DIE INTEGRASIEREËL IN DIE SUID- AFRIKAANSE KONTRAKTEREG
DIE INTEGRASIEREËL IN DIE SUID- AFRIKAANSE KONTRAKTEREG
T Bekker
BIUR LLB LLM LLD
Senior Lektor, Universiteit van Pretoria
1 Inleiding
Daar is nie net slegs een onverdeelde ekstrinsieke getuienis-reël ( parol evidence rule) in die Suid-Afrikaanse kontraktereg nie,1 maar ten minste twee nouer konsepte wat binne die reël se trefwydte val.2 Die een konsep handel met die mate waarin ’n skriftelike kontrak as die enigste uiteensetting van sy bedinge (sole memorial of its terms) beskou kan word, waarna daar in hierdie artikel as die “integrasiereël” xxxxxx word. Die ander konsep het te doen met uitleg, of die mate waarin die betekenis van die bedinge van ’n skriftelike kontrak geraak kan word deur ekstrinsieke getuienis, waarna daar in hierdie artikel as die “interpretasiereël” xxxxxx word.3
Die bestaan en toepassing van beide hierdie reëls is egter uiters omstrede, nie net wat die verskillende buitelandse regstelsels aanbetref nie,4 maar
1 Hierdie artikel is gebaseer op PM Bekker Die Ekstrinsieke Getuienis-reël in die Suid-Afrikaanse Kontraktereg LLD tesis Universiteit van Suid-Afrika (2009).
2 DT Xxxxxxxx & AP Paizes Parol Evidence with Particular Reference to Contract (1986) 1. Na noukeurige oorweging is daar besluit om die terminologie aan te neem xxxx gebruik deur S van der Merwe, LF van Huyssteen, MFB Xxxxxxxx & XX Xxxxx Contract: General Principles 3 uitg (2007) 173, dit wil sê om xx xxxxxx na die ekstrinsieke getuienis-reël as ’n oorkoepelende begrip wat bestaan uit twee subreëls naamlik die integrasiereël en die interpretasiereël. Xxx xxx Xxxxx et al Contract 173 xxxxxx as volg in Xxxxxx xx hulle gebruik van die terminologie ten aansien van die reëls:
“The parol evidence rule has been said to comprise two distinct rules, namely the ‘integration rule’ and the ‘interpretation rule’.”
Daar is besluit dat die gebruik van hierdie terminologie al die verskillende standpunte en toepassings van die reëls ten aansien van die toelaatbaarheid van ekstrinsieke getuienis die xxxxx xxx verwoord.
3 Xxxxxxxx & Paizes Parol Evidence 1.
4 Sien byvoorbeeld The English Law Commission Law of Contract: The Parol Evidence Rule Report 154 (1986); Xxxxxxxx (Yani) v ED & F Man (Sugar) Ltd [1986] 2 Xxxxx’x Rep 44 47; AL Zuppi “The Parol Evidence Rule: A Comparative Study of the Common Law, the Civil Law Tradition, and Lex Mercatoria” (2007) 35 Ga J Int’l Comp L 233 243 (Engeland), J Sweet “Contract Making and Parol Evidence: Diagnosis and Treatment of a Sick Rule” (1968) Cornell L Rev 1036; MN Xxxxxxx “A New Trend in Contract Interpretation: The Search for Reality as Opposed to Virtual Reality” (1995) Or L Rev 663; P Linzer “The Comfort of Certainty: Plain Meaning and the Parol Evidence Rule” (2002) Fordham L Rev 802; XX Xxxxxx “The Parol Evidence Rule, the Plain Meaning Rule and the Principles of Contractual Interpretation” (1998) U Pa L Rev 533; XX Xxxxxx “K.I.S.S. the Parol Evidence Rule Goodbye: Simplifying the Concept of Protecting the Parties’ Written Agreement” (2007) Syracuse L Rev 227; XX Xxxxxx & E Xxxxxxx “What’s Happening to the Parol Evidence Rule? More Holes in the Dike” (2000) Defense Counsel Journal 209; Trident Center v Connecticut General Life Insurance Co 847 F2d 564 (9th Cir 1988) (VSA), Law Reform Commission of British Columbia Report on Parol Evidence Rule LRC 44 (1979); XX Xxxxxxx “Do We Need a Parol Evidence Rule?” (1991) Can Bus LJ 385 (Kanada).
265
ook die Suid-Afrikaanse reg.5 In hierdie opsig xxxxx daar tans ’n “Babelse” verwarring in die Suid-Afrikaanse reg indien die regspraak op hierdie gebied nagegaan word. Die posisie word vererger deur die xxxx dat daar ’n aansienlike begripsverwarring bestaan ten aansien van die komponente waaruit die ekstrinsieke getuienis-reël bestaan.6 Die gebreke in die Suid-Afrikaanse reg ten aansien van die reël is lankal reeds deur vooraanstaande skrywers op hierdie gebied, xxxx Zeffertt en Paizes, uitgewys.7
Daar is talle voorstanders vir die afskaffing van die integrasiereël,8 nie net in Suid-Afrika9 nie, maar ook in verskeie buitelandse jurisdiksies.10 Hierdie voorstanders gaan hoofsaaklik van die standpunt uit dat die reël geensins daarin slaag om regsekerheid, eenvoud en voorspelbaarheid tot gevolg te hê nie, dat dit gekompliseerd en verwarrend is, en dat dit onbillik teen “onskuldige” kontrakspartye kan inwerk.
Aan die xxxxx xxxx is daar ook ’n aantal (alhoewel in die minderheid) voorstanders vir die behoud van die reël. Die hoofargumente van hierdie voorstanders is dat die reël regsekerheid, eenvoud en voorspelbaarheid tot
5 Sien byvoorbeeld DT Xxxxxxxx, AP Xxxxxx & A St Q Xxxxx The South African Law of Evidence (2003) 324-326; Xxxxxxxx & Paizes Parol Evidence 8-16; Xxx xxx Xxxxx et al Contract 173-178; XX Xxxxxxxxx “A Reconsideration of the Admissibility of Extrinsic Evidence in the Interpretation of Contracts” (1999) TSAR 344 350; PSG Xxxx “Abolition of the Parol Evidence Rule: A Rebuttal” (1987) De Rebus 155.
