Kommersiële Versekering
Kommersiële Versekering
Afdeling sake-onderbreking
Omskrewe gebeurtenisse
Verlies wat volg op ‘n onderbreking of belemmering van die besigheid as gevolg van skade wat gedurende die versekeringstydperk by die perseel plaasvind ten opsigte waarvan betaling gedoen is of aanspreeklikheid erken is ingevolge:
1. die afdeling Brand van hierdie polis;
2. die afdeling Geboue Omvattend van hierdie polis;
3. die afdeling Kantoorinhoud van hierdie polis;
4. enige ander materiële skade-versekering wat die belang van die versekerde dek;
maar slegs ten opsigte van gevare wat verseker is ingevolge die afdeling Brand hiervan (hierna skade genoem). Aanspreeklikheid word as erken beskou indien sodanige betaling nie geskied nie bloot omdat daar van die versekerde vereis word om die eerste xxxx van die verlies te dra.
Die versekeraar stel die versekerde skadeloos in ooreenstemming met die bepalings van die spesifikasie xxxx hieronder uiteengesit.
Spesifieke voorwaardes
1. Die versekering ingevolge hierdie afdeling word gestaak indien die besigheid gelikwideer of voortgesit word deur ‘n likwidateur of geregtelike bestuurder of permanent gestaak word behalwe met die skriftelike toestemming van die versekeraar.
2. By die plaasvind van enige skade as gevolg waarvan ‘n eis ingevolge hierdie afdeling ingestel kan word, moet die versekerde, benewens om te voldoen aan Algemene voorwaarde 6 en 7, met die nodige ywer alles doen en meehelp en toelaat dat dit gedoen word wat redelikerwys moontlik is om enige onderbreking of belemmering van die besigheid tot die minimum te beperk of xx xxxxx of om die verlies te voorkom of te verminder en in geval ‘n eis ingevolge hierdie afdeling ingestel word, nie later nie as 30 dae na die verstryking van die skadeloosstellingstydperk of binne sodanige verdere tyd as wat die versekeraar skriftelik mag toelaat, op sy eie onkoste aan die versekeraar ‘n skriftelike opgawe voorlê waarin besonderhede van sy eis vervat word saam met besonderhede van alle ander versekering wat die verlies of enige xxxx daarvan of gevolglike verlies van enige aard wat daaruit voortspruit, dek. Geen eis is ingevolge hierdie afdeling betaalbaar nie tensy die bepalings van hierdie spesifleke voorwaarde nagekom is en in geval van die nienakoming daarvan in enige opsig, moet enige betaling wat reeds vanweë hierdie eis gedoen is, onmiddellik aan die versekeraar terugbetaal word.
Item 1 - Bruto wins (verskilgrondslag)
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot verlies aan bruto wins te wyte aan
1. vermindering in omset en
2. verhoging in bedryfskoste
en die bedrag hierkragtens as skadeloosstelling betaalbaar is
1. ten opsigte van ‘n vermindering in omset, die bedrag verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag waarmee die omset gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade by
die standaardomset tekort skiet.
XXXX/410/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
2. ten opsigte van die verhoogde bedryfskoste, die bykomende uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die vermindering in die omset xx xxxxx of te verminder wat as gevolg van die skade gedurende die skadeloosstellingstydperk sou plaasgevind het indien daardie uitgawes nie aangegaan was nie, maar hoogstens die som verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag van die vermindering daardeur vermy min enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige koste en uitgawes van die besigheid wat uit die bruto wins betaalbaar mag wees en wat gestaak of verminder mag word as gevolg van die skade, met dien verstande dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word indien die versekerde bedrag ten opsigte van bruto wins minder is as die bedrag wat verkry word deur die bruto winskoers toe te pas op die jaarlikse omset indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande of minder is of die toepaslike veelvoud van die jaarlikse omset indien die maksimum skadeloosstelIingstydperk 12 maande oorskry.
