KLEINGELUK HUISEIENAARSVERENIGING REËLS [2021]
KLEINGELUK HUISEIENAARSVERENIGING REËLS [2021]
1 INLEIDING
1.1 Die transportaktes van Kleingeluk erwe bepaal dat geregistreerde eienaars onderneem om lede van die Kleingeluk Huiseienaarsvereniging te word en xxx, en om die bepalings van die Kleingeluk Konstitusie na te kom.
1.2 Die Kleingeluk Dagbestuur is gemagtig is om standaarde vir die gemeenskapslewe en instandhouding van eiendomme in Kleingeluk vas te stel en om die openbare oop ruimtes tot onderlinge voordeel van lede van die Huiseienaarsvereniging te beheer (Klousules 4.1, 4.2 en 7.5.1 van die Kleingeluk Konstitusie).
1.3 Hierdie Reëls is van toepassing op alle eienaars en persone wat in Kleingeluk woon en werk, asook besoekers.
1.4 Eienaars is verantwoordelik dat hulle gesinne, gaste, huurders/bewoners en werknemers die Reëls nakom.
1.5 'n Afskrif van die Reëls moet as aanhegsel by huurkontrakte gevoeg word (Wet op Huurbehuising 50/1999).
1.6 Dit word van alle eienaars/inwoners verwag om 'n bydrae tot die implementering van die Reëls xx xxxxx, xxxx bv. eers te poog om probleme met bure informeel op te los en persone wat nie die reëls nakom nie aan te spreek voordat klagtes by die Dagbestuur ingedien word.
1.7 Eienaars/inwoners moet probleme met munisipale dienste, bv. defektiewe straatbeligting, watervoorsiening, riolering, vullisverwydering en verkeersoortredings, direk by die Stellenbosch Munisipaliteit aanmeld.
2 VERANDERINGE AAN EIENDOMME
2.1 Erwe se transportaktes bepaal dat geen veranderinge aan, toevoegings tot en sloping van enige xxxx van die geboue (insluitende grensmure en heinings) of veranderinge aan die buite-kleurskema en materiale van geboue sonder die skriftelike goedkeuring van die Huiseienaarsvereniging gemaak mag word nie. Die Kleingeluk Konstitusie magtig die Dagbestuur om sodanige goedkeuring namens die Huiseienaarsvereniging te doen (Klousules 7.5.9 en 7.5.10).
2.2 Aansoeke vir bogenoemde moet skriftelik by die Voorsitter of Sekretaris ingedien word en moet vergesel wees van planne, sketse of foto’s waarin die aard, styl en kleurskema van die voorgestelde veranderinge aangetoon word.
2.3 Aansoeke vir ingrypende veranderinge xxx slegs by geskeduleerde Dagbestuursvergaderings (sien jaarlikse Nuusbrief) deur die Dagbestuur oorweeg word. Voorleggings moet veertien dae voor een van die geskeduleerde Dagbestuurvergaderings by die Voorsitter of Sekretaris ingehandig word.
2.4 Aansoeke vir xxxxxxx, standaardveranderinge bv. heinings en grensmure, kan ook tussentyds deur die Dagbestuur oorweeg word om afhandeling te bespoedig.
2.5 Indien Munisipale goedkeuring vereis word, moet kopieë van planne in viervoud deur die Dagbestuur goedgekeur en gestempel word voordat dit by die Munisipaliteit se Bouafdeling ingedien word. (Klousule 16 van Kleingeluk Konstitusie). Indien slegs die
Dagbestuur se goedkeuring nodig is, moet planne of ander voorleggings in duplikaat
aan die Dagbestuur voorgelê word.
2.6 Eienaars/inwoners wat veranderinge aanbring moet onderneem om:
2.6.1 Geen boumateriaal of bourommel op die openbare grasperke/sypaadjies/ plaveisel/straat te laat tydens en na afloop van die bouwerk nie.
2.6.2 Die koste van die herstel van sypaadjies/tuine/plaveisel wat beskadig is tydens bouwerk te betaal.
3 INSTANDHOUDING VAN EIENDOMME
3.1 Erwe se transportaktes bepaal dat eienaars nie die uiterlike voorkoms van geboue in ‘n onnette of vuil toestand mag laat verval nie.
3.2 Private tuine sowel as xxxxx gedeeltes van die publieke tuine (sien 4.4 onder) wat aan eienaars gedelegeer is, moet behoorlik versorg word.
3.3 Verhuring van eiendomme: Eienaars xxx steeds aanspreeklik vir die behoorlike instandhouding van geboue en tuine.
4 TUINE
4.1 Eienaars is verantwoordelik vir die instandhouding van hulle eie tuine.
4.2 Die Dagbestuur bestuur die tuine op openbare oop ruimtes (xxxxx) namens die lede van die Huiseienaarsvereniging.
4.3 Met die uitsondering van 4.4 mag inwoners nie xxxxxx op die openbare oop ruimtes verwyder of aanplant nie.
4.4 Eiendomme sonder sypaadjies aan hul noordelike grens (Chardonnay, Riesling, Columbar, Shiraz, Cabernet, Pinotage en sommige eiendomme aan die noordelike xxxx van Chenin Blanc): Die instandhouding van die xxxxx gedeeltes van die publieke oop ruimtes net buite die noordelike grens van hierdie eiendomme (ongeveer 1 meter breed) word aan die onderskeie eienaars gedelegeer.
4.5 Sypaadjies:
4.5.1 Die besproeiing van gras op sypaadjies is die verantwoordelikheid van onderskeie eienaars.
4.5.2 Die Kleingeluk tuindienste xxx sypaadjie grasperke tydens hul gereelde besoeke sny.
4.5.3 Enige ander aanplantings op sypaadjies is die verantwoordelikheid van die betrokke eienaar/bewoner. (Xxxx xxxxx 4.6).
4.6 Toestemming moet van die Dagbestuur verkry word vir die aanplanting van groot struike en bome op sypaadjies, sowel as die areas omskryf in 4.4.
4.7 Vergoeding vir skade aangerig aan publieke areas (bv. plaveisel en strate) xxx van die eienaars/inwoners wat verantwoordelik was vir die aanplanting verhaal word.
4.8 Eienaars moet toesien dat huurders/besoekers/kinders nie die besproeiingstelsel en xxxxxx op die openbare oop ruimtes beskadig nie.
4.9 Probleme met die sprinkelbesproeiing op die openbare oop ruimtes moet by 'n lid van die Dagbestuur aangemeld word.
5 GEBRUIK VAN OPENBARE OOP RUIMTES
5.1 Alhoewel Stellenbosch Munisipaliteit die eienaar van die openbare oop ruimtes (xxxxx) is, word dit deur die Huiseienaarsvereniging tot onderlinge voordeel van lede beheer (Klousule 4.2 van die Kleingeluk Konstitusie). In terme van ‘n ooreenkoms met Stellenbosch Munisipaliteit (7 November 2011) bestuur die Huiseienaars-vereniging as agent van die Munisipaliteit die ruimtes binne die beleids/reguleringsraamwerk wat in die munisipale gebied van Stellenbosch Munisipaliteit geld.
5.2 Reg van toegang tot die ruimtes word voorbehou en gebruik van die ruimtes vind op eie risiko plaas.
5.3 Honde moet onder toesig en aan leibande wees. Honde-ontlasting moet onmiddellik deur toesighouers verwyder word.
5.4 Slegs voetgangers word op die ruimtes toegelaat.
5.5 Die volgende is verbode:
5.5.1 Die storting en strooi xxx xxxxxx en xxxxxx
5.5.2 Die maak van vure
5.5.3 Geraas (o.a. luide musiek)
5.5.4 Die gebruik van alkohol en ander dwelms
5.5.5 Die afvuur van vuurwerke
5.6 Georganiseerde aktiwiteite, veral vir groter groepe, kan slegs met goedkeuring van die Dagbestuur plaasvind. Gemotiveerde skriftelike aansoeke moet vroegtydig aan die Dagbestuur voorgelê word. Goedkeuring is onderhewig aan xxxxxx voorwaardes, onder andere m.b.t. parkering, tydsduur, steurnis, opruiming, xxxxxxx xxx xxxxx en vrywaring xxx xxxx a.g.v. beserings.
6 TOILETTE OP SENTRALE PARK
6.1 Die toilette is vir gebruik deur werknemers wat tydelik of permanent in diens van die Vereniging en eienaars/inwoners is.
6.1 Sleutels kan by Dagbestuurslede afgehaal word. Reëlings hiervoor moet vroegtydig
getref word.
6.2 Toiletpapier moet deur eienaars/inwoners voorsien word.
6.4 Toilette moet skoon en netjies agtergelaat word.
6.5 Die koste van die vervanging van sleutels en die hekslot xxx van die eienaar/inwoner tydens wie se gebruik dit weggeraak het verhaal word.
6.6 Rapporteer probleme (bv. vuil of defektiewe toilette) aan 'n Dagbestuurslid.
6.7 Die stort xxx xxxxxx en xxxxxx xxxxx die ommuurde ruimtes voor en agter die toilette is verbode.
7 STEURNIS
7.1 Inwoners moet die regte van andere om ‘n steuringsvrye lewenstyl xx xxx respekteer.
7.2 Veral van belang is die vermyding van steurnis veroorsaak deur:
7.2.1 Luide musiek, ander klankapparate, werktuie en masjinerie.
7.2.2 Partytjies en onthale.
7.2.3 Vertrek van besoekers (veral laataand).
7.2.4 Voertuie.
7.2.5 Troeteldiere.
7.3 Indien informele pogings deur inwoners self om die probleem van steurnis aan te spreek nie suksesvol is nie kan, formele klagtes by die SAPD of Dagbestuur ingedien word.
8 VEILIGHEID EN SEKURITEIT
8.1 Eienaars/inwoners is vir hul eie veiligheid en sekuriteit verantwoordelik.
8.2 Inwoners moet waaksaam wees t.o.v. potensiële veiligheids- en sekuriteitsrisiko’s in hul omgewing en word aangemoedig om met bure en vriende in Kleingeluk xxxx xx werk om sodanige risiko’s te beperk, sowel as om dit vroegtydig by die SAPD en Sekuriteitsfirmas aan te meld.
9 BEWONING*
9.1Stellenbosch Munisipaliteit: Soneringskema Verordening 2019 bepaal dat wooneenhede (dwelling units) op groepsbehuisingserwe in die Konvensionele Residensiële Sone (KRS), waaronder Kleingeluk val, slegs bewoon mag word deur een xxxxx xxxx gedefinieer:
A “family” (xxxxx) means: (Tans geen amptelike Afrikaanse vertaling)
(i) one person maintaining a common household, with or without dependent family members who are either parents and/or children and who are financially and otherwise supported by such a person, or
(ii) two or more persons who are married or one civil union, maintaining one common household, with or without dependent family members who are either parents and or children and who are financially and otherwise supported by such persons, or
(iii) no more than two unrelated and independent persons (with no dependents) who earn or receive independent income and who maintain a common household.
*Sien Kleingeluk Konstitusie [2021], Klousule 17
10 BOETESTELSEL (Goedgekeur by Algemene Jaarvergadering, 25 Maart 2010; Boetes en briefheffing aangepas by Algemene Jaarvergadering, 3 April 2019)
Die Dagbestuur het die reg om eienaar(s) te beboet vir die oortreding van die Kleingeluk Konstitusie en Reëls indien die eienaar(s) of bewoner(s) van ‘n erf, of besoekers of gaste van sodanige eienaar(s) of bewoner(s), die Konstitusie of Reëls oortree. Die proses van boete-oplegging word as volg gestruktureer:
Finale waarskuwing: Die Dagbestuur kan, nadat gegronde klagtes ontvang is en waarskuwings uitgereik is m.b.t. oortreding van die Konstitusie of Reëls, ‘n skriftelike finale waarskuwing op die betrokke eienaar(s) bestel.
Kennisgewing van boete: Indien daar, na die skriftelike finale waarskuwing aan die eienaar(s), voortgesette oortredings is, xxx die Dagbestuur ‘n skriftelike kennisgewing op die eienaar(s) bestel waarin die aard van die oortreding(s), voorneme om ‘n boete op te lê en die tydsperiode waarbinne die eienaar(s) die reg het om te reageer, vermeld word.
