nie, mag ons die herhalende betaling as gestaak ag.
Betalingsgroei
As die plan betalingsgroei het, xxx die herhalende betaling volgens die voorwaardes van die tipe betalingsgroei, xxxx gekies, verhoog word.
Ons bied die volgende tipe(s) betalingsgroei:
• Vaste groei
Die herhalende betaling xxx xxxx jaar met die gekose vaste persentasie verhoog word.
• Sanlam-inflasie
Die herhalende betaling xxx xxxx jaar met die inflasiekoers, xxxx xxxx ons bepaal, verhoog word. Met die vasstelling van die xxxxx xxx ons die verandering in die verbruikersprysindeks, of enige ander algemeen aanvaarde metode om inflasie te meet wat in daardie stadium van toepassing mag wees, in ag neem. Die Sanlam-inflasiekoers mag as gevolg van verskille in berekeningsmetodes van amptelike koerse verskil. 'n Minimum en maksimum verhoging, wat van tyd tot tyd mag verander, is van toepassing.
Die tipe betalingsgroei wat op 'n plan van toepassing is, word in die staat aangedui.
Maksimum betaling deur wetgewing toegelaat
Volgens wetgewing word 'n maksimum betaling per persoon per belastingjaar toegelaat. Hierdie maksimum mag van tyd tot tyd verhoog word. Ons mag die betalingsgroei aanpas sodat die maksimum betaling wat per persoon per belastingjaar toegelaat word vir die plan nie oorskry word nie.
As geld vanaf 'n soortgelyke belastingvrye produk na hierdie produk oorgedra word, xxx die maksimum betaling wat per persoon per belastingjaar toegelaat word nie geld vir die bedrag wat oorgedra word nie.
Belegging
Ons belê 'n betaling minus heffings, indien van toepassing, in die beleggingsfondse wat in die staat aangedui word.
Inligting oor al die beleggingsfondse wat ons bied, is op die Sanlam webruimte by xxxx://xxx.xxxxxx.xx.xx beskikbaar.
Leeftyd beleggingsopsie
Ons xxxx die belegging toe aan die beleggingsfondse wat in die staat aangedui word. Ons xxx die toedeling van die belegging op 'n deurlopende basis bestuur. Die xxxxxxx van die leeftyd beleggingsopsie word in die staat beskryf.
Hoe en wanneer word die bedrag wat aan 'n spesifieke beleggingsfonds toegedeel is, belê?
Ons gebruik die bedrag wat aan 'n spesifieke beleggingsfonds toegedeel is om op die transaksiedatum eenhede in daardie beleggingsfonds te koop.
Eenheidsprys
'n Eenheidsprys word daagliks in Suid-Afrikaanse geldeenheid bereken, op grond van die markwaarde van die xxxxx in die beleggingsfonds.
Die volgende word in aanmerking geneem wanneer die eenheidsprys vir 'n spesifieke beleggingsfonds bereken word:
• belasting, xxxx in die toepaslike polishouerfonds gehef. Geen belasting word tans in die polishouerfonds vir hierdie produk gehef nie;
• die fooie wat deur die batebestuurders gehef word.
Die eenheidsprys van 'n beleggingsfonds word nie gewaarborg nie, en mag mettertyd vermeerder of verminder.
Verhandeling xxx xxxxx
Ons mag die xxxxx in die beleggingsfondse vir transaksies xxxx skriplenings gebruik. Enige inkomste of verlies voortspruitend uit hierdie transaksies, xxx vir ons eie rekening wees, en xxx dus nie die planvoordele raak nie.
Fondswaarde
Die fondswaarde van 'n spesifieke beleggingsfonds is die aantal eenhede vermenigvuldig met die eenheidsprys vir daardie beleggingsfonds.
Die fondswaarde van die plan is die totale fondswaarde van al die beleggingsfondse vir daardie plan.
Heffings
Belasting
Belasting word volgens die toepaslike polishouerfonds gehef. Geen belasting word tans in die polishouerfonds vir hierdie produk gehef nie.
Heffings vir die plan
Die huidige heffings word in die staat aangedui en kan een of meer van die volgende wees:
• 'n Aanvanklike bemarkingsheffing, wat van elke betaling afgetrek word, na gelang van die vlak van kommissie wat onderhandel is.
• 'n Betalingsheffing, wat van herhalende betalings afgetrek word, as betalings per aftrekorder gemaak word. Die heffing word as 'n persentasie van die herhalende betaling bereken.