6 Sien byvoorbeeld Xxxxxxxx et al South African Law of Evidence 321, Xxxxxxxx & Paizes Parol Evidence 1-2 en XX Xxxxxxxxxx & SJ van der Merwe Principles of Evidence 2 uitg (2002) 37 waar die Engelse begrip “parol evidence rule” aangewend word om xx xxxxxx na die “ekstrinsieke getuienis-reël”, en XXX Xxxxxxx & H Xxxxxxxxx Bewysreg 4 uitg (2000) 353; Xxxxxxx Bewysreg (1982) 593 en Schwikkard & Xxx xxx Xxxxx Principles of Evidence 38 waar die begrip “parol evidence rule” aangewend word om xx xxxxxx na die xxxxx begrip van die “integrasiereël”. Hierdie begripsverwarring het ook inslag gevind in die Suid-Afrikaanse gewysdes. In die onlangse Engelse xxxx van KPMG LLP v Network Rail Infrastructure Ltd [2006] EWHC 67 (Ch) word die “parol evidence rule” gelykgestel aan die “integrasiereël”. Ook in die Suid-Afrikaanse sake van Philmatt (Pty) Ltd v Mosselbank Developments CC 1996 2 SA 15 (HHA) en Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd 2007 3 SA 266 (HHA) word die begrip “parol evidence rule” en die begrip “integration rule” as sinonieme aangewend. Hierdie terminologie is ook onder andere aangewend in Hartland Implemente (Edms) Bpk v Enal Eiendomme BK 2002 3 SA 653 (NC) 668 en Simon v DCU Holdings (Pty) Ltd 2000 3 SA 202 (T) 212. In Xxxxxx-Xxxxx v Xxxxxxx 1973 1 SA 655
(K) 658 aan die xxxxx xxxx xxxxxx Xxxxxxx R (xxxx xx toe was) egter weer na die interpretasiereël as een
van die fasette van die “well-known parol evidence rule”. Xxxxxxx X xxxx dus die “parol evidence rule” as ’n oorkoepelende begrip wat uit twee subreëls bestaan waarvan die “interpretasiereël” een uitmaak. In Xxxx x Xxxxxxx 1971 4 SA 148 (T) 154 is die woord “paroolgetuienisreël” selfs gebruik as sinoniem vir die integrasiereël. In Verulam Fuel Distributors CC v Truck & General Insurance Co Ltd 2005 1 SA 70 (W) het die hof met goedkeuring xxxxxx xx Kliptown Clothing Industries (Pty) Ltd v Marine and Trade Insurance Co of SA Ltd 1961 1 SA 103 (A) 107-108 waar die appèlhof die begrip “parol evidence rule” gelykgestel het aan die reël wat bepaal dat ekstrinsieke getuienis nie aangewend mag word om die ondubbelsinnige betekenis van ’n woord vervat in ’n skriftelike kontrak te wysig nie (waarna in hierdie artikel as die “interpretasiereël” xxxxxx word). Hierdie terminologie is ook onder andere aangewend deur Xxxxx R in die hof a quo. Kroon R het daarna xxxxxx in Harlech-Xxxxx Treasure Architects CC v University of Fort Hare 2002 5 SA 32 (E) 35 en Van Wyk v Rottcher’s Saw Xxxxx (Pty) Ltd 1948 1 SA 983
(A) 990-992. In AXZS Industries v X X Xxxxxx (Pty) Ltd 2004 4 SA 186 (W) het die hof met goedkeuring xxxxxx xx Tschirpig v Xxxxx 1959 3 SA 287 (N) 287, 290 waar die hof die begrip “parol evidence rule” en die begrip “extrinsic evidence rule” as sinonieme aangewend het.
7 Xxxxxxxx & Paizes Parol Evidence 1-5.
8 Aangesien die xxxxxxx van die integrasiereël en die interpretasiereël asook die doelwitte wat hierdie reëls poog om na te streef so wesenlik van mekaar verskil xxx xxxx in die bespreking wat hierna volg slegs gefokus word op ’n analise van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.
9 Sien byvoorbeeld Xxxxxxxx et al South African Law of Evidence 324-326; Xxxxxxxx & Paizes Parol Evidence
4; Xxx xxx Xxxxx et al Contract 178.
10 Sien vn 4 hierbo.
gevolg het en beskerming xxxxxxx aan die onskendbaarheid (sanctity) van die skriftelike kontrak.11
Hierdie artikel is gemik op ’n oorsigtelike bespreking van die toepassing van die integrasiereël, asook ’n analise van die bestaande kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings xxxx toegepas in die Suid-Afrikaanse kontraktereg. Op grond hiervan xxx xxxx ’n kritiese ontleding gemaak word van of die huidige toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg in lyn is met sodanige kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings en of die reël in sy huidige gedaante derhalwe nog enige bestaansreg behoort te hê.
2 Toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse reg
Die essensie van die integrasiereël word baie goed as volg deur Xxxxxxx opgesom:
“This process of embodying the terms of a jural act in a single memorial may be termed the integration of the act, i.e. its formation from scattered parts into an integral documentary unity. The practical consequence of this is that its scattered parts, in their former and incohate shape, do not have any jural effect; they are replaced by a single embodiment of the act. In other words: When a jural act is embodied in a single memorial, all other utterances of the parties on that topic are legally immaterial for the purpose of determining what are the terms of their act.”12
Ons xxxx is xxx ook grootliks deur die standpunte van Wigmore beïnvloed en het hierdie aspek van die ekstrinsieke getuienis-reël as die toepassing van die relevantheidsteorie benader. Dit het ingehou dat die uiteensetting van ’n regshandeling in ’n geskrewe stuk alle vorige of gelyktydige uitinge van die partye regtens irrelevant gemaak het vir doeleindes van die vasstelling van die bedinge van die ooreenkoms.13
Hierdie benadering het aanleiding gegee tot die formulering van die sogenaamde integrasie- en gedeeltelike integrasie- ( partial integration) reëls, wat voorgegee het om aan die bedoeling van die partye betrokke by die ooreenkoms uitwerking xx xxx.14 In die geval waar die partye bedoel het dat die geskrewe stuk finaal en volledig xxxx xxxx, het volle integrasie plaasgevind, en was dit ontoelaatbaar om die dokument deur middel van getuienis van vorige of gelyktydige ooreenkomste aan te vul of te weerspreek. Waar die bedoeling egter was dat die geskrewe stuk finaal xxxx xxxx, maar nie die volledige ooreenkoms tussen die partye uiteengesit het nie, het gedeeltelike integrasie plaasgevind en, alhoewel die dokument nie weerspreek kon word nie, kon dit deur ekstrinsieke getuienis aangevul word.15
Uit voorgaande blyk dit duidelik dat die totstandkoming van ’n integrasie totaal en al afhanklik is van die bedoeling van die partye. Wat egter minder duidelik is, is op xxxxx xxxx hierdie bedoeling vasgestel moet word. Die
11 Sien byvoorbeeld Xxxxxxxxx (1999) TSAR 350; Xxxx (1987) De Rebus 156.
12 XX Xxxxxxx A Treatise on the Anglo-American System of Evidence in Trials at Common Law 9 3 uitg (1940) par 2425 (eie beklemtoning), met goedkeuring aangehaal in die bekende xxxx van National Board (Pretoria) (Pty) Ltd v Estate Swanepoel 1975 3 SA 16 (A) 26.
13 Xxxxxxxx & Paizes Parol Evidence 2.
14 2.
15 2.
beginsels wat toegepas moet word om hierdie bedoeling van die partye vas te stel, het aanleiding gegee tot die totstandkoming van ten minste twee denkskole.
Die eerste denkskool, xxxx voorgestaan xxxx Xxxxxx, is geskoei op die vasstelling van die ware bedoeling van die partye deur alle getuienis toe te laat wat vir hierdie vasstelling relevant is.16
Die tweede denkskool, xxxx voorgestaan deur Xxxxxxxxx, plaas ook die bedoeling van die partye op die voorgrond van die ondersoek, maar deur ’n verbod op die aanbieding van sekere relevante getuienis xx xxxxx, word daar in baie gevalle tot ’n kunsmatige of fiktiewe simulasie van sodanige bedoeling gekom.17
Daar moet saamgestem word met Xxxxxxxx en Paizes se standpunt dat:
“Whether Xxxxxx’x or Xxxxxxxxx’x view is to be preferred is ultimately a matter to be determined by considerations of fundamental judicial policy.”18
Hierdie standpunt word baie goed uitgebrei deur Calamari en Xxxxxxx waar hierdie skrywers verklaar dat daar twee verskillende beleidsrigtings is wat nagevolg kan word. Aan die een xxxx is daar die beleidsrigting wat bepaal dat die publiek beter gedien word indien daar uitwerking gegee word aan die partye se algehele ooreenkoms, mondeling en skriftelik, selfs al bestaan daar ’n risiko dat daar ongeregtighede kan plaasvind deur middel van bedrog. Aan die xxxxx xxxx is daar die beleidsrigting wat bepaal dat die sekuriteit verbonde aan transaksies vereis dat die partye hulle algehele ooreenkoms op skrif moet stel, selfs al xxx dit aanleiding gee tot ongeregtighede wat per geleentheid mag plaasvind.19
3 Uitsonderings op die integrasiereël
Volgens Xxxxxxxx en Paizes het die Williston-benadering,20 of xxx ten minste die tradisionele benadering wat dit weerspieël, aanleiding gegee tot die onvermybare gevolg dat daar ’n algemene integrasiereël deur die Suid-Afrikaanse xxxx, waarop daar ’n aantal kategorieë uitsonderings bestaan, geformuleer is.21 Talle skrywers is egter, myns insiens heeltemal tereg, van mening dat die verskillende kategorieë van toelaatbare getuienis nie kwalifiseer as egte uitsonderings op die integrasiereël nie, maar eerder as gevalle wat buite die xxxxxxx van die reël val.22 Hoe dit ookal sy is die
16 XX Xxxxxx Xxxxxx on Contracts: A Comprehensive Treatise on the Rules of Contract Law III (1960) par 573.
17 XX Xxxxxxxxx A Treatise on the Law of Contracts IV 3 uitg (1961) par 610, 618.
18 Xxxxxxxx & Paizes Parol Evidence 4.
19 XX Xxxxxxxx & XX Xxxxxxx The Law of Contracts (1970) 109.
20 Sien die bespreking hierbo. Vir ’n volledige bespreking van hierdie uitsonderingsgevalle xxxx Xxxxxxx
Bewysreg 596-602; Xxxxxxxx et al South African Law of Evidence 327-338.
