REGLEMENT 20
REGLEMENT 20
REGLEMENT VIR DIE VERLOF VAN PREDIKANTE EN DIENSLERAARS
1. ALGEMENE BEPALINGE
1.1 Die kerkraad of sy gevolmagtigde reël alle verlof waarop ’n predikant in terme van die diensooreenkoms geregtig is.
1.2 Die predikant doen op voorgeskrewe wyse by die kerkraad of sy gevolmagtigde aansoek om verlof te neem. Xxxxxx, met die uitsondering van siekteverlof, kan slegs geneem word nadat die aansoek goedgekeur is.
1.3 Alle verlof wat geneem word, word genotuleer en aangeteken in ’n verlofregister wat elke ses maande deur die kerkraad en jaarliks deur die ring in sitting gekontroleer word.
1.4 Indien ’n predikant in diens van die kerkverband is, word alle verlof gereël, goedgekeur en gekontroleer deur die kerkvergadering of sy gevolmagtigde as verteenwoordiger van die werkgewer.
1.5 Verlof is nie van een diensverhouding na ’n ander oordraagbaar nie.
2. JAARLIKSE VERLOF
2.1 Voltydse predikante is geregtig op 42 kalenderdae jaarlikse verlof, met volle besoldiging vir elke twaalf maande van diens in die gemeente/kerkverband, xxxxx xxxxxx ooreengekom is.
2.2 Xxxxxxxxx predikante se verlof word per ooreenkoms proporsioneel gelykwaardig met die diensvoordele van ’n voltydse predikant bepaal.
2.3 Xxxxxxxxx xxxxxx val ’n predikant pro rata vanaf indienstreding toe.
2.4 Die kerkvergadering of sy gevolmagtigde en die predikant kom ooreen wanneer die jaarlikse verlof geneem kan word. Indien ’n ooreenkoms nie bereik word nie, kan die kerkvergadering of sy gevolmagtigde besluit wanneer die predikant verlof moet neem.
2.5 Jaarlikse verlof kan nie geneem word gedurende ’n tydperk van kennisgewing van diensbeëindiging nie, tensy die werkgewer anders besluit.
2.6 Xxxxxxxxx verlof word in die jaar waarin dit verdien is, geneem. Hoogstens 21 kalenderdae kan na die volgende jaar oorgedra word. Opgehoopte verlof moet binne die eerste ses maande van die volgende jaar geneem word.
2.7 Minstens 21 kalenderdae aaneenlopende gewone verlof moet jaarliks geneem word.
2.8 Gewone verlof is slegs op die datum van diensbeëindiging uitbetaalbaar. Die pro rata-gedeelte van die huidige jaar se ongebruikte verlof en die goedgekeurde
opgehoopte verlof wat van die vorige jaar oorgedra is, kan tot ’n gesamentlike maksimum van 30 kalenderdae uitbetaal word. Uitbetaling geskied op die basis van Totale Koste vir Indiensneming (TKVI) volgens heersende wetgewing.
3. SIEKTEVERLOF
3.1 Die kerkvergadering of sy gevolmagtigde kan aan ’n predikant siekteverlof met volle lewensonderhoud en toelaes toestaan.
3.1.1 Siekteverlof word bereken teen 60 kalenderdae en word in siklusse van drie jaar toegestaan.
3.1.2 Deeltydse predikante se siekteverlof word per ooreenkoms proporsioneel gelykwaardig met die diensvoordele van ’n voltydse predikant bepaal.
3.1.3 In die geval van oorskryding van toegekende siekteverlof binne ’n siklus van drie jaar, kan ’n predikant kies om beskikbare vakansieverlof aan xx xxxx vir siekteverlof. Indien geen toegekende siekteverlof of vakansieverlof meer beskikbaar is nie en swak gesondheid steeds verhinder dat diensverpligtinge doeltreffend verrig kan word, kan die predikant aansoek doen vir verdere siekteverlof. Indien die kerkvergadering die aansoek goedkeur, neem die kerkvergadering of sy
gevolmagtigde ’n besluit oor vergoeding vir ’n ooreengekome tydperk, en tref gepaste reëlings vir plaasvervangende diens.
