REGLEMENT XX
REGLEMENT XX
REGLEMENT VIR STANDPLAAS- EN DIENSLERAARSPOSTE
1. AARD
1.1 ʼn Standplaasleraar is ʼn persoon:
1.1.1 wat die vereiste kerklike opleiding deurloop het, gelegitimeer, georden en bevestig is om diens xx xxxxx binne die missionale konteks waarvoor hy opgelei en beroep is.
1.1.2 wat ʼn spesifieke missionale bediening in 'n missionale konteks verrig xxxx byvoorbeeld Xxxx-San, Dowes en Portugeessprekendes.
1.2 ’n Diensleraar is ʼn persoon:
1.2.1 wat die vereiste kerklike opleiding deurloop het, gelegitimeer, georden en bevestig is om diens xx xxxxx met 'n spesifieke opdrag ooreenkomstig die terrein van opleiding.
1.2.2 wat dienste in byvoorbeeld een van die volgende spesialisasievelde verrig: pastoraat, jeug- en familiebediening, diakonaat, geloofsbegeleiding, evangelisasie, kerkplanting, aanbidding, bejaardebediening, berading en sending.
2. SKEP VAN POS
2.1 Indien die gemeente ’n standplaas- of diensleraarspos wil skep, doen die kerkraad ’n gemotiveerde voorlegging aan die ring of sy gevolmagtigde.
2.2 ʼn Gemeente kan slegs ʼn diensleraarspos skep as daar reeds ʼn predikantspos in die gemeente gevul is.
2.3 Die ring of sy gevolmagtigde keur, met inagneming van die gemeente se bedieningsbehoeftes en finansiële omstandighede, die standplaas- of diensleraarspos goed.
2.4 Die ring of sy gevolmagtigde adviseer die kerkraad met die opstel van die diensooreenkoms.
2.4.1 Uitvoering word gegee aan die tersaaklike voorskrifte van Artikel 8 van die Kerkorde, die Reglement vir Beroep, Bevestiging, Xxxxxxxx en Emeritaat van Predikante, ander toepaslike bepalinge in reglemente en verbandhoudende besluite.
2.5 ’n Standplaas- of diensleraarspos kan nie geskep word om die bevoegdheid van predikant te verkry of te behou of om sitting in kerklike vergaderinge te verkry nie.
2.6 ’n Standplaas- of diensleraarspos het duidelik omskrewe bedieningsverpligtinge wat met die opleiding van standplaas- of diensleraars in direkte verband staan.
2.7 Nadat die ring of sy gevolmagtigde die pos en die voorgestelde diensooreenkoms goedgekeur het, kan die kerkraad oorgaan tot beroeping.
2.8 Standplaas- of diensleraarsposte kan of voltyds of deeltyds gevul word.
3. PENSIOEN VOORDELE
3.1 ’n Standplaas- of diensleraarspos (xxxxxx as ses maande) is:
3.1.1 pensioendraend, onderworpe aan die volgende voorwaardes:
3.1.1.1 ’n persoon in ’n standplaas- of diensleraarspos se pensioenbydraevlak word bereken volgens die ooreengekome bydraekategorie;
3.1.1.2 die werkgewer bepaal die werkgewerbydrae tot die pensioenfonds aan die hand van die reëls van die pensioenfonds;
3.1.1.3 die werkgewer se bydrae bepaal die ooreenstemmende bydraekategorie van die werknemer;
3.1.2 nie pensioendraend nie, onderworpe aan die volgende voorwaarde:
3.1.2.1 wanneer die persoon in ’n standplaas- of diensleraarspos beroep word en reeds by ’n ander wetlik-goedgekeurde pensioenfonds ingeskakel is (dit sluit vrywillige annuïteitsfondse uit)
4. BEROEPING EN BEVESTIGING
By die beroeping en bevestiging word uitvoering gegee aan die voorskrifte van Artikel 8 van die Kerkorde en die Reglement vir die Beroep, Bevestiging, Xxxxxxxx en Emeritaat vir Predikante.
5. AFVAARDIGING NA MEERDERE VERGADERINGE
’n Persoon in ’n standplaas- of diensleraarspos word na meerdere vergaderinge afgevaardig.
6. DIENSOOREENKOMS MET DIE ANDER WERKGEWER(S)
6.1 ‘n Standplaas- of diensleraar wat in deeltydse pos aangestel word kan ook in diens van ander werkgewers wees.
6.2 By die aangaan van ’n diensooreenkoms met ’n standplaas- of diensleraar, bepaal die kerkraad die voorwaarde(s) vir diens aan die ander werkgewer(s).
6.3 Die aangaan van alle toekomstige diensooreenkomste met ander werkgewers, moet vooraf deur die kerkraad goedgekeur word.
7. DIENSBEËINDIGING
7.1 ’n Persoon in ’n standplaas- of diensleraarspos tree by aanvaarding van ’n beroep of by bereiking van die normale aftree-ouderdom vir predikante uit diens van die gemeente.
7.2 Diensbeëindiging anders as beroeping of emeritaat geskied aan die hand van die diensooreenkoms en ooreenkomstig die toepaslike kerkordelike reglemente van Reglement 17 Reglement vir die bestuur van diensverhoudinge by ongeskiktheid en onvermoë en Reglement 18 Reglement vir Tug en Dissipline.
7.3 By diensbeëindiging/aanvaarding van emeritaat, stel die kerkvergadering die Algemene Taakspan Predikantesake daarvan in kennis.