AFTREEVOORDEEL
Omsendbrief PPF-1/2018
Xxxxxx: Mev Xxxxxx xxx xxx Xxxx 1 Desember 2017
AAN ALLE LEDE EN DEELHEBBERS VAN DIE PREDIKANTE PENSIOENFONDS
VAN DIE NG KERK IN SA
Geagte Medewerker
BYDRAES EN VERPLIGTINGE – 1 MAART 2018 TOT 28 FEBRUARIE 2019
AFTREEVOORDEEL
Lid se bydrae
+ Werkgewer xx xxxxx bydrae
+ Opbrengs
(Van die Werkgewer se bruto bydrae word die koste en die risikopremies verhaal)
1. INLEIDING
Die Predikante Pensioenfonds van die NG Kerk in SA (PPF) is vanaf 1 Januarie 2008 ’n vaste bydrae pensioenfonds. Met ’n vaste bydrae struktuur word die bydraekoerse vir die lid en die werkgewer vasgestel. ’n Aftreevoordeel word nie gewaarborg nie. Die bedrag van elke lid se aftreevoordeel is afhanklik van die grootte van die bydraes wat deur en namens die lid gemaak word en die opbrengs wat op die belegging van hierdie bydraes verdien word.
Lede het ’n keuse ten opsigte van bydraevlakke. Die werkgewer (gemeente) moet skriftelik onderneem om lede se gewysigde bydraevlak te betaal.
2. VOORDELE EN VERPLIGTINGE VANAF 1 MAART 2018
Pensioenbydraes word jaarliks op 1 Maart, saam met die verhoging van traktement, aangepas. Die salaris (pensioengewende inkomste) waarop bydraes en risiko-voordele bereken word, beloop vanaf 1 Maart 2018 R411 880. Dit is gebaseer op die maksimum salaris (topskaal) plus ’n bonus (dertiende tjek) asook ’n 7% addisionele voorsiening (R29 610 x 13 = R384 930 + 7% = R411 880).
Die voordele en verpligtinge wat vanaf 1 Maart 2018 geld, word volledig uiteengesit in die aangehegte bylaes. Die lid se bydrae vanaf 1 Maart 2018 word gebaseer op die predikant se ouderdom op 1 Januarie 2018 [Bylaes A en B]. Die bydraes vir Januarie en Februarie 2018 verander nie. Dit xxx dieselfde as gedurende 2017.
Risikovoordele word nie deur die PPF verskaf nie, maar is wel aan lidmaatskap van die PPF gekoppel. Aktiewe lede geniet tans buigsame sterftedekking, ongeskiktheidsdekking en gadedekking. Veranderinge aan risikodekking geskied elke jaar op 1 Maart.
3. PREMIES
Die Pensioenkantoor trek maandeliks een bedrag per debietorder vanaf die werkgewer (gemeente) se bankrekening. Hierdie debietorder sluit die volgende premies in:
(a) Lid- en werkgewerbydraes [Die premie (R263,00) vir die ongeskiktheidsdekking se inkomstevervangingsvoordeel (net tot ouderdom 60) en die opsionele addisionele sterftedekking (sien paragraaf 6.2 hier onder) word van die werkgewerbydrae verhaal].
(b) Verpligte sterfte- en ongeskiktheidsdekking – R320,00 (waarvan die werkgewer en werknemer elkeen R160 betaal).
(c) Verpligte gadeversekering (vir getroudes) – R26,00.
GADEVERSEKERING
R411 880
R26,00 per maand
2
4. GADEVERSEKERING
Gadeversekering (verpligtend as daar ’n xxxx is) is gelyk aan een keer die risikosalaris (R411 880). Die premie is R26,00 per maand.
5. VERPLIGTE GROEPVERSEKERING: STERFTE- EN ONGESKIKTHEIDSDEKKING
STERFTEDEKKING
R1 647 520
ONGESKIKTHEIDSDEKKING
R1 235 640
PREMIE
R320,00 per maand Lid: R160,00
Werkgewer: R160,00
5.1 Die Verpligte Groepversekering vir sterfte- en ongeskikt- heidsdekking koop sterftedekking gelyk aan vier keer die risikosalaris. Dit is R1 647 520. (R411 880 x 4 = R1 647 520)
5.2 Die maandelikse premie is R320,00. Die lid en die werkgewer betaal elkeen 50% (R160,00) van hierdie premie. Hierdie premie word addisioneel tot die pensioenfondsbydrae betaal. Ja, u lees korrek! Dit is goedkoper as verlede jaar!
5.3 Die verpligte premie sluit ook ongeskiktheidsdekking in waarvan die enkelbedrag gelyk is aan drie keer die risikosalaris, naamlik R1 235 640. (R411 880 x 3 = R1 235 640)
5.4 Universele Opvoedingsbeskermer-voordeel
Die Verpligte Groepversekering sluit ’n Universele Opvoedingsbeskermer-voordeel (Bylae E) in. Dit beskerm die familie teen uitgawes ten opsigte van kinders se opvoeding na die dood van ’n lid. Die onderriggelde, voorwaardes, tydperke en kwalifiseringsvereistes word volledig in Bylaag E verduidelik.
