HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES IS DIE VOLLE OOREENKOMS. 28.1 Hierdie Xxxxxxxxxx is die volle Ooreenkoms tussen U en Ons. Nie een van die partye is regtens verplig om te voldoen aan enige uitdruklike of stilswyende bepaling, voorwaarde, onderneming, voorstelling, waarborg of belofte wat nie in die Ooreenkoms opgeneem is nie. Die ooreenkoms vervang enige reëling of verstandhouding wat deur die partye aangegaan is voordat hierdie Ooreenkoms onderteken is. 28.2 Indien U afskrifte wil hê van dokumente wat met U rekening verband xxx, xxx Ons dit aan U stuur en Ons kan ’n diensfooi daarvoor vra. 28.3 Ons moniteer en neem al ons telefoonoproepe en ander interaksies met U op.
Appears in 2 contracts
Samples: Kredietfasiliteit, Kredietfasiliteit