Verwysing: Salarisomsendbrief 1/2017 25 November 2016
Verwysing: Salarisomsendbrief 1/2017 25 November 2016
Navrae: Xxxxxx xxx Xxx – Tel: 000 000 0000 – E-pos: xxxxxxx@xxxxxxxx.xx.xx (Belasting- en betaalstelsel-advies) Xxxxx Xxxxx – Tel: 000 000 0000 – E-pos: xxxxxx@xxxxxxxx.xx.xx (Menslike Hulpbronne-advies)
Xxxxxx Xxxxxxx – Tel: 000 000 0000 – E-pos: xxxxxx@xxxxxxxx.xx.xx (Saakgelastigde)
OMSENDBRIEF AAN PREDIKANTE EN XXXXXXX
Xxxxx kollegas
AANPASSING VAN DIE VERGOEDINGSPAKKET VIR PREDIKANTE EN JEUGWERKERS VANAF 1 MAART 2017
Die ASFB (Algemene Steunspan Fondse en Xxxxx) en ASP (Algemene Steunspan Predikante Sake) het op 16 November 2016 die vergoedingspakket vir predikante vir 2017/18 goedgekeur. Die STFA (Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie) van die NG Kerk in SA (Xxx-Kaapland) het hierdie skrywe op 25 November 2016 goedgekeur.
1. BELANGRIKE OORWEGINGS
1.1 Die STFA bring die besluit van die ASFB/ASP onder u aandag vir uitvoering deur kerkrade. Alle verhogings tree in xxxxxxx op 1 Maart 2017 om ooreen te stem met ons finansiële jaar. Kerkrade en predikante moet asseblief kennis neem van die voorskrifte in Reglement 13 oor die hantering van predikante se vergoedingspakket.
1.2 Vir die vorige finansiële jaar (2015/16) was die gemiddelde verhoging in die gemeentes se inkomste 4,9%. Die inflasiekoers is tans sowat 6% en in ’n opwaartse kurwe.
1.3 Totale koste van indiensneming
Aangesien ’n predikant se vergoeding uit die volgende elemente bestaan, is dit ’n gesonde beleid om in die geheel na “Totale Koste van Indiensneming” (TKVI) vir die werkgewer te kyk. Die pakket bestaan gewoonlik uit die volgende:
• Salaris (Traktement)
• Bonus
• Huistoelae / gratis huisvesting
• Voertuig- en vervoertoelae of voorsiening van ’n voertuig vir amptelike ritte
• Voorsiening/toelaes vir telefoon/selfoon, rekenaar en internettoegang, water en ligte
• Werkgewersbydrae tot pensioen, groepversekering en medies
1.4 Ander uitgawes ten opsigte van die predikant
• Voorsiening vir voortgesette teologiese opleiding / toerusting
• Werkgewersbydrae tot werkloosheidsversekering en ongevalleversekering (statutêre bydraes)
1.5 Die volgende faktore is vanjaar deur die ASP, in oorleg met ASFB, in berekening gebring en oorweeg:
• Veranderinge in die verbruikersprys indeks (VPI).
• Veranderinge in die algemene arbeidsmark.
• Die verandering in inkomste van gemeentes.
2. VASSTELLING VAN DIE TRAKTEMENT VIR 2017/2018
2.1 Die aanpassing vanaf 1 Maart 2017 is 6,5% op die topkerf. Predikante wat nog nie op die topkerf is nie, kry ’n inflasieaanpassing én skuif met een kerf aan. Nuwe aanstellings begin op Kerf 1 in Tabel B
– of op ’n hoër kerf xxxx die Kerkraad mag besluit.
Om die tabel xx xxxx: Vind die huidige salaris in Tabel A. Die salaris vir 2017/18 is een ry af in Tabel
B. ’n Predikant op Kerf 1 in 2016/2017 (Tabel A) skuif na Kerf 2 in 2017/2018 (Tabel B). As die salaris nou R17 600 (Kerf 6 in Tabel A) was, word dit R19 410 (Kerf 7 in Tabel B). Dit is ’n inflasie aanpassing én ’n kerfverhoging – saam 10,3%). ’n Predikant wat reeds op topskaal R26 100 is (tans Kerf 15 in Tabel A), kry ’n 6,5% aanpassing en is nou op Kerf 15b (R27 800) in Tabel X.
