BEPALINGS EN VOORWAARDES
BEPALINGS EN VOORWAARDES
1. Xxxxxx asseblief na die Xxx-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se Beleid vir die bestuur van toelating en registrasie van leerders by gewone openbare skole en die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, 1996 (Wet 27 of 1996), aangesien hierdie regulasies tersaaklik is.
2. Die betekenis van “ouer” of “voog” is duidelik omskryf in die Suid-Afrikaanse Skolewet (SASW), 1996 (Wet 84, 1996).
3. Enige vals of verkeerde inligting wat tydens hierdie aansoekproses ingedien word, mag daartoe lei dat die betrokke skool se beheerliggaam of die WKOD u aanlyn aansoek mag verwerp en/of diskwalifiseer.
4. Die WKOD kan nie plasings by skole van u keuse waarborg nie.
5. Skole bepaal hul eie toelatingsbeleid en ouers moet die skool se toelatingsbeleid bestudeer voordat hulle by die skool aansoek doen.
6. Die aanlyn aansoek is onderhewig aan die skool se uitoefening en toepassing van hul toelatingsbeleid.
7. Die skool maak die finale besluit oor of die aansoek suksesvol is al xxx xxx. Die WKOD is nie betrokke by hierdie besluitnemingsproses nie.
8. LET WEL: Aansoeke op hierdie xxxxxxx is hoofsaaklik vir die plasing van graad 1- en graad 8-leerders, asook vir gevalle waar die leerder die hoogste graad bereik het.
9. Alle aansoeke vir ander grade xxx as oorplasings tussen skole beskou word. Oorplasings xxx slegs oorweeg word indien die leerder verhuis het.
10. Aansoeke sluit op 14 April 2023. Sodra u aan die einde op “SUBMIT” klik, xxx x xxx die leerder se besonderhede of die skole wat u gekies het, kan verander nie. U xxx xxxx om op “SAVE” en daarna “RETURN” te klik om terug xx xxxx na die aansoek, maar u moet die aansoek voor 14 April 2023 indien deur op “SUBMIT” te klik.
11. Die WKOD aanvaar geen aanspreeklikheid vir verkeerde inligting wat op die WKOD se toelatingstelsel ingevoer of opgelaai is nie.
12. Dokumentasie
12.1 Ouers MOET gewaarmerkte afskrifte van die vereiste stawende dokumente op die xxxxxxx laai as xxxx van die aanlyn aansoek.
12.2 Gewaarmerkte drukstukke van stawende dokumente moet slegs by die skool ingedien word wanneer ’n leerder deur die skool aanvaar is en die ouer hul finale keuse bevestig het. Dit moet gedoen word binne sewe dae nadat die ouer bevestig het dat die plasing by die skool aanvaar word.
12.3 U aansoek is ONVOLLEDIG totdat ALLE toepaslike stawende dokumente by die skool ingedien is. Die dokumente is:
12.3.1 Die laaste amptelike skoolrapport/uitslae van die leerder, indien die leerder
voorheen ’n skool bygewoon het.
12.3.2 a) Identiteitsdokument/geboortesertifikaat/paspoort van die leerder.
OF
b) ’n Studiepermit wat deur die Departement van Binnelandse Sake uitgereik is in
die geval van ’n buitelandse leerder.
OF
c) Indien ’n studiepermit nie beskikbaar is nie, sal ’n bewys van aansoek by die Departement van Binnelandse Sake of ’n beëdigde verklaring wat by die polisie afgelê word, voldoende wees.
12.3.3 Leerder se inentingskaart (Road to Health-kaart) (slegs van toepassing op laerskole).
12.3.4 Bewys van woonadres (munisipale rekening/huurooreenkoms/beëdigde verklaring wat woonadres bevestig).
12.4 In gevalle waar ouers/voogde nie oor die vereiste dokumente beskik nie, kan hulle met die plaaslike distrikskantoor in verbinding tree, wat xxxxx xxx adviseer oor wat hulle te doen staan.
13. Let wel
13.1 U MOET ’n afskrif van hierdie aanlyn aansoek uitdruk en vir u eie rekords bewaar.
13.2 Die toelatingsbeleid van skole is op die toelatingswebwerf beskikbaar.
13.3 U moet die toelatingsbeleid van die skool/skole waarvoor u aansoek doen, nagaan VOORDAT u die aansoek indien.
13.4 Skole mag geen bykomende inligting aanvra wat nie in ooreenstemming met die SASW is nie.
13.5 Skole mag NIE van ouers verwag om die skool xx xxxxxxx of drukstukke van dokumentasie of enige ander aanlyn xxxxxxx xx gebruik om aansoeke in te voer of te verwerk nie.
13.6 Xxxxx xxx op die WKOD se toelatingstelsel aandui of daar enige uitstaande dokumente is wat hulle nodig het om die aansoek te verwerk.
13.7 Wanneer hierdie aanlyn aansoek by ’n skool ingedien word, waarborg dit nie ’n
plek by die gekose skool/skole nie.
13.8 Alle kommunikasie xxx aan die persoon wie se besonderhede as die primêre ouer/voog ingevoer is, xxxxx word.
13.9 Kontak asseblief u naaste distrikskantoor vir hulp in die geval van ’n geskil.
14. Aanvaarding van plasing
14.1 Ouers moet die aanvaarding van plasings by skole tussen 29 Mei en 19 Junie 2023 bevestig.
14.2 Die prioriteitsvolgorde van die aansoeke is uiters belangrik.
14.3 In die geval waar die leerder by meer as een skool aanvaar word en u, as die ouer/voog, nie teen 19 Junie 2023 u finale besluit aangedui en bevestig het nie, sal die eerste skool waar die aansoek suksesvol was, xxxx xxxx u volgorde bepaal, outomaties geaktiveer word. Alle ander suksesvolle aansoeke xxx verwyder word om te voorkom dat leerders plekke by skole van ander leerders weerhou.
14.4 Ná 19 Junie 2023 het ouers/voogde slegs drie dae om ’n plek te aanvaar indien dit vir hulle by ’n skool aangebied word.
14.5 In gevalle waar alle aansoeke onsuksesvol was, en die leerder/s nie by enige skool waar hulle aansoek gedoen het, aanvaar is nie, kan ouers/voogde met die WKOD in verbinding tree om hulle te help om ’n beskikbare plek xx xxxx.