21 Xxxxxxxx & Paizes Parol Evidence 5.
22 Sien byvoorbeeld Xxxxxxx Bewysreg 596-597.
volgende uitsonderingsgevalle deur die xxxx geformuleer: memoranda,23 handels- en plaaslike gebruike,24 ongeldige regshandelinge,25 gesimuleerde kontrakte,26 kollaterale bedinge,27 latere kontrakswysigings,28 opskortende voorwaardes,29 addisionele partye30 en gevalle waar rektifikasie toepassing vind.31
4 Verslag van die Suid-Afrikaanse Regskommissie
In April 1998 het die Suid-Afrikaanse Regskommissie ’n verslag aan die Minister van Justisie ten aansien van onredelike bedinge in kontrakte en die rektifikasie van kontrakte voorgelê.32 Hierdie verslag het ook bestaan uit ’n aansienlike gedeelte wat gehandel het oor die ekstrinsieke getuienis-reël33 en daar is sekere radikale aanbevelings ten opsigte daarvan gemaak.34
Die Suid-Afrikaanse Regskommissie was van mening dat die nadele verbonde aan die ekstrinsieke getuienis-reël die voordele van regsekerheid en finaliteit oorskry.35 Die Kommissie was verder van mening dat meer subjektiewe getuienis toelaatbaar behoort xx xxxx ten einde die werklike bedoeling van die partye vas te stel.36 Die Kommissie het xxx ook wetgewing
23 Sien byvoorbeeld Union Government (Minister of Finance) v Chatwin 1931 TPD 317; Xxxxx v Afrikaanse Nasionale Afslaers en Agentskap Maatskappy (Eiendoms) Beperk 1951 3 SA 317 (A); Netherlands Bank of XX x Xxxxx 1955 1 SA 667 (W); Xxxxxx v Xxxxxxxx and Xxxxx Ltd 1977 1 SA 625 (A); Xx Xxxxxxx v Van Deventer 1960 2 SA 544 (A); Xxxxxxxx, Verster en Malherbe Bpk v De Wet 1963 1 SA 835 (O); Xxxx x Xxxxxxx 1971 4 SA 148 (T).
24 Sien byvoorbeeld Xxxxx x Xxxxxxx’x Cape Breweries Ltd 1924 AD 289.
25 Sien byvoorbeeld Xxxxxx v Cape Times Ltd 1962 CPD 144; Xxxxxxxx v Xxxxx 1978 3 SA 16 (O); Xxxxxx and Munnik v Xxxxxx Xxxx & Co Ltd 1965 4 SA 313 (T); Xxxxxxxx v Xxxxx 1978 1 SA 1170 (K); Xxx x Xxxxxxx 1993 4 SA 788 (SO) 796; Xxxxxx v Credit Corporation of South Africa Ltd 1964 3 SA 451 (T); Philmatt (Pty) Ltd v Mosselbank Developments CC 1996 2 SA 15 (HHA).
26 Sien byvoorbeeld Xxxxx v Commissioner for Inland Revenue 1948 4 SA 616 (T); Xxxxxxx v Moodley 1991 1 SA 358 (N); Xxxxxx v Xxxxxxxxx 1962 4 SA 651 (T); Xxxxxx v Baldachin Bros 1920 AD 312; Xxxxxxxx x Xxxxxxxxx 1981 1 SA 606 (W).
27 Sien byvoorbeeld Xxxx x Xxxxxxxx 1943 AD 331; Xxxxx v Botha 1943 KPD 176; Xxxxxxxxxxx v Burger 1955 1 SA 476 (T); Xx Xxxxxxx v Nel 1952 1 SA 513 (A); Xxxxxxxx v Xxxxxxx 1938 TPD 458; Xxxxxxx v Xxxxxxxxx 1909 TS 169.
28 Sien byvoorbeeld SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Bpk v Shifren 1964 4 SA 760 (A); Xxxxxx v Xxxxx 1979 3 SA 687 (T); Oceanair (Natal) Pty Ltd v Sher 1980 1 SA 317 (D) 324; Xxxxxxx v Drotsky 2002 4 SA 1 (HHA); Impala Distributors v Taunus Chemical Manufacturing Co (Pty) Ltd 1975 3 SA 273 (T); Xxxxxxx v Van der Merwe 1980 3 SA 606 (T); Van As v Du Preez 1981 3 SA 760 (T).
29 Sien byvoorbeeld Stiglingh v Theron 1907 TS 998; Philmatt (Pty) Ltd v Mosselbank Developments CC 1996 2 SA 15 (HHA); Xxxxxx v Cape Town Stevedoring Co 1916 CPD 540; Xxxxx & Sons v Xxxxxxx 1916 TPD 51; Thiart v Kraukamp 1967 3 SA 219 (T); Xxxxxxxx v Xxxx 1980 3 SA 927 (A); Sealed Africa (Pty) Ltd v Xxxxx 2006 3 SA 65 (W).
30 Sien byvoorbeeld Xxxxxxxxx v Xxxxxxx 1955 1 SA 524 (A); Xxxxx v Xxxxxx 1910 WLD 311; Xxxx v Xxxxxx 1909 TS 150; Xxxxxx v Rheeder 1972 2 SA 391 (O); Mineworkers’ Union v Cook 1959 1 SA 709 (W); Xxxxxx v Pienaar 1968 3 SA 195 (A).
31 Sien byvoorbeeld Tesven CC v South African Bank of Athens 1999 4 All SA 396 (A); Weinerlein v Goch Buildings Ltd 1925 AD 282; Venter v Liebenberg 1954 3 SA 333 (T); Xxxxxx v Hanekom 1959 3 SA 35 (A); Xxxxxxxx v Nieuwoudt 1971 4 SA 161 (O); Xxxxx v Xxxxxxxx 1977 1 SA 537 (T); AXZS Industries v XX Xxxxxx (Pty) Ltd 2004 4 SA 186 (W).
32 Suid Afrikaanse Regskommissie Report on Unreasonable Stipulations in Contracts and the Rectification of Contracts Projek 47 (1998). Vir ’n meer volledige bespreking van hierdie verslag xxxx Xxxxxxxxx (1999) TSAR 344; Bekker Die Ekstrinsieke Getuienis-reël in die Suid-Afrikaanse Kontraktereg.
33 Suid Afrikaanse Regskommissie Report on Unreasonable Stipulations in Contracts 195-212.
00 000-000.
00 000-000, 210-211.
00 000-000.
beskou as die enigste werkbare oplossing vir die afskaffing of modifikasie van
die reël.37
Dit blyk egter, myns insiens, dat die Suid-Afrikaanse Regskommissie se aanbevelings ten aansien van die ekstrinsieke getuienis-reël tekort skiet. In die eerste plek word die indruk geskep dat die Kommissie slegs na die interpretasiereël xxxxxx in hulle voorgestelde wetgewing en geensins na die integrasiereël nie.38 Tweedens is die voorstel van die Kommissie heeltemal te kripties en is die Kommissie se voorstelle oorvereenvoudig.39 Dit is xxx ook nie verbasend nie dat sedert hierdie aanbevelings gemaak is, daar reeds meer as ’n dekade verloop het en sodanige aanbevelings klaarblyklik intussen ’n stadige dood gesterf het.