Xxxxx A – 1 Maart 2016 tot 28 Feb. 2017 | Tabel B – 1 Maart 2017 tot 28 Februarie 2018 | ||||||
KERF | SALARIS PER JAAR | SALARIS PER MAAND | KERF | SALARIS PER JAAR | SALARIS PER MAAND | % | |
1 | 154 200 | 12 850 | 1 | 164 400 | 13 700 | 6,6% | |
2 | 165 600 | 13 800 | 2 | 170 040 | 14 170 | 10,3% | |
3 | 177 000 | 14 750 | 3 | 182 640 | 15 220 | 10,3% | |
4 | 188 400 | 15 700 | 4 | 195 240 | 16 270 | 10,3% | |
5 | 199 800 | 16 650 | 5 | 207 840 | 17 320 | 10,3% | |
6 | 211 200 | 17 600 | 6 | 220 320 | 18 360 | 10,3% | |
7 | 222 600 | 18 550 | 7 | 232 920 | 19 410 | 10,3% | |
8 | 234 000 | 19 500 | 8 | 245 520 | 20 460 | 10,3% | |
9 | 245 400 | 20 450 | 9 | 258 120 | 21 510 | 10,3% | |
10 | 256 800 | 21 400 | 10 | 270 720 | 22 560 | 10,3% | |
11 | 268 200 | 22 350 | 11 | 283 200 | 23 600 | 10,3% | |
12 | 279 600 | 23 300 | 12 | 295 800 | 24 650 | 10,3% | |
13 | 291 000 | 24 250 | 13 | 308 400 | 25 700 | 10,3% | |
14 | 302 400 | 25 200 | 14 | 321 000 | 26 750 | 10,3% | |
15 | 313 200 | 26 100 | 15a | 333 600 | 27 800 | 10,3% | |
15b | 333 600 | 27 800 | 6,5% |
2.2 Elke predikant se vergoeding word vasgestel en gefinaliseer xxxx xx/xxxx eie werkgewer (byvoorbeeld die Kerkraad), en nie deur die ASFB, Sinode of die STFA nie. Die doel van die riglyn is om eenvormigheid te bevorder binne die oorwegings genoem in punt 1 hierbo.
2.3 Die skaal word aan die hand van voltooide diensjare toegepas.
2.4 In gevalle waar kerkrade finansieel nie in staat is om die aanbevole verhoging te bekostig nie, is die kerwe die basis vir onderhandeling ooreenkomstig Reglement 13. Die veronderstelling is dat 'n vermindering in salaris, of geen verhoging vir ’n jaar nie, slegs oorweeg word as tydelike maatreël in krisisgevalle, en met die inagneming van dienskontrakte en arbeidswetgewing. In so ’n geval moet met die RFK oorleg gepleeg word. In die meeste gevalle behoort kerkrade xxxx in die verlede, die riglyne vir aanpassings onveranderd te aanvaar.
2.5 Aangesien gemeentes se omstandighede in terme van grootte, inkomste potensiaal, ensovoorts verskil, kan kerkrade in uitsonderlike gevalle, na deeglike oorlegpleging, oorweging skenk om predikante selfs op die beginsel van verminderde diensvoordele tesame met die gepaardgaande vermindering van diensverpligtinge te vergoed. Die werksure en totale vergoedingspakket word xxx dienooreenkomstig aangepas. Die aanpassing van die diensooreenkoms na dié van Tentmaker- bediening geskied ook in oorleg met die Ring.
2.6 Indien ’n gemeente se lidmaattal en/of inkomste in so ’n mate daal dat ’n voltydse predikant nie meer bekostig kan word nie, kan die gemeente byvoorbeeld dit oorweeg om steeds ’n predikant in ’n verskraalde/deeltydse pos (byvoorbeeld 50% of 70%) te beroep. Die Tentmaker word xxx in dieselfde verhouding tot die omvang van die pos volgens die basis van Totale Koste van Indiensneming (traktement plus byvoordele), vergoed.
