Ad Artikel 25 Voorbeeld Klousules

Ad Artikel 25. 1. Die verstandhouding is dat niks in hierdie Artikel vervat Suid-Afrika daarvan verhoed om op die winste wat toegeskryf kan word aan ’n permanente saak in Suid-Afrika van ’n maatskappy – wat ’n inwoner van die Nederlande is – ’n belasting te hef teen ’n koers wat nie die koers van normale belasting op maatskappye met meer as vyf persentasiepunte te bowe gaan nie. 2. Die verstandhouding is verder dat die bepalings van paragraaf 1 slegs van toepassing sal wees vir solank as wat permanente sake van maatskappye wat nie inwoners van Suid-Afrika is nie, nie aanspreeklik vir sekondêre belasting op maatskappye is nie. 3. Die verstandhouding is boonop dat die bepalings van paragraaf 1 nie meer van toepassing sal wees nie indien Suid-Afrika die sekondêre belasting op maatskapye afskaf of indien dit hierdie belasting op inwoners van Suid-Afrika sou hef teen ’n koers van minder as vyf persentasiepunte. XIV.