ERKENNING VAN AANSPREEKLIKHEID EN OOREENKOMS OM TE BETAAL
ERKENNING VAN AANSPREEKLIKHEID EN OOREENKOMS OM TE BETAAL
SAMBREEL FONDS / FONDS NAAM _ DEELNEMENDE WERKGEWER
1. PARTYE
WERKGEWER NAAM VOLLE NAME VAN XXXXXXXXX/LID
2. AGTERGROND
2.1 Die Werknemer/Lid hierbo is ‘n lid van ‘n aftreefonds wat deur die Werkgewer aangebied word;
2.2 Kragtens die Wet op Pensioenfondse 24 van 1956, mag ‘n aftreefonds sekere gemagtigde aftrekkings direk van die lid se aftreevoordele maak vir oorbetaling aan die Werkgewer op grond van die Werknemer/Lid se erkenning van aanspreeklikheid;
2.3 Hierdie ooreenkoms beoog om daardie regte van die Werkgewer teenoor die Werknemer/Lid vis-à-vis die aftreefonds vas te lê.
3. ERKENNING
3.1 Die Werknemer/Lid erken dat hy waarlik en wettiglik verskuldig is aan die Werkgewer die bedrag xxxx uiteengesit in hierdie dokument;
3.2 Die Werknemer/Lid erken dat hierdie skuld/aanspreeklikheid teenoor die Werkgewer voortspruit uit die skuldoorsaak xxxx uiteengesit in hierdie dokument, en dat die vergoeding ten opsigte daarvan direk betaalbaar is van enige voordele waarop hy, of enige ander begunstigde xxx xxx, kragtens die reëls van die aftreefonds op geregtig mag wees;
3.3 Die Werknemer/Xxx stem in dat sy aftreevoordele by toevalling aan hom dienooreenkomstig aangewend mag word, hetsy ten dele of ten volle, ter aflossing van sy aanspreeklikheid. Enige tekort, indien enige, bo die opbrengs van die gemelde aftreevoordele xxx ‘n skuld teenoor die Werkgewer.
4. DOMICILIUM
Vir doeleindes van hierdie ooreenkoms, kies die Werknemer/Xxx die woonadres van hierdie dokument as die domicilium citandi et executandi.
5. JURISDIKSIE
Die Werknemer/Lid stem toe tot die jurisdiksie van die landdroshof nieteenstaande dat die bedrag ter sprake die jurisdiksie van die landdroshof mag oorskry.
6. EKSEPSIES
Die Werknemer/Lid doen afstand van die voordele van die volgende regseksepsies: non numeratae pecuniae (gelde nie betaal), non causa debiti (geen skuldoorsaak) en error calculi (berekeningsfout).
7. SERTIFIKAAT
‘n Sertifikaat geteken deur ‘n gevolmagtigde van die Werkgewer wat die skuldbedrag aantoon, of enige balans van tyd tot tyd, betaalbaar deur die Werknemer/Lid aan die Werkgewer is afdoende bewys van sodanige bedrag verskuldig vir doeleindes van vonnis.
Parafeer
WERKNEMER/LID BESONDERHEDE
LID NR
WERKNEMER NR
VAN VOORNAME
GEBOORTEDATUM IDENTITEITSNOMMER
WOONADRES
TEL NR ( ) SELFOON NR
E-POS ADRES
WERKGEWER BESONDERHEDE
WERKGEWER NAAM SAKE ADRES
TEL NR ( ) SELFOON NR
E-POS ADRES
EIS BESONDERHEDE
BEDRAG VAN EIS R
(Geraamde bedrag van werkgewer skade en verlies gelei)
SKULDOORSAAK: DIEFSTAL ONEERLIKHEID BEDROG WANGEDRAG
MOTIVEER AGTERGROND
GETEKEN DEUR DIE PARTYE
WERKNEMER/LID DATUM
PLEK
WERKGEWER
VOLLE NAAM VAN GEVOLMAGTIGDE
DATUM PLEK
LET WEL
• Die inligting weergegee in hierdie dokument xxx as vertroulik hanteer word en xxx slegs gebruik word vir die doel waarvoor dit bedoel is in terme van toepaslike wetgewing.