Afsluiting: Na verstryking van die vermelde tydsperiode, xxx die Dagbestuur vergader om alle ter sake inligting te oorweeg en om te besluit of daar voortgegaan word met die oplegging van ‘n boete, al xxx xxx.
Indien verdere soortgelyke oortredings deur eienaars, bewoners, besoekers of gaste van ‘n erf voorkom na die eerste oplegging van ‘n boete mag die Dagbestuur ‘n skriftelike kennisgewing van ‘n boete sonder ‘n finale waarskuwing op die eienaar(s) van die betrokke erf bestel.
Skriftelike waarskuwings en kennisgewings moet geskied i.t.v. die bepalings van Klousule 12: Domicilium van die Konstitusie van die Kleingeluk Huiseienaarsvereniging (xxxx gewysig 2011). Vir elke brief xxx ‘n heffing van R150,00 deur die betrokke eienaar(s) betaalbaar wees.
‘n Aanvanklike boete van tot R5 000,00 vir ‘n eerste oortreding en tot R10 000,00 vir elke herhaling van ‘n soortgelyke oortreding xxx opgelê word.
Die bedrae van die briefheffing en boetes mag by ‘n Algemene Vergadering aangepas word.
Indien ‘n lid versuim om die briefheffings of ‘n opgelegde boete te betaal mag die betrokke bedrag by die lid se jaarlikse ledegeld gevoeg word.
Die betrokke eienaar(s) xxx aanspreeklik wees vir die koste, per die kostestruktuur van die regspraktisyns, van enige regsgeding wat deur die nie-betaling van briefheffings of opgelegde boetes genoodsaak word.
Kleingeluk Dagbestuur [April 2021]
KLEINGELUK KONSTITUSIE EN MUNISIPALE VERORDENINGE
Benewens die bepalings van transportaktes en klousules van die Kleingeluk Konstitusie waarna in die Kleingeluk Reëls xxxxxx word, wil die Dagbestuur ook gerieflikheidshalwe kortliks aandag vestig op sommige ander klousules van die Kleingeluk Konstitusie en Munisipale Verordeninge wat in Kleingeluk geld. Die volledige Konstitusie is beskikbaar by xxx.xxxxxxxxxx.xxxx of teen koste van die Sekretaris.
Kleingeluk Konstitusie
Lidmaatskap: (Klousule 5)
Sommige van die bepalings m.b.t. lidmaatskap en oordrag van eiendomsreg is as volg:
Lidmaatskap van die Vereniging volg outomaties op registrasie van eienaarskap van ‘n erf by die Aktekantoor in Kaapstad.
Enige verandering van geregistreerde eienaarskap moet binne redelike tyd na die datum van oordrag deur die betrokke eienaar onder die Dagbestuur se aandag gebring word. (Sien klousule 5.3.2 vir die formaat).
Dagbestuur: (Klousule 7)
Klousule 7 hanteer o.a. die samestelling, verkiesing, vergaderingsprosedure en bevoegdhede van die Dagbestuur.
Vergaderings: (Klousule 8)
Xxxxxxxx verskeie ander prosedurele aspekte van Algemene Jaarvergaderings en Gewone Algemene Vergaderings, word die kwessie van volmagte en stemreg hanteer:
Elke lid, persoonlik teenwoordig of by volmag verteenwoordig, het een stem vir elke erf wat op sy naam geregistreer is.
Indien twee of meer persone die geregistreerde mede-eienaars van ‘n erf is word die stem van die senior persoon aanvaar tot uitsluiting van ander geregistreerde eienaars van die erf. Senioriteit word bepaal deur die geboortedatum van mede-eienaars xxxx aangeteken by die Aktekantoor in Kaapstad.
Maatskappye en Trusts wat lede van die Vereniging is moet verteenwoordigers aanwys om by die vergaderings op te tree.