5 Die grondslag van kontraktuele aanspreeklikheid
In ’n onlangse studie is die standpunt ingeneem dat daar regverdiging is vir drie algemene benaderings tot kontraktuele aanspreeklikheid wat in die Suid-Afrikaanse regspraak sigbaar is:40
• Eerstens is daar ’n subjektiewe benadering wat gekwalifiseer word deur die
leerstuk van estoppel in gevalle van dissensus.
• Tweedens is daar ’n subjektiewe benadering wat gekwalifiseer word deur ’n
direkte toepassing van die vertrouensteorie in gevalle van dissensus.
• Laastens is daar ’n objektiewe benadering wat gekwalifiseer word deur die
iustus error- benadering.
Xxxxxxxx die eerste benadering in teorie nog xxxx uitmaak van die Suid-
Afrikaanse kontraktereg, is die gebruik daarvan deur die xxxx vir alle praktiese doeleindes gestaak na die bekende xxxx van Sonap Petroleum (SA) (Pty) Ltd (formerly known as Sonarep (SA) (Pty) Ltd) v Pappadogianis.41
Die tweede, subjektiewe benadering, bepaal die totstandkoming van ’n kontrak deur na die werklike subjektiewe bedoelings van die kontrakspartye te kyk. As daar geen daadwerklike wilsooreenstemming tussen die partye bestaan nie, kan geen kontrak tot stand kom nie. Die partye is derhalwe nie kontraktueel gebonde waar wilsooreenstemming verhinder word deur een of ander faktor, xxxx dwaling, nie.42
00 000-000.
38 Vir ’n meer volledige bespreking xxxx Xxxxxx Die Ekstrinsieke Getuienis-reël in die Suid-Afrikaanse Kontraktereg 300-316.
00 000-000.
40 X-X Xxxxxxxxx The Basis of Contractual Liability: A Comparative Study LLD tesis Universiteit van Suid- Afrika (2002) 428.
41 1992 3 SA 234 (A).
42 Xxx xxx Xxxxx et al Contract 22; XX Xxxxxxxx The Law of Contract in South Africa 5 uitg (2006) 1; XX Xxxxxxx General Principles of the Law of Contract (1987) 79; XX Xxxxx & XX Xxxxxx Xxxxxx and Xxxxxxxx Contract: Cases, Materials and Commentary 3 uitg (1988) 106; Xxxxxxxxx The Basis of Contractual Liability 11.
Hierdie benadering geniet groot steun in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.43 In Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman44 het Xxxxxx AR hierdie beginsel as volg verwoord:
“In die algemeen word geleer dat die grondslag van ’n ooreenkoms consensus ad idem, wilsooreenstemming, tussen die partye is. Ons bronne, literatuur en regspraak is deurspek met ’n terminologie en stellings wat daarop dui dat met consensus bedoel word die saamval van wat elke party werklik (psigologies) wil.”45
Die teoretiese grondslag van hierdie benadering staan bekend as die sogenaamde wilsteorie.46
Die subjektiewe benadering word gekwalifiseer deur die toepassing van direkte vertrouensbeskerming. Volgens direkte vertrouensbeskerming kan ’n kontraksparty gebonde gehou word aan ’n kontrak indien hy die redelike vertroue by die ander kontraksparty gewek het dat hy dieselfde bedoeling as sodanige party gehad het. Die kontrak berus dus op die redelike vertroue wat gewek is dat daar wel wilsooreenstemming bestaan, selfs al is daar geen werklike wilsooreenstemming tussen die partye nie.47
Hierdie benadering is tans stewig ingeburger in die Suid-Afrikaanse kontraktereg. Ingevolge hierdie benadering word die subjektiewe benadering in die eerste plek toegepas by die vasstelling van kontraktuele aanspreeklikheid. Aangesien die subjektiewe benadering egter nie altyd aanvaarbare resultate tot gevolg het nie, het ons xxxx ook die toepassing van direkte vertrouensbeskerming in sekere omstandighede aangeneem.48 In Mondorp Eiendomsagentskap (Edms) Bpk v Xxxx het die Appèlhof dit as volg verduidelik:
“[Dit] word vry algemeen aanvaar dat die wilsteorie, as grondslag van kontraktuele gebondenheid in ons reg, in gepaste gevalle deur die vertrouensteorie getemper word.”49
Die derde, objektiewe benadering, bepaal dat die totstandkoming van ’n kontrak op die basis van die kontrakspartye se objektiewe ooreenstemmende verklarings van hulle bedoeling vasgestel word, terwyl hulle subjektiewe bedoelings geensins ’n rol speel nie. Daar word derhalwe gekyk na die
43 Société Commerciale de Moteurs v Ackermann 1981 3 SA 422 (A); Xxxxx v SA Motor Industry Employers Association 1981 3 SA 1189 (A).
44 1979 3 SA 978 (A).
45 993.
46 Xxx xxx Xxxxx et al Contract 22; Xxxxxxxx The Law of Contract 1; Xxxxxxx General Principles 79; Xxxxx & Xxxxxx Xxxxxx and Xxxxxxxx Contract 106; Xxxxxxxxx The Basis of Contractual Liability 11.
47 Xxx xxx Xxxxx et al Contract 38; Xxxxxxxx The Law of Contract 1; Xxxxxxx General Principles 80; XX Xxxx The Principles of the Law of Contract 6 uitg (2002) 20, 23; Xxxxx & Xxxxxx Xxxxxx and Xxxxxxxx Contract 106; Xxxxxxxxx The Basis of Contractual Liability 65.
48 Mondorp Eiendomsagentskap (Edms) Bpk v Xxxx 1979 4 SA 74 (A); Société Commerciale de Moteurs v Ackermann 1981 3 SA 422 (A); Horty Investments (Pty) Ltd v Interior Acoustics (Pty) Ltd 1984 3 SA 537 (W); Sonap Petroleum (SA) (Pty) Ltd (formerly known as Sonarep (SA) (Pty) Ltd) v Pappadogianis 1992 3 SA 234 (A).
49 Mondorp Eiendomsagentskap (Edms) Bpk v Xxxx 1979 4 SA 74 (A) 78.
objektiewe eksterne manifestasies van die partye se bedoelings.50 Die teoretiese grondslag van hierdie benadering staan bekend as die sogenaamde verklaringsteorie.51
Die objektiewe benadering word gekwalifiseer deur die toepassing van die iustus error-leerstuk, waarna ook xxxxxx word as indirekte vertrouensbeskerming.52 Aangeleenthede van dissensus word nie net altyd deur die xxxx beoordeel deur middel van ’n direkte ondersoek na die teenwoordigheid van werklike wilsooreenstemming of die redelike vertroue op die bestaan van wilsooreenstemming nie. Xxxxxxx voer ’n kontraksparty aan dat hy nie aan ’n kontrak gebonde is nie weens dwaling aan xx xxxx. Ingevolge die subjektiewe benadering is bewys van ’n wesenlike dwaling in so ’n geval voldoende. Indien die ander kontraksparty nogtans so ’n dwalende party gebonde xxx xxx aan die kontrak, xxx hy moet bewys dat daar ’n redelike vertroue van wilsooreenstemming gewek is. Die xxxx het egter ’n benadering in sodanige gevalle ontwikkel wat altwee hierdie stadiums in een proses saamvat. Hierdie benadering staan bekend as die iustus error-benadering.53
Ten spyte van kritiek uit verskeie oorde,54 is die iustus error-benadering tans ook stewig in ons reg ingeburger.55 Ingevolge die iustus error-benadering moet ’n party wat kontraktuele aanspreeklikheid wil vryspring deur op dwaling te steun, eerstens bewys dat die dwaling wesenlik was (xxxx xxxx die subjektiewe benadering vereis). Tweedens, moet sodanige party verder aantoon dat sy dwaling redelik was. Ten aansien van hierdie aspek wyk die iustus error-benadering van die wilsteorie in sy ongekwalifiseerde vorm af.
