Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen
Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen
September 2009
Xxxx 1
Selfstudie Aktekursus
Vraag1 - Modelantwoord [10]
1.1 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Xxxxxxxx E
Aansoek kragtens Artikel 45bis(1A)
van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937
Ons, die ondergetekendes,
1 Xxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 601203 5544 08 7 ongetroud
2 Xxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 680209 0004 08 8 ongetroud
doen hierby aansoek kragtens artikel 45bis(1A) van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 by die Registrateur van Aktes te Pietermaritzburg, vir die endossering van Akte van Transport T1234/1988 met betrekking tot
Erf 23 Xxxx Xxxxxx
Registrasie Afdeling E.T., Provinsie van KwaZulu Natal Groot 950 (nege honderd en vyftig) vierkante meter
Nademaal elkeen van ons op ½ (een halwe) aandeel in die bogemelde eiendom geregtig is kragtens ‘n egskeidingsbevel uitgereik deur die Hoë Hof van Suid-Afrika (KwaZulu-Natal Hoë Hof, Pietermaritzburg) op 1 September 2009;
-2-
Nou derhalwe is ons,
1 Xxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 601203 5544 08 7 ongetroud
2 Xxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 680209 0004 08 8 ongetroud
elkeen geregtig op ½ (een halwe) aandeel in die voormelde eiendom asof ons formeel transport daarvan ontvang het en mag ons vrylik daarmee handel.
Geteken te Pietermaritzburg op 16 September 2009
Xxxx xxxxx Xxxx Xxxxx
[8]
1.2 Geen hereregte is betaalbaar nie, aangesien die betaling daarvan vrygestel is in terme van die Wet op Hereregte. [2]
Vraag 2 - Modelantwoord [5]
2.3 1 volmag om oordrag xx xxx
2 huidige titelakte T4276/1988
3 hereregtekwitansie
4 uitklaringsertifikaat
5 toestemmings, kragtens artikel 15(2) van die Wet op Huweliksgoedere xxxx Xxxxx Xxxxx en Xxxxxxxxx Xxxxx
6 Huidige verbandakte
7 Aansoek en toestemming deur die nuwe vennootskap en verbandhouer onderskeidelik tot substitusie kragtens artikel 57 [5]
2.4 Al die vennote, in hul individuele hoedanighede sou skriftelik xxxx aansoek doen by die Registrateur van Aktes dat ‘n endossement kragtens artikel 24bis(2) op die titelakte aangebring word. Bewys van ontbinding van die vennootskap sou die aansoek en die huidige titelakte xxxx vergesel, sowel as ‘n beëdigde verklaring deur die vennote dat die aandeelhouding van die vennote tussen die datum van registrasie van die eiendom in die naam van die vennootskap en ontbinding van die vennootskap nie verander het nie. ‘n Hereregtevrystellingsertifikaat sou in hierdie geval ingedien xxxx word, sowel as ‘n uitklaringsertifikaat. Die individuele vennote xxx xxx geregtig wees om met hul onderskeie aandele xx xxxxxx asof hulle formeel transport daarvan ontvang het. Indien daar ‘n verband oor die eiendom geregistreer is, kon die verband óf gekanselleer word óf die individuele vennote kon skiftelik aansoek doen om gesamentlik en afsonderlik as skuldenaars onder die verband gesubstitueer te word en afstand doen van die regseksepsie de duobus vel pluribus xxxx debendi en die verbandhouer sou in laasgenoemde geval xxx ook xxxx toestem tot sodanige substitusie. [5]
Vraag 2 - Modelantwoord [30]
1.1 Opgestel deur my
Vorm E
TRANSPORTBESORGER
Xxxxxxxx E
Akte van Transport
Hierby word bekendgemaak dat Xxxxxx Xxxxxxxx
voor my, die Registrateur van Aktes verskyn het te Kaapstad, sy die genoemde komparant synde behoorlik daartoe gemagtig deur ‘n volmag aan haar xxxxxxx xxxx
Vuzi Mekwe
Identiteitsnommer 751219 5579 08 2
getroud binne gemeenskap van goed met Xxxxx Xxxxx 1
en
Xxxxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 700912 5579 08 7
getroud binne gemeenskap van goed met Xxxxxxxxx Xxxxx en
Maphuti Mahlangu (voorheen Lamola) Identiteitsnommer 721201 0079 08 8 ongetroud
wie gesamentlik in vennootskap handel dryf as Mekwe en Assosiate gedateer die 1ste dag van September 2009 en geteken te Kaapstad
1 Toestemmings kragtens artikel 15(2) van die Wet op Huweliksgoedere deur beide Xxxxx Xxxxx en Xxxxxxxxx Xxxxx moet saam met die transport ingedien word.
-2-
En genoemde komparant het verklaar dat die gemelde Vuzi Mekwe, kragtens ‘n ooreenkoms gedateer 5 Januarie 2009 uit die vennootskap uittree en dat kragtens gemelde ooreenkoms sy aandeel in die ondergemelde eiendom deur die oorblywende vennote oorgeneem xxx word
Nou derhalwe sedeer en transporteer gemelde komparant, in haar voormelde hoedanigheid aan en ten gunste van
Xxxxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 700912 5579 08 7
getroud binne gemeenskap van goed met Xxxxxxxxx Xxxxx en
Maphuti Mahlangu Identiteitsnommer 721201 0079 08 8 ongetroud
wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as Xxxxx en Mahlangu Versierders
hulle erfgename, eksekuteurs of regsverkrygendes in volkome en vrye eiendom Gedeelte 1 van Erf 114 Solwezi
in die Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie Xxx-Kaap Groot 2 500 (twee duisend vyf honderd) vierkante meter
Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport T4276/1988 met kaart L.G. Nr. A351/1988 wat daarop betrekking het. 2 [15]
2.2 Die ou vennootskap kan vervang word met die nuwe vennootskap as verbandgewers onder die verband in terme van artikel 57 van die Registrasie van Akteswet. Gemelde artikel bepaal dat indien die eienaar (ou vennootskap) van grond wat met ‘n verband beswaar is, sodanige grond in geheel aan iemand anders (nuwe venootskap) transporteer en vir homself geen saaklike reg oor die grond uitgehou het nie, die registrateur die transportgewer deur die transportnemer (nuwe vennootskap) as skuldenaar onder die verband kan vervang. Skriftelike toestemming deur die verbandhouer en die transportnemer (nuwe vennootskap) in voorgeskrewe vorm W tot die vervanging van die ou vennootskap met die nuwe vennootskap as die skuldenaar onder die verband moet tesame met die reeds geregistreerde verband ingedien word. [5]
Sien bladsy 2 vir die antwoord op vraag 2.3 en 2.4
2 Aangesien die huidige titelakte die een is waarkragtens die eiendom vir die heel eerste keer as ‘n entiteit op sy eie gehou is - (die kaart is aan hierdie akte aangeheg) is vorm TT in hierdie huidige akte gevolg.
