MOTORHANDELAARS
AFDELING
MOTORHANDELAARS
Omskrywings - Die volgende omskrywings is van toepassing op die woorde of terme wat hieronder. gelys word waar dit ook al in hierdie afdeling verskyn tensy spesifiek anders aangedui.
1. "Die voertuig" - beteken
1.1 enige motorvoertuig of sleepwa wat deur die versekerde besit of gehuur of gebruikhuur word (behalwe enige voertuig wat die eiendom van die versekerde is en ingevolge 'n huurkoop- of soortgelyke ooreenkoms deur die versekerde gehuur of verkoop word tensy sodanige voertuig ten tyde van die plaasvind van die gebeurtenis waaruit enige eis ontstaan in die bewaring of onder die beheer van die versekerde is)
1.2 enige motorvoertuig of sleepwa in die bewaring of onder die beheer van die versekerde behalwe 'n motorvoertuig of sleepwa wat in 1.1 beskryf word - hierna xxxxxx xx voertuie genoem
1.3 enige voertuig (meganies of anders aangedryf) gekoppel aan 'n voertuig wat ingevolge 1. 1 gedek word, met die doel om gesleep of geberg te word.
2. "Gebiedsgrense" - beteken:
Republiek van Suid-Afrika. Namibië, Botswana, Lesotho, Malawi, Swaziland en Zimbabwe.
3. "Skadevergoeding" - sluit koste en uitgawe in:
3.1 wat regtens deur 'n xxxxx van die versekerde verhaalbaar is
3.2 wat met die toestemming van die versekeraar aangegaan word.
4. "Besering" - beteken liggaamlike besering insluitende dood en siekte.
5. "Werknemer" - beteken enige persoon in diens van die versekerde of wat in die loop van die besigheid optree.
6. "Skade" - beteken fisiese skade insluitende fisiese verlies.
7. "Eiendom" - beteken tasbare eiendom.
8. "Perseel" - beteken die perseel van die versekerde in die bylae getoon.
Onderafdeling A Skade aan die voertuig
(behalwe xxxxxx xx voertuie op die perseel)
1. Omskrewe gebeurtenis
Skade aan die voertuig of enige xxxx daarvan terwyl daaraan.
2. Skadeloosstellingsperke
Xxxxx xxxxxx vermeld xxx die maksimum bedrag betaalbaar deur die versekeraar vir die voertuig die skadeloosstellingsperk wees wat in die bylae vermeld word of die redelike markwaarde van die voertuig ten tyde van verlies of skade, wat ook al die laagste is.
3. Beskerming en herstel van voertuig
3.1 Indien versekerde skade plaasvind xxx die versekeraar die redelike koste van beskerming en verwydering na die naaste hersteller betaal insluitende die redelike koste van aflewering by die versekerde na herstel van sodanige skade maar nie meer as die redelike koste van vervoer na die versekerde se perseel binne die gebiedsgrense nie.
3.2 Die versekerde mag herstelwerk tot R1 000 sonder die toestemming van die versekeraar magtig, met dien verstande dat 'n gedetailleerde kwotasie eers verkry en aan die versekeraar gestuur word.
4. Spesifieke uitsonderings
Die versekeraar xxx xxx ingevolge hierdie onderafdeling aanspreeklik wees nie vir:
4.1 gevolglike verlies;
4.2 waardevermindering, slytasie, meganiese of elektriese onklaarraking, weiering of brekasie;
4.3 skade aan buitebande tensy 'n xxxxx xxxx van die voertuig terselfdertyd beskadig word;
4.4 skade aan xxxx xxxxx ongelykhede in die pad of ander oppervlak of weens botsing met sodanige ongelykhede;
4.5 verlies of skade aan toebehore of onderdele weens diefstal tensy die voertuig terselfdertyd gesteel word;
4.6 defektiewe vakmanskap of die gevolge daarvan aan voertuie terwyl in of op die perseel;
4.7 verlies of skade aan xxxxxx xx voertuie terwyl in of op die perseel;
4.8 skade aan die voertuie in Definisie 1.1 en 1.3 omskryf terwyl in of op die perseel indien die verlies of skade regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur of voortspruit uit brand, ontploffing, weerlig, diefstal of enige poging daartoe, weerstoestande, aardbewing of aardtrilling of vulkaniese uitbarsting;
4.9 aanhouding, konfiskasie, nasionalisering of rekwisisie deur doeane- of ander beamptes of owerhede.
