FUNKSIES Voorbeeld Klousules

FUNKSIES. 6.2.1 Alkoholiese drank kan by studentefunksies in 'n koshuis nl. huisdanse, dinees, eerstejaar-, tweedejaar- en seniordanse, en ander spesiale geleenthede xxxx xxxx die Inwonende Hoof goedgekeur word, verskaf en bedien word. 6.2.2 Verlof om alkohol by enige funksie in die koshuis te gebruik, moet deur die Inwonende Hoof in oorleg met die Huiskomitee xxxxxxx word. 6.2.3 Alkoholiese drank mag slegs in koshuislokale, in oorleg en met die goedkeuring van die Inwonende Hoof bedien of gebruik word. 6.2.4 Geen alkoholiese drank mag tydens enige koshuisfunksie verkoop word nie. 6.2.5 Indien 'n funksie op 'n ander perseel as Universiteitseiendom deur 'n koshuis aangebied word en aansoek om 'n tydelike dranklisensie gedoen word, moet dit geskied met die aanbeveling van die Hoofdirekteur: Studentesake. Die aansoekvorm is by die Afdeling: Regsdienste van die Universiteit beskikbaar, en aansoek moet ten minste 3 (drie) weke voor die plaasvind van die funksie gedoen word. 6.2.6 'n Student mag hom/haar nie in die koshuis of tydens 'n koshuisfunksie aan drankmisbruik skuldig maak nie. Geen alkoholiese drank mag aan enige persoon onder die ouderdom van 18 jaar beskikbaar gestel of verkoop word nie. 6.2.7 Die Inwonende Hoof en die Huiskomitee aanvaar volle verantwoordelikheid vir die ordelike verloop van die funksie, asook vir toesig oor die verhaling van enige verlies of skade wat uit sodanige funksie voortspruit. 6.2.8 Drank vir 'n koshuisfunksie moet deur die Huiskomitee met die medewete van die Inwonende Hoof gekontroleer word. 6.2.9 Drank vir koshuisfunksies moet op 'n veilige plek geberg word. Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid hoegenaamd vir die verlies of skade aan enige drankvoorraad in die koshuis of die kamers nie. 6.3