6. LID- EN WERKGEWER BYDRAES
Die lid- en werkgewerbydraes tot die Pensioenfonds word gebruik om die lid se fondskrediet in die fonds op te bou. Die volle bedrag word egter nie vir die fondskrediet gebruik nie. Die volgende bedrae word van die werkgewerbydrae afgetrek:
(a) Premie vir lede jonger as 60 jaar vir die ongeskiktheidsdekking se inkomstevervangings- voordeel. Hierdie premie beloop R263,00 per maand vanaf 1 Maart 2018.
(b) Lid se premie (indien van toepassing) vir addisionele sterftedekking. Hierdie opsionele addisionele sterftedekking se premie xxx xxxxxx van R65,00 per maand tot R523,00 per maand.
(c) Xxxxx xx die Pensioenfonds te bedryf. Dit sluit uitgawes van die voorkantoor (die Sinodale kantoor), die dienste van die konsultante, die aktuaris en die administrateurs (Xxxxxxxxx Xxxxxx), die RFD (Raad op Finansiële Dienste) se heffings, die beleggingskonsultant (Towers Xxxxxx), xxxxx van Trustee-vergaderings, regskoste en die ouditeur (Deloitte) in. Die koste is gekoppel aan die aantal lede (meer lede laat die koste per lid daal) en moontlike addisionele dienste wat van diensverskaffers verlang word. Die koste kan dus xxxxxx rondom ongeveer R350 per maand. Koste kan maandeliks op die lid se persoonlike profiel op Xxxxxxxxx Xxxxxx se webblad nagegaan word (xxxxx://xxxxx.xxxxxxxxxxxxxxx.xx.xx). [Werkgewer se bruto bydrae minus (a) en (b) hier bo minus wat op Xxxxxxxxx Xxxxxx xx xxxxx staan, is die koste.]
6.1 Ongeskiktheidsdekking
Die maandelikse inkomstevervangingsvoordeel is gebaseer op 66,67% van die risikosalaris (R411 880), dit wil sê R22 883 per maand (R411 880 x 66,67% ÷ 12). Die premie vir die voordeel beloop R263,00 per maand.
By ongeskiktheid van ’n lid, xxx die versekeraar ook die lid se pensioenfondsbydraes op die 16,8% bydraevlak in stand hou tot op ouderdom 60.
Ongeskiktheidsvoordele word volgens die diskresie van die versekeraar (Sanlam), vir sekere toestande tot 91,67% van die risikosalaris aangepas, dit wil sê R31 464 per maand (R411 880 x 91,67% ÷ 12). Om vir hierdie ekstra 25% (91,67% in plaas van 66,67%) voordeel te kwalifiseer, moet ’n lid aan die voorgeskrewe kriteria volgens die polis ooreenkoms voldoen.
Ongeskiktheidsvoordele is slegs van toepassing op lede jonger as 60 jaar. Lede bo 60 jaar geniet nie ongeskiktheidsvoordele nie. Die betrokke premie word daarna maandeliks by aftreevoordele gestort.
3
6.2 Opsionele addisionele sterftedekking
Lede van die Pensioenfonds het die keuse om addisionele sterftedekking uit te neem. Die premie vir die addisionele sterftedekking word uit die werkgewerbydrae tot die Pensioenfonds verhaal. Hoe groter die lid se keuse vir addisionele sterftedekking is, hoe xxxxxxx word die bedrag wat na die lid se fondskrediet gaan. Die lid betaal dus nie ’n afsonderlike bedrag vir die addisionele sterftedekking nie.
Opsionele addisionele sterftedekking word gekoppel aan veelvoude van die risikosalaris (R411 880). Dit xxx xxxxxx van een tot agt keer die risikosalaris. Die opsionele sterftedekking is bo en behalwe die vier keer verpligte sterftedekking (R1 647 520) wat die lid reeds geniet.
’n Lid xxx xxxx om slegs die verpligte sterftedekking te neem (vier keer die risikosalaris). ’n Lid wat die maksimum addisionele dekking (agt keer) kies, kry dus sterftedekking van twaalf keer die risikosalaris, naamlik R4 942 560 (4 + 8 = 12 x R411 880= R4 942 560).
Die premie vir die addisionele sterftedekking is ongeveer R65,00 per maand vir elke veelvoud van die risikosalaris. Die beskikbare dekkingsvlakke, insluitend die verpligte dekking en die betrokke premies is as volg:
A1 | + B1 | = C1 | A2 | + B2 | = C2 | |
4 x RS (verplig) | 320 | Geen | 320 | 1 647 520 | Geen | 1 647 520 |
5 x RS (1 x opsioneel) | 320 | 65 | 385 | 1 647 520 | 411 880 | 2 059 400 |
6 x RS (2 x opsioneel) | 320 | 131 | 451 | 1 647 520 | 823 760 | 2 471 280 |
7 x RS (3 x opsioneel) | 320 | 196 | 516 | 1 647 520 | 1 235 640 | 2 883 160 |
8 x RS (4 x opsioneel) | 320 | 261 | 581 | 1 647 520 | 1 647 520 | 3 295 040 |
9 x RS (5 x opsioneel) | 320 | 327 | 647 | 1 647 520 | 2 059 400 | 3 706 920 |
10 x RS (6 x opsioneel) | 320 | 393 | 713 | 1 647 520 | 2 471 280 | 4 118 800 |
11 x RS (7 x opsioneel) | 320 | 457 | 777 | 1 647 520 | 2 883 160 | 4 530 680 |
12 x RS (8 x opsioneel) | 320 | 523 | 843 | 1 647 520 | 3 295 040 | 4 942 560 |
Hoe om die Tabel xx xxxx:
RS = Risikosalaris (R411 880).
