Kommersiële jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite Voorbeeld Klousules

Kommersiële jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite. Dit is ‘n voorwaarde dat skadeloosstelling in terme van hierdie afdeling van die polis met betrekking tot enige vorm van kommersiële jag en/of wildbesigtiging onderhewig xxx xxxx aan die volgende, dat: (i) geen gebruik van alkohol toegelaat word tydens enige jagaktiwiteite nie (ii) kliënte wat deelneem aan enige wildbesigtigingsaktiwiteite te alle tye vergesel moet wees van of die versekerde, gids, werknemer of gedelegeerde persoon van die versekerde (iii) duidelike afbakening van skietsone(s) met betrekking tot onderskeie jaggroepe/jagters/ kliënte moet voor die aanvang van enige jagaktiwiteite op ‘n kaart vasgelê en aan alle betrokkenes verduidelik en voorsien word (iv) indien die inskiet en instel van enige vuurwapen(s) deur ‘n kliënt versoek sou word moet sodanige aktiwiteite plaasvind onder beheer van of die versekerde, gids, werknemer of gedelegeerde persoon van die versekerde (v) daar te alle tye aan alle vereistes voldoen word xxxx vervat in enige wet, ordonnansie of regulasie wat verband hou met jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite. Spesiale bepaling: Dit is ‘n voorwaarde voorafgaande tot die aanvaarding van aanspreeklikheid dat die versekerde ten tyde van die gebeurtenis wat aanleiding gee tot ‘n eis in terme van hierdie Besondere voorwaardes daar ook voldoen word aan alle vereistes xxxx vervat in voorwaarde 4(i), (ii), (iii), (iv) en (v) hierbo. 5.