Vorm UU aangepas moet derhalwe vir die daaropvolgende transport gebruik word.
Vraag 3 - Modelantwoord 3 [6]
a) Hierdie ooreenkoms is onderhewig aan die opskortende voorwaarde dat die koper suksesvol is om ‘n ander eiendom xxx xxx, naamlik Erf 1003 Heatherton Dorpsgebied te verkoop, binne 90 dae na ondertekening van hierdie ooreenkoms vir ‘n koopprys van nie minder nie as R975 000,00 (nege honderd vyf en sewentig duisend rand). Die xxxxx xxx geregtig wees om in sy uitsluitlike en absolute diskresie ‘n laer koopprys vir sodanige eiendom te aanvaar in xxxxx geval hierdie voorwaarde geag xxx word as vervul xx xxxx.
b) Die verkoop van die koper se eiendom xxx xxx op sy beurt onderhewig wees aan die verkoop van enige verdere eiendomme of enige ander opskortende voorwaardes, anders as daardie wat verband hou met verbandfinansiering van die koper xx xxxxx nie. Hierdie opskortende voorwaarde met betrekking tot verbandfinansiering in die koopooreenkoms van die eiendom genoem in paragraaf (a) hierbo, moet nie later nie as 28 dae na ondertekening daarvan vervul word.
c) Die xxxxx xxx, binne 5 (vyf) dae na die verkoop van die eiendom xx xxxxxx in paragraaf (a) hierbo, ‘n afskrif van sodanige ooreenkoms aan die verkoper verskaf.
d) Oordrag van die koper se eiendom genoem in paragraaf (a) en die eiendom verkoop kragtens hierdie ooreenkoms xxx gelyktydig geregistreer word en die opbrengs van die eiendom genoem in paragraaf (a) xxx aangewend word ter betaling van die koopprys van die eiendom verkoop in terme van hierdie ooreenkoms.
3 Sien September 2008 (Xxxx 1), vraag 2.
Vraag 4 - Modelantwoord [8]
Opgestel deur my
Ek, die ondergetekende,
Spesiale Volmag 4
TRANSPORTBESORGER
Le Xxxx XX
Xxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 550619 5789 08 2 ongetroud
in my hoedanigheid as eksekuteur in die boedel xxx xxxx Xxxxx Xxxxx, boedelnommer 7891/2009, behoorlik daartoe gemagtig kragtens eksekuteursbrief uitgereik deur die Meester van die Suid Gauteng Hoë Hof,
Johannesburg op 15 Junie 2009
en in my hoedanigheid as langslewende xxxx van die oorledene met wie xx xxxxx gemeenskap van goed getroud was
nomineer en stel hiermee aan Xxx Xxxxx
om die verkoping van die ondergemelde eiendom te behartig en om die koopkontrak sowel as alle ander dokumente te onderteken wat ookal nodig mag wees om transport te laat plaasvind van -
Erf 100 Acacia Dorpsgebied
Registrasie Afdeling I.Q., Provinsie van Gauteng
Groot 1 200 (een duisend twee honderd) vierkante meter Gehou kragtens Akte van Transport T49194/1983
aan die koper daarvan, onderhewig aan die volgende voorwaarde -
Die binnegemelde eiendom xxx xxx verkoop word vir ‘n koopprys xxx xxxxxx as R1 150 000,00 (een miljoen een honderd en vyftig duisend rand) nie, xxxxx koopprys eiendomsagentekommissie mag insluit.
En om die opbrengs van die koopprys namens gemelde prinsipaal in ontvangs te neem en xx xxx.
Geteken te Johannesburg op 16 September 2009 As getuies
1
2 Xxxx Xxxxx in my voormelde hoedanighede
4 Sien Voorbeeld 5 C-1 in Xxxx 4 van die Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs.
Vraag 5 - Modelantwoord [7]
Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le Xxxx XX
Aansoek kragtens artikel 37
van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937
Ek, die ondergetekende Xxxxxx Xxxx
Identiteitsnommer 490508 5236 08 4 ongetroud
doen hierby aansoek by die Registrateur van Aktes te Pretoria om, kragtens artikel 37 van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937, aan my, ingevolge die bepalings van artikel 35 van dieselfde wet, ‘n sertifikaat van geregistreerde titel uit xx xxxx, met betrekking tot my gesamenlike aandeel in die ondergemelde eiendom, naamlik
5/8 (vyf agtste) aandeel in en tot Erf 123 Pretoria Dorpsgebied
Registrasie Afdeling J.R., Provinsie van Gauteng Groot 1000 (eenduisend) vierkante meter
Gehou deur die volgende titelaktes in die volgende aandele, naamlik 1/4 (een kwart) aandeel kragtens Akte van Transport T1234/2000; 1/4 (een kwart) aandeel kragtens Akte van Transport T567/2005; en 1/8 (een agste) aandeel kragtens Akte van Transport T789/2008.
Geteken te Pretoria op 16 September 2009
Xxxxxx Xxxx
Vraag 6 - Modelantwoord [15]
6.1 Die Plaas Mooigedacht 108
Registrasie Afdeling J.R., Provinsie van Gauteng
Groot 365,1234 (drie ses vyf komma een twee drie vier) hektaar Gehou kragtens Akte van Transport T951753/2003
Onderhewig aan die voorwaardes van titel en spesiaal onderhewig aan die serwituut van lewenslange vruggebruik ten gunste van Xxxxx Xxxxx, identiteitsnommer 451215 0003 08 7, ongetroud, voorkeur ten opsigte waarvan daar afstand gedoen word, xxxx hieronder uiteengesit 5 [6]
6.2 Afstanddoening
i GENOEMDE Xxxxxx Xxxxxxxx verskyn ook, synde behoorlik daartoe gemagtig deur 'n volmag, geteken te Pretoria op die 16 September 2009, en aan xxxx xxxxxxx xxxx
Xxxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 451215 0003 08 7 ongetroud
ii EN die komparant het verklaar dat die gemelde Xxxxx Xxxxx afstand doen xxx xxxx voorkeurreg wat sy kragtens die vruggebruik oor die bogemelde eiendom hou, kragtens notariële akte nr K472/1987S, met die bedoeling dat sy nie in 'n posisie xxx xxxx om as gevolg van sodanige vruggebruik met die verbandhouer, sy opvolgers in titel of regverkrygendes, mee te ding nie, maar dat in die geval waar die bogemelde eiendom in eksekusie of insolvensie verkoop word ter uitvoering van 'n vonnis vir die verhaal van enige som geld onder hierdie verband, sodanige verkoop en 'n gevolglike transport van die eiendomme aan die koper daarvan mag geskied vry van sodanige vruggebruik, en xxx die verbandhouer geregtig wees om die totale opbrengs van sodanige verkoping aan xx xxxx vir betaling van alle gelde wat nog in terme van hierdie verband verskuldig is plus koste en rente verskuldig.