Item 1 - Bruto wins (byvoegingsgrondslag)
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot verlies aan bruto wins te wyte aan
1. ‘n vermindering in omset en
2. ‘n verhoging in bedryfskoste
en die bedrag hierkragtens as skadeloosstelling betaalbaar is
1. ten opsigte van ‘n vermindering in omset, die bedrag verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag waarmee die omset gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade by die standaardomset xx xxxx skiet;
2. ten opsigte van die verhoogde bedryfskoste, die bykomende uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die vermindering in die omset xx xxxxx of te verminder wat as gevolg van die skade gedurende die skadeloosstellingstydperk sou plaasgevind het indien daardie uitgawes nie aangegaan was nie, maar hoogstens die som verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag van die vermindering daardeur vermy,
min enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige van die versekerde vaste koste as wat gestaak of verminder mag word as gevolg van die skade, met dien verstande dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word indien die versekerde bedrag ten opsigte van bruto wins minder is as die bedrag wat verkry word deur die bruto winskoers toe te pas op die jaarlikse omset indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande of minder is of die toepaslike veelvoud van die jaarlikse omset indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande oorskry.
Memo
Indien enige vaste koste van die besigheid nie ingevolge hierdie afdeling verseker is nie, word daar by die berekening van die bedrag wat hierkragtens as verhoogde bedryfskoste verhaalbaar is slegs daardie xxxx van die bykomende uitgawes in berekening gebring as die verhouding waarin die som van die netto wins en die versekerde vaste koste staan tot die som van die netto wins en alle vaste koste.
Item 2 - Bruto huurgeld
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot
1. verlies aan bruto huurgeld en
2. verhoging in bedryfskoste en
die bedrag hierkragtens as skadeloosstelling betaalbaar is
1. ten opsigte van die verlies aan xxxxx huurgeld, die bedrag waarmee die bruto huurgeld gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade by die standaard-bruto huurgeld xx xxxx skiet;
2. ten opsigte van verhoging in bedryfskoste, die bykomende uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die verlies aan bruto huurgeld wat as gevolg van die skade gedurende die skadeloosstellingstydperk sou plaasgevind het indien daardie uitgawes nie aangegaan was nie, xx xxxxx of te verminder, maar hoogstens die bedrag van die verlies aan xxxxx huurgeld daardeur vermy,
min enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige koste en uitgawes van die besigheid wat uit bruto huurgeld betaalbaar mag wees en wat gestaak of verminder mag word as gevolg van die skade, met dien verstande dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word indien die versekerde bedrag ten opsigte van bruto huurgeld minder is as die jaarlikse bruto huurgeld indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande of minder is of die toepaslike veelvoud van die jaarlikse bruto huurgeld indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande oorskry.
Item 3 - Inkomste
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot
1. verlies aan inkomste en
2. verhoging in bedryfskoste
en die bedrag hierkragtens as skadeloosstelling betaalbaar is
1. ten opsigte van die verlies aan bruto inkomste, die bedrag waarmee die inkomste gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade by die standaardinkomste xx xxxx skiet;
2. ten opsigte van verhoging in bedryfskoste, die bykomende uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die verlies aan inkomste wat as gevolg van die skade gedurende die skadeloosstellingstydperk sou plaasgevind het indien daardie uitgawes nie aangegaan was nie, xx xxxxx of te verminder, maar hoogstens die bedrag van die verlies aan inkomste daardeur vermy,
Afdeling
sake-onderbreking 2/6
XXXX/410/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
min enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige koste en uitgawes van die besigheid wat uit inkomste betaalbaar mag wees en wat gestaak of verminder mag word as gevolg van die skade met dien verstande dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word indien die versekerde bedrag ten opsigte van inkomste minder is as die jaarlikse inkomste indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande of minder is of die toepaslike veelvoud van die jaarlikse inkomste indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande oorskry.
Item 4 - Bykomende verhoging in bedryfskoste
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot redelike bykomende uitgawes (nie verhaalbaar ingevolge ander items nie) wat met die toestemming van die versekeraar aangegaan word gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade ten einde die gewone bedryf van die besigheid in stand xx xxx.
Item 5 - Lone (grondslag van aantal weke)
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot die verlies wat deur die versekerde gely word weens die betaling van die lone vir die tydperk wat begin met die plaasvind van die skade en nie xxxxxx as die gespesifiseerde aantal weke daarna voortduur nie.
Die bedrag wat as skadeloosstelling ingevolge hierdie item betaalbaar is, is die werklike bedrag wat die versekerde vir sodanige tydperk as lone betaal aan werknemers wie se dienste as gevolg van die skade hoegenaamd nie deur die versekerde benut kan word nie en ‘n billike gedeelte van die lone wat vir sodanige tydperk aan werknemers betaal word wie se dienste as gevolg van die skade nie ten volle deur die versekerde benut kan word nie.
