Ad Artikel 23 Voorbeeld Klousules

Ad Artikel 23. Die verstandhouding is dat vir die bepaling van die vermindering in paragraaf 2 van Artikel 23 genoem, die kapitaalitems bedoel in paragraaf 1 van Artikel 22 in berekening gebring sal word vir die waarde daarvan, verminder deur die waarde van die skulde gesekureer deur verband op daardie kapitaal en die kapitaalitems bedoel in paragraaf 2 van Artikel 22 word in berekening gebring vir die waarde daarvan verminder met die waarde van die skulde wat betrekking het op die permanente saak. XIII.