Contract
2023 - 2024
▇▇▇▇-
▇▇▇▇
oesreëlings
vir die LIEFDE van die LAND | ▇▇▇.▇▇▇.▇▇.▇▇
Die standaard graanhanterings- en opbergingsvoorwaardes is van toepassing op alle lewerings en opberging ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ in VKB-silo’s en bunkers en is by alle silo’s, VKB Hoofkantoor en op VKB se webwerf beskikbaar. Maak asseblief seker u dra kennis van die inhoud daarvan aangesien dit die ooreenkoms tussen u en VKB daarstel.
SONNEBLOM-, SOJABOONTARIEWE
Die tariewe vir die 2023/2024-oesjaar is ▇▇▇▇ volg: Seisoentarief is voorafbetaalbaar. Die plafon- stoortarief en seisoentarief is slegs van toepassing op die eerste jaar van lewering en nie op oor- dragvoorraad nie. VKB behou die reg voor om hierdie tariewe tussen silo’s te differensieer en/of dit gedurende die seisoen te wysig.
TABEL 1: HANTERING- EN OPBERGINGSTARIEWE
Produk | Sonneblom | Sojabone |
Hantering (Rand/ton) | 111 | 66 |
Dagstoor (Rand/ton/dag) | 2 | 1,05 |
Plafontarief (Rand/ton) | 280 | 151,20 |
Seisoentarief (Rand/ton) | 263 | 142 |
TABEL 2: DROOGTARIEWE (R/TON)
Vog % | Sonneblom | Sojabone |
10,1 – 11,0 | 48 | NVT |
11,1 – 12,0 | 88 | NVT |
12,1 – 13,0 | 115 | NVT |
13,1 – 14,0 | 195 | 41 |
14,1 – 15,0 | NVT | 51 |
TABEL 3: SIFTARIEWE VIR SKADELIKE SADE EN VREEMDE MATERIAAL
Sifaksie | Sonneblom | Sojabone |
Vreemde materiaal (R/ton) | 104 | 72 |
Skadelike sade vanaf Saad 1 oor toleransie (R/ton) | 120 | 60 |
Koste per pit oor toleransie (R) | 1 | 1 |
Maksimum koste (R/ton) | 245 | 185 |
Indien vragte skoongemaak moet word, ▇▇▇ die produsent, waar die silofasiliteite en bedryfsreëlings dit toelaat, die keuse hê om die sifsels terug te neem. Die sifsels moet teen sluitingstyd van die leweringsdag vanaf die perseel verwyder. Indien nie, sal die sifsels verbeur word (kontak u Silobestuurder in die verband).
VKB GRAAN OESREËLINGS 02
vir die LIEFDE van die LAND | ▇▇▇.▇▇▇.▇▇.▇▇
STANDAARD BEDRYFSREËLINGS
Alle graanbergingsfasiliteite beskik oor moderne graderingstoerusting wat deurgaans gebruik ▇▇▇ word. Alle graderingsregulasies ▇▇▇ konsekwent by alle bedryfspunte toegepas word.
Graderingsapparate is so pas versien en gekalibreer, en sertifikate is dienooreenkomstig uitgereik
deur die diensverskaffer.
HANTERING VAN ▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Die hantering van ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ en oliesade gaan gepaard met ’n groot risiko, derhalwe ▇▇▇ VKB slegs tot by die volgende maksimum vogpersentasies inneem:
Sojabone | Maksimum vog: | 15% | Basisvog: | 12% |
Sonneblom | Maksimum vog: | 14% | Basisvog: | 9% |
Lewering van ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ is onderhewig aan beskikbare spasie.
AFTREKKING VIR HANTERINGSVERLIES
VKB doen ’n standaard aftrekking by mielies, sonneblom, sojabone en sorghum vir fisiese
hanteringsverliese wat tydens die hantering en opberging van die produk kan voorkom:
Sojabone en sonneblom 0,5%
ONTVANGSTYE
VKB is verbind tot dienslewering en ▇▇▇ ▇▇▇▇ om u sover moontlik by te staan in die suksesvolle insameling van u oes. Ontvangstye ▇▇▇ volgens leweringsaanbod bepaal word en deur die Silobestuurder met die produsente ooreengekom word. Skakel ▇▇▇▇▇ met u Silobestuurder
of mnr. ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ (Bestuurder: Graandienste)(058 863 8225 / 082 874 0188) om leweringsbehoeftes aan te dui en/of voorstelle ▇▇ ▇▇▇▇.
LEWERINGSOPDRAG
Buiten dat die voltooiing van ’n leweringsopdrag ’n wetlike vereiste is, het dit ook ten doel om sluikhandel/diefstal van graan te beperk en stel dit VKB-graandienste in staat om die produsent ▇▇ ▇▇▇▇▇ volgens opdrag en kontrakverpligtinge te administreer. Géén vrag ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ hierdie getekende opdrag ontvang kan word nie.
DISPUTE
Indien u ’n dispuut wil aanmeld ten opsigte van die gradering van u produk, moet u dit doen terwyl die vrag nog binne die siloterrein is. Meld u dispuut aan by die Silobestuurder en indien die dispuut nie besleg kan word nie, skakel onverwyld vir mnr. ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇, wat die vrag ▇▇▇▇ ▇▇▇ laat evalueer.
VKB GRAAN OESREËLINGS 03
GRAAN- BEMARKING
TABEL 4: KONTAKBESONDERHEDE
VRYSTAAT
Graanverkryger | Kontaknommer |
Giepie Craffert | 058 863 8376 082 450 6795 |
▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ | 058 863 8380 071 688 1900 |
Frik Meintjes | 058 863 8507 082 587 5663 |
▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ | 087 358 8280 082 464 2252 |
Graanverkryger | Kontaknommer |
▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ | 058 863 8843 060 966 1332 |
▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ | 058 863 8844 072 507 3119 |
▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ | 058 863 8182 072 915 5862 |
▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ | 058 863 8844 082 894 1003 |
LIMPOPO
Graanverkryger | Kontaknommer |
▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ | 014 719 9082 083 272 8803 |
Indien u verkies om met ’n spesifieke bemarker ▇▇ ▇▇▇▇▇▇, is u welkom om dit te doen. U is ook welkom om ’n afspraak met die graanbemarkers ▇▇ ▇▇▇▇ vir ’n persoonlike konsultasie en bemarkingsbeplanning. Ons stel dit ten doel om die beste diens ▇▇ ▇▇▇▇▇ en ’n mededingende prys vir die spesifieke tydstip daar te stel. VKB beskik oor ’n aantal bemarkingsprodukte wat u in ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ stel ▇▇ ▇ ▇▇▇▇▇ teen die risiko van markskommelings en negatiewe prysbewegings te verskans.
Limpopo
Mookgophong
Roedtan
▇▇▇▇-▇▇▇▇
MODIMOLLE
Nutfield
Settlers
Lehau
▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇
Villiers
Frankfort Tweeling
Petrus Steyn
▇▇▇▇▇▇▇▇▇ Ascent
▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Memel
04 REITZ Warden
VKB ▇▇▇▇▇ OESREËLINGS
Vrystaat
Daniëlsrus
Wilgespruit
STATUTÊRE HEFFING – SACTA
Die statutêre heffing wat deur die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye met ingang van 1 Maart 2023 op sojabone ingestel is, met ten doel om telers van sojabone te ondersteun, is geldig tot 29 Februarie 2024. Besonderhede van die voorgestelde heffing en tariewe word hieronder uiteengesit.
OMSTANDIGHEDE WAARONDER DIE VOORGESTELDE HEFFING BETAALBAAR ▇▇▇ ▇▇▇▇
’n Heffing word hierby opgelê op alle sojabone:
(a) wat deur of namens die produsent daarvan verkoop word;
(b) wat verwerk of omskep word of laat verwerk of omskep word in ʼn sojaboonproduk, indien
die sojaboonproduk bestem is om van die hand gesit te word;
(c) ten opsigte waarvan ʼn silo-ontvangsbewys uitgereik word, indien die heffing ten opsigte
van sodanige sojabone nog nie ingevolge paragraaf (a) of (b) betaal is nie; en
(d) wat uitgevoer word uit die Republiek van Suid-Afrika, indien die heffing ten opsigte van
sodanige sojabone nog nie ingevolge paragraaf (a), (b) of (c) betaal is nie.
Nota: Let asseblief daarop dat die voorgestelde heffing, onder alle omstandighede ▇▇▇▇ hierbo genoem, betaalbaar is en van toepassing is op sodanige handelinge met alle sojabone, ongeag die graad daarvan of die doel waarvoor dit aangewend word. Die ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ van toepassing wees op sojabone wat in die Republiek van Suid-Afrika geproduseer is.
HEFFINGSBEDRAG
Die heffingsbedrag is R66,00 (BTW uitgesluit) per metrieke ton vir die tydperk 1 Maart 2023 tot
29 Februarie 2024.
ALGEMEEN
Ons besef dat die stroop en lewering ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ krities is en ons kan u verseker dat VKB ten alle tye u van hulp ▇▇▇ ▇▇▇▇ om die lewering en verkoop daarvan so effektief as moontlik te laat geskied. Ons wil u ook verseker van VKB se toewyding en verbintenis tot kwaliteit.
Voorts wil VKB u ook bedank vir u volgehoue ondersteuning. Ons het opregte waardering vir u besigheid en wil u verseker van VKB se volgehoue strewe na kliëntetevredenheid. Neem asseblief die vrymoedigheid om u Silobestuurder ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ indien u enige probleme ervaar.
U is welkom om mnr. ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ (Bestuurder: Graandienste), gedurende die
leweringsperiode by 058 863 8225 / 082 874 0188 ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ vir enige navrae.
Vriendelike groete,
▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇
BESTURENDE DIREKTEUR: VKB GRAAN & KORPORATIEWE DIENSTE
VKB GRAAN OESREËLINGS 05