3.1.4 By ’n aansoek om siekteverlof vir meer as drie kalenderdae kan die
kerkvergadering of sy gevolmagtigde aandring op ’n verslag van ’n geneesheer om te bepaal
3.1.4.1 waarom die predikant nie gesond genoeg is om diens te verrig nie; en
3.1.4.2 hoe lank die afwesigheid na verwagting xxx duur alvorens normale diens xxxxxx xxx word.
3.1.5 Die kerkvergadering of sy gevolmagtigde het die reg om op koste van die predikant ’n mediese sertifikaat van ’n geneesheer vir voorlegging aan die kerkvergadering te vereis, voordat siekteverlof goedgekeur word.
3.1.6 Indien die siekteverlof sestig (60) kalenderdae per drie jaar siklus oorskry, word die advies van die ring of sy gevolmagtigde ingewin met die oog op die voortgang van die bediening in die gemeente.
4. VERLOF VIR BEDIENINGSONTWIKKELING
4.1 ’n Minimum van ses en ’n maksimum van twaalf kalenderdae per jaar word aan ’n predikant toegeken vir verlof vir bedieningsontwikkeling, xxxxx xxxxxx ooreengekom.
4.2 Verlof vir bedieningsontwikkeling val ’n predikant pro rata vanaf datum van indienstreding toe.
4.3 Verlof vir bedieningsontwikkeling word toegestaan nadat die kerkvergadering of sy gevolmagtigde die betrokke kursus/program goedgekeur het.
4.4 Verlof vir bedieningsontwikkeling kan nie oorgedra word na ’n volgende jaar nie.
5. STUDIEVERLOF1
5.1 Studieverlof is ’n vergunning en die kerkvergadering en die predikant moet in die lig van plaaslike omstandighede ooreenkom oor studieverlof.
5.2 Wanneer ’n kerkvergadering en die predikant ooreenkom oor deeltydse studie, is die predikant slegs geregtig op deeltydse vergoeding.
5.3 Wanneer ’n kerkvergadering en die predikant ooreenkom oor voltydse studie vir minder as ses maande, voorsien die predikant vir die duur van die studietydperk in eie lewensonderhoud en is toelaes nie betaalbaar nie.
5.4 Indien voltydse studie xxxxxx as ses maande duur, is ’n predikant verplig xx xxxxxxxx by die kerkvergadering te ontvang.
5.5 Die predikant tref self reëlings met die Algemene Taakspan Predikantesake met betrekking tot behoud van proponentsbevoegdheid by xxxxxxxx xxxxx verdere studie.
5.6 Die predikant is verplig om eers opgehoopte verlof te gebruik voordat die persoon kan aanspraak maak op studieverlof. ’n Predikant kan aansoek doen om ’n terugskrywing van verlof wat vir toepaslike studie gebruik is, mits ’n kursus(se) wat vooraf deur die kerkvergadering goedgekeur is, suksesvol voltooi is.
6. KRAAMVERLOF
6.1 ’n Vroulike predikant is geregtig op ’n maksimum van vier maande kraamverlof wat xxxx volg toegestaan word, xxxxx xxxxxx ooreengekom:
6.1.1 ’n maksimum van vier weke voor die bevalling en ’n minimum van ses weke na die geboorte van die baba kan geneem word;
6.1.2 volle lewensonderhoud en toelaes is vir die tydperk van 10 weke (vergelyk 6.1.1) betaalbaar; en
6.1.3 die vergoedingskomponent vir die restant van die kraamverlof word tussen die predikant en die kerkvergadering of sy gevolmagtigde onderhandel.
