BELEID EN REËLS OOR BYEENKOMSTE, BETOGINGS EN BETOOGLINIEVORMING
BELEID EN REËLS OOR BYEENKOMSTE, BETOGINGS EN BETOOGLINIEVORMING
Verwysingsnommer | 1P/1.1.13 |
Verantwoordelike uitvoerende bestuurder | Registrateur |
Beleideienaar | Registrateur |
Verantwoordelike afdeling | Registrateur |
Status | Eerste goedkeuring op 21 Junie 2013 Tweede hersiening en gevolglike goedkeuring op 18 Maart 2019 |
Goedgekeur xxxx | Xxxx |
Datum van goedkeuring | 18 Maart 2019 |
Hersieningsdatum | 2022 |
Webadres van hierdie beleid | |
Adres op die beleidsdatabasis | (10935746) H:\HSC\2. Management\2.1.3 Policy management\Beleide\Raad Maart 2019\1P/1.1.13_demonstrations_a.docm |
BELEID EN REËLS OOR BYEENKOMSTE, BETOGINGS EN BETOOGLINIEVORMING
Teen die agtergrond van die droom om ʼn internasionaal erkende universiteit in Afrika xx xxxx, wat bekend is vir sy wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ʼn sorgsaamheidsetiek, het die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU), ingevolge paragraaf 7(1)(c) van die Statuut, hierdie beleid en reëls oor byeenkomste, betogings en betooglinievorming op 18 Maart 2019 aanvaar.
1 Vertolking en toepassing
Hierdie beleid en stel reëls moet vertolk en toegepas word op ʼn wyse wat strook met die –
1.1 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;
1.2 Wet op die Reëling van Xxxxxxxxxxx, 205 van 1993;
1.3 Wet op Beheer van Vuurwapens, 60 van 2000;
1.4 Drankwet, 59 van 2003;
1.5 Statuut van die Noordwes-Universiteit, 2017.
2 Woordomskrywings
In hierdie beleid en reëls, tensy dit uit die samehang anders blyk, het enige woord of xxxxx die betekenis wat Wet 205 van 1993 daaraan toeskryf, en beteken –
“beampte” ʼn persoon wat deur die sameroeper van ʼn spesifieke gebeurtenis aangewys is om die deelnemers aan ʼn protesoptrede te beheer om te verseker dat ʼn protesoptrede vreedsaam verloop, en wat te alle tye duidelik uitkenbaar moet wees as ʼn beampte;
“betoging” ʼn byeenkoms xxx xxxxxx as 15 (vyftien) persone wat gehou word om hul sienings oor ʼn bepaalde aangeleentheid onder die aandag van die Universiteit se Bestuurskomitee (UBK) te bring;
“betooglinievorming” ʼn protesoptrede waar deelnemers plakkate ronddra, slagspreuke skree en sing en dans op ʼn vreedsame, ongewapende en wettige wyse.
“byeenkoms” ʼn vergadering, betoging, optog of betooglinie op of naby enige eiendom van die Universiteit, bestaande uit meer as 15 (vyftien) persone, om hul sienings oor ʼn bepaalde aangeleentheid onder die aandag van die UBK te bring;
“ʼn NWU-organisasie” enige geregistreerde studentestruktuur geaffilieer by die Studente se Kampuskomitee van enige kampus van die NWU, of ʼn vakbond wat deur die NWU erken word;
“protesoptrede” ʼn openbare xxxxxxxx of beswaar, goedkeuring of afkeuring deur ʼn byeenkoms van werknemers of studente van die universiteit, met inbegrip van ʼn betoging, byeenkoms, en betooglinie;
“sameroeper” enige werknemer, student of NWU-organisasie wat verantwoordelik is vir die oproep tot protesoptrede;
3 Doel
Die doel van hierdie beleid en reëls is om ʼn regverdige en deursigtige proses te verseker waarvolgens byeenkomste, betogings en betooglinievorming deur NWU-werknemers en studente bestuur word.
4 Beleidsverklaring
Dit is die beleid van die NWU om –
4.1 onderhewig aan die beperkings van die wet erkenning xx xxx aan die grondwetlike regte van werknemers en studente van die NWU om vreedsaam byeen te kom te kom op of naby enige eiendom van die Universiteit om uiting xx xxx aan hul sienings oor enige aangeleenthede, en om
4.2 die nodige beskerming te verleen aan werknemers en studente wat byeen is xxxx bedoel in 4.1, en ook aan werknemers en studente wat nie aan sodanige byeenkoms deelneem nie.
5 Reëls vir byeenkomste, betogings en betooglinievorming
5.1 Kennisgewing en aansoek om goedkeuring vir ʼn protesoptrede
5.1.1 ʼn Sameroeper moet minstens sewe dae voor die beplande protesoptrede skriftelik xxxxxx xxx, met die oog daarop om skriftelike toestemming te verkry, aan die registrateur en op die aansoekvorm xxxx voorgeskryf deur die registrateur, van die voorneme om ʼn protesoptrede op of naby enige eiendom van die Universiteit van xxxxxx xx stuur.