2.7 Afhangende van die bewoording van ’n bestaande diensooreenkoms tussen die predikant en die Kerkraad, word ’n diensbonus, naamlik ’n dertiende tjek aanbeveel. Die bedrag behoort 8,33% van die betrokke predikant se jaarlikse salaris (xxxx in Tabel B aangedui), sonder enige ander toelaes en voordele, xx xxxx.
2.8 Dienskontrakte en beroepsbriewe behoort slegs voorsiening xx xxxx vir jaarlikse aanpassings, wat onderhandel word met inagneming van die ASFB/ASP se riglyne. Indien gemeentes slegs “volgens die sinodale skaal” vergoed, is die verwagting dat ’n leraar jaarliks volgens die volgende kerf vergoed word, totdat die topkerf bereik is.
2.9 Indien daar ’n onbillike ooreenkoms of uitvoering van ’n ooreenkoms is, behoort die Ringsfinansiëlekommissie (RFK) daaroor met die Kerkraad in gesprek te tree.
3. VOERTUIG- EN VERVOERTOELAE
3.1 Die voertuig- en vervoertoelae word in twee komponente verdeel, naamlik
• die vaste koste, wat waardevermindering op nuwe motorwaarde (BTW ingesluit), rente, omvattende versekering en lisensiegeld insluit;
• die lopende koste wat die prys van brandstof, bande, onderdele, herstelwerk, versienings, smering, was, poleer, ensovoorts, insluit.
3.2 Die voertuig- en vervoertoelae is gebaseer op die beleidsbeginsel dat die toelae voorsiening maak vir ’n doelmatige voertuig (sien 3.4.2 hier onder), waarmee ampspligte uitgevoer kan word.
3.3 Alle gemeentepredikante behoort die vaste koste-komponent betaal te word. Daar is slegs differensiasie ten opsigte van die lopende koste-komponent. Met hierdie aanbeveling wil die sinode ’n riglyn daarstel, wat buigsaam genoeg is om almal te akkommodeer.
3.4 Berekening van die voertuig- en vervoertoelae
3.4.1 Die toelae word gebaseer op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se tabel vir 2016/17. [Ja: 2016/17. Ons weet nog nie wat 2017/2018 se tabel gaan wees nie!]
3.4.2 ’n Voertuig in die SAID se prysklas van R160 001 tot R240 000 word as geskik beskou vir die uitvoer van ampspligte.
3.4.3 Die vaste komponent van die koste word hiervolgens vasgestel. Lopende koste word gebaseer op die heersende syfers (2016/17) van die Suid- Afrikaanse Inkomstediens en die verwagte afstand wat die werknemer vir die jaar xxx ry. Dit is tans 142,5 sent per kilometer. Xxx-Kaap xxx egter reeds 150 sent per kilometer.
3.4.4 Aangesien ’n byvoordeel, xxxx reiskoste, nie eensydig verander of verlaag behoort te word nie, het die STFA (Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie van die Xxx-Kaap) besluit om die lopende reiskoste vir 2017/18 onveranderd op 150,1 sent per kilometer xx xxx.
3.5 Bepaling van die aantal kilometers
3.5.1 Afhangende van omstandighede, kan die aantal kilometers per jaar wat deur die Kerkraad vergoed word, verskil. Die reistoelae wat deur verskillende gemeentes betaal word, xxx derhalwe ook verskil.
3.5.2 Voorbeelde van berekeninge volgens aantal kilometers:
Aantal kilometers | Vastekoste | R1,501 / km | Totaal | Maandeliks |
12 000 km | 68 684 | 18 012 | 86 696 | 7 225 |
18 000 km | 68 684 | 27 018 | 95 702 | 7 975 |
24 000 km | 68 684 | 36 024 | 104 708 | 8 726 |
3.5.3 Die gemiddelde aantal kilometers vir ’n gemeentepredikant word steeds as 18 000 kilometer per jaar geag. Kerkrade wat van mening is dat dit ’n realistiese syfer vir hulle gemeente is, bepaal die voertuig- en vervoertoelae as R95 702 per jaar.
3.5.4 Kerkrade wat van mening is dat hulle predikant(e) minder of meer as die gemiddelde 18 000 km per jaar ry, kan die volgende prosedure volg:
(a) Die Finansiële Kommissie/Diensverhoudingkommissie en die predikant(e) onderhandel oor ’n billike gemiddelde aantal kilometers, wat vir die gemeente xxx geld. Belangrike dokumente in hierdie gesprek, is die predikant se logboek en/of sy/haar inkomstebelasting opgawe van die vorige jaar.
(b) Indien die Kerkraad en die predikant(e) nie ’n ooreenkoms kan bereik nie, word die hulp van die Finansiële Kommissie van die Ring ingeroep. Dié Kommissie se besluit xxx xxxxx moontlik eerbiedig word.
3.6 Die STFA beveel as xxxxxx aan dat kerkrade in die “verre” platteland (xxxx die Karoo en Namakwaland) waar leraars groot afstande oor (slegte?) grondpaaie moet ry en waar brandstof- en instandhoudingkoste normaalweg duurder is as in die stede, die aanbevole lopende koste vir 2017/18 onveranderd op 200 sent (R2,00) per kilometer xxx. Voorbeelde van berekeninge volgens aantal kilometers:
Aantal kilometers | Vastekoste | R2 / km | Totaal | Maandeliks |
18 000 km | 68 684 | 36 000 | 000 000 | 8 724 |
4. REISKOSTE – VERGADERINGS
4.1 Die STFA (Xxx-Kaapland) het besluit dat die reistoelaag vir die bywoon van vergaderings van die Ring en Sinode en hulle taakspanne in die Xxx-en-Suid-Kaap vir 2017/18 onveranderd xxx op R2,50 per kilometer vir ontvangers van ’n voertuig- en vervoertoelae.
4.2 Persone wat nie self die vaste koste komponent ontvang nie, ontvang steeds R3,00 per kilometer vir vergaderings van die Ring, Sinode en Kommissies van die Ring en Sinode.
4.3 Inkomstebelasting op addisionele reiskoste
4.3.1 Waar die xxxxx ’n vaste toelae ontvang, asook reiskoste per kilometer van dieselfde werkgewer, geld die volgende:
4.3.2 80% van en enige addisionele reiskoste-eis word tans bygetel by belasbare inkomste vir die berekening van LBS en die volle bedrag van die eis as reiskoste getoon op die IRP5. Indien die persentasie in die Begrotingstoespraak opwaarts aangepas word moet die belastingberekening dienooreenkomstig aangepas word.
4.3.3 In gevalle waar reiskoste vergoed word deur ’n instansie anders as wat die gewone toelaag xxx, xxxx LBS nie afgetrek te word nie, indien die vergoeding minder is as die voorgeskrewe tarief per kilometer van die SAID, wat tans (2016/17) R3,29 per kilometer beloop.
4.3.4 Onthou om die ritboek by xx xxx om enige kortings terug te eis.
5. MEDIESE PREMIESUBSIDIE
5.1 Die werkgewer aanvaar gewoonlik verantwoordelikheid vir 50% van die lid se premie aan die aanbevole mediese fonds. [Die STFA se riglyn, vir werkgewerbydrae vir predikante is minstens 50% van die Essensiële Spaarder Plan.]
5.2 Sien asseblief die Mediese omsendbrief, xxxx reeds aan die lede en die gemeentes versend en xxxx dit ook op die webblad verskyn: xxxx://xxxxxxxxxxxxx.xx.xx/Xxxxxxxxxxx
6. ANDER TOELAES
6.1 Daar kan steeds oorweeg word om onthaal-, rekenaar-, xxxxx-, telefoon- en dergelike toelaes, wat betaal is om ander amptelike uitgawes xx xxxxxx, te vervang deur ’n xxxxxxx waar amptelike uitgawes òf per faktuur deur die werknemer van die werkgewer teruggeëis word, òf xxxxx xxxx die werkgewer vereffen word.