6.2 ’n Vroulike predikant is geregtig op ’n maksimum van drie maande aannemingsverlof by die wettige aanneming van 'n kind.
1 Vir volledige beskrywing van Studieverlof, vergelyk Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge, Hoofstuk 2, 15.7.
6.2.1 Volle lewensonderhoud en toelaes is vir die tydperk van 10 weke (vergelyk 6.1.2) betaalbaar; en die vergoedingskomponent vir die restant van die aannemingsverlof word tussen die predikant en die kerkvergadering of sy gevolmagtigde onderhandel.
6.3 Aanwas van jaarlikse verlof vind tydens kraamverlof en aannemingsverlof plaas.
6.4 ‘n Manlike predikant is geregtig op 10 kalenderdae aaneenlopende verlof, by die geboorte van sy kind, waarvan minstens die eerste drie dae betaalde verlof is (sien 8.1.1.1).
6.5 ‘n Manlike predikant is geregtig op 10 kalenderdae aaneenlopende verlof by die wettige aanneming van 'n kind, waarvan minstens die eerste drie dae betaalde verlof is (sien 8.1.1.1).
7. OPENBARE VAKANSIEDAE
7.1 ’n Predikant is geregtig op openbare vakansiedae. Indien die predikant ’n diensverpligting het, kom die persoon en die kerkvergadering of sy gevolmagtigde ooreen op ’n gepaste reëling.
7.2 Die gemeente/kerkverband en die predikant kan met mekaar in die dienskontrak ooreenkom dat jaarlikse verlof nie verleng word met die openbare vakansiedae wat in die verlofsiklus xxx xxx.
7.3 By gebrek aan ’n skriftelike ooreenkoms, word ’n predikant se verlof verleng met elke openbare vakansiedag wat in die verloftydperk val.
8. VERLOF VIR GESINSVERANTWOORDELIKHEDE2
8.1 ’n Predikant is, met die oog op gesinsverantwoordelikhede, geregtig op drie dae betaalde menslikheidsverlof per jaar, wat nie oploopbaar is nie.
8.1.1 Die predikant is geregtig om hierdie betaalde verlof te neem
8.1.1.1 wanneer sy/haar kind gebore word;
8.1.1.2 wanneer sy/haar kind xxxx is;
8.1.1.3 in die geval van dood van die predikant xx xxxx of lewensmaat; of
8.1.1.4 in die geval van dood van die predikant se ouer, aangenome ouer, grootouer, kind, aangenome kind, kleinkind, xxxxx of suster.
9. SABBATSTYD
2 Verlof vir Gesinsverantwoordelikheid is in die volgende gevalle van toepassing: geboorte van kind, siekte van kind, of die dood van die werknemer se huweliksmaat, ouer, aanneemouer, grootouer(s), xxxxx of suster, kind, aangenome kind of kleinkind.
9.1 Predikante is bo en behalwe verlof, met goedkeuring van die kerkvergadering of sy gevolmagtigde, geregtig op sabbatstyd.
9.2 Die toekenning van sabbatstyd is onderhewig aan die volgende voorwaardes:
9.2.1 Na verloop van drie jaar in dieselfde werkkring, is ’n predikant geregtig op 30 kalenderdae sabbatstyd.
9.2.2 Sabbatstyd kan nie opgehoop word nie.
9.2.3 Sabbatstyd word aaneenlopend geneem.
9.2.4 Gedurende sabbatstyd is die predikant nie vir ampspligte in die gemeente of diens aan die kerkverband beskikbaar nie.
9.2.5 Sabbatstyd geskied met volle lewensonderhoud en toelaes.
9.2.6 Na die sabbatstyd gee die predikant terugvoer aan die kerkvergadering.
9.2.7 Sabbatstyd kan nie van een gemeente/werkkring na ’n ander oorgedra word nie.
9.2.8 Sabbatstyd is nie by diensbeëindiging uitbetaalbaar nie.