Contract
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN DIE AFSLAERSFIRMA EN DIE NGUNI BEESTELERSGENOOTSKAP TEN OPSIGTE VAN DIE AANBIEDING VAN ‘n NGUNI VEILING ONDER DIE BESKERMING VAN DIE NGUNI BEESTELERSGENOOTSKAP
Ek, wat die afslaersfirma verteenwoording, is deur ons kliënt versoek om ‘n veiling onder die beskerming van die Nguni Beestelersgenootskap aan xx xxxx te
op 20 .
Naam van die veiling
Ek, of die afslaer, onderneem om:
1. Op te tree in die beste belang van my kliënt sowel as die Nguni Beestelersgenootskap.
2. Ons te onderwerp aan die Nguni Beestelersgenootskap se reëls (Skedule G2) rakende ‘n veiling onder die Nguni Beestelersgenootskap se beskerming, waarvan ek ‘n afskrif ontvang en gelees het.
3. Te verseker dat alle diere korrek genommer is per lotnommer xxxx aangedui in die katalogus.
4. Die volgende net voor die aanvang van die veiling af xx xxxxxx:
Die verkoop van geregistreerde beeste word aangebied onder die beskerming van die Nguni Beestelersgenootskap, wat beteken dat:
a. Die stamboom- en produksiedata van alle diere wat in die katalogus verskyn, is deur die verteenwoordiger van die Nguni Beestelersgenootskap geverifieer.
b. Alle geregistreerde diere wat te koop is, het in aanmerking gekom vir die keuringsproses en is deur die inspekteurs van die Nguni Beestelersgenootskap goedgekeur as ware tipe en funksioneel doeltreffend.
x. Xxxxxx aan watter diere per lotnommer nie die veilingskeuring deur die inspekteurs geslaag het nie en die redes waarom die diere nie geslaag het nie.
d. Die diere wat nie die veilingskeuring geslaag het nie, mag nie onder die beskerming van die Nguni Beestelersgenootskap verkoop word nie.
5. Diere wat tydens die keuringsproses afgekeur is, mag onder die volgende voorwaardes verkoop word, behalwe bulle:
a. Nadat al die geregistreerde en goedgekeurde diere verkoop is.
b. Na ‘n aankondiging dat die verkoop van diere onder beskerming van die Nguni Beestelersgenootskap afgehandel is.
c. Na ‘n aankondiging dat diere wat tydens die keuringsproses afgekeur is, as kommersiële diere verkoop gaan word.
d. Nuwe lotnommers moet toegeken word aan die diere wat afgekeur is met die veilingskeuring, sodat daar geen verwarring bestaan oor die status van hierdie diere wat verkoop gaan word nie. Daar mag nie na die oorspronklike lotnommer van die xxxx xxxxxx word nie.
e. Op die veiling moet ‘n aankondiging gemaak word dat die xxxx wat verkoop word nie meer geregistreer is nie, omrede
die xxxx nie die veilingskeuring deur die inspekteurs geslaag het nie. Dit geld vir elke afgekeurde xxxx op die veiling.
f. Die verandering van die lotnommer en status van die xxxx moet duidelik op die veilingsrol aangedui word.
g. As die veiling geregistreerde en kommersiële diere insluit, is die bogenoemde reëls steeds van toepassing.
h. Bogenoemde reëls is in xxxxxxx gestel om te verseker dat die koper bewus is van wat xx xxxx.
6. Die uitslae (veilingsrol en veilingsopsomming) moet binne 7 dae na die veiling na die Nguni Beestelersgenootskap gestuur word.
7. Kommissie van 1% van die omset van die geregistreerde diere op die veiling moet aan die Nguni Beestelersgenootskap oorbetaal word binne 14 dae na die veilingsdatum.
8. Ek dra hierdie onderneming aan my plaasvervanger oor indien ek xx xxxxx rede ook al nie self die veiling xxx xxx waarneem nie.
Geteken te op hierdie dag van 20 .
HANDTEKENING