Gedeeltelike verhoudinge. (vergelyk 4.7.2 hieronder) 4.3.2.1 Die NG Kerk streef daarna om gedeeltelike kerklike verhoudinge na te streef en aan te gaan met kerke van gereformeerde oortuiging met wie die NG Kerk nie in volle verhouding staan nie. 4.3.2.2 Voorwaardes vir die aangaan van ’n gedeeltelike kerklike verhouding is: 4.3.2.2.1Wedersydse erkenning van ’n gemeenskaplike basis in gereformeerde geloofsoortuiginge xxxx uitgedruk in reformatoriese belydenisskrifte. 4.3.2.2.2 ’n Wedersydse begeerte om ’n kerklike verhouding aan te gaan. 4.3.2.3 ’n Gedeeltelike verhouding word aangegaan met die veronderstelling dat dit tot ’n volle kerklike verhouding kan lei. 4.3.2.4 Samewerkingsooreenkomste, gesamentlike optrede ten opsigte van gemeenskaplike verantwoordelikhede, voortgaande kommunikasie oor sake van gemeenskaplike kommer en wedersydse xxxx vir mekaar se lidmate, indien daartoe versoek, is moontlik met kerke met wie die NG Kerk in ’n gedeeltelike verhouding staan. 4.3.2.5 Die Algemene Sinode se gevolmagtigde wat die ekumeniese verhoudinge hanteer, identifiseer met verantwoording aan die Algemene Sinode die kerke met wie die NG Kerk gedeeltelike verhoudinge wil aangaan en is, indien nodig, namens die NG Kerk verantwoordelik vir die samewerkingsooreenkomste, gesamentlike optredes, voortgaande kommunikasie en die implementering van die wedersydse versorging van lidmate, indien daartoe versoek. 4.3.2.6 Die Algemene Sinode se gevolmagtigde wat die ekumeniese verhoudinge hanteer, adviseer die Algemene Sinode wanneer ’n gedeeltelike verhouding kan oorgaan in ’n volle verhouding. 4.3.3