6.2 By die Algemene Sinode se Steunspan vir Fondse en Xxxxx (ASFB) is die kwessie van internet toegang as ’n noodsaaklike xxxx van ’n leraar se “gereedskap”, bespreek. Die STFA ondersteun die gedagte ten volle dat kerkrade vir hulle leraar(s) ’n toelae beskikbaar stel om die koste vir internet toegang te dra of deur xx xxxx dat die pastorie / studeerkamer internet toegang het.
7. BELASTING
7.1 Die uitgangspunt met strukturering van vergoeding is dat voordele wat aangebied word, op die mees doeltreffende xxxxxx gestruktureer word vir belastingbesparing. Hierdie beginsel staan bekend as belastingvermyding en moet onderskei word van belastingontduiking. Laasgenoemde is onwettig.
7.2 Die strukturering van die pakket word ooreengekom tussen die werkgewer en werknemer, en moet gedoen word wanneer op die jaarlikse vergoeding ooreengekom word. Tussentydse verandering aan die pakket laat die risiko dat dit deur die SAID gesien kan word as ’n skema om belasting te ontduik. Die SAID laat so min as moontlik geleentheid toe vir ’n salaristrekker om belasting xx xxxxx.
7.3 Reglement 13: 6 (Kerkorde van 2015 van die NG Kerk in SA) hanteer die vergoeding van predikante. Reglement 13: 6.1.2.1 vereis dat BEIDE partye (werkgewer én werknemer) moet instem tot ’n afwyking van diensvoordele. Reglement 13: 6.1.2.3 vereis ook die betrokkenheid van die Ring.
7.4 Die volgende voorbeelde is moontlikhede waar ’n kontant toelaag met vakmangereedskap vervang kan word. Dit kan moontlik vir die werkgewer goedkoper wees én die werknemer kan moontlik minder belasting betaal.
(a) Behuising. Die waarde van gratis huisvesting word belas teen ’n xxxxx en formule xxxx van tyd tot tyd deur die SAID vasgestel, wat gewoonlik meer voordelig is as die betaling van ’n kontant toelae vir die huur of koop van vergelykbare behuising. Die pastorie en studeerkamer word as die
vakmangereedskap van die leraar gesien en xxx xxxx enige werknemer se kantoor deur die werkgewer versorg word, sonder ’n belastingimplikasie vir die werknemer.
(b) ’n Gemeentevoertuig vir amptelike ritte in plaas van ’n voertuig- en vervoertoelae. Hierdie voorbeeld moet met groot omsigtigheid benader word. ’n Reistoelaag is xxxx van ’n leraar se ooreengekome pakket (sien 1.3 hier bo). Sou die werkgewer hiervan wou afwyk, moet ’n nuwe diensooreenkoms met die werknemer – in oorleg met die Ring – beding word. ’n “Maatskappyvoertuig” is nie ’n vreemde beginsel nie. Dit is net uiters belangrik dat beide werkgewer en werknemer groot duidelikheid moet hê oor watter ritte privaat is en watter ritte amptelik is. Reëlings (betaling) vir privaatgebruik van die amptelike voertuig moet duidelik en markverwant wees ten einde belastingprobleme te verhoed.
(c) Vakmangereedskap (“tools of the trade”). Aangesien geen ander toelaes enige belastingverligting inhou nie, is dit belasting voordelig vir die werknemer om, in onderhandeling met die werkgewer, die nodige vakmangereedskap wat hy of sy nodig het vir die uitvoering van sy/haar taak in die gemeente, deur die werkgewer te laat voorsien. Dit kan items xxxx ’n selfoon, rekenaar en selfs vakkundige xxxxx en teologiese tydskrifte wees. Geen belasting is betaalbaar op vakmangereedskap wat uitsluitlik vir ampsdoeleindes gebruik word nie. Vakmangereedskap xxx die eiendom van die gemeente. Vakmangereedskap kan wel aan die einde van die bruikbare lewe daarvan aan die werknemer verkoop word teen reswaarde.
Die ondersteuning van ’n belastingkundige is uiters belangrik om die proses korrek te ondersoek, te implementeer en te administreer. Skakel xxxxx met die sinodale kantoor (Xxxxx Xxxxx / Xxxxxx Xxxxxxx) vir meer agtergrond oor “vakmangereedskap”.