. [9]
5 Regulasie 41(1), bepaal dat waar xxxxxx word xx xxxxx xxxxx xxxxx spesiale voorwaardes waarby die regte van die eienaar beperk word, met verband te beswaar, kan die Registrateur verlang dat genoemde voorwaardes in die verband uiteengesit word of dat ‘n geskikte verwysing daarna gemaak word.
Vraag 7 - Modelantwoord [10]
7.1 En die komparant het verklaar dat -
Nademaal in die xxxx waarin ABSA Bank Beperk die xxxxx was en Xxxxx Xxxxxxx, identiteitsnommer 660123 503508 2 die verweerder was, in die Hoë Hof van Suid-Afrika (Noord Kaap Hoë Xxx, Xxxxxxxxx), saaknommer 1234/2009, daar op die hiernagemelde eiendom wat in die naam van die gemelde Xxxxx Xxxxxxx geregistreer is, kragtens ‘n eksekusielasbrief uitgereik deur die Griffier van Hoë Hof van Suid-Afrika (Noord Kaap Hoë Xxx, Xxxxxxxxx) op 2 Xxxxxxxx 2009 beslag gelê is deur die balju en per openbare veiling aan die ondervermelde transportnemer, Xxxx Xxxxxxxx verkoop is op 16 September 2009. [5]
7.2 En die komparant het verklaar dat -
Nademaal Xxxxxx Xxxxxx, wie op 15 Junie 2009 gesterf het, die geregistreerde eienaar van die ondergemelde eiendom is, onderhewig aan ‘n fideicommissum ten xxxxxx xxx Xxxxx xxx xxx Xxxxx;
En nademaal die gemelde Xxxxx xxx xxx Xxxxx op die ondergemelde eiendom geregtig is as synde die enigste oorlewende fideikommisêre erfgenaam, kragtens die bepalings van die testament van wyle Xxxxxxx Xxxxxx gedateer 15 Desember 2000. [3]
7.3 En die komparant het verklaar dat -
sy prinsipale op 16 September 2009 waarlik en wettiglik die ondergemelde eiendom geskenk het aan die ondergemelde trasportnemer, onderhewig aan ‘n lewenslange reg van vruggebruik ten gunste van die gemelde transportgewers, xxxx meer volledig hieronder uiteengesit; [2]
Vraag 8 - Modelantwoord [10]
8.1 die gemeenskaplike boedel xxx xxxx Xxxx Xxxxx boedelnommer 1234/2009
en sy langslewende xxxx Xxxxxxxx Xxxxx identiteitsnommer 490123 0045 08 7 weduwee
hulle erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [3]
8.2.1 Xxxx Xxxx
Identiteitsnommer 801212 5748 08 2 en Xxxx Xxxx
Identiteitsnommer 820308 0052 08 8
getroud binne gemeenskap van goed met mekaar
hulle erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [3]
8.2.2 Xxxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 650218 5412 08 8 en Xxx Xxxxx
Identiteitsnommer 000000 0000 00 0
getroud binne gemeenskap van goed met mekaar
hulle erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [1]
8.2.3 Xxxxxxx Xxxxxxx
Identiteitsnommer 660209 0065 08 2
getroud binne gemeenskap van goed met Xxxxxx Xxxxxxx, met die uitsluiting van die gemeenskap van goed met betrekking tot die ondergemelde eiendom ingevolge die bepalings van die testament xxx xxxx Xxxxx Xxxxx gedateer 6 October 2000
haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [3]
Vraag 9 - Modelantwoord [10]
9.1 sedeer en maak hiermee oor al my reg titel en belang in die bogemelde verband aan en ten gunste van -
ABC Bank Beperk Registrasienommer 1960/001234/06
as sekuriteit vir die terugbetaling van enige bedrae verskuldig onder die oortrokke fasiliteit toegestaan deur ABC Bank Beperk.
Ek verklaar dat die volle bedrag onder die verband nog uitstaande is. [3]
9.2
Die antwoord op hierdie vraag verskyn op die volgende bladsy
9.3 stem hiermee toe tot die registrasie van ‘n serwituut ten gunste van ESKOM om elektrisiteit te gelei oor
Erf 3 Montana Dorpsgebied, Registrasie Afdeling J.R. Provinsie van Gauteng Groot 900 (negehonderd) vierkante meter
Gehou kragtens Akte vanTransport T1348/2000, xxxx meer volledig uiteengesit in die aangehegte notariële akte van serwituut, geparafeer vir identifikasiedoeleindes, vry van die verband. [3]
Vraag 10 - Modelantwoord [4]
Kragtens artikel 14 van die Wet op die Beheer van Aandeleblokke 59 van 1980, mag ‘n aandeleblokmaatskappy nie sy leningsverpligting verhoog of enige van xx xxxxx met ‘n verband beswaar, tensy die verhoging of beswaring goedgekeur is deur ‘n besluit van minstens 75%, in getal van die lede van die aandeleblokmaatskappy nie, die aandeleblokontwikkelaar uitgesluit, wat die reg het om by die betrokke vergadering te stem en wat gesamentlik minstens 75% van die totale getal stemme van al daardie lede hou (uitgesonder die stemme wat deur die aandeleblokontwikkelaar gehou word).
9.2 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le Xxxx XX
Toestemming tot die notering van ‘n gedeeltelike afbetaling
Ek, die ondergetekende
Xxxxxx Xxxxxx in my hoedanigheid as tekenbeampte en behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n besluit van die raad van direkteure van
ABC Bank Beperk Registrasienommer 1960/001234/06
die wettige houer van die ondergemelde verband, naamlik - nommer B123456/2006
gepasseer deur Xxxxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 680212 5498 08 4 ongetroud
ten gunste van ABC Bank Beperk Registrasienommer 1960/001234/06
vir die bedrag van R900 000,00 (negehonderd duisend rand ) en ‘n
addisionele bedrag van R180 000,00 (eenhonderd en tagtig duisend rand)
stem hiermee toe tot die registrasie van ‘n gedeeltelike afbetaling van R145 000,00 (eenhonderd vyf en veertig duisend rand) teen bogenoemde verband.
