KONSTITUSIE VAN DIE KLEINGELUK- HUISEIENAARSVERENIGING
KONSTITUSIE VAN DIE KLEINGELUK- HUISEIENAARSVERENIGING
(Xxxx gewysig) [Dokument voorberei April 2021]
1. NAAM
Die Vereniging heet
DIE KLEINGELUK-HUISEIENAARSVERENIGING
2. OMSKRYWINGS
In hierdie Konstitusie, tensy dit uit die verband anders blyk, beteken
2.1 "die Vereniging", die Kleingeluk-Huiseienaarsvereniging;
2.2 "die Dorpsgebied", Stellenbosch-uitbreiding No. 23, wat ook as "Kleingeluk" bekend staan;
2.3 "persoon", ook ʼn Maatskappy, Klub, Vennootskap, die diensdoende Trustees van ʼn Trust of ander Vereniging van persone wat by wet daarop geregtig is om vaste eiendom te besit;
2.4 "lid", ʼn lid xxxx in Klousule 5 hiervan omskryf;
2.5 "inwonerlid", ʼn inwonerlid xxxx in Klousule 7 hiervan omskryf;
2.6 woorde in die enkelvoud ook die meervoud, en omgekeerd, die manlike vorm ook die vroulike en onsydige vorms, en die onsydige vorm ook die manlike en vroulike vorms.
3. OPSKRIFTE
Die opskrifte by Klousules in hierdie Konstitusie is bloot vir verwysingsdoeleindes ingevoeg en raak nie die vertolking van bepalings waarop hulle betrekking het nie.
4. OOGMERKE VAN DIE VERENIGING
Die Vereniging se oogmerke is -
4.1 xx xxxx sy Dagbestuur standaarde vir ʼn hoëdigtheidsleefwyse in die Dorpsgebied daar te stel en toe te pas, op so ʼn wyse dat lede die hoogste gesamentlike baat daarby kan vind;
4.2 om die openbare oop ruimtes in die Dorpsgebied tot onderlinge voordeel van lede te beheer;
4.3 om alle transaksies wat aangegaan word, uitsluitlik met of ten behoewe van die Vereniging se lede aan te gaan;
4.4 om geen profyte of winste aan ander persone as die lede, met of ten behoewe van wie die transaksies aangegaan is, te verdeel nie;
4.5 en die Vereniging, xxxx xx genoemde Bestuur, het die bevoegdheid om die handelinge
te verrig wat nodig is en redelikerwys vereis word om die bepalings van hierdie Konstitusie toe te pas.
5. LEDE
5.1 Die Vereniging word sonder kapitaal saamgestel, en lidmaatskap daarvan word afdoende gestaaf deur die eienaarskap, in die Aktekantoor in Kaapstad geregistreer, van een of meer erwe in die Dorpsgebied. Lidmaatskap van die Vereniging volg outomaties op registrasie van eienaarskap, en lede is verplig om hulle by die bepalings van hierdie Konstitusie xx xxx. Geen persoon kan ophou om ʼn lid van die Vereniging te xxxx xxxxxx hy die geregistreerde eienaar van ʼn erf in die Dorpsgebied xxx nie;
5.2 Elke lid is geregtig op EEN (l) stem vir elke erf wat hy in die Dorpsgebied besit. Eienaarskap van ʼn erf in onverdeelde aandele maak slegs een lidmaatskap uit, en sodanige lidmaatskap word deur een individu ingevolge die bepalings van Klousule
8.10 hiervan verteenwoordig;
5.3 Lidmaatskap word oorgedra kragtens registrasie van ʼn Transportakte by die Aktekantoor in Kaapstad, waardeur eienaarskap van een of meer erwe in die Dorpsgebied aan die nuwe lid oorgedra word;
5.3.1 Oordrag van eiendomsreg mag nie plaasvind sonder die voorlegging van ‘n klaringsbewys, uitgereik deur die Dagbestuur, aan die Aktekantoor nie. Sodanige uitreiking xxx slegs teruggehou word in die geval van uitstaande verpligtinge van die huidige eienaar teenoor die Vereniging;
5.3.2 Enige verandering in geregistreerde eienaarskap moet binne redelike tyd na die datum van oordrag deur die betrokke eienaar onder die Dagbestuur se aandag gebring word deur middel van die indiening van óf ‘n afskrif van die bladsy van die Transportakte waarop die naam van die eienaar aangetoon word óf ‘n amptelike bewys uitgereik deur die Aktekantoor in Kaapstad.
5.4 Elke lid betaal aan die Vereniging ʼn jaarlike ledegeld, waarvan die bedrag deur die Dagbestuur ingevolge Klousule 10 hiervan vasgestel word. Die aldus vasgestelde ledegeld is in gelyke mate op alle erwe van toepassing en is betaalbaar ten opsigte van elke erf wat deur ʼn lid besit word.
5.5 Dit is elke lid se reg om insae te hê in alle bouplanne t.o.v. eenhede in sy/haar onmiddelike omgewing wat die sigbare uiterlike karakter en voorkoms van die Dorpsgebied mag affekteer.
6. BESTUUR
Die Vereniging se bevoegdhede, behalwe die wat deur die lede by Ledevergadering uitgeoefen word, word deur die Dagbestuur uitgeoefen.
7. DAGBESTUUR
7.1 Samestelling
7.1.1 Die getal Dagbestuurslede word van tyd tot tyd deur die Vereniging se lede by Ledevergadering vasgestel met dien verstande dat daar minstens DRIE (3) en hoogstens SEWE (7) Dagbestuurslede is.
7.2 Verkiesing by Algemene Jaarvergadering
7.2.1 Dagbestuurslede word jaarliks op die Algemene Jaarvergadering verkies en beklee hul amp, behoudens die bepalings hiervan, tot die volgende Algemene Jaarvergadering;
7.2.2 Dagbestuurslede moet blywend in Stellenbosch woonagtig wees. ʼn Lid wat minstens AGT (8) maande in ʼn kalenderjaar in die Dorpsgebied woonagtig is, xxx as ʼn inwonerlid geag word met dien verstande dat inwonende eienaars van Kleingeluk nie minder as twee-derdes van die getal Dagbestuurslede moet uitmaak nie.
7.2.3 Die benoeming van kandidate vir verkiesing tot die Dagbestuur op ʼn vergadering geskied skriftelik, vergesel van die skriftelike instemming van die benoemde kandidaat, en moet nie later nie as AGT-EN-VEERTIG (48) uur voor die vergadering by die Vereniging se domicilium ontvang word;
7.2.4 Dagbestuurslede mag ʼn vakature in hul geledere aanvul of addisionele lede koöpteer: met dien verstande dat die getal Dagbestuurslede nie SEWE (7) xx xxxx gaan nie. ʼn Dagbestuurslid wat aldus aangewys of gekoöpteer is, beklee die amp tot die volgende Algemene Jaarvergadering, wanneer hy uittree en herverkiesbaar is asof hy by die vorige Algemene Jaarvergadering verkies gewees het;
7.3 Ontruiming van amp
ʼn Dagbestuurslid ontruim sy amp indien hy -
7.3.1 met skriftelike kennisgewing aan die Dagbestuur sy amp neerlê;
7.3.2 geestelik krank is of word;
7.3.3 sy boedel as insolvent oorgee of sy boedel gesekwestreer word;
7.3.4 skuldig bevind word aan ʼn misdryf waarby oneerlikheid betrokke is;
7.3.5 sonder spesiale verlof tot afwesigheid van die Dagbestuur van DRIE (3)
agtereenvolgende Dagbestuursvergaderings afwesig is;
7.3.6 by besluit deur ʼn Ledevergadering van sy amp onthef word;
7.3.7 ophou om ʼn eienaar xx xxxx;
7.4 Vergaderings en Prosedure daarop
7.4.1 Dagbestuurslede mag na goeddunke by kennisgewing vergaderings belê, xxxxxxxx om sake af xx xxxxxx, verdaag, of andersins hul vergaderings reël. Indien aangesig tot aangesig vergaderings nie haalbaar is nie, mag sake d.m.v. gepaste elektroniese middele afgehandel word. Kennis van ʼn vergadering hoef nie gegee te word aan ʼn Dagbestuurslid wat tydelik buite die Republiek verkeer nie;
7.4.2 ʼn Dagbestuurslid kan te eniger tyd ʼn vergadering van die Dagbestuur belê deur die ander Dagbestuurslede minstens TIEN (10) dae skriftelik kennis xx xxx van die vergadering wat hy voorstel en in sodanige kennisgewing die redes uiteen te sit waarom die vergadering belê word: met dien verstande dat in dringende gevalle korter kennisgewing, na gelang dit onder die omstandighede redelik blyk, gegee kan word.
7.4.3 TWEE (2) Dagbestuurslede maak ʼn kworum uit indien die Dagbestuur uit DRIE (3) of VIER (4) lede bestaan; DRIE (3) Dagbestuurslede maak ʼn kworum uit indien daar VYF (5) of SES (6) lede is; en indien daar SEWE (7) Dagbestuurslede is, maak VIER (4) lede ʼn kworum uit. Indien ʼn kworum nie binne DERTIG (30) minute na die tyd wat vir ʼn vergadering bepaal is aanwesig is nie, word die vergadering tot die volgende sakedag om dieselfde tyd verdaag;
7.4.4 Indien die getal Dagbestuurslede afneem tot onder die getal wet nodig is om ʼn kworum uit xx xxxx, mag die oorblywende lede optree, maar slegs ten einde ʼn Ledevergadering te belê;
7.4.5 By die aanvang van die eerste vergadering van Dagbestuurslede na elke Algemene Jaarvergadering verkies Dagbestuurslede uit hul geledere ʼn Voorsitter wat in die amp xxx tot die einde van die daaropvolgende Algemene Vergadering en wat oor sowel ʼn beslissende as ʼn beraadslagende stem beskik. Indien die Voorsitter sy amp ontruim of op ʼn Ledevergadering deur die lede daarvan onthef word, verkies die Dagbestuurslede ʼn ander Voorsitter, wat sy amp beklee vir die oorblywende xxxx van die termyn waarvoor die eersgenoemde Voorsitter verkies was, en wat dieselfde stemregte het;
7.4.6 Alle sake op ʼn Dagbestuursvergadering word beslis deur ʼn meerderheid van die lede wat aanwesig is en wat stem;
7.4.7 Dagbestuurslede mag van tyd tot tyd ʼn persoon as Sekretaris van die Vereniging aanstel om die normale pligte van ʼn Sekretaris na te kom en onder meer alle
vergaderings by xx xxxx en die Notule daarvan by xx xxx;
7.5 Bevoegdhede van die Dagbestuur
Die bestuur en administrasie van Vereniging berus by die Dagbestuur, wat al die bevoegdhede van die Vereniging uitoefen en wat, ten behoewe van die Vereniging, die handelinge verrig wat deur die Vereniging as sodanig verrig mag word en wat nie ingevolge sy Konstitusie deur ʼn Ledevergadering van die Vereniging verrig moet word nie. Sonder om enigsins aan die wye omvang van die voorgaande afbreuk te doen, omvat sodanige bevoegdhede die volgende, maar is nie daartoe beperk nie:
7.5.1 die bepaling van toepaslike standaarde vir die gemeenskapslewe en vir die instandhouding van eiendomme in die Dorpsgebied;
7.5.2 die verrigting van handelinge wat nodig geag word om die oogmerke wat uitdruklik hierin gestel of geïmpliseer word, te verwesenlik;
7.5.3 die belegging of herbelegging van gelde van die Vereniging wat nie onmiddellik nodig is nie, xxxx van tyd tot tyd bepaal word, met dien verstande dat fondse beskikbaar vir belegging slegs belê mag word by geregistreerde finansiële instellings, xxxx omskryf in artikel 1 van die Wet op Finansiële Instellings (Belegging xxx Xxxxxx), 1984 en in aandele wat op ’n gelisensieerde effektebeurs xxxx in die Wet op Beheer van Effektebeurse, 1985 (Wet No 1 van 1985) omskryf, genoteer is;
7.5.4 die bedryf van ʼn bankrekening, met al die bevoegdhede wat vir die bedryf daarvan nodig is;
7.5.5 die aangaan van en ten uitvoer bring van kontrakte of ooreenkomste vir die doeleindes van die Vereniging;
7.5.6 die indiensneming en besoldiging van agente, dienaars en ander partye;
7.5.7 die instel van gedingvoering en verweer in gedingvoering namens die Vereniging, en die aanstel van regsverteenwoordigers met die oog daarop; in die besonder, en sonder om aan die wye omvang van die voorgaande afbreuk te doen, sluit die eisbevoegdheid die reg in om lede aan te skryf vir die vereffening van agterstallige ledegelde en/of die nakoming van hul verpligtinge ingevolge hierdie Konstitusie;
7.5.8 die heffing van ʼn ledegeld deur lede betaalbaar ingevolge Klousules 5 en 10 hiervan en, behoudens die genoemde Klousules, die bepaling, van tyd tot tyd en so dikwels as wat hulle dit na hul uitsluitende en onbeperkte goeddunke nodig of dienstig ag, van die bedrag aan ledegeld wat deur lede aan die Vereniging betaalbaar is;
7.5.9 die goedkeuring (al xxx xxx) van voorgestelde nuwe geboue of strukture en veranderings of aanbouings aan bestaande geboue of strukture wat die sigbare, uiterlike karakter en voorkoms van die Dorpsgebied mag affekteer, met spesifieke verwysing na die argitektuur, materiale gebruik te word en die kleur van sulke voorgestelde geboue en strukture ten einde te verseker dat die estetiese karakter van die Dorpsgebied bewaar word en om probleme wat betrekking het op ʼn hoëdigtheidswoongebied uit xx xxxxxx;
7.5.10 die bepalings van 7.5.9 is mutatis mutandis van toepassing op ander perseelwerke op ʼn lid se eiendom, onder meer maar nie uitsluitlik nie die omheining, priële, grensmure en plaveisel.
7.6 Geldigheid van handelinge deur Dagbestuurslede
ʼn Handeling wat deur Dagbestuurslede verrig word, is, nieteenstaande die xxxx dat dit ná die verrigting daarvan blyk dat die aanstelling of voortgesette ampsbekleding van ʼn Dagbestuurslid defektief was, xxx so geldig wees asof die Dagbestuurslid behoorlik in sy amp aangestel was.
7.7 Vergoeding
Dagbestuurslede is geregtig op die verhaling van alle redelike en bona fide uitgawes wat hulle in verband en gepaard met die verrigting van hul pligte as Dagbestuurslede
aangaan, maar is, behoudens die voorgaande, nie op ander vergoeding, gelde of besoldiging ten opsigte van die verrigting van die pligte geregtig nie;
7.8 Vrywaring
Xxxx Xxxxxxxxxxxxxx is teenoor die Vereniging of ʼn lid daarvan, of teenoor enige xxxxx xxxxxxx, aanspreeklik vir ʼn handeling of versuim deur hom, die Vereniging of sy dienaars of agente nie. Die Dagbestuurslid word deur die Vereniging gevrywaar teen verlies of skade deur hom xxxx xxxxx ʼn beweerde aanspreeklikheid, mits die lid op sterkte van inligting waarvan xx xxxxxx dra of redelikerwyse xxxxxx xxxx xxxxx het, xx xxxxxx trou en sonder growwe nalatigheid opgetree het.
8. VERGADERINGS
8.1 Algemene Jaarvergaderings word een maal elke jaar gehou op die tyd en plek wat deur die Dagbestuur bepaal word, maar met dien verstande dat nie meer as VYFTIEN
(15) maande tussen TWEE (2) agtereenvolgende Algemene Jaarvergaderings mag verloop nie. Op die Algemene Jaarvergadering word onder meer die volgende sake afgehandel:
8.1.1 die ontvangs van ʼn verslag oor die Vereniging se sake;
8.1.2 die verkiesing van lede tot die Dagbestuur;
8.1.3 die goedkeuring van die Balansstaat en Rekeninge;
8.1.4 die oorweging van Besluite aangaande die sake van die Vereniging waarvan behoorlik xxxxxx xxxxx is;
8.1.5 ander sake;
8.2 Gewone Ledevergaderings
Die Dagbestuur kan na goeddunke ʼn Gewone Ledevergadering belê. Gewone Ledevergaderings word ook belê op skriftelike versoek van minstens TIEN (10) lede, xxxxx aan die Voorsitter van die Dagbestuur.
8.3 Kennisgewing van Vergaderings
8.3.1 ʼn Algemene Jaarvergadering word belê met minstens EEN-EN-TWINTIG (21) dae skriftelike kennisgewing, en die Notule van die vorige Algemene Jaarvergadering word tesame met die kennisgewing van die vergadering aan lede gestuur.
8.3.2 ʼn Gewone Ledevergadering word belê met minstens VEERTIEN (14) dae skriftelike kennisgewing. Die kennisgewing sluit die dag in waarop dit gegee word en meld die plek, die dag en die tyd van die vergadering, asook die algemene aard van die aangeleentheid wat bespreek gaan word: met dien verstande dat indien ʼn vergadering met korter kennisgewing as die voorgeskrewe belê is, dit desnieteenstaande geag word behoorlik belê xx xxxx indien NEGENTIG PERSENT (90%) van die aanwesige lede daartoe instem;
8.4 Geldigheid van Vergadering
Onopsetlike versuim xx xxxxxx van ʼn vergadering xx xxx aan, of die nie-ontvangs van kennisgewing van ʼn vergadering deur, ʼn persoon wat op sodanige kennisgewing geregtig is, maak nie die verrigtinge van die vergadering ongeldig nie. Die bepalings van hierdie Klousule is nie op Dagbestuursvergaderings van toepassing nie;
8.5 Kworum
Geen sake word op ʼn vergadering bespreek tensy ʼn kworum by die aanvang van die vergadering aanwesig is nie. In die praktyk is die kworum nie minder nie as TIEN
(10) of die helfte van die totale getal lede, wat ook al die minste is, en bestaan dit uit lede wat persoonlik aanwesig, is of by volmag verteenwoordig word;
8.6 Verdaging
Indien ʼn kworum nie binne ʼn halfuur ná die tyd wat vir die hou van ʼn vergadering
bepaal is, aanwesig is nie, word die vergadering, indien dit op aanvraag van lede belê is, ontbind. In alle ander gevalle word dit verdaag tot dieselfde dag van die daaropvolgende week, op dieselfde tyd en plek, en indien ʼn kworum nie binne die tyd wat vir die verdaagde vergadering bepaal is, aanwesig is nie, maak die aanwesige lede ʼn kworum uit. Xxxxxx van ʼn aldus verdaagde vergadering word aan alle lede van die Vereniging gegee.
8.7 Voorsitter
Die Voorsitter van die Dagbestuur tree by alle Ledevergaderings as voorsitter op, maar indien die Voorsitter nie aanwesig is nie, kies die aanwesige lede ʼn Voorsitter uit die Dagbestuurslede, of indien geeneen van die lede aanwesig is nie, verkies lede ʼn aanwesige lid tot Voorsitter van die vergadering;
8.8 Stemme
By alle ledevergaderings word ʼn Besluit waarop die vergadering in stemming gebring word, beslis by ʼn stemming wat onverwyld ooreenkomstig die volgende bepalings gehou word:
8.8.1 elke lid wat persoonlik aanwesig is, het EEN (1) stem vir elke erf wat op sy naam geregistreer is;
8.8.2 xxxx xxxxxxx wat ʼn lid by volmag verteenwoordig, het EEN (1) stem vir elke erf wat geregistreer is op die naam van die lid wat hy by volmag verteenwoordig;
8.8.3 elke lid en persoon wat ’n lid by volmag verteenwoordig, kondig mondeling aan hoe hy elke stem uitbring waarop hy ingevolge die voorgaande geregtig is;
8.8.4 alle Besluite word geneem by gewone meerderheid van lede wat persoonlik aanwesig is of by volmag verteenwoordig word by die vergadering en die stemming;
8.8.5 die Voorsitter by die vergadering tel die stemme wat vir en teen die Besluit uitgebring is en verklaar dat dit aanvaar of verwerp is, na gelang van die geval;
8.8.6 die verklaring deur die Voorsitter van die uitslag van die stemming en die aantekening daarvan in die Notuleboek van die Vereniging, is afdoende bewys daarvan;
8.9 Onbevoegdheid
Indien ʼn lid onbevoeg verklaar word om sy eie sake te behartig, of ʼn verkwister of insolvent verklaar word, of, in die geval van ʼn Maatskappy, onder geregtelike bestuur geplaas word, of in likwidasie gaan, word die lid verteenwoordig xxxx xx Curator Bonis, Trustee, Geregtelike Bestuurder, of Likwidateur, na gelang van die geval, wat daarop geregtig is om, hetsy persoonlik of by volmag, namens xxx xx stem;
8.10 Mede-eienaarskap
Indien twee of meer persone die geregistreerde mede-eienaars van ʼn erf is en ʼn xxxx tot stemming gebring word, word die stem van die senior persoon wat ʼn stem uitbring, hetsy persoonlik of per volmag, aanvaar tot uitsluiting van die stemme van ander geregistreerde eienaars van die erf, en vir die doel hiervan word senioriteit bepaal deur die geboortedatums van die mede-eienaars, xxxx aangeteken by die Aktekantoor, Kaapstad. Indien die erf deur ʼn natuurlike persoon en ʼn Maatskappy gesamentlik besit word, bring die natuurlike persoon namens die lidmaatskap ʼn stem uit;
8.11 Volmag
8.11.1 Stemme kan óf persoonlik óf per volmag uitgebring word;
8.11.2 Die dokument waarby ʼn gevolmagtigde aangestel word, neem die gewone skriftelike vorm aan, of ʼn vorm wat deur die Dagbestuur goedgekeur is, onder die hand van die aansteller, of van sy Prokureur of agent, behoorlik en skriftelik daartoe gemagtig, of indien die aansteller ʼn Maatskappy is, onder die hand van ʼn beampte wat behoorlik namens die Maatskappy daartoe gemagtig is;
8.11.3 Die dokument waarby ʼn gevolmagtigde aangestel word, tesame met die Prokurasie
(indien daar is) waaronder dit onderteken is, of ʼn notarieel gewaarmerkte afskrif daarvan, word by die Vereniging se domicilium citandi besorg minstens VIER-EN- TWINTIG (24) uur voor die tyd wat bepaal is vir die hou van die vergadering, waarop die persoon wat in die dokument genoem word, voornemens is om te stem, tensy die persoon wat aldus genoem word, nie ten opsigte daarvan mag stem nie;
8.12 Maatskappye/Trusts
ʼn Maatskappy wat ʼn lid van die Vereniging is, mag by besluit van sy Direksie of ander bestuursliggaam die persoon wat hy goed ag, magtig om as sy verteenwoordiger op te tree by ʼn vergadering van die Vereniging, en die persoon wat aldus gemagtig is, mag namens die Maatskappy wat hy verteenwoordig dieselfde bevoegdhede uitoefen as wat die Maatskappy sou kon uitoefen indien dit ʼn individuele lid van die Vereniging was. Die voorgaande bepalings is mutatis mutandis op ʼn Trust van toepassing;
8.13 Elektroniese vergaderings
8.13.1 Indien die byeenroep van aangesig tot aangesig vergaderings nie moontlik is nie, mag sake afghandel word d.m.v. die gebruik van geskikte elektroniese middele, insluitende elektroniese pos;
8.13.2 Indien nodig, moet maatreëls getref word om te verseker dat alle lede of gevolmagtigdes toegang het tot die vereiste elektroniese middele;
8.13.3 Virtuele vergaderings moet voldoen aan die vereistes van aangesig tot aangesig vergaderings (Kleingeluk Konstitusie klousules 8.1 tot 8.12);
8.13.4 Afhandeling van sake d.m.v. Elektroniese pos:
8.13.4.1 Konstitusionele vereistes m.b.t. stemreg, onbevoegdheid, mede-eienaarskap, gevolmagdigdes en maatskappye/trusts moet nagekom word;
8.13.4.2 Stemme:
8 13.4.2.1 Lede kan ÓF versoek word om slegs beswaar aan te dui teen ‘n voorstel ÓF stembriewe te voltooi.
8.13.4.2.2 Vereiste meerderhede nodig om voorstelle goed xx xxxx xxxx bepaal deur die Konstitusie xxx geld;
8.13.4.2.3 Wanneer per stembrief gestem word moet meerderhede bereken word op grond van die getal voltooide stembriewe ontvang – met in agname van die minimum getal van 10 lede of hul verteenwoordigers wat vereis word as kworum by algemene vergaderings (Klousule 8.5).
9. DIE VERENIGING SE STATUS
Die Vereniging is ʼn Vereniging -
9.1 met regspersoonlikheid, wat in sy eie naam bevoeg is om eisend en verwerend op te tree; en
9.2 van wie geen lede in hul persoonlike hoedanigheid ʼn reg, aanspraak of belang op of in die eiendom, gelde of xxxxx van die Vereniging het nie, wat ingevolge die bepalings hiervan by die Dagbestuur berus en deur hom beheer word; en
9.3 wat sonder winsoogmerk maar ten behoewe van die eienaars en bewoners van vaste eiendom wat in die Dorpsgebied geleë is, bestuur word.
10. JAARLIKSE LEDEGELDE
10.1 Die Vereniging mag xxxx xx Dagbestuur ʼn jaarlikse ledegeld hef om die koste van sy bestuur en administrasie te dek, en die ledegeld mag jaarliks vooruit vasgestel en ingesamel word.
10.2 Die bedrag van die jaarlikse ledegeld word deur die Dagbestuur vasgestel en kan by
stemming deur die lede van die Vereniging op ʼn Ledevergadering verhoog of verlaag word. Sodanige verhogings of verlagings van die bedrag van die jaarlikse ledegeld word goedgekeur deur VYF-EN-SEWENTIG PERSENT (75%) van die lede van die Vereniging wat by ʼn Ledevergadering aanwesig is;
10.3 die jaarlikse ledegeld tree in xxxxxxx op die l ste dag van Maart van die betrokke jaar en is betaalbaar nie later as die einde van Mei van die betrokke jaar nie;
10.4 indien die jaarlikse ledegeld nie op die laaste xxx xxx Xxx van die betrokke jaar betaal is nie, word rente van 1 Maart af daarop gehef teen ʼn xxxxx per annum gelykstaande met die prima voorskotkoers wat van tyd tot tyd deur die Vereniging se Bank daarop gehef word, plus 10% van die jaarlikse ledegeld.
10.4.1 Die Vereniging kan ter verhaling daarvan regstappe teen die lid instel, en die koste van die regstappe word by die ledegeld en rente gevoeg.
10.4.2 ʼn Lid wie se ledegeld asook rente en koste uitstaande is, mag nie by ʼn
Ledevergadering stem nie.
11. REKENINGE
11.1 Die Dagbestuur sien toe dat behoorlike xxxxx of rekeninge van die Vereniging se administrasie en finansies gehou word by die Vereniging se domicilium of by ʼn ander plek of plekke wat dit goed ag, en xxxxx ʼn jaarlikse geouditeerde Balansstaat;
11.2 Die Dagbestuur sien toe dat die jaarlikse geouditeerde balansstaat op ʼn Algemene Jaarvergadering aan die Vereniging voorgelê word.
12. DOMICILIUM
12.1 Vir alle doeleindes wat uit hierdie Konstitusie voortspruit, met inbegrip van kennisgewing en die bestelling van prosesstukke, is die Vereniging en elke lid se domicilium citandi et executandi xxxx volg:
12.1.1 die Vereniging – die adres van die Voorsitter of Sekretaris xxxx in die jaarlikse Nuusbrief aangekondig;
12.1.2 elke lid - by die erf wat op sy naam geregistreer is, ongeag of die erf bebou is al xxx xxx;
met dien verstande dat die Vereniging of ʼn lid te eniger tyd by kennisgewing sy domicilium citandi et executandi na ʼn ander adres kan verander, mits dit ʼn nuwe fisiese adres in die Republiek van Suid-Afrika is;
12.2 ʼn Skriftelike kennisgewing wat ingevolge hierdie Konstitusie vereis word, en aan ‘n lid se domicilium citandi et executandi geadresseer is, kan per hand afgelewer word of kan bestel word deur die versending daarvan per vooruitbetaalde aangetekende pos;
12.3 Kennisgewings en ander korrespondensie kan ook na goeddunke van die Dagbestuur aan ‘n lid se genomineerde e-pos adres, faksnommer of posadres in die Republiek van Suid-Afrika gestuur word;
12.4 Kennisgewings per vooruitbetaalde aangetekende pos aan ‘n lid se domicilium citandi et executandi gestuur, word geag ontvang te xxxx XXXX (10) dae na die pos daarvan by ʼn Poskantoor binne die Republiek van Suid-Afrika, en die toon van die bewysstuk vir die aangetekende item is volle en afdoende bewys van die versendings- datum van die bogenoemde kennisgewing. Kennisgewings aan ‘n lid se e-pos adres of faksnommer gestuur, word geag ontvang xx xxxx na suksesvolle deursending daarvan. Indien ‘n kennisgewing aan ‘n lid se posadres in die Republiek van Suid-Afrika gestuur is, word dit geag ontvang te xxxx XXXX (10) dae na die datum waarop dit gepos is;
12.5 ‘n Lid moet die Vereniging binne DERTIG (30) dae van enige verandering van sy
kontakbesonderhede, insluitend sy domicilium citandi et executandi, in xxxxxx xxxx, met dien verstande dat die verandering eers VEERTIEN (14) dae na die ontvangs van die betrokke kennisgewing in xxxxxxx tree. Die Vereniging is nie aanspreeklik vir enige benadeling van ‘n lid indien daar nagelaat is om aan hierdie bepaling te voldoen nie.
13. LIKWIDASIE
13.1 Die Vereniging kan by Besluit van lede op ʼn Ledevergadering gelikwideer word, met dien verstande dat -
13.1.1 NEGENTIG PERSENT (90%) van die lede wat by ’n behoorlik belegde vergadering aanwesig of verteenwoordig is, daarvoor moet stem; en
13.1.2 die Premier van die Xxx-Kaap Provinsie daartoe instem.
13.2 Indien sodanige likwidasie geskied, is dit die plig van die Dagbestuur, of van ʼn Kurator wat deur hom aangestel word, om die Vereniging xx xxxxx xx xxxxx xx xxxx, al die Vereniging se verpligtinge na te kom, en daarna die restant onder alle lede te verdeel na gelang van die getal erwe wat op elke lid se naam geregistreer is. Indien die Dagbestuur of Kurator nie binne TWAALF (12) maande na die verdeling ʼn lid kan vind of opspoor nie, word die lid se aandeel aan die Voogdyfonds oorbetaal.
14. REËLS EN REGULASIES EN WYSIGINGS VAN DIE KONSTITUSIE
14.1 ʼn Wysiging van of byvoeging tot die Konstitusie geskied slegs by Besluit aanvaar deur ʼn meerderheid van TWEE-DERDES (⅔) op ʼn Ledevergadering, na skriftelike kennisgewing daarvan waarin die wysiging of byvoeging ten volle uiteengesit is, in die kennisgewing waarby die vergadering belê word.
14.2 Enige wysigings aan die Konstitusie moet aan die Kommissaris van Xxxxxxxxxxx Inkomste voorgelê word.
15. VERTOLKING/GESKILLE
15.1 Enigerlei geskille tussen lede, met inbegrip van ʼn geskil oor die vertolking van hierdie Konstitusie wat ontstaan word, behoudens die bepalings van Klousule 15.4, vir beslegting xxxxxx xx ʼn praktiserende Senior Advokaat van die Kaapse Balie wat minstens VYF (5) jaar in die beroep is, of indien dit ʼn geskil is ingevolge Klousules
7.5.9 en 7.5.10 is, na ʼn Argitek wat minstens VYF (5) jaar in die beroep is, waarop die partye in die geskil ooreengekom het en wat xxx in sy hoedanigheid van deskundige en nie as Arbiter nie, die geskil besleg, en sy beslissing is afdoende en bindend vir die partye en xxx xxxx ʼn Geregshof afgedwing word;
15.2 Indien die partye nie kan ooreenkom op die Senior Advokaat wat aangestel moet word om die geskil te besleg nie, word xx xxxx die President van die Kaapse Balieraad benoem;
15.3 Indien die partye nie kan ooreenkom oor die Argitek wat aangestel moet word nie, word xx xxxx die President van die Xxx-Kaapse Provinsiale Instituut van Argitekte benoem;
15.4 Nieteenstaande andersluidende Bepalings hierin vervat, mag die Dagbestuur na sy uitsluitende keuse in ʼn bevoegde Hof ʼn aksie instel vir herstel waarop hy ingevolge die bepalings van hierdie Konstitusie geregtig is, met inbegrip van die verhaling van uitstaande ledegeld.
16. VOORLEGGING VAN PLANNE
Lede is verplig om alle bouplanne, hetsy ten opsigte van nuwe bouwerk, vernuwings, wysigings of byvoegings, vir ondersoek en goedkeuring aan die Dagbestuur voor te lê
voordat die planne vir goedkeuring aan die Plaaslike Owerheid voorgelê word
17. BEWONING*
17.1 Stellenbosch Munisipaliteit: Soneringskema Verordening 2019, bepaal dat wooneenhede op groepsbehuisingserwe in die Konvensionele Residensiële Sone (KRS), waaronder Kleingeluk val, slegs deur een xxxxx xxxx gedefinieer bewoon mag word;
17.2 Terwyl die Vereniging die regulasies in die Soneringskema Verordening 2019 m.b.t. die bewoning van groepserwe slegs deur gesinne bevestig en die reg van Stellenbosch Munisipaliteit om die regulasies af te dwing erken, mag die Vereniging, binne die raamwerk van die Konstitusie en onafhanklik van Stellenbosch Munisipaliteit, optrede teen oortredings in Kleingeluk van die regulasies inisieer.
*Xxxx Xxxxxxxxxx Reëls, no. 9 vir definisie van “xxxxx”.
18. STRAF KLOUSULE*
Lede mag met ‘n twee-derde meerderheid stemme by ‘n Algemene Vergadering die instelling en formaat van ‘n boetestelsel, wat die Dagbestuur die bevoegdheid bied om oortredings van die Konstitusie en Gedragsreëls deur lede te beheer, goedkeur.
*Xxxx Xxxxxxxxxx Reëls no.10 vir Boetestelsel.
ADDENDUM KONSTITUSIEWYSIGINGS / BYVOEGINGS
Klousule 0.0.0.:
Spesiale AlgemeneVergadering 11 Oktober 1988 en Algemene Jaarvergadering 16
Maart 1989
Verwydering van verwysings na “Ontwikkelaar”:
Algemene Jaarvergadering 21 Maart 1990
Klousules 10.2, 10.3 en 10.4:
Algemene Jaarvergadering 20 Maart 1991
Klousule 5.5 en redigering van tipografiese foute in Afrikaanse weergawe van die Konstitusie:
Algemene Jaarvergadering 22 Maart 1994
Klousules 4.3, 4.4, 4.5, 7.5.3 en 14.2:
Algemene Jaarvergadering 15 Maart 1995
Klousules 5.3.1, 5.3.2, 17 en 18:
Algemene Jaarvergadering 25 Maart 2010
Klousule 12:
Algemene Jaarvergadering 24 Maart 2011
Klousules 7.4.1 (elektroniese middele), 8.13 (elektroniese middele), 17
Algemene Jaarvergadering 7 April 2021