50 Xxx xxx Xxxxx et al Contract 24; Xxxxxxxx The Law of Contract 1; Xxxxxxx General Principles 80; Xxxxx & Xxxxxx Xxxxxx and Xxxxxxxx Contract 106; Xxxxxxxxx The Basis of Contractual Liability 48. Vir ’n goeie voorbeeld van die toepassing van die objektiewe benadering sien National and Overseas Distributors Corporation (Pty) Ltd v Potato Board 1958 2 SA 473 (A) 479 waar die Appèlhof hierdie benadering kortliks as volg opgesom het:
“If the respondent had been a natural person who had accepted a tender according to its terms, there is no doubt that a contract would have been made when the acceptance was communicated to the tenderer, as by posting it. It would not be possible for such a natural person, if he repudiated, to escape liability by proving that he had posted the wrong letter or the like. That follows from the generally objective approach to the creation of contracts which our law follows. (See van Ryn Wine and Spirit Co v Chandos Bar, 1928 T.P.D. 417 at pp. 424, 425; Xxxxx and Xxxxxxx (S.A.) Ltd v Xxxxxx, 1940 CPD 647 at pp. 650, 651; and the cases therein cited.).”
51 In die Engelse reg word daar ’n “objektiewe teorie van bedoeling” toegepas. Vir meer hieroor xxxx X Xxxxx & X Xxxxxxx The Common Law of Obligations 3 uitg (2000) 142-145.
52 Xxx xxx Xxxxx et al Contract 42-43; Xxxxxxxx The Law of Contract 313-329; Xxxxxxx General Principles 79; Xxxx Principles of the Law of Contract 242-243; Xxxxxxxxx The Basis of Contractual Liability 403; S van der Merwe “Die Duiwel, die Hof en die Wil van ’n Kontraktant” in J Xxxxxxxxx (red) XX Xxxxxx: ’n Feesbundel (1979) 13; MFB Xxxxxxxx & S van der Merwe “Dwaling by Kontraksluiting: Horty Investments (Pty) Ltd v Interior Accoustics (Pty) Ltd 1984 3 SA 537 (W)” (1984) TSAR 000 000-000; MFB Xxxxxxxx “Regstreekse of Onregstreekse Toepassing van die Vertrouensteorie?” (1989) TSAR 509 510.
53 Horty Investments (Pty) Ltd v Interior Acoustics (Pty) Ltd 1984 3 SA 537 (W); Xxxxx v Standard Bank National Credit Corporation Ltd 1985 2 SA 378 (K); Du Toit v Xxxxxxxx’x Motors Bpk 1985 2 SA 893 (A); Spindrifter (Pty) Ltd v Xxxxxx Xxxxxxx (Pty) Ltd 1986 1 SA 303 (A); Nasionale Behuisingskommissie v Greyling 1986 4 SA 917 (T); Kempston Hire (Pty) Ltd v Snyman 1988 4 SA 465 (T); Xxx x Xxxxxxx 1993 4 SA 788 (SOK); Xxxxxxx v Morkel 1994 1 SA 249 (K); Dlovo v Xxxxx Xxxxxx Motors Ltd 1994 2 SA 518 (K); Lake v Caithness 1997 1 SA 667 (E); Xxxxxxxx v Xxxxxxxx 1997 2 SA 854 (K); Prins v ABSA Bank 1998 3 SA 904 (K); Hlobo v Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund 2001 2 SA 59 (HHA); Brink v Xxxxxxxxx & Xxxxxx (Pty) Ltd 2005 2 SA 419 (HHA); Xxx Xxxxxxx v Van Aartsen 2006 4 SA 131 (T).
54 Sien byvoorbeeld Xxxxxxxx & Xxx xxx Xxxxx (1984) TSAR 290; Xxxxxxxx (1989) TSAR 509; Xxx xxx Xxxxx et al Contract 51-52.
55 Sien die gewysdes aangehaal in vn 53 hierbo.
Deurdat die xxxx ook vereis dat ’n wesenlike dwaling redelik moet wees, het hulle die uitwerking wat dissensus deur middel van ’n subjektiewe dwaling op die bestaan van ’n kontrak kan hê, aansienlik beperk. Op hierdie wyse het die finale besluit oor die ontstaan van ’n kontrak afhanklik geraak van subjektiewe, sowel as objektiewe, faktore.56
6 Kritiek teen die grondslag van die integrasiereël in die lig van die kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings
Wat kritiek teen die grondslag van die integrasiereël in die lig van die Suid- Afrikaanse kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings aanbetref, moet daar ’n onderskeid getref word tussen gevalle waar daar ’n integrasiebeding in die skriftelike kontrak vervat word en gevalle waar daar nie sodanige beding in die kontrak vervat word nie.
Wat die eerste gevalle aanbetref is dit duidelik dat die partye uitdruklik kan ooreenkom om hulle volle ooreenkoms in die skriftelike kontrak te integreer deur die insluiting van ’n integrasiebeding in die kontrak. Dit gebeur dikwels dat partye hulle toevlug neem tot ’n beding wat ontwerp is om die status van ’n dokument as ’n integrasie onbetwisbaar xx xxxx. Daar is al verskeie benamings aan sodanige beding of klousule gegee, byvoorbeeld integrasiebeding,57 samesmeltingsbeding,58 enigste-ooreenkomsbeding59 en volle-ooreenkomsbeding.60 In so ’n geval kan die besluit om te integreer op die werklike subjektiewe bedoeling van die partye berus en verteenwoordig dit xxx ’n uitdrukking van die wilsteorie.61
Wat is egter die posisie waar die insluiting van sodanige beding nie die partye se werklike bedoeling reflekteer nie? Dit is duidelik dat daar in so ’n geval nie van wilsooreenstemming ten aansien van die integrasiebeding sprake is nie. Indien die subjektiewe benadering tot kontraktuele aanspreeklikheid, xxxx gekwalifiseer deur direkte vertrouensbeskerming, op hierdie situasie van toepassing gemaak word, beteken dit dat ’n party gebonde gehou behoort te kan word aan slegs die skriftelike kontrak (integrasiebeding) op grond van die vertroue van integrasie wat hy by die ander party gewek het.62
Hierdie vertroue xxx daaruit bestaan dat ’n party die skriftelike kontrak onderteken het waar daar ’n integrasiebeding in die skriftelike kontrak vervat is (caveat subscriptor).63 Waar daar ’n integrasiebeding in die
56 Xxx xxx Xxxxx et al Contract 43; Xxxx Principles of the Law of Contract 243.
57 Spur Steak Ranch Ltd x Xxxxx 0000 0 XX 000 (K).
58 VSA Motors Distributors (Pty) Ltd v Xxxxxxx 1980 3 SA 1164 (D).
59 Bowring Barclays & Genote (Edms) Bpk v Xx Xxxx 1991 1 SA 145 (SWA).
60 Standard Bank of SA Ltd v Xxxxx (1) 1993 3 SA 846 (SOK); Sealed Africa (Pty) Ltd v Xxxxx 2006 3 SA 65 (W).
61 Sien die bespreking in xxxx 5 hierbo.
62 Alhoewel daar, sover vasgestel is, nie enige spesifieke gesag is waar die xxxx die vertrouensteorie of iustus error aangewend het waar daar sprake was van ’n integrasiebeding nie, is daar, myns insiens, geen rede waarom die algemene beginsels xxxx geformuleer deur die xxxx nie ook in so ’n geval van toepassing behoort xx xxxx nie. Xxxx die bespreking in xxxx 5 hierbo.
