Bruto huurgeld. Die versekering kragtens hierdie item is beperk tot: (a) verlies van xxxxx huurgeld en (b) verhoging in bedryfskoste en die bedrag daarkragtens betaalbaar as skadeloosstelling is: (a) ten opsigte van verlies van xxxxx huurgeld die bedrag waarmee die bruto huurgeld gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade minder is as die standaard bruto huurgeld (b) ten opsigte van verhoging in bedryfskoste die bykomende uitgawe noodsaaklikerwys en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die verlies van bruto huurgeld xx xxxxx of te verminder wat, as dit nie vir daardie uitgawe was nie, gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade plaas sou gevind het, maar hoogstens die bedrag van die vermindering in bruto huurgeld daardeur vermy min enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige koste van die onderneming betaalbaar uit bruto huurgeld as wat mag eindig of wat verminder mag word as gevolg van die skade Met dien verstande dat: die bedrag betaalbaar na verhouding verminder xxx word indien die versekerde bedrag ten opsigte van bruto huurgeld minder is as die jaarlikse bruto huurgeld waar die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 (twaalf) maande of minder is of die toepaslike veelvoud van die jaarlikse bruto huurgeld, waar die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 (twaalf) maande oorskry. Item 3: