Omskrewe gebeurtenisse Eise ingestel grondslag
AFDELING GEMEENREGTELIKE AANSPREEKLIKHEID INGESLUIT KOMMERSIËLE JAG
EN WILDBESIGTIGING
Omskrewe gebeurtenisse Eise ingestel grondslag
Skadevergoeding wat die versekerde regtens aanspreeklik word om te betaal as gevolg van die toevallige dood, liggaamlike besering of siekte van enige persoon (hierna besering genoem) of die toevallige verlies van of fisieke skade aan tasbare eiendom (hierna skade genoem) wat op of na die terugwerkende datum wat in die bylae vermeld word in die loop van of in verband met die besigheid plaasvind binne die gebiedsperke en wat aanleiding gee tot ‘n eis of eise wat aanvanklik gedurende die versekeringstydperk skriftelik teen die versekerde ingestel word.
Die skadeloosstellingsperk
Die bedrag betaalbaar, met inbegrip van enige regskoste wat deur ‘n xxxxx of aantal eisers van die versekerde verhaalbaar is, en alle xxxxx xxxxx en uitgawes wat met die maatskappy se toestemming aangegaan word vir enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, beloop hoogstens die skadeloosstellingsperk wat in die bylae vermeld word.
Gebiedsperke
Enige plek ter wêreld, maar nie in verband met die volgende nie:
(i) enige besigheid wat die versekerde bedryf by of vanaf ‘n perseel buite of
(ii) enige kontrak vir die uitvoer van werk buite
die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Malawi.
Besondere uitsonderings
Die maatskappy stel die versekerde nie ten opsigte van die volgende skadeloos nie:
1. aanspreeklikheid as gevolg van die besering van enige persoon wat xxxxxxxx ‘n diens- of vakleerlingskapkontrak in die versekerde se diens is en wat voortspruit uit en in die loop van sodanige diens by die versekerde
2. skade aan:
(a) (i) eiendom wat aan die versekerde behoort
(ii) eiendom wat in die bewaring of onder die beheer van die versekerde of enige werknemer van die versekerde is
(b) die xxxx van enige eiendom waaraan die versekerde werk of gewerk het, indien sodanige skade regstreeks weens sodanige werk ontstaan
3. aanspreeklikheid wat volg op besering of skade:
(a) wat veroorsaak word deur of in verband met enige advies of behandeling van ‘n professionele aard (behalwe noodhulpbehandeling) wat deur of in opdrag van die versekerde gegee of toegedien word
AGRIPLUS (GEMEENREGTELIKE AANSPREEKLIKHEID INGESLUIT KOMMERSIELE JAG) Uitleg 04 (Bladsy 1 van 16) 12/2010
Goedgekeurde Finansiële Diensverskaffer ‘n Lid van die Groep
(b) wat veroorsaak word deur of deur middel van of in verband met die eienaarskap, besit of gebruik deur of namens die versekerde van enige meganiese aangedrewe voertuig (behalwe ‘n trapfiets of grassnyer of enige voetgangerbeheerde tuintoerusting) of van enige sleepwa,watervaartuig, lokomotief of rollende materiaal
Met dien verstande dat:
hierdie Besondere uitsondering nie die maatskappy onthef nie van die verpligting om die versekerde skadeloos te stel ten opsigte van aanspreeklikheid wat volg op ‘n besering of skade wat veroorsaak word of ontstaan buite die grense van enige rybaan of deurgang in verband met die laai of aflaai van enige voertuig insluitende goedere wat daarmee vervoer word en daarvan afval, in die mate wat sodanige besering of skade nie deur enige xxxxx xxxxx of afdeling verseker is nie
(c) wat veroorsaak word deur of deur middel van of in verband met:
(i) die brandstofinname van lugvaartuie
(ii) die eienaarskap, besit, instandhouding, bedryf of gebruik van lugvaartuie of ‘n lug redery
(iii) die eienaarskap, huur of bruikhuur van enige lughawe, landingstrook of helikopter-dek
(d) wat veroorsaak word deur of deur middel van of in verband met goedere of produkte (insluitende houers en etikette) wat verkoop of verskaf word en wat plaasvind elders as op die perseel wat deur die versekerde geokkupeer word, behalwe voedsel en drank wat toevallig verskaf word vir verbruik op die perseel
(e) wat ontstaan na die voltooiing en oorhandiging van enige werk en wat veroorsaak word deur of deur middel van of in verband met enige gebrek, xxxx of weglating in sodanige werk
4. skade wat veroorsaak word deur vibrasie of die verwydering of verswakking of steuring van die stut van enige grond, gebou of ander struktuur
5. aanspreeklikheid wat volgens ooreenkoms aanvaar word (behalwe die versekerde se eie standaardkontrakvoorwaardes), tensy die versekerde nieteenstaande sodanige ooreenkoms aanspreeklik sou gewees het
6. (a) aanspreeklikheid ten opsigte van besering, skade aan of verlies van gebruik van eiendom wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur deursypeling, besoedeling of kontaminasie, altyd met dien verstande dat hierdie Besondere uitsondering nie van toepassing is nie waar sodanige deursypeling, besoedeling of kontaminasie deur ‘n skielike onbeplande en onvoorsiene gebeurtenis veroorsaak word
(b) die koste van die verwydering, vernietiging of opruiming van deursypelende, besoedelende of kontaminerende stowwe, tensy die deursypeling, besoedeling of kontaminasie deur ‘n skielike onbeplande en onvoorsiene gebeurtenis veroorsaak word.