Onderafdeling B Aanspreeklikheid teenoor derde partye deur die voertuig veroorsaak
1. Omskrewe gebeurtenis
'n Ongeval veroorsaak deur of in verband met die voertuig insluitende die laai of aflaai van sodanige voertuig.
2. Skadeloosstelling teenoor die versekerde
Die versekeraar xxx die versekerde skadeloos stel teen alle bedrae waarvoor die versekerde regtens aanspreeklik gehou word om as skadevergoeding te betaal ten opsigte van
2.1 besering aan enige persoon xxxxxxx 'n werknemer,
2.2 skade aan eiendom voortspruitend uit die ongeval.
3. Verteenwoordiging en strafregtelike verrigtinge
Die versekeraar kan reël vir
3.1 verteenwoordiging by enige doodsondersoek;
3.2 die verdediging van strafregtelike verrigtinge vir enige optrede wat 'n gebeurtenis veroorsaak of daarmee verband hou wat ingevolge hierdie afdeling skadeloosstelbaar is.
4. Skadeloosstelling teenoor andere
Die versekeraar xxx enige xxxxxxx wat die voertuig met die versekerde se toestemming bestuur of gebruik, skadeloos stel, met dien verstande dat die persoon
4.1 nie ingevolge enige xxxxx xxxxx op skadevergoeding geregtig is nie behalwe ten opsigte van enige bedrag wat ingevolge daarvan nie verhaalbaar is nie;
4.2 asof hy die versekerde was, aan die bepalings, uitsonderings en voorwaardes van die polis onderworpe is vir sover dit van toepassing kan wees;
4.3 nie enige motorvoertuigversekering geweier is nie.
5. Skadeloosstellingsperke
Xxxxx xxxxxx vermeld, is die totale aanspreeklikheid van die versekeraar ingevolge hierdie onderafdeling beperk tot die skadeloosstellingsperk wat in die bylae getoon word. Indien meer as een persoon op skadeloosstelling geregtig is, is enige beperking van toepassing op die totale skadeloosstellingsbedrag en die versekerde xxx voorkeur geniet.
6. Spesifieke uitsonderings
Die versekeraar is nie ingevolge hierdie onderafdeling aanspreeklik nie vir
6.1 soveel van enige vergoeding as wat ingevolge enige verpligte motorvoertuigversekeringswetgewing versekerbaar is;
6.2 besering aan enige persoon wat vervoer word in of op of wat in of op enige motorfiets, bromponie, syspan of sleepwa klim of daaruit klim of daarvan afklim;
6.3 besering aan enige persoon wat ' n lid van dieselfde huishouding as die versekerde is;
6.4 skade aan eiendom wat behoort aan, in trust gehou word deur of in die bewaring of onder die beheer van die versekerde is of vervoer word deur die voertuig, daarop gelaai of daarvan afgelaai word;
6.5 besering of skade veroorsaak deur of voortspruitend uit die bedryf, demonstrasie of gebruik vir ander doeleindes as instandhouding of herstel van die voertuig (tensy dit 'n vurkhyswa is) van enige gereedskap of toerusting wat xxxx uitmaak van of vas is aan of gebruik word in verband met die voertuig of enigiets wat vervaardig word deur of vervat word in enige sodanige gereedskap of toerusting.
Onderafdeling C Aanspreeklikheid vir skade aan xxxxxx xx voertuie op die perseel
1. Omskrewe gebeurtenis
Toevallige skade aan xxxxxx xx voertuie of enige xxxx daarvan wat in, op of om die perseel plaasvind.
2. Skadeloosstelling teenoor die versekerde
Die versekeraar xxx die versekerde skadeloos stel teen alle bedrae waarvoor die versekerde regtens aanspreeklik gehou word om te betaal vir skadevergoeding as gevolg van skade aan die klant se voertuig.
3. Skadeloosstelling teenoor andere
Op versoek van die versekerde xxx die versekeraar enige ander party skadeloos stel teen aanspreeklikheid waarvoor die versekerde ingevolge hierdie onderafdeling aanspreeklik sou gewees het en op skadeloosstelling geregtig sou gewees het indien die eis teen die versekerde ingestel was. Behalwe in die
geval van 'n werknemer xxx die versekeraar nie vir besering of skade veroorsaak deur die optrede of versuim van die ander party betaal nie.
Indien meer as een persoon op skadeloosstelling geregtig is, is die skadeloosstellingsperk van toepassing op die totale skadeloosstellingsperk en die versekerde xxx voorkeur geniet.
4. Skadeloosstellingsperk
Die maksimum bedrag betaalbaar deur die versekeraar ten opsigte van enige enkele voertuig xxx xxx die skadeloosstellingsperk wat in die bylae vermeld word, oorskry nie.
5. Spesifieke uitsonderings
Die versekeraar xxx xxx ingevolge hierdie onderafdeling betaal nie vir skade aan enige voertuig regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur of voortspruitend uit
5.1 brand, ontploffing, weerlig, diefstal, weerstoestande, aardbewing of aardtrilling;
5.2 defektiewe vakmanskap of enige gevolg daarvan.
Spesifieke algemene uitsonderings
1. Dié wat net op Onderafdelings A en B van toepassing is
Die versekeraar xxx xxx ingevolge hierdie onderafdelings betaal nie vir enige ongeval, besering, skade of aanspreeklikheid veroorsaak terwyl enige voertuig bestuur of gebruik word
1.1 op 'n xxxxx xxxx as in ooreenstemming met die Beskrywing van Xxxxxxx;
1.2 deur die versekerde (of deur enige xxxxx xxxxxxx met sy toestemming) tensy gelisensieer om sodanige voertuig te bestuur kragtens wetgewing van toepassing in enige-gebied binne die gebiedsgrense. Indien 'n lisensie aan hernuwing onderworpe is, xxxx die bestuurder in besit gewees het en nie gediskwalifiseer gewees het om sodanige lisensie xx xxx of te verkry nie. Hierdie uitsondering is nie van toepassing nie terwyl sodanige voertuig bestuur word deur die versekerde (of enige xxxxx xxxxxxx in diens van die versekerde met sy toestemming) terwyl hy leer om te bestuur indien die wette en regulasies met betrekking tot leerlingbestuurders nagekom word;
1.3 deur die versekerde, 'n lid of direkteur van die versekerde terwyl xx xxxxx die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is;
1.4 met die toestemming van die versekerde, deur 'n persoon wat die versekerde weet onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is;
1.5 vir enige ongemagtigde xxxx xxxx enige werknemer van die versekerde of deur enige xxxxx xxxxxxx met wie die werknemer saamwerk.
2. Dié van toepassing op Onderafdelings A, B en C
2.1 Die versekeraar xxx xxx ingevolge hierdie onderafdelings betaal nie vir ongeval, besering, skade of aanspreeklikheid wat buite die gebiedsgrense plaasvind.
2.2 Indien die versekerde 'n privaat individu, 'n vennootskap, 'n "privaat" -maatskappy of beslote korporasie is, xxx die versekeraar nie ingevolge hierdie onderafdelings betaal nie vir ongeval, besering, skade of aanspreeklikheid veroorsaak aan of deur enige voertuig wat deur die versekerde of lid van die versekerde of enige direkteur van die versekerde in hulle privaat hoedanigheid besit, gehuur of gebruikhuur word.
2.3 Die versekeraar xxx xxx ingevolge hierdie onderafdelings betaal nie vir ongeval, besering, skade of aanspreeklikheid voortspruitend uit kontraktuele aanspreeklikheid tensy die versekerde sodanig aanspreeklik sou gewees het ongeag sodanige kontraktuele aanspreeklikheid.
Beskrywing van Gebruik-klousule - van toepassing op Onderafdelings A en B
1. Die voertuig mag net gebruik word vir
1.1 sakedoeleindes van die versekerde met uitsluiting van xxxxxxxx-aflewering of begeleiding deur of namens die versekerde deur toevallige bestuurders of persone wat nie geheel en al en gereeld in diens van die versekerde is nie;
1.2 onderrig met dien verstande dat die leerlingbestuurder vergesel word van 'n ten volle gelisensieerde bestuurder wat die versekerde of 'n lid, direkteur of werknemer van die versekerde is;
1.3 demonstrasie insluitende die bestuur van die voertuig deur die persoon aan wie dit gedemonstreer word met dien verstande dat sodanige persoon vergesel word van 'n ten volle gelisensieerde bestuurder wat die versekerde of 'n lid, direkteur of werknemer van die versekerde is;
1.4 sosiale, huishoudelike en ontspanningsdoeleindes (hetsy sodanige gebruik gepaard gaan met die besigheid van die versekerde of nie) deur enige xxxxx xxxxxxx as die versekerde, 'n lid, 'n direkteur of 'n werknemer van die versekerde.
2. Die voertuig mag nie gebruik word nie vir
2.1 verhuur of as 'n taxi of aanhou vir openbare of privaat huur;
2.2 resiesjaag, pasaangee, tydrenne, enige snelheidswedren of -proef of bestuur in 'n weddenskap;
2.3 die vervoer van reisgeldbetalende passasiers of gaste van 'n hotel, privaat hotel of losieshuis indien die versekerde die opsigter van sodanige hotel, privaat hotel of losieshuis is;
2.4 die vervoer van plofstowwe;
2.5 die vervoer van enige vrag wat diê waarvoor die voertuig gebou is, oorskry.
Bepalings ten opsigte van geeneiskorting
Indien 'n eis ingevolge hierdie afdeling nie gedurende 'n versekeringstydperk van minstens 12 maande onmiddellik voor die hernuwingsdatum ontstaan nie, sal die hernuwingspremie met 10% verminder word. Verminderings xxx xxx kumulatief wees nie. Indien die versekeraar toestem tot 'n oorplasing van belang in hierdie xxxxx, xxx die versekeringstydperk op die toestemmingsdatum 'n aanvang neem.
Uitbreidings wat op hierdie afdeling van toepassing is indien in die bylae vermeld
1. Ongemagtigde gebruik deur werknemers
Spesifieke Algemene Uitsondering 1.5 word geskrap.
2. Sosiale, huishoudelike en ontspanningsgebruik
Nieteenstaande Beskrywing van Gebruik klousule 1.4 mag die voertuie wat deur hierdie polis verseker word ook vir sosiale. huishoudelike en ontspanningsdoeleindes gebruik word deur die persone wat in die bylae gelys word.
3. Voorruit - net van toepassing op Onderafdelings A en C
Die eerste bedrag betaalbaar en die bepalings ten opsigte van geeniskorting is nie van toepassing op enige eis vir skade aan voorruit- , sy- of agterruitglas wat xxxx van die voertuig uitmaak nie, met dien verstande dat
3.1 geen ander skade terselfdertyd aan die voertuig veroorsaak is toe die glas beskadig is nie;
3.2 die versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar wat teenoor hierdie uitbreiding in die bylae getoon word.
4. Werk weg van perseel - net van toepassing op Onderafdeling C
Die omskrywing van perseel word uitgebrei om enige perseel in te sluit wat nie onder die beheer van die versekerde is nie waar die versekerde aan 'n klant se voertuig werk.
