KONTRAK
p/a Agulhas Vaardigheidskool
Posbus 17
NAPIER 7270
Telefoon: 028 423 3235
Faks: 086 548 7277
Sel: 072 194 7755
KONTRAK
Kontrak aangegaan tussen NAPIER PATATFEES (die VERHUURDER)
en
(die HUURDER)
Vir die gebruik van ‘n stalletjie(s) gedurende die fees op 15 Junie 2013 en wel op die volgende voorwaardes:
1. Die VERHUURDER stel die stalletjies(s) in die vorm van uitgemerkte area’s op die skoolterrein beskikbaar. GEEN STALLETJIE MAG OPGERIG WORD OP GRASPERK LANGS DIE KLUBHUIS NIE. SLEGS VIR HOOFBORGE.
2. 'n Area-plan word voorsien. Stalletjies word aan 'n persoon op 'n perseel volgens hul behoeftes en verkope toegeken. Geen uitruiling van die toegekende perseel word toegelaat sonder die toestemming van die HUURDER nie. Indien dit gevind word dat enige eienaar van 'n stalletjie op 'n ander eienaar se perseel sy stalletjie oprig, xxx xxxx xxx xxx vereis word om onmiddellik die perseel te ontruim en te verskuif na die perseel wat aan hom toegeken is.
3. Die HUURDER is self verantwoordelik vir die versiering en instandhouding van die stalletjie(s), asook die aanlê van kragpunte (in oorleg met Agulhas Vaardigheidskool) asook enige toerusting wat benodig word.
4. Die VERHUURDER aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies en/of diefstal en /of skade nie.
5. Die HUURDER is verantwoordelik vir die opruiming van die stalletjie(s) aan die einde van die fees. Die terrein moet netjies agtergelaat word.
6. Die koste per stalletjie beloop R150.00 elk (die grootte van die stalletjie wat toegeken word beslaan ‘n oppervlakte van 3 m x 3 m), is betaalbaar voor of op 9 Junie 2013 . (Kragpunte is beskikbaar teen ‘n addisionele bedrag van R50.00.) Dui asb. duidelik aan op die vorm indien u kragpunte xxx benodig en hoeveel. U is welkom om u eie kragopwekker te bring, indien die krag moontlik mag afslaan. (Verwittig u asb. duidelik van betalingsvoorwaardes xxxx hieronder gemeld).
7. Stalletjies moet gedurende die volgende tye bedryf word en moet te alle xxx xxxxx word:
Minimum tyd: Saterdag 15 Junie 2013 : 07:30 – 15:00
8. Alle stalletjies moet voor 08:00 op Saterdag 15 Junie 2013 opgeslaan wees en geen voertuie van stalletjie-eienaars mag binne die stalletjies area wees nie.
9. Geen verkope van die volgende xxxxx as gevolg van borgooreenkomste: Koffie, rou/ gaar patats, rou/gaar snoek en “Snoek en Patats”.
10. Stalletjies wat eetware voorberei en/of verkoop, is onderhewig aan die Gesondheidsregulasies. Sien asb. riglyne hieronder uiteengesit. U kan hierdie sertifikaat bekom by die Overberg Distrik Munisipaliteit deur hul vroegtydig xx xxxxxx by: 028 425 1157. Hierdie afskrif moet ook tydens verkope sigbaar wees binne die stalletjie.
RIGLYNE: VOEDSELSTALLETJIES
1. Die binneste oppervlak van die verkoop/voorbereidingsgedeelte moet glad en wasbaar wees.
2. Alle werkoppervlaktes moet van ondeurdringbare, roesvrye materiaal gemaak word.
3. ‘n Vullishouer met ‘n digsluitende deksel moet deur stalletjiehouer by xxxx xxxxxxxxxx voorsien word.
4. Alle bederfbare voedsel moet onder 10 ºC geberg word.
5. Alle eetgerei, bakkies en koppies moet in stofdigte houers geberg word.
6. Alle voedselprodukte moet ook in stofdigte houers geberg word.
7. ‘n Handwaskom vir die skoonmaak van toerusting en die was van hande moet deur stalletjiehouer voorsien word. Die handwaskom moet ‘n ontsmettingsmiddel bevat, (verkieslik ‘n xxxxxx-oplossing)
8. Papierhanddoekrolle moet beskikbaar wees.
9. Alle artikels xxxx eetgerei, bakkies, houers en koppies van plastiek/papier/skuimplastiek, bedoel vir die bediening van voedsel, moet vir eenmalige gebruik wees.
10. Geen lid van die publiek mag toegang verkry tot die voorbereidingsgedeelte van die voedselstalletjie nie.
BANKBESONDERHEDE VIR INBETALINGS:
BANK: ABSA
REKENINGNAAM: Agulhas Vaardigheidskool
TAKKODE: (BREDASDORP) 334412
REKENINGNOMMER: 000 000 0000
VERWYSING: Naam van u stalletjie-PF
BETALINGSVOORWAARDES
1. Bewys van inbetaling moet gefaks word na: 086 548 7277 of epos na: xxxx.xxxxx@xxxxx.xxx Vir aandag: Xxxx Xxxxx.
2. Kwitansie xxx slegs uitgereik word by ontvangs van bewys van inbetaling.
3. Die kwitansie xxx aan die stalletjiehouer gefaks word, en dit moet by die fees getoon word voordat hy/sy tot die stalletjie terrein toegelaat xxx word.
4. Alle betalings moet voor of op 9 Junie 2013 gemaak word.
5. Laat stalletjie-aansoeke wat na die 9de Junie 2013 ontvang word, xxx ‘n boete bedrag van R300 per 3m x 3m stalletjie gevra word. Op hierdie laat stadium word geen spasie vir stalletjies gewaarborg nie.
6. Geen uitsonderings xxx gemaak word op bogemelde voorwaardes nie.
ALLE AANSOEKERS MOET DIE OOREENKOMS ONDERTEKEN
Ek aanvaar al die voorwaardes wat in hierdie dokument vervat is. Ek onderneem om die bewys van betaling saam met my aansoek in te dien en om my stalletjiehuur en die kostes van ekstras teen
……………………………………….., te betaal en die bewys daarvan aan die Napier Patatfees Komitee per adres Agulhas Vaardigheidskool, Xxxxxx xx faks of epos.
Ek aanvaar dat sou genoemde bewys van betaling nie voor 9 Junie 2013, Me Xxxx Xxxxx, (by Agulhas Vaardigheidskool) bereik het nie, ek my stalletjie(s) verbeur.
GETEKEN te …………………………. op hierdie …..….dag van 2013.
………………………….. ……………………..
HANDTEKENING DATUM
AANSOEKVORM VIR STALLETJIE(S)
1. HANDELSNAAM:
2. BESONDERHEDE VAN KONTAKPERSOON: Voornaam :
Van :
Tel :
Sel :
Faks :
E-Pos :
3. Benodig u ‘n kragpunt : JA / NEE (Slegs enkelfase krag)
4. Aantal stalletjies benodig :
5. Watter tipe stalletjie(s) gaan u bedryf?: Xxxx- en Vlooimark
Kos stalletjie
Xxxx stalletjie
6. Meld enige ander :