Geteken te Pretoria op 16 September 2009 As getuies
1
2 A Xxxxxx nms ABC Bank Bpk
Vraag 11 - Modelantwoord [15]
11.1 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Xxxxxxxx E
Volmag om oordrag xx xxx 6
Ons, die ondergetekendes
1 Xxxxxxx Xxxxxxx
in my hoedanigheid as eksekuteur in die boedel van wyle Xxxxx Xxxxx Boedelnommer 1234/2009 behoorlik aangestel kragtens eksekuteursbrief uitgereik deur die Meester van die Noord Gauteng Hoë Hof, Pretoria op 20 Xxxxx 2009
en
2 Xxxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 650217 0094 08 2
ongetroud, in my persoonlike hoedanigheid as langslewende xxxx van die oorledene met wie xx xxxxx gemeenskap van goed getroud was
nomineer en stel hiermee aan Xxxxxxx Xxxxxxx xx Xxxx en/of Xxxxxx Xxxxxxxx
met mag van substitusie om my ware en wettige agent en prokureur xx xxxx en om namens my voor die Registrateur van Aktes te verskyn en daar en xxx te verklaar dat -
Xxxxxxxx, kragtens die gesamentlike testament gedateer 7 Xxxxx 2007 xxx xxxx Xxxxx Xxxxx, wie op 4 April 2009 oorlede is en sy nagelate eggenote Xxxxx Xxxxx, met wie xx xxxxx gemeenskap van goed getroud was, die hiernagemelde eiendom spesiaal aan hul seun Xxxx Xxxxx bemaak is, onderhewig aan die betaling van ‘n bemakingsprys van R880 000,00 aan die langslewende testateur, Xxxxx Xxxxx;
En nademaal die langslewende testateur die bepalings van die testament aanvaar het en die hiernagemelde transportnemer die hiernagemelde eiendom aanvaar het onderhewig aan die betaling van die bemakingsprys;
Nou derhalwe magtig ons hiermee die komparant om te transporteer aan en ten gunste van
Xxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 721220 0073 08 8 ongetroud
die volgende eenheid, naamlik -
6 Hierdie selfde vraag is gevra in Mei 1995 (Xxxx 1), vraag 3.
-2-
‘n eenheid bestaande uit -
(a) Xxxx xx. 3 xxxx aangetoon en vollediger beskryf op deelplan SS193/2007 in die skema bekend as Xxxxxxx Xxxxxx, ten opsigte van die grond en gebou of gebou geleë te Rosebank Dorpsgebied, Plaaslike Bestuur: Munisipaliteit van Johannesburg, xxx xxxxx xxxx die vloeroppervlakte volgens voormelde deelplan 100 (eenhonderd) vierkante meter groot is; en
b) ‘n onderverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom in die skema aan genoemde xxxx toegedeel ooreenkomstig die deelnemingskwota xxxx op die genoemde deelplan aangeteken
Gehou kragtens Akte van Transport ST3791/2008 Geteken te Pretoria op 9 September 2009
As getuies
1.
2.
11.2
Xxxxxxx Xxxxxxx Xxxxx Xxxxx
[9]
Die antwoord op vraag 11.2 verskyn op die volgende bladsy
11.3 Geen hereregte is betaalbaar met betrekking tot die een halwe aandeel verkry vanaf die oorledene nie. Hereregte is egter wel deur Xxxx Xxxxx betaalbaar met betrekking tot die een halwe aandeel in die eenheid wat hy vanaf xx xxxxxx verkry het. [1]
11.2 Transportbesorgersertifikaat itv artikel 15B(3)(a)
Van die Wet op Deeltitels 95 van 1986
Ek, die ondergetekende Xxxxxx Xxxxxxxx
‘n praktiserende prokureur, sertifiseer hiermee dat met betrekking tot die ondergemelde eiendom, naamlik -
‘n eenheid bestaande uit -
a) Xxxx xx. 3 xxxx aangetoon en vollediger beskryf op deelplan SS193/2007 in die skema bekend as Xxxxxxx Xxxxxx, ten opsigte van die grond en gebou of gebou geleë te Rosebank Dorpsgebied, Plaaslike Bestuur: Munisipaliteit van Johannesburg, xxx xxxxx xxxx die vloeroppervlakte volgens voormelde deelplan 100 (eenhonderd) vierkante meter groot is; en
b) ‘n onderverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom in die skema aan genoemde xxxx toegedeel ooreenkomstig die deelnemingskwota xxxx op die genoemde deelplan aangeteken
Gehou kragtens Akte van Transport ST3791/2008
1 Die regspersoon gesertifiseer het dat op datum van registrasie alle gelde wat deur die transportgewer aan die regpersoon verskudig is met betrekking tot die eenheid betaal is of dat voorsiening tot bevrediging van die regspersoon gemaak is vir die betaling daarvan
2 Geen saaklike reg van uitbreiding, xxxx bedoel in artikel 25, is ten gunste van die ontwikkelaar of die regspersoon geregistreer nie.
Geteken te Pretoria op 10 September 2009.
Transportbesorger
E Xxxxxxxx
Vraag 12 - Modelantwoord [15]
12.1 Erf 100 Nelspruit Uitbreiding 60 Dorpsgebied Registrasie Afdeling X.X., Provinsie van Mpumalanga Groot 900 (negehonderd) vierkante meter
Xxxx aangedui op algemene plan L.G., Nr 10/2006 en gehou kragtens Akte van Transport T200/1997 [7]
12.2 Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport T8000/2006 met algemene plan L.G. nr 10/2006 wat daarop betrekking het[4]
12.3.1 ‘n Onderverdelingskaart moet deur die Landmeter-Generaal goedgekeur word;
Daar moet aan al die vereistes van die plaaslike bestuur voldoen word; en
‘n Skriftelike aansoek deur die geregistreerde eienaar van die eiendom vir die uitreiking van ‘n sertifikaat van geregistreerde titel kragtens die bepalings van artikel 43 van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 moet ingedien word vir Gedeelte 1 van Erf 100 Nelspruit Uitbreiding 60 Dorpsgebied. [2]
12.3.2 Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T8000/2006 met kaart L.G. nr 123/2007 7 wat daarop betrekking het en gehou kragtens Akte van Transport T200/2007. [2]
Vraag 13 - Modelantwoord [15]
En die komparant het verklaar dat -
Xxxxxxxx, kragtens die gesamentlike testament gedateer 16 Februarie 2000 xxx xxxx Xxxxx Xxxxx, wie op 20 April 2009 oorlede is en Xxxx Xxxxx, xxx xxxxx gemeenskap van goed met mekaar getroud was, die testateurs hulle boedels saamgesmelt het en hulle totale boedel bemaak het aan hul enigste dogter, Xxxxxx Xxxxx, onderhewig aan ‘n lewenslange vruggebruik ten gunste van die langslewende xxxx;
En nademaal Xxxx Xxxxx die bepalings van die testament gerepudieër het; Nou derhalwe sedeer en transporteer die komparant aan en ten gunste van -
7 Aangesien Erf 100 op ‘n algemene plan aangedui word, xxx ‘n nuwe kaart vir Erf 100 deur die landmeter opgestel word wanneer dit onderverdeel word, tesame met die kaart vir Gedeelte 1 van Erf 100, xxxxx X.X. nommers chronologies opmekaar xxx xxxx.
Xxxxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 790204 0045 08 1 ongetroud
haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes in volkome en vrye eiendom
½ (een halwe) onverdeelde aandeel in en tot -
Erf 100 Silver Sands
geleë in die Sol Plaatjie Munisipaliteit, Distrik Kimberley, Provinsie Noord- Kaap
Groot 860 (agt ses nul) vierkante meter
Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport T512/2007 met algemene plan L.G., nr. 200/2006 wat daarop betrekking het.
Vraag 14 - Modelantwoord [14]
Sien die volgende bladsy vir die antwoord
Vraag 15 - Model antwoord [10]
Sien die bladsy na die volgende bladsy vir die antwoord
Vraag 16 - Modelantwoord 8 [12]
16.1 Sy langslewende xxxx is geregtig op R125 000,00 (aangesien hierdie bedrag hoër is as ‘n kindsdeel van R83 750,00)
Elkeen van die drie xxxxxxx xxx gelykop in die balans van die geld, met ander woorde elkeen is geregtig op R70 000,00. [4]
16.2 Sy vader is geregtig op 50% van sy boedel, naamlik R150 000,00. Die oorlewendes aan xx xxxxxx xx xxxx is geregtig op die ander helfte. Sy twee xxxxxx is derhalwe geregtig op R50 000,00 elk en die twee kinders van sy oorlede suster is elkeen geregtig op R25 000,00. [4]
16.3 Sy vrou, die kind gebore uit hul huwelik en hul aangenome kind is elkeen geregtig op R160 000,00. [4]
8 Hierdie vraag is ook in September 2008 (Xxxx 2), vraag 8 gevra.
Vraag 14 - Modelantwoord [14]
Opgestel deur my
Xxxx XX TRANSPORTBESORGER
Le Xxxx XX
Aansoek en toestemming in terme van artikel 40(5)(a) 9
van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937
Ek, die ondergetekende, Xxxxxxx Mahlangu
Identiteitsnommer 400605 5054 081 ongetroud
die eienaar wat aansoek gedoen het om die uitreiking van ‘n sertifikaat van verenigde titel ten opsigte van
Erf 8 Hoekpunt
Distrik van Kimberley, Noord-Kaap Provinsie Groot 3000 (drie duisend) vierkante meter
xxxx aangedui op kaart L.G. nr 55/2009 bestaande uit - Erf 6 Hoekpunt
Distrik van Kimberley, Noord-Kaap Provinsie
Groot 2000 (twee duisend) vierkante meter beswaar met verband B171/2000 en ander grond
Doen hierby aansoek dat die gekonsolideerde grond xxxx op gemelde kaart aangedui, in die plek van die voornoemde grond wat met voornoemde verband beswaar is, met die verband beswaar word.
Geteken te Hoekpunt on 16 September 2009 As getuies
1
2
G Mahlangu
9 Sien voobeeld 9F in die Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs (Xxxx 4), praktiese voorbeelde.
-2-
en ek, die ondergetekende Xxxxxx Xxxxxx, die tekenbeampte xxx Xxxxx Bank Beperk
Registrasienommer 1970/005832/06
behoorlik hiertoe gemagtig xxxxxxxx ‘n besluit deur die raad van direkteure van voormelde bank, die voormelde bank synde die wettige houer van die voornoemde verband
stem hiermee toe dat die gekonsolideerde grond xxxx op die genoemde kaart aangedui, in die plek van die voornoemde grond wat met die genoemde verband beswaar is, met die verband beswaar word.
Geteken te Kimberley op 10 September 2009 As getuies
1 |
| |
2 |
|
|
A Powers nms Power Bank Bpk |
Vraag 15 - Modelantwoord [10]
Kansellasieooreenkoms
aangegaan deur en tussen Xxxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 620108 5437 08 4 ongetroud
(Hierna xx xxxxxx as die verkoper) en
Xxxxxxx Xxxxxxx Identiteitsnommer 520419 5438 08 8
ongetroud
(Hierna xx xxxxxx as die koper)
Nademaal die verkoper en die koper ‘n koopooreenkoms aangegaan het op 14 Augustus 2009 vir ‘n bedrag van R1 250 000,00 (een miljoen twee honderd en vyftig duisend rand) met betrekking tot die volgende eiendom, naamlik -
Erf 311 Farrarmere
Registrasie Afdeling I.N., Noord-Xxx Provinsie Groot 950 (nege vyf nul) vierkante meter
Gehou kragtens Akte van Transport T1234/2000
En nademaal die partye ooreengekom het om die bogemelde ooreenkoms te kanselleer ooreenkomstig die bepalings en voorwaardes xxxx hieronder uiteengesit;
Nou derhalwe kom die verkoper en die koper ooreen om die bogemelde koopooreenkoms te kanselleer
Die partye bevestig dat geen vergoeding deur of namen die koper aan die verkoper of aan enige xxxxx xxxxxxx betaal is vir die kansellasie van die koopooreenkoms nie.
Geteken te Vryburg op 16 September 2009 As getuies
1 |
|
Xxxxx Xxxxx |
2 |
|
|
Xxxxxxx Xxxxxxx |
Vraag 17 - Modelantwoord 10 [4]
‘n Endossement kragtens artikel 16 van die Registrasie van Akteswet kan slegs gebruik word indien die Staat al die eiendom gehou kragtens een titelakte bekom. ‘n Sertifikaat van geregistreerde titel kan in terme van artikel 36 van die Registrasie van Akteswet uitgeneem word met betrekking tot die eiendom wat deur die Staat bekom is en xxx xxx registrasie van oordrag plaasvind kragtens artikel 16 (kragtens endossement).
Vraag 18 - Modelantwoord 11 [5]
Kragtens die laaste voorbehoudsbepaling in artikel 65(1) van die Registrasie van Akteswet, mag ‘n negatiewe 12 persoonlike serwituut direk in ‘n transportakte geskep word en hoef nie kragtens ‘n notariële akte geskep te word nie. Dit beteken dat die voorwaarde geskep kan word deur dit in die volmag om oordrag xx xxx vanaf die ontwikkelaar aan die xxxxx xx beliggaam en dit xxx vorentoe te bring in die transportakte. Hierdie huiseienaarsverenigingvoorwaarde is ‘n persoonlike serwituut (dit is ten gunste van die huiseienaarsvereniging) en dit is ‘n negatiewe persoonlike serwituut. Die voorwaarde moet afgedwing kan word deur ‘n persoon (die huiseienaarsvereniging) wat in die voorwaarde vermeld word en die huiseienaarsvereniging moet sy aanvaarding van die voorwaarde in sy guns (in die volmag of in ‘n aparte dokument), te xxxxx xxx, xxxxx aanvaarding saam met die transport by die aktekantoor ingedien moet word.
TOTAAL [200]
10 Hierdie vraag is ook in Mei 1995 (Xxxx 2), vraag 16 gevra
11 Hierdie vraag is ook gevra in Mei 1998 (Xxxx 2), vraag 4. Sien ook Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs, xxxx 1 hoofstuk 6-11.