5. Gebeurlikheidsaanspreeklikheid
Die skadeloosstelling ingevolge Onderafdeling B sluit eise in wat ingestel word teen:
5.1 die versekerde in geval van 'n ongeval wat in die loop van besigheid ontstaan en veroorsaak word deur of deur middel van of in verband met enige motorvoertuig wat nie die eiendom van die versekerde is of deur die versekerde voorsien word terwyl dit deur enige vennoot of enige direkteur of werknemer van die versekerde gebruik word (hierna in hierdie uitbreiding sodanige persoon genoem);
5.2 enige sodanige persoon in die geval van 'n ongeval wat in die loop van besigheid ontstaan en veroorsaak deur of deur middel van of in verband met enige motorvoertuig wat nie aan hom of aan die versekerde behoort of deur enigeen van hulle gebruikhuur of gehuur word nie, maar net in die mate wat sodanige persoon nie enige motorversekering of die voortsetting daarvan deur enige versekeraar geweier is nie;
met dien verstande dat
5.3 die versekeraar nie aanspreeklik is nie vir verlies van of skade aan enige motorvoertuig wat gebruik word vir die doeleindes en op die wyse wat in 5.1 en 5.2 hierbo beskryf word;
5.4 die betaling deur die versekerde van subsidies of reistoelaes aan sodanige persoon vir die gebruik van sy eie voertuig vir amptelike doeleindes van die versekerde, insluitende die vervoer van persone vir sodanige doeleindes, toegelaat word sonder dat die versekering deur hierdie uitbreiding benadeel word;
5.5 indien ten tyde van die plaasvind van enige ongeval wat tot 'n eis ingevolge hierdie uitbreiding lei die versekerde of sodanige persoon geregtig is op skadeloosstelling ingevolge enige xxxxx xxxxx ten opsigte van dieselfde gebeurtenis, die versekeraar nie aanspreeklik is om enige betaling ingevolge hiervan te doen nie behalwe ten opsigte van enige oormaat bo die bedrag betaalbaar ingevolge sodanige xxxxx xxxxx;
5.6 die bepalings, uitsonderings en voorwaardes van die polis andersins geld.
6. Oproer en staking
Onderworpe andersins aan die bepalings, voorwaardes, uitsluitings, uitsonderings en waarborge wat
6.1 burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
6.2 die optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige xxxxx xxxx gehandel word met, enige gebeurtenis waarna in 6.1 hierbo xxxxxx word;
met dien verstande dat hierdie uitbreiding nie die volgende dek nie
6.3 verlies of skade wat in die Republiek van Suid-Afrika of Namibië plaasvind;
6.4 gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd;
6.5 verlies of skade voortspruitend uit algehele of gedeeltelike werkstilstand of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
6.6 verlies of skade veroorsaak deur permanente of tydelike besitontneming as gevolg van konfiskasie, kommandering of rekwisisie deur enige xxxxxx ingestelde owerheid;
6.7 verlies of skade wat betrekking het op of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna in algemene uitsondering 1(A)(ii), (iii), (iv), (v) of (vi) van hierdie polis xxxxxx word of die optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige xxxxx xxxx gehandel word met, enige sodanige gebeurtenis.
Indien die versekeraar uit hoofde van voorbehoudsbepalings 6.3 tot 6.7 beweer dat hierdie afdeling nie verlies of skade dek nie, rus die las op die versekerde om die teendeel te bewys.
7. Afstanddoening van subrogasieregte
Vir die doeleindes van hierdie afdeling, op versoek van die versekerde, xxx die versekeraar afstand doen van alle subrogasie¬of gedingvoeringsregte wat hy mag hê of mag bekom teen enige xxxxx xxxxxxx waarop die skadeloosstelling ingevolge hiervan van toepassing is en elke sodanige persoon moet die bepalings, uitsonderings en voorwaardes (sowel algemeen as spesifiek) van hierdie versekering in die mate wat dit kan geld, nakom, daaraan voldoen en daaraan onderworpe wees.