8. WERKLOOSHEIDSVERSEKERING
8.1 Volgens wetgewing wat op 1 April 2002 in xxxxxxx getree het, moet alle predikante (xxxx alle ander amptenare) werkloosheidsversekering betaal.
8.2 Sowel die werkgewer, as die werknemer, betaal elk maandeliks 1% van die bruto besoldiging as werkloosheidsversekering aan die SAID. Die bydrae word beperk tot ’n maksimum van R148,72 vir die werkgewer en die werknemer per maand (dus R297,44 per maand in totaal). Die maksimum salaris (vir WVF) is dus R178 464,00 per jaar (R14 872,00 per maand).
8.3 Bruto besoldiging word bepaal, xxxx vir die berekening van LBS voor die aftrekking van toelaatbare bydraes vir aftreefondse en mediesefonds bydraes.
8.4 Werkgewers is verplig xx xxxxx sewe dae na die einde van ’n maand enige verandering in die verdienste van werknemers, sowel as nuwe aanstellings of diensbeëindigings wat plaasgevind het, aan die Werkloosheidversekeringkommissaris deur xx xxx.
9. ONGEVALLEVERSEKERING
9.1 Enige personeellid, wat in diens van die gemeente (werkgewer) is, moet by die Kommissaris vir Beroepsbeserings en -siektes verseker word.
9.2 Sommige kantore van die Kommissaris oordeel dat die diensooreenkoms met die leraar en orrelis nie voldoen aan die toepassing van die wet nie. Daar word aanbeveel dat gemeentes met die plaaslike kantoor in gesprek tree om te bepaal wat hulle standpunt is. Die veiligste is om die leraar en orrelis wel by die Kommissaris te verseker, aangesien wetgewing geensins ’n bepaling het wat hierdie kategorie werknemers uitsluit nie.
10. PREDIKANTE PENSIOENFONDS (PPF)
10.1 Voordele en verpligtinge vanaf 1 Maart 2017: ’n Aparte omsendbrief volg binnekort, sodra die 2017/2018 risikovoordele gefinaliseer is. Sien ook xxxx://xxxxxxxxxxxxx.xx.xx/Xxxxxxxxxxx
10.2 Die Sinode het reeds in 2011 besluit dat die 19,2% bydraevlak as die nuwe standaard vir pensioenbydraes by gemeentes/deelhebbers aanbeveel word. Alle kerkrade, wat dit nog nie gedoen het nie, word xxxxx aangemoedig om die 19,2% as die minimum bydrae vlak vir leraars se pensioen te aanvaar.
11. JEUGWERKERS
11.1 Die vergoedingskaal vir Jeugwerkers is afgelei uit inligting verwerk vanuit nasionale opnames en inligting uit die vergoedingspesialiste se databasis. Die skaal is gestruktureer op ’n kurwe wat baie konserwatief (ver benede) met die 25ste persentiel van die mark vergelyk. Die skaal is net van toepassing op Jeugwerkers wat ’n 3-jaar X.Xxxx diploma of graad verwerf het.
11.2 Die minimum en maksimum skaal is met minstens 8% aangepas.
• Die skaal dui die totale maandelikse koste (TKVI) vir werkgewers aan (alle werkgewerbydraes en bonusse word ingesluit).
• Die skaal word gegrond op ’n 40-uur werksweek en behoort proporsioneel aangepas te word volgens werklike werksure.
• Kerkrade plaas die Jeugwerker – op grond van die posomskrywing en sy/haar ervaring – na wedersydse konsultasie op ’n posisie in die skaal tussen die minimum en maksimum.
2016/17 | TOTALE KOSTE VAN INDIENSNEMING 2017/18 |
R18 000 tot R28 600 | R19 350 tot R31 460 |
Ons vertrou op u hartlike samewerking om u onderhandelinge en besluite betyds af xx xxxxxx. Kom ons streef daarna om ons diensverhoudinge en vergoedingsake tot eer van die Here te hanteer – veral ook in die xxxxxx waarop ons met mekaar kommunikeer.
Vriendelike groete