Bykomende versekerdes. Die maatskappy stel ook die volgende skadeloos asof ‘n afsonderlike polis aan elk uitgereik is: (a) in die geval van die dood van die versekerde, enige persoonlike verteenwoordiger van die versekerde ten opsigte van aanspreeklikheid wat deur die versekerde opgeloop is (b) enige vennoot, direkteur of werknemer van die versekerde (indien die versekerde dit verlang) teen enige eis waarvoor die versekerde op skadeloosstelling ingevolge hierdie versekering geregtig is (c) in die mate wat dit deur enige kontrakvoorwaardes vereis word (en nieteenstaande Besondere uitsondering 5) en in verband met enige aanspreeklikheid wat voortspruit uit die uitvoer van enige kontrak, enige werkgewer wat vermeld word in enige kontrak wat die versekerde vir die doeleindes van die besigheid aangaan (d) ten opsigte van die werksaamhede van enige sosiale of sportklub, welsynsorganisasie, noodhulp-, brandweer- of ambulansdiens, kafeteria en dies meer wat aan die versekerde behoort of deur hom/haar tot stand gebring is tot voordeel van sy/haar werknemers (i) enige beampte of lid daarvan (ii) enige besoekende sportspan of lid daarvan Met dien verstande dat: (i) die maatskappy se totale aanspreeklikheid hoogstens die skadeloosstellingsperke beloop wat in die bylae vermeld word (ii) enige persoon of organisasie op wie die uitbreiding van toepassing is nie geregtig is op skadeloosstelling ingevolge enige xxxxx xxxxx nie (iii) die skadeloosstelling ingevolge (a), (b) en (c) slegs van toepassing is ten opsigte van aanspreeklikheid waarvoor die versekerde op skadeloosstelling geregtig sou gewees het indien die eis teen die versekerde ingestel was. Die maatskappy doen vir die doel van hierdie uitbreiding afstand van alle subrogasie- of gedingvoeringsregte wat hy/sy mag hê of wat hy/sy mag verkry teen enige van bogenoemde en elke party waarop die skadeloosstelling hierkragtens van toepassing is, moet die bepalings, uitsonderings en voorwaardes (algemeen sowel as besondere) van hierdie versekering nakom, uitvoer en daaraan onderworpe wees in soverre dit van toepassing mag wees. 3.