8. Prinsipale
Ondanks spesifieke algemene uitsondering 2.3 van hierdie afdeling word die skadeloosstelling ingevolge Onderafdeling B uitgebrei om (in die mate wat dit deur die voorwaardes van enige kontrak van die Bou Industrieë Faderasie van Suid-Afrika en in verband met enige aanspreeklikheid voortspruitend uit die uitvoer van sodanige kontrak vereis word) enige prinsipaal wat by name genoem word in sodanige kontrak wat deur die versekerde vir die doeleiendes van die besigheid aangegaan word, met dien verstande dat die aanspreeklikheid van die versekeraar nie die skadeloosstellingsperk wat in die bylae vermeld word, xxx oorskry nie.
9. Kruisaanspreeklikhede
Waar meer as een versekerde in die bylae by name genoem word, xxx die versekeraar elke versekerde afsonderlik, en nie gesamentlik nie, skadeloos stel en enige aanspreeklikheid wat tussen sodanige versekerdes ontstaan, word behandel asof afsonderlike polisse aan elk uitgereik was, met dien verstande dat die totale aanspreeklikheid van die versekeraar nie die skadeloosstellingsperk wat in die bylae vermeld word, xxx oorskry nie.
Dekkingsbeperkings wat op hierdie afdeling van toepassing is indien in die bylae aangedui
1. Net derde party
Onderafdelings A en C en die bepalings ten opsigte van geeneiskorting word gekanselleer.
2. Derde party, brand en diefstal - van toepassing op Onderafdeling A
Die bepalings ten opsigte van geeneiskorting word gekanselleer en die versekeraar xxx, onderworpe aan Spesifieke Uitsondering 4.8, ingevolge Onderafdeling A net aanspreeklik wees indien die skade aan die voertuig weens brand, selfontbranding, weerlig of ontploffmg of weens diefstal of enige poging daartoe ontstaan.
3. Net eksterne risiko's
3.1 Onderafdeling C word gekanselleer.
3.2 Die versekeraar xxx xxx ingevolge Onderafdelings A en B betaal nie vir skade of ongevalle wat in, op of om die perseel plaasvind.
4. Net interne risiko's
4.1 Onderafdeling A word gekanselleer.
4.2 Die versekeraar xxx net ingevolge Onderafdeling B betaal vir ongevalle wat in, op of om die perseel plaasvind.
5. Uitsluiting van demonstrasierisiko's
Beskrywing van Gebruik klousule 1.3 word geskrap.
6. Skrapping van passasiersdekking
Die versekeraar is nie ingevolge Onderafdeling B aanspreeklik nie vir besering aan enige persoon wat vervoer word in of op of wat opklim op of inklim in of uitklim uit die voertuig.
Memorandum
Ten opsigte van Onderafdeling B word net Algemene Uitsondering 1 geskrap en deur die volgende vervang:
"Hierdie onderafdeling dek nie oorlog, inval, daad van 'n vreemde vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is al xxx xxx). burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geusurpeerde gesag nie.
Spesifieke voorwaardes
1. Verkeersoortredings
(Van toepassing op die bestuur van voertuie behalwe diê in, op of om die perseel) Die versekerde moet die versekeraar onmiddellik skriftelik in xxxxxx xxxx indien hy daarvan bewus word dat:
1.1 sy of sy gemagtigde bestuurder se rybewys geëndosseer, opgeskort of gekanselleer word;
1.2 enige bestuurder van die voertuig aangekla word van of skuldig bevind word aan roekelose, nalatige of onbedagsame bestuur.
2. Berekening van premie
Die premie is bereken op ramings van lone, salarisse, kommissie en ander vergoeding wat deur die versekerde aan alle werknemers betaalbaar is en wat die versekerde aan die versekeraar verskaf het.
Waar die versekerde 'n individu of 'n vennootskap is, moet die bedrag wat in die bylae aangedui word, by die verklaring vir elke prinsipaal in die plek van salaris gevoeg word.