Contract
5 November 2019 Geagte Ouers
Na die Algemene Jaarvergadering op 4 November 2019 is die skoolfonds vir 2020 vasgestel op R21,650.00. Ons vra dat u die Betalingsopsie skedule xxx voltooi en terugstuur voor of op 15 November 2019.
AFBETALINGS OOREENKOMS - BETALINGSOPSIE SKEDULE 2020
1. VASSTELLING VAN SKOOLGELDE
1.1 Die verpligte skoolgelde vir die jaar 2020 is vasgestel en goedgekeur ingevolge artikels 40 en 41 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (xxxx gewysig) tydens die Algemene Jaarvergadering gehou op 30 Oktober 2019 te Laerskool Fontainebleau, h/v Rabie- en Charliestraat, Fontainebleau.
1.2 Die vasgestelde verpligte skoolgelde vir die jaar 2020 beloop R21,650.00 (een en twintig duisend ses honderd en vyftig rand alleenlik) per kind per jaar. Skoolgelde is vooruitbetaalbaar met ander woorde: U betaal 1 Februarie vir die maand van Februarie. Skoolgelde is in die eerste week van die betrokke maand betaalbaar.
1.3 Ingevolge klousule 5 van die Xxxxxxxxxx is die skoolgelde betaalbaar op een van twee moontlike betalingsopsies en is die Ouer verplig om sy/haar keuse van betalingsopsie hieronder aan te dui.
1.4 Ongeag xxxxx betalingsopsie gekies word is die eerste paaiement ten opsigte van die skoolgelde betaalbaar voor of op 30 November 2019. Ons gebruik die eerste paaiement vir die aankoop van voorraad en algemene voorbereiding vir 2020.
1.5 Die balans van die skoolgelde is betaalbaar ooreenkomstig die relevante betalingsopsie xxxx hieronder uiteengesit. Die volle skoolgelde moet voor of op 31 Oktober 2020 vereffen word xxxxx xxxxxx in skrif met die Beheerliggaam ooreengekom.
LW: Die skoolfonds sluit die volgende in:
Akademie: Die volgende aspekte is ingesluit by die skoolfonds: Opvoedkundige praatjies; Opvoedkundige uitstappies Gr 1 – 5 + 7; Graad 6 Opvoedkundige toer; Graad 7 afsluiting asook alle handboeke en skrifte en kunsvoorraad.
Sport en Kultuur: Die skoolfonds sluit deelname aan al die sport- en kultuuraktiwiteite wat die skool aanbied in. Alle sport- of kultuurtoere is nie by die skoolfonds ingesluit nie.
2. NAKOMING VAN WETLIKE BEPALINGS
Die Ouer/Voog stem toe en magtig die Skool om:
Enige kredietverskaffer (of potensiële kredietverskaffer) of geregistreerde kredietburo xx xxxxxx of xxx xxxxx enige informasie aan te vra of te verkry, met die bedoeling om die gedrag, profiel, betalingspatrone, verskuldigings, kredietwaardigheid of waar die Ouer/Voog tans woon, vas te stel of te bevestig; en
Die Ouer/Voog erken dat die Skool sy Persoonlike Inligting insamel, gebruik en verwerk vir die volgende doeleindes:
• vir gebruik tydens die Aansoekproses en die sluit van hierdie ooreenkoms;
• om hulle verpligtinge in terme van hierdie ooreenkoms na te kom;
• vir die voortsetting van hulle wettige belange;
• vir die algemene administrasie van die verhouding tussen die Partye.