Met dien verstande dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word indien die versekerde bedrag van hierdie item minder is as die totale bedrag wat gedurende die gespesifiseerde aantal weke onmiddellik na die skade aan lone betaal sou gewees het indien die skade nie voorgekom het nie.
Item 6 - Boetes en straftoekennings vir kontrakbreuk
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot boetes en straftoekennings vir kontrakbreuk en die bedrag as skadevergoeding hierkragtens betaalbaar is die bedrag waarvoor die versekerde regtens aanspreeklik is en word betaal ter aflossing van boetes en straftoekennings wat uitsluitlik as gevolg van skade vir nie-voltooiing of laat voltooiing van bestellings opgelê word.
Omskrywings
Skadeloosstellingstydperk - Die tydperk wat met die aanvang van die skade begin en eindig nie later nie as die getal maande daarna in die bylae vermeld waartydens die resultate van die besigheid as gevolg van die skade geraak word.
Omset - Die geld aan die versekerde betaal of betaalbaar vir goedere verkoop en afgelewer en vir dienste gelewer in die loop van die besigheid by die perseel.
Inkomste - Die geld aan die versekerde betaal of betaalbaar vir goedere verkoop en dienste gelewer in die loop van die besigheid by die perseel.
Bruto huurgeld - Die geld aan die versekerde betaal of betaalbaar deur huurders ten opsigte van huurgeld vir die perseel en dienste gelewer.
Bruto wins (verskilgrondslag) - Die bedrag waarmee
1. die som van die omset en die bedrag van die eindvoorraad meer is as
2. die som van die bedrag van die beginvoorraad en die bedrag van die onversekerde koste.
Die bedrag van die begin- en eindvoorraad word vasgestel volgens die versekerde se gewone rekeningkundige metodes nadat behoorlike voorsiening vir waardevermindering gemaak is.
Onversekerde xxxxx - Xxxx in die bylae gespesifiseer (die woorde en uitdrukkings wat gebruik word, dra die betekenis wat gewoonlik aan hulle geheg word in die xxxxx en rekeninge van die versekerde).
Bruto wins (byvoegingsgrondslag) - Die bedrag wat verkry word deur die netto wins te voeg by die bedrag van die versekerde vaste koste of, indien daar geen netto wins is nie, die bedrag van die versekerde vaste koste, min sodanige xxxx van enige netto handelsverlies in dieselfde verhouding as wat die bedrag van die versekerde vaste koste tot alle vaste koste van die besigheid staan.
Netto wins - Die netto handelswins (met uitsluiting van alle kapitaalinkomste en -aanwas en alle uitgawes wat behoorlik teen kapitaal gedebiteer kan word) wat voortspruit uit die besigheid van die versekerde by die perseel nadat behoorlik voorsiening gemaak is vir alle vaste en xxxxx xxxxx, met inbegrip van waardevermindering, maar voor aftrekking van enige belasting wat teen die winste vorderbaar is.
Versekerde vaste xxxxx - Xxxx in die bylae gespesifiseer (die woorde en uitdrukkings wat gebruik word, dra die betekenis wat gewoonlik aan hulle geheg word in die xxxxx en rekeninge van die versekerde).
12
Standaardomset
Standaardinkomste
Afdeling
sake-onderbreking 3/6
XXXX/410/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Standaard bruto huurgeld Die omset (inkomste) (bruto huurgeld) gedurende daardie tydperk in die maande onmiddellik voor die datum van die skade wat met die skadeloosstellingstydperk ooreenstem
waaraan sodanige aanpassings gemaak word as wat mag nodig wees om te voorsien vir die tendens van die besigheid en afwykings of ander omstandighede wat die besigheid of na die skade raak, of wat die besigheid sou geraak het indien die skade nie plaasgevind het nie, sodat die aldus aangepaste syfers so na as wat redelikerwys uitvoerbaar is die resultate verteenwoordig wat gedurende die betrokke tydperk na die aanvang daarvan verkry sou gewees het as dit nie vir die skade was nie.
Jaarlikse omset Jaarlikse inkomste
Jaarlikse bruto - huurgeld Die omset (inkomste) (bruto huurgeld) gedurende die 12 maande onmiddellik voor die datum van die skade
Xxxxx xxxxxxxxx - Die bruto winskoers verdien op die omset gedurende die finansiële jaar onmiddellik voor die datum van die skade
Let wel: Indien die skade voor die voltooiing van die eerste jaar se handelsbedrywighede van die besigheid by die perseel plaasgevind het, word die waarde van die items wat links hiervan vermeld word, bereken deur gebruik xx xxxx van die waardes wat gelykstaan aan die resultate wat verkry is gedurende die tydperk tussen die aanvang van die besigheid en die datum van die skade.
Memo
Indien goedere of dienste of deur die versekerde of xxxx xxxxx namens hom gedurende dieskadeloos stellingstydperk elders as by die perseel verkoop of gelewer word vir die voordeel van die besigheid, word die geld betaal of betaalbaar vir sodanige verkope of dienste in berekening gebring om die omset, inkomste of bruto huurgeld gedurende die skadeloosstellingstydperk te bepaal.
Uitbreidings en klousules Klousule: Rekenmeesters
Enige gegewens of besonderhede wat in die versekerde se rekeningboeke of ander besigheidsboeke of dokumente vervat word en wat deur die versekeraar benodig mag word ingevolge hierdie afdeling met die doel om enige eis hierkragtens te ondersoek of xx xxxxx, mag deur die versekerde se ouditeure of professionele rekenmeesters gelewer en gesertifiseer word en hul sertifikaat is prima facie bewys van die gegewens en besonderhede waarop sodanige sertifikaat betrekking het.
Klousule: Opgehoopte voorraad
Met die berekening van enige verlies word dit in ag geneem, en ‘n billike voorsiening word gemaak, indien enige tekort in omset of inkomste te wyte aan die skade uitgestel word uit hoofde daarvan dat die omset of inkomste tydelik uit opgehoopte voorraad in stand gehou word.
Klousule: Departemente
Indien die besigheid in departemente of takke bedryf word waarvan die onafhanklike handelsresultate bepaalbaar is, geld die bepalings ingevolge item 1 (bruto wins), 2 (bruto huurgeld) of 3 (inkomste) wat verband hou met verlaging in omset/bruto huurgeld/inkomste en verhoging in bedryfskoste afsonderlik vir elke departement of tak wat deur die skade geraak word, behalwe dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word indien die bedrag wat verseker is deur die betrokke item minder is as die totaal van die jaarlikse bruto inkomste/jaarlikse huurgeld ontvangbaar verkry deur die bruto wins-xxxxx vir elke departement/tak van die besigheid, hetsy deur skade geraak al xxx xxx, toe te pas op die betrokke jaarlikse omset (of op ‘n eweredige verhoogde veelvoud daarvan indien die skadeloosstellingsperk twaalf maande oorskry).
Klousule: Depositopremie
Met inagneming daarvan dat die premie ingevolge items 1, 2 of 3 voorlopig is omdat dit beteken word op 75 persent van die versekerde bedrag, is die premie xxxx volg onderworpe aan aanpassing by die verstryking van elke versekeringstydperk:
In geval die bruto wins/bruto huurgeld/inkomste wat verdien is (na verhouding verhoog indien die aantal maande waarna in die omskrywing van die skadeloosstellingstydperk xxxxxx word 12 oorskry) gedurende die finansiële jaar wat die naaste saamval met enige versekeringstydperk, minder of meer is as 75 persent van die bedrag waarteen dit verseker is, word pro rata-terugbetalings- of bykomende premie wat nie 33 persent oorskry van die voorlopige premie wat vir sodanige versekeringstydperk betaal is nie, ten opsigte van die verskil betaal.
In geval ‘n eis ingevolge hierdie afdeling ingestel word, word die bedrag wat daarop betaal of betaalbaar is, as werklik verdien beskou.
Klousule: Produksie (alternatiewe grondslag)
Na die keuse van die versekerde mag die woord “produksie” die woord “omset” vervang en vir die doeleindes van hierdie afdeling beteken produksie die verkoop- of oordragwaarde, xxxx in die versekerde xx xxxxx aangedui, van goedere wat deur die versekerde by die perseel vervaardig of verwerk is.
Met dien verstande dat
XXXX/410/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
1. slegs die betekenis van produksie of die betekenis van omset geld in verband met enige enkele gebeurtenis wat onderbreking tot gevolg het.