Blou (A) is verpligtend. Xxxxx (B) is opsioneel.
Die blou bydrae (A1) “koop” die blou dekking (A2). Die xxxxx bydrae (B1) koop die xxxxx dekking (B2). Bruin (C1) is die totale bydrae (A1 + B1).
C1 “koop” die totale dekking xxxx in C2 (A2 + B2) genoem.
Voorwaardes en terme van opsionele buigsame lewensdekking
(a) Keuses moet as veelvoude van die risikosalaris gemaak word bo die vlak van verpligte dekking (vier keer die risikosalaris).
(b) Nuwe lede ouer as 55 jaar xxx vir alle keusedekking bewys van goeie gesondheid moet xxxxx.
(c) Nuwe lede jonger as 55 jaar kry dekking medies bewysvry tot en met ’n limiet van R5,5 miljoen.
(d) ’n 2-Jaar selfdood klousule is van toepassing op enige keusedekking vanaf die aanvangsdatum vir nuwe en bestaande lede en vanaf enige verhoging in keusedekking.
(e) Die dekkingsveelvoud kan jaarliks op 1 Maart verlaag word.
(f) Dekking kan slegs verhoog word indien:
’n lid in die huwelik tree ’n kind gebore word
op die skema verjaardag elke jaar met mediese vereistes vanaf Maart 2018.
(g) Indien bogenoemde gebeurtenisse plaasvind, het ’n lid drie maande grasie om dekking xx xxxxxxx.
(h) Lede moet hulle keuse vir die opsionele addisionele lewensdekking skriftelik doen. Gebruik Bylae C se vorm. Lede wat nie ’n nuwe skriftelike keuse voorsien nie, xxx op die huidige gekose dekking (2017/2018). Lede van wie geen keusevorm nog ooit ontvang is nie, xxx op die verstekkeuse, naamlik vier keer die risikosalaris (R411 880 x 4 = R1 647 520). Skakel xxxxx die Pensioenkantoor om u huidige vlak van dekking te bevestig óf indien u u dekking sou wou aanpas.
4
6.3 Inligtingstuk
Aangeheg vind u ’n inligtingstuk (Bylae D) in vraag en antwoord formaat wat u kan help om ’n ingeligte besluit rakende die omvang van sterftedekking xx xxxx. U is welkom om met u finansiële adviseur en/of die Pensioenkantoor hieroor oorleg te pleeg, sou daar enige onsekerhede wees.
7. BELASTINGIMPLIKASIES T.O.V. ENKELBEDRAG STERFTE- EN ONGESKIKTHEIDSVOORDELE
Versekerde voordele word op ’n losstaande basis buite die Pensioenfonds hanteer.
7.1 Sterftevoordele
Aangesien die premies vir die sterftedekking en enkelbedrag ongeskiktheidsdekking gedeeltelik of ten volle namens die lid betaal word, is daar byvoordeelbelasting deur die lid betaalbaar. Die voordeel is dat die sterftedekking en enkelbedrag ongeskiktheidsdekking in totaliteit belastingvry betaal xxx word ten tye van ’n eis.
Die volgende bedrae moet dus vanaf 1 Maart 2018 as belasbare byvoordele deur die betaalstelsel van predikante gekanaliseer word:
• Ten opsigte van die vier keer verpligte dekking (R1 647 520) moet ’n maandelikse bedrag van R160,00 as belasbare werkgewerbydrae by inkomste gevoeg word. Dit verteenwoordig die helfte van die totale premie wat namens die lid betaal word. Die ander helfte van die premie word (xxxx voorheen) deur die predikant met na-belaste geld betaal en daar is dus nie byvoordeelbelasting daarop ter sprake nie.
• Indien die predikant van die opsionele lewensdekking gebruikmaak, het dit verdere belastingimplikasies, want die werkgewer betaal dit as xxxx van die werkgewerbydrae. Die addisionele premie moet ook as ’n belasbare byvoordeel verreken word. Onderstaande tabel toon die totale belasbare byvoordeel ten opsigte van opsionele lewensdekking in die “maandelikse premie” kolom.
Samestelling | Maandelikse premie | |
5x | R160,00 + R65,00 | R225,00 |
6x | R160,00 + R131,00 | R291,00 |
7x | R160,00 + R196,00 | R356,00 |
8x | R160,00 + R261,00 | R421,00 |
Samestelling | Maandelikse premie | |
9x | R160,00 + R327,00 | R487,00 |
10x | R160,00 + R393,00 | R553,00 |
11x | R160,00 + R457,00 | R617,00 |
12x | R160,00 + R523,00 | R683,00 |
Die totale maandelikse belasbare byvoeging op die betaalstaat, word volgens die predikant se keuse van dekking gedoen, wat tot gevolg xxx hê dat die netto salaris effens xxx verminder ten einde voordele belastingvry te ontvang. Navrae in dié verband kan aan Xxxxxxxxx xxx xxx Xxxxx by 021 957 7116 xxxxx word.
