GOEDKEURING VAN 2022-BEGROTING EN AANVANGSHEFFING VAN LEERDERS VIR DIE JAAR 2022
Omsendbrief 82/21 8 November 2021
Geagte Ouers
GOEDKEURING VAN 2022-BEGROTING EN AANVANGSHEFFING VAN LEERDERS VIR DIE JAAR 2022
BEGROTING
Die begroting vir 2022 is op 3 November 2021 by die Algemene Jaarvergadering goedgekeur. Die volgende is goedgekeur en van belang vir die betaling van skoolgelde:
1. Skoolgelde beloop voortaan R36 040 per leerder vir 2022.
2. ‘n Aanvangsheffing van R1500 per leerder is voor 30 November 2021 betaalbaar en is by die skoolgeldbedrag van R36 040 ingesluit.
3. Skoolgeld wat voor 31 Desember 2021 ten volle vereffen word, kwalifiseer vir 7.5%-korting.
4. Skoolgeld wat voor 31 Januarie 2022 ten volle vereffen word, kwalifiseer vir 5%-korting.
5. Betaling kan oor 11 maande in gelyke paaiemente van R3 140 per maand vanaf Januarie tot November per DEBIETORDER betaal word.
6. Betaling per DEBIETORDER (aangeheg) word xxxxx aanbeveel, maar enige ander finansieel aanvaarbare betalingswyse word ook aanvaar. Voltooide debietorders kan aan me. Xxxxx Xxxxx by xxxxxxxxx@xxxxxxxxxxx.xx.xx gestuur word.
7. Indien u elektronies betaal of 'n deposito direk in die skool se bankrekening maak, MOET u asseblief u VERWYSINGSNR./XXX.XX. gebruik, sodat ons u betaling reg kan allokeer. Die verwysingsnr./xxx.xx. en bankbesonderhede is regs bo op die rekeningstaat.
Ons wil graag xxxx xxxx wat die vergadering bygewoon het, bedank vir die tyd wat u in belang van die skool opgeoffer het. Terselfdertyd wil ons nou reeds ‘n beroep op alle ouers doen om voortaan meer betrokke xx xxxx by die skool en selfs u insette rakende die bestuur van ons begroting tydens ons jaarvergaderings xx xxxxx. Onderwysers, ouers en die gemeenskap moet saam hande vat om die beste gebalanseerde onderrig en opvoeding vir ons leerders te verseker.
AANVANGSHEFFING 2022
Elke leerder het ‘n HERREGISTRASIEVORM – 2022 ontvang. Hierdie ooreenkoms moet voltooi word deur beide biologiese ouers/wettige voog(de) van die leerder(s). Xxxx asseblief die vorm na en verander waar nodig met ‘n rooi pen. Stuur asseblief die vorm sou gou as moontlik terug, maar nie later as 12 November 2021 nie. GEEN vorm mag gefaks of ge-e-pos word nie.
Vriendelike groete.
MNR. X. XXXXX MNR. X.X. XXXXXXXXX