Hierdie Besondere uitsondering brei nie hierdie afdeling uit om enige aanspreeklikheid te dek wat, by die afwesigheid van hierdie Besondere uitsondering, nie ingevolge hierdie afdeling verseker sou gewees het nie
7. boetes, strafvoltrekkings, straf-, bestraffende of wraaksugtige skadevergoeding
8. (a) skadevergoeding ten opsigte van uitsprake wat in die eerste instansie gelewer is deur of verkry is in ‘n ander hof met bevoegde jurisdiksie binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en Swaziland
(b) regsonkoste en- uitgawes wat deur enige xxxxx van die versekerde verhaal word en wat nie aangegaan en verhaalbaar is in die gebied wat in 8(a) hierbo beskryf word nie
9. enige eis wat voortspruit uit ‘n gebeurtenis wat aan die versekerde bekend is
(a) wat nie ingevolge Algemene voorwaarde 7 by die maatskappy aangemeld is nie
(b) voor die aanvang van hierdie afdeling
10. enige eis (in die geval van die kansellasie of nie-hernuwing van hierdie afdeling) wat nie aanvanklik binne die tydperk van 48 (agt en veertig) maande (of verlengde tydperk ten opsigte van minderjariges) skriftelik teen die versekerde ingestel word nie xxxx gespesifiseer in Besondere voorwaarde 2
11. die eerste bedrag betaalbaar
die versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar in die bylae en/of in hierdie afdeling vermeld van enige eis of aantal eise wat voortspruit uit alle gebeurtenisse van ‘n reeks wat volg op of toe te skryf is aan enige enkele bron of oorspronklike oorsaak. Die bepalings van hierdie klousule is van toepassing op eise wat voortspruit uit skade en is van toepassing op koste en uitgawe wat deur die versekerde aangegaan word
12. aanspreeklikheid as gevolg van besering of skade direk of indirek veroorsaak deur of in verband met of voortspruitend uit of toeskryfbaar aan:
(a) plofstowwe of die ontploffing van ‘n stoomketel
(b) vloed insluitende die bars van ’n damwal
(c) verspreiding van brand na aangrensende persele as gevolg van brand en ontploffing
13. die beslaglegging op of die verlegging van water deur die versekerde of enige persoon wat namens die versekerde optree.
Memorandums
1. Algemene uitsondering 1 word slegs ten opsigte van hierdie afdeling geskrap en deur die volgende vervang:
Hierdie afdeling dek nie besering, skade of aanspreeklikheid regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur of in verband met of as gevolg van oorlog, inval, die optrede van ‘n buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is of nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie,militêre of geüsurpeerde gesag nie.
2. Definisies
Vir die doeleindes van hierdie afdeling xxx “kommersiële jag en/of wildbesigtigingsaktiwiteite” die volgende beteken:
Enige kliënte, jagters en/of wildbesigtigers wat deelneem aan enige sodanige aktiwiteite of gebruik maak van enige sodanige fasiliteite op persele die eiendom van of onder die versekerde se beheer teen betaling.
Besondere voorwaardes
1. Enige eis wat aanvanklik skriftelik teen die versekerde ingestel word as gevolg van ‘n Omskrewe gebeurtenis wat ingevolge Algemene voorwaarde 7 aangemeld word (hierna ‘n aangemelde gebeurtenis genoem) word hanteer asof dit aanvanklik teen die versekerde ingestel is op dieselfde dag waarop die versekerde die gebeurtenis by die maatskappy aangemeld het.
2. In die geval van kansellasie of nie-hernuwing van die polis:
(a) word enige eis as gevolg van ‘n aangemelde gebeurtenis wat aanvanklik skriftelik teen die versekerde ingestel word gedurende die 48 (agt en veertig) maande onmiddellik na kansellasie of nie-hernuwing hanteer asook dit teen die versekerde ingestel is op dieselfde dag wat die versekerde die gebeurtenis aangemeld het. Indien die xxxxx minderjarig is, word die tydperk van 48 (agt en veertig) maande verleng tot nà die verstryking van 12 (twaalf) maande nadat die xxxxx meerderjarig word
(b) mag die versekerde ‘n gebeurtenis ingevolge Algemene voorwaarde 7 by die maatskappy aanmeld tot 15 (vyftien) dae na kansellasie of nie-hernuwing
Met dien verstande dat:
(i) sodanige gebeurtenis gedurende die versekeringstydperk plaasgevind het
(ii) enige daaropvolgende eis wat aanvanklik skriftelik teen die versekerde ingestel word as gevolg van sodanige gebeurtenis hanteer word asof dit aanvanklik ingestel is op die laaste dag voor kansellasie of nie-hernuwing en dat dit onderworpe is aan die tydperk van 48 (agt en veertig) maande wat in 2(a) hierbo gespesifiseer word.
3. Enige reeks eise wat gedurende die versekeringstydperk deur een of meer eisers teen die versekerde ingestel word as gevolg van een gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, word hanteer asof almal aanvanklik teen die versekerde ingestel is:
(a) op die datum waarop die versekerde die gebeurtenis ingevolge Algemene voorwaarde 7 aangemeld het
of
(b) op die datum waarop die eerste eis van die reeks aanvanklik skriftelik teen die versekerde ingestel word indien die versekerde onbewus was van enige gebeurtenis wat tot ‘n eis aanleiding xxx xxx.
4. Kommersiële jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite
Dit is ‘n voorwaarde dat skadeloosstelling in terme van hierdie afdeling van die polis met betrekking tot enige vorm van kommersiële jag en/of wildbesigtiging onderhewig xxx xxxx aan die volgende, dat:
(i) geen gebruik van alkohol toegelaat word tydens enige jagaktiwiteite nie
(ii) kliënte wat deelneem aan enige wildbesigtigingsaktiwiteite te alle tye vergesel moet wees van of die versekerde, gids, werknemer of gedelegeerde persoon van die versekerde
(iii) duidelike afbakening van skietsone(s) met betrekking tot onderskeie jaggroepe/jagters/ kliënte moet voor die aanvang van enige jagaktiwiteite op ‘n kaart vasgelê en aan alle betrokkenes verduidelik en voorsien word
(iv) indien die inskiet en instel van enige vuurwapen(s) deur ‘n kliënt versoek sou word moet sodanige aktiwiteite plaasvind onder beheer van of die versekerde, gids, werknemer of gedelegeerde persoon van die versekerde
(v) daar te alle tye aan alle vereistes voldoen word xxxx vervat in enige wet, ordonnansie of regulasie wat verband hou met jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite.