Die akkurate en tydige implementering hiervan op die betaalstate van predikante is belangrik ten einde aan die SAID se vereistes te voldoen.
7.2 Ongeskiktheidsvoordele [slegs van toepassing op lede jonger as 60 jaar]
Sedert 1 Maart 2015 kwalifiseer premies ten opsigte van inkomste vervanging ongeskiktheids- dekking nie meer as ’n belasting aftrekking nie. Voordeel betalings word dienooreenkomstig ook nie meer belas nie.
Die bedrag van R263,00 word maandeliks per lid (jonger as 60 jaar) uit die werkgewerbydrae aan die versekeraar oorbetaal om voorsiening xx xxxx vir moontlike ongeskiktheidsvoordeel eise.
Van werkgewers word verwag om die bedrag van R263,00 as belasbare byvoordeel by die predikant se belasbare inkomste in te sluit.
5
8. IN-FONDS LEWENDE ANNUÏTEIT (IFLA)
Die IFLA (in-fonds lewende annuïteit) bied nou aan lede die opsie om by aftrede ʼn lewende annuïteit binne die Predikante Pensioenfonds xx xxxx. Volledige dokumentasie hieroor is op 24 Oktober 2017 aan al die aktiewe lede beskikbaar gestel.
Lede word xxxxx aangemoedig om tydig, maar veral vanaf ouderdom 57, ʼn professionele finansiële adviseur se advies te vra. Die PPF se Beheerliggaam het finansiële adviseurs van Sanlam en Xxxxxxxxx Xxxxxx gekeur en ʼn diensvlakooreenkoms met die betrokke maatskappye gesluit. Die voordeel hiervan is dat die ooreengekome fooie van die lid se fondswaarde verhaal word. Lede kan ook hul eie adviseurs aanstel en fooie met hul beding.
9. DEBIETORDERS EN WYSIGINGS
Bydraes word via debietorder op die 25ste van die maand van elke deelhebber (gemeente) se bankrekening verhaal. Alle wysigings (bedanking, aftrede, uitdienstrede, ensovoorts) moet vóór die 10de van die maand aan die Pensioenkantoor gekommunikeer word.
10. VERANDERING VAN BYDRAEVLAK
Die bydraevlak kan ter enige tyd deur die lid verander word. Stel asseblief die Pensioenkantoor in kennis van enige verandering in bydraevlak.
11. PENSIOENKANTOOR
PENSIOENKANTOOR
Xx Xxxxxxxxxxx 0, Xxxxxxxxx Elodie van der Xxxx
021 957 7115
Die sinodale kantoor van Xxx-Kaapland bedryf die Pensioen- kantoor. Alle navrae ten opsigte van pensioenaansoeke, uitdienstredings en arbeidsonbevoegde eise word hier hanteer. Alle verskuiwings of enige verandering van bydraevlak moet ook by die Pensioenkantoor aangemeld word. Die kontakpersoon is Xxxxxx xxx xxx Xxxx. Xx xxx by 021 957 7115 geskakel word.
12. AANSOEK OM PENSIOENVOORDELE
Predikante wat oorweeg om af te tree moet asseblief minstens twee maande voor die aftreedatum met die Pensioenkantoor in verbinding tree, sodat al die dokumentasie betyds voltooi kan word. Dit help om die spoedige uitbetaling van aftreevoordele te verseker.
Lede wat met vervroegde pensioen aftree, het die keuse om met die groepversekering (vier keer sterftedekking) voort te gaan tot op 65. Kontak die Pensioenkantoor vir meer besonderhede.
13. BYDRAESTAAT
Die Pensioenkantoor stuur in Maart vir elke deelhebber (gemeente) ’n bydraestaat wat die nuwe bydraes per lid en die totaal per deelhebber (gemeente) aandui. Dit xxx die verantwoordelike finansiële beampte help om elke personeellid (predikant) se aftrekkings, insluitend die belasting, korrek te bereken.
Vriendelike groete
Xx Xxxxxx Minnaar
HOOFBEAMPTE
VRYWARING
Die belasting inligting in paragraaf 7 is bedoel om u op hoogte xx xxx van die veranderinge en is nie bedoel om ’n omvattende verklaring van die Wet xx xxxx nie. Dit mag nie as ’n substituut vir spesifieke belastingadvies xxxx xxx. Konsulteer die SAID of u ouditeur indien enige twyfel in ’n xxxx bestaan. Geen aanspreeklikheid word vir enige foute, weglating of opinies in hierdie dokument vervat, aanvaar nie. Die toepaslike IRP5-kodes vir sterftedekking en ongeskiktheidsdekking word jaarliks deur SAID verander. Hou hul kennisgewings in dié verband dop.
** Bylae A **
VOORDELE EN VERPLIGTINGE VANAF 1 MAART 2018 | |||
Risikosalaris = maksimum traktement plus diensbonus per jaar: R411 880,00 (voorsiening van 7% ingesluit) 1. STERFTEVOORDELE T.O.V. DOOD VOOR AFTREDE 4x Risikosalaris verpligte sterftedekking R1 647 520,00 Opsionele buigsame sterftedekking x1 (Totaal 5x Risikosalaris) R2 059 400,00 X2 (Totaal 6x Risikosalaris) R2 471 280,00 X3 (Totaal 7x Risikosalaris) R2 883 160,00 X4 (Totaal 8x Risikosalaris) R3 295 040,00 X5 (Totaal 9x Risikosalaris) R3 706 920,00 X6 (Totaal 10x Risikosalaris) R4 118 800,00 X7 (Totaal 11x Risikosalaris) R4 530 680,00 X8 (Totaal 12x Risikosalaris) R4 942 560,00 Volle Fondskrediet (opgelope waarde in die Pensioenfonds) word uitbetaal. 2. ONGESKIKTHEIDSVOORDELE Minimum Jaarlikse inkomste (66,67% x Risikosalaris) R 274 600,00 Maksimum jaarlikse voordeel, onderhewig aan versekeraar se kriteria R 377 570,00 (91,67% x Risikosalaris) Enkelbedrag uit Groepskema onderhewig aan sekere voorwaardes R1 235 640,00 3. GADEVERSEKERING Indien van toepassing R 411 880,00 4. BYDRAES 4.1 Verpligtinge van gemeente | |||
Per predikantspos | 16,8% Bydraevlak | 19,2% Bydraevlak | 21,5% Bydraevlak |
Kontribusie (p.m.) (Versterkingsfonds) | R5 767,00 | R6 591,00 | R7 380,00 |
50% premie (Groepversekering) | R 160,00 | R 160,00 | R 160,00 |
R5 927,00 | R6 751,00 | R7 540,00 | |
Die VGK se gemeentes het volgens eie keuse nie xxxx aan die Versterkingsfonds nie met die gevolg dat hul kontribusie slegs R4 325,00 p.m. (op 16,8% vlak) is. Groepversekering ten bedrae van R160,00 p.m. moet egter bygevoeg word. |
4.2 Verpligtinge van leraar(s) 4.2.1 Persoonlike bydraes (per maand) | |||
Ouderdom aan begin van 2018 | 7,5% Bydraevlak | 9,375% Bydraevlak | 11,250% Bydraevlak |
Tot 34 | R1 667,00 | R2 084,00 | R2 500,00 |
35 | R1 768,00 | R2 210,00 | R2 652,00 |
36 | R1 869,00 | R2 336,00 | R2 803,00 |
37 | R1 970,00 | R2 462,00 | R2 954,00 |
38 | R2 070,00 | R2 588,00 | R3 105,00 |
39 | R2 171,00 | R2 714,00 | R3 257,00 |
40 | R2 272,00 | R2 840,00 | R3 408,00 |
41 | R2 373,00 | R2 966,00 | R3 559,00 |
42 | R2 474,00 | R3 092,00 | R3 711,00 |
43 en ouer | R2 575,00 | R3 218,00 | R3 862,00 |
4.2.2 Groepversekering (4x Verpligte sterftedekking) 50% van premie deur leraar R160,00 p.m. 4.2.3 Gadeversekering (indien van toepassing) 100% van premie R 26,00 p.m. 4.3 Kapelane Groepversekering (volle premie) R320,00 p.m. 100% Gadeversekering (indien van toepassing) R 26,00 p.m. Al bogenoemde bedrae, xxxx van toepassing, word per debietorder van die deelhebber/werkgewer/gemeente verhaal. Hierdie is slegs ’n opsomming van die voordele en wysigings en vervang nie die reëls van die PPF of die bepalings van die Versekeraars (waar van toepassing) nie. |
c:\users\elmien\documents\omsendbriewe\2018\bylae a tot om-pensioen-1 van 2018.doc
BYLAE B
MAANDELIKSE BYDRAES XXXX PER VERSKILLENDE PENSIOENFAKTORE PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE XXX. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA
(1 Maart 2018)
PGI = R411 880
MAANDELIKSE BYDRAES PER GEMEENTE
GEMEENTELIKE KONTRIBUSIE | LIDMAATSKAP KATEGORIE | |||||
9.8% bydraevlak | 12.1% bydraevlak | 14.5% bydraevlak | 16.8% bydraevlak | Minimum aanbevole riglyn 19.2% bydraevlak | 21.5% bydraevlak | |
KATAGORIE 1 - VERSTERKINGSFONDS | R 3 364 | R 4 154 | R 4 977 | R 5 767 | R 6 591 | R 7 380 |
KATAGORIE 2 - NIE-VERSTERKINGSFONDS (VGK) - (2 lede) | - | - | - | R 4 326 | - | - |
MAANDELIKSE BYDRAES PER LID
Xxxxxxxx laaste verjaarsdag op 01-01-2018 | Pensioengewende Besoldiging | % van PGI# | LIDMAATSKAP KATEGORIE | |||||
1.875% van PGI (voorheen 25%) | 3.750% van PGI (voorheen 50%) | 5.625% van PGI (voorheen 75%) | 7.5% van PGI (voorheen 100%) | 9.375% van PGI (voorheen 125%) | 11.250% van PGI (voorheen 150%) | |||
34 en jonger | R 266 655.00 | 5.05% | R 417 | R 834 | R 1 250 | R 1 667 | R 2 084 | R 2 500 |
35 | R 282 791.00 | 5.15% | R 442 | R 884 | R 1 326 | R 1 768 | R 2 210 | R 2 652 |
36 | R 298 926.00 | 5.19% | R 468 | R 935 | R 1 402 | R 1 869 | R 2 336 | R 2 803 |
37 | R 315 062.00 | 5.44% | R 493 | R 985 | R 1 477 | R 1 970 | R 2 462 | R 2 954 |
38 | R 331 198.00 | 5.70% | R 518 | R 1 035 | R 1 553 | R 2 070 | R 2 588 | R 3 105 |
39 | R 347 333.00 | 5.96% | R 543 | R 1 086 | R 1 629 | R 2 171 | R 2 714 | R 3 257 |
40 | R 363 469.00 | 6.26% | R 568 | R 1 136 | R 1 704 | R 2 272 | R 2 840 | R 3 408 |
41 | R 379 604.00 | 6.56% | R 594 | R 1 187 | R 1 780 | R 2 373 | R 2 966 | R 3 559 |
42 | R 395 740.00 | 6.88% | R 619 | R 1 237 | R 1 856 | R 2 474 | R 3 092 | R 3 711 |
43 en ouer | R 411 880.00 | 7.50% | R 644 | R 1 288 | R 1 931 | R 2 575 | R 3 218 | R 3 862 |
* Maandelikse bydraes word gebaseer op Pensioengewende Besoldiging vermenigvuldig met die Pensioenfakto .
