REËLS EN REGULASIES MET VERHURING VAN KLUBHUIS 2022
XXXXX EN REGULASIES MET VERHURING VAN KLUBHUIS 2022
BETALINGSBESONDERHEDE EN DOKUMENTASIE
● ‘n Deposito van R 1 000 is onmiddellik betaalbaar met bespreking van die klubhuis en
addisionele huurgeld van R 2 500 is betaalbaar een week voor u funksie plaasvind.
● Geen tjeks word aanvaar nie, slegs kontant of internet betaling.
● Indien die klubhuis gekanselleer word, verbeur die huurder die R 1 000 deposito.
● Indien u gedurende die vakansie die klubhuis gebruik, is u deposito (R1 000 en u huurgeld van R2 000 betaalbaar voordat die skool sluit en u deposito terugbetaalbaar wanneer skool weer heropen.
● ‘n Huurooreenkoms word tussen Huurder en Laerskool Rustenburg onderteken wanneer bespreking bevestig word. (Sien hierby aangeheg.) Betalingsbewys van die volle bedrag moet die huuroorkoms vergesel.
Bewys van betaling:
U moet asseblief u bewys van betaling epos na xxxx.xxxxxxxxxxxxxxxxxxx@xxxxx.xxx alvorens die bespreking bevestig kan word.
GEBRUIK VAN FASILITEITE EN OPRUIMING
Swembad is ongelukkig nie ingesluit in die ooreenkoms nie. Stoele en tafels kan aan u voorsien word indien u vooraf reel. U moet voorsiening maak vir u eie badkamerbenodighede xxxx handseep, tioletpapier, spuitgoed, handoeke ens. asook eie breekgoed, tafeldoeke, skottelgoedseep, wasbakproppe, besem, skoppie en mop. Ons voorsien swartsakke reeds in vullisdromme.
Na gebruik van die klubhuis, word die perseel en area direk aangrensend aan die klubhuis geinspekteer om enige skade vas te stel. Die deposito is terugbetaalbaar afhangende van enige skade wat aangerig is. Deposito’s word met ‘n internetbetaling aan u terugbetaal binne 5 werksdae en moet u ons voorsien van u bankbesonderhede. U xxx verantwoordelik gehou word vir die geraamde skade indien dit die R1000-00 (deposito) oorskry asook vir die herstel daarvan deur u eie arbeid.
Na gebruik van die klubhuis xxx die perseel deur u opgeruim word. By vertrek moet u toesien dat ablusiefasiliteite asook toegangshekke gesluit en alarm geaktiveer is. Indien u sou nalaat xxx u verantwoordelik gehou word vir diefstal of enige geraamde skade waarop u xxx u deposito ook xxx verbeur.
Tye vir ontruiming van die klubhuis is as volg:
Vrydag - & Saterdagaande: 24:00
Afhaal en terugbesorging van sleutels:
Sleutels moet voor 12:00 op die dag van die funksie afgehaal word. As die funksie oor ‘n naweek plaasvind moet die sleutel die Vrydag voor die funksie afgehaal word voor 12:00. Die sleutels moet ingehandig word op die eerste werksdag om 8:00 by die skool se ontvangs.
Indien dit nie ingehandig is om 8:00 verbeur u die deposito.
PARKERING EN SEKURITEIT
Moet nie waardevolle items in u voertuig los nie. Xxxxx asseblief die hekke nadat al u gaste gearriveer het. Xxxx asseblief ‘n wag vir die voertuie. Die Beheerraad het alles moontlik binne hulle vermoë gedoen om die terrein te beveilig en dra geen verantwoordelikheid ten opsigte van diefstal nie.
VRYWARING
● Huurder gebruik klubhuis op eie risiko en daar word verwag dat u verantwoordelik xxx optree insake bogenoemde reels.
● Reg van toegang word voorbehou.
● Die beheerraad dra geen verantwoordelikheid ten opsigte van brand, diefstal en onnatuurlike voorvalle nie.
Handtekening van huurder Datum