2. indien die betekenis van produksie gebruik word
(a) geld die klousule insake die opgehoopte voorraad nie;
Afdeling
sake-onderbreking 4/6
(b) die memo aan die einde van die omskrywings xxxx volg xxxx:
Indien goedere of deur die versekerde of xxxx xxxxx namens hom gedurende die skadeloosstellingstydperk elders as by die perseel vervaardig of verwerk word vir die voordeel van die besigheid, word die verkoop of oordrag van sodanige goedere in berekening gebring om die produksie gedurende die skadeloosstellingstydperk te bepaal
Klousule: Verkoop van xxxxxxx xxxxxxx
Indien die versekerde gedurende die skadeloosstellingstydperk ‘n bergingsverkoping hou, lees klousule (a) van item 1 (bruto wins) vir die doeleindes van sodanige eis xxxx volg:
1. Ten opsigte van vermindering in omset, die bedrag verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag waarmee die omset gedurende die skadeloosstellingstydperk (minus die omset vir die tydperk van die verkoping van xxxxxxx xxxxxxx) as gevolg van die skade by die standaardomset xx xxxx skiet, xxx xxxxx totaal die werklike bruto wins wat gedurende die tydperk van die verkoping van geredde goedere verdien is, afgetrek word.
Uitbreidings na ander persele
Verlies, xxxx verseker deur hierdie afdeling, wat voortspruit uit onderbreking of belemmering van die besigheid as gevolg van skade (xxxx hierin omskryf) by die ondergemelde liggings of aan die eiendom wat hieronder aangedui is, word geag verlies xx xxxx wat voortspruit uit skade aan eiendom wat deur die versekerde by die perseel gebruik word.
1. Gespesifiseerde verskaffers/subkontrakteurs (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Die persele van die verskaffers en subkontrakteurs wat in die bylae gespesifiseer word, onderworpe aan die vermelde perke.
2. Ongespesifiseerde verskaffers (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Die persele van enige van die versekerde se ander verskaffers, vervaardigers of verwerkers van komponente, goedere of materiaal, maar met uitsluiting van die perseel van enige openbare verskaffingsonderneming waarvandaan die versekerde elektrisiteit, gas of water verkry, onderworpe aan die perk wat in die bylae vermeld word.
3. Berging, xxxxxxxx en voertuig
Die eiendom van die versekerde terwyl dit geberg word of ternyl dit per lug, pad, xxxxx of binnelandse waterweg vervoer word of wat die motorvoertuie van die versekerde is op ‘n ander plek as by die perseel wat deur die versekerde geokkupeer word.
4. Kontrakterreine
Enige ligging wat nie deur die versekerde geokkupeer word nie waar die versekerde ‘n kontrak uitvoer.
5. Verhindering van toegang
Eiendom wat binne ‘n radius van 10 km vanaf die versekerde se perseel is waarvan vernietiging of skade daaraan die gebruik van of toegang tot die perseel verhinder of belemmer hetsy die perseel of die versekerde se eiendom daarin beskadig is of nie.
6. Verhindering van toegang - uitgebreide dekking (indien in die bylae as ingesluit vermeld) Eiendom wat binne ‘n radius van 10 km vanaf die perseel is waarvan die vernietiging of skade daaraan die gebruik van of toegang tot die perseel verhinder of belemmer hetsy die perseel of die versekerde se eiendom daarin beskadig is of nie.
7. Bykomende persele
Indien die versekerde gedurende die geldigheidsduur van hierdie afdeling enige nuut toegevoegde perseel okkupeer of eiendom daarop het vir die doeleindes van die besigheid word sodanige nuut toegevoegde perseel geag ingesluit xx xxxx by dié wat gespesifiseer is, onderworpe aan kennisgewing daaraan aan die versekeraar so gou dit redelikerwys moontlik is en ‘n aanpassing van die premie indien nodig.
8. Xxxxxx (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Die persele van die xxxxxx in die bylae gespesifiseer, onderworpe aan die gespesifiseerde perke.
9. Openbare dienste - slegs versekerde gevare (indien in die bylae as ingesluit vermeld) Eiendom by kragstasies, substasies of transmissienetwerke, gasfabrieke insluitende die verwante gasverspreidingsnetwerk, watersuiweringsaanlegte, pompstasies, waterleidings en pypleidings van ‘n
owerheid wat regtens gemagtig is om water, gas of elektrisiteit te verskaf vir openbare gebruik en wat lei tot ‘n toevoeronderbreking van water, gas of elektrisiteit by die perseel van die versekerde.
10. Openbare telekommunikasie - slegs versekerde gevare (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
(a) Eiendom op die persele van enige openbare owerheid wat regtens gemagtig is om ‘n telekommunikasiefasiliteit aan die versekerde te verskaf.