12 Met ander woorde ‘n voorwaarde wat die uitoefening van enige reg in eiendomsreg van onroerende goed beperk.
Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen
September 2009
Xxxx 2
Selfstudie Aktekursus
Vraag 1 - Modelantwoord [4]
1.1 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Xxxxxxxx E
Aansoek kragtens artikel 45bis(1A)
van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937
Ons, die ondergetekendes
1 Koos Louw
Identiteitsnonner 601203 5544 08 7 ongetroud
2 Xxxxxx Xxxx
Identiteitsnonner 680209 0004 08 8 ongetroud
doen hierby aansoek kragtens artikel 45bis(1A) van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 by die Registrateur van Aktes te Kaapstad vir die endossering van Akte van Transport T6578/1999 waarkragtens die volgende eiendom gehou word, naamlik -
Erf 1234 Xxxxxxxx
geleë in die Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie Xxx-Kaap Groot 950 (nege honderd en vyftig) vierkante meter
-2-
Nademaal ons huwelik op 27 April 2005 ontbind is deur ‘n hofbevel uitgereik deur die Hoë Hof van Suid-Afrika (Xxx Kaap Hoë Hof, Kaapstad) onder saaknommer 876/2005;
En nademaal elkeen van ons op ½ (een halwe) aandeel in die bogemelde eiendom geregtig is in terme van sodanige egskeidingsbevel;
Nou derhalwe is ons
1 Koos Louw
Identiteitsnommer 601203 5544 08 7 ongetroud
2 Xxxxxx Xxxx
Identiteitsnommer 680209 0004 08 8 ongetroud
elk geregtig op ½ (een halwe) aandeel in die bogemelde eiendom asof ons formeel transport daarvan in ons onderskeie name ontvang het en mag ons vrylik daarmee handel.
Geteken te Kaapstad op 16 September 2009
Koos Louw
1.2 Dokumente vir indiening by die aktekantoor
1 Huidige titelakte vir endossering
Xxxxxx Xxxx
[12]
2 Afskrif van die egskeidingsbevel, gesertifiseer as ‘n ware afskrif deur die Griffier van die Hoë Hof
3 uitklaringsertifikaat [3]
Vraag 2 - Modelantwoord [9]
2.1 Artikel 42(2) van die Boedelwet 66 of 1965 vereis dat in die geval van ‘n verkoping van onroerende eiendom uit ‘n bestorwe boedel deur die
eksekuteur, die Meester moet bevestig dat hy nie enige beswaar teen die transport het nie.
Ten einde die toestemming van die Meester te bekom om ‘n artikel 42(2) sertifikaat (endossement op die volmag) uit xx xxxx, moet ‘n aansoek by die Meester ingedien word. Vir hierdie doel moet ‘n vorm JM33 volledig deur die eksekuteur voltooi en onderteken word. Hierdie vorm bevat ‘n lys van die vereistes wat nagekom moet word voordat die Meester die volmag xxx endosseer. Ten einde die Meester se toestemming te verkry, moet die volgende dokumente by die Meester ingedien word, naamlik:-
a) die aansoekvorm JM33
b) skriftelike toestemming tot die verkoping deur die erfgename
c) gesertifiseerde afskrif van die koopooreenkoms
d) die volmag om die Meester se endossement te ontvang.
2.2 Die opsteller aanvaar verantwoordelikheid dat -
a) die eksekuteur behoorlik in die boedel aangestel is
b) die eksekuteur in ooreenstemming met die magte wat aan xxx xxxxxxx is optree
c) indien die eksekuteur sekerheid xxxx stel, dat die nodige sekerheidstelling aan die Meester gedoen is 13 [3]
Vraag 3 - Modelantwoord [6]
3.1 Uitsonderings waar die titelakte nie ingedien xxxx xx word nie:- 14
a) Xxxx onroerende goed oorgedra moet word ter uitvoering van ‘n vonnis van enige hof, bv ‘n eksekusieverkoping en die balju skriftelik verklaar dat hy nie in staat is om die titelakte op xx xxxxx nie - (regulasie 51(2)).
13 Hierdie vraag is in September 1999 (Xxxx 2), vraag 11.4 gevra. Sien ook Voorbeeld 5A van die Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs, Xxxx 4.
14 Hierdie vraag is ook gevra in September 2008 (Xxxx 2), vraag 1. Dit is nie nodig om die artikels en regulasienommers van die wet aan te haal nie. Dit word hier bloot gegee vir daardie persone wat deur die wet self xxx xxxx.
b) Xxxx onroerende eiendom getransporteer word deur ‘n amptenaar of beampte aangestel xxxxxxxx ‘n wet aangaande insolvensie - (regulasie 51(2)). 15
c) Xxxx onroerende eiendom getransporteer word deur ‘n eksekuteur xxxx bedoel in artikel 56(1)(b) van die Registrasie van Akteswet (met ander woorde ‘n eksekuteur wat ‘n insolvente bestorwe boedel beredder) - (regulasie 51(2)).
d) In die geval van onteiening van grond (of waar grond kragtens wetgewing in die Staat, provinsie of plaaslike owerheid vestig) is dit nie nodig om die titelakte in te xxxx xxx, mits die transportnemer met ‘n beëdigde verklaring verklaar dat hy nie in staat is om die titelakte op xx xxxxx nie - (artikel 31(2)(b)).
e) Xxxx onroerende goed by wyse van ‘n hofbevel in terme van artikel 33(1) van die Registrasie van Akteswet oorgedra word (registrasie van titel deur ‘n ander prosedure as die gewone) en die transportnemer verklaar dat hy nie in staat is om die titelakte op xx xxxxx nie - (artikel 33(11)).
(Enige drie van bogenoemde) [3]
3.2 Uitsonderings waar die verband nie ingedien xxxx xx word nie Dit is nie nodig om die verbandakte vir kansellasie (ontheffing) in die volgende omstandighede in te xxxx xxx, naamlik:- 16
1 oordrag deur die balju ter uitvoering van ‘n vonnis van die hof - (artikel 56(1)(a)); 17
2 oordrag vanaf ‘n insolvente boedel - (artikel 56(1)(b)); 18
15 Paragrawe (b) en (c) is as een uitsondering volgens die modelantwoorde van LEAD gelys.
16 Hierdie vraag is ook gevra in September 2008 (Xxxx 2), vraag 2.
17 Dit is nie nodig om die artikel- en regulasienommers aan te haal nie. Dit word hier aangegee om diegene te help wat deur die bepalings van die wet self wil gaan.
18 In die modelantwoorde van LEAD, word nommers 2,3 en 4 as een uitsondering beskou.
3 oordrag vanaf ‘n insolvente bestorwe boedel - (artikel 56(1)(b));
4 oordrag vanaf ‘n maatskappy of beslote korporasie in likwidasie - (artikel 56(1)(b));
5 oordrag deur ‘n trustee aangestel onder die Wet op Landboukrediet 28 van 1966 - (artikel 56(1)(b));
6 oordrag kragtens ‘n hofbevel (waar ‘n hof beveel dat dit nie nodig is om die verband in te xxxx xxx) - (artikel 56(1)(c));
7 oordrag van onteiende grond (of waar grond gevestig het in die Staat, provinsie of plaaslike owerheid) - (artikel 31(1)).