• 'n Jaarlikse bemarkings-en-administrasieheffing, wat as 'n persentasie van die fondswaarde bereken word. Hierdie heffing is onderworpe aan 'n minimum maandelikse randbedrag wat van tyd tot tyd xxxxxxx xxx word om vir inflasie, xxxx xxxx ons bepaal, voorsiening xx xxxx. Die heffing word op 'n maandelikse basis bereken, wat beteken dat die persentasie deur 12 gedeel word om die maandelikse bedrag te bereken. Die heffing word maandeliks van die fondswaarde afgetrek deur eenhede ter waarde van die heffing te verkoop.
Vir solank as wat sosiale spaargroepe van toepassing is op hierdie produk, en die plan xxxx is van sodanige groep, word die bemarkings-en-administrasieheffing op die som van die fondswaardes van die planne wat xxxx is van die spesifieke spaargroep bereken. Ons mag te enige tyd die aantal planne in 'n sosiale spaargroep beperk. Die minimum bemarkings-en-administrasieheffing word nie deur die sosiale spaargroep beïnvloed nie.
Aftrekkings wat deur die batebestuurders gemaak word
'n Batebestuurder hef fooie vir beleggingsnavorsing en vir die uitkies van die onderliggende xxxxx van 'n beleggingsfonds. Hierdie fooie word in aanmerking geneem in die berekening van die daaglikse eenheidsprys van 'n beleggingsfonds. Die gepubliseerde prestasiesyfers van 'n beleggingsfonds is daarom na aftrekking van hierdie fooie. Meer inligting oor hierdie fooie en hulle huidige waardes is in die staat beskikbaar.
Realisering van die planvoordele
Die planvoordele mag gerealiseer word op een van die maniere wat hieronder beskryf word. Om 'n voordeel te realiseer, xxx ons eenhede verkoop op die dag waarop ons die versoek ontvang.
Beëindiging van die plan
'n Plan mag op versoek beëindig word. Die fondswaarde xxx aan die planhouer betaal word wanneer die plan beëindig word.
'n Ad hoc-onttrekking op die plan
Die planhouer mag 'n ad hoc-onttrekking op die plan maak, mits daar voldoen word aan ons voorwaardes wat in daardie stadium van toepassing is. Aangesien hierdie voorwaardes van tyd tot xxx xxx verander, xxx dit gekommunikeer word wanneer die planhouer om 'n ad hoc- onttrekking aansoek doen. Ons xxx die nodige aantal eenhede verkoop om vir die onttrekkingsbedrag te betaal. Die fondswaarde xxx verminder met die waarde van die eenhede wat verkoop is.
Voordeel betaalbaar by dood
Die voordeelbedrag is gelyk aan die fondswaarde op die datum waarop ons kennis ontvang van die dood van die versekerde lewe.
Een of meer begunstigdes mag aangewys word om die voordeelbedrag te ontvang. 'n Begunstigde mag die aanwysing eers aanvaar of afwys na die dood van die versekerde lewe.
Mag die aanwysing van 'n begunstigde verander word?
'n Aanwysing mag enige tyd bygevoeg, gekanselleer of verander word. Dit moet skriftelik en deur die planhouer onderteken wees, en moet die Xxxxxx Xxxxxx hoofkantoor bereik voor die dood van die versekerde lewe.
Betalings
Alle betalings moet in Suid-Afrika in Suid-Afrikaanse geldeenheid gemaak word.
Let asseblief op
• Die plan is onderworpe aan wetgewing en ons vereistes van tyd tot tyd.
• Ons bepaal die waardes, voordele en heffings van hierdie plan, en administreer die plan, volgens die aktuariële basis wat daarvoor goedgekeur is xxxx xxxx die Langtermynversekeringswet, 1998 vereis.
• Die vlak van herhalende betalings mag verander word, onderworpe aan ons vereistes in daardie stadium.
• Ons waarborg nie die prestasie van die beleggingsfondse nie. Die waarde van die eenhede mag vermeerder of verminder, en prestasie van die verlede is geen waarborg vir toekomstige prestasie nie. Byvoorbeeld, die waarde van die xxxxx in buitelandse geldeenhede mag wesenlik vermeerder of verminder as gevolg van veranderings in wisselkoerse.
• Ons xxx slegs 'n eis vir betaling van 'n voordeel oorweeg nadat ons die inligting ontvang het wat ons vir hierdie doel mag vereis.