5.1.2 Die registrateur moet ʼn aansoek in oorleg met die AVK Kampusbedryf oorweeg, en mag sodanige versoek binne ʼn redelike tyd toestaan of xxxxx.
5.1.3 ʼn Aansoek vir protesoptrede kan geweier word en die protesoptrede kan verbied word indien daar ʼn goeie rede bestaan, insluitende waar die moontlikheid bestaan van besering van persone, skade aan privaat of universiteitseiendom, ontwrigting van akademiese aktiwiteite, ontwrigting van die dissipline of goeie xxxx xxxxx die Universiteit of waar ontwrigtende betrokkenheid van persone of organisasies van buite die Universiteit te wagte kan wees.
5.1.4 Indien ʼn aansoek nie goedgekeur word nie, moet die registrateur die sameroeper skriftelik daarvan in xxxxxx xxxx met vermelding van die redes vir die weiering.
5.1.5 Ná goedkeuring van ʼn aansoek, maar vóór die protesoptrede, moet ʼn skriftelike ooreenkoms in die vorm xxxx voorgeskryf deur die registrateur tussen die sameroeper en die Universiteit aangegaan word.
5.2 Aard van en gedrag tydens protesoptrede
5.2.1 Die sameroeper moet in die ooreenkoms xxxx bedoel in 5.1.5, en vóór die aanvang van die protesoptrede, –
• die aard van die beplande protesoptrede bevestig, naamlik ʼn byeenkoms, betooglinie, optog, betoging of andersins;
• xxxxxx xxx van die tyd en plek van aanvang;
• redes verskaf vir die protesoptrede;
• aandui hoeveel beamptes aangewys xxx word;
• toegang versoek tot fasiliteite van die Universiteit wat vereis word vir doeleindes wat verwant is aan die protesoptrede, xxxx toiletgeriewe.
5.2.2 Wat gedrag tydens die protesoptrede aanbetref, moet die sameroeper –
• te alle tye ʼn afskrif van die ooreenkoms met die Universiteit en die lys van aangewese en teenwoordige beamptes byderhand hê;
• toesien dat beamptes geïdentifiseer word met volle besonderhede (naam, van, ID-nommer, sowel as studente- of personeelnommer);
• toesien dat beamptes wat die protesoptrede moniteer ʼn identifiseerbare uniform dra;
• van beamptes vereis om toe xx xxxx dat die regte van ander persone nie geskend word deur die protesoptrede nie.
5.3 Oortredings
Xxxxxxxxxxx deur ʼn sameroeper of deelnemer aan protesoptrede wat die oortreder blootstel aan tugmaatreëls deur die Universiteit sluit die volgende in:
• afwyking van die ooreenkoms xxxx bedoel in 5.1.5;
• ontwrigting van akademiese aktiwiteite;
• versperring van toegang tot universiteitsgeboue;
• die fisieke verhindering van personeel, studente en lede van die publiek om die Universiteit binne te gaan of te verlaat;
• intimidasie van medestudente of -werknemers;
• skade aan enige eiendom;
• storting xxx xxxxxx;
• ʼn sitbetoging en die neem van gyselaars;
• die gebruik van onbeskofte en skeldtaal of aanstootlike gebare;
• aanmerkings en openbare uitsprake wat nadelig vir die goeie naam, orde, dissipline of aansien van die NWU kan wees;
• ongemagtigde protesoptredes;
• enige oortreding van ʼn universiteitsreël tydens protesoptrede;
• die dra van enige gevaarlike wapen;
• die pleeg van ʼn misdaad tydens protesoptrede; en
• skending van die naam, eer en waardigheid van die Noordwes-Universiteit, of enige van sy ampsdraers, hetsy in hul privaat of professionele hoedanigheid.
5.4 Beplanning, monitering en aanspreeklikheid
5.4.1 Die registrateur is daarvoor verantwoordelik om die sameroeper te help om goedgekeurde protesoptrede te beplan in samewerking met die AVK Kampusbedryf en die Direkteur van Beskermingsdienste, insluitende die plek, roete en bestemming.
5.4.2 Die Departement Beskermingsdienste op ʼn bepaalde kampus is verantwoordelik vir die monitering en assessering van sekuriteitsrisiko’s voor en tydens ʼn goedgekeurde protesoptrede.
5.4.3 Die registrateur skakel met die Direkteur Beskermingsdienste om koördinering met die betrokke owerhede te fasiliteer, insluitende die munisipale owerhede en departemente en SAPS, aangaande die toewysing, reëling en fasilitering van alle prosedures met betrekking tot ʼn goedgekeurde protesoptrede.
Original details: (10935746) H:\HSC\2. Management\2.1.3 Policy management\Beleide\Raad Maart 2019\1P-1.1.13_Demonstrations_a.docm 25 Maart 2019
File reference: 1P/1.1.13