Spesiale bepaling:
Dit is ‘n voorwaarde voorafgaande tot die aanvaarding van aanspreeklikheid dat die versekerde ten tyde van die gebeurtenis wat aanleiding gee tot ‘n eis in terme van hierdie Besondere voorwaardes daar ook voldoen word aan alle vereistes xxxx vervat in voorwaarde 4(i), (ii), (iii), (iv) en (v) hierbo.
5. Vrywaring/afstanddoening
Skadeloosstelling in terme van hierdie afdeling met betrekking tot enige vorm van kommersiële jag en/of wildbesigtiging xxx onderhewig wees aan die volgende voorwaardes:
(i) alle korrespondensie, kennisgewings en vrywarings xxx in ten minste twee amptelike landstale gevoer en vertoon word en ‘n xxxx xxx te alle tye beskikbaar wees op versoek van enige kliënt, jagter, gas of ander deelnemende party
(ii) die vrywaringbewoording moet deur die maatskappy goedgekeur en in besit van die maatskappy gestel word
(iii) die regsgeldende ooreenkoms (vrywaring) tussen die versekerde en sy/haar/hulle kliënt(e) xxx voor aanvang van enige kommersiële jag en/of wildbesigtigingsaktiwiteit behoorlik deur beide partye onderteken en op rekord geplaas word
(iv) vuurwapens mag onder geen omstandighede op medejagters, kliënte of enige xxxxx xxxxxxx (persone) xxxxx word nie
(v) sodanige regsgeldende ooreenkoms (vrywaring) moet duidelik vertoon en sigbaar aangebring wees by die toegangspunt van die versekerde se persele en moet alle voorwaardes xxxx in Besondere voorwaarde 4 hierbo uiteengesit, insluit.
Uitbreidings
1. Verlengde aanmeldingsopsie
Na die keuse van die versekerde en onderworpe aan die betaling van ‘n bykomende premie wat bepaal xxx word en onderworpe aan al die bepalings, uitsonderings en voorwaardes van hierdie afdeling, stem die maatskappy in om die tydperk waartydens die versekerde ‘n gebeurtenis ingevolge Algemene voorwaarde 7 mag aanmeld, te verleng vir ‘n tydperk waarop ooreengekom xxx word, maar onder geen omstandighede xxxxxx as 36 (ses en dertig) maande nie (hierna die verlengde aanmeldingstydperk genoem)
Met dien verstande dat:
(a) hierdie opsie net uitgeoefen mag word indien die maatskappy hierdie afdeling kanselleer of xxxxx xx dit te hernu
(b) hierdie opsie skriftelik deur die versekerde uitgeoefen moet word binne 30 (dertig) dae na kansellasie of nie-hernuwing
(c) hierdie opsie, nadat dit uitgeoefen is, nie deur die versekerde of die maatskappy gekanselleer kan word nie
(d) die versekerde nie versekering verkry het wat in omvang en dekking gelykstaande is aan die afdeling wat verstryk het nie
(e) die maatskappy slegs aanspreeklik is vir ‘n Omskrewe gebeurtenis wat plaasgevind het nà die terugwerkende datum, maar voor die datum van kansellasie of nie-hernuwing
(f) eise wat aanvanklik teen die versekerde ingestel word of enige gebeurtenis wat deur die versekerde aangemeld word gedurende die verlengde aanmeldingstydperk hanteer word asof dit aanvanklik ingestel of aangemeld is op die laaste dag voor kansellasie of nie- hernuwing
(g) die bedrag wat deur die maatskappy betaalbaar is vir eise wat ingestel word of gebeurtenisse wat aangemeld word gedurende die verlengde aanmeldingstydperk, nie die uitwerking het dat dit die skadeloosstellingsperk wat op die laaste dag voor kansellasie of nie-hernuwing van toepassing was, verhoog nie
(h) enige eis wat nà ‘n aangemelde gebeurtenis gedurende die verlengde aanmeldingstydperk ingestel word en wat aanvanklik xxxxxx as 48 (agt en veertig) maande na die laaste dag voor kansellasie of nie-hernuwing skriftelik teen die versekerde ingestel is, nie onderworpe is aan skadeloosstelling ingevolge hierdie uitbreiding nie. Indien die xxxxx minderjarig is, word die tydperk van 48 (agt en veertig) maande verleng tot nà die verstryking van 12 (twaalf) maande nadat die xxxxx meerderjarig geword het.
2. Bykomende versekerdes
Die maatskappy stel ook die volgende skadeloos asof ‘n afsonderlike polis aan elk uitgereik is:
(a) in die geval van die dood van die versekerde, enige persoonlike verteenwoordiger van die versekerde ten opsigte van aanspreeklikheid wat deur die versekerde opgeloop is
(b) enige vennoot, direkteur of werknemer van die versekerde (indien die versekerde dit verlang) teen enige eis waarvoor die versekerde op skadeloosstelling ingevolge hierdie versekering geregtig is
(c) in die mate wat dit deur enige kontrakvoorwaardes vereis word (en nieteenstaande Besondere uitsondering 5) en in verband met enige aanspreeklikheid wat voortspruit uit die uitvoer van enige kontrak, enige werkgewer wat vermeld word in enige kontrak wat die versekerde vir die doeleindes van die besigheid aangaan
(d) ten opsigte van die werksaamhede van enige sosiale of sportklub, welsynsorganisasie, noodhulp-, brandweer- of ambulansdiens, kafeteria en dies meer wat aan die versekerde behoort of deur hom/haar tot stand gebring is tot voordeel van sy/haar werknemers
(i) enige beampte of lid daarvan
(ii) enige besoekende sportspan of lid daarvan Met dien verstande dat:
(i) die maatskappy se totale aanspreeklikheid hoogstens die skadeloosstellingsperke beloop wat in die bylae vermeld word
(ii) enige persoon of organisasie op wie die uitbreiding van toepassing is nie geregtig is op skadeloosstelling ingevolge enige xxxxx xxxxx nie
(iii) die skadeloosstelling ingevolge (a), (b) en (c) slegs van toepassing is ten opsigte van aanspreeklikheid waarvoor die versekerde op skadeloosstelling geregtig sou gewees het indien die eis teen die versekerde ingestel was.