63 Hierdie regsbeginsel is as volg uiteengesit deur Xxxxx XX in Burger v Central South African Railways
1903 TS 571 578:
“It is a sound principle of law that a man, when he signs a contract, is taken to be bound by the ordinary meaning and effect of the words which appear over his signature.”
skriftelike kontrak vervat word en ’n party die kontrak onderteken sonder dat hy die bedoeling het om te integreer, xxx hy, myns insiens, natuurlik wel aanspreeklik gehou kan word indien hy ’n redelike vertroue by die ander party gewek het dat hy wel gebonde is aan sodanige beding.64 Waar die ander party egter nie mislei is deur die handeling van ondertekening van die skriftelike kontrak deur die ander party nie, (xxxx by die ondertekening van ’n standaardbedingkontrak waar die ander party duidelik sien dat die kontrak nie gelees word voor ondertekening nie), behoort sodanige party egter nie gebonde gehou te kan word aan sodanige beding nie. Weens die xxxxxxx van die integrasiereël xxx dit tans in die praktyk egter slegs beteken dat sodanige party toegelaat xxx word om ekstrinsieke getuienis aan xx xxxx om aan te toon dat daar slegs ’n gedeeltelike integrasie van die partye se ooreenkoms plaasgevind het en mag sodanige getuienis nie die bedinge van die skriftelike hoofkontrak weerspreek nie.
Dit is xxx ook waar die probleem ten aansien van die toepassing van die integrasiereël ontstaan. Waar ’n kontraksparty wat nie gebonde gehou wil word aan ’n integrasiebeding nie, getuienis sou wou aanbied van ’n teenstrydige kollaterale ooreenkoms, juis met die doel om aan te toon dat hy nie ’n redelike vertroue van integrasie by die afdwinger van die integrasiebeding gewek het nie, sal sodanige getuienis nie toelaatbaar wees nie weens die xxxxxxx van die integrasiereël. In die lig van die subjektiewe benadering tot kontraktuele aanspreeklikheid beteken dit dat getuienis van ’n gebrek aan werklike wilsooreenstemming uitgesluit word weens die xxxxxxx van hierdie reël.65
Wat die objektiewe benadering, (xxxx gekwalifiseer deur die iustus error- leerstuk),66 tot kontraktuele aanspreeklikheid aanbetref is dit duidelik dat die partye se objektiewe ooreenstemmende verklarings dui op ’n integrasie van hulle volle ooreenkoms in die skriftelike kontrak. Dit xxx die posisie wees waar daar ’n integrasiebeding in die skriftelike kontrak vervat word. In so ’n geval berus die besluit om te integreer op die objektiewe ooreenstemmende verklarings van die partye en verteenwoordig dit derhalwe ’n uitdrukking van die verklaringsteorie.67
64 In die algemeen, sien die gewysdes aangehaal in vn 47 hierbo. Alhoewel hierdie gewysdes spesifiek handel met die situasie waar ’n party aanspreeklikheid wil ontkom ten aansien van ’n kontrak in sy geheel, behoort daar geen rede xx xxxx waarom dit nie ook van toepassing kan wees waar ’n party aanspreeklikheid wil vryspring ten aansien van ’n spesifieke beding van die kontrak nie. Vergelyk byvoorbeeld Xxxxxx v Fairmead 1958 2 SA 465 (A) 471A-D, waar die hof gevra het “[w]hen can an error be said to be iustus for the purpose of entitling a man to repudiate his apparent assent to a contractual term?” (Eie beklemtoning). Hierdie moontlikheid is xxx ook spesifiek vergestalt in die volgende aanhaling deur Xxx Xxxxxxx AR in Du Toit v Xxxxxxxx’x Motors Bpk 1985 2 SA 893 (A):
“Na my mening het die respondent dus deur stilswye die appellant mislei, en is sy dwaling aangaande die aanspreeklikheid van die respondent ingevolge die dokument wel xxxxxx error. Of die appellant as gevolg daarvan hoegenaamd nie aan die bepalings van die dokument gebonde is nie, is nie ter sake en kan tersy gelaat word. Op xx xxxxx vir die respondent is die appellant nie gebonde nie aan para 6 insoverre dit aanspreeklikheid uitsluit vir voorstellings vervat in die advertensie.” (Eie beklemtoning).
65 Daar moet in gedagte gehou word dat die getuienis ten aansien van die teenstrydige kollaterale ooreenkoms aangebied word met ’n tweeledige doel: eerstens om aan te toon dat daar nie wilsooreenstemming bestaan het ten aansien van die insluiting van die integrasiebeding in die skriftelike hoof kontrak nie, en, tweedens om te steun op die beding(e) xxxx vervat in sodanige teenstrydige kollaterale ooreenkoms.
66 Xxxx die bespreking in xxxx 5 hierbo.
67 Xxxx die bespreking in xxxx 5 hierbo.
Waar ’n party egter wil aantoon dat hy, ten spyte van sy objektiewe ooreenstemmende verklaring, nie aan die integrasiebeding gebonde gehou behoort te word xxx xxx hy eerstens moet aantoon dat daar ’n subjektiewe wesenlike dwaling aan xx xxxx was ten aansien van die regsgevolge van die integrasiebeding en, tweedens, dat sy dwaling objektief redelik was in die omstandighede. Die ontkenner van die integrasiebeding xxx xxxxx weer eens verbied word om getuienis aan xx xxxx van die aangaan van ’n teenstrydige kollaterale ooreenkoms om aan te toon dat daar ’n redelike dwaling by hom aanwesig was ten aansien van die regsgevolge van die skriftelike kontrak. Indien dit nie vir die bestaan van die integrasiereël was nie, sou die bedingontkenner wel getuienis kon aanbied van sodanige kollaterale teenstrydige ooreenkoms wat xxx ook duidelik sou kon uitwys dat sy dwaling ten aansien van die regsgevolge van die integrasiebeding wel redelik was in die omstandighede. Die toets van ’n wesenlike en redelike dwaling xxxx uiteengesit deur die iustus error-benadering word derhalwe verhinder deur die huidige xxxxxx toepassing van die integrasiereël in ons reg.
Die feite van Xx Xxxxxxx v Nel68 kan aangewend word ter illustrasie van bogemelde standpunt. In hierdie xxxx het die eiseres en die verweerder ’n skriftelike kontrak aangegaan ingevolge waarvan die eiseres aan die verweerder haar plaas verkoop het, uitgesonderd twee gedeeltes waarvandaan xx xxxxx andere ’n algemene handelaarswinkel bedryf het. Voordat die skriftelike kontrak egter gesluit is, het die partye ’n mondelinge ooreenkoms aangegaan ingevolge waarvan die verweerder onderneem het om toekomstige kliënte van die eiseres toe te laat om oor die eiendom wat sy aan hom sou verkoop te beweeg xx xxxx xxxxxx toe.
Op grond hiervan het die eiseres ’n aksie teen die verweerder ingestel en onder andere versoek dat sy geregtig was:
• Op ’n bevel wat verklaar dat sy geregtig was op die registrasie van ’n serwituut van reg-van-weg oor die gedeelte van die plaas wat sy aan
die verweerder verkoop het na en vanaf haar xxxxxx ten xxxxxx van alle toekomstige kliënte wat die xxxxxx xxx wou besoek;
• Alternatiewelik op ’n bevel wat verklaar het dat alle toekomstige kliënte wat die xxxxxx besoek geregtig was op ’n reg van weg na en vanaf die xxxxxx.69
Die verweerder het ’n eksepsie aangeteken teen beide hierdie eise op die
basis dat dit nie ’n skuldoorsaak geopenbaar het nie. Een van die gronde waarop die eksepsie berus het, was dat die getuienis om die voorafgaande mondelinge ooreenkoms te bewys, ontoelaatbaar was aangesien dit teenstrydig was met die geskrewe koopkontrak. Die eksepsie is deur die hof a quo van die hand gewys en die verweerder het xxxxx teen die beslissing aangeteken na ’n volbank van die Appèlhof.70
68 1952 1 SA 513 (A).
69 532.
70 533.
Van den Heever AR het die meerderheidsuitspraak van die hof gelewer71 waarmee Centlivres HR72 en Xxxxx AR73 saamgestem het.74 Van den Heever AR het verklaar dat waar ’n koopkontrak die prys van die koopsaak uiteensit of dat die koopsaak sonder beswaring verkoop word, getuienis van ’n voorafgaande of gelyktydige mondelinge ooreenkoms nie toelaatbaar is om te bewys dat die koopprys iets anders was of dat die koopsaak onderhewig was aan ’n serwituut nie.75 Centlivres HR het bygevoeg dat die verpligting van die appellant (verweerder) om ’n reg-van-weg te verleen teenstrydig was met die bedinge van die skriftelike koopkontrak en getuienis van die mondelinge ooreenkoms derhalwe ontoelaatbaar was.76
Dit is nie duidelik of daar in hierdie aangeleentheid sprake was van die insluiting van ’n integrasiebeding in die skriftelike koopkontrak tussen die partye nie. Gestel egter, hipoteties gesproke en vir doeleindes van die toepassing van bogemelde standpunte ten aansien van die wisselwerking tussen die kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings en die integrasiereël op hierdie feitestel, dat daar wel sodanige beding in die skriftelike kontrak vervat was. Ten einde aanspreeklikheid ten opsigte van die betrokke integrasiebeding vry te spring ingevolge die subjektiewe benadering tot kontraktuele aanspreeklikheid, (xxxx gekwalifiseer deur direkte vertrouensbeskerming), sou die eiseres in so ’n geval xxxx xxx aantoon dat die verweerder nie mislei is deur haar ondertekening van die koopkontrak nie. Indien xx xxxxx getuienis sou wou aanbied van die teenstrydige kollaterale mondelinge ooreenkoms oor die betrokke reg van weg, juis om aan te dui dat die verweerder nie mislei is deur haar ondertekening van die skriftelike koopkontrak nie en dat sy derhalwe nie gebonde gehou behoort te word aan die integrasiebeding77 nie, sou die hof in alle waarskynlikheid nie hierdie getuienis toegelaat het oor die aangaan van sodanige teenstrydige kollaterale ooreenkoms nie. Hierdie
00 000-000.
00 000-000.
73 540.
74 Xxxxxxxxx AR (met wie Xxxxxxxxx AR saamgestem het) het in ’n minderheidsuitspraak aangevoer dat die mondelinge ooreenkoms beteken het dat, nadat die appellant (verweerder) die eienaar van die eiendom geword het deur registrasie, hy ’n serwituut van reg-van-weg aan die respondent (eiseres) xxx xxxxxxx. Volgens die minderheidsuitspraak was die mondelinge ooreenkoms derhalwe nie teenstrydig met die skriftelike koopkontrak ten aansien van die koopprys van die eiendom nie en was getuienis van sodanige ooreenkoms gevolglik toelaatbaar (521-528).
00 000-000.
76 520. Centlivres AR het hierdie standpunt as volg verwoord:
“I have construed the written contract as meaning that defendant is entitled to receive transfer free of any conditions other than the conditions in the deed of transfer No. 21938/1941 and prior deeds. The oral agreement seeks to impose another condition which is inconsistent with the written contract. In these circumstances, therefore, the whole of the transaction in relation to the conditions subject to which the defendant was to become owner must be taken to have been embodied in the written contract.” (Xxx xxxxxxxxxxxx).
77 Die getuienis word derhalwe nie aangebied met die doel om aan te toon dat daar nie wilsooreenstemming was tussen die partye wat die skriftelike hoof kontrak aanbetref en die kontrak derhalwe nietig is nie, in xxxxx geval getuienis natuurlik wel toelaatbaar sou wees ingevolge een van die sogenaamde uitsonderingsgevalle op die xxxxxxx van die integrasiereël. Die getuienis word slegs aangebied om aan te toon dat die een kontraksparty nie gebonde gehou behoort te word aan ’n integrasiebeding vervat in die skriftelike hoof kontrak nie, aangesien daar nie ’n indruk gewek is by die ander party dat die eerste party wel gebonde is aan sodanige beding nie. Hierdie standpunt xxxxx xxx in teen die xxxxxxxx xxxx xx xxxxxx in Du Toit v Xxxxxxxx’x Motors Bpk 1985 2 SA 893 (A) nie, aangesien dit in daardie aangeleentheid gegaan het oor ’n beding ingevolge waarvan aanspreeklikheid vir enige voorstelling vervat in die betrokke
getuienis sou nie verbied word by enige ander kontraktuele beding nie, maar slegs by ’n integrasiebeding en slegs weens die xxxxxxx van die integrasiereël in ons reg.
Eweneens, indien die eiseres sou wou aantoon dat sy nie gebonde is aan die integrasiebeding ingevolge die objektiewe benadering, (xxxx gekwalifiseer deur die iustus error-leerstuk), nie, sou sy getuienis xxxx xxx aanbied om aan te toon dat daar ’n wesenlike en redelike dwaling by haar aanwesig was ten aansien van die regsgevolge (integrasie) van die skriftelike kontrak. Ook in so ’n geval sou die hof in alle waarskynlikheid nie getuienis oor die aangaan van ’n teenstrydige kollaterale mondelinge ooreenkoms toegelaat het ten einde die eiseres in staat te stel om aan te toon dat daar ’n redelike dwaling by haar aanwesig was ten aansien van die regsgevolge van die integrasiebeding nie.78 Daar moet in gedagte gehou word dat in sodanige geval die bedinge van die kollaterale teenstrydige ooreenkoms oor die reg van weg die enigste getuienis is wat aangebied word en dat hierdie getuienis aangebied word met ’n tweeledige doel. Eerstens word dit aangebied om aan te toon dat daar nie wilsooreenstemming bestaan het ten aansien van die insluiting van die integrasiebeding in die skriftelike hoofkontrak nie, en, tweedens om te steun op die beding(e) xxxx vervat in sodanige teenstrydige kollaterale ooreenkoms.79 Weer eens is die enigste rede vir sodanige verbod, die bestaan van ’n reël wat getuienis uitsluit van enige getuienis wat in stryd is met die bedinge van ’n skriftelike kontrak.
Die gevolgtrekking wat derhalwe hieruit gemaak kan word, is dat daar by integrasiebedinge bloot volstaan word met uiterlike wilsooreenstemming. Daar kan gevolglik aangevoer word dat die bestaan van ’n integrasiebeding in die skriftelike kontrak neerkom op ’n tipe van verklaringsteorie in sy ongekwalifiseerde vorm wat natuurlik nie in ooreenstemming met ons huidige kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings- en teorieë is nie.
Die tweede kategorie van gevalle is waar daar nie ’n integrasiebeding in die skriftelike kontrak vervat word nie. Indien die subjektiewe benadering as uitgangspunt geneem word, is daar geen xxxxxx hoegenaamd dat daar uit die blote handeling van opskrifstelling afgelei kan word dat die partye
advertensie uitgesluit is, en nie ’n integrasiebeding nie. Gewysdes xxxx byvoorbeeld Xxx x Xxxxxxx 1993 4 SA 788 (SE) 796B waar die hof verklaar het dat “[t]hus, oral evidence is admissible to show that the contract is void or unenforceable for fraud, or mistake, or illegality, or impossibility, or lack of consensus” en Xxxxxxxx v Xxxx 1980 3 SA 927 (A) 945G waar beslis is dat “[t]he fact that a transaction has been embodied in a document does not preclude a party from attacking its validity. For example, evidence may be adduced to prove that it was induced by fraud, duress or misrepresentation, or that it is void for mistake, illegality or failure to comply with the terms of a statute”, is derhalwe nie van toepassing in hierdie geval nie.
78 Ook in hierdie geval word die getuienis nie aangebied om aan te toon dat die skriftelike hoof kontrak nietig is weens ’n gebrek aan wilsooreenstemming nie, maar bloot om aan te toon dat daar ’n wesenlike en redelike dwaling by die eiseres aanwesig was ten aansien van die gevolge van die integrasiebeding vervat in die skriftelike kontrak en dat sy derhalwe, op grond van die objektiewe benadering tot kontraktuele aanspreeklikheid, nie aan sodanige integrasiebeding gebonde is nie.
79 Daar kan natuurlik ’n argument uitgemaak word dat ’n kontraksparty wat nie kan aantoon dat hy nie aan ’n integrasiebeding gebonde is nie, bloot kan aandring op die rektifikasie van die hoofooreenkoms ten einde die bedinge van die kollaterale ooreenkoms daarby in te sluit. Aangesien dit egter hier bloot gaan oor die xxxx dat die blote bestaan en xxxxxxx van die integrasiereël nie versoen kan word met die kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings in ons reg nie, sal hierdie moontlikheid nie verder in hierdie artikel bespreek word nie.
noodwendig bedoel het om hulle algehele ooreenkoms in die skriftelike kontrak te integreer nie. Daar kan verder ook geensins aangevoer word dat waar die partye hulle ooreenkoms op skrif stel, daar by enige van die partye ’n redelike vertroue van algehele integrasie gewek word nie.
Daar kan natuurlik geargumenteer word dat sodanige redelike vertroue van integrasie wel gewek word deur ’n party waar daar opskrifstelling plaasgevind het en sodanige party nie kan aantoon dat daar slegs ’n gedeeltelike integrasie van die ooreenkoms plaasgevind het nie. So ’n argument sou egter slegs oor meriete beskik indien die leerstuk van gedeeltelike integrasie daaruit sou bestaan dat daar ook getuienis van ’n teenstrydige, (en nie net slegs aanvullende), kollaterale ooreenkoms aangebied kan word, wat tans nie die geval is nie.80
Wat die objektiewe benadering aanbetref, is dit duidelik dat daar in so ’n geval nie noodwendig in alle gevalle van wilsooreenstemming sprake is nie aangesien daar nie objektiewe ooreenstemmende verklarings deur die partye in die skriftelike kontrak ten aansien van integrasie vervat is nie. Deur die blote handeling van opskrifstelling (gedrag van die partye) word daar ’n bedoeling van integrasie aan die partye toegeskryf. Daar kan aangevoer word dat ons hier te doen het met ’n ekstreme vorm van die objektiewe benadering tot kontraktuele aanspreeklikheid, aangesien daar nie eers iets is wat lyk xxxx ’n integrasie- ooreenkoms nie. Dit blyk ook duidelik dat die iustus error-leerstuk geen rol in hierdie omstandighede kan vervul nie. Daar is geen sprake van ’n dwaling om te integreer nie en nog minder dat sodanige dwaling redelik moet wees.
Indien hierdie standpunte weer eens toegepas word op die feite van Xx Xxxxxxx v Nel81 sou die eiseres verbied gewees het om, ten aansien van die subjektiewe benadering tot kontraktuele aanspreeklikheid, getuienis aan xx xxxx van die betrokke kollaterale mondelinge ooreenkoms oor die reg van weg, ten einde aan te toon dat daar nie ’n redelike vertroue van integrasie gewek is by die verweerder deur middel van die blote handeling van opskrifstelling nie.
Soortgelyk sou sy ook nie geregtig gewees het om, ten aansien van die objektiewe benadering tot kontraktuele aanspreeklikheid, getuienis aan xx xxxx van die kollaterale mondelinge ooreenkoms om aan te toon dat daar ’n wesenlike en redelike dwaling by haar aanwesig was ten aansien van die regsgevolge xxx xxxxx opskrifstelling nie, wat in elk geval absurd sou wees aangesien daar geensins eers sprake is van enige dwaling nie!
Hierdie benadering xxx xxx ook weereens duidelik die gebreke verbonde aan die integrasiereël uit. Indien hierdie benadering gevolg word blyk dit duidelik dat die integrasiereël slegs kan kwalifiseer as ’n regsfiksie82 aangesien daar
80 Sien die bespreking in xxxx 2 hierbo en die gewysdes daarin xx xxxxxx.
81 1952 1 SA 513 (A).
82 Vergelyk byvoorbeeld PJJ Olivier Legal Fictions in Practice and Legal Science (1975) 115 wat oortuigend aanvoer dat ’n judisiële regsfiksie die aard van ’n regsreël aanneem:
“Numerous rules of modern law are based on rules which developed centuries ago and were then based on fictions. The rules have been received and developed by modern law, but the underlying fictions have been forgotten.”
geen sprake is van objektiewe ooreenstemmende verklarings van die partye, in die afwesigheid van ’n integrasiebeding, nie.
Dit blyk dus duidelik dat die integrasiereël bots met beide die subjektiewe- en objektiewe benadering tot kontraktuele aanspreeklikheid. Daar xxx xxx ook hoogstens die afleiding gemaak word dat hierdie reël tans as ’n blote fiksie in die Suid-Afrikaanse reg fungeer. Daar moet saamgestem word met die standpunt van Xxxxxxxx, Paizes en Xxxxx, waar hierdie skrywers verklaar dat die volgende benadering eerder gevolg moet word: Het die partye inderdaad ooreengekom dat die dokument die finale uiteensetting van hulle ooreenkoms sou wees en, indien nie, het die verkoper se optrede die koper daartoe oorreed dat dit wel die geval was, en was hy (die koper) redelik en bona fide in hierdie vertroue?83
Indien hierdie benadering gevolg word, kan daar ten minste van ’n ware “bedoeling” van die partye gepraat word en xxx hierdie “bedoeling” nie slegs tot ’n blote fiksie verminder word nie. Hierdie benadering is ook meer in xxx met die huidige Suid-Afrikaanse kontraktereg wat, myns insiens, die korrekte benadering sou wees om te volg in soortgelyke gevalle.
7 Gevolgtrekking
In die lig van bogemelde bespreking wil dit derhalwe voorkom of die huidige toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg nie in xxx is met die huidige benadering wat gevolg word deur die xxxx by die toepassing van die kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings xxxx aanvaar in ons reg nie. Die xxxxxx xxxxxxx van hierdie reël bots lynreg met beide die subjektiewe en objektiewe benadering tot kontraktuele aanspreeklikheid en het bloot xxxxxxx as ’n regsfiksie in die Suid-Afrikaanse reg. Dit xxxx xxx ook nie xxxx of daar ’n integrasiebeding in die kontrak vervat is of nie, die xxxx xxx bestaan dat getuienis van ’n gebrek aan werklike wilsooreenstemming uitgesluit word weens die xxxxxxx van die integrasiereël. Op grond van slegs hierdie xxxx xxxxxx behoort daar alreeds genoeg regverdiging xx xxxx vir die afskaffing of aansienlike modifisering van die integrasiereël in die Suid- Afrikaanse kontraktereg.
SUMMARY
This article is aimed at a detailed critical analysis of the basis of the integration rule in light of the current approaches to contractual liability in the South African law of contract. In light of this it will be argued that the parol evidence rule does not fit into any of the current contractual liability approaches of the South African law of contract and that, by reason of this alone, the continued recognition thereof should be seriously questioned.
83 Xxxxxxxx et al South African Law of Evidence 326. Hierdie formulering is natuurlik nie heeltemal in ooreenstemming met die toets vir direkte vertrouensbeskerming wat in Sonap Petroleum (SA) (Pty) Ltd (formerly known as Sonarep (SA) (Pty) Ltd v Pappadogianis 1992 3 SA 234 (A), vir sover dit xxxxxx xx bona fides geformuleer is nie. Die rol van die goeie trou is naamlik nog nie deur die xxxx vasgestel in die toets vir direkte vertrouensbeskerming nie. Sien byvoorbeeld Xxx xxx Xxxxx et al Contract 316-324.