(b) Die transmissiefasiliteitnetwerk van die openbare owerheid in (a) vermeld.
XXXX/410/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Openbare telekommunikasie - uitgebreide dekking (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Afdeling
sake-onderbreking 5/6
Verlies xxxx verseker voortspruitend uit die onderbreking of belemmering van die besigheid as gevolg van die onderbreking van die openbare telekommunikasiefasiliteite na die versekerde se persele word geag om voort xx xxxxxx uit skade (xxxx hierin omskryf), met dien verstande dat hierdie uitbreiding nie verlies dek wat voorspruit uit skade wat regstreeks of onregstreeks deur die volgende veroorsaak is nie:
1. Droogte.
2. ‘n Xxxx by enige xxxx van die persele wat aan die versekerde behoort.
3. ‘n Besluit van enige owerheid om die telekommunikasiefasiliteit regtens van die versekerde te weerhou tensy sodanige besluit regstreeks toeskryfbaar is aan skade aan die eiendom van sodanige owerheid.
4. Enige gebeurtenis in Algemene uitsondering 1 en 2 omskryf, maar dekking verskaf deur die Uitbreiding: Kwaadwillige Beskadiging in die grondlig gende Afdeling: Materiële Skade van hierdie polis word nie uitgesluit nie.
Indien die onderbreking of belemmering van die fasiliteit te wyte is aan meganiese, elektriese of elektroniese onklaarraking, bestaan daar geen aanspreeklikheid ingevolge hierdie uitbreiding nie tensy die onderbreking of belemmering van die versekerde se besigheid xxxxxx as 24 uur duur.
Openbare dienste - uitgebreide dekking (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Verlies xxxx verseker wat voortspruit uit die onderbreking of belemmering van die besigheid as gevolg van ‘n algehele of gedeeltelike onderbreking van die openbare toevoer van water, gas of elektrisiteit na die versekerde se perseel word geag om voort xx xxxxxx uit skade (xxxx hierin omskryf) met dien verstande dat hierdie afdeling nie verlies dek wat voortspruit uit skade wat regstreeks of onregstreeks deur die volgende veroorsaak is nie:
1. Droogte.
2. Waterbesoedeling.
3. ‘n Brandstof- of watertekort.
4. ‘n Xxxx in enige xxxx van die installasie wat aan die perseel behoort.
5. ‘n Owerheid wat regtens gemagtig is om water, gas of elektrisiteit te voorsien, se uitoefening van sy mag om die toevoer te weerhou of te beperk, tensy sodanige besluit regstreeks toe te skryf is aan skade aan die eiendom van sodanige owerheid.
6. Enige gebeurtenis in Algemene uitsondering 1 en 2 beskryf, maar dekking wat verskaf is deur die Uitbreiding Kwaadwillige Beskadiging in die onderliggende Afdeling: Materiële Skade van hierdie polis is nie uitgesluit nie.
Indien die onderbreking of belemmering van die besigheid te wyte is aan ‘n meganiese, elektriese of elektroniese onklaarraking, bestaan daar geen aanspreeklikheid ingevolge hierdie uitbreiding nie, tensy sodanige onderbreking of belemmering xxxxxx as 24 uur duur.
Die gebiedsgrense van
Items 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8 en 9 van die uitbreidings tot ander persele en die uitgebreide dekking vir openbare telekommunikasies en openbare dienste word beperk tot die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Malawi.
Item 7 van die uitbreidings tot ander persele word beperk tot die Republiek van Suid-Afrika en Namibië.
Toevallige skade (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Die volgende omskrewe gebeurtenis word bygevoeg:
Verlies na onderbreking of belemmering van die besigheid as gevolg van skade wat gedurende die versekeringstydperk by die persele plaasvind ten opsigte waarvan betaling gemaak is of aanspreeklikheid erken is ingevolge omskrewe gebeurtenis van die afdeling Toevallige Skade van hierdie polis (hierna skade genoem) met dien verstande dat
1. die bepaling, ingevolge enige item van hierdie afdeling, dat die betaling dienooreenkomstig verminder word indien die versekerde bedrag van toepassing op die item onvoldoende is, geskrap word ten opsigte van hierdie omskrewe voorval.
Afdeling
sake-onderbreking 6/6
XXXX/410/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
2. die versekeraar nie meer betaal as die versekerde bedrag vermeld in die bylae van die afdeling Toevallige Skade vir beide hierdie afdeling en die afdeling Toevallige Skade tesame nie.