Xxxxxxxxx Xxxxxxxx: (Klousules 5.4 en 10)
Elke lid betaal ‘n jaarlikse ledegeld aan die Vereniging. Die ledegeld is in ‘n gelyke mate op alle erwe van toepassing en is betaalbaar ten opsigte van elke erf wat ‘n lid besit.
Die jaarlikse ledegeld word deur die Dagbestuur vasgestel en xxx xxxx lede van die Vereniging verhoog of verlaag word deur ‘n meerderheid van 75% van lede teenwoordig by ‘n Ledevergadering.
Die ledegeld tree op die 1ste dag van Maart van die betrokke jaar in xxxxxxx.
Indien ledegeld agterstallig is, word rente teen die prima voorskotkoers xxxx xxxx die Vereniging se Bank vasgestel vanaf 1 Maart gehef plus 10% van die jaarlikse ledegeld. Die Vereniging kan ter verhaling daarvan regstappe teen die lid instel, en die koste van die regstappe word by die ledegeld en rente gevoeg.
Munisipale verordeninge
Die administrasie van munisipale verordeninge is die verantwoordelikheid van Stellenbosch Munisipaliteit en Kleingeluk eienaars/inwoners moet direk met die relevante munisipale amptenare in verbinding tree.
N.B. Die Dagbestuur xxx slegs in uitsonderlike gevalle (bv. wydverspreide probleme/klagtes) as skakel tussen lede van die Huiseienaarsvereniging en die Munisipaliteit optree.
Verkeer en parkering:
1. Algemeen: Strate en sypaadjies in Kleingeluk xxx xxxxx die jurisdiksie van die Stellenbosch Munisipaliteit en munisipale verordeninge m.b.t. spoed, parkering en veiligheid is van toepassing.
2. Kleingeluk erwe is as groepserwe gesoneer met twee parkeerruimtes op elke erf.
3. Voetgangerverkeer mag nie deur die parkering van voertuie op sypaadjies belemmer word nie.
4. Uitgebreide herstelwerk aan voertuie mag nie in strate en op sypaadjies of openbare oop ruimtes gedoen word nie.
5. Skaatsry en soortgelyke praktyke is verbode in strate.
6. Die permanente parkering van o.a. karavane, sleepwaens en bote buite erwe is verbode.
Vullis en rommel:
1. Nie-herwinbare materiaal:
1.1 Slegs vullis wat in die 240L munisipale drom geplaas is xxx verwyder word.
1.2 Slegs xxxxx hoeveelhede tuinvullis (bv. blare) mag in die drom geplaas word.
1.3 Dromme moet nie voor Dinsdagoggende buite geplaas word nie.
1.4 Vullisdromme moet so gou moontlik na vullisverwydering weer terug binne die grense van erwe geplaas word.
1.5 Eienaars/inwoners is self verantwoordelik vir die verwydering van addisionele vullis wat nie in die drom geplaas kan word nie. Hierdie vullis moet binne die grense van erwe gehou word voor verwydering.
2. Herwinbare materiaal: Spesiale sake word deur die munisipaliteit voorsien en ook op Dinsdae verwyder.
3. Xxxxxx: Die strooi xxx xxxxxx op openbare oop ruimtes, sypaadjies en in strate is verbode.
Steurnis (Algemeen):
Sien op die munisipale webtuiste xxx.xxxxxxxxxxxx.xxx.xx: Stellenbosch Munisipaliteit: Verordening op die Voorkoming van Openbare Steurnisse en die Aanhou van Diere, September 2017, Hoofstukke 1 en V11 insake openbare steurnis en geraas.
Troeteldiere:
1. Die volgende munisipale verordening is in Kleingeluk van toepassing: Stellenbosch Munisipaliteit: Verordening op die Voorkoming van Openbare Steurnisse en die Aanhou van Diere, September 2017 (op Stellenbosch Munisipaliteit se webtuiste).
2. Troeteldiereienaars moet o.a.:
2.1 Xxxx dra dat honde aan leibande is wanneer hul buite persele is.
2.2 Honde-ontlasting buite hul eie persele onmiddellik verwyder.
2.3 Xxxx dra dat honde nie aanhoudend blaf/tjank nie.
3. Genadedood mag op gevaarlike en baie aggressiewe diere toegepas word
.