Die maatskappy doen vir die doel van hierdie uitbreiding afstand van alle subrogasie- of gedingvoeringsregte wat hy/sy mag hê of wat hy/sy mag verkry teen enige van bogenoemde en elke party waarop die skadeloosstelling hierkragtens van toepassing is, moet die bepalings, uitsonderings en voorwaardes (algemeen sowel as besondere) van hierdie versekering nakom, uitvoer en daaraan onderworpe wees in soverre dit van toepassing mag wees.
3. Sekuriteitsfirmas
Nieteenstaande Besondere uitsondering 5, indien die versekerde ingevolge ‘n kontrak met ‘n sekuriteitsfirma werknemers van sodanige firma in diens geneem het om die versekerde se eiendom in die loop van die besigheid van die versekerde vermeld in die bylae of persone te beskerm, regtens aanspreeklik gehou word vir die handelinge of versuim van die werknemers van die sekuriteitsfirma in die loop van hulle diens, sluit hierdie afdeling sodanige regsaanspreeklikheid in tot die mate waartoe hierdie skadeloosstelling ingevolge hierdie afdeling verskaf sou gewees het indien die vermelde werknemers ingevolge ‘n dienskontrak by die versekerde, en nie die sekuriteitsfirma nie, in diens was maar slegs tot hoogstens die skadeloosstellingsperk vermeld in die bylae.
Indien die sekuriteitsfirma ten tyde van die plaasvind van ‘n gebeurtenis wat tot ‘n eis aanleiding gee ten opsigte van dieselfde gebeurtenis op skadeloosstelling ingevolge enige xxxxx xxxxx geregtig is, is die maatskappy nie aanspreeklik om enige betaling xx xxxx nie behalwe ten opsigte van enige bedrag bó die bedrag wat ingevolge sodanige xxxxx xxxxx betaalbaar is.
4. Kruisaanspreeklikhede
Indien meer as een versekerde in die bylae vermeld word, stel die maatskappy elke versekerde afsonderlik, en nie gesamentlik nie, skadeloos en enige aanspreeklikheid wat tussen sodanige versekerdes ontstaan, word hanteer asof afsonderlike polisse aan elk uitgereik is, met dien verstande dat die totale aanspreeklikheid van die maatskappy hoogstens die skadeloosstellingsperk beloop wat in die bylae vermeld word.
5. Handelswerktuig
Besondere uitsondering 3(b) is nie van toepassing op die werkverrigting, as ‘n werktuig, van enige voertuig of toerusting wat xxxx uitmaak van sodanige voertuig of daaraan vasgeheg is nie, met dien verstande dat die maatskappy nie hierkragtens aanspreeklik is nie ten opsigte van soveel van enige aanspreeklikheid as wat binne die bestek van enige soort motorvoertuig versekering of wetgewing ten opsigte van verpligte derdepartyversekering xxx xxx, ongeag of geen sodanige versekering van krag is of aangegaan is. Die maatskappy is ook nie aanspreeklik nie indien enige ander soort motorversekering wat dieselfde aanspreeklikheid dek, deur die versekerde aangegaan is.
6. Eiendom van werknemers en besoekers
Besondere uitsondering 2(a)(ii) is nie van toepassing nie op eiendom wat behoort aan enige vennoot, direkteur of werknemer van die versekerde of enige besoeker aan die versekerde se perseel.
7. Aanspreeklikheid ingevolge ooreenkoms
Nieteenstaande die bepalings van Xxxxxxxxx uitsondering 2(a)(ii), 3(b) en 5 word hierdie afdeling uitgebrei om die versekerde skadeloos te stel
(a) teen aanspreeklikheid wat deur die versekerde aanvaar word ingevolge enige kontrak wat aangegaan word met, of vrywaring wat xxxxxxx word aan, Transnet, die staat of semi- staatsdepartmente, provinsiale administrasies, munisipaliteite en/of soortgelyke liggame wat die gebruik van spoorwegsylyne dek of ten opsigte van vervoerooreenkomste (gevaarlike persele) en/of ooreenkomste van ’n soortgelyke aard
(b) teen aanspreeklikheid wat voortspruit uit verlies van of skade aan eiendom wat aan Transnet behoort terwyl dit in die bewaring of onder die beheer van die versekerde is
(c) ten opsigte van aanspreeklikheid wat veroorsaak word deur of deur middel van of in verband met enige voertuig, sleepwa, lokomotief of rollende materiaal wat aan Transnet behoort terwyl dit by enige spoorwegsylyn deur of namens die versekerde gebruik word.
8. Los sleepwaens
Sover dit sleepwaens aangaan, is Xxxxxxxxx uitsondering 3(b) nie van toepassing nie ten opsigte van enige sleepwa wat nie aan enige meganiesaangedrewe voertuig vas is nie en wat nie per abuis daarvandaan losgekom het nie, met dien verstande dat die maatskappy nie hierkragtens aanspreeklik is nie vir die xxxx van enige verlies wat:
(i) deur enige xxxxx xxxxx of xxxxxxx wat xxxx die versekerde aangegaan is, verseker is of wat, in die afwesigheid van hierdie afdeling, so verseker sou gewees het
(ii) binne die bestek val van enige wetgewing ten opsigte van verpligte derdeparty versekering, ongeag of geen sodanige versekering van krag is of aangegaan is nie.
9. Nood-mediese onkoste
Die maatskappy stel die versekerde skadeloos vir alle billike onkoste wat deur die versekerde aangegaan word vir sodanige onmiddellike mediese behandeling as wat nodig mag wees ten tyde van ‘n ongeval wat besering veroorsaak aan enige persoon wat ingevolge hierdie afdeling die onderwerp van ‘n skadeloosstellingseis teen die versekerde mag wees.
10. Parkeerterreine
Nieteenstaande die bepalings van Xxxxxxxxx uitsondering 2(a)(ii), stel die maatskappy die versekerde skadeloos ten opsigte van aanspreeklikheid, xxxx hierin bepaal, wat voortspruit uit verlies van of skade aan voertuie en hulle inhoud en toebehore, die eiendom van huurders, xxxxxx, besoekers of werknemers van die versekerde wat parkeergeriewe gebruik wat deur die versekerde voorsien word.
11. Huurdersaanspreeklikheid
Besondere uitsonderings 2(a)(ii) en 3(b) van hierdie afdeling is nie van toepassing nie ten opsigte van persele wat deur die versekerde as huurder (maar nie as eienaar nie) geokkupeer word.
12. Produkaanspreeklikheid
Nieteenstaande enigiets teenstrydigs in Besondere uitsondering 3(d) vervat, stel die maatskappy die versekerde skadeloos ten opsigte van Omskrewe gebeurtenisse wat plaasvind te enige plek in die gebiede wat in die bylae vermeld word elders as op ‘n perseel wat deur die versekerde geokkupeer word en wat veroorsaak word deur goedere of produkte (insluitende houers en etikette) wat deur die versekerde verkoop of verskaf word in verband met die besigheid (insluitende foutiewe aflewering en aflewering van verkeerde goedere).
Die bedrag wat ingevolge hierdie uitbreiding betaalbaar is, met inbegrip van enige regskoste wat deur ‘n xxxxx of enige aantal eisers van die versekerde verhaalbaar is en alle xxxxx xxxxx en uitgawes wat met die maatskappy se toestemming aangegaan word vir enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron of gedurende enige enkele (jaarlikse) versekeringstydperk beloop in totaal hoogstens die skadeloosstellingsperk wat vir hierdie uitbreiding in die bylae vermeld word
Met dien verstande dat:
die versekerde aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) met ‘n minimum van R1 000 (eenduisend rand) of die bedrag xxxx in die bylae vermeld van elk en iedere eis kragtens hierdie uitbreiding.
Bykomende besondere uitsonderings (Van toepassing op die uitbreiding Produk aanspreek- likheid)
Hierdie uitbreiding dek nie die volgende aanspreeklikhede nie:
(i) die herstel, verandering-, herroeping- of vervangingskostes van goedere of produkte (insluitende houers en etikette) wat besering of skade veroorsaak
(ii) die koste van die sloping, uitbreking, aftakeling, aflewering, herbouing, verskaffing en installering van die goedere of produkte (insluitende houers en etikette) en enige ander eiendom wat vir sodanige herstel, verandering of vervanging noodsaaklik is, tensy dit fisies deur die goedere of produkte beskadig is
(iii) (a) wat voortspruit uit foutiewe of gebrekkige ontwerp, formule, plan of spesifikasie maar indien die versekerde ‘n kleinhandelaar is, is hierdie Besondere uitsondering (iii) nie van toepassing nie indien die versekerde se aktiwiteite in hulle geheel beperk is tot verkope, verspreiding en/of bemarking (insluitende enige bemarkingsadviesdiens wat die produkte vergesel) van die produk en die versekerde se aktiwiteite nie die finale voorbereiding insluit nie wat beteken die herverpakking, verpakking, etikettering, skoonmaak of verskaffing van gebruiksaanwysings voor die verkoop aan die versekerde se oorspronklike xxxxxx en ook nie enige opknapping aanpassing of wysiging aan die produk nie
(b) wat voortspruit uit ondoeltreffendheid of die versuim om aan die spesifikasie te voldoen, tensy sodanige ondoeltreffendheid of versuim te wyte is aan nalatigheid in die navolging van sodanige spesifikasie
(iv) wat voortspruit uit goedere of produkte wat bedoel is om in ‘n lugvaartuig geïnstalleer te word en daarin geïnstalleer is, of wat bedoel is xx xxxx van ‘n lugvaartuig uit xx xxxx en xxxx daarvan uitmaak
(v) ten opsigte van besering of skade wat plaasvind in die Verenigde State van Amerika of Kanada en wat veroorsaak word deur of deur middel van of in verband met enige goedere of produkte wat deur of in opdrag van die versekerde verkoop of verskaf is indien sodanige goedere of produkte na die versekerde se wete deur of namens die versekerde na die Verenigde State van Amerika of Kanada uitgevoer is.
13. Regsverdedigingskoste
Indien die versekerde dit verlang, stel die maatskappy enige werknemer, vennoot of direkteur van die versekerde skadeloos teen koste en uitgawes wat met die toestemming van die maatskappy aangegaan word deur of namens sodanige persoon in die verdediging van enige strafregtelike geding wat teen sodanige persoon ingestel word in die loop van xx xxxx by die versekerde en wat voortspruit uit ‘n beweerde oortreding van die wette xxxx hierin omskryf gedurende die versekeringstydperk
Met dien verstande dat:
(i) die maatskappy in die geval van ‘n xxxxx nie sodanige persoon skadeloos stel nie, tensy ‘n senior advokaat wat deur die maatskappy goedgekeur is, adviseer dat sodanige xxxxx xx sy/xxxx mening behoort te slaag
(ii) die maatskappy nie sodanige persoon skadeloos stel ten opsigte van enige boete of bestraffing wat deur enige landdros of regter opgelê word nie en ook nie ten opsigte van enige verlies wat daarop volg nie
(iii) sodanige persoon, asof hy/sy die versekerde is, die bepalings, uitsonderings en voorwaardes van hierdie polis en hierdie afdeling daarvan nakom uitvoer en daaraan onderworpe is insoverre dit van toepassing mag wees
(iv) die perk van aanspreeklikheid kragtens hierdie uitbreiding xxx xxx R50 000 (vyftigduisend rand) enige enkele gebeurtenis of reeks van gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak en R50 000 (vyftigduisend rand) in enige een (jaarliks) tydperk van versekering oorskry nie.
Die Wette
Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid Nr. 85 van 1993 (xxxx gewysig) Die Myn, Gesondheid en Veiligheidswet Nr. 29 van 1996 (xxxx gewysig)
Die Elektrisiteitswet Nr. 41 van 1987 (xxxx gewysig) en/of enige ander Wet of Ordonnansie wat met die verskaffing van Elektrisiteit verband hou
Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (xxxx gewysig). Almal saamgelees met die Strafproseswet Nr. 51 van 1977 (xxxx gewysig)
14. Onregmatige inhegtenisname en xxxxxx
Die Omskrewe gebeurtenisse word uitgebrei om skadevergoeding in te sluit:
(i) wat voortspruit uit onregmatige inhegtenisname (insluitende aanranding in verband met sodanige onregmatige inhegtenisname)
(ii) ten opsigte xxx xxxxxx Xxxxx met dien verstande dat:
die skadeloosstellingsperk xxxx vermeld hoogstens R75 000 (vyf en sewentigduisend rand) elk ingevolge (i) en (ii) beloop en R150 000 (eenhonderd en vyftigduisend rand) in enige enkele (jaarlikse) versekeringstydperk.
15. E.G. Aanspreeklikheid (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Andersins onderworpe aan die bepalings, voorwaardes en beperkings word die volgende veranderinge aan hierdie afdeling van die polis aangebring ten opsigte van “besering” of “skade” (xxxx verseker deur die uitbreiding produkaanspreeklikheid) wat ontstaan uit goedere of produkte wat na enige lidland van die Europese Gemeenskap (E.G.) of enige lidland van die Europese Vryehandelsvereniging (E.V.H.V.) uitgevoer word.
(a) Besondere uitsonderings 8(a) en 8(b) is nie van toepassing nie op skadevergoeding of regskoste en- uitgawe wat deur enige xxxxx verhaal word ten opsigte van uitsprake wat in die eerste instansie gelewer word in xxxx in die gebied van die E.G. of E.V.H.V.
(b) Ten opsigte van hierdie goedere of produkte (behalwe grondstowwe) moet die versekerde:
(i) ‘n xxxxxxx instel en in stand hou ingevolge waarvan die goedere of produkte duidelik geïdentifiseer kan word deur ‘n besending- of reeksnommer, of datumstempel of op ‘n ander soortgelyke wyse
(ii) die datum waarop die werklike goedere of produkte die eerste keer in omloop gebring is, aanteken en handhaaf.
Hierdie opgawe moet in stand gehou word sodat dit die verlangde besonderhede xxx xxxxx vir ‘n tydperk van minstens 10 (tien) jaar nadat die goedere of produkte aanvanklik in omloop gebring is.
(c) Die inligting in (b) genoem, tesame met alle stawende dokumentasie, moet te eniger tyd op aanvraag aan die maatskappy of sy benoemde beskikbaar gestel word.
(d) Die versekerde is, ten opsigte van hierdie skadeloosstelling, verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar wat ten opsigte van hierdie uitbreiding in die bylae vermeld word.
16. Afdwaal, wegloop of aanjaag van diere
Die skadeloosstelling xxxx omskryf in hierdie afdeling is uitgebrei om die versekerde se regsaanspreeklikheid wat voortspruit uit diere wat aangejaag word en/of diere wat afdwaal of wegloop in te sluit
Met dien verstande dat:
(a) die versekerde alle redelike voorsorg tref om skade te verhoed en dat alle ordonnansies met betrekking tot die aandryf of aanjaag van diere op openbare paaie nagekom word
(b) dat alle hekke en heinings van veekampe direk langs openbare paaie, te alle tye in 'n goeie toestand gehou word en dat alle hekke wat direkte toegang tot openbare paaie xxxxxxx, te alle tye behoorlik toegemaak en gesluit is
(c) die versekerde aanspreeklik is vir die eerste 10% (tien persent) met 'n minimum van R1 000 (eenduisend rand) en 'n maksimum van R25 000 (vyf en twintigduisend rand) van elk en iedere eis in terme van hierdie uitbreiding.
17. Diere/lewendehawe (uitgesonderd perde) by tentoonstellings en veilings
Die skadeloosstelling kragtens hierdie afdeling is uitgebrei om die versekerde se regsaanspreeklikheid in te sluit voortspruitend uit die tentoonstel van lewendehawe of terwyl sodanige lewendehawe in bewaring van die versekerde verkeer ten tye van 'n veiling.
18. Diere wat nie aan die versekerde behoort nie
Die skadeloosstelling kragtens hierdie afdeling is uitgebrei om die versekerde se regsaanspreek- likheid in te sluit voortspruitend uit diere (wat nie aan die versekerde behoort nie) wat op die versekerde xx xxxx met sy toestemming wei
Met dien verstande dat:
verlies van of skade aan sodanige diere nie onder hierdie uitbreiding verseker is nie.
19. Fietse of voertuie deur diere getrek
Die skadeloosstelling kragtens hierdie afdeling is uitgebrei om die versekerde se regsaanspreeklik- xxxx in te sluit voortspruitend uit enige fiets of voertuig deur diere getrek wat aan die versekerde behoort of terwyl onder bewaring of beheer van die versekerde insluitend die dood van of liggaamlike besering van enige persoon wat nie werknemers van die versekerde is nie terwyl hulle die fiets of voertuig deur diere getrek, bestyg, daarop of daarvan afklim.
20. Oesbespuiting
Die skadeloosstelling kragtens hierdie afdeling is uitgebrei om die versekerde se regsaanspreeklik- xxxx in te sluit voortspruitend uit die spuit van oeste met insekdoders en onkruiddoders en ander sodanige middels op landerye of veld in besit van of bewoon deur die versekerde
Met dien verstande dat:
die maatskappy die versekerde nie skadeloos stel nie ten opsigte van enige aanspreeklikheid wat voortspruit uit lugbespuiting van oeste, plantasies, boorde, landerye of veld nie.
21. Brandbluskoste of watergooi kostes deur lugvaartuie (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)
As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie is hierdie afdeling uitgebrei om dekking in te sluit vir alle kostes noodwendig aangegaan met watergooi aktiwiteite of enige ander brandbestrydingsmetodes om verspreiding van brand vanaf die versekerde na enige derdeparty eiendom te voorkom
Met dien verstande dat:
(a) sodanige derdeparty eiendom in gevaar was as gevolg van sodanige brand
(b) dekking in terme die uitbreiding alleenlik van toepassing xxx xxxx indien uitbreiding 22 Verspreiding van brand of uitbreiding 23 Plantasies, woude en suikerriet van die afdeling van krag is
(c) die maatskappy se aanspreeklikheid vir enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, nie die bedrag in die bylae vermeld vir hierdie uitbreiding xxx oorskry nie
(d) die maatskappy nie aanspreeklik xxx xxxx vir die eerste 10% (tien persent) van die eis met 'n minimum van R1 000 (eenduisend rand) ten opsigte van ieder en xxxx xxx nie.
22. Verspreiding van brand (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)
As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie is Xxxxxxxxx uitsondering 12(c) van hierdie afdeling gekanselleer
Met dien verstande dat:
(a) verlies van of skade aan plantasies, woude of suikerriet nie deur hierdie uitbreiding gedek word nie
(b) die versekerde aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 12.5% (twaalf en ‘n half persent) met ‘n minimum van R2 500 (tweeduisend vyfhonderd rand) en ‘n maksimum van R50 000 (vyftigduisend rand) of die bedrag xxxx gemeld in die bylae van elke en iedere eis kragtens hierdie uitbreiding.
Spesiale bepaling:
Dit is ‘n voorwaarde voorafgaande tot die aanvaarding van aanspreeklikheid dat:
(i) die versekerde voldoen aan alle vereistes vervat in die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (xxxx gewysig) ongeag of die brand ‘n veldbrand is of nie
(ii) die versekerde ‘n lid is van ‘n Brandbestrydingsvereniging xxxx omskryf in die wet hierbo vermeld (alleenlik indien een geregistreer is in die area waar die versekerde se perseel gelee is).
Nie nakoming van hierdie verpligtinge xxxx uiteengesit onder Artikel 12(1) van die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (voorbereiding en onderhoud van brandbane) xxx xxx dekking verhoed onder die uitbreiding nie, met dien verstande dat die nie-nakoming van verpligtinge nie bygedra het tot die ontstaan en/of die verspreiding van die brand nie. Die bewys daarvan tot die bevrediging van die maatskappy xxx by die vesekerde berus.
23. Plantasies, woude en suikerriet (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)
As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie word Besondere uitsondering 12(c) van hierdie afdeling gekanselleer
Met dien verstande dat:
die versekerde aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 15% (vyftien persent) met 'n minimum van R5 000 (vyfduisend rand) en 'n maksimum van R100 000 (eenhonderd duisend rand) of die bedrag xxxx gemeld in die bylae van elk en iedere eis kragtens hierdie uitbreiding.
Spesiale bepaling:
Dit is ‘n voorwaarde voorafgaande tot die aanvaarding van aanspreeklikheid dat:
(i) die versekerde voldoen aan alle vereistes vervat in die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (xxxx gewysig) ongeag of die brand ‘n veldbrand is of nie
(ii) die versekerde ‘n lid is van ‘n Brandbestrydingsvereniging xxxx omskryf in die wet hierbo vermeld (alleenlik indien een geregistreer is in die area waar die versekerde se perseel gelee is)
24. Werk weg van die perseel (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)
As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie en nieteenstaande enigiets teenstrydigs vervat in hierdie afdeling, word hiermee verklaar en ooreengekom dat die uitdrukking "perseel" xxxx omskryf in hierdie afdeling, geag word om enige perseel waar die versekerde werksaam is in verband met die versekerde se besigheid in te sluit
Met dien verstande dat:
(a) sodanige perseel nie onder die beheer van die versekerde is nie;
(b) die versekerde aanspreeklik is vir die eerste 10% (tien persent) met 'n minimum van R500 (vyfhonderd rand) van elk en iedere eis kragtens hierdie uitbreiding.
25. Aanspreeklikheid as gevolg van die bars of oorloop van ‘n damwal (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)
As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie is Xxxxxxxxx uitsondering 12(b) van hierdie afdeling gekanselleer
Met dien verstande dat:
(a) die bedrag betaalbaar kragtens hierdie uitbreiding ingeslote enige regskostes verhaalbaar vanaf die versekerde deur enige xxxxx of enige aantal eisers en alle xxxxx xxxxxx en uitgawes aangegaan met die maatskappy se toestemming vir enige een gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron of gedurende enige een (jaarliks) tydperk van versekering xxx xxx in die geheel die perk van aanspreeklikheid vermeld in die bylae vir hierdie uitbreiding oorskry nie;
(b) die versekerde aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van eis met ‘n minimum van R1 000 (eenduisend rand) of die bedrag xxxx gemeld in die bylae van elke en iedere eis kragtens hierdie uitbreiding.
26. Gastehuis aanspreeklikheid (Akkommodasie en verblyf) (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)
As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie is die volgende wysigings van toepassing:
(a) Eiendom van werknemers en besoekers Uitbreiding 6 is gewysig xx xxxx volg xx xxxx:
“6. Besondere uitsondering 2(a)(ii) is nie van toepassing op eiendom wat behoort aan enige vennoot in of van of enige direkteur, werknemer van die versekerde of enige besoeker of gas aan die versekerde se persele nie
Met dien verstande dat:
die aanspreeklikheid van die maatskappy ten opsigte van eiendom van enige besoeker of gas beperk is tot R50 000 (vyftigduisend rand), met inbegrip van enige regskoste wat deur ‘n xxxxx of enige aantal eisers van die versekerde verhaalbaar is, en alle xxxxx xxxxx en uitgawes wat met die maatskappy se toestemming aangegaan word vir enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron
Met dien verstande verder dat:
die versekerde aanspreeklik is vir die eerste R250 (tweehonderd en vyftig rand) van elk en iedere eis in terme van hierdie uitbreiding”.
(b) Regsverdedigingskoste
Uitbreiding 13 met betrekking tot regsverdedigingskoste is gewysig om die volgende wette in te sluit:
Die Drankwet Nr. 27 van 1989 (xxxx gewysig)
Die Wet op Toerisme Nr. 72 van 1993 (xxxx gewysig) Die Wet op Gesondheid Nr. 63 van 1977 (xxxx gewysig).
27. Ondoeltreffendheid (Nie van toepassing op wyn en verwante produkte) (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)
As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie en nieteenstaande enigiets teenstrydigs vervat in Bykomende besondere uitsonderings (iii) (b) van toepassing op produkte aanspreeklikheid, stel die maatskappy die versekerde skadeloos vir verlies of skade wat die versekerde regtens aanspreeklik word om te betaal as gevolg van die ondoeltreffendheid van produkte deur die versekerde verskaf.
Vir die doel van hierdie uitbreiding xxx ondoeltreffendheid beteken eise teen die versekerde ingestel vir ekonomiese verlies(e) deur die xxxxx(s) opgedoen wat beweer dat sy/haar/hulle produk(te) xxxx omskryf in die bylae:
(i) nie aan die verwagte opbrengswaarde voldoen nie
(ii) onbevoeg is om tot kommersiële voordeel benut te word
Met dien verstande dat:
(a) die skadeloosstellingsperk in terme van hierdie uitbreiding nie R250 000 (tweehonderd en vyftigduisend rand) enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak en R1 000 000 (eenmiljoen rand) enige enkele (jaarlikse) termyn van versekering xxx oorskry nie
(b) die versekerde aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) met ‘n minimum van R2 500 (tweeduisend vyfhonderd rand) of die bedrag vermeld in die bylae watter ookal die meeste is ten opsigte van ieder en xxxx xxx.
28. Opbergingsaanspreeklikheid (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)
As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie en nieteenstaande enigiets teenstrydigs vervat in Besondere uitsondering 2(a)(ii), 2(b) en/of 5 stel die maatskappy in terme van hierdie afdeling die versekerde skadeloos vir skade waarvoor die versekerde regtens aanspreeklik word om te betaal voortspruitend uit die versekerde se aktiwiteite (moet spesifiek in die bylae vermeld word) as
(a) verkoelingssamestellings en bedrywe
(b) vrugte verpakkers
(c) vrugte gradeerders
(d) opbergers
(e) wynkelders, wynmakers en/of botteleerders volgende nalatigheid.
Dit word verder verklaar en ooreengekom dat hierdie uitbreiding onderhewig xxx xxxx aan die volgende voorwaardes:
(i) dit word gewaarborg dat elke kliënt of organisasie van die versekerde ‘n standaard voorwaardes van kontrak xxx onderteken ten opsigte van xxxx xxxxxxxx waar xxxxxxxxx betrokke is deur die hou van, berging en/of prosessering en/of instandhouding van derdeparty eiendom terwyl onder beheer en kontrole van die versekerde
(ii) dekking xxx xxx insluit verlies of skade aan derdeparty eiendom deur enige versekerde gevaar verseker of versekerbaar in terme van enige ander afdeling(s) van hierdie polis nie of verseker of versekerbaar in terme van ‘n aparte Masjinerie breekskade polis of ‘n aparte Verslegting van voorraad volgende ‘n Masjinerie breekskade polis of ‘n Verlies van winste volgende ‘n Masjinerie breekskade polis nie
Met dien verstande dat:
(a) eiendom xxx alleenlik deur die versekerde aanvaar word vir berging of vir enige ander xxxx xxxx hierbo omskryf indien die kliënt of organisasie wat die hou van, of berging en/of prosessering van goedere versoek instem tot die termes en voorwaardes xxxx vervat in die standaard voorwaardes van kontrak deur die termes en voorwaardes behoorlik te onderteken en xx xxxxxx
(b) ‘n voorbeeld van sodanige termes en voorwaardes moet vooraf in die besit van die maatskappy gestel word en mag hoegenaamd nie gewysig word sonder vooraf goedkeuring deur die maatskappy nie
(c) indien die eiendom deur kliënte of organisasies gelewer word vir doeleindes van prosessering en/of berging voor die aanvang van dekking in terme van hierdie uitbreiding en volgende op enige verlies of skade aan sodanige eiendom xxx die las op die versekerde rus om te bewys dat die verlies of skade plaasgevind het na inwerkingtreding van dekking
(d) die versekerde xxx te alle tye, in opmerklike posisies op sy/haar/hulle persele, ‘n vrywaring van aanspreeklikheid vertoon
(e) die versekerde aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) met ‘n minimum van R5 000 (vyfduisend rand) of die bedrag vermeld in die bylae watter ookal die meeste is ten opsigte van ieder en xxxx xxx kragtens hierdie uitbreiding.
Addisionele memo opbergingsaanspreeklikheid:
Die maatskappy xxx xxx aanspreeklik wees vir:
(a) verlies van enige eiendom as gevolg van die oneerlike optrede deur enige werknemer
(b) meganiese of elektriese onklaarraking tensy dit gepaard gaan met ander fisiese skade
(c) verlies of skade as gevolg xxx xxxx, slytasie, geleidelike agteruitgaan, inherente xxxx of gebrek, ongedierte, termiete, insekte, klamheid, muf, in die proses van herstel skoonmaak, kleuring bleiking, verandering of opknapping wat die eiendom ondergaan
(d) Vertraging, verlies van markte, gevolglike skade van enige aard, waardevermindering, verslegting of verandering wat veroorsaak word deur natuurlike oorsaak
(e) verlies van of skade aan rekenings wissels, aktes skuldbewyse, sekruriteite, heersende munte (met inbegrip van Krugerrande en soortgelyke munte), bank en valutanote, reisigers- en ander tjeks geld- en posorders, lopende ongebruikte pos- inkomste en vakansieloonseëls, kredietkaartbewyse en ander sertifikate, dokumente van ‘n verhandelbare aard
(f) Verlies of skade aan pelse, juweliersware, xxxx of silwer metale in enige xxxx, xxxx- en semi edel gesteentes, rariteitsartikels, skaars xxxxx en skilderye.