(enige drie van xxxxxxxxx) [3]
Vraag 4 - Modelantwoord [10]
Persone geregtig om die opstelklousule te teken -
1 xxxxxx xx in regulasie 43 -
a) ‘n transportbesorger
2 xxxxxx xx in regulasie 44 -
a) ‘n praktiserende prokureur; of
b) ‘n praktiserende notaris; of
c) ‘n praktiserende transportbesorger
d) Indien dit deur ‘n prokureur of notaris onderteken word, moet dit mede- onderteken word deur ‘n transportbesorger
e) ‘n prokureur, notaris of transportbesorger in diens van die Staat wat in die loop van sy diensbetrekking enige dokument opstel wat vereis word vir die uitvoering van enige funksie wat uitgevoer moet word deur die department waar hy in diens is.
Verantwoordelikheid wat aanvaar word in terme van artikel15A(1) & (2) tot die omvang waartoe voorsiening gemaak word in regulasie 44A -
1 dat, alle afskrifte van aktes of dokumente, wat vir registrasie bestem is, op datum van indiening identies is;
2 dat, in die geval van transportaktes en titelsertifikate
a) al die toepaslike titelvoorwaardes wat vervat is in die bestaande titelakte of wat daarteen geëndosseer is
b) tesame met enige toepaslike geproklameerde dorpstigtingsvoorwaardes
korrek na die nuwe transportakte of titelsertifikaat oorgedra is;
3 dat, met betrekking tot ‘n volmag, aansoek, toestemming of verdelingooreenkoms, geteken deur ‘n persoon in sy hoedanigheid as eksekuteur, trustee, voog, kurator, likwidateur of geregtelike bestuurder -
a) sodanige persoon inderdaad in daardie hoedanigheid aangestel is; en
b) in ooreenstemming met die magte aan xxx xxxxxxx optree; en
c) dat die nodige sekerheidstelling aan die Meester gedoen is.
4 dat, na die beste van xx xxxx en oortuiging en nadat behoorlik navraag gedoen is -
a) die name , identiteitsnommer en/of geboortedatum en huwelikstaat van enige natuurlike persoon; en
b) in die geval van enige xxxxx xxxxxxx of ‘n trust, sy naam en registrasienommer (indien enige)
korrek weergegee is in daardie akte of dokument;
5 dat, met betrekking tot ‘n volmag, aansoek of toestemming of verdelingsooreenkoms -
a) die nodige magtiging verkry is vir die ondertekening van sodanige dokument in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid namens 'n maatskappy, beslote korporasie, kerk, vereniging, genootskap, trust of ander liggaam van persone of 'n instelling; en
b) die transaksie xxxx dit daaruit blyk, gemagtig en in ooreenstemming is met die konstitusie, regulasies, stigtingsverklaring, of trustdokument van 'n trust, na gelang van die geval, van enige kerk, vereniging, beslote korporasie, genootskap, trust of ander liggaam van persone, of 'n ander instelling as 'n maatskappy, behalwe 'n aandeleblok- maatskappy, wat 'n party by sodanige dokument is.
6 dat, met betrekking tot ‘n transportakte, titelsertifikaat en verband -
a) die name, identiteitsnommer en/of geboortedatum en huwelikstaat van enige natuurlike persoon; en
b) in die geval van enige xxxxx xxxxxxx of ‘n trust, sy naam en registrasienommer (indien enige)
xxxxxx vorentoe gebring is vanaf die die spesiale volmag of aansoek wat daarop betrekking het.
Vraag 5 - Modelantwoord [10]
Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le Xxxx XX
Aansoek kragtens artikel 17(4)
van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937
Ek, die ondergetekende Xxxx Xxxxx Xxxxx
Identiteitsnommer 630102 5123 08 7
getroud binne gemeenskap van goed met Xxxx Xxxxxxxxx Xxxxx
verklaar hiermee dat -
1 Ek is op 6 September 1993 binne gemeenskap van goedere met Xxxx Xxxxxxxxx Xxxxx, identiteitsnommer 640602 0080 08 0, getroud en die huwelik bestaan nogsteeds.
2 Aangeheg is ‘n afskrif van ons huweliksertifikaat en ‘n beëdigde huwelikstatusverklaring as bewys dat ons binne gemeenskap van goed getroud is.
3 Die ondergemelde eiendom is slegs in my naam geregistreer kragtens Akte van Transport T1234/1990 maar die gemelde eiendom is ‘n bate in die gemeenskaplike boedel van my en my xxxx Xxxx Xxxxxxxxx Xxxxx.
4 Die voormelde eiendom is nie met verband beswaar nie en is daar geen onderling afhanklike akte(s) wat endossering benodig nie.
-2-
Ek doen hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes xx Xxxx Xxxxxxx’x Town vir die endossering van Akte van Transport T1234/1990 kragtens artikel 17(4) van die Registrasie van Xxxxxxxx, waarkragtens die volgende eiendom gehou word, naamlik -
Erf 10023 King Xxxxxxx’x Town
Plaaslike Munisipaliteit van King Xxxxxxx’x Town, Afdeling Oos London, Provinsie Oos-Kaap
Groot 800 (agt honderd) vierkante meter
tot die effek dat ek nou ‘n party tot ‘n huwelik binne gemeenskap van goed is.
X X Xxxxx
Vraag 6 - Modelantwoord 19 [9]
6.1 Nee - (artikel 77(2) van die Registrasie van Xxxxxxxx). [1]
6.2 Nee - (artikel 56(1)(b) van die Registrasie van Akteswet). [1]
6.3 Ja. Toestemming tot ontheffing van die gedeelte wat getransporteer word
uit die xxxxxxx van die verband. [1]
6.4 Geen formele toestemming is nodig nie. Dit is egter gewoonlik ‘n voorwaarde van die eerste verbandhouer wat die verbandhouer se toestemming tot die registrasie van ‘n verdere verband ten gunste van ‘n ander verbandhouer vereis - (nie-benadelingsklousule waar die verbandhouers verskillende persone / entiteite is) [1]
6.5 Ja. Toestemming tot kansellasie of tot konsolidasie en substitusie van die komponent eiendomme met die gekonsolideerde eiendom as sekuriteit onder die verband. [1]
6.6 Nee. [1]
6.7 Ja. Toestemming tot kansellasie van die serwituut ten gunste van die verbandbeswaarde eiendom. [1]
6.8 Ja. Toestemming tot die uitreiking van ‘n sertifikaat van geregistreerde titel, uitgereik in terme van artikel 43 van die Registrasie van Akteswet. [1]