** Bylae C **
Xxxxx ten opsigte van sterftedekking
(slegs van toepassing vir nuwe toetreders óf vir huidige lede wat dekkingsveelvoud
[sien 6.2 en 7.1] xxx xxxxxxx of verlaag)
Naam en voorletters:
........................................................................................................................
ID Nommer:
........................................................................................................................
Deelnemende werkgewer (Gemeente of instansie): ...............................................................................
Dui asseblief u keuse aan deur ’n kruis (x) in die toepaslike blokkie xx xxxx. Die verstekopsie is gelyk aan vier keer die risikosalaris. Dit is R1 647 520 (411 880 x 4) . Indien u nie ’n opsionele addisionele dekking kies nie, sal u sterftedekking outomaties gestel word op R1 647 520.
Xx xxxx om die volgende sterftedekking te neem (merk met ’n kruis in die keuse kolom):
Verplig | Addisioneel | Totaal | Keuse | Premie per maand | |
1 647 520 | = 4x RS | 1 647 520 | 320,00 | ||
1 647 520 | plus 1 x | = 5x RS | 2 059 400 | 385,00 | |
1 647 520 | plus 2 x | = 6x RS | 2 471 280 | 451,00 | |
1 647 520 | plus 3 x | = 7x RS | 2 883 160 | 516,00 | |
1 647 520 | plus 4 x | = 8x RS | 3 295 040 | 581,00 | |
1 647 520 | plus 5 x | = 9x RS | 3 706 920 | 647,00 | |
1 647 520 | plus 6 x | = 10x RS | 4 118 800 | 713,00 | |
1 647 520 | plus 7 x | = 11x RS | 4 530 680 | 777,00 | |
1 647 520 | plus 8 x | = 12x RS | 4 942 560 | 843,00 |
RS = Risikosalaris
VERKLARING
Ek verklaar dat ek die risikodekking van die PPF en my keuses daaromtrent verstaan en dat ek die nodige advies ingewin het waar nodig. Ek verklaar dat ek die implikasies van my keuse verstaan. Hiermee vrywaar ek die Fonds, die Trustees en die Hoofbeampte van die Fonds en my Werkgewer teen enige eis van watter aard ook al wat uit my sterftedekkingkeuse mag voortspruit.
Naam Handtekening Datum
Vrydag 16 Februarie 2018,
binne 14 dae na
óf
Die voltooide vorm moet die Pensioenkantoor teen
aanstelling bereik. Faks na 086 524 7153 of e-pos na xxxxxxxx@xxxxxxxx.xx.xx. Xxxxxx Xxxxxx van der Xxxx by 021 957 7115 indien u enige navrae in hierdie verband het.
Die onus is op die lid om die vorm korrek te voltooi en indien nie korrek voltooi is nie, sal die vorm ongeldig wees en xxx die verstekopsie op die lid van toepassing wees.
** Bylae D **
INLIGTINGSTUK – VRAE EN ANTWOORDE
Hierdie inligtingstuk kan u help om ’n ingeligte besluit rakende die omvang van u sterftedekking xx xxxx. U is welkom om met u finansiële adviseur en/of die Pensioenkantoor hieroor oorleg te pleeg, sou daar enige onsekerhede wees.
1. Wat behels my versekerde voordele vanaf 1 Maart 2018?
Die veranderinge wat aan die risikovoordele gemaak word kan as volg opgesom word:
• Buigsame sterftedekking laat u toe om tot 8x risikosalaris bo-en-behalwe die kerndekking van 4- maal risikosalaris op ’n vrywillige basis te neem.
• Dekkingsveelvoud kan jaarliks op 1 Maart verhoog/verlaag word.
• Die vlak van dekking vir gadeversekering (m.a.w. dekking wat betaalbaar is indien u xxxx xx sterwe sou kom) is gekoppel aan risikosalaris, en die enkelbedrag verhoog na R411 880.
• Ongeskiktheidsvoordele is volgens die diskresie van die versekeraar, vir sekere toestande met 25% tot 91,67% van risikosalaris aangepas.
• Die Universele Opvoedingsbeskermer-voordeel se voordele is opwaarts aangepas. Verdere detail oor hierdie voordele word vervat in die skrywe waaraan hierdie Bylae geheg is.
2. Waarom het die Trustees besluit om buigsame sterftedekking in plek te sit?
Die Trustees evalueer deurlopend risikovoordeelkostes en ondersoek wyses waarvolgens aftreevoordele ’n verdere hupstoot kan kry. Op grond van lede se versoeke is ’n ondersoek oor buigsame risikovoordele gedoen, wat hul in xxxxx xxx stel om lewensdekking aan te pas na gelang van hul behoeftes. Aan die hand van die resultate van hierdie ondersoek en in erkenning van die behoeftes van die meerderheid lede is die besluit geneem om buigsame sterftedekking in plek te sit.
3. Wat beteken buigsame sterftedekking vir my?
Verpligte sterftekking van 4x risikosalaris word by verstek gebied. Afhangend van u persoonlike omstandighede kan u dus die keuse uitoefen om addisionele dekking, in veelvoude van 1x risikosalaris en tot-en-met 8x risikosalaris, te neem om die behoefte vir finansiële sekuriteit vir u xxxx en kinders aan te spreek.
Daar is in alle gevalle ’n addisionele premie betaalbaar vir addisionele dekking, wat ’n direkte impak het op die maandelikse bedrag wat na aftreebesparing gaan.
4. Hoe weet xx xxxxxx vlak xxx xxxxxxx ideaal is vir my?
Ideaal gesproke moet u finansiële advies inwin waarin elke aspek van u finansies ontleed word om gebreke en behoeftes te identifiseer en aan te spreek.
Die tipiese vrae wat in so tipe ontleding gevra word is, byvoorbeeld:
• Is u getroud? Indien wel, is u xxxx werksaam?
• Het u kinders wat finansieel afhanklik is van u?
• Het u enige skuld wat gedelg moet word indien u sou sterf?
• Xxxxxx xxxxx lewensversekering het u?
• Wat is die totale bedrag wat uitbetaal sou word indien u sterf en voorsien dit aan die behoeftes van u afhanklikes in u afwesigheid?
Groepversekering bied ’n baie kostedoeltreffende xxxxxx xx lewensversekering te verkry. Buigsame sterftevoordele bied toegang tot hierdie doeltreffendheid en laat steeds toe vir individue wat nie dekking benodig nie xx xxxxxx te spandeer aan versekering en meer xx xxxxx vir aftrede.
5. Wat is die koste-impak van hierdie verandering?
Punt 6.2 van die brief wat hierdie Bylae vergesel bevat detail oor die koste xxx xxxx- en addisionele dekking.
6. Hoe oefen ek nou my keuse uit, en is dit nodig om my bestaande keuse te verander?
Bylae C van hierdie skrywe bevat ’n opsievorm wat deur u voltooi kan word indien u xxx xxxx om lewensdekking bo die 4x risikosalaris kernvlak te neem. Andersyds kry u nou die jaarlikse geleentheid om u dekkingsveelvoud xx xxxxxxx/verlaag, onderhewig aan die Versekeraar se vereistes. Indien u bestaande keuse wil verander, moet die Pensioenkantoor voor 16 Februarie 2018 hiervan in xxxxxx xxxxxx word.
7. Kan ek my keuse later verander?
U kan, maar om te voorkom dat individue ekstra sterftedekking neem in tye wanneer daardie persone voel dat daar dalk ’n groter waarskynlikheid vir ’n eis is, het Sanlam sekere reëls in plek gesit oor die tye wanneer dekking verander kan word. Die volgende reëls geld:
(a) Dekking kan op 1 Maart elke jaar verhoog of verlaag word. Lede wat keuse verhoog, gaan versoek word om mediese verslag aan die Versekeraar beskikbaar te stel.
(b) Dekking kan verhoog word binne drie maande van die volgende gebeurtenisse:
- u in die huwelik tree, of
- ’n kind gebore word.
Dit is van uiterste belang dat u die Pensioenkantoor skriftelik in xxxxxx xxxx van u keuse, indien enige, binne die tydsraamwerk hierbo, om te verseker dat u ten alle tye voldoende dekking geniet. Indien u na 1 Maart 2018 geen verdere keuses uitoefen nie, sal die keuse wat u voorheen uitgeoefen het voortaan steeds geld. U hoef dus nie jaarliks u bestaande keuse te bevestig nie.
8. Is daar beperkings op wat ek xxx xxxx?
U keuse moet in veelvoude van 1x risikosalaris wees. Verder mag u ’n maksimum van 8x risikosalaris kies, wat u dus ’n totale dekking van 12x risikosalaris xxx xxx.
Nuwe lede ouer as 55 jaar xxx vir alle keusedekking bewys van gesondheid moet xxxxx.
Nuwe lede jonger as 55 jaar kry dekking medies bewysvry tot en met ’n limiet van R5,5 miljoen.