19 Hierdie vraag was ook gevra in September 1994 (Xxxx 2), vraag 15.
6.9 Ja. Toestemming tot kansellasie. Artikel 56(1)(b) van die Registrasie van Akteswet is nie van toepassing nie. [1]
Vraag 7 - Modelantwoord [5]
7.1 Ja. [2]
7.2 Hy kan uitsluitlike gebruiksgebiede toeken deur die bestuursreëls van die skema te wysig deur die invoeging van die reg tot uitsluitlike gebruik van sekere uitsluitike gebruiksgebiede aan die eienaars van sekere eenhede. Aangesien die regspersoon nog nie tot stand gekom het nie, benodig hy nie eens ‘n eenparige besluit (wat wel ‘n vereiste is indien daar ‘n regspersoon is) om die reëls te wysig nie. Die volgende moet by die reëls aangeheg word-
a) ‘n uitlegplan volgens skaal waarop die ligging van die duidelik genommerde uitsluitlike gebruiks- en genotsareas en die doel waarvoor sodanige areas gebruik mag word aangetoon word; sowel as
b) ‘n skedule wat aantoon aan xxxxx eienaar elke area toegeken is - Artikel - Section 27A. [3]
Vraag 8 - Modelantwoord [10]
Dokumente vir indiening by die aktekantoor -
Wit indienomslag
1 sertifikaat van geregistreerde deeltitel vir eenheid 1
2 volmag om oordrag xx xxx
3 konseptransportakte vir eenheid 1
4 hereregtevrystellingsertifikaat 20
5 artikel 15B(3)(a) transportbesorgersertifikaat
6 uitklaringsertifikaat vir die eenheid
7 uitklaringsertifikaat vir die grond waarop die skema ge-open is
8 beëdigde verklaring deur die ontwikkelaar met betrekking tot die toepaslikheid van artikel 10 - (artikel 15(b)(3)(c) verklaring)
20 Op die aanname dat die ontwikkelaar vir BTW geregistreer is.
Geel (gekleurde) indienomslag
1 sertifikaat van instelling van ‘n regspersoon (in duplikaat)
Wit indienomslag
1 Sertifikaat van saaklike reg van uitsluitlike gebruiksgebied
2 Eensydige notariële akte van sessie van uitsluitlike gebruiksgebied
3 Uitklaringsertifikaat vir die eenheid
Geel indienomslag
1 huidige verband
2 toestemming deur die verbandhouer tot die ontheffing van die eenheid en uitsluitlike gebruiksgebied uit die xxxxxxx van die verband
Vraag 9 - Modelantwoord [10]
9.1 Verkoop, verruil of skenk, ongeag of sodanige verkoop, ruil of skenking aan enige opskortende of ontbindende voorwaarde onderhewig is. [2]
9.2 ‘n Akte van vervreemding is ‘n ooreenkoms in terme waarvan grond verkoop, geskenk of verruil word. ‘n Kontrak is ‘n akte van vervreemding in terme waarvan grond verkoop word vir ‘n koopprys wat in meer as twee paaiemente oor ‘n tydperk van meer as een jaar betaalbaar is 21 [4]
9.3 Alle kontrakte vir die verkoop, verruil of skenking van grond moet in ‘n skriftelike dokument vervat wees en deur die partye of hul behoorlik gevolmagtigde agente handelend uit hoofde van ‘n skriftelike magtiging, onderteken word. [3]
9.4 Nee 22 [1]
21 Sien Hoofstuk 2 van die Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs, Xxxx 3. Hierdie vraag is gevra in September 2005 (Xxxx 1), vraag 11.2 en herhaal in Mei 2006 (Xxxx 2), vraag 17.2.
22 Artikel 3(1) van die Wet op Vervreemding van Xxxxx.
Vraag 10 - Model antwoord [5]
Ek xxx Xxxxx adviseer dat die bepalings van die Wet op Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970 nie van toepassing is met betrekking tot die oordrag van die plaas aan xx xxxx kinders nie, aangesien die testateur voor 1971 gesterf het en verdermeer dat die fideicommissum termineer wanneer die plaas na sy kinders oorgedra word. Hierdie xxxxxxx xxx xxx elk geregtig wees op sy of haar een-kwart (1/4) aandeel in die eiendom.
Vraag 11 - Model antwoord [8]
Dokumente vir indiening by die aktekantoor -
1 aansoek vir die registrasie van die deelplan van konsolidasie
2 twee afskrifte van die deelplan van konsolidasie
3 deeltitel titelaktes vir die dele wat gekonsolideer staan te word
4 indien die dele aan ‘n verband(e) onderhewig is -
a) enige deelverband(e) geregistreer teen xxxx xxxx, tesame met
b) toestemming van die verbandhouer(s) tot -
i) kansellasie van die verband; of
ii) die registrasie van die deelplan van konsolidasie en die substitusie van die ou dele met die gekonsolideerde xxxx- (indien al die dele wat gekonsolideer staan te word aan dieselfde verband onderhewig is); of
iii) die registrasie van die deelplan van konsolidasie en die substitusie van die voorheen met verbandbeswaarde xxxx met die gekonsolideerde xxxx - (in die geval waar artikel 40(5)(a) van die Registrasie van Akteswet van toepassing is)
5 ‘n sertifikaat van geregistreerde deeltitel opgestel ooreenkomstig Vorm Q met betrekking tot die nuwe gekonsolideerde xxxx;
6 sodanige ander dokumente en besonderhede as wat voorgeskryf mag wees.
Vraag 12 - Modelantwoord [3]
12.1 Nee, nie sonder die medewerking van xx xxxxxxx nie. [1]
12.2 Ja, ‘n vrystelling (“disclaimer”) deur die kurator wat in die insolvente boedel aangestel is, moet ingedien word tesame met die registrasie van die verband. Die vrystelling moet die volgende vermeld, naamlik -
1 dat die trustee toestem tot die registrasie van die verband; en
2 dat hy nie enige aanspraak op die eiendom van die insovent maak nie.23
[2]
TOTAAL: [100]
23 Kragtens Registrateurskonferensiebesluit 43/1989, moet die toestemming van die kurator xxxx xxxx aangevra word vir ‘n handeling, tensy die kurator in sy aanvanklike toestemming vermeld het dat die insolvent vrylik met die eiendom mag handel. In die praktyk is kurators nie altyd xxxxx om in hul toestemming ook te vermeld dat die insolvent vrylik met die eiendom mag handel nie. Hierdie sin xxx xxx uitgelaat word uit die toestemming en xxx so xxxx die aktekantoor aanvaar word, maar indien die insolvent xxx xxxx met die eiendom xxx xxxxxx, xxx xxxx weer ‘n toestemming deur die kurator vir die nuwe transaksie ingedien moet word.
Saamgestel deur
Xxxxxx Xxxxxxxx
BCom(Regte)(UP) LLB (UNISA)
Prokureur, Transportbesorger en Notaris van die Hoë Hof van Suid-Afrika
en
Xxxxx xx Xxxx
XX(Regte)(UP) LLB (UP) BA Honours (UNISA)
Prokureur en Transportbesorger van die Hoë Hof van Suid-Afrika
en gepubliseer deur
Selfstudie Kursus BK
Registrasienommer 1994/016876/23
Posbus 74047 Lynnwoodrif 0040
000 Xxxxxxxxxxxx Xxxxxxxx, Xxxxxxxx
Tel: (000) 000-0000
Faks: (012) 361-1108
Webwerf: xxx.xxxxxxxxxxx.xx.xx
BRONNE
Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs Modelantwoorde van LEAD
The Consolidated Practice Manuals of the Deeds Office of South Africa Relevante wette, regulasies en voorgeskrewe vorms Registrateurskonferensiebesluite