9. Ek is steeds nie seker hoeveel versekering ek het en hoeveel ek nodig het nie. Wat staan my te doen?
Indien u steeds onseker is oor hierdie veranderinge, is u welkom om met die Pensioenkantoor hieroor oorleg te pleeg. Verder sou dit ideaal wees indien u finansiële advies van ’n geregistreerde adviseur inwin.
c:\users\elmien\documents\omsendbriewe\2018\bylae d tot om-pensioen-1 van 2018.doc
OPVOEDINGSBESKERMER
** Bylae E **
1. Universele Opvoedingsbeskermer-voordeel
Die Universele Opvoedingsbeskermer-voordeel beskerm die familie teen uitgawes ten opsigte van die kinders se opvoeding na die dood van die lid. Indien die hooflid te sterwe kom xxx die Universele Opvoedingsbeskermer-voordeel, addisioneel tot die normale doodsvoordeel, die werklike koste (beperk tot seker maksimums) wat aangegaan word ten opsigte van die onderrig van ’n kwalifiserende kind, direk aan die betrokke opvoedkundige inrigting betaal.
Die voordeel mag geëis word ten opsigte van ’n jaar van onderrig. Dit beteken voordele moet geëis word vir elke jaar van onderrig xxxx en wanneer kostes aangegaan is vir daardie jaar. Bo en behalwe die onderrig-fooie wat geëis kan word, kan die volgende ook per jaar geëis word:
• ’n xxxxx-toelaag – die werklike koste wat aangegaan word tot ’n maksimum van 10% van die onderriggelde is betaalbaar (na die onderstaande maksimums toegepas is)
• Universiteit- of technikon-inwoningstoelaag – die werklike koste vir universiteit- of technikon inwoning tot ’n maksimum van 30% van die onderriggelde is betaalbaar (na die onderstaande maksimums toegepas is). (Let wel hierdie toelaag is slegs betaalbaar vir studies aan ’n universiteit of technikon en sluit nie ambagsdiplomas/sertifikate in nie.)
Die werklike onderriggelde is beperk tot die volgende maksimums:
Maksimum voordeel vir Onderriggelde (Let wel: Xxxxx-toelaag en universiteit-inwoningstoelaag is uitgesluit.) | ||
Opvoedkundige Inrigting | Xxxxxxxx voordeel per kind | Maksimum tydperk |
Voorskool (Graad 0 of Graad R) | R38 000 per jaar | 1 jaar |
Laerskool (Graad 1 – 7) | R75 000 per jaar | 7 jaar |
Hoërskool (Graad 8 – 12) | R85 000 per jaar | 5 jaar |
Tersiêre onderrig | Plaaslik: R55 000 Internasionaal: $60 000 per jaar | Die duur van ’n eerste graad of ambags-diploma of ’n soortgelyke kwalifikasie deur ’n opvoedkundige inrigting toegestaan. |
Alle Suid-Afrikaanse skole en universiteite is ingesluit in die voordeel sowel as universiteite van tegnologie (technikons) en geregistreerde instansies wat ’n ambagskwalifikasie aanbied (xxxx loodgieter en elektrisiën). Sekere buitelandse universiteite is ook ingesluit.
Neem asseblief kennis:
• Geen voordeel xxx uitbetaal word indien die kind xx xxxxxx rede ook al nie ’n opvoedkundige inrigting bywoon nie. Tuisonderrig is spesifiek uitgesluit van die voordeelbetaling.
• Geen voordeel is betaalbaar indien die lid ongeskik raak nie.
• Geen voordeel xxx betaalbaar wees by die dood van die xxxx nie. Indien albei ouers lede is van verskillende groepskemas wat by Sanlam verseker word en albei sterf gelyktydig, xxx xxxx bykomende betalings meer as die werklike koste van die kind se onderrig gemaak word nie.
• Voordele kan net geëis word nadat die doodseis deur Sanlam goedgekeur is.
2. Tydperk van onderrig
Die tydperk van onderrig is beperk tot die vroegste van die verkryging van die eerste graad/ambagsdiploma of sertifikaat of aan die einde van die jaar waarin die kind 23 word.
Die jare van onderrig moet aaneenlopend sonder onderbreking wees andersins xxx die voordeel staak. Indien ’n kind ’n jaar van onderrig druip, xxx xxxx voordeel betaal word om daardie jaar te herhaal nie.
3. Kwalifisering
Slegs kwalifiserende xxxxxxx xxx voordeelbetalings onder hierdie byvoordeel ontvang (geen maksimum getal kinders nie). ’n Kwalifiserende kind word xxxx volg omskryf:
• ’n biologiese (ingesluit ongebore) kind gebore na die aanvang van die versekerde se dekking, of
• ’n xxxxxx aangenome kind van die versekerde is. Die datum van aanneming of aansoek om aanneming moet voor die datum van die versekerde se afsterwe wees, of
• ’n stiefkind (bekragtig deur ’n wettige huwelik van die versekerde), of
met dien verstande dat ’n kwalifiserende kind wat 18 jaar en ouer, maar nog nie 24 jaar is nie en by die versekerde se afsterwe alreeds ingeskryf en aanvaar is as student by die toepaslike opvoedkundige instansie.
c:\users\elmien\documents\omsendbriewe\2018\bylae e